Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Kaokoland Toer 2008

Munro’s en Sharple’s

Junie en Julie 2008
Wie was saam

Kaokoland Toer

Julie 2008

≈ Kaokoland Toer 2008 ≈

Bladsy 1

Die span het bestaan uit net twee gesinne en dus twee voertuie. Op die foto is die hele

groep bo-op Van Zylspas elkeen met sy eie opinie oor wat so pas agter die rug is en

natuurlik wat nou nog voorlê.

Van links na regs is daar Tiaan Munro, so pas 14 jaar oud geword en baie moeilik om te

entertain agter in daai skuddende en rollende Toyota. Langs Tiaan is die uwe, Kobus

Munro, bestuurder van die Toyota met Ryétte my vrou langsaan. Estie is my dogter van 16

jaar oud. Die man met die hoed is John Sharples met sy vou Justine heel regs. Die

Sharples is alleen in die ander voertuig, ‘n Jeep Rubicon, met alles wat kan oop- en

toemaak, aan- en afsit.

Ons twee gesinne kom altwee van George in die Tuinroete, so ons moes nogal ry om aan

die bo-punt van Namibia uit te kom. Ek sal weer na die afstande verwys. Die twee voertuie

wat saam was, is in die volgende bladsye uitgebeeld met die Munro’s in die Toyota 2.7

Petrol en die Sharples paartjie in die Jeep, ook ‘n petrol met 3.8l outomatiese enjin.
Dag Een: George na Upington

Saterdag 28 Junie 2008 - 850 km

≈ Kaokoland Toer 2008 ≈

Bladsy 2

Nou wat sê ‘n mens oor hierdie stuk pad? Ons land het orals mooi gedeeltes en ja, ons was

op pad na die noorde van Namibia, en die dele het nie ongesiens by ons verbygegaan nie.

Outeniquaberge is ons tuiste en ons weet wat ons het, De Rust en Meiringspoort het hul

eie betowering, Beaufort Wes se koppe is baie spesiaal. By Prieska verwonder ons ons aan

die versamelvoël neste aan byna elke paal en dan is dit die groen strook al langs die

Oranje. Alles het goed gegaan en ons het lekker gebly by Greenfields Gastehuis. (Kyk

onder hulle naam op die webwerf)

Dag Twee: Upington na Windhoek

Sondag 29 Junie 2008 – 941km

‘n Mens sou twee dae kon druk om tot in Etosha te ry, maar dis nog 415 km noord van

Windhoek en ‘n mens wil jou nie so doodry nie. Jy is darm met vakansie en ons wou graag

by vriende in Windhoek ook oorbly. Ons sou die volgende oggend inboek in Etosha dan

weet jy, jy is lekker vars en kry ‘n goeie staanplek.

Die hoogtepunt van hierdie stuk pad is ongetwyfeld die mooi rotskoppies net noord van

Grunau. Ek is jammer ek het nie gestop en ‘n mooi foto hier geneem nie. Estie het een

met haar mik en druk geskiet sommer so uit die bewegende voertuig. Die lekkerste

Springbok biltong wat ek nog geëet het, was te koop by die padstalletjies in hierdie area,

stop maar gerus daar – hulle verstaan van biltong.

Mariental deur Keetmanshoop is maar valerig maar met sy eie bekoring. Ons was egter nie

bereid om hier te talm nie, Windhoek was nog vêr. Windhoek het my verras met sy koppe

en baie bome – dis ‘n baie mooi plek. Die skoonste stad in Afrika vir al ‘n hele paar jaar en

‘n mens kan dit sien. Hier het ons by vriende oorgebly en ‘n heerlike potjie geëet.

Dag Drie : Windhoek na Etosha

Maandag 30 Junie – so 415km

Dis mooi wêreld hierdie. Ek is baie lief vir acacia veld, veral as daar Kameeldorings tussen

in ook is. Dis moeilik om te glo maar van Windhoek af daal ‘n mens nou weer laer af soos

jy noord ry. Ek dink vanaf George tot in Winhoek klim jy die hele tyd met Windhoek self

wat oor die 2000 meter bo seevlak is. Hiervandaan sak jy weer heeltyd tot by Etosha wat

ongeveer 1200 meter bo seevlak is, amper ‘n kilometer laer as Windhoek. Later in die

Kaokoland by Purros is jy slegs 300 meter bo seevlak. Wie het gesê Namibia is ‘n plat plek.

By Okahandja het ons gestop om ‘n bietjie te kyk na die beeldjies en ander kunsgoeters wat

daar te koop is. ‘n Mens wil graag iets saamvat om jou te herrinner aan die vakansie, maar

hierdie ervaring was nie vir my lekker nie. Daai manne wat daar uitstal belowe almal plegtig

dis of hyself of sy ma wat daai beeltjie gekerf het, terwyl ons almal weet dit word iewers

noord in ‘n groot fabriek gemaak. Wat my die meeste pla is dat die lot van hulle teen 9h30

al aan die drink was en die veelbesproke onderhandelings oor die prys van die goed eintlik

‘n grap is. Omdat hulle weet jy gaan oor die prys baklei begin hulle so hoog met die

insetprys dat jy nie ‘n idee het van wat die ding eitlik vir jou werd is nie. Die toeriste bied

belaglik lae pryse aan en die inwoners wil belaglik hoë pryse hê. Nee wat, ons is met leë
≈ Kaokoland Toer 2008 ≈

Bladsy 3

hande hier weg, en dis jammer want daar is baie mooi goed, maar ek het nie tyd vir so ‘n

dronk spul nie. ‘n Mens lag nou daaroor as jy daar is, maar drankmisbruik, eintlik deur die

hele noorde van Namibia is myn’s insiens besig om problematiese afmetings aan te neem.

Noord van Okahandja verander die veld skielik van acacia na mopanies. Ek vermoed dit

het te doen met twee goed, die hoogte bo seevlak en die feit dat die miershope nie meer

rooi is nie maar swart of grys, ander grondtoestande. Nou weet jy Etosha kom nader –

sommer hier al is vlakvarke, koedoes en kameelperde te sien van die teerpad af.

Rondom middagete boek ons by Okaukuejo in en doen al die administrasie wat relatief

glad verloop. Daar was ‘n klein misverstand tussen die NWR kantoor in Kaapstad en wat

hulle ons hier in die park self meedeel, maar die tipe goed verwag ‘n mens maar as jy in

Afrika rondry en met internet besprekings daar aankom. Alles uitgestryk slaan ons kamp

op en gaan geniet die sonsondergang by hierdie absoluut fantastiese watergat. Dis

waarskynlik die naaste wat ek nog aan soveel diere gekom het. Die kinders het heeltyd daar

gesit, tot laat in die nag gewag vir die renosters. Hulle was nie teleurgesteld nie want

sommer daardie eerste aand was daar sewe swart renosters op een slag daar, leeus, olifante,

bokke, hiënas, ag alles wat jy aan kan dink.

Dag Vier : Okaukuejo

Dinsdag, 1 Julie 2008

Niks ryery vandag nie, net ‘n luilekker wild besigtigingstoer deur die westelike deel van

Etosha. ‘n Mens wil graag leeus sien en ons was nie teleurgestel nie. Okondeka is ‘n

watergat aan die westelike oewer van die pan en ons het stadig tot daar gery toe ons ‘n

leeuwyfie se ore in die gras sien uitsteek. Hier stop ons toe en neem die foto wat jy moet

wys by die huis; dat jy regtig die leeu gesien het. Min weet ons dat ons in is vir ‘n bietjie

opwinding. Rustig kom ‘n springbok aangestap water toe en die leeu ore verdwyn in die

gras – hier kom ‘n ding. Almal hou asem op en skielik vlieg die leeu en twee ander wat ons

nie eers gesien het nie daar op, maar daai springbokkie was te vinnig en geen ete vir die

leeus beskore nie.

Hierdie ding gaan mos nou weer gebeur en daarom sit ons toe net daar vir ‘n uur. Na die

uur kom daar toe ‘n Blou Wildebees aangestap en stap reg tussen daai drie leeus in. Een

van die leeus spring toe te vroeg op en die jaagtog begin.
≈ Kaokoland Toer 2008 ≈

Bladsy 4

Ek het vir ‘n oomblik gedink hulle het daai

bok. Dit was ‘n lang jaagtog, maar die

wildebees het dit net gemaak.

