05.05.2013 Views

2 November 2012 (Finaal_kleiner) - Paul Roos Gymnasium

2 November 2012 (Finaal_kleiner) - Paul Roos Gymnasium

2 November 2012 (Finaal_kleiner) - Paul Roos Gymnasium

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Concipio

Paul Roos Gimnasium Nuusblad - Paul Roos Gymnasium Newsletter

Uitgawe/issUe 230 Jaargang Xi 2 november 2012

In dié uitgawe:

- Goeie week vir krieket p.3

- Biathlé na Dubai p.5

- Is PRG te duur? p.6

Jéan de Wet (Redakteur), Ferdinand Botha, Willem Wilken (Assistent-redakteurs)

Ontwerp en uitleg: Jaco van Niekerk, Reynier Adriaanse Sportredakteur: Bernard Leuvennink, Kultuurredakteur: Cornelius Jonker

Nuus: Frederik Liebenberg, Stephen Chapman, Frederik Liebenberg Foto`s: Marnus Coetsee, Willem Wilken

Verspreiding: Stiaan Griebenouw, Chris du Toit

Onderwyser in beheer: Hesti van der Mescht

concipiohoofredaksie@gmail.com

Besoek gerus die amptelike skoolwebblad vir ander nuus by www.paulroos.co.za.

- Christmas Concert p.7

- Something different p.8

Nuwe Concipio-redakteur ook beste

junior rugbyskeidsregter in WP

Saam met Jonathan Kaplan vereer

Ferdinand Botha

Ná die meeste Curriebeker- of Super

14-rugbynaweke kan daar op die

sosiale netwerke kommentaar gelees

word soos: “Ja manne, hierdie naweek

het ons weer teen die skeidsregter ook

gespeel” of “Daardie strafskop het ons

die wedstryd gekos, maar vir ’n feit was

dit nie ’n hoogvat nie!”

As daar één persoon is wat rugbyondersteuners

warm onder die kraag kan

maak, is dit die skeidsregter. Vir Jéan de

Wet is sulke kommentaar egter water op

’n eend se rug – tereg so, aangesien hy

onlangs as die beste junior skeidsregter

in die Wes-Kaap aangewys is.

Volgens Jéan het hierdie prestasie nie

sonder harde werk gekom nie. Hy het

in Graad 10 sy loopbaan begin deur

’n kursus via die WP-Skeidsregtersvereniging

te doen. Aanvanklik het hy by

laerskooltoernooie geblaas. Hy het ook

op sy eie aanhou hard werk, en namate

hy meer ervaring opgedoen het, het hy

by wedstryde vir al hoe hoër ouderdomsgroepe

begin blaas.

Hy meen die keerpunt van sy loopbaan

was toe hy vroeër vanjaar vir ’n O/15Awedstryd

geblaas het. Kort daarná is hy

genooi na ’n toernooi in die Aprilvakansie

op Nuweland, waar hy die bestuurder

van die skeidsregters so beïndruk het dat

die hoofwedstryd aan hom toegeken is.

Die prys van beste junior skeidsregter

is by ’n baie deftige gala-aand aan hom

oorhandig – ’n geleentheid waar Jonathan

Kaplan die prys vir beste senior

skeidsregter in die Wes-Kaap gekry het.

Volgens Jéan is daar ’n hele paar dinge

wat ’n goeie skeidsregter maak – buiten

goeie mensevaardighede moet hy ook

die reëls van die spel soos die palm van

sy hand ken, en dit samehangend kan

toepas. Fiksheid is ook baie belangrik.

Ons gesels oor die kritiek wat professionele

skeidsregters ontvang.

Hy lag: “Meestal is dit blote onkunde

van die toeskouers se kant af!”

Soms is die kritiek wél geldig, maar

swak besluite kan gewoonlik toegeskryf

word aan die feit dat die skeidsregter

onder druk is. Jéan meen Suid-Afrika

handhaaf ’n baie hoë standaard wat

skeidsregters betref, en meestal ken hulle

hul storie.

(Vervolg op bladsy 2)

Die Concipio-redaksiespan wil dit duidelik maak dat Jéan nie ’n voorstander van hierdie voorbladberig was nie.

