06.05.2013 Views

Avontuur & Rekreasie Instrukteur Opleiding - Voortrekkers

Avontuur & Rekreasie Instrukteur Opleiding - Voortrekkers

Avontuur & Rekreasie Instrukteur Opleiding - Voortrekkers

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Die Voortrekkers

Avontuur & Rekreasie Instrukteur Opleiding

Beste Verkenner, Staatmaker en Offisier

Inleiding

6 tot 12 Desember 2008

1 September 2008

Een van die produkte van Die Voortrekkers is die aanbied van avontuurkampe. Hierdie kampe bied jeuglede

asook volwassenes die geleentheid om hulself te ontdek, vaardighede te ontwikkel, vriende te maak, in groepe

saam te werk, God se skepping te aanskou en te bewonder en in die proses dit te geniet ook. Oor die afgelope

paar jaar het die vraag egter ontstaan of Die Voortrekkers nie moet oorbeweeg vanaf ‘n vlak van blootstelling

en deelname aan avontuur aktiwiteite na ‘n nuwe vlak van opleiding en die skep van loopbaangeleenthede vir

belangstellende jeuglede en jong volwassenes nie. So ‘n oorbeweeg sal vier hoofdoelwitte in gedagte hê,

naamlik:

• Die erkenning van die Voortrekkerbeweging se avontuur en rekreasie spesialisasie kursusse as

bekendstellingskursusse deur die onderskeie nasionale liggame en verenigings verantwoordelik vir die

spesifieke spesialisasieveld.

• Die oplei van assistent instrukteurs wat as hulpinstrukteurs tydens Voortrekker (asook eksterne) avontuuren

rekreasie aktiwiteite kan diens doen.

• Om as hulpmiddel te dien en ‘n geleentheid te skep vir jeuglede om ‘n deeltydse of voltydse loopbaan in

avontuur- en rekreasie fasilitering te volg.

• Om ‘n bron van opgeleide mannekrag te skep wat Voortrekker (asook eksterne) avontuur- en rekreasie

aktiwiteite sal kan beplan, opstel en fasiliteer op ‘n veilige, verantwoordelike en volhoubare wyse.

Aangesien Die Voortrekkers egter nie ‘n formeel erkende of ge-akkrediteerde opleidingsinstansie is nie, moet

dit daarom by bestaande opleidingstukture inval. Om hierdie rede, asook om die tweede doelwit hierbo direk

aan te spreek, is daar besluit dat hierdie voorgenome opleidingskamp deur ‘n eksterne en ge-akkrediteerde

instansie nl. Glenmore Ecoventure CC aangebied word en wel te Glenmore KZN. Aspekte wat tydens die kursus

aangespreek sal word is veiligheid, aktiwiteit aanbiedingstegnieke, toerusting versorging en instandhouding,

instruksiemetodiek, omgewingsetiek en programbeplanning op ses aktiwiteite nl Rotsklim & Absail, Seeroei,

Snorkelduik, Oriëntering, Bergfiets en Boogskiet. By suksesvolle voltooiing van die kursus, sal deelnemers ‘n

sertifikaat van voldoening as Assistent Avontuur en Rekreasie Instrukteur asook ‘n Logboek ontvang waarna die

betrokke persoon tot op instrukteurs vlak kan vorder by wyse van die erkenning van voorafgaande

ondervinding en leer (Recognition of Prior Learning).

Wie Mag Inskryf

Verkenners in Graad 11 of 12 (16 jaar en ouer), Staatmakers en Offisiere. ‘n Beperkte aantal plekke is egter

beskikbaar.

Vooraf Fiksheid

Geen spesifieke vooraf fiksheid word vereis nie, aangesien die kursus nie fisies intensief is nie. Dit word wel

aanbeveel dat ‘n gesonde lewensstyl gehandhaaf word wat basiese oefening soos stap, fietsry of gim werk

insluit.