Dit was ongelooflik om te sien. ‘n Mens besef nie hoe vinnig die goed is nie. Die leeu wat

die jaagwerk gedoen het was soos blits oor die ongeveer 100 meter wat sy die bok gejaag

het. As jy dit sien besef jy hoe min kans jy het as jy uit jou kar klim naby aan leeus en

tweedens hoe moeilik dit is om hulle te sien. Ons was reeds lank daar voordat ons besef

het die leeus was daar. Bly in jou kar, dis goeie raad.

Vir my was die twee ongeslaagde jaag pogings van die leeus ‘n eerste en ‘n hoogtepunt van

my vakansie. Gewoonlik lê die manne iewers onder ‘n boom en wys net so nou en dan ‘n

poot of ‘n stert, ek dink ons was gelukkig.

Die res van die middag het ons by die kamp deurgebring en weer groot hoeveelhede diere

by die watergat by Okaukuejo gesien. Dit was die aand weer die renosters wat ons

opwinding verskaf het met hulle streke. Vir een of ander rede was die lot erg geïriteerd met

mekaar en was daar konstant twee aan mekaar met die onaardse geluide wat hulle maak.

Dit skop klippe en storm en nou en dan is daar selfs een wat vir die olifante kans sien. Dit

was lekker om te sien. Net buite die ligkring het ‘n groot leeumannetjie gelê en wag vir ‘n

beurt om te kom drink en was duidelik nie lus vir die renosters se mannewales nie. Twee

keer het hy nader gestaan om maar net weer so in die skemer in te verdwyn. So bietjie later

het hy van homself laat hoor, man dis darm ‘n ongelooflike geluid om in die nag te hoor

van so naby. Jy voel so bietjie blootgestel met daai lae muurtjie en die draad wat so plat lê.

Net soos by sommige diere is daar dalk veiligheid in getalle – as daai man hier oorspring is

daar mos baie om van te kies, ek gaan beslis nie die stadigste wees nie, inteendeel ek mag

dalk die vinnigste wees.

Dag Vyf : Okaukuejo na Namutoni

Woensdag, 2 Julie 2008 – 100km

Ons het beplan om hierdie ongeveer 100 km stadig te ry en die hele dag in die middelste

deel van die park deur te bring. Al die watergate is besoek en ons het stadig langs die pan af

gery wat ongelooflik mooi was. Die pan het water in gehad vanaf Halali wat my die indruk

gegee het die pan moet tussen 30 en 50% vol water wees. Ek verstaan dat dit baie seldsaam

is dat die pan nog hierdie tyd van die jaar water in het. Ons het die voorreg gehad om

hierdie gesig te sien met die watervoëls en al die diere wat af na die water toe kom. Dit was

ongelooflik mooi.
≈ Kaokoland Toer 2008 ≈

Bladsy 5

By Halali het ons middagete geniet en die res van die roete tot by Namutoni gevolg en net

voor toemaaktyd daar aangekom. Die hoogtepunte van hierdie stuk is ongetwyfeld die pan

met die water en weereens al die diere, hierdie keer met ‘n luiperd ook.
Dag Ses : Namutoni

Donderdag, 3 Julie 2008

≈ Kaokoland Toer 2008 ≈

Bladsy 6

Ons het die oggend opsy gesit vir die beroemde Kalkheuwel watergat en beplan om

sommer lank daar te sit en te sien wie of wat daar opdaag. Nou ja, die plek het nie

teleurgestel nie en soos die foto wys, was daar diere by die duisende. Op een gegewe

oomblik was daar oor die 200 diere gelyk by die watergat, met olifante, kameelperde,

koedoes , rooibokke, springbokke, zebras, vlakvarke, gemsbokke en takbokke by die

water.

Grap net oor die takbokke, maar buiten die takbokke was almal daar. Hierdie spulletjie het

vir langer as ‘n uur aangehou en as die een trop loop kom daar net nog weer ‘n nuwe span

aan. Bederf is die mense wat hier gesit het beslis – ‘n mens sal seker altyd dit wat jy op

ander plekke sien met hierdie gesig vergelyk.

Ons het hierna weer ‘n draai langs die pan gery om daai fantastiese water oppervlakte te

sien, hierdie keer met die son agter jou.

Die aand het ons bo-op die dek

van die ou fort by Namutoni vir

die son gewag om oor die Etosha

pan te sak met ‘n drankie vir

elkeen.

Selfs die kinders het dit geniet, dit sou ons laaste aand

in Etosha wees en ‘n gepaste einde aan die lekker vier

dae. Ons sou nog wou bly maar Kaokoland wag.
Dag Sewe: Namutoni na Kunene River Lodge

Vrydag 4 Julie 2008 – 371km

≈ Kaokoland Toer 2008 ≈

Bladsy 7

Ons het op aanbeveling van ‘n vriend, Mnr Chris Schlieman, wat al diep spore in Namibia

getrap het, by die Andoni hek uitgegaan wat beteken het ons het nog ‘n paar watergate en

die baie mooi Andoni Vlakte om te sien voor ons die park verlaat. Hierdie area was baie

mooi en weer het ons baie diere gesien, swart renoster, ratel, flaminke, pelikane, ‘n reier

wat ‘n baber probeer eet wat hopeloos te groot is en vele meer. Is dit nie ongelooflik dat

die babers onder daai klipharde kors lê en wag vir die reën nie. Wat ek nie geweet het nie

is dat die waterskilpaaie dieselfde doen. Dit is gepubliseer op die inligtingstuk wat te koop

is by die park winkel.

Die water in die pan is hier baie dieper en daarom is hier watervoëls wat nie by Halali of

Okondeka te sien was nie.

Hierdie is die gesig vanaf Etosha deur Oshakati na Ruacana. Die mense doen net een van

twee goed langs die pad. Hulle maak en verkoop stene en dit word gebruik om

drankwinkels en kroegies te bou sodat hulle die ander ding kan doen wat hulle doen, en dit

is drink. Sover soos jy ry, is dit die een na die ander in hulle honderde.

Soos ‘n mens die Angola grens nader, raak die veld ewe skielik weer meer ruig en die

bome groter en skielik begin jy afsak in die vallei van die Kunene. Die manne wat hier in

die weermag was se maag gee so ongemaklike draai en wonder seker wat het van al die

basisse geword wat hier was. Kom ons los nou die bosoorlog. Dis ‘n gepsrek vir ‘n ander

plek en tyd, ons is met vakansie.

By Ruacana moet jy nou volmaak, en ek bedoel alles volmaak wat kan brandstof hou. Die

eerste brandstof wat ons op ons roete gaan teëkom is by Sesfontein. Ons wou nie graag
≈ Kaokoland Toer 2008 ≈

Bladsy 8

vanaf Epupa terug Opuwo toe ry vir brandstof nie want dan ry jy baie mooi dele mis tussen

Okangwati en Otjitanda. Ons het bereken dat jy vir ongeveer 1000km moet gereed wees,

afhangende hoeveel “low range”, dik sand , spoed en al daai dinge ‘n rol gaan speel. Die

voertuie is baie swaar gelaai en die 4 x 4 ryery beteken ‘n man moet nie meer as 6 km/liter

gebruik in jou somme nie. Ons het gewerk op 5km/liter. Dan behoort jy veilig te wees en

ook gereed te wees vir daai onvoorsiene gebeure.

Dis ook die laaste winkel wat jy gaan sien vir ‘n lang tyd en ‘n mens moet maar inpak wat jy

kan vir die volgende tien dae. Ons logistiek in die verband het goed gewerk en ons etes was

baie mooi beplan, maar een ding het ons onderskat. ‘n Tiener se honger of lus vir “snacks”

soos Simba skyfies, sout koekies en sommer enige lekker ding. Ons het te min gehad, daar

was eenvoudig nie plek vir so baie goed nie. Maar nou ja, hier gaan ons. Die Kaokoland

het begin, omdraai kan ons nie, winkels is daar nie meer nie, brandstof is daar nie meer nie

en vir tien dae moet jy “cope”.

Op die foto kan die Kunene in die verte gesien word en kyk hoe daal die landskap. John is

hier voor met vier Jerrykanne brandstof op die dak. Hiervandaan ry ons nou na Kunene

River Lodge wat so 55km vanaf Ruacana af is op ‘n pad wat relatief goed is. Hier en daar is

‘n driffie wat jou laat stadig ry en toets watter soort skokbrekers jy in het, maar niks te

drasties nie. Ons kom net voor donker daar aan wat jammer is want dit is baie mooi op

daai rivierwal. Iets wat ontstellend is om te sien, is die foto’s van Maart hierdie jaar wat die
≈ Kaokoland Toer 2008 ≈

Bladsy 9

hele kamp onder water gehad het, selfs die houtdek voor die restaurant was onder die

water

Nou wat wil jy meer hê as dit? Dis die uitsig van ons kampeerplek, die vuurtjie brand, ietsie

in die hand – ek dink nie die lewe kan beter nie. Dis moeilik om te glo dat daar ‘n tyd was

dat ons op mekaar geskied het oor hierdie rivier. Kyk nou net – die kinders kyk jou met

ongelowige oë aan as jy dit noem, maar ek het mos gesê : kom ons los die oorlog.