Die span is egter baie trots op sy redakteur en het die voorblad vir die storie gekaap.

Uitgawe/issUe 230 ConCipio page 2 Uitgawe/issUe 230 ConCipio page 3

1. PARENTS’ MEETING: SCHOOL

FEES 2013

Date: 6 November 2012

Time: 18:00

Place: Staff room

All parents are invited to attend

this meeting where the proposed

budgets for 2013 will be discussed and

parents will be asked to approve the

proposed school and hostel fees for

2013:

School fees

R21 600 [increase 8,8%]

Hostel fees

R29 600 [increase 6,85%]

2. BESIGHEIDSTUDIES AS VAK

Die Beheerliggaam het besluit om

Besigheidstudies in 2013 as vak in Gr.

10 te implimenteer – en wel as keusevak

in Groep 7.

Daar is kennis geneem dat die

plasing daarvan in Groep 7 nie

noodwendig alle ouers se voorkeur is

nie. Dit is egter ‘n akademiese besluit

gebaseer op deeglike navorsing en na

behoorlike konsultasie.

3. GRADE 8 – 11 EXAMS:

8 NOVEMBER – 30 NOVEMBER

2012

As you all know by this time, the

WCED expects all boys to be at school

all day and every day during the exam.

This is not a popular arrangement

– and for obvious reasons. Please

(Vervolg van bladsy 1)

Oor die kontroversiële skeidsregter van

die Paul Roos-Grey wedstryd van 2010

het hy die volgende te sê: “Ek dink nie hy

het doelbewus vir Grey bevoordeel nie.

Hy was te onervare vir so ’n wedstryd en

die oomblik was net te groot. Hy is onbewustelik

deur die Grey-ondersteuners

beïnvloed.”

Daar is baie lewenslesse te leer uit

skeidsregter wees “ ‘n Mens leer om in

jouself te glo. Jy leer ook dat jy nooit

SPESIFIEK VIR OUERS / ESPECIALLY FOR PARENTS

Van Agter die Lessenaar

From Behind the Desk

consider the following:

➢ It is a departemental

arrangement: this arrangement is also

extremely inconvenient to our staff

members as it creates huge additional

responsibilites during a very hectic

time;

➢ the arrangement is extremely

inconvenient to many boys. On

the other hand it is also a practical

solution to many working parents;

➢ we expect our boys to respect

the rules of the school. As a school

we also have to respect the rules of

the Department – and not only those

which suit us;

➢ we also have a responsibility

toward the other schools in our community

– who do obey the rule. We are

always extremely sensitive to create a

perception that departmental rules do

not apply to Paul Roos and that we do

things our own way.

Dames en here – ons verstaan die

moontlike frustrasie / selfs irritasie.

Die versoek is eenvoudig: Help ons

asseblief om ’n slegte saak te laat werk.

Tydens die prysuitdeling het ek ook

my diepe besorgdheid oor leerderafwesigheid

oor die algemeen uitgespreek.

U word ook ernstig versoek

om toe te sien dat alle seuns tot

Woensdag 7 November 2012 skool

bywoon. Ons het reeds spesiale Departementele

vergunning verkry dat die

eksamen vroeër as geskeduleer mag

begin – met die gevolg dat ons slegs op

sonder harde werk êrens kom nie.”

Hoekom is Jéan ’n skeidsregter?

Natuurlik geniet hy dit baie, maar dit

is ook vir hom ’n manier om by rugby

betrokke te bly nadat hy ophou speel het.

Hy beoog om ná skool B. Comm. LLB.

aan die Universiteit van Stellenbosch te

gaan studeer, maar wil ook sy loopbaan

as skeidsregter voortsit.

Dalk is hierdie opvallende sin vir reg en

geregtigheid nóg ’n rede hoekom hy ’n

skeidsregter is.

Jannie van der Westhuizen

Rektor

een Saterdag in plaas van drie hoef te

skryf.

Vakonderwysers het ook

opdrag gekry om die tradisionele

bespreking (wenke) vir die komende

eksamen op Dinsdag en Woensdag

volgende week te doen.

