05.05.2013 Views

LANDBOUBESTUURSPRAKTYK REKORDEKSAMEN 2012 - sacai

LANDBOUBESTUURSPRAKTYK REKORDEKSAMEN 2012 - sacai

LANDBOUBESTUURSPRAKTYK REKORDEKSAMEN 2012 - sacai

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Landboubestuurspraktyk Rekordeksamen September 2012

LANDBOUBESTUURSPRAKTYK

TOTAAL: 200

TYD: 2 ½ UUR

REKORDEKSAMEN

2012

HIERDIE VRAESTEL BESTAAN UIT 13 BLADSYE en „n ANTWOORDBLAD

Kopiereg Voorbehou Bladsy 1

Landboubestuurspraktyk Rekordeksamen September 2012

INSTRUKSIES EN INLIGTING

1. Hierdie vraestel bestaan uit VIER vrae. Beantwoord AL die vrae.

2. AFDELING A (VRAAG 1) moet op die aangehegte ANTWOORDBLAD

beantwoord word.

3. Plaas die ANTWOORDBLAD vir AFDELING A (VRAAG 1) voor in die

ANTWOORDBOEK.

4. AFDELING B (VRAAG 2 – 4) moet in die ANTWOORDBOEK beantwoord

word.

5. Begin ELKE vraag in AFDELING B op ‘n NUWE bladsy.

6. Lees die vrae aandagtig en rig jou antwoorde daarvolgens.

7. Nommer die antwoorde korrek volgens die nommeringstelsel wat in

hierdie vraestel gebruik is.

8. Nie-programeerbare sakrekenaars mag gebruik word.

9. ALLE berekeninge moet tot TWEE desimale afgerond word, tensy dit

anders aangedui word.

10. Skryf asb netjies en leesbaar.

Kopiereg Voorbehou Bladsy 2

Landboubestuurspraktyk Rekordeksamen September 2012

AFDELING A

VRAAG 1

1.1 Verskeie opsies word as moontlike antwoorde vir die volgende vrae

gegee. Kies die antwoord en maak ‘n kruisie (X) in die blokkie (A – D)

langs die vraagnommer (1.1.1 – 1.1.10) op die aangehegte

ANTWOORDBLAD.

Byvoorbeeld:

1.1.12 A B C D

1.1.1 Die kontantvloeistaat toon alle inkomstes soos:

A. bedryfsinkomste

B. kapitaaluitgawes

C. skuldbetalings

D. belastingjaar

1.1.2 Onder bates word verstaan:

A. grond

B. vaste verbeterings

C. masjienerie

D. al die bogenoemde antwoorde

1.1.3 Een van die volgende komponente is baie belangrik met die maak van kaas:

A. stremsel

B. karringmelk

C. skifsel

D. kleurstowwe

1.1.4 Die monster van melk wat by die fabriek ontleed word, mag geen teken bevat

van:

A. vastestofinhoud

B. antibiotika

C. 1% bottervet

D. melksteen

Kopiereg Voorbehou Bladsy 3

Landboubestuurspraktyk Rekordeksamen September 2012

1.1.5 Koesmis is „n Turkse dikmelk wat gemaak word van:

A. beesmelk

B. skaapmelk

C. perdemelk

D. bokmelk

1.1.6 CQM is „n organisasie wat hulle beywer vir die beste gehalte:

A. beesvelle

B. wolskeersel

C. bokhaar

D. karakoelvelletjies

1.1.7 By intensiewe skaapboerdery word lammers reeds bemark op:

A. 6 maande

B. 8 maande

C. 4 maande

D. 12 maande

1.1.8 Die klimaatsfaktor wat die heel grootste invloed op die biologiese prosesse

soos die reproduksiesiklusse van diere uitoefen, is:

A. wind

B. reënval

C. humiditeit

D. die lengte van die dagligtydperk.

1.1.9 Die vryemarkstelsel bepaal die prys van landbouprodukte deur:

A. net vraag

B. net kwaliteit

C. vraag en aanbod vir „n spesifieke kwaliteit

D. net aanbod

1.1.10 Die Departement van Arbeid doen inspeksies op plase om te kontroleer of

arbeiders:

