06.05.2013 Views

HAWER: (Avena sativa) - Landbou.com

HAWER: (Avena sativa) - Landbou.com

HAWER: (Avena sativa) - Landbou.com

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Opskrif: Eenjarige weiding vir beeste op suikergronde

Vraag: Ek is ‘n suikerrietboer in Mkuze, Noord-Natal. Ek wil graag wisselbou op my suikergronde

toepas, maar terselfdertyd wil ek iets plant vir my beeste vir voer in die winter. Ons kry geen ryp

nie. Ek wil nie ’n meerjarige grassoort plant nie omdat ek weer na die winter suikerriet moet

plant op daardie lande. Ek het gedink om iets soos hawer te plant en dit te baal en vir die beeste

te gee. Onlangs het iemand vir my gesê dat ek kanola moet plant, maar ek weet nie of dit my

beste opsie is nie. Kan prof. my asb bietjie raad gee. Dankie, Dreyer Senekal.

Antwoord:

Ek aanvaar die wintergewas wat jy wil plant sal onder besproeiing wees. Daar is drie opsies wat

gevolg kan word:

1. Hawer

2. Stoelrog of

3. Raaigras

Die drie opsies is in volgorde van droogtebestandheid. Raaigras het die meeste besproeiing

nodig.

In Natal is ’n kundige op die gebied wat ook gekontak kan word:

John Morrison

Sel: 082 889 3309

Hier volg ’n kort beskrywing van elke gewas:

HAWER: (Avena sativa)

Twee tipes hawer is in die handel beskikbaar: Lentegroeiers en Wintergroeiers.

Lentehawer is vinnig na vestiging gereed vir beweiding, maar kom ook vroeg

(mid-winter) in saad (2 beweidings en dan saadproduksie).

Winterhawer vestig stadiger, maar gee meer wei-siklusse (3 en meer siklusse) en

produseer eers laat in die winter of herfssaad.

Kultivars (Sien ook tabel later):

Lentehawer: Overberg

Kompeterende kultivars: Heros / Pallinip / Perdeberg ens.

Winterhawer: Witteberg

Kompeterende kultivars: Maluti / Drakensberg / SSH 423

Reënvalbehoefte: 650 mm + (Goeie herfsreën)

Baie smaaklike groen weiding vir die winter of lentemaande. Maak ‘n goeie hooi

en kan ingekuil word.

Hoof plantseisoen is Januarie tot April. In koue areas kan in September/Oktober

ook geplant word.

Onder droë landtoestande moet goeie vogbewaring voor plant toegepas word.

Reageer goed op besproeiing. Rotasieweiding is noodsaaklik.

Doen goed op meeste grondtipes.

Plantdigtheid: Droëland: 50kg/ha

Besproeiing: 50 – 75 kg/ha

ROG OF STOELROG: (Secale cereale)

Die rogtipes word in 3 groepe verdeel (kort-, medium- en lang- groeiers), maar ons

konsentreer net op kort- en langgroeiers. Sien Tabel later

Reënvalbehoefte: 650 mm + (Goeie herfsreën)

Smaaklike weiding met meer volume en ‘n hoër produksie as hawer. Lewer ‘n

goeie hooi en kuilvoer en die saad kan gestroop word as ‘n konsentraatvoer.

Hoofplanttyd vir kortgroeiers April/Mei en die langgroeiers Februarie tot April in

koue areas, en Maart tot Mei in warm areas. Beide kan ook September/Oktober

in koel areas geplant word. Sou kortgroeier na die winter geplant word, gaan dit

vinnig oor na saadproduksie.

Kortgroeiers groei meer regop as die lang groeiers. Rotasieweiding (kampe) is

die beste.

Doen goed op meeste grondsoorte, maar verkies ligte sanderige grond, met

goeie voghouvermoë.

Plantdigtheid: 25 – 50 kg/ha

Kort Seisoen Tipes

Lang Seisoen Tipes

(Meestal Rog)

(Korog, Rog & Hawer)

Groei patron

Blom voor middel-winter Lang vegetatiewe groeiperiode. Vorming van blomme

en saad word deur ’n interaksie van langer dae en

hoër temperature (laat winter/lente) veroorsaak.

Beste weiperiode

Slegs twee weisiklusse is moontlik voor midddelwinter,

soms ’n derde een. Vul ’n gaping in die laat

herfs/vroeg winter. Veral geskik vir kouer dele.

Stadig in die herfs, maar voorsien weiding in die

winter en lente. Ook geskik vir warmer dele.

Beste planttyd

Vroeё herfs

Kultivars

Herfs/Laat herfs

Rog Hawer Rog Hawer

LS 35, SSR1, SSR727,

Henoch

Overberg, Heros,

Pallinip, Perdeberg

EENJARIGE RAAIGRAS: (Lolium multiflorum)

LS 62, SSR 729,

NCD Grazer,

Witteberg

Maluti

Raaigras word in 2 groepe verdeel: Italiaanse en Westerworld raaigras.

Eersgenoemde kan in die herfs en lente geplant word, terwyl laasgenoemde slegs in die

herfs geplant word.

Reënval behoefte: 800 mm + (Verkieslik besproeiing)

Eenjarige Raaigras

Italiaanse Raaigras Westerworld Raaigras

Herfs aanplanting Lente aanplanting Slegs Herfs aanplanting

Feb. – Apr.

Aug. – Sept.

Feb. – Apr.

Produseer vroeë winter,

maar neem af in koue

maande en produseer

saad. Produseer op sy

beste laat winter/lente.

Groei stop Nov/Des.

Diploїde kultivars:

NCD Enhancer, Exalta, Moata

Tetraploїede kultivar:

Jeanne

Blom & saadvorming

eers na 15 – 18 mnde.

Produksie hoog in lente,

herfs en die volgende

lente.

Lang daglengtes stimuleer blom &

saadvorming, dus in Nov/Des. Dan begin

groei afneem en die weiding minder smaaklik

raak. Bied weiding van Apr/Mei tot Nov/Des.

Beste in mid-winter

Diploїde kultivar:

Agri-Hilton

Tetraploїde kultivars:

Jivet, Energa, Captain.

Hoog produserende smaaklike weiding wat hoë veeladings kan dra.

Hoof plantseisoen Maart tot Mei, terwyl Italiaanse tipes ook in

September/Oktober geplant kan word.

Besproeiing en kunsmis is noodsaaklik vir hoё produksies, terwyl rotasie

beweiding (kampe) noodsaaklik is vir oorlewing (21 – 28 dae rus)

Verkies leemgronde (Hutton) tot los, goedgedreineerde kleigronde.

Plantdigtheid: 25 kg/ha.

Hooi: 8 – 16 t/ha

Weikapasiteit: 5 – 6 GVE/ha per dag

Geskryf deur: prof. Chris Dannhauser, weidingskundige (chriswei@vodamail.co.za)

26 April 2011

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!