Dames en here – wanneer

hierdie soort versoeke nodig word,

nl. dat ouers moet toesien dat hul

seuns by die skool is, het ons rede om

bekommerd te wees. Onderliggend

vestig al hierdie dinge ’n kultuur van

toewyding, pligsbesef, sin vir verantwoordelikheid,

ens. Daar is baie op die

spel.

4. RUGBY 2013

Baie beplanning word gedoen om te

verseker dat 2013 ’n opwindende en

suksesvolle rugbyjaar sal wees. Strukture

word in plek gesit waarvolgens

rugby binne drie bane sal funksioneer:

➢ Kommunikasie en skakeling

➢ Admin / Logistiek

➢ Afrigting

Intussen kan ons meld dat die

volgende afrigtingspan volgende jaar

by die O/19 A- en B-span sal wees:

➢ Mnr Hein Kriek (hoofafrigter)

➢ Mnr Willem de Villiers

(hulpafrigter)

➢ Mnr Dawie Snyman (senior

hulpafrigter)

Volledige inligting sal aan

die begin van die jaar aan ouers

gekommunikeer word.

Rugby is nie al wat vir Jéan na aan die

hart lê nie. Benewens sy redakteurskap

van Concipio, speel hy ook vir Paul

Roos se tweede krieketspan, dien op die

Leerlingraad en is een van die Top 20 in

Graad 11.

Onthou gerus dié naam. Oor ’n paar

jaar sien jy dalk vir Jéan de Wet op die

TV, besig om professionele wedstryde

te blaas – en hopelik sal daar nooit op ’n

sosiale netwerk na hom verwys word as

“daai ref wat ons die wedstryd gekos het”

nie!

Weeklikse krieketverslag

Die tweedelaaste week van die eerste helfte van die krieketseisoen het gesorg vir baie drama, blydskap en teleurstelling.

T20-wedstryde was die formaat wat die afgelope week die meeste gespeel is en het meer as genoeg opwinding verskaf, om nie eens

van die normale ligawedstryde te praat nie. -Frederik Liebenberg

Foto: Marnus Coetsee

Uitslae

-PRG 1ste XI het Paarl Gim in ’n vriendskaplike

wedstryd aangevat.

PRG: 121 vir 7 in 20 boulbeurte. Beste Kolwers:

Niel Theron 42, Schoeman Botha 25.

Paarl Gim: 108 vir 6. PRG wen met 13

lopies.

-PRG 1ste XI het ’n opwarmingswedstryd

teen Klein Nederburg gespeel.

Klein Nederburg: 63. PRG: 64/3. PRG wen

met 7 paaltjies.

-PRG 1ste XI vs Bridge House in die eerste

rondte van die landwye T20-toernooi.

PRG: 227 vir 4 in 20 boulbeurte. Beste

kolwers: Muller Brink 102*, Sean de Necker

41, Arnold Scholtz 30 en De Wet Castelyn

30.

PRG boul Bridge House vir slegs 42 lopies

uit. Beste boulers: Roelof Conradie 4-15-4,

Arnold Scholtz 3-10-2.

-PRG 19B speel hul eerste T20-wedstryd

teen Swartland O/19A.

Swartland: 102/8 in 20 beurte. PRG jaag

maklik die totaal, met 5 paaltjies oor.

Johan Siebrits – ’n goeie vertoning met 30

lopies.

-PRG 19C vs Somerset College 19C.

Somerset College: 49/10. PRG: 50/3. PRG

wen met 7 paaltjies.

-PRG 19D vs Labori O/19 B.

PRG: 162/3. Beste kolwers: Gabriël du Bois

57, Matthew Dockell 37 nie uit nie.

Labori: 131/7. Beste bouler: Willem van

Zyl 4-0-46-3. PRG wen met 31 lopies.

-PRG15A vs Paarl Gimnasium 15A.

PRG: 90 vir 9 paaltjies in 20 beurte. Beste

kolwer: Christiaan Baard 15*.

Paarl Gim: 93/5. Beste bouler: Francois

Rautenbach 3-0-19-3. Gim wen met 5

paaltjies.

-PRG15A vs Klein Nederburg 15A.