Kampbenodighede

Alle aktiwiteits toerusting word verskaf. Die volgende moet egter saamgeneem word:

• Alle normale persoonlike kampbenodighede

• Slaapsak en kussing

• Bordesak, sponsie en afdroogdoek

• Notaboek en pennesakkie

• Persoonlike medikasie

• Flits

• Sakgeld

• Swemklere, handdoek en sonbrandmiddel

• Dagsakkie en waterbottel

• Hoed of pet vir die son

• Sonbril

• Een tas of duffel sak per persoon (Duidelik gemerk asb)

• Gemaklike skoene of tekkies (Onthou ons gaan deelneem aan die aktiwiteite ook)

• Gemaklike klere vir die dag

• Sweetpak

• ’n Reënbestande baadjie/jas (Dit is reënseisoen in KZN)

• Opsioneel: Eie sport uitrusting bv duikbril, snorkel, finne, harnas, ens. indien so verkies

Inskrywing, Kampgeld & Sluitingsdatum

Inskrywings vind op ’n individuele basis plaas deur die voltooiing van die voorgeskrewe inskrywingsvorm en

betaling van die kampgeld. ’n Blanko vorm is vir die doel aangeheg en die voltooide vorm kan gestuur word na

corro@up.ac.za of per faks na 086 505 0738 (’n Elektroniese weergawe van die vorm is ook beskikbaar deur ’n

epos te stuur aan corro@up.ac.za).

Die kampgeld beloop R 2 500.00 per persoon en moet oorbetaal word aan Die Voortrekkers. ’n Bewys van

betaling moet asb u inskrywing vergesel. Let daarop dat ’n inskrywing slegs gefinaliseer is sodra beide

die inskrywingsvorm asook betaling ontvang is. Die rekening besonderhede vir direkte inbetaling is as

volg:

BANK: ABSA – Ben Swart Str

TAKKODE: 632005

REK NR: 050 305 015

TIPE REKENING: Lopend (Tjek)

BEGUNSTIGDE: Die Voortrekkers

VERWYSING: Glenmore, Van, Voorletters (Bv. Glenmore Koekemoer K)

Die sluitingsdatum vir inskrywing is 31 Oktober 2008. Skryf asb vroegtydig in aangesien ’n beperkte aantal

plekke beskikbaar is.

Busvervoer

Busvervoer vanaf Pretoria is by die kampgeld ingesluit. Om dit koste effektief te maak word daar so ver

moontlik van almal verwag om van die busvervoer gebruik te maak. Ten einde die gebiede Vrystaat, Kaapland

en Namibië te akkomodeer sal die bus twee haltes op die roete na Glenmore onderneem, nl. Harrismith en

Durban Int Lughawe. Let egter daarop dat, afhangende van die inskrywings, die voorgestelde vertrektye en

haltes moontlik gewysig kan word ten einde die meerderheid deelnemers te akkomodeer. Die voorlopige

busreëlings is as volg:

Datum Tyd Beskrywing

Sat, 6 Des 2008

05:00 Registrasie en laai van bus te Hoërskool Waterkloof parkeergronde (Voorlopig)

05:30 Bus vertrek vanaf Hoërskool Waterkloof parkeergronde (Voorlopig)

09:00 Verwagte aankoms te Harrismith Engen Eenstop

10:00 Bus vertrek vanaf Harrismith Engen Eenstop

14:00 Verwagte aankoms te Durban Int Lughawe

15:00 Bus vertrek vanaf Durban Int Lughawe

17:00 Verwagte aankoms te Glenmore

Vry, 12 Des 2008 09:00 Bus vertrek vanaf Glenmore en volg die omgekeerde roete terug

Kontak en Navrae

Navrae kan gedoen word by enige van die volgende twee persone:

• Willem Petzer, AHL Verkennersake, Sel: 083 236 2826 of Epos: wilpet99@mweb.co.za

• Corro van Waveren, Projek koördineerder, Sel: 082 553 1779 of Epos: corro@up.ac.za

Vriendelike groete

Willem Petzer

AHL Verkennersake

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!