Dag Agt: Kunene River Lodge na Epupa Valle

Saterdag 5 Julie – 100km
≈ Kaokoland Toer 2008 ≈

Bladsy 10

Ons het baie gelees en gehoor oor hierdie stuk pad en ek sien party mense praat van die

“Baboon 100”. Dit klink nie vir my lekker nie. Wat van die Kunene River Front na

aanleiding van die Chobe River Front wat ons dan in Afrikaans die Kunene Oewer Roete

kan noem. Wat ook al hom naam is, gaan nie verander hoe jy hom moet ry nie. Jy moet

dit stadig doen om twee redes. Die eerste een is voor die hand liggend; jy gaan jou voertuig

seermaak en dan is jou hele vakansie daarmee heen. Enige 4 x 4 met “low range” kan dit ry

en dis regtig nie so tegnies dat enige een behoort te sukkel nie. As jy ‘n sleepwa wil saamvat

gaan jy sukkel, maar jy sal deurkom. Maar laai nou tien dae se voorrade, water en

brandstof – dan is dit ‘n perd van ander kleur. As jy te vinnig is, veral teen die afdraendes,

gaan jy ‘n veer of skokbreker breek en dan gaan jy sukkel.

Die tweede rede hoekom jy moet stadig, is die natuurskoon wat hier te sien is. Dit is ‘n

paradys en dit sal ‘n groot jammerte wees as jy nie genoeg tyd neem om te stop en foto’s te

neem nie, piekniek te hou en sommer net die area te geniet nie. Los maar eerder die

swemmery vir later, want hier is groot krokodille – ek het hulle self gesien. Ry net stadig en

geniet dit.

Daar is mense wat dit oor twee dae doen en dan halfpad iewers oornag in van die

gemeenskapskampe, maar dit is nie nodig nie. Die roete het ons agt ure geneem en ons het

heelwat gestop en gerus.

Moet onder geen illusie verkeer nie, hierdie klippe sal jou bande toets. As jy enigsins

swakkerige bande het, veral die sywande, gaan jy bande verloor. Soos gesien kan word het

ek en John splintenuwe Coopers opgesit, spesiaal vir hierdie vakansie en die gevolg – nie

een papwiel nie, niks. Daar is baie mense wat sê dat hierdie roete erger of rowwer is as die

Van Zylspas self. Op hierdie punt gaan ek daarmee saam. Miskien is dit ook maar net ‘n
≈ Kaokoland Toer 2008 ≈

Bladsy 11

geval dat teen die tyd dat jy by Van Zylspas kom het jy al alles gesien en gevoel het wat die

Kaokoveld jou kant toe kan gooi dat dit nou nie meer erg voel nie.

Genoeg van die pad, hier is ‘n paar foto’s van die rivier. Heelpad hoor jy ook die gekwetter

van voëls en die mooiste is die rooiwankparkiete of lovebirds.

Ons was ook bevoorreg om die baie skaars Donkergrysvalk hier te sien. Die valk kom net

langs die Kunene voor en is volgens die Sasol gids, baie skaars. Dis die tipe goed wat die

trip lekker maak. Ek het voor die tyd ‘n bietjie geblaai deur my voëlgids en daar was ‘n paar

voëls wat ek geweet het ‘n mens net hier kan sien en ek was heeltyd op die uitkyk vir hulle.

Die bevrediging is dan soveel groter as jy dan wel die voëls kry. So het ons die Monterose

Neushoringvoël, Klein Byevreter en Swart Kakelaar gesoek en gekry. ‘n Mens doen hierdie

trip waarskynlik net een keer in jou lewe en as jy daai voël mis, gaan jy dit waarskynlik nooit

weer sien nie. Ek is nie werklik ‘n groot voëlkyker nie, maar merk tog die voëltjies af in my

gids soos ‘n mens toer, dis ook ‘n opgawe van waar ‘n mens al was en wanneer jy daar was.

Die laaste stuk na Epupa Valle was nie te sleg nie en ‘n mens kon ‘n bietjie vinniger ry, en

by vinniger bedoel ek so 25 tot 30km/h. Jy ry ook nie hier teen die rivier nie, maar so entjie
≈ Kaokoland Toer 2008 ≈

Bladsy 12

suid van die rivier oor die koppe. Dan ewe skielik lê die valle reg voor jou. Ons het

probeer om plek te kry by Omarunga kamp, maar hulle was vol bespreek en nou moet ons

in die gemeenskapskamp gaan plek soek. Ek self was so bietjie skrikerig en het nie geweet

of ‘n mens daar in vrede gelaat sal word om te rus nie. ‘n Mens hoor so baie van die

Himba wat so kom bedel en die onderhandelinge oor suiker, meel en tabak. Om die rede

gaan vra ons toe maar in elk geval by die privaat kampterrein, Omarunga, of daar nie tog

plek is nie, maar dit was steeds vol. So is ons toe maar na die kamp langsaan.

My verbasing was baie groot oor die kamp. Beide oor die geriewe en netheid asook die

bestuur daarvan. Op die oog af lyk dit nie of daar enige ontvangs of administrasie is nie en

die mense wat reeds kamp sê jy moet maar opslaan, die gemeenskapsverteenwoordigers sal

by jou ‘n draai maak. Ons plek was teen die valle en teen die water, absoluut perfek – ek

sou dit nie beter kon doen oor die internet met ‘n jaar vooruitbespreking nie. Dit was ook

nie lank nie, toe daag ‘n baie statige Himba vrou daar op met die inligting oor die fooie en

het toe ook brandhout te koop. Sy bied toe aan om klere gewas te kry as ons so ‘n behoefte

het en aangesien dit reeds dag agt op ons vakansie was, was dit ‘n aanbod wat ons nie kan

weier nie. Onderhandelinge het geld en mieliemeel ingesluit en siedaar, skoon klere vir die

res van die trip.

Die res van die tydjie hier was baie lekker en geen Himba het kom bedel nie. Die

gemeenskap bestuur hierdie twee kampe baie goed en hou natuurlik met opset die

plaaslike gemeenskap uit die kampe uit sodat die toeriste in vrede kan kamp. Ek sal enige

van die plekke aanbeveel met ‘n geruste hart.

Kyk waar sit Ryétte met die valle wat reg agter haar kop oor een van die talle afgronde val.

Die geraas van die water beteken ook dat niemand jou kan pla in die nag met laataand

geraas nie. Jy hoor net die valle en slaap lekker.
Dag Nege en Tien : Epupa Valle

Sondag 6 Julie – Maandag 7 Julie 2008

≈ Kaokoland Toer 2008 ≈

Bladsy 13

Ons het aanvanklik besluit om net twee nagte hier te bly, maar John het Sondag aand so

siek geword dat daar geen manier was dat ons die Maandag kon ry nie. Ons het toe besluit

om nog ‘n dag hier te bly en te rus, dit is tog waarvoor ‘n mens hier is en waar kan jy nou

beter rus as hier. Hier is ‘n foto van hoe ‘n mens rus na ses maande se harde werk.

Wat John se maag so

omgekrap het, het ‘n geheim

gebly. Die eerste reaksie was

die water, maar ons het tog

almal daarvan gehad, dit kon

ook oorskiet kos gewees het.

Ons weet nie, maar die man

was plat. Dankie tog vir goeie

toilette en die Munro’s se

mediese tassie. Kyk, ons was

gereed met anti-biotikum, rehidrat,

valoid, buscopan,

rubber hanskoene en ‘n

setpil as dit sou nodig wees.

Gelukkig vir John het die setpil nooit uit die tassie tevoorskyn gekom nie. Sy olikheid het

ons die geleentheid gegee om lekker te rus, voëls te kyk en die omgewing ‘n bietjie te

bespied.

Ons het langs die rivier stroomop geloop op soek na krokodille en dit was ‘n pragtige gesig.

Die krokodille het ons ontwyk , maar ons het wel nog ‘n voëljie gesien wat ek in my boek

kon afmerk as ‘n eerste. Dit was die korttoon kliplyster. Op pad terug het ons by

Omarunga kamp in hulle kroeg ‘n drankie gaan drink net om van die stappie te herstel.

