05.05.2013 Views

A.12 ALGEMENE KOMMISSIE VIR LEER EN AKTUELE SAKE

A.12 ALGEMENE KOMMISSIE VIR LEER EN AKTUELE SAKE

A.12 ALGEMENE KOMMISSIE VIR LEER EN AKTUELE SAKE

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Algemene Sinode 2002 Leer en Aktuele Sake

guns, maar deur Melanchton, Arminius, die

Metodisme en baie ander kruip die eie aandeel van

die mens weer terug.

1.4.2 Die hart van geestelike groei is om toe te laat

dat die Gees ons op hierdie sentrale terrein tot volle

vertroue in God trek, om ons rus en krag al meer

daarin te vind dat ons alles van Hom ontvang en alles

van Hom verwag, om hoe langer hoe meer van Hom

afhanklik te raak.

1.4.3 Met hierdie bril het die Kommissie gekyk na die

taalwêreld van die NG Kerk soos wat 'n mens dit oral

in die kerklike media vind. Op baie plekke sluip daar

sinergistiese style, denkskemas, suggesties, uitdrukkings

en selfs uiteensettings rond. As die Kommissie

sekere publikasies wou aankla, in hulle geheel analiseer,

weeg en veroordeel, sou ons uit 'n baie groot

getal moes kies. Op wie pik ons? Dit sou onbillik kon

wees teenoor die skrywers, want sinergistiese taal

sluip so goed vermom onder ons rond dat selfs goed

gereformeerde mense in goed gereformeerde

geskrifte op 'n punt gevaarlik kan formuleer. Ons het

daarteen besluit om sekere publikasies of uitsendings

uit te sonder. Ons probeer eerder om die baie bedekte

vorms wat die sinergisme aanneem, raak te sien en

om rigting aan te wys vir die ontwikkeling van suiwer

taal.

1.4.4 Van die ergste is dat die suggestie meermale in

ons kerktaal voorkom dat 'n goeie lewe bydra tot 'n

mens se verlossing. Ons ken almal die regsinnige

formules en praat saam dat 'n mens nie deur jou

werke gered word nie, maar as ons onder druk kom

om “effektief” te kommunikeer, sluip die eie bydrae

soms weer in vermomde vorm terug.

1.4.5 Ons noem enkele voorbeelde wat wyd

voorkom.

* Die gebruik van die woord “bekeer” om na die aanneem

van die heil te verwys, is baie algemeen onder

ons. Dis wat jy moet doen om gered te word. Daar

word aangesluit by die oproep wat dikwels in die

Bybel voorkom, byvoorbeeld by Jesus, dat die mense

hulle moet bekeer. Maar dit kan maklik gebeur dat die

verkondiger nie besef dat die woord “bekeer” in die

huidige Afrikaanse spreektaal ook ander konnotasies

het nie. As daar gesê word iemand moet hom

“bekeer”, beteken dit tog dikwels nie net dat hy sy

denke moet verander nie, maar ook dat hy sy lewe

moet regruk. As 'n drinker hom “bekeer”, hou hy tog

op met sy drankmisbruik. As ons dus verkondig dat 'n

mens jou moet bekeer om gered te word, hoor baie

mense: Verander jou lewe en jy sal gered word!

* Die menslike aandeel in die ontvang van die heil

word dikwels omskryf as: “Gee jou hart vir Jesus”.

Hierdie uitdrukking kan verskillend verstaan word,

maar die voor die hand liggende betekenis is tog dat

'n mens die beheersentrum van jou lewe vir God gee,

jou wil aan Hom oorgee. So 'n oorgawe is nou wel nie

'n goeie werk van die hand nie, maar wel 'n baie duur

goeie werk van die hart en baie mense sal dit

A-12 Leer en Aktuele Sake.doc Agenda

verstaan as 'n duur prys wat hulle vir verlossing

betaal. Dieselfde beswaar geld teen woorde wat die

indruk wek dat 'n mens, om verlos te word, jouself aan

God moet oorgee, jou lewe of die troon van jou hart

vir Hom moet gee of Hom eerste moet stel of moet

liefhê.

* In een van ons jongste amptelike kategeseboeke

word geloof verduidelik met 'n storie wat verklaar word

deur te sê dat geloof bestaan uit vertroue op God en

voluit sy wil doen, dat 'n mens die genade ontvang

deur vertrou en doen. Natuurlik sal die skrywers kan

antwoord dat hulle dit nie so bedoel het nie, maar kan

hulle kinders kwalik neem wat verstaan dat hulle eers

gered sal wees as hulle naas vertrou ook nog doen?

* Dikwels word daar nog onder ons van “die weg van

saligheid” gepraat met die bedoeling dat ons die

stappe van die pad kan verduidelik. 'n Publikasie in

die naam van die NG Kerk sê daar is vier stappe wat

jy moet neem om nou gered te word: erken jou sonde;

bely jou sonde; neem die vergiffenis aan; volg die

Here. Die laaste stap word nie aangebied as 'n gevolg

van die redding nie, maar as stap op pad na redding –

en dit is tog werkgeregtigheid. Dit skep die indruk dat

ook die ander stappe nie suiwer ontvang is nie, maar

verdienstelike bewegings van ons kant. As daar meer

as een ding vir my voorgeskryf word om gered te

word, word dit vir my baie moeilik om regtig te

verstaan dat dit deur die geloof alleen, sola fide,

gebeur. Ons wil dit vir die mense so lekker duidelik

maak dat hulle voel hulle kan die paadjie sommer nou

loop, een twee drie vier, maar dan loop ons in die

sinergisme in. So kom die weg van saligheid dan

teenoor die Weg na die Vader te staan. Dit is

moeiliker om te verduidelik waarom daar op die

tronkbewaarder se vraag wat hy moet doen, bloot

geantwoord word: “Glo in die Here Jesus …” (Hand.

16:31), maar dis die hart van ons roeping.

1.4.6 Baie van ons mense, miskien die meerderheid,

sien geloof as iets wat 'n mens doen om gered te

word. Die evangelie vertel jou van alles wat God uit

genade vir jou gedoen het, en nou moet jy net een

ding doen om dit deelagtig te word: jy moet glo. Hy

staan en klop aan die deur, maar daar is nie 'n knop

aan die buitekant nie en daarom moet jy van binne

oopmaak. Hy staan voor jou deur met al sy gawes,

maar jy moet Hom eers innooi. Jy moet jou deel doen.

As ons so praat, kan ons mense kwalik neem wat

verstaan dat hulle verlossing aan hulleself te danke

het, naamlik aan hulle eie gewilligheid en vermoë om

te glo?

1.4.7 Dikwels is dit die sonde wat ons help om darem

'n paar duidelike stappe te kry. Erken jou sonde, kry

berou daaroor en bely dit. Dis nie goeie werke van die

hand nie, maar wel goeie werke van die hart en mond

wat hier tot voorwaarde vir verlossing gestel word. In

die heilstoesegging moet die teenoorgestelde verduidelik

word, naamlik dat dit deel van God se genadegawe

is dat Hy jou hart van jou sonde bewus maak en

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!