A. wettige kontrakte het

B. opdragte uitvoer

C. goed opgelei is

D. kwaliteit werk lewer (10 x 2 = 20)

Kopiereg Voorbehou Bladsy 4

Landboubestuurspraktyk Rekordeksamen September 2012

1.2 Kies ‘n beskrywing uit KOLOM B om by die antwoord in KOLOM A te

pas. Skryf slegs die letter (A – N) langs die vraagnommer (1.2.1 – 1.2.10)

op die aangehegte ANTWOORDBLAD neer, bv 1.2.11 G. Elke beskrywing

in KOLOM B kan slegs EEN keer gebruik word.

KOLOM A KOLOM B

1.2.1 Presisieboerdery A. „n Meganisme wat „n boer kan gebruik om die risiko van

die boerdery besigheid te verminder

1.2.2 Hulpbronne

B. Verskaf data wat die boer benodig om

1.2.3 Arbeidswetgewing langtermynbeplanning te doen vir die verkoop van sy

produkte

1.2.4 Netto boerdery

inkomste

C. Geskrewe plan vir toekomstige optrede

uitgedruk in finansiële groothede

1.2.5 Versekering

D. Klassifisering van „n produk volgens vooropgestelde

1.2.6 Verspreiding kriteria

1.2.7 Begroting

1.2.8 Arbeidskaarste

1.2.9 Marknavorsing

1.2.10 Kalibrering

E. Meting, berekening en aanpassing van implemente

F. Vir beskerming van arbeiders se regte deur die regering

G. Die konsepplan van „n besigheid

H. Arbeid word weggelok na stede

I. Kapitaal, inligting, grond, arbeid

J. Die beweging van boerdery produkte vanaf produksie

en/of prosessering tot by die afsetpunte

K. Gebruik van gevorderde en moderne tegnologie om die

produksie van n boerdery optimaal te verbeter

L. Die bestuursbeginsel wat klokkaarte vir arbeiders gebruik

M. Die verskil tussen die boerdery inkomste en die uitgawes

N. Bates oor „n tydperk van 5 jaar

(10 x 2 =20)

Kopiereg Voorbehou Bladsy 5

Landboubestuurspraktyk Rekordeksamen September 2012

1.3 Gee EEN woord/term vir elk van die volgende beskrywings. Skryf slegs die

woord/term langs die vraagnommer (1.3.1 – 1.3.10) op die aangehegte

ANTWOORDBLAD neer

1.3.1 Die hoeveelheid van „n produk wat gekoop kan word deur verbruikers op

enige gegewe tyd teen alle moontlike pryse

1.3.2 Kontant wat gebruik word vir posseëls, papier, skryfbehoeftes en ander klein

betalings

1.3.3 Die plan wat die werk aandui wat op verskillende tye van die jaar op die plaas

gedoen word

1.3.4 Strategies beplande walle op bewerkbare lande wat gronderosie voorkom

1.3.5 Die tipe krediet wat beskikbaar is aan n boer by „n plaaslike koöperasie vir die

volgende plantseisoen

1.3.6 Die opsomming van die inkomste en uitgawes van die boerdery onderneming

1.3.7 Brondokumente wat uitgereik word om ontvangs te erken van geld wat deur „n

boerdery besigheid ontvang is

1.3.8 Die aktiwiteite wat onderneem word om primêre landbouprodukte na

verbruikbare kommoditeite om te skakel

1.3.9 Die verandering in die waarde van masjinerie oor „n tydperk as gevolg van

veroudering

1.3.10 Die tipe aksie wat geneem moet word nadat jy vasgestel het wat die oorsaak

en die redes daarvoor was [10]

AFDELING B

VRAAG 2: DIERE- EN GEWASPRODUKSIE [50]

2.1 Lees die volgende inligting

TOTAAL AFDELING A: 50

Peter Mogane is die plaasbestuurder op ‘n mielieplaas in Noordwes. Deur die maand

merk hy op dat van sy arbeiders nie sy opdragte uitvoer nie. Hy meld dit aan by Mnr

Fourie, die plaaseienaar.