Daar lê die twee reuse krokodille reg voor die dek op ‘n klipplaat en bak in die son – so

amper asof gevra is om stil te lê dat al die Duitsers in Das Rollende Hotel hulle kan

fotograveer.

Die namiddag het ons teen ‘n koppie uitgeklouter wat mooi uitsigte oor die valle bied

asook gedeeltes verder teen die rivier af sigbaar maak. ‘n Mens is verbaas oor hoeveel valle

daar eintlik is – uit die kamp sien jy eintlik net die een.

Die watervlak van die rivier het sedert ons op die Sondag daar aangekom het met ongeveer

‘n meter gesak en die waterval het ook merkbaar stiller geraak. Dit merk ‘n mens net op as

jy ‘n rukkie hier vertoef soos ons gedoen het. Die bestuurder by Omarunga deel ons mee

dat dit te doen het met die hidro-elektriese kragstasie by Ruacana wat water vrylaat en

terughou vir die werking van die kragstasie.

As ‘n mens die foto hier onder vergelyk met fotos wat in April geneem is van dieselfde area

is die rivier egter merkbaar laer en die omliggende heuwels ook merkbaar droër of valer.
≈ Kaokoland Toer 2008 ≈

Bladsy 14

Dit bring die gesprek na vore oor watter tyd die beste is om die area te besoek. Die fotos

van manne wat in April hier was, is beslis baie mooi met die water wat baie voller loop en

die veld is ook grasgroen in vergeleke met toe ons daar was in Junie/ Julie. Die Marienfluss

is ook dan groen in stede van geel. Ek dink dit raak ‘n moelike besluit. Die hitte sal my nie

veel pla nie, maar ek dink waar dit vir ons beter was om in die winter te toer was die feit dat

ons Etosha deel van ons planne gemaak het. Die diere is meer geneig om water toe te kom

in die winter as daar nie ander water in die omgewing beskikbaar is nie en so is jou kanse

om die diere te sien soveel groter. Soos ons eersterangs ervaar het is die roofdiere ook

hierdie tye rondom die watergate en het jy ‘n kans om ‘n leeu jag te sien soos ons het. Dit

geld nog soveel te meer as jy Moremi of Chobe deel van jou planne maak. Daar is soveel

diere, maar ek het al gehoor van mense wat in April daar was en feitlik geen diere gekry het

nie.

Die Kaokoland op sy eie behoort egter ongelooflik mooi te wees na ‘n goeie reënsiesoen.

Ek kan nie help om te dink soos ‘n mens hier staan dat ons sal moet terugkom in April om

die rivier te sien in volle glorie en ook die groen heuwels en ja, natuurlik ‘n groen

Marienfluss.

Dag elf : Epupa Valle na Otjitanda

Dinsdag 8 Julie – 133km

Ons het in Jan Joubert se boek gelees dat ‘n mens nie moet probeer om die Van Zylspas te

doen op dieselfde dag wanneer jy vertrek vanaf Epupa nie. Dit lyk egter op die kaart of dit

gedoen kan word met die ongeveer 155 km tot by die pas. Ons het toe besluit om iewers
≈ Kaokoland Toer 2008 ≈

Bladsy 15

voor die pas te slaap, op die kaart het Otjitanda na die plek gelyk, en ons het gemik

soontoe. Vir ‘n rukkie het dit gelyk of ons teen middagete al daar gaan wees en ons het

begin geluide maak om maar oor die pas te ry en in die Marienfluss te slaap. Ek wou nog

altyd in die Marienfluss slaap.

Uiteindelik het dit toe nie so gewerk nie, want die pad het regtig sleg geraak oor die laaste

paar kilometers en dit was duidelik hoekom jy nie nog verder moet ry nie. Dit het ook die

volgende dag aan die lig gekom dat die gemeenskap nie wil hê dat ‘n mens moet oornag in

die Marienfluss nie.

Hier is die stukkie pad vanaf Otjitanda naby die

kraal van Otjihende. Dis die begin van die pas en

moet maar weer stadig gevat word soos ek hier

demonstreer.

Die foto regs wys die “kampterrein” by Otjitanda. Daar was duidelik vroeër ‘n kamp hier

want daar is nog tekens van die toilette en die stort, maar dit is vir geruime tyd al in onbruik

en ons sou alleen hier wees. In een opsig was dit lekker want jy is alleen en ander kampers

sal nie hier opdaag nie. Dit wil voorkom asof die kampplek vervang is met een verder aan

met die pad. Op die kaart maak dit sin want die meeste mense sal waarskynlik vanaf

Opowu af kom en nie hier verbyry nie. Die kamp is beslis lanklaas gebruik aangesien daar

geen wielspore of vuurmaak plek te sien is nie. Die ding wat ‘n mens onrustig maak is die

Otjitanda gemeenskap daar naby wat definitief weet van ons aangesien jy deur die huisies ry

om by die kamp uit te kom. Jan Joiubert se boekie waarsku dat ‘n mens respek moet toon

vir die mense van hierdie area aangesien dit hulle grond is en betaal moet word om daar te

oornag. Die vraag is aan wie moet jy betaal en hoeveel. Ons was gereed met meel, suiker

tabak en vuurhoutjies en as dit moet, medisyne. Die medisyne het ons eers teruggehou

want ons het gesien op ‘n dvd van mense wat April daar deur was hoe hulle bestorm is

deur die mense wat medisyne vir van die himbas gegee het.

Nou wag ons maar en gaan slaap onrustig met die wete dat ons dopgehou word. Ons weet

ook darem dat die himba ‘n vredeliewende nasie is en jou geen skade sal aandoen nie. Wat
≈ Kaokoland Toer 2008 ≈

Bladsy 16

‘n mens egter nie weet nie, is wat gebeur as die span aan die drink gaan, soos die talle

bottels daar getuig. Sal hulle nie deur die nag by ‘n man se tent of voertuig opdaag en wel,

ek weet nie.

Die volgende oggend nog voor dit lig geword het, staan daar toe reeds ‘n paar wat beduie

dat hulle iets soek, meestal gaan die gebare mond se kant toe, so ons aanvaar dat dit kos

beteken. ‘n Mens is bedag daarop dat alhoewel hulle suiker soek (soeka) ‘n mens

waarskynlik nie suiker of lekkers moet gee nie want hulle het nie tandepaste om na hulle

tande om te sien nie. Hulle kom reg sonder die westerse goeters en ‘n mens moet dit nie

gee nie. Aan die ander kant; jy is in hulle grondgebied en moet respekteer wat hulle wil hê.

Ek kan sien dat hulle uitgebuit word en dat ‘n halwe pakkie mieliemeel, vuurhoutjies en

tabak heel goed afgaan. Dis waarskynlik nie eers R20.00 werd nie. Iets is mos nie reg nie.

Daar is iets in jou wat die mense meer wil gee maar aan die ander kant, leef hulle so

eenvoudig vir eeue en westerse goeters befoeter net hierdie leefwyse. Dis ‘n moeilike een.

Die eerste groepie is net weg met hulle meel en tabak toe kom daar weer ‘n groepie,

hierdie keer met kinders en die een babajtie word gewys waar die rowe aan die boudjies sit

van een of ander uitslag of velprobleem. Dis duidelik baie seer en ons weet een van die

baie roompies in die medic sal werk, maar moet jy nou hier inmeng met jou

beskawingsmedisyne. Raak hulle nie al hoe meer afhanklik van westerse medisyne soos

mense soos ons die goed hier agterlaat nie. Ryétte besluit daai babatjie moet gehelp word

en beduie sy gaan die room gee sodra ons gepak het. Ons wou nie die hele gemeenskap op

ons hê as hulle sien ons het medisyne nie. Toe begin ons maar oppak, want daar kom toe

nog ‘n groepie aangestryk deur die bosse.

Dit was die vinnigste wat ons nog gepak het want die kinders was maar skrikerig vir die lang

manne met die pangas – natuurlik is die pangas om mopanie stompe vir hulle hutte en

krale te kap. Tiaan vou stoele en tente op dat die stof so draai en een twee drie is ons reg

om te ry en daar gaan ons. Ons soek toe die een met die babatjie, maar sy was nooit weer

te sien nie. Toe ons weer deur die gemeenskap se huisies ry, kyk ons aandagtig of sy nie

daar was nie, maar sy was nie te siene nie. Ryétte voel toe sleg dat sy nie daar en dan die

room gegee het nie, maar ons stryk toe maar verder. Voor lê die Van Zylspas.

