28.07.2013 Views

Junie 2013 - Murraysburg

Junie 2013 - Murraysburg

Junie 2013 - Murraysburg

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

MURRAYSBURGER

The secret is out!

Go to www.murraysburg.co.za

The Murraysburger is available on the

website. Hard copies available at

April 2011

Kweperlaan Coffee Shop on request.

Price: R1.00

Contact details on page 2

Junie 2013

No 27

Herfs was laat vanjaar. Maar asof Moeder Natuur wou jammer sê vir die laatkommery, is die herskleure

vanjaar besonder mooi. Hierdie boom staan op Groot Driehoeksfonteinplaas van Klein Percy Reynolds,

Karin en hulle spruite. Op die pad naby Rooipoort van Jannie Pienaar en in die straat langs oom Oscar

Smuts se huis was Mamma Natuur self nie suinig met die kwas nie en hoef ons Murraysburgers nie 'n duim

terug te staan vir die befaamde Golden Gate in die Oos-Vrystaat of selfs Amerika se New England nie.

BRIEWE/LETTERS

TEL/FAKS: 049 844 0135 SMS: 072 388 9284 / 082 5093 120

EPOS: renetheron@mweb.co.za / jennyballantyne@telkomsa.net

POSADRES: Voortrekkerstraat 30, Murraysburg, 6995

Skuilname mag gebruik word, maar alle briewe moet vergesel wees van ‘n naam, adres en handtekening.

Die redaksie behou die reg voor om briewe te verkort of te verwerp. Die sperdatum vir bydraes is middel van die maand.

Pseudonyms may be used, but all letters must be supported by a name, signature and address.

The editors reserve the right to edit or reject letters. The deadline for contributions is middle of the month.

VAN DIE REDAKSIE .......................

Dit was ‘n besige naweek, dié met Jagkomtetisie en Spitskop 4x4 gehou op Vrydag 24ste en

Saterdag 25ste onderskeidelik. Eintlik het die verrigtinge al Donderdagaand begin met die

aankoms van al die jagters en die voorbereidende werk wat afgehandel moes word soos

vleisbraaie, uitruil van vorige jagverhale en paradering van die jongste skiettegnologie. Die

weer het pragtig saamgespeel en dit was pret vir almal. Die 4x4 was bietjie swakker

ondersteun as vorige jare maar dit kan mens ook verwag na aanleiding van gerugte oor die

verloop van die partytjie by die skougronde na afloop van die prysuitdeling die vorige aand!

‘n Seer kop en ‘n geskud op ‘n bergpad gaan nie juis saam nie. Dankie vir almal se

ondersteuning en bydraes.

Een van die jonger

deelnemers – klein Janco van

den Berg wys ons is nooit te

jonk om te leer nie!

Spitskop 4x4

Sekerlik die oudste, maar beslis ook een van die

mees ervare deelnemers van die 4x4, was oom

Oscar Smuts met sy Cherokee Jeep. Dit rit

saam met hom het sy oomblikke gehad soos

wanneer die roete wegval in 'n diep sloot en al

wat mens sien is die wit enjinkap en blou lug

soos uit 'n klein vliegtuigie en oom Oscar se

gerustellende woorde “ek kan nie die pad sien

nie!” Nogtans, ons salueer oom Oscar vir sy

pragtige voorbeeld hoe om die lewe te geniet

ten spyte van jare wat aanstap.

-2-

En die oudste voertuig op

die bergpaaie was

sekerlik Schalk Conradie

van Cradock se 1946

Willys Jeep. Hierdie

oudstryder het menige

van die moderne voertuie

ore (of wiele) aangesit en

soos 'n jong apie tussen

die bosse en oor klippe

gedans waar die ander

jonges dit nie eens sou

waag nie.

Annie Slabbert vier 95 jaar

Dinsdag, 26 Maart, was ´n feesdag in Murraysburg

aangesien een van die dorp se oudste en mees

geliefde inwoners, Annie Slabbert, of tant Annie

soos sy algemeen bekend is, haar 95ste verjaarsdag

in goeie gesondheid kon vier.

Sy het sommer vroeg die oggend al die

toegeneentheid van Huis Spitskop se personeel

ervaar toe hulle haar meerstemmig toegesing het.

Daarna was dit so tussen al die oproepe deur ´n

geskarrel om die dame van die dag gereed te kry vir

die teeparty, wat ter ere van haar deur Johanna van

der Merwe, vroeër van Stellenboschvlei, aangebied

is.

Nie minder as 25 dames, van heel jonk tot self in die

neëntig, het tant Annie, mooi versorg soos altyd,

ingewag en amper met hulle goeie wense oorweldig.

Dat Annie Slabbert by jonk en oud geliefd is,

spreek boekdele vir haar warm persoonlikheid.

Elkeen geniet dit om by haar te kuier omdat sy ten

spyte van haar hoë ouderdom steeds vir ander

omgee, op hoogte van die sake van die dag is en

nooit oor die skete en kwale, wat ongenooid met die

jare kom, kla of praat nie. Natuurlik help haar

besondere humorsin haar om die minder aangename

te hanteer. Sy is waarlik geseënd om verstandelik

nog so wakker te wees!

