06.05.2013 Views

Binnespierse Inspuiting - Landbou.com

Binnespierse Inspuiting - Landbou.com

Binnespierse Inspuiting - Landbou.com

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Opskrif: Binnespierse inspuiting in beeste

Vraag: Waar is die beste plek om binnespierse inspuitings in beeste toe te dien?

Antwoord: Alle diere wat na ‘n voerkraal gaan, of wat geslag word vir vleisdoeleindes, moet

slegs binnespiers in die nek en op geen ander plek nie ingespuit word. Baie middels, veral

sekere van die tetrasikliene, veroorsaak swelling en later letsels in die spier. Die spiere van

die nek is van die goedkoper vleis en as daar letsels voorkom, word dit uitgesny tydens

vleisinspeksie en berokken dit minder skade as wanneer die letsels in die duurder spiere van

die agterkwart voorkom.

Die plek waar die binnespierse inspuiting toegedien word, is ook belangrik en word aangedui

op die ingeslote afbeelding:

‘n Beskrywing van die area is as volg:

By ‘n volwasse dier is die area ‘n handbreedte van die boonste neklyn en drie vingers voor die

blad. By ‘n minder gespierde dier kan mens die nekwerwels duidelik voel en dit is belangrik

om nie te naby aan die nekwerwels te spuit nie want swelsel of spierskade in daardie area

kan van die senuwees affekteer. Die inspuiting moet ook nie te naby aan die blad toegedien

word nie want daar is ‘n groot limfklier in die vou teenaan die blad. Bo by die neklyn is daar

baie min spier en spuit mens maklik in die groot pees (sening) van die nek wat te min

bloedtoevoer het en die opname van die middel erg sal benadeel.

By jong kalwers moet mens in ag neem dat daar minder spier is en dat ‘n korter naald

gebruik word en maak ook seker dat die spuitplek in daardie driehoek is en nie te naby aan

die werwels of blad is nie.

Naalde moet skerp wees sonder weerhakies en moet ook nie stomp wees of gebuigde punte

hê nie want dit kan erge spierskade veroorsaak en selfs bloeding met gevolglike hematoma

(aansameling van bloed). Die lengte van die naald moet aangepas word by die ouderdom en

kondisie van die dier.

Hoewel mens nie steriel te werk kan gaan nie moet die area waar mens inspuit darem nie vol

mis of grond wees nie. Die naald moet verkieslik ook nie deur ‘n vel gaan wat met dip benat

is nie aangesien die dipstof erg irriterend kan wees en ook ‘n sistemiese effek mag hê of virus

en bakterieё in lewende entstowwe kan inaktiveer.

Diere wat nie vir slagdoeleindes aangehou word nie kan wel ook in die boudspier bo die heup

gespuit word, ongeveer 4 vingers agter die heupbeen. Die nadeel van hierdie area is dat

indien daar ‘n abses vorm dit ‘n moeilike area is om die abses behoorlik te dreineer en te

behandel. As die inspuiting te ver na agter toegedien word, bestaan die gevaar dat die

sciatiese senuwee beskadig kan word en die agterbeen dan verlam word.

Die ander area wat ook dikwels gebruik word, is op die agterste spiere van die boud so

halfpad tussen die sitbeen en die hak. Daar is twee spiere wat vertikaal strek en diep tussen

hierdie spiere is daar ook ‘n senuwee wat beskadig kan word indien die inspuiting van agter

tussen die spiere toegedien word met gevolglike gedeeltelike verlamming van die agterbeen.

Dit gebeur veral as die dier nog jonk is of nie goed bespierd is nie.

Geskryf deur dr. Eben du Preez, voerkraalspesialis (edupreez1@telkomsa.net)

2 Augustus 2012

Lees ook:

http://digitalcommons.unl.edu/cgi/viewcontent.cgi?article=1352&cont

ext=extensionhist&seiredir=1&referer=http%3A%2F%2Fwww.google.co.za%2Furl%3Fsa%

3Dt%26rct%3Dj%26q%3DIntramuscular%2Binjection%2Bin%2Bcattl

e%26source%3Dweb%26cd%3D1%26ved%3D0CEoQFjAA%26url%

3Dhttp%253A%252F%252Fdigitalcommons.unl.edu%252Fcgi%252F

viewcontent.cgi%253Farticle%253D1352%2526context%253Dextens

ionhist%26ei%3DVIITUMKrEqnF0QXs2IGQBw%26usg%3DAFQjCN

GjWVm1GzlMp2OEUla_iD6Et5oOg#search=%22Intramuscular%20injection%20cattle%22

http://www.vetmed.ucdavis.edu/vetext/INF-BE_cca/INF-

BE_cca99/INF-BE_cca9906.html

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!