05.05.2013 Views

Voortplanting - Midstream College

Voortplanting - Midstream College

Voortplanting - Midstream College

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

VOLGENS:

http://www.google.co.za/imgres?imgurl=http://www.mieliestronk.com/8weekfetusbd.jpg&imgrefurl=http://www.mieli

estronk.com/mens1fetus.html&usg=__9n-

T2awB9ROcB3pE2Ly7_4Qm_To=&h=300&w=400&sz=18&hl=en&start=140&zoom=1&itbs=1&tbnid=ylZDripDOZWbLM:

&tbnh=93&tbnw=124&prev=/search%3Fq%3Dkliere%26start%3D120%26hl%3Den%26safe%3Doff%26sa%3DN%26gbv%

3D2%26ndsp%3D20%26biw%3D1044%26bih%3D574%26tbm%3Disch&ei=hNHcTY_zEYSx8QOHqIDuDw

Dit duur net nege maande—vir ’n balvormige selletjie kleiner as ’n

speldekop om tot ’n vroetelende olike, vrolike bondeltjie vreugde te

ontwikkel. Lees hier wat met jou gebeur het in die tyd voordat jy

gebore is... die grootse wonder van ’n ontluikende nuwe mensie...

● Lees ook “Die ontstaan van lewe” in Mieliestronk se artikelreeks oor

die Menslike Liggaam

Foto regs bo: U.S. Department of Health and Human Services. Illustrasie links bo: NASA

D

IE eerste skreeutjie van ’n baba. Geen musiek, sê hulle, kan vir ’n ma ooit

soeter klink nie. Wanneer sy dit hoor, weet sy dat haar kosbare baba sy

eerste asemtoggie geslaak het. Nou kan sy die kleinding in haar arms

neem, hom vertroetel en leer ken.

Al wat lewe, moet aanteel sodat daardie bepaalde soort lewensvorm kan

bly voortbestaan. Party plante en diere plant voort deur in twee te

verdeel of deeltjies van hul liggame te verloor. Die los dele word dan

weer volwasse organismes. Ons sê dat hulle nie-geslagtelik of aseksueel

voortplant.

Mense, en trouens die meeste diere, plant egter geslagtelik voort. Dit

beteken dat twee geslagselle nodig is, een van ’n man en een van ’n

vrou, om saamgevoeg te word en ’n nuwe lewende wese net soos hulle

te vorm.

Geslagtelike voortplanting is dus die proses waar mense die lewe aan

mensebabas skenk, katte klein katjies kry en koeie kalwers.

Maar voordat voortplanting kan geskied, moet ’n proses genaamd

bevrugting eers plaasvind. Bevrugting is die samevoeging van ’n

manlike sperma-sel en ’n vroulike eier-sel, ’n vereniging waar ’n nuwe sel

ontstaan wat in staat is om homself te verdeel en nog baie meer selle te

vorm—’n nuwe lewe.

Die vroulike voortplantingstelsel

BO: Die vroulike voorplantingstelsel.

Illustrasie: Girls Health / U.S. Department of Health and Human Services. Vertaling:

Mieliestonk

AL DIE voortplantingsorgane van ’n vrou is binne-in haar liggaam.

Belangrike organe is die baarmoeder (uterus) en eierstokke. Die

baarmoeder is ’n hol orgaan met die vorm van ’n peer wat

onderstebo lê. Dit is aan die binnekant met ’n membraan uitgevoer.

Die baarmoeder skep vir die baba ’n veilige plek om in te ontwikkel

en, omdat dit elasties is, kan dit rek namate die baba groei.

Die eierstokke is twee klein orgaantjies naby die baarmoeder, wat

eierselle vervaardig en berg. Die onderste deel van die baarmoeder

gaan uit in ’n buis wat die vagina genoem word en met die buitekant

verbind is.

Elke maand van die puberteit af (wat tussen die ouderdomme elf en

vyftien jaar begin) laat die eierstokke een eiersel vry. Die eier, wat

kleiner as ’n speld se kop is, beweeg in die smal eierleier of

Fallopiusbuis af. Dit word ovulasie genoem.

Uiteindelik gaan die eier die baarmoeder binne. Teen dié tyd het die

membraan waarmee die baarmoeder uitgevoer is, dik en sponserig

geword om vir ’n moontlike bevrugting voor te berei.

Word die eiersel bevrug, bly dit in die baarmoeder en ontwikkel dit.

Indien nie, gaan dit dood en word dit, saam met die bloed en dele

van die membraan, deur die vagina uit die baarmoeder uitgestoot.

Hierdie tydperk van bloeding, wat menstruasie genoem word, duur

van drie tot vyf dae.

Die manlike voortplantingstelsel

BO: Manlike voortplantingsorgane en sekere ander organe.

Illustrasie deur “Indolences”, wat dit by Wikimedia Commons op die wêreldwye web tot

openbare besit verklaar het (“released to the public domain”). Vertaling: Mieliestronk

DIE meeste van die manlike voortplantingsorgane is buite die

liggaam, voor tussen die bene. Twee belangrike organe is die penis

en die skrotum. Die penis is ’n roedevormige orgaan wat sperma

binne-in die vroulike baarmoeder laat. ’n Hol buis, die urinebuis of

uretra, loop deur die penis.

Die skrotum is ’n sak wat twee organe, die testikels, bevat, wat

sperma-selle vervaardig en berg.