Daar is heerlik saamgekuier, stories uit die verre

verlede opgediep en die keurige eetgoed saam met

die tee geniet. Sommige dames ken tant Annie nog

as Annie Henn, wat baie jare gelede met haar man

na Murraysburg gekom het. Hy het ongelukkig op ´n

-3-

jong ouderdom siek geword en het tant Annie hom

liefdevol versorg. Na sy oorlye het sy by die

munisipaliteit gewerk en vertel vandag nog hoe dit

hulle eer was om die gemeenskap flink te dien.

Niemand het gekla indien die diens na ure gelewer

moes word nie!

Toe sy met Chris Slabbert van Voetpad getroud is,

het sy die dorp vir die plaas verruil, maar ´n aktiewe

rol in die gemeenskap gespeel.

Al het sy nie eie kinders nie het sy in haar

broerskind, Johanna van der Merwe, meer as ´n

dogter gevind en het die twee ´n heel besondere

verhouding. Dit is vir beide wonderlik dat Johanna

nou skuins oor die straat van Huis Spitskop woon.

Mariette Slabbert, skoondogter van haar tweede

man, is ook soos ´n eie dogter. Sy het spesiaal van

Graaff-Reinet gekom en nog ´n jarelange buurvrou

en vriendin, Margaret Biggs, saamgebring.

Daar is nie ´n beter rolmodel vir met grasie oud te

word as Annie Slabbert nie! Alle Murraysburgers

wens hierdie baie spesiale dame ´n gesonde en

geseënde nuwe lewensjaar toe en sy op haar beurt

waardeer alle goeie wense opreg.

Tuinbou op Spingfontein

Die Aprilvergadering van die Tuinbouklub het by

Maryna Wallis op Springfontein plaasgevind. Ter

opening lees sy voor uit ´n gratis koerantjie, propvol

tuinwenke en interessanthede. Dit is by CMW

beskikbaar.

Dr. Rachel Hobson, ´n bekende tuinboukundige

woonagtig in Graaff-Reinet se distrik, vertel die lede

meer van baardirisse. Heel gepas, omdat irisse in

alle kleure voorkom, is die naam iris afkomstig van

die Grieks vir godin van die reënboog.

Indien hulle reeds die volgende somer moet blom, is

Oktober en November ´n goeie planttyd, maar hulle

kan ook van Maart tot Mei, wanneer die ergste

somerhitte verby is, geplant word. Alhoewel hulle

erge koue in die winter kan trotseer, benodig hulle

vanaf die laat winter tot die lente minstens 6 ure se

sonlig per dag.

´n Bietjie beenmeel onder in die gat bevorder

wortelgroei. Die knolle moet minstens 2cm diep

geplant word om uitdroging deur die son te voorkom.

Die knolle moet 20cm uitmekaar geplant en elke drie

jaar verdeel word. Indien hulle té lank nie uitgeplant

word nie neem die blomvermoë af. Irisse vertoon ook

mooi in potte.

Gedurende die winter benodig hulle slegs een keer per

week water, twee of meer kere gedurende die lente

wanneer die knoppe gevorm word en twee keer per

week in die somer.

Die blomvermoë sal baie baat vind by voeding vanaf

laat in Augustus of so ses weke voordat die eerste

blomme verwag word. Irisse is pragtige snyblomme,

wat in baie verskillende kleure voorkom. Dit is

belangrik om die verskillende kleure aan te dui,

voordat hulle uitgeblom is, sodat daar nie per ongeluk

tydens verdeling van die kleure uitgegooi word nie.

Hobson het nie net die dames van die waarde van

irisse in die Karootuin oortuig nie, maar ook verskeie

bolle saamgebring wat veral die jong tuiniers graag

gekoop het.

Soos gebruiklik is die vergadering afgesluit met

heerlik kuier om die teekoppies en die gasvrou se

verversings is baie geniet.

VLV win kennis in omtrent

skoolgereedheid

Lina van den Berg, Maryn de Klerk & Hannelize

van Heerden

Tydens die Meivergadering het Maryn de Klerk,

departementshoof vir die grondslagfase by die

Murraysburg Primêre Skool, met die jong ma’s en

oumas na aanleiding van haar wye ondervinding oor

skoolgereedheid gesels.

Om skoolgereed te wees, moet die kind fisiek,

emosioneel, sosiaal en kognitief sekere

-4-

ontwikkelingsvaardighede onder die knie hê. Dit

beteken dat sy taalgebruik vir ander mense as sy ouers

verstaanbaar moet wees. Hy moet nie net groot nie,

maar ook fyn motories gekoördineerd wees en kan

wag en aanvaar wanneer sy ouers of juffrou nee sê.

Hy moet nie net met maats kan speel nie, maar ook

kan deel en kan stilsit om die eerste keer al te luister

en gepas te reageer. Die kind wat skoolgereed is, kan

dink en vasbyt om realistiese take te voltooi, al is dit

nie altyd vir hom / haar lekker nie.

´n Kind, wat nie fisiek genoeg ontwikkel het nie, se

aandagspan is kort en hy /sy het nog oorwegend ´n

behoefte om te speel. So ´n kind vermy

papieraktwiteite en opvoedkundige speletjies.

Dikwels weier hy om opdragte uit te voer en reageer

emosioneel om sy onvermoë om die taak suksesvol af

te handel, te verbloem.

Die kind, wat fisiek gereed is, kan huppel, gallop,

met ´n tou spring en veters vasmaak. Hy kan lank

genoeg stilsit om te leer en ´n potlood en skêr met

gemak hanteer. Hy kan ook na sy eie liggaamlike

behoeftes omsien, soos om homself aan te trek, toilet

toe te gaan, sy eie broodjie te smeer en self te kan eet.