PRG: 87 vir 5 paaltjies in 20 beurte. Beste

kolwer: Malan Basson 25.

Klein Nederburg: 64/10. Beste boulers:

Stephan Rossouw 4-1-15-3. Francois Rautenbach

3-2-2-3.

Christiaan Baard 3-0-12-2. PRG wen met

24 lopies

-PRG15A vs Labori 15A.

Labori: 75 vir 8 paaltjies in 20 beurte. Beste

boulers: Dillan Arendse 4-0-14-4, Breda

Reed 3-0-13-3.

PRG: 76/1. Beste kolwers: Jaco van der

Watt 35*. Malan Basson 23. PRG wen met

9 paaltjies.

-PRG15A vs Paarl Gimnasium 15A.

Gim wen met 14 lopies.

Foto: Marnus Coetsee

Uitgawe/issUe 230 ConCipio page 4 Uitgawe/issUe 230 ConCipio page 5

-PRG15B vs Foto: Lückhoff Marnus 15A. Coetsee

PRG: 102 lopies vir 5 paaltjies in 20 boulbeurte.

Beste kolwer: Robert Tubb met 29

lopies.

Lückhoff: 96 lopies vir 5 paaltjies in 20

boulbeurte. Beste bouler: Keagan Wiesner

3-13-2. PRG wen met 6 lopies.

-PRG15B vs Somerset College 15B.

Somerset College: 130 vir 4 paaltjies in 20

boulbeurte. Beste boulers: Kurtley Claasen

met 4-24-2, Ross Campbell met 4-18-2.

PRG: 116 lopies vir 7 paltjies in 20 boulbeurte.

Somerset College wen met 14

lopies.

-PRG 15C teen Gim.

Foto’s: Marius Coetsee

Gim: 99 in 20 beurte. Michael van Vuuren

3-13-4. PRG: 100/1 in 13.2 beurte. PRG

wen met 9 paaltjies.

-PRG 15D vs Paarl Gimnasium 15C.

Paarl Gim: 101/7 in 20 beurte. PRG:

102/6. Dewald Lategan 51. PRG wen met 4

paaltjies.

-PRG 15D vs Swartland 15A. PRG verloor

met 5 paaltjies

-PRG 14C vs Paarl Gimnasium 14C.

Gim: 75 vir 10. Bruno Roode 3 paaltjies vir

22. PRG: 79/1. Bruno Roode 32*. PRG wen

met 9 paaltjies.

-PRG 14C teen Parel Vallei 14B.

PRG: 151 lopies. Parel Vallei: 82 lopies.

PRG wen met 69 lopies

-PRG 14D vs Labori 14B. Labori 82/1 na 20

beurte. PRG antwoord met 83 vir 1 paaltjie.

PRG wen met 9 paaltjies.

-PRG 14F vs Boland Landbou 14B. Boland

Landbou maak 84 lopies. PRG teken 37

lopies aan.

Beste bouler: Rossouw Schreuder 4-22-3.

PRG verloor teen met 57 lopies.

-PRG Pine Pienaars vs HS Stellenbosch

17A. Pine Pienaars maak 109/10 in 17

beurte. Hanno Coetzee 31. HS Stellenbosch

107/7.

PRG wen met 2 lopies

50 boulbeurt-resultate:

-PRG19A vs Somerset College 19A. PRG

kolf eerste en teken 144 vir 10 paaltjies aan.

Justin Dill 34. Somerset College 133/10.

PRG wen met 11 lopies.

-PRG 19B vs Somerset College 19B. PRG

maak 281/8 in 50 beurte. Michael Meyer

67, Simon Venter 51, Alistair Maasch 42.

Somerset College maak 64/10. Clint Strydom

6-1-7-5. Jayden Cloete 7-0-23-3. PRG

wen met 217 lopies

-PRG15A vs Somerset College 15A. PRG

kolf eerste en teken 137 vir 10 paaltjies.

Sebastiaan Uys 29. De Wet Castelyn 25.

Malan Basson 21. Somerset College maak

117/10. Francois Rautenbach 7-2-12-5.