Dag twaalf : Otjitanda na Orupembe

Woensdag9 Julie – 99km

Dit is die dag vir die Van Zylspas. Ek was toe nie meer skrikerig nie, want wat ons reeds

gekry het sou erger wees as die pas self, en hier bedoel ek die stukkie teen die Kunene

asook die gedeelte tussen Okangwati, Otjitanda en Otjihende. Die van Zylspas bly egter ‘n

belewenis en die uitsig oor die Marienfluss is iets ongelooflik om te aanskou.
≈ Kaokoland Toer 2008 ≈

Bladsy 17

Die uitsig oor hierdie landskap is besonders oor wat jy beleef het tot hier. Jy moet dit

verdien. Tien dae lank moet jy stof eet en skud en sukkel teen van die onherbergsaamste

paaie wat jy jou kan indink, en dan kom jy hier aan. Dan, en eers dan verdien jy hierdie

uitsig. As iemand met ‘n helikopter tot hier gevlieg word, sal hy dit nie naastenby so

waardeer as om dit op ‘n toer deur hierdie ongenaakbare Kaokoland te ervaar nie. Wat ek

eintlik sê, is dat die foto dit nooit vir jou kan wys nie – jy moet self daar kom staan. Aan die

oorkant van die Marienfluss sien ‘n mens die Hartman berge en anderkant hulle is daar

nog so ‘n vlakte genaamd die Hartmanvlakte, maar ons het nie genoeg tyd of brandstof om

daar te gaan kyk ook nie. Onder by die kloof uit moet ons links draai of suid en na

Orupempe se kant toe ry, maar ons gaan eers die Marienfluss bietjie bekyk en is so 21km

regs in die vlakte op weer in die rigting van die Kunene tot waar die pad weer suid draai by

die Marienfluss Junction of die Nangolo Flats.

Maar eers moet ons hier teen die Van Zylspas af. Ja almal het al hierdie fotos geneem, so

ons doen toe ook maar so. Eitlik was dit redelik gou oor soos ek gedink het. Die Van

Zylspas gaan nie oor dié stukkie nie alhoewel almal nou maar die foto’s hier neem. Dit

gaan oor die hele twee dae se ry vanaf Okangwati tot hier. Nou is jy onder en gaan die res

van die Kaokoland totaal iets anders bied, die “low range” deel is nou agter die blad en nou

gaan ons die diere in die rivierlope soek. Daai skaam woestyn olifante.

Hier is twee foto’s om te wys ons is daar af. My hoofligte was aan en so ook die

lugversorger. Dit was ‘n “tip” uit ‘n tydskrif en dit was veronderstel om die enjin nog

stadiger te laat loop en dus stadiger teen die pas af te ry. Die petrol bakkie is geneig om te

stol as jy te stadig ry en teen die passie af wil jy baie stadig om nie iets seer te maak nie.

Diesel en outomaties het nie die probleem nie.
Kyk hoe konsentreer daai engelsman.

John se Jeep se “anti-swaybar” kan gesluit of

losgemaak word. Kyk die invloed op die as en wiele as

hy hier afgaan met die ding losgemaak. Die Toyota ry

net – niks fensie goeters in die Kalaharie Ferrarie nie.

≈ Kaokoland Toer 2008 ≈

Bladsy 18

Onder op die Marienfluss is die sirkeltjies wat niemand nog kon verklaar nie. Estie het

gaan kyk of daar regtig niks groei binne die goeters nie.

Almal het al hierdie

Landie afgeneem, maar

John het seker gemaak hy

kan nie dalk nog ry nie.

Die Landies is darem net

nie betroubaar nie.

Nou is dit Rooidrom toe en oor die Rooidrom pas na ‘n gemeenskapskamp tussen die

Marmer myn en Orupembe.
≈ Kaokoland Toer 2008 ≈

Bladsy 19

By Rooidrom wou John net kyk of daar plek was vir

ons in die gemeenskapskamp, maar hy kon nie

deurkom nie. Ek dink nie daai foon werk nie.

Grap sommer net, die foon is daar sodat almal wat

daar verbykom ‘n gek van homself kan maak en sy ma,

ouma of boekhouer kan bel. Ten minste weet jy watter

een in die groep die grapmaker is, as jy dit teen die tyd

nog nie weet nie.

Van Rooidrom af was dit 23km tot by die

gemeenskapskamp by die myn. Hierdie was die beste

kamp van die hele toer. Warm water, skoon storte en

vars boorgat water om te drink was ons beskore en die

plek is met klippies uitgelê, wat beteken jy kamp nie so

in die stof nie.

Alhoewel hier nog himbas in die area is, word jy hier glad nie gepla nie. Jy betaal jou

kampfooi en brandhout in rand en sent en geen onderhandelinge in vreemde tale is nodig

nie. ‘n Mens voel darem te aardig om ‘n lekker skaaptjoppie gaar te maak as die mense so

staan en bedel by jou.

Die volgende dag sou ons Puros toe ry wat nie ver is nie en daarom kon ons rustig opstaan,

lekker ontbyt eet en op ons tyd oppak. Hierdie was ‘n lekker kamp.

In die middel van die nag het daar jagters aangekom van Amerika af. Dit was nie moeilik

om die aksent in die nag uit te ken nie. Dit was so bietjie irriterend dat hulle jou nagrus

versteur het, maar gelukkig het hulle gou gemaak en ingekruip. Dis ‘n interessante konsep

dat hulle hier kom jag. Blykbaar gee die Orupembe Conservancy, wat ook die

gemeenskapskamp bestuur, jaarliks jagkonsessies aan plaaslike jagters. Dit klink nie of dit

baie diere insluit nie, maar die plaaslike jagters verkoop dan die konsessies weer aan

buitelanders wat natuurlik baie meer daarvoor betaal. Ek het gewonder hoeveel geld die

gemeenskap kry en hoeveel die Amerikaner betaal. Die middelman vat soos altyd weer die
≈ Kaokoland Toer 2008 ≈

Bladsy 20

meeste, wel ek aanvaar so. Die volgende dag sou ons sien hoekom daar hier gejag kan

word. Op die vlakte direk suid van die kampplek het ons Springbokke teëgekom in hulle

honderde. Ek het geskat dat dit wat ek uit die bakkie kon sien alreeds oor ‘n duisend

bokke tel. Hulle was duidelik nie bang vir die voertuig nie en het rustig voortgewei. Daar

word dus nie gereeld op hulle geskiet nie. Dit klink vir my of die konsessie nie meer as

vyftig bokke per jaar insluit nie.

Dag dertien : Orupembe na Puros

Donderdag10 Julie

Terwyl ons nog die toer beplan het, was hierdie dag die een waarna ek die meeste uitgesien

het. Die dag sou bestaan uit ‘n rit al langs die Huanisib Rivier, meestal in die rivierbedding

self, waar ons die woestyn olifante sou soek en hopelik te siene kry. Weereens was ons nie

teleurgestel nie en soos verwag was dit ongelooflik mooi. Om alles te kroon het ons toe

ook die olifante gekry.

Die rivier was tot hier nog droog en hierdie plek is waar die water vir die eerste keer bogronds

begin vloei het. Dis interessant dat die olifante juis hier was. Dis asof hulle so ver

noord as wat die water hulle toelaat wou wees. Miskien is dit ook die verste wat hulle weg

kon kom van Puros waar daar vliegtuie en ander lawaai was. Dis ongelooflik hoe vinnig

hulle verdwyn in hierdie kaal wêreld. ‘n Mens kan nie dink dat ‘n olifant vir jou kan

wegkruip in hierdie dorre plek nie (kyk die volgende foto), maar dit was minute toe is die

twee ou grotes nêrens te sien nie. Terwyl ons na hulle staan en kyk waar hulle rustig in die

bos staan en eet, het ‘n voertuig by ons verbygery sonder om hulle te sien. Jou

tydsberekening moet dus reg wees en geluk aan jou kant hê om hierdie diere en veral

ander diere soos leeus en die skaam swart renoster raak te sien.
≈ Kaokoland Toer 2008 ≈

Bladsy 21

Dis moeilik om te dink dat daar lewe in hierdie dorre wêreld is as jy na die onderste twee

fotos kyk, maar daai groen strokie in die middel van die grasvlaktes wemel van die diere.

Die boonste foto wys hoe ons aangekom het al met die rivierloop af en ook hoe mooi

groen dit hier is. Dit wys ook hoekom jy baie maklik hier sal ry en geen van die diere sien

nie. Die diere wys hulleself net as hulle kom water drink en dan verdwyn hulle weer in die

bosse in. In hierdie wereld moet jy oplet na spore en mis en geduldig wees; tyd spandeer

by plekke waar dit duidelik is die diere kom drink.

