06.05.2013 Views

BASTER BABALA (Pennisetum hibried) - Landbou.com

BASTER BABALA (Pennisetum hibried) - Landbou.com

BASTER BABALA (Pennisetum hibried) - Landbou.com

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Opskrif: Eenjarige gewasse vir aangeplante weiding onder besproeiing

Vraag:

Dankie vir u antwoord op die net. Ek het ‘n vraag gevra oor aangeplante weiding vir bokke in

Noordoewer. Ek het op ‘n ander plek ook gelees van Baster babala nutrifeed , voersorghum pac

8288 vir die somermaande en primora raaigras saam met die lang swenk vir die wintermaande.

Wat is u mening, veral oor die somermaande ? Japie Mare

Antwoord:

Jammer vir net ‘n halwe antwoord, ek was onder die indruk dat jy hoofsaaklik in meerjarige

gewasse belang stel.

Baster Babala is ’n goeie, “opkomende“, eenjarige, somerweiding.

Dit is meer droogtebestand as Voersorghums. Dit het ‘n digte en uitgebreide wortelsisteem, wat

baie organiese materiaal vir die grond produseer en die teenwoordigheid van aalwurms in die

grond verminder. Daar is verskillende kultivars (almal goed) wat bemark word deur verskillende

saadmaatskappye. Hier onder volg ’n beskrywing:

BASTER BABALA (Pennisetum hibried)

Standaard kultivar: Hypearl millet

Kompeterende kultivars: Speedfeed, Milkstar, Nutrifeed

Reënvalbehoefte: 500 mm +

‘n Puik, vinnige weiding met hergroei vermoë, een van die beste groen weidings

as dit vroeg geplant word. Geen blousuur nie – ‘n ideale bees-, skaap-, bok- en

perdeweiding.

Plant na 15 Oktober tot Desember in koue areas en Januarie in warm areas.

Indien te laat geplant word, stoot dit gou blomstele. Ignoreer dit of sny af.

Hergroei is stadiger na Februarie, plant dus vroeg. Kan na 4 -5 weke begin wei

(30 – 50cm hoogte) en kan hergroei na 3 tot 4 weke weer wei.

Doen goed op sand tot kleigrond maar vermy versuipgronde.

Saaidigtheid: droë land 3-5 kg/ha

besproeiing 5-8 kg/ha

Hooi/hay: 3 – 12 t/ha

Weikapasiteit: 1.0 – 1,5 GVE/ha

Eenjarige raaigras is ’n goeie opsie vir die winter, mits jy GENOEG water het. In julle warm

wêreld sal ek Westerwolds raaigras (nie Italiaanse raaigras) aanbeveel. Hieronder volg ’n kort

beskrywing:

EENJARIGE RAAIGRAS: (Lolium multiflorum)

Raaigras word in 2 groepe verdeel: Italiaanse en Westerworld raaigras.

Eersgenoemde kan in die herfs en lente geplant word, terwyl laasgenoemde slegs in die

herfs geplant word.

Reënvalbehoefte: 800 mm + (Verkieslik besproeiing)

Eenjarige Raaigras

Italiaanse Raaigras Westerwolds Raaigras

Herfsaanplanting

Feb. – Apl.

Produseer vroeë winter,

maar neem af in koue

maande en produseer

saad. Produseer op sy

beste laat winter/lente.

Groei stop Nov/Des.

Diploїede kultivars:

NCD Enhancer, Exalta, Moata

Tetraploїde kultivars:

Jeanne

Lenteaanplanting

Aug. – Sept.

Blom & saadvorming

eers na 15 – 18 mnde.

Produksie hoog in lente,

herfs en die volgende

lente.

Slegs Herfsaanplanting

Feb. – Apl.

Lang daglengtes stimuleer blom &

saadvorming, dus in Nov/Des. Dan begin

groei afneem en die weiding minder smaaklik

raak. Bied weiding van Apl/Mei tot Nov/Des.

Beste in mid-winter

Diploїde kultivars:

Agri-Hilton

Tetraploїede kultivars:

Jivet, Energa, Captain.

Hoog produserende smaaklike weiding wat hoë veeladings kan dra.

Hoof plantseisoen Maart tot Mei, terwyl Italiaanse tipes ook in

September/Oktober geplant kan word.

Besproeiing en kunsmis is noodsaaklik vir hoё produksies, terwyl rotasie

beweiding (kampe) noodsaaklik is vir oorlewing (21 – 28 dae rus).

Verkies leemgronde (hutton) tot los goed gedreineerde klei gronde.

Plantdigtheid: 25 kg/ha

Hooi: 8 – 16 t/ha

Weikapasiteit: 5 – 6 GVE per ha/dag

Geskryf deur: prof. Chris Dannhauser, Weidingskundige (chriswei@vodamail.co.za)

28 Maart 2011

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!