Breda Reed 7-2-15-3

-PRG14A vs Somerset College 14A. PRG

kolf eerste en teken 107 vir 10 paaltjies.

Somerset College maak 61/10.

Damien Willemse 6-2-17-2. Joberto Greef

8-0-27-2. Matt Cooper 4-2-4-2. Paul

Barnard 4-2-5-2. PRG wen met 46 lopies

PRG well represented in a wonderful

weekend for WP!

Old Boys Excel on the Rugby Field

Stephen Chapman

Two Old Boys have recently excelled

on the rugby field.

Schalk Brits, who plays his rugby

for Saracens in England, was selected

for the Springbok squad that will be

touring to Europe later this month.

Brits has played three tests for the

Springboks but did not received more

opportunities.

He matriculated here in 1999,

ironically having played alongside his

Saracens teammate, Ernst Joubert, in

the first XV of 1998. He also played

in the same team as our very own Mr.

Werner Cloete.

Brits has loads of talent which is noticeable

each time he steps out onto

the field. He is more than likely to

excel for the Springboks and do Paul

Bernard Leuvennink

Drie Paul Roosers is uitgenooi

om op Saterdag 3 November

te gaan deelneem aan die Wêreldbiathlékampioenskap

wat in Dubai

Roos proud.

Steven Kitshoff is a promising

young rugby player who is also

making Paul Roos proud. He began

his professional career last year by

playing with Western Province’s

Vodacom Cup side before making

his Stormers debut at the tender age

of 19.

He soon began to make a name for

himself and has since become a regular

member of the team.

Kitshoff was a member of the team

that won the Currie Cup for the first

time in 11 years on Saturday 27 October

in Durban against the Sharks.

This was indeed an impressive start

to what appears to be a very bright

and promising future for Steven

Kitshoff.

Ondersteun PRG se top

biathlé-atlete in Dubai

Foto: Verskaf

beslis sal word. Mnr. Coenie van

Vuuren, Llewellyn Groeneveld en

GJ Bezuidenhout het reeds op 31

Oktober saam met die Suid-Afrikaanse

biathléspan na die Verenigde Arabiese

Emirate vertrek.

Meer as 300 van die beste atlete regoor

die wêreld neem aan hierdie kompetisie

deel. Ná al die ure se harde werk wil

die skool ons atlete sterkte toewens vir

hierdie geleentheid, wat hulle deeglik

verdien het.

Alle Paul Roosers word aangemoedig

om Saterdag die Kampioenskappe gratis

op die internet te volg, waar dit direk

uitgesaai gaan word. Daar kan net “247.

tv”by Google ingetik word en sonder

enige verdere koste kan `n mens daar

registreer en die hele dag gratis kyk hoe

ons eie atlete Suid-Afrika se naam hoog

hou.

GJ Bezuidenhout is eerste aan die

beurt en spring reeds om 06:45 (SA-tyd)

weg onder die afdeling ‘Youth C men’.

Volgende is dit die veteraan, mnr. Coenie

van Vuuren, wat om 08:25 (SA-tyd)

wegspring onder ‘Master ABCD men’.

Llewellyn Groeneveld, wat laasjaar die

Photo: Provided

wenner van die ’Youth B men’ afdeling

was, spring om 10:00 (SA-tyd) weg onder

‘Youth A men’.

Ons sien baie uit daarna om op die

internet te kyk hoe hulle teen die bestes

in die wêreld vaar. Biathlé het nie

gewoonlik ’n groot toeskouersopkoms

nie – maak dus gebruik van hierdie

geleentheid – vanuit die gemak van ’n

woonkamerstoel!

Uitgawe/issUe 230 ConCipio page 6 Uitgawe/issUe 230 ConCipio page 7

Voormalige Model C-skole onder vergrootglas

Is Paul Roos Gimnasium te duur?

Willem Wilken

In die voorbladartikel Skole-skok (Rapport,

Sondag 28 Oktober) word oor die

toenemende koste van die land se voorste

staatskole berig. Paul Roos en enkele andere

hoërskole se fooie is op die voorblad

vergelyk.