Hy vermis 10 bale lusern vanuit die stoorkamer en hy weet dat een van die werkers 4

trekperde het. Hy kan egter nie rekenskap gee van die 10 bale lusern nie.

2.1.1 Bespreek die prosedure wat gevolg moet word om die probleme met

plaaswerkers wat in hierdie uittreksel ervaar word, aan te spreek. [6]

2.1.2 Dui DRIE (3) moontlike maatreëls aan om in die toekoms diefstal van lusern

te voorkom. [3]

Kopiereg Voorbehou Bladsy 6

Landboubestuurspraktyk Rekordeksamen September 2012

2.1.3 Noem die bestuursbeginsel wat gebruik kan word om probleme op te los wat

ervaar word met ongedissiplineerde werkers. [2]

2.2 Bestudeer die volgende inligting en beantwoord die vrae

Die basiese hulpbron vir ‘n boer is sy grond. Sonder grond is niks moontlik nie –

geen boerdery, geen ontwikkeling en geen bestaansreg vir mens en dier op die

aarde nie. Grond moet bewaar en baie goed bestuur word. Van die boer word

verwag om grond optimaal te benut. Een van die bewaringsmetodes is om

humus terug te plaas in die grond. Dit verbeter die struktuur van die grond en hou

die voedingstowwe vas. Dit skep‘n goeie teël-aarde vir die voortbestaan en

vermeerdering van mikro-organismes.

2.2.1 Noem enige SES(6) maniere waardeur organiese bemesting die grond se

fisiese toestand sal verbeter. [6]

2.2.2 Noem VIER (4) funksies van grond ten opsigte van landbouproduksie. [4]

2.3 Bestudeer die volgende inligting

Piet Bothma is ‘n jong, onervare boer. Hy het sy oupa se melkboerdery

oorgeneem. Daar is 123 melkkoeie wat in produksie is. Piet het besluit dat hy wil

afwyk van sy oupa se boerderymetodes. Hy wil graag sy eie voerkraal begin. Piet

het besluit om dan die voerkraal saam met die melkery te bedryf.

2.3.1 Verduidelik die stappe wat Piet moet volg vandat die speenkalf van sy moeder

afgevat word totdat dit as „n slagbees verkoop word. [7]

Kopiereg Voorbehou Bladsy 7

Landboubestuurspraktyk Rekordeksamen September 2012

2.3.2 Piet moet goeie, sappige voer kry vir die voerkraal. Verduidelik die konsep

“voerkraal.” [2]

2.4 Bestudeer die volgende inligting

Johan Robbertse het ‘n nuwe plaas gekoop. Op die plaas is vleigebiede met ‘n

rivier wat deur die plaas vloei. Bestudeer die foto van gronderosie op Johan se

plaas. Dit is veroorsaak deur onbeheerde afvloei van reënwater. Aan die bokant

van sy plaas verskil die samestelling van grasse heelwat van die gedeelte waar

gronderosie sterk uitstaan. As gevolg van oorbeweiding is weiding op sekere

gedeeltes van die plaas baie swakker.

2.4.1 Johan beplan om die kwaliteit van die weiding op sy nuwe plaas te verbeter

deur sommige weidingskampe „n “ruskans” te gee en ook wisselweiding toe te

pas. Noem SES (6) eienskappe van weiding wat Johan kan gebruik om sy

weiding d.m.v doeltreffende bestuur te verbeter. [6]

2.4.2 Na aanleiding van die foto bo-aan – watter VIER (4) praktiese maatreëls kan

Johan op sy plaas implimenteer om nog verdere gronderosie te voorkom? [4]

2.4.3 Beskryf VIER metodes waarop „n gebied wat deur gronderosie geaffekteer is,

gerehabiliteer kan word. [4]