Ons sou die volgende dag verder in die rivier af ry, maar was baie gelukkig om die olifante

sommer hierbo al te sien

So paar kilometer noord van Puros sien ons die afdraai na ‘n gemeenskapskamp aan die

westekant van die Huanisib Rivier en omdat die bordjie aandui dat dit weereens ‘n Puros

Conservancy kampeerterrein is, huiwer ons nie en gaan reguit soontoe. ‘n Mens was vir ‘n

oomblik lus om verder te ry en te kamp waar jy kom, maar die goeie ondervinding by die

vorige “Conservancy” kamp het ons laat besluit om te gaan kyk. Weereens was daar

boorgatwater, warmwater storte, lieflike kampplekke onder die bome en ‘n administrasie

waar ‘n mens betaal. Die kostes soos by al die gemeenskapskampe was R60.00 per persoon

per nag.
≈ Kaokoland Toer 2008 ≈

Bladsy 22

Sodra jy begin kamp, opslaan kom een van die gemeenskapslede en begin vuurmaak in ‘n

donkie by jou persoonlike stort en toilet. Teen die aand is die water heerlik warm en kan jy

onder die oop Namib hemel skoon word.

As jy in Afrika is, dan maak jy soos die manne in Afrika.

Die manne speel kaart, drink bier, wel kom ons sê maar

daai ding voor John is ‘n bier, en die vroue moet

kosmaak. Hier is Justine hard aan die sukkel langs die

warm vuur om patats, aartappels of botterskorsie gaar te maak. Ryétte knie deeg vir

potbrood. Die kampery beteken nie ‘n man kan nie lekker eet nie

Ons is harde kampers wat die stampe en stote

kan vat van so ‘n rowwe stofkampery, maar ‘n

man verlang na jou geriefies. Dis hoekom ‘n

broodjie met Oxo en kaas, appelkooskonfyt of

net so warm met botter, so lekker is op die

dertiende dag van ‘n toer. Daar is nie brood te

koop langs die pad nie. Die Munro’s het al oor

die jare baie broodresepte probeer en die een

wat Ryétte hier aanmekaar sit, is ‘n absolute

wenner.
Dag Veertien: Puros

Vrydag 11 Julie 2008

≈ Kaokoland Toer 2008 ≈

Bladsy 23

Ons sou nie verder ry vandag nie. Op aanbeveling van Chris Schlieman, wat hierdie

gedeelte op ‘n vorige toer besoek het, sou ons hier twee nagte oorstaan en die omgewing ‘n

bietjie bekyk. Die plan was om met die Huanisib Rivier stroomaf te ry so ver as wat jy kan

op soek na die Olifante en ook om die pragtige kanjon te sien. As Dave Pepler op Groen

kanjon kan sê, kan ek ook.

Dit was gou duidelik dat daar nie net Olifante in

hierdie kloof is nie. Die foto wys dat leeu se kind

ook hier rondloop, en ek was nogal verbaas dat

wilde leeus in hierdie area los loop tussen die

gemeenskappe en meer belangrik, losloop waar

ek kamp. Ons het hierdie spore gevolg tot waar

‘n ander voertuig na iets onder die bome staan

en kyk. Toe ons vra, weet hulle van niks nie –

suinig met hulle leeus sien. Die soutie het egter

geen takt in sy mondering nie en wou weet

hoeveel leeus daar lê. Nou ja toe moes hulle

maar toegee dat daar ses leeus onder die boom

is, maar ons kon nooit ‘n mooi foto kry nie. Dit wys net weer hoe gelukkig ons vroeër was

om die leeus in aksie te sien.

Hierdie kloof is natuurlik verskriklik mooi selfs sonder die leeus. Hier is ‘n paar fotos

verder suid-wes van Puros.

Terug by die kampeerplek by Puros moes ons belangrike besluite neem. Ek wou bitter

graag ook die Huanib rivier oor Amspoort ry en het toe voorgestel dat ons die volgende

dag so langs ry Sesfontein toe. Dit het vir my gevoel ons is so naby en moet dit doen, al was

dit nie op ons program nie. Die rede waarom dit nie oorspronklik op ons program was nie

was omdat ons teen die tyd uit brandstof sou wees. Ek het egter genoeg gehad om dit te ry

en ons moes kyk of ons daai dors Jeep ook daar gaan deurkry, maar die somme wou net

nie werk nie. Ons besluit toe maar om dit nie te doen nie en te laat vir ‘n volgende
≈ Kaokoland Toer 2008 ≈

Bladsy 24

vakansie, ‘n mens kan seker nie alles sien nie. Ek was baie hartseer want ek het al baie

daardie stukkie op die televisie gesien en wou nog altyd graag daar gaan ry het. Ons

vakansie so ver was egter onverbeterlik en ek wil nie onvergenoegd klink nie. Soos dit in

elk geval uitgewerk het was daar nie veel brandstof by Sesfontein nie. Die vrou wat daar

ingooi noem dat sy net ‘n 1000 liter se brandstof gekry het en dat dit amper klaar was.

Gelukkig het ons toe nog bietjie in die tenks om aan te druk verder. Ons kon elkeen 60

liter ingegooi het omdat ons kontant gehad het en die dame dit nie kon weier nie. Met ‘n

kaart gooi hulle vir elkeen net ‘n bietjie in. Hier sou ons nogal ‘n rukkie gewag het vir

brandstof as daar nie genoeg was nie.

Dag Vyftien: Puros na Warmquelle (Ongongo)

Saterdag 12 Julie 2008 – 130km

Hierdie was bykans die enigste stukkie pad op ons toer waar ons op ‘n pad met ‘n naam

gery het. Hierdie was die hoofroete vanaf Kamanjab na Puros en was in ‘n baie goeie

toestand. Die bakkie het vir die eerste keer in ‘n lang ruk sy vierde rat gevoel.

Nadat ons brandstof gekry het, sien ons toe ‘n winkeltjie en ons moes net stop. Teen

hierdie tyd was Tiaan al huilerig oor ‘n pakkie Simba chips. My verbasing was groot toe

daar nogal ‘n paar verskillende geure beskikbaar was asook koeldrank. Alhoewel ons

daaglikse kosvoorraad toe nog in orde was, was daar ‘n groot behoefte aan snacks by daai

twee tieners agter im my bakkie. Ek het twaalf pakkies chips gekoop en ‘n “six pack”

appletizer. Ek het amper held status verkry toe ek daai goed in die bakkie uithaal.

Al kouende aan die snacks is ons toe voort na Ongongo of Warmquelle. Die geriewe was

weereens uit die boonste rakke met warm water, boorgat drinkwater en natuurlik die

heerlike warm bron waarin ons geswem het.

Die aand het ‘n swerm rooibek kweleas in die bome rondom ons kamp geslaap en die spul

het nooit stilgeraak nie. Dit was nogal vreemd om in die middel van die nag wakker te word

en die gekwetter te hoor. Dit het nie gesteur nie, inteendeel was heel lekker om te hoor.

Natuurlik toe die son uitkom het daai lot ‘n behoorlike lawaai gemaak. Ek het nog nooit ‘n

kwelea gesien nie en kon weereens in my boek die voëljie afmerk.
≈ Kaokoland Toer 2008 ≈

Bladsy 25

Hierdie sou die laaste keer wees wat ons die Himba meisies in hulle tradisionele drag sien

en daarom moes die foto maar geneem word, weer met die gebruiklike meel, tabak en

vuurhoutjies as betaling. Hierdie keer het ons ‘n paar rand ook gegee want in hierdie

omgewing kon hulle darm by die winkeltjies uitkom. Hier is Estie by die Himba meisie.

Dis moeilik om te skat hoe oud sy is, want die gesiggie lyk baie jonk terwyl die res van die

lyf toon dat daar al dalk ‘n baba of twee was.

Dag Sestien: Warmquelle (Ongongo) oor Kamanjab na Windhoek

Sondag 13 Julie 2008

Ons het die oggend opgepak en skoon klere, wel die skoonste wat ons toe nog gehad het,

uitgehou vir die dag se ryery. Toe die bakkie reg was vir ry was die Sharples twee nog nie

klaar nie en het ons ‘n kansie gegee om weer te gaan swem in daai lekker lou water.