Sperma-selle beweeg van die testikels af deur ’n buis, die saadleier,

en bereik die urinebuis waar hulle in ’n witterige vloeistof swem wat

semen genoem word. Dié word deur drie kliere, waarvan een die

prostaat is, uitgeskei.

Die urinebuis of uretra het twee funksies: om urine van die blaas af

buitentoe te voer (die blaas is die orgaan waar urine versamel

voordat dit die liggaam verlaat) en om semen te dra. Hoewel urine

sowel as semen deur die uretra beweeg, doen hulle dit nooit

gelyktydig nie.

Bevrugting

BO: ’n Sperma-sel bevrug ’n eier.

Foto: www.pdimages.com

TYDENS geslagsgemeenskap dring die penis die vagina binne en stort

semen uit. Die swemmende sperma in die semen gaan die baarmoeder

binne en bereik die Fallopiusbuise. Sou een van die Fallopiusbuise ’n

eier bevat wat dieselfde of die vorige dag vrygelaat is, vind bevrugting

plaas.

Sowat dertig uur ná bevrugting verdeel die enkele sel in twee. Hierdie

twee selle verdeel dan op hul beurt om vier selle te vorm. Die vier verdeel

tot agt ... en so gaan dit voort om ál meer selle te vorm.

Terwyl dit gebeur, beweeg die eier na die baarmoeder. Sodra dit die

baarmoeder binnegegaan het, dring dit deur die voering en begin

spoedig voeding van die moeder ontvang. Die eier is gereed om tot ’n

baba te ontwikkel.

Embrio-stadium

Foto: Centers for Disease Control and Prevention / U.S. Department of Health and Human Services

IN DIE eerste twee maande ná bevrugting begin die ontwikkelende

eiersel, wat in hierdie stadium nog as ’n embrio bekend staan, al

hoe meer na ’n menslike wesentjie lyk. Die klein, ronde, verdelende

balletjie verander geleidelik sy vorm en word ’n rare klein

kloddertjie. Teen drie weke is dit so groot soos ’n ryskorrel. Ná nog

drie weke begin arms en bene verskyn.

BO: ’n Lewensgroot modelletjie van die ontwikkelende lewetjie op agt weke toon

dat hy reeds ’n mensvormpie het met die armpies en beentjies inkluis—al is hy

nog so piepklein dat ’n mensehand hom kan toevou.

Foto: Bill Davenport,

verkry van hierdie bladsy by Wikimedia Commons op die wêreldwye web. Toestemming word verleen vir die

kopiëring, verspreiding en/of wysiging van die item ingevolge die bepalinge van die GNU Free Documentation

License (GNU-lisensie vir vrye dokumentasie), weergawe 1.2, of enige latere weergawe soos uitgereik deur die Free

Software Foundation; sonder Invariante Seksies, sonder Omslagtekste vir die Voorkant en sonder Omslagtekste vir

die Agterkant. ’n Kopie van die lisensie is vervat in die afdeling getiteld "GNU Free Documentation License".

Fetus

BO: ’n Foto van ’n menslike fetus in ’n bottel wat in ’n Europese inrigting vir die

opleiding van verpleërs geneem is.

Foto deur “Targan”,

wat dit by Wikimedia Commons op die wêreldwye web tot openbare besit verklaar het (“released to the public domain”):

Retoesjering: Mieliestronk

TEEN twee maande het belangrike organe soos die brein, rugstring en

die hart gevorm. Die vingers en tone is ook reeds merkbaar, asook die

oogholtes, ore en nek. Die spiere en vel begin eweneens vorm.

In hierdie stadium staan die ontwikkelende baba as ’n fetus bekend. Hy

is nog so klein dat hy in ’n teelepel sal kan inpas.

Regdeur sy ontwikkeling is die ongebore baba veilig en knus binne-in die

ma se baarmoeder. Hy dryf in die baarmoeder in ’n vloeistof genaamd

vrugwater, wat hom teen stampe en stote beskerm. Die vloeistof is in ’n

sak wat die vrugwatersak genoem word.

Die baba is deur middel van die naelstring aan die moeder se

baarmoeder geheg. Op die plek waar die naelstring en die baarmoeder

bymekaarkom, ontwikkel ’n plasenta. Die plasenta is ryk aan bloed wat

voedsel en suurstof bevat. Dit word deur middel van die naelstring aan

die baba oorgedra.

In die derde en vierde maand ontwikkel organe soos die niere en

spysverteringskanaal, asook die hare en naels. Die fetus begin sy arms

en bene beweeg; partykeer gee hy ’n harde skop wat die ma kan voel.

Namate die baba groei, sit die baarmoeder uit om vir hom plek te maak.

Die vyfde en sesde maand is belangrik, want dan ontwikkel die

senustelsel. Die fetus kan sy vuisies bal, sy oë oop en toe maak, en hy

raak aan die slaap en word dikwels wakker.

Word die baba nou vroeg gebore (voordat sy nege maande verby is), sal

dit vir hom moontlik wees om in ’n broeikas te oorleef.

Teen die einde van die nege maande druk en stoot spiere in die wand

van die baarmoeder die baba ondertoe. Hy lê gewoonlik onderstebo

sodat hy met sy koppie eerste in die wêreld kom.

Net voor die geboorte bars die vrugwatersak en die vloeistof kom uit. Die

baba word uit die baarmoeder in die vagina ingedruk en uiteindelik tot in

die vreemde wêreld hier buite. Baie welkom, nuwe mensie!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!