2.4.4 Jy moet Johan help met die fisiese beplanning van sy plaas. Die inligting

waaroor jy beskik sluit in: grondstruktuur, grondtekstuur en

grondwaterkapasiteit. Omskryf SES(6) aspekte van produksie wat deur

hierdie grondinligting/data beïnvloed word. [6]

TOTAAL VRAAG 2: 50

Kopiereg Voorbehou Bladsy 8

Landboubestuurspraktyk Rekordeksamen September 2012

VRAAG 3: REKORDHOUDING; FINANSIëLE STATE EN

ENTREPENEURSKAP [50]

3.1Bestudeer die onderstaande tabel wat gebaseer is op

verskeie tipes kapitaal wat gebruik word in boerdery

bedrywighede.

Verduidelik die verskillende tipes kapitaal m.a.w

langtermyn, mediumtermyn en korttermynkapitaal. Skryf

slegs die antwoord langs die vraagnommer neer:

TIPE BRON GEBRUIK TYD-

TERME VAN

PERK TERUGBETALING

3.1.3 10 – Verband terugbetaling

3.1.2 3.1.4 35 jaar

3.1.5 Masjienerie,

lewende

hawe,

toerusting

ens.

3.1.7 3.1.9

LANGTERMYN 3.1.1

MEDIUM

TERMYN

KORT

TERMYN

3.1.6 Verbruikbare

items soos

saad, brand-

stof en

bemesting.

3.1.8 3.1.10

3.2 Lees die volgende inligting en beantwoord die vrae

John Kagatse het vir hom 100 lêhenne aangekoop. Hy het eiers begin voorsien

vir die plaaslike hospitaal. Met die uitbreiding van die hospitaal moes John nog

300 henne aanskaf. Hy voorsien op ‘n daaglikse basis genoeg eiers aan die

hospitaal om in hulle behoeftes te voorsien

[10]

Kopiereg Voorbehou Bladsy 9

Landboubestuurspraktyk Rekordeksamen September 2012

3.2.1 John kan beskryf word as „n entrepreneur.

Definieer die term “entrepreneur”. [3]

3.2.2 Na aanleiding van die bostaande paragraaf,

watter eienskappe sal van John „n

entrepreneur maak? [3]

3.2.3 Noem enige TWEE (2) neweprodukte wat uit

John se onderneming voortvloei wat hy kan gebruik as ekstra inkomste. [2]

3.3

Om ‘n goeie boer te wees, beteken om jou boerdery finansieël goed te bestuur.

Daar is belangrike praktyke wat nagekom moet word. Jy moet goed beplan en

voorleggings kan maak.

3.3.1 Jy moet „n besigheidsplan aan jou bankbestuurder voorlê. Beskryf kortliks

SES (6) aspekte wat op jou besigheidsplan moet verskyn. [6]

3.3.2 Bespreek kortliks VIER(4) redes hoekom dit vir „n boer noodsaaklik is om „n

goeie besigheidsplan te hê. [4]

3.3.3 Noem die SES (6) stappe wat die boer moet volg om „n goeie bestuurder op

sy plaas te wees. [6]

3.4 Mev Mouton moet vir haar man „n inkomste- en uitgawestaat saamstel. Sy

het die volgende inligting van hom bekom.

Lone R12 350 – 00

Brandstof R 8 900 – 00

Mielies vir diere R13 000 – 00

Elektrisiteit R5 500 – 00

Rente op kapitaal R700 – 00

Plaasomheinings R850 – 00

Mnr Mouton het sy koringsaad verkoop vir R47 000 en van sy lammeroes vir

R28 700.

Kopiereg Voorbehou Bladsy 10

Landboubestuurspraktyk Rekordeksamen September 2012

Jy is Mev Mouton se boekhouer en sy het hierdie inligting aan jou deurgegee.

3.4.1 Stel vir Mnr Mouton die inkomste-en-uitgawestaat saam. (4)

3.4.2 Bereken die netto inkomste of bruto marge vir Mnr Mouton. (4)

3.5. Onderskei tussen „n kontantvloei staat en „n inkomste staat. (4)

3.6 „n Brondokument word voorberei wanneer „n besigheidstransaksie plaasvind.