Hierdie was ook ‘n plek waar ‘n mens twee dae sou kon oorbly op ‘n lang toer. Daar is nie

veel in die omgewing om te sien nie, maar die swemplek en rustige atmosfeer beteken ‘n

mens kan hier lekker uitrus voor jy verder gaan. Veral die kinders het dit hier geniet. Ons

het egter nie nog dae oorgehad nie en ons vakansie was bykans iets van die verlede. Ons

moes maar pak en ry.
≈ Kaokoland Toer 2008 ≈

Bladsy 26

Justine en John het die bron van die warm water

hoër stroomop gaan soek, maar kon nie sien

presies waar dit uit die rots kom nie. Hier staan

Justine bokant die kloof waarin die kampeerplek

is met die berge van die Huanib Rivier agter haar

rug.

Dit was Ongongo of Warmquelle en ons moes

voort deur die Khovareb Schlucht Canyon na

Hobatêre Lodge waar ons, ons laaste nag in die

Kaokoland sou deurbring. Altans, dit was die

plan.

Terug deur die plaaslike gemeenskap het John en

Justine eers van die handgemaakte artikels bekyk

en ‘n kettie gekoop. Dit was nadat John die vorige

dag gevra het waarom hulle almal dieselfde

hangertjies verkoop. Hy stel toe voor dat hulle

ketties en ander goed ook moet verkoop. Toe

ons die volgende oggend weer hier verby ry, het daar wonderbaarlik deur die nag ‘n kettie

op die toneel verskyn. Nou ja, John moes toe maar die ding koop. Wou mos voorstelle

maak en gedink die manne kort ‘n bietjie vindingrykheid. Hulle het hom sien kom, maar

nou ja, nou’t die soutie ‘n kettie van Kaokoland.

Die Khovareb Schlucht Canyon was aanvanklik te gekommersialiseerd en te veel kampe

het al hier opgeskied natuurlik omdat so baie mense hier deur ry. Soos ‘n mens verder ry

het dit al hoe mooier geword. Daar was geen teken van olifante nie en ek neem aan dat

daar te veel mense in die dele voorkom deesdae. Jan Joubert se kaarte dui nog aan dat ‘n

mens hier versigtig moet wees, maar ons het nie eens olifant mis gesien in die kloof self nie.
≈ Kaokoland Toer 2008 ≈

Bladsy 27

Die poeier stof in die kloof is nogal iets om te beleef. Ek het nog nêrens dit so erg beleef

nie en dit kan maklik veroorsaak dat jy jouself ophang oor ‘n klip of middelmannetjie

omdat jy glad nie kan sien hoe diep of dik die stof is nie. Ons het gehoor ons vriend

Christo Kotze het juis dit hier reggekry en ek was nogal bedag daarop toe ons hierdeur

gaan. Jy raak ‘n bietjie verward deur al die paadjies, maar uiteindelik gaan almal maar in

dieselfde rigting. Dit is maar soos mense die stof probeer vermy en elke keer nuwe plekke

soek om te ry. Dis jammer maar onafwendbaar. Dis om hierdie rede dat ons in die rivier

self begin ry het toe ons die kans kry. Die sand is baie dik en die voertuie ry baie moeilik,

veral die Toyota met sy swaar vrag, maar dis beter as die stof en mooier.

Hierdie berge en rotsformasies is ongelooflik mooi en sal ‘n geoloog ure besig hou. Ek

weet te min om dit werklik te waardeer maar vir my is dit net eenvoudig baie mooi. Ek

weet darem dat daar ongelooflike natuurkragte agter die vorming van die strukture sit

asook baie miljoene jare se verwering.

Soos ‘n mens hier ry is jy heeltyd besig om te klim in die rigting van die Etoshapanne wat

ongeveer 1200 meter bo seevlak is. Toe ons by Puros weg is was ons skaars 300 meter bo

die seevlak en dis moeilik om te glo dat jy klim as jy na die rivierloop kyk. John het op ‘n

stadium gekyk en gesien, selfs die bokant van hierdie koppe is maar 600 meter bo die vlak

van die rivier vlakte wat beteken dat selfs as ons bo-op die koppe kom, ons nog moes klim

om by Etosha te kom. Wie het gesê Namibia is ‘n plat plek?

Ons het so bietjie te lank in die rivier vloedvlakte gery en toe ons die pad weer soek was dié

nêrens te sien nie. Net soos ‘n mens die “canyon” uitkom is daar ‘n plek met die naam

Baadjie en dan moet jy weer op die pad kom wat dan noord van die rivier al hoe verder

wegbeweeg van die rivier af. Toe ons dit besef was ons reeds kilometers van die pad af en

moes toe die pad gaan soek. Hier het ons besef hoe waardevol twee stukkies aparaat in ons

voertuie was. Die een is die GPS en natuurlik die tweede ding is die twee rigting radio’s.
≈ Kaokoland Toer 2008 ≈

Bladsy 28

John se GPS reken die pad moet noord van ons wees en hy sê vir my dat hy sal gaan kyk

en my laat weet. Daar trek hy weg en binne sekondes is hy weg tussen die mopanies. Hy

laat weet oor die radio dat hy die pad gekry het na ‘n paar minute en daarin is die waarde

van die radio. Ek besef dat ‘n mens so maklik jou vriende kan verloor sonder ‘n radio in

daai ruigtes en selfs met die radio is dit moeilik om agter te kom hoe hy wil hê ek moet ry.

Gelukkig sien ek die grootste gedeelte van die soektog sy spore in die gras en kon ek dit

eintlik maklik volg, maar hier besef ek dat dit maklik is om mekaar hier te verloor. Die

GPS is natuurlik ‘n wonderlike ding wat presies geweet het waar die pad was. Die radio is

egter vir my die handigste instrument op die toer gewees wat ons heeltyd met mekaar in

verbinding gehou het. Dit spaar ook baie tyd dat ‘n mens nie heeltyd vir die ander een hoef

te wag nie. Dikwels het ons gestop om na iets te kyk en dan het ons net laat weet dat daar

nie fout is nie, ons kom nou weer aan. Dit beteken die toer verloop soveel lekkerder. ‘n

Mens ry ook nie so in die stof nie want jy kan verder terug sak en op jou eie aankom. Waar

die pad verdeel vra jy net of die manne links of regs gegaan het en dan is jy weer op koers.

Ons was nuuskierig om te sien hoeveel mense ook op die drie kanale is wat kwansuis vir

die 4 x 4 manne gereserveer is, maar ons kon nie eintlik met enige iemand kontak maak

nie. Ons het telkens by voertuie gekom wat wel antennas op het, maar kon nie kontak

maak nie. Daar is veskillende sisteme wat gebruik word en nie almal is op die 29mHz

golflengte soos ek gedink het nie. Ek moet egter sê dat die 29mHz radios uitstekend

gewerk het en die reikwydte tot 15 km by plekke was.

Ek sal sê as ‘n mens in ‘n groep toer moet jy een van die radios in jou voertuig hê. Dis nie

net gerieflik nie, maar kan noodsaaklik word. Wat die GPS betref is ek ook baie beïndruk

met die detail van die inligting wat beskikbaar is, maar ‘n mens het nog steeds goeie kaarte

nodig om die groter prentjie te sien. Die GPS is soms so naby aan die grond dat jy nie

regtig sien waarvandaan jy kom en waarheen jy oppad is nie.
Dag Sewentien: Windhoek na Vanrhynsdorp

Maandag 14 Julie 2008

≈ Kaokoland Toer 2008 ≈

Bladsy 29

Ja, Vanrhynsdorp. Ons het ‘n bietjie besin oor die huistoe roete en toe besluit om die N7

te neem net vir ‘n ander ondervinding. Die gedeelte oor Upington en Britstown het ons

mos nou al ‘n paar keer gedoen en dit is maar ‘n bietjie vaal. Die N7 is baie mooier en

veral die tyd van die jaar sal daar al blomme wees veral na die goeie reëns. Die GPS reken

in elk geval dat dit korter is so om, maar as jy vra wat die vinnigste ry, is dit maar nog oor

Upington. Dit het te make met die spoedgrense deur al die dorpies, maar ‘n mens moet

ook weet dat die vragmoters meer sal wees op die roete. Ons besluit toe maar in elk geval

om blomme te soek, soet Citrusdal lemoene, nartjies en patats langs die N7 te koop.

Ons is 5h00 uit Windhoek weg en teen 7h00 is ons toe by Mariental, net betyds vir ‘n

lekker Wimpy ontbyt. Hiervandaan stoot ons toe na Grunau waar ons weer opvul met

brandstof. Dit sou die laaste brandstof wees van onder R10 vir ‘n liter. Is dit nie vreemd dat

Namibia se brandstof goedkoper as ons sin is terwyl hulle dit by ons koop nie. Hier draai

ons toe nie weswaarts na Upington nie, maar werk suidwaarts in die rigting van Vioolsdrif

en Springbok. Dis ‘n plat plek hierdie en Pa ry maar eintlik alleen hier. Die res in die

bakkie slaap. Vir my is die vlaktes nog net so mooi. Die speletjie is om te probeer skat hoe

ver die volgende draai in die pad is. Die koppie aan die einde van hierdie stuk was 18

kilometer ver. Ek en Estie het albei verkeerd geraai. Afstande verneuk ‘n mens ‘n bietjie in

hierdie wêreld.