Wanneer die kind fisiek onafhanklik begin

funksioneer, begin hy selfvertroue ontwikkel wat

weer sy leergierigheid positief beïnvloed.

Emosionele en sosiale vaardighede ontwikkel hand

aan hand en is aldus De Klerk die belangrikste vir

skoolgereedheid. Die kind moet in ´n groep kan

optree en aanvaar dat almal dieselfde geleenthede om

bv. iets in die klas te vertel, moet kan hê. Hy moet sy

beurt kan afwag en bereid wees om te deel. Hy moet

oor genoeg selfvertroue beskik om aan die

klasaktiwiteite deel te neem en teleurstellings binne

perke kan hanteer. Emosionele en sosiale gereedheid

is die basis van konsentrasie, geheuevorming en

motivering.

Wanner ´n kind dit wat hy voel en dink duidelik in

woorde kan oordra, is hy kognitief skoolgereed. Hy

ken die verskil tussen links en regs en verstaan

ruimtelike konsepte soos bo / onder en voor / agter.

Hy maak sin uit wat hy sien en hoor, dink daaroor en

redeneer sinvol en toepaslik. Hy kan hoekom vrae

soos Hoekom word wiele nie van glas gemaak nie?

beantwoord en verstaan wiskundige konsepte soos

meer as, minder as, groter as, kleiner as en getalle.

Skoolgereedheid word ontwikkel deur konkrete

ervarings. Heel eerste ontdek hy deur sy sintuie

(sensories) sy lyfie en wat dit alles kan doen. Hy

ontdek sy omgewing en alles wat daarin is deur aan

alles te vat. Die sensories-motoriese ontwikkeling

stimuleer sy brein. Wanneer hy nog baie klein is, gaan

alles mond toe. Konkrete ervarings beteken dat die

kind regte goed of speelgoed, wat soos regte goed lyk,

gebruik om te speel en te leer.

Semi-konkrete ervarings soos blootstelling aan papier,

boeke, die rekenaar, televisie en saam storielees

bevorder skoolgereedheid soos ook abstrakte

ervarings wanneer hy vorige ervarings met verf, kryte,

gom en klei weergee.

De Klerk het die jong ma’s aangeraai om hulle

kinders se skoolgereedheid objektief te beoordeel en

om die kind liewers later skool toe te stuur indien

hulle enigsins twyfel, aangesien dit andersins vir die

kind en sy ervaring van die skool baie nadelig kan

wees. Die graad R-opvoeder sal goeie raad kan gee

soos ook ´n opvoedkundige sielkundige.

Drukkies laat elke kind veilig en geliefd voel en laat

hom ontwikkel terwyl ´n kind, wat deur sy ouers

gedruk word om skool toe te gaan, wanneer hy nog

nie gereed is nie, gekneus word en ´n swak selfbeeld

ontwikkel.

Met hierdie vergadering het die VLV daarin geslaag

om in die behoeftes van die jonger sowel as die ouer

lede te voorsien.

VLV beleef München

By die Meivergadering het Lina van den Berg die lede

laat deel in die daaglikse lewe van die inwoners van

München. Lina en Kotie van den Berg het tydens

hulle onlangse besoek aan hulle seun, Cobus, wat as

chemiese ingenieur vir die internasionale maatskappy

LINDE in München werk, kon deel word van die

plaaslike bevolking en het München heel anders as die

gewone toeris beleef.

Hulle het weer eens onder die indruk van die

uitstekende openbare vervoerstelsel, soos oral in

Europa, gekom. Daar is afgesien van busse en trems

ondergrondse en bo-grondse treine in die

stadsgebiede, streekstreine tussen dorpe en stede en

dan natuurlik die sneltreine, wat so vinnig beweeg dat

die verbyflitsende landskap slegs ´n streep is. Alle

openbare vervoer is skoon en netjies en ALTYD

betyds. Aangesien parkeerruimte in die Europese

stede moeilik bekombaar is, gebruik almal die

openbare vervoer. Gelukkig stel ´n treinkaartjie jou in

-5

staat om ook bus en trein te ry en is afsonderlike

kaartjies nie nodig nie. Goedkoper tariewe buite

spitstye bevorder beter benutting van die treine deur

die dag.

Alhoewel die openbare vervoerstelsel oorwegend

gebruik word, het baie mense hulle eie voertuie en

koop hulle graag Duitse fabrikate soos Porché, BMW,

Mercedes en Volkswagen / Audi. Hierdie voertuie is

in vergelyking met S.A. heel bekostigbaar, in ag

genome die hoër salarisse. Die Duitsers verkies oor

die algemeen "sober" kleure soos silwergrys en swart

vir hulle voertuie, maar die sportmotors is dikwels

rooi of geel! Ou motors word nie baie gesien nie,

veral nie op die Autobahn nie, waar die gemiddelde

spoed net té hoog is.