Noem VIER tipes brondokumente wat in „n boerdery besigheid gebruik word.

(4)

TOTAAL VRAAG 3: 50

VRAAG 4: OES, WAARDETOEVOEGING EN BEMARKING [50]

4.1 Lees die volgende inligting

Pierre Lubbe se plaas lê tussen die berge. Dit is ‘n pragtige natuurplaas. Pierre

het besluit om toerisme as ‘n vertakking van sy boerdery in te werk. Toerisme is

‘n ekstra inkomste vir die boerdery. Pierre het ‘n paar huisies op sy plaas gaan

bou, staproetes uitgewerk sowel as ‘n fietsroete vir fietsryers.

4.1.1 Definieer die begrip “agritoerisme”. [2]

Kopiereg Voorbehou Bladsy 11

Landboubestuurspraktyk Rekordeksamen September 2012

4.1.2 Noem ten minste VYF (5) voordele van agritoerisme om „n boer se inkomste

aan te vul. [5]

4.1.3 Noem VIER (4) hulpbronne wat Pierre Lubbe op sy plaas kan byvoeg wat

bevorderlik sal wees vir agritoerisme. Gee redes waarom dit voordelig sal

wees. [8]

4.2 MIV/Vigs het verreikende gevolge vir die ekonomie van die land. Watter

negatiewe impak het MIV/Vigs op die landbou-sektor? [5]

4.3. Noem VYF vereistes vir gepaste verpakkingsmateriaal vir vleis en

vleisprodukte. [5]

4.4. Oes is „n belangrike en kritiese taak wat ordentlik en op die regte tyd gedoen

moet word. Noem SES faktore wat die plaasbestuurder in gedagte moet hou

wanneer hy voorbereidings vir oestyd maak. [6]

4.5. Lees die volgende inligting en beantwoord die vrae

Steven January is die voorsitter van die Keimoes Kleinboere Vereniging – KKV.

Met hul bestuursvergadering het hulle die volgende probleme bespreek wat die

kleinboere ondervind om die vleismark te betree. Verduidelik en bespreek elkeen

van die volgende probleme.

Verduidelik en bespreek elk van die volgende probleme wat hulle ervaar:

4.5.1 Kleinboere se onvermoë om kwaliteitvleis te lewer [2]

4.5.2 Die kleinboere se gebrek aan bedryfskapitaal [2]

4.5.3 Die boere se gebrek aan vaardighede en opleiding [2]

4.5.4 Probleme om „n geskikte mark te vind [2]

4.6 „n Boer van die Wes-Kaap beplan om „n spesifieke gewas te plant in die

volgende seisoen. Die bemarking van so „n nuwe landbouproduk op „n

geskikte mark, is die belangrikste besluit wat enige landboukundige kan neem

om te verseker dat die maksimum wins gemaak word. Die tabel hieronder

verteenwoordig sekere bemarkingsinligting vir die landbouproduk.

Kopiereg Voorbehou Bladsy 12

Landboubestuurspraktyk Rekordeksamen September 2012

Prys

R/Ton

Hoeveelheid van

gewas geproduseer

(miljoen ton)

Verkope

(miljoen ton)

500 5 10

700 6 9.5

900 7 9

1 100 8 8

1 300 9 6.5

4.6.1 Definieer die term landboumark. [2]

4.6.2 Teken „n lyngrafiek om die vraag en aanbod van hierdie gewas aan te dui. [5]

4.6.3 Lei van die tabel die volgende af: Die IDEALE PUNT waar die aanbod gelyk

sal wees aan die vraag vir die gewas. [2]

4.6.4 Verduidelik die rede hoekom die punt waarna verwys word in VRAAG 4.6.3,

die ideale punt genoem word. [2]

[50]

SUBTOTAAL AFDELING B: 150

GROOTTOTAAL: 200

Kopiereg Voorbehou Bladsy 13

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!