Oor die Oranjerivier spring ons terug in Suid Afrika en nou is dit koers kies na Springbok

waar ons natuurlik ietsie wil eet en as daar is, Springbok biltong wil koop. Dit alles werk so

uit en daar gaat ons toe verder na Vanrhynsdorp.

Ryétte het begin bel om ‘n slaapplekkie te kry en ons besluit toe op Aan Dorpseind

gastehuis. Dit was regtig die moeite werd want die plek was splinternuut. Ons was die eerste

mense wat daar oornag het. Die plekkie was net betyds vir die blommeseisoen en sal beslis

‘n wenner wees. Ons het so 18h30 die dorp binnegery en die aand baie lekker geëet in die

karavaanpark se restaurant. Ons het die aand ‘n skoon stel klere gewas en dit deur die nag

laat droog word oor die verwarmers wat daar was sodat ons die volgende oggend darm

skoon klere oor die skoon lywe kon aantrek.
Dag Agtien : Van Rhynsdorp na George

Dinsdag 15 Julie – 700km

≈ Kaokoland Toer 2008 ≈

Bladsy 30

Ons is oppad huistoe vandag en sal teen 14h00 daar wees as alles goed gaan. Die vloede

wat die vorige paar dae hier deur is word duidelik soos dit lig word. Orals lê water en dis

duidelik dat die rivier baie wyd oor sy walle gestoot het. Plek plek is daar skade aan die pad

en die werkers van die Weskus Distriksmunisipaliteit is orals besig. Die Clanwilliam dam

loop oor met mening maar dit was te donker om foto’s te neem. Ons koop lemoene,

nartjies en patats by die eerste oop padstal en pak die leeg Engel vol. Ons het mos een ‘n

hoekom gebruik jy hom nie. Dis nie asof daar baie ander plek in daai bakkie is nie.

So vorder ons toe tot bo-op die Piekenierskloofpas waar ons lekker plaasbrood

toebroodjies koop by die plaasstal. Hiervandaan na Porterville, Wolseley, Worcester,

Robertson, Swellendam en George. Die vakansie is klaar

‘n Paar Los Gedagtes oor die toer

Dit was rof

Ja, dit was ‘n rowwe pad en baie 4 x 4, veral in “low range”. Ek dink dis veral rof vir die

passasiers. Die bestuurder speel mos lekker en niks is te erg of te diep of te steil nie. Vir

die res van die gesin is dit nie altyd so lekker nie. Vir so lank en so aanmekaar stof en skud

moet jou gesin vasbyt. Ek weet dit is als die moeite werd om die pragtige plekke te sien en

te beleef wat slegs ‘n handjievol mense ooit sal beleef, maar ‘n mens moet nie onder illusies

verkeer nie. Dis waarskynlik die hadste roete wat jy sal ry in die deel van Afrika en jou

ingesteldheid moet reg wees. Ons het bitter lekker getoer en die kinders en Ryette was

“great”. As stofkamp en skud en sukkel nie jou ding is nie, moet jy nie die roete aanpak

nie. Dis nie tegnies moeilik nie, maar dit kan logisties moeilik word en hard op die voertuig

en hard op die mense in die voertuig. Elke 4 x 4 moet egter ten minste een keer hierdie

roete doen.

Herfs vs Lente

Ons was nou wel in die winter hier en soos ek vroeer genoem het dink ek regtig die winter

is die regte tyd as jy diere wil kyk en veral as jy Etosha, Kaudum, Chobe en Moremi ook

besoek. As jy egter net Kaokoland doen, dan sal ek dink, April is die regte tyd. As ek weer

terugkom sal dit in April wees. Die skoolvakansies is egter ‘n probleem maar ek het nou

gesien dis nie die einde van die werld om die kinders ‘n paar dae uit die skool te hou nie,

veral aan die begin van die kwartaal, daar gebeur regtig niks in daai week nie.

‘n Laaste gedagte oor Van Zyl’spas

Die pas self is natuurlik baie mooi oor die uitsig oor die Marienfluss, maar is tegnies nie so

moeilik nie. As jy die hele stukkie tussen Okangwati tot oor die pas neem is dit egter ‘n

perd van ‘n ander kleur, veral as jy swaar gelaai is. Die klippe is groot wat jy moet oor en ‘n

mens kan baie maklik iets breek. As jy kortpad oor Opowu neem gaan jy nie die hele

stukkie ry nie en dan kan ‘n mens teleurgesteld wees. Maak seker jy het genoeg brandstof

sodat jy die roetes kan ry wat jy graag wil doen en dan is die Van Zylspas ‘n meneer.
≈ Kaokoland Toer 2008 ≈

Bladsy 31

Logistiek

Dis die geheim vir ‘n suksesvolle toer. Genoeg brandstof, water, kos sodat jy die plekke

kan sien wat jy graag wil. Ons het nie nodig gehad om eers Opowu toe te ry vir brandstof

nie en het die geleentheid gehad om direk oor Okangwati, Otjitanda na die Van Zylspas te

gaan. Later op die toer kon ons egter nie die Huanib rivier besoek nie omdat ons brandstof

by Puros reeds te laag was. ‘n Ekstra gerrykan sou beteken het ons kon die Huanib rivier

roete volg na Sesfontein, maar dit was ons nie beskore nie. Ons moes die kortste roete al

langs die hoofpad ry. Logistieke probleme het ons dus hier van ‘n stukkie vakansie beroof.

Dis hoekom dit baie belangrik is dat ‘n mens baie mooi moet beplan voor jy hier weg ry. ‘n

Beter beplande toer beteken nie noodwendig dat een groep in die moeilikheid gaan beland

en die ander een nie. Die meeste manne beplan nie so vrot nie. Dit beteken dat die beter

beplanning jou meer geleenthede gaan bied om daai spesiale plekke te sien.

Ek dink nie dis moontlik om alles te sien in die Kaokoland op een toer nie, so ‘n mens

moet besluit wat jy graag wil sien en dan noukeurig daarvoor beplan.

Hoeveel is in jou groep?

Dis ‘n persoonlike ding en party mense hou van groot groepe en ander hou van klein

intieme groepies. ‘n Mens sien soms by die groter plekke hoe die manne met ses tot tien

voertuie intrek. Dis nie ek nie. Ons hou van kleiner groepe sodat ‘n mens om een vuur kan

sit en lekker kuier. Besluitneming raak moeilik in die groter groepe, veral as ‘n mens in die

middel van jou toer ‘n verandering moet maak. ‘n Ekstra dag oorbly of ‘n ander roete volg

is maklik om oor te besin as daar net twee of drie gesinne is. Kaokoland is ‘n plek waar ‘n

mens nie te vas moet wees oor jou program nie en dan raak dit moeilik om besluite te

neem. Vir ons was die feit dat ons net twee gesinne was, baie lekker. Ek sou nog een gesin

sien bykom, maar nie meer nie.

Jy kan onder geen omstandighede egter alleen ry nie. As jou voertuig breek kan jy vir dae

hier sit sonder water en kos, dit sal dom wees.

Die Voertuie

My Toyota 2.7 Petrol het goed gewerk en daar was nooit situasies wat te swaar vir hom was

nie. Die enigste ding wat ‘n mens moet oorweeg is hoe swaar die bakkies gelaai word. As ‘n

mens nie sleep nie en jy het twee tieners in die voertuig, moet jy baie goed inlaai en dit het

by tye vir my gevoel die bakkie is te swaar oor die klippe. Niks het egter gebreek nie en

nêrens kon ons nie regkom nie. Ek weet egter die bakkie moes hard werk en hy het dit

gelukkig gemaak.

John se Jeep het gemaklik gelyk en veral die groter wiele het handig te pas gekom. Hulle

was natuurlik net twee in die voertuig en het net twee mense se bagasie en kos gedra. Ek

dink nie die Jeep was getoets op die toer nie.

In die Geheel

“All in all” soos die soutie sou sê was dit ‘n onvergeetlike toer, en ja ek sal weer teruggaan.

Stuur jou indrukke en gedagtes na my toe by george@setplan.com.

Kobus Munro