Die mense van München hou van die buitelewe en

daar is baie parke in die stad. Die "Englischer

Garten" langs die Isarrivier ( ongeveer 300 ha) is die

bekendste en oud en jonk stap, draf, ry fiets, ski, ens.

by elke moontlike geleentheid. Die koue skrik hulle

nie af nie. Daar is binnenshuis ook uitstekende

geriewe om fiks te word en te bly. In die Ostpark

(ongeveer 60 ha groot) aangrensend aan die

woonstelgebou, waar die Van den Bergs se kinders

woon, is daar buite stap- en fietsrypaaie,

oefenapparate, speelparke, ysskaatsbaan vir die

winter, ´n rolskaatsbaan vir die somer, buite- en

binnenshuise tennisbane, buite- en binnenshuise

verwarmde swembaddens, ens. . By die Isarrivier in

die stad is daar ´n kunsmatige brander, waar die

avontuurlustiges winter en somer hulle branderryvaardighede

kan oefen.

Saamkuier in die biertuine is ´n tradisie vir die hele

gesin. Spesifiek in Oktober lok die Oktoberfest

mense van oor die hele wêreld na München. Die

biere is beslis ligter as die S.A. biere met minder gas.

Daarby word die tradisonele Weisswurst met

mosterdsous en "bretzel" geëet. Vir die niebierdrinkers

( waarvan daar min is!) , is die geurige

appelsappe ´n goeie alternatief. Tradisionele

restaurante, waar die kelners en kelnerinne jou

dikwels in tradisionele drag bedien, word ook graag

deur gesinne besoek. Wanneer vriende vir ete genooi

word, is dit meestal in ´n restaurant en word daar nie

dikwels tuis onthaal nie. Koffiekroegies met al die

dekadente soetgebak, "Torten", is baie gewild en daar

is natuurlik ook baie bierbrouerye.

Groot winkelsentrums soos ons dit in ons stede ken,

kry jy slegs aan die buitewyke van die stad, maar in

elke woonbuurt is kleiner winkels, klein supermarkte,

slaghuise, bakkerye en "familie-besighede". Soos ook

elders in Europa koop mense gewoonlik daagliks

hulle benodigdhede vars. Luukse winkels soos Gucci,

Cartier, Prada, Valentino is afsonderlike winkels in

die middestad. As jy genoeg geld het, koop jy in

Ober Polinger area!

Gesinne doen baie dinge saam en ouers word

aangemoedig om meer as een kind te hê aangesien die

bevolkingsgroei baie afgeneem het. Kraamverlof

beloop ongeveer ´n jaar en die werkgewers is verplig

om jou werk vir daardie tyd te hou. Selfs die pa´s kry

vir ´n redelike tyd ouerverlof omdat hulp in die huis

nie geredelik beskikbaar is nie. Staatsondersteunde

kleuterskole is algemeen beskikbaar, maar die

voertaal is uiteraard slegs Duits.

Soos die meeste Duitsers is die mense in München

ook gereelde teatergangers. Ook die kinders woon

gereeld simfoniekonserte, opera-, ballet- en

toneelopvoerings by. Die München operahuis het ´n

wonderlike geskiedenis.

München het ook sy kwota museums, waarvan die

Deutches Museum seker die bekendste en gewildste

is. Dit is een van die wêreldbekende museums vir

wetenskap en tegnologie. Daar is ook aparte

Lugvaart- en Vervoermuseums, museums vie die

kunste, e.a.

Die omgewing van dié mooi stad, so aan die

voetheuwels van die Alpe, is pragtig. Die stad word

deur ´n aantal prentjiemooi mere omring. Aangesien

München so naby aan die Alpe geleë is, kan die weer

baie vinnig verander. Die lente kan feitlik oornag

kom en is dit nou lowergroen met blomme soos

affodille, tulpe, hiasinte en so meer net waar jy kyk.

Die winters is baie koud met sneeu en die somers kan

heel warm word, selfs met baie swaar donderweer!

Die mense beweeg maklik oor landsgrense heen en

gaan sommer vir ´n naweek na Switserland,

Oostenryk of Italië, wat binne enkele ure per trein of

motor bereik kan word.

Opvallend is almal se bewustheid van die bewaring

van hulpbronne. Hulle is voor op die gebied van die

ontwikkeling en benutting van hernubare energie en

herwinning is in hierdie stad ´n leefwyse. In elke huis

is houers vir die herwinning van verskillende soorte

afval. Dit is jou verantwoordelikheid (wat almal

nakom) om alle herwinbare materiaal in die toepaslike

houers naby aan jou woonplek te gaan aflaai. ´n

-6-

Skoon omgewing is die mense se erns en daar lê

werklik geen gemors in die strate rond nie.

Alhoewel Duitsers onregverdiglik as minder

vriendelik bekend is, is hulle in Bayern, waarvan

München die hoofstad is, baie gemoedelik en

vriendelik teenoor toeriste. Die Suid-Duitsers is meer

ekstroverte as die oor die algemeen ernstiger

introverte van Noord-Duitsland. Die

weersomstandighede speel glo in dié verband ´n rol.

In München sing hulle met oorgawe in die biertuine,

is hardwerkend, deeglik en toegewyd.

Alhoewel die gras altyd groener anderkant die draad

lyk, het die VLV-dames tog besef dat ons heelwat van

München en sy mense kan leer.

Tuinmaak vir Kinders

Die jonger lede van die Tuinbouklub is besonder

innoverend en het Linda van den Berg by die

Meivergadering oor die belangrikheid van tuinmaak

vir kinders vertel.

