02.05.2013 Views

Mei 2012 - Murraysburg

Mei 2012 - Murraysburg

Mei 2012 - Murraysburg

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

MURRAYSBURGER

The secret is out!

Go to www.murraysburg.co.za April 2011

Price: R1.00

The Murraysburger is also available on the

website. Hard copies available at

Kweperlaan Coffee Shop.

Contact details on page 2

AWK Streekskongresse Sentraal-Karoo (Beaufort-Wes)

Mei 2012

R3.00

No 14

Agri Wes-Kaap vier hierdie jaar die twintigste reeks streekskongresse in die provinsie. Die kongresse

is ‘n uitstekende platform om inligting uit te ruil, kwessies van belang te debatteer en moontlike

oplossings vir die vele uitdagings in die landbousektor te probeer vind.

Tydens die streekskongres in Beaufort-Wes, het die boere van Sentraal-Karoo hul dank teenoor die

Skepper uitgespreek vir die gunstige klimaat- en boerdery toestande wat hulle gedurende die vorige

jaar beleef het.

Hidrouliese breking in die Karoo, administratiewe prosesse van jagpermitte, die vlak van

Veeartsenydienste en stygende Eskom tariewe is ‘n paar van die knelpunte wat ook tydens die kongres

bespreek is.

Die jaarlikse streekskongresse word in tien verskillende dorpe van die provinsie aangebied om soveel

moontlik boere en rolspelers geleentheid te gee om dit by te woon en deel te wees van die besprekings

op die landbou agenda.

Kotie van den Berg, plaaslike boer van Murraysburg, het na tien jaar as Streeksbestuurslid vir die

Murraysburg en Beaufort-Wes Distrik Landbouverenigings (DLV’s), die leisels oorgegee. Kotie is in

2002 tydens die Agri Wes-Kaap Jaarkongres tot hierdie posisie verkies en het sedertdien ‘n

merkwaardige bydrae tot georganiseerde landbou gemaak.

Carl Opperman, HUB van Agri Wes-Kaap, beskryf Kotie as ‘n besonderse mens wat die landbousektor

met toewyding, passie en entoesiasme dien. “Wat my die meeste beindruk, is sy integriteit, besonderse

insig en fenominale kennisvlakke. Kotie is ‘n diep denker, wat moeilike situasies met die kalmte van

die Karoo hanteer en alhoewel hy

baie hoë hoogtes in sy lewe bereik,

is sy voete nog plat op die aarde”, sê

Opperman

Alhoewel Kotie afskaal op sy

betrokkenheid in die formele

strukture van georganiseerde

landbou, is ons dankbaar dat hy

voortgaan om as voorsitter van

Murraysburg Landbouvereniging te

dien en op hierdie wyse nog ‘n

bydrae tot die landbousektor gaan

maak.

Agri Wes-Kaap

BRIEWE/LETTERS

TEL/FAKS: 049 844 0135 SMS: 072 388 9284 / 082 5093 120

EPOS: renetheron@mweb.co.za / jennyballantyne@telkomsa.net

POSADRES: Voortrekkerstraat 30, Murraysburg, 6995

Skuilname mag gebruik word, maar alle briewe moet vergesel wees van ‘n naam, adres en handtekening.

Die redaksie behou die reg voor om briewe te verkort of te verwerp. Die sperdatum vir bydraes is middel van die maand.

Pseudonyms may be used, but all letters must be supported by a name, signature and address.

The editors reserve the right to edit or reject letters. The deadline for contributions is middle of the month.

VAN DIE REDAKSIE .......................

Die geleerdes en wetenskaplikes wat heel tereg ons so bangpraat oor globale verwarming, moet ‘n

bietjie in Murraysburg kom bly en hulle sal gou-gou die volgende ystydperk begin propageer. Die

winter is vanjaar darem vroeg en hy het skielik gekom. Nie dat ek met veel ervaring kan spog om

so ‘n stelling te maak nie. Dit is hierdie maand maar net drie jaar gelede dat ons hier ingetrek

het. Ek sê maar net, want gemeet aan die gulhartigheid waarmee ons deur die gemeenskap

ontvang, aanvaar en opgeneem is, voel dit al soos baie baie jare wat ek hier bly. Ons was

gewaarsku dat plattelanders maar lank vat om vat te kry aan inkommers, maar hier het

Murraysburg net nog ‘n teorie heeltemal verkeerd bewys.

Groete

René

Vroue bring vreugde

Op 'n pragtige, stil herfsdag, Woensdag 11 April, het twintig vroue, twaalf VLV-lede en agt vroue uit die woonbuurt,

saamgespan om die inwoners van Huis Spitskop 'n bietjie uit hulle gewone roetine en vier mure te neem.

Danksy die vriendelike samewerking van die personeel was alle inwoners teen half-tien gereed vir die uitstappie.

Diegene wat nog kan loop, het saamgestap terwyl tien inwoners in rolstoele al onder die bome op die nuwe

geplaveide strate gestoot is. Die vrolike stoet het hulle verwonder aan die veranderinge in Murraysburg, die vars lug

en veral die bedagsaamheid en hulp van die vroue, wat die uitstappie moontlik gemaak het, geniet. Baie van hulle

was in jare nie buite die Spitskop-terrein nie.

Twaalf bejaardes is in voertuie gehelp en het

die granaatprojek gaan besoek en 'n ent op

die pad na Richmond gery om die water, wat

danksy die goeie reën in die Buffelsrivier

loop, te kan sien. Daarna het die voertuie

hulle na die Swaelkrans-pad, wat afdraai van

die pad na Graaff-Reinet, geneem en kon

hulle die mooi veld en die herfskleure van

die populierbos bewonder. Die uitstappie,

veral toe die motors deur water moes ry, was

vir die bejaardes opwindend en iets wat

hulle nog lank sal bybly.

Terug in Huis Spitskop is daