06.05.2013 Views

Religiestudie Gr 12 Rekordksamen... - sacai

Religiestudie Gr 12 Rekordksamen... - sacai

Religiestudie Gr 12 Rekordksamen... - sacai

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Religiestudies Vr 2 Memorandum September 2012

1 | B l a d s y

RELIGIESTUDIES

VRAESTEL 2

REKORDEKSAMEN

2012

MEMORANDUM

HIERDIE MEMORANDUM BESTAAN UIT 8 BLADSYE

Religiestudies Vr 2 Memorandum September 2012

Vraag 1

Ontwikkel ‘n strategie vir die oplossing van enige groot sosiale probleem in Suid-Afrika.

Bespreek dit onder die volgende opskrifte:

2 | B l a d s y

(50 punte)

1.1 Die sosiale probleem wat jy kies.

(2)

1.2 Identifiseer en analiseer die probleem. (10)

1.3 Volgens watter beginsels die volgende godsdienste die probleem sal hanteer:

1.3.1 Christendom (4)

1.3.2 Judaïsme (6)

1.3.3 Boeddhisme (4)

1.3.4 Hindoeisme (6)

1.3.5 Afrika Tradisionele godsdienste (4)

1.4 Praktiese stappe wat geneem moet word om by 'n oplossing uit te kom (14)

1.1 Die sosiale probleem wat die kandidaat kies

Die kandidaat mag enige groot sosiale probleem kies.

Die sosiale probleem wat in hierdie memorandum behandel word is armoede.

Dit sal verteenwoordigend wees van al die ander sosiale probleme.

1.2 Identifiseer en analiseer die probleem

Mense wat nie in staat is om aan hulle gesin se basiese behoeftes vir kos, onderdak

(), klere en mediese sorg te voldoen nie, word as arm geklassifiseer ().

In Suid-Afrika is die arm Blankes en Swartes, veral die vroue en kinders, die meeste

blootgestel aan armoede ().

Suid-Afrika is een van die lande waar daar ongelyke verspreiding van rykdom is ().

Dit word gedeeltelik veroorsaak deur die erfenis van die geskiedenis van die land (),

en van apartheid ().

Die meeste van die land is in die hande van 'n paar ryk mense (), terwyl die res,

veral die swart mense, min of geen land het nie ().

Die swart mense kon sekere werk nie doen nie aangesien daardie werk vir ander

rassegroepe gereserveer was ().

Baie mense in ons land, veral die swart mense, ontvang swak onderrig ().

Dit is waarskynlik dat die kinders van „n arm gesin onderrig van „n swak gehalte sal

ontvang. ()

Die swak gehalte van onderrig kan daartoe lei dat mense sukkel om ordentlike werk te

kry ().

Die bogenoemde faktore het bygedra tot die ekonomiese ongelykheid tussen die

minderheid ryk mense en die res van die mense in Suid-Afrika ().

Dit is baie maklik om in die kringloop van armoede vasgevang te word ().

1.3 Volgens watter beginsels die volgende godsdienste die probleem sal hanteer

Religiestudies Vr 2 Memorandum September 2012

1.3.1 Christendom

In die Christelike geloof stel Jesus die voorbeeld van hoe om „n lewe van gee aan

andere te leef ()().

Terwyl Jesus op aarde was, het Hy sy besorgdheid oor minder bevoorregte mense

getoon ()().

Christene werk volgens Jesus se woorde: "Gee, en vir julle sal gegee word…met die

maat waarmee julle meet, sal ook vir julle gemeet word." ()()

1.3.2 Judaïsme

Liefdadigheid word in die Joodse geloof aangemoedig ()().

In die Joodse huise is daar kollektehouers waarin volwassenes en kinders

aangemoedig word om geld te gooi eerder as om dit op hulleself te spandeer ()().

Twee aanhalings uit die Ou Testament: "Mens, die Here het jou bekend gemaak wat

goed is: Hy vra van jou dat jy reg sal laat geskied, dat jy liefde en trou sal bewys, dat

jy bedagsaam sal lewe voor jou God," en "Dit gaan goed met die mens wat omsien na

die swakke. Die Here sal hom red op die dag van nood." ()()

1.3.3 Boeddhisme

Vrygewigheid teenoor die behoeftiges is baie belangrik vir die Boeddhis ()().

Die Boeddhiste word aangemoedig om aan die armes te gee ()().

Van hulle heilige boek: "Die wyse man verheug hom deur te gee en word daardeur

gelukkig daarna." ()()

Die Boeddha het gesê: “As jy iemand sien wat gee, staan hom in vreugde by, en jy sal

eindelose en groot seëninge ontvang.” ()()

1.3.4 Hindoeisme

In die Hindoe-geloof word Karma gewoonlik die skuld vir „n mens se lyding gegee

omdat die siening is dat hy/sy betaal vir die morele mislukkings in sy/haar vorige lewe

Sommige Hindoes gebruik hierdie argument as „n rede om nie die armes te help nie

Ten spyte hiervan gee Hindoes deur die jaar en ook gedurende sekere feeste vir

liefdadigheid ()().

Die Hindoe godsdienstige teks oor die stryd teen armoede: "Hy wat ruimhartig gee,

gaan reguit na die gode; op die hoë rant van die hemel sal hy verheerlik word." ()()

1.3.5 Afrika Tradisionele godsdienste

In die Afrika Tradisionele godsdienste moedig die filosofie van ubuntu mense aan om

diegene in nood te help en te deel wat hulle het sodat andere nie daarsonder hoef

klaar te kom nie ()().

„n Mandika-gesegde van Wes-Afrika lees soos volg: "As jy geen besigheid met

3 | B l a d s y

Religiestudies Vr 2 Memorandum September 2012

enigiemand het nie/jou nie oor iemand anders ontferm nie, sal niemand enige

besigheid met jou ook hê nie/hom ook oor jou ontferm nie." ()()

1.4 Die praktiese stappe wat geneem moet word tot 'n oplossing

Die probleem kan op verskillende vlakke hanteer word.

Dit kan op nasionale, provinsiale en plaaslike vlak wees ().

Die nasionale regering kan beleid aanneem wat armoede aanspreek ().

Die regering kan met verskillende godsdienstige liggame werk om armoede te bekamp

Dit kan armoedeverligtingsprogramme ondersteun ().

Die provinsiale regerings kan ook programme inisieer wat armoede aanspreek ().

Die provinsiale regerings kan beleid maak wat armoede sal hanteer ().

Hulle kan saam met godsdienstige gemeenskappe werk om armoede te bekamp ().

Hulle kan fondse toeken om mense op te lei om vaardighede aan te leer wat hulle kan

help om selfversorgend of geskik vir werk te wees ().

Die plaaslike regering kan met geloofsgemeenskappe werk om armoede te bekamp

Die godsdienstige gemeenskappe kan ook saam met nieregeringsorganisasies werk om

armoede te bekamp ().

Die geloofsgemeenskappe moet beide die geestelike en fisieke behoeftes van hulle

lede bevredig ().

Hulle kan ook vaardigheidsontwikkelingsprogramme en armoedeverligtingsprogramme

ontwikkel ().

Hulle kan die kinders help wat vir die staatstoelae kwalifiseer ().

Die geloofsgemeenskappe kan met die sakemense saamwerk om gemeenskapsprojekte

te vestig om die armes te help ().

Vraag 2 50 punte

Beplan 'n inter-godsdienstige kongres vir die jeug in Suid-Afrika. Dui jou doelwitte en

aksieplan ten opsigte van die volgende sake duidelik aan:

Agtergrond tot die kongres (6)

Doel van die kongres (10)

Huidige omstandighede van die jeug (10)

Uitdagings en oplossings om die kongres aan te bied (10)

Afgevaardigdes/verteenwoordiging (4)

Die program (10)

4 | B l a d s y

(50)

Religiestudies Vr 2 Memorandum September 2012

Kriteria Punte

Inleiding: Beskryf die samestelling van die Suid-Afrikaanse jeug tov

6

ras/godsdiens/taal/sosiaal/politiek

Verskaf 'n gedetailleerde maar bondige doelwit vir die kongres. Plaas die hele 10

kongres in konteks – hoe dit dialoog, verdraagsaamheid en wedersydse respek sal

bevorder.

Beskryf die huidige omstandighede van die jeug in Suid-Afrika. 10

Identifiseer die uitdagings om sodanige kongres te organiseer en verskaf

10

moontlike oplossings.

Identifiseer wie uitgenooi gaan word en verskaf redes. Hou logistiek in gedagte. 4

Trek 'n kronologiese en gedetailleerde program op wat die volgende aandui: datum,

tyd, sprekers, lengte, ens.

Vraag 3

Bespreek die sentrale leringe van EEN godsdiens. Verwys na die volgende:

5 | B l a d s y

10

(50 punte)

3.1 Die aard van die godheid (10)

3.2 Die aard van die wêreld (10)

3.3 Lewe na die dood (10)

3.4 Die plek en verantwoordelikheid van die mensdom in die wêreld (10)

3.5 Die oorsprong en rol van die bose (10)

(Die volgende is ‘n riglyn van die verwagte antwoord. Die Christelike geloof word gebruik as ‘n

voorbeeld. Alle ander antwoorde sal dieselfde formaat volg.)

3.1 Aard van goddelikheid.

• Christene glo in die bestaan van ‘n Hoër en Goddelike Wese as God.

• God onthul Homself as drie persone.

• God die Vader as skepper van die heelal.

• God die Seun as redder van die mensdom.

• En God die Heilige Gees as die berader van Christene.

3.2 Aard van die wêreld.

• Volgens die Christelike godsdiens was daar niks in die begin behalwe chaos nie.

• Die boek van Genesis vertel dat God die wêreld en die heelal in ses dae geskep het en op die

sewende dag gerus het.

Religiestudies Vr 2 Memorandum September 2012

• Die wêreld wat perfek nadat die Heilige Drie-eenheid klaar was met die skepping.

• Mense, seelewe, diere en plante behoort alles aan God.

• Volgens Christelike oortuigings is die wêreld onderhewig aan die bestuur van die mensdom

3.3 Plek en verantwoordelikheid van die mensdom in die wêreld

• Christene glo dat mense na die beeld van God geskape is.

• Nadat Adam en Eva geskep is, het God hulle opdrag gegee om na die tuin van Eden en die hele

skepping om te sien.

• As medeskeppers saam met God, is mense God se verteenwoordigers op die aarde.

• God het hulle aangestel om na sy eiendom, die wêreld, om te sien.

• Hulle is verantwoordbaar aan God

3.4 Oorsprong van die bose

• Volgens die Christelike godsdiens het God nie die bose geskep toe hy die wêreld geskape het nie.

• Hy het ‘n perfekte wêreld en perfekte mense geskep.

• Die bose is later bekendgestel toe Adam en Eva God se opdragte verontagsaam het.

• Christene noem hierdie tipe ongehoorsaamheid ‘sonde’.

• Christene glo dat die bose deur Satan gebruik word wat eens God se engel was, maar teen God

gerebelleer het.

3.5 Lewe na die dood

• Christene glo dat mense geskep is om onsterflik te wees.

• Adam en Eva het egter God se opdragte verontagsaam.

• Die straf vir hierdie sonde was die dood vir die mensdom.

• Selfs na hierdie straf, het God steeds probeer om die mensdom van die bose en die dood te bevry.

• Christene verwag ‘n nuwe gemeenskap na die dood wat gekenmerk sal word deur liefde,

mededeelsaamheid en omgee.

6 | B l a d s y

Religiestudies Vr 2 Memorandum September 2012

Vraag 4

7 | B l a d s y

(50 punte)

Gee 'n kritiese bespreking van die eerste treë van die wetenskap met verwysing na

Kopernikus, Magellaan en Galileo Galilei. Hoe het dit met die godsdiens van daardie tyd

ooreengekom of verskil?

Die eerste treë van die wetenskap

Lank gelede het die mense geglo dat die aarde 'n plat skyf is waarop mense bly (). Hulle

het geglo dat die aarde stilstaan () en dat die son en die sterre om die aarde draai ().

Die Egiptenare het geglo dat die son elke nag in die weste ondergaan () en dan sy pad

onderdeur die aarde (), deur die water onder die aarde baan om weer die volgende dag in

die ooste op te kom (). Dit was vir hulle so 'n groot wonderwerk dat hulle die son begin

aanbid het (). Hierdie tyd kan ons die voor-wetenskaplike periode noem ().

Die wetenskap het sy ontstaan in die antieke beskawings (), soos Indië (), Sjina () en

Egipte (). Die Grieke het kort op hulle hakke gevolg (). Dit was nog in die tydperk voor

Christus. Kort na Christus op aarde was, in 300 nC (), het Sjina alreeds "papier" gemaak

(). In die tiende eeu () het hulle al met die druk van boeke begin (). Die Westerse

beskawings, en veral Europa (), het eers in die veertiende en vyftiende eeue () hierdie

wetenskap raakgesien en oorgeneem (). In die sestiende eeu () het Gutenberg () met

die boekdrukkuns in die Weste begin (), en van toe af het die uitbreiding van die

wetenskap geen perke geken nie ().

Kopernikus

Reeds in die vyfde of sesde eeu vC () het die Grieke geglo dat die aarde rond is (). Die

persoon wat dit waarskynlik die eerste gesê het, was 'n Griekse filosoof () Pitagoras ().

Hoewel hy dit gesê het, kon hy dit nie bewys nie ().

In die vyftiende eeu (), toe Kopernikus gebore is (), het die geosentriese siening nog

steeds gegeld (). Volgens hierdie siening was die aarde in die sentrum van die heelal en

het al die planete rondom die aarde gedraai (). Daar was 'n goeie rede hiervoor: dit het

gevoel asof die aarde glad nie beweeg nie (). Dit was die wetenskaplike asook die

godsdienstige siening van daardie tyd ().

Kopernikus het 'n probleem gehad om die beweging van die planete te verklaar (), indien

dit so was dat die aarde in die middel van die heelal was (). So het hy begin met die

teorie dat dit moontlik die son kon wees wat onbeweeglik in die middel van die heelal is, en

dat selfs die aarde rondom die son draai ()! Hy het toe begin met die heliosentriese

siening (). Sy boek wat die teorie uiteensit, is kort voor sy dood gepubliseer ().

Religiestudies Vr 2 Memorandum September 2012

Magellaan

Ferdinand Magellaan het in die laat vyftiende eeu en begin sestiende eeu gelewe (). Hy

het 'n hele paar keer vanaf Portugal () om die Kaap na Indië toe gevaar (). Hy het deur

sy ontdekkings bewys dat die aarde rond is (). Hy het dit gedoen deur wes te vaar (om

die punt van Suid-Amerika), verby Indië terug na Portugal ().

Galileo Galilei

Hy is in 1564 () in Italië gebore en was 'n groot wetenskaplike (). Hy het deur 'n

teleskoop die uitspansel bestudeer () en het in 1623 'n boek gepubliseer waarin hy die

geosentriese siening wat afkomstig was van Aristoteles die nek ingeslaan het (). Die

Rooms-Katolieke Kerk was baie gekant teen sy sienings en het dit verwerp ().

Kritiese evaluasie

Dit is duidelik dat die wetenskap en godsdiens op twee verskillende vlakke lê (), en dat

die twee sake nie by mekaar moet inmeng deur mekaar te kritiseer nie (). Die Bybel

probeer nie om 'n wetenskaplike handboek te wees nie (), en gee bloot die siening van sy

tyd weer (). Daarom moet geestelike leiers en kerke vandag nog steeds huiwerig wees om

wetenskaplikes te kritiseer oor hulle bevindinge (). Nog kritiek.

8 | B l a d s y

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!