Kinders moet by alle aktiwiteite in die tuin betrek

word. Dit is die ideale plek om hulle bewus te maak

van hul omgewing en hulle aandag nie net op

skoenlappers en bye te vestig nie, maar ook op goggas

en selfs wurms. Hulle behoort 'n eie plekkie in die

tuin te hê waar hulle kan eksperimenteer met plante

wat maklik groei soos boontjies, kappertjies en

pampoen. Hierdie plante het ook groot sade wat

kinderhandjies maklik kan hanteer. Houertuine werk

goed en elke kind kan sy eie pot hê.

Omdat kinders nuuskierig is, kom die belangstelling

vanself. Om hulle ontkieming te laat sien, kan 'n

boontjie tussen twee lae klam watte geplaas word.

Indien dit gereeld nat gemaak word, behoort 'n

worteltjie binne twee dae te verskyn. Omdat

boontjies vinnig ontkiem, is daar elke dag 'n

verrassing vir nuuskierige klein breintjies. Sodra die

blaartjies vorm, kan dit in die kind se tuintjie

uitgeplant word.

Tuinmaak moet pret wees en is ongemerk baie

opvoedkundig. Dit leer die kinders van tyd en die

verandering van seisoene en dat daar elke seisoen

ander take in die tuin is. In die herfs hark ons blare,

in die lente blom alles en in die somer word die vrugte

ryp. In die winter kom alles tot stilstand om nuwe

kragte vir die volgende somer te versamel.

'n Kind moet in die grond kan speel en maar kan vuil

word. Hy moet respek vir grond hê omdat dit lewe

gee en nie leer dat dit iets vuils is nie. Hy moet leer

dat alle plante gereeld voldoende water moet kry om

te kan groei, maar moet ook leer om water

oordeelkundig te gebruik en dit nie te mors nie.

Laat die kind toe om in die komposhoop en tussen

die plante na goggas te soek. So leer hulle waar

hulle bly en wat hulle eet. Bespreek met die kind

dat die goggas beheer moet word sodat hulle nie al

die groente opeet nie.

Tuinwerk moet pret wees en ouers moet toelaat

dat kinders eksperimenteer al weet hulle dat die

kind se poging dalk gaan misluk. Ouers moet nie

net antwoorde verskaf nie, maar die kind toelaat

om self uit te vind oor plante, groente en goggas.

Neem die gogga af en laat die kind op die internet

na die gogga se naam soek, waar hy woon en wat

hy eet.

Kinders hou van detail. Laat hulle self in boeke of

die internet navorsing doen oor die groente of

blomme wat hulle die volgende seisoen wil plant.

So leer hulle ongemerk van die natuur en ons

afhanklikheid daarvan. Hulle besef ook waar kos

vandaan kom en dat dit nie net op die winkelrak

"verskyn" nie.

Gee vir kinders klein takies in die tuin volgens

hulle belangstelling. Sommiges hou van in die

grond grawe terwyl ander net wil natgooi. Om

hulle belangstelling te behou, moet dit takies wees

wat vinnig afgehandel kan word.

Alle kinders hou van oes. Laat hulle vars groente

en vrugte sommer in die tuin eet. Groter kinders

kan ekstra groente vir sakgeld verkoop. So leer

kinders van harde werk en hoe alles in mekaar

skakel.

Tuinwerk leer die kind respek vir die natuur, goeie

eetgewoontes en om eienaarskap te aanvaar.

Boonop is die tyd wat ouers met hulle kinders in

die tuin werk kwaliteittyd.

Linda van denBerg

ABSA-besoek hoogtepunt

vir Huis Spitskop

´n Afvaardiging van senior ABSA-personeel van

Port Elizabeth en ook van die plaaslike tak het

Huis Spitskop op Vrydag, 24 Mei, besoek. Vir die

inwoners is dit aldus die inrigtingshoof, Ettienne

Terblanche, die hoogtepunt van die jaar omdat

hulle werklike omgee van Suzette Celliers en haar

span ervaar.

Suzette Celiers, Provinsiale Hoof van Bemarking,

en Johnny Alcock,Verkopebestuurder ABSA

Besigheidsbank, is al ou bekendes by Spitskop en

die weersiens is elke jaar aandoenlik. Natuurlik is

die ruim geskenke, wat hulle bring, uiters welkom,

maar die inwoners en personeel voel aan dat dit

nie ´n promosiefoefie is nie, maar dat van die

senior personeel van ABSA in Port Elizabeth

soveel vir hulle omgee dat hulle jaar na jaar

tydens ´n baie vol naweek tyd inruim om

persoonlik by Spitskop te kom besoek aflewer,

word raakgesien en waardeer.

Vanjaar is elke inwoner met ´n heerlik sagte

handdoekstel, toiletware en iets vir die soettand

bederf. In ´n inrigting, wat moeite het om kop bo

water te hou, is ´n nuwe dik badhanddoek

absoluut ´n luukse, veral nou in die kouer dae.

ABSA het ook met ´n geskenkie aan elke

personeellid erkenning vir hulle sorg gegee.

Aangesien die personeel dikwels as

vanselfsprekend aanvaar word, word hierdie mooi

gebaar besonder waardeer.

Maretta Theron, voorsitter van die beheerraad, wat

elke jaar saam met haar eggenoot, Jacques, die

Murraysburg Jagkompetisie vir die

Landbougenootskap reël, het namens die

Jagkompetisie aan elke inwoner lekker warm

pantoffels oorhandig. Huis Spitskop is bevoorreg

om jaarliks in die Jagkompetisie se wins te mag

deel en die pantoffels dra aan elke inwoner die

boodskap oor dat daar spesifiek vir hom of haar

omgegee word. Van die Landbougenootskap is ´n

boks energiebesparende gloeilampies ontvang,

wat beslis sal help om die energiekoste te besnoei.