Met die eerste oogopslag kon dit voorkom

asof Paul Roos een van die duurder

voormalige Model C-skole is. Daar kan

egter nie net bloot in finansiële terme

tussen skole vergelyk word nie. Om skole

te vergelyk, sê mnr. Van der Westhuizen,

moet daar na die kurrikulêre sowel as die

nie-kurrikulêre aanbod van die skool gekyk

word.

Die kurrikulêre aanbod van ’n skool

sluit die grootte van klasse, didaktiese

hulpmiddels en die vakkeuses in. Die

nie-kurrikulêre aanbod is alles buiten die

akademie wat leerders die geleentheid gee

om as gebalanseerdes die skool te verlaat:

dit behels ’n skool se kultuur- en sportaktiwiteite,

sowel as geleenthede vir leerders

om leierskapsvaardighede en as mense te

ontwikkel.

Suid-Afrika het 25 tradisionele openbare

seunskole, insluitende SACS, Grey

Kollege, Pretoria Boys en Affies, wat min of

meer ’n soortgelyke aanbod kan bied. Van

dié skole lê Paul Roos Gimnasium in die

onderste derde ten opsigte van skoolgeld,

en in die middelste derde met koshuisgeld.

Die topbestuur probeer gevolglik om veral

die koshuisgeld in bedwang te hou.

Mense kan nie uitgepraat raak oor Musica Perpetua se wonderskone spel nie.

Photo: Willem Wilken

Die verhoging op skoolgeld vir volgende

jaar is 8,8% en die koshuis s’n is 6,85%.

Indien ’n mens in ag neem dat onderwysinflasie

merkbaar hoër is as die normale

inflasiekoers, is dit ’n verantwoordelike

verhoging – aldus die Rektor.

Rapport haal minister van basiese onderwys

me. Angie Motshekga aan, wat beweer

dat die land se “voorste openbare skole”

besig is om te privatiseer. Twee dinge moet

genoem word om dié aantyging te verstaan:

probleme in die onderrigsektor en

bestaande wetgewing oor skoolfondse.

Daar is tans 285 aanklagte van wangedrag

en ander tugverhoorsake wat deur die

WKOD ondersoek word – die onderwerp

van ’n artikel in die Cape Argus van 29

Oktober. Mnr Van der Westhuizen beaam

dat geen skool dissiplinêre probleme

gevrywaar is nie, maar beklemtoon dat die

manier waarop die skool dit aanspreek van

die grootste belang is. Ander probleme in

die onderwyssektor is die gebrek aan bekwame

leerkragte en ook handboeke (soos

veral in Limpopo tragies die geval is).

Bestaande wetgewing bepaal dat geen

staatskool met die toelatingsproses finansieel

mag diskrimineer nie, selfs al weet die

skool dat ’n voornemende leerder se ouers

of voogde nie die skoolgeld sal kan bekostig

nie. Ingevolge die Skolewet kwalifiseer

sommige ouers (op grond van inkomste)

vir ’n persentasie kwytskelding. Wat

dit beteken, is dat daar ’n ewewigspunt is

vir skole wat skoolfonds vereis, waar die

maksimum mense gehelp word, sonder dat

die skool vir die betalende ouers onbekostigbaar

word. Dié ewewigspunt wissel

van skool tot skool en hang van die skool se

omliggende gemeenskap af.

Aangesien die minister die wetgewing

ken, beteken dit haar aantyging is dat sommige

voormalige Model C-skole óm die

wetgewing werk met die keuringsproses.

Sou daar ’n onafhanklike oudit van die

toelatingsproses van Paul Roos geskied, sou

dit vind dat dit “klinies, eties en

wetenskaplik” is.

’n Interessantheid in die Rapport-berig

is dat me. Motshekga háár spruitjies na

privaatskole gestuur het.

As openbare skole nie eens vir die minister

van basiese onderwys goed genoeg

is nie, kan ’n mens seker spekuleer oor

wat die gehalte van onderrig in die meeste

openbare skole vir die minder gegoedes

tot gevolg gehad het. ’n Nis het ontstaan

vir skole wat nóg privaatskool nóg tipiese

staatskool is, maar eerder as om hieroor

bohaai te maak, behoort die Departement

van Basiese Onderwys die oorsaak van

die probleem aan te spreek en onderrig by

die skole wat die meeste sukkel te probeer

verbeter.

As PRG se skoolfonds vergelyk word

met ’n tipiese staatskool sowel as met die

toonaangewende privaatskole, is waarde vir

geld die eintlike toets.

Met aktiwiteite wat strek van waterpolo

tot debat, sowel as topgehalte onderrig, is

Paul Roos beslis die onkoste werd en bly dit

’n voorreg om die naam Paul Rooser te hê.

Die berig verteenwoordig nie noodwendig die standpunt van die skool, of van Concipio nie.

Jesu Joy of Man’s Desiring

Christmas concert appropriate end

to an eventful year

Dexter Labuschagne

Wednesday night Paul Roos and

Rhenish sang and rejoiced at the

first-ever Christmas concert, held in the

beautiful NG Moederkerk. The event,

which was planned and coordinated by

Ms Ronella van Rensburg, proved to be

highly successful.

The ensemble, with the very appropriate

new name of Musica Perpetua, played

a rendition of Stephan Bezuidenhout’s

Chaconne in D “Soek allereers die

koninkryk van God” and Walking in the

Air. The choir sang Sing and Rejoice and

Koos du Plessis’s Welkom, o stille nag van

vrede, to name but two songs. Hercen

Smith (Grade 11) and Aidan Lewis

(Grade 9), together with the combined

choirs, sang Adolphe Adam’s O Holy

Night. Roelof Temmingh and Jessie

Brand of Rhenish also played a rendition

of Koos du Plessis’s Welkom, o stille nag

van vrede, with the renowned organist

Zorada Temmingh. Choir mistress, Ms

Sonja van Amstel, stunned the audience

with her beautiful rendition of Max

Reger’s Maria Wiegenlied. The combined

choirs then sang Silent Night, with the

congregation joining in for the fourth

verse. Ending the evening, they sang Joy

to the World with accompaniment from

the orchestra.

The noted actor, photographer and man

of letters, Old Boy Nic de Jager, offered

a Christmas-time message in between

musical items. Remarking that he has

come to know and dread the onset of

the much commercialised “Xmas” when

he starts hearing tinny recordings of

Bony M’s Drummer Boy, he said that

he would rather that people remember

to be kind and compassionate to their

family members, fellow motorists and the

animals entrusted to them.

It was an event where people of all

denominations would have felt welcome.

Mr De Jager chose to do what he does

best, instead of delivering a sermon.

As only the presenter of RSG’s poetry

programme Vers en klank can do, he read

several poems which he felt were suited

to the occasion. These included Antjie

Krog’s Ma, Breyten Breytenbach’s Hand

vol vere, DJ Opperman’s Kersliedjie and

Lina Spies’s Paternoster vir Suid-Afrika.

As is commonly known, the perfection

of heaven is but vaguely reflected in the

temporal world. Sing and Rejoice, as the

evening was called, was highly enjoyable,

but was sadly not as fully attended as it

could have been. Several causes can be

identified. It may have been that it was

the first event of its kind, or that the

looming exams led to an unprecedented

amount of studying. It could also be that

hostel boys were strongly discouraged to

miss study.

What is known, however, is that those

not attending missed out on the angelic

voices of the Rhenish and Paul Roos

choirs and the heavenly notes of Musica

Perpetua.

After being thus regaled by the

musicians and Mr De Jager’s sonorous

voice, the congregation (if it may be

called such) left the church with uplifted

spirits and three of Breytenbach’s Boland

words in the mouth.

Nic de Jager

Photo: Willem Wilken

Me. Sonja van Amstel met die Rhenish- en PRG-massakoor

Photo: Willem Wilken

Uitgawe/issUe 230 ConCipio page 8

(Exams are on their way)

One liners of the week:

Knowledge is knowing a tomato is a fruit; wisdom is not putting it in a fruit salad.

The early bird gets the worm but the second mouse gets the cheese.

The shinbone is a device for finding furniture in the dark.

Does this rag smell like chloroform to you.

Knowledge is power and power corrupts. So study hard and be evil.

When tempted to fight fire with fire, remember the fire department usually uses water.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!