Die elektroniese skaal, wat ook oorhandig is, sal

sake in die kombuis baie vir die voedselbestuurder

vergemaklik. Sonder sulke vrygewige bydraes van

buite-instansies sou Huis Spitskop nie die mas kon

opkom nie.

Ter aanvulling van Ettienne Terblanche se

bedankingswoorde het die personeel en ook die

inwoners vir die ABSA weldoeners gesing. Hulle

sang het heelwat meer as woorde gesê!

-7-

ABSA - Hoofborg van

Avontuurnaweek

Beste skut: Wynand Smit

Die Landbougenootskap, wat Huis Spitskop elke jaar

laat voordeel trek uit sy jagkompetisie, en die

reëlingskomitee van die Huis Spitskop 4x4 te De Vlei,

Jos Cloete, het besluit om vanjaar kragte saam te gooi

deur die twee spoggeleenthede op een naweek aan te

bied. ABSA is die hoofborg van beide geleenthede.

Soos nou al gebruiklik het jagters van so ver as

Pretoria, Kaapstad en omgewing, Middelburg

(Mpumalanga) en natuurlik omliggende dorpe vroeg

Vrydagoggend in die skousaal aangemeld. Nadat ds.

André Louwrens die verrigtinge geopen en om seën

daarop gebid het, het Anthonie Troskie die reëls van

die kompetisie voorgehou.

Die loting van watter span op watter plaas gaan jag,

bly opwindend. Die aard van die terrein, grootte van

die kampe, aard van binneheinings en natuurlik die

boer se wildbestuur speel ´n groot rol in die

moontlikheid vir elke jagter om twee besonder groot

bokke in die beperkte tyd van vier ure te kan skiet.

Daarbenewens is die jagters se bedrewenheid en

skootkeuse natuurlik van die grootste belang. Goeie

samewerking van die vier spanlede is onontbeerlik en

die kameraadskap wat so ontwikkel, maak hierdie

kompetisie iets unieks. Dieselfde spanne neem jaar

na jaar deel en aangesien nie meer as dertig spanne

hanteer kan word nie, kry nuwe spanne slegs in geval

van ´n kansellasie geleentheid om deel te neem. Soos

gewoonlik het die spanne dan ook direk na afloop van

die kompetisie vir 2014 bespreek!

Vrydag, 24 Mei, was ´n mooi herfsdag met blou lug

en slegs ´n matige windjie in die namiddag. Danksy

die goeie reën, wat oor die Paasnaweek geval het, is

die veld so mooi soos selde hierdie tyd van die jaar en

het die jagters hulle in die mooi natuur verlustig.

-8-

Die eerste spanne, wat op nabygeleë plase gejag het,

het vanaf drie-uur begin terugkeer. Onder leiding van

Jacques Theron is die bokke gemerk, geweeg en die

skote geëvalueer. Dirk van den Bosch het die horings

met groot noukeurigheid gemeet. Verskeie jonger lede

van die gemeenskap is vanjaar by die verskillende

take betrek. Die jagters het die hele proses met groot

belangstelling gade geslaan.

Terwyl ´n span gesoute braaiers, wat reg aan ´n

biefstuk kan laat geskied, by die vure geswoeg en die

dames van die skoukomitee en helpers in die kombuis

gespook het, het die prysuitdeling om sewe-uur ´n

aanvang geneem. Aldus Pieter de Jager, Senior

Landbouspesialis van die Suid- en Oos-Kaap wil

ABSA met sy borgskap van die Jagkompetisie,

Murraysburg se grootste enkele projek, nie net die

jagters nie, maar veral die hele gemeenskap laat baat.

Aangesien die Afrika-bevolking vorentoe steeds sal

toeneem, is voedselsekerheid van die grootste belang,

wat ABSA se ondersteuning van die platteland

regverdig. Hy het dan ook die pryse oorhandig.

Weens die entoesiasme van die 120 teenwoordige

jagters was dit nie altyd ´n maklike taak vir die

seremoniemeester, Anthonie Troskie, nie.

Danksy lojale, vrygewige borge, van wie die meeste

al vir jare betrokke is, is baie jagters met groot en

praktiese pryse beloon. Namens alle Murraysburgers

baie dankie aan die volgende borge, wat die

kompetisie moontlik maak: ABSA (´n groot kontant

bedrag waarmee pryse aangekoop is, die

gaskunstenaar en pette), Rudolph Optics (teleskope en

verkykers), Safari & Outdoor ( R10 000 se

geskenkbewyse en pette), Sitskootspan (kontant),

Daan Dercksen (R4 000 kontant), die Breërivierspan

(kas KWV brandewyn) , Terason Johan van Wyk (

geskenkpakke wyne), asook Jacques Theron, Dirk van

Schalkwyk en H.P. van der Merwe ( lammers wat

opgeveil is).

Na die prysuitdeling is daar heerlik gesmul aan die

sappige biefstukke en het die Weskus-klong, Andries

Vermeuelen, die jagters verder vermaak. Vermeulen

het vier lammers en wyn wat deur Terason geskenk is

Wenspan: Safari & Outdoor span - Wynand

Smit, Gustav Rautmann, Dawie Joubert,

Ockie Els

aie vaardig soos ´n professionele afslaer opgeveil. Die ongelooflike bedrag van R25 600 wat die veiling

opgelewer het, kom Huis Spitskop ten goede. Dit is uiters welkom en die beheerraad, personeel en inwoners

is baie dankbaar dat jagters hulle so ondersteun.

Die Landbougenootskap verdien ´n pluimpie vir die aanbied van ´n kompetisie van dié omvang, maar alle

krediet vir die sukses moet aan Maretta en Jacques Theron gaan. Niemand besef werklik hoeveel noukerige

en harde werk daaraan verbonde is nie aangesien hulle dit so maklik laat lyk.

Die belangrikste pryswenners is:

KATEGORIE BORG PRYS

Swaarste ram

1 Kalie van Heerden ABSA Kampeertafel

2 Gustav Rautmann ABSA Opblaasmatras

3 Cornel van Rensburg Rudolph Optics Oormof

Swaarste ooi

1 Okkie Els ABSA Verlengkoord

2 Kalie van Heerden Rudolph Optics Oormof

Ram met langste horing

1 Christoffel Marais ABSA Opblaasmatras

2 Gustav Rautmann Rudolph Optics Oormof

3 Jan Botha Johan van Wyk 3 wyn –pak

Ooi met langste horings

1 Manus Meyer ABSA Bosch Gereedskapstel

2 Okkie Els Rudolph Optics Oormof

3 Edniël Theron Johan van Wyk 3 wyn-pak

Plaas met die langste horings (ram)

1 Middelkop ABSA Bosch Gereedskapstel

2 Glen Cliffe ABSA Ridiater Saadnet

3 Groot Driefontein Johan van Wyk Kissie wyn

Plaas met die langste horings (ooi)

1 Boksfontein ABSA Gasbrander

Beste skoot

1 Gustav Rautman Rudolph Optics Teleskoop 4-16 (R6000.00)

2 Theronnie van der Merwe ABSA & Safari & Outdoors Kampeertafel & R2 000-

geskenkbewys

Plaas met die swaarste bok

1 Waterskloof ABSA Kompressor en trofee

2 Glen Cliffe ABSA Kompressor

Skut met hoogste totale punte

1 Wynand Smit Rudolph Optics Teleskoop

2 Ludwig van Heerden Safari & Outdoors R3 000- geskenkbewys

3 Daan Dercksen Safari & Outdoors R2 000-geskenkbewys

Plaas met die hoogste gemiddelde gewig

1 Waterskloof ABSA Ryobi staanboor

2 Waterskloof ABSA NiKon verkyker

3 Glen Cliffe ABSA Kampeertafel

Span met die beste punte

1 Safari & Outdoor 2 Rudolph Optics 4 teleskope, 4 oormowwe en 4 pette

2 Breërivier Rudolph Optics 4 teleskope

3 Murraysburg ABSA 4 x 2 Handtelefone

4 Tenat Breërivier Safari & Outdoors 4 x R500-geskenkbewyse

5 Safari & Outdoor ABSA 4 Broodpanne

6 The hit squad ABSA 4 gereedskapskassies

7 Karoospan Rudolph Optics 4 Oormowwe

8 Colesberg Johan van Wyk 4 De Doorns Wyne

- 9 -

Face:

Environ Df Ultimate Facial R380 (90min)

Environ Df Enhancing Facial R320 (75min)

Environ Hands-­‐on-­‐Facial R280 (60min)

Peel Treatment R280 (60min)

All Environ facials include hand treatment and

foot massage

Annique Xpress Facial R150 (30min)

Annique Hands-­‐on-­‐ Facial R250 (50min)

Annique Facial with Galvanic R280 (60min)

Brow Tint R30

Lash Tint R50

Hands & Feet:

Manicure R120

French Manicure R150

Paraffin Wax Manicure R150

Paraffin Wax Dip for Hands R40

Mini Manicure ( File & Paint) R60

Pedicure R160

French Pedicure R180

Paraffin Wax Pedicure R180

Paraffin Wax Dip for Feet R40

Wax:

Full leg Wax R120

Full leg Wax incl Bikini R150

Half leg Wax R90

Bikini Wax only R50

Brasilian Wax R120

Under Arms R50

Lip or Brow Wax R30

Face Wax R70

Massage:

Full Body R300 (60min)

Back Neck & Shoulder R180 (40min)

Arm, Hand & Foot R150 (30min)

Head, Face & Foot R150 (30min)

Gym contract per month R250

(including 2x programs per month)

Phone : 078 127 5225

E mail : vonita.lavenderbreeze@gmail.com

Afrifraans!

For the month of June…

-­‐ 10 -­‐

Father’s day Special :

R280 (60min)

heel peel for cracked feet

Kom geniet ‘n aand van goeie kos in die Fraanse styl met ‘n Boere ‘twist’.

Bring gerus U eie wyn of drinkgoed.

• Vrydag 7 Junie 2013

• Vanaf 19:00

• R150 per persoon

Bespreek asseblief teen 31 Mei.

Bon Appetit!

Erika:074 5528994

with

hotstone back massage

Buying or selling

a farm, vacant

land, business or

home in

Murraysburg?

We can help you.

Email: graaff-­‐reinet@pamgolding.co.za

Voice message: 072 280 7792

The Trans Karoo is in its third running this

year and takes place every two years. This

year it will be from Sat 22nd to Thurs 27th June 2013. The tour is held over 5 days and each year the

route changes. It leads mountain bikers through approximately 500 kilometers of this beautiful region,

the Karoo, in the Eastern Cape. The entire route sticks to good gravel roads so the level of technical

riding is kept to the minimum.

Fund Raising

The bike trailer we will be transporting your bikes on this year was a result of the 2009 tour. In 2011 Isithembiso Home for

Abandoned babies – Walmer, benefitted from the tour to the sum of R10 000.

This year we hope to successfully raise funds to touch the Emmanuel Children’s Home and Youth Care Centre in Middleburg

http://emmanuelhome.blogspot.com and create a better life for these disadvantaged children and the influx of new children,

recently placed in the home. The funds raised will be administered by the charity TOUCH AFRICA, a section 21 company Non

Profit organization whose primary focus is children and the Emmanuel Childrens Home is in alignment with the ethos of this

reputable charity . (check out www.touchafrica.info )

Charity

Emmanuel Children’s Home will be the beneficiaries from the fund raising this year. For every R1000 raised over and above your

R3800 entry fee, the rider can choose to redeem R500 from his entry fee up to a limit of R3000 or donate it to the charity itself.

The Ride All riders start together at 09h00 and may ride in pairs or in ability groups. There will be a number of backup vehicles

stationed along the route, with a sweep minibus and trailer for anyone who wishes to ride in a relay with a partner, or for those

who feel that they are done for the day. For the 2013 tour we expect to reach the end of the day’s ride by 15h00

Focus on the Rider The Trans Karoo is organised so that if riders feel they would like to do more kilometers than presented,

riders may double back to join groups behind them. A logistics crew will be on hand to assist you with the transport of bags,

bedding, showers, food etc. A mechanic will be on hand to assist you with any bike problems during the ride and after the ride,

and certain equipment can be purchased from the mechanic if the need arises. One or two masseurs can be booked after each

day’s riding at a small fee. Everyone is asked to supply a sleeping bag, pillow, blanket and sleeping mat or stretcher as some of

the remote farm houses do not have sufficient beds for everyone. If you regard your own privacy as important, please bring your

own small tent. Carbo-loaded breakfasts and dinners and ride nutrition will all be provided. If you have any special dietary

requirements, please bring them with you.

New Route Every Year The route of the Trans Karoo changes every year and riders will see wide open Karoo plains, majestic

mountains, ravines, indigenous forests and the golden valleys. The route is characterised by dusty roads, a few strenuous rocky

uphills and ‘leg breathing’ flowing downhills. One mustn’t forget the beautiful Karoo night skies. At this time of the year, the

weather in this region can vary from snow with westerly winds to 25 degrees with warm northerlies, blowing one all the way to

the coast, so come prepared for both conditions, particularly the cold.

After 10yrs one would have done all ‘5 fingers’ of the Trans Karoo, 5 different routes all covering 500km, and by then

you’ll know the Karoo LIKE THE BACK OF YOUR HAND! Hopefully after completing this finger, you’ll be enthused to do the

final two.

Duration: 5 nights / 5 days – GUIDED plus a day travelling to the start. (included in the entry) Dates 2013: Saturday22nd h

(8.30am) to Thursday 27th June (approx. 4pm)

Start – Finish: Woodridge Schools (Van Stadens Gorge approx. 35km from Port Elizabeth)

Accommodation: 5 nights in farm houses (beds for some, possibly), shearing sheds & tents if you enjoy your own privacy.

Tour: Approximate distances –

· Day 1 to Nieu Bethesda 90km

· Day 2 to Camdeboo Valley (nr Graaff-Rienet) Farm 100km

· Day 3 to Baroe (nr Jansenville) 110km

· Day 4 to Groot Poort (near Steytlerville)100km

· Day 5 to Woodridge 100km.

The routes are mostly gravel roads but occasionally double track dirt roads. Riding surface is not technically demanding but skill

is required, and fitness, to handle the long rides and elevation. Trip includes: Transport and padkos to Middleburg. 5 nights

lodging, all dinners as shown in the itinerary, picnic lunches, breakfasts, road book with maps and route profiles, luggage

transport, support vehicle and bike trailers, energy bars, soft drinks and a post tour DVD.

Entries are open to the 1st 40 entries and will be based on a 1st come 1st serve basis. Your entry

will only be accepted once full payment has been made. FROOF OF PAYMENT TO BE EMAILED

billy.teeton@woodridge.co.za OR SMS 083 659 3903. Please check transkaroo mtbtour FACEBOOK

page for updates on places still available or contact me direct.

Price: R3800 per person –

ACCOUNT DETAILS:(acc.name), Woodridge Trust,

Standard Bank, Account number 080372120

Branch code 050 017, Reference: (surname)trans

Entries close at 40 riders and interest has exceeded expectations.

If you have any questions with this regard, please don’t hesitate to contact me.

Yours sincerely

Billy Teeton

-­‐ 11 -­‐

-12-

Die lekkerste bymekaarkomplek in Murraysburg. By

die nuwe Kweperlaan is daar baie gerieflike sitplek

en kuierplek binne en ook buite onder die koel

druiwe-prieel. Ideaal vir funksies, kinderpartytjies

of selfs meer formele byeenkomste.

Indien julle lus is vir ‘n ontbyt of middagete, reël net

vooraf met Jenny by 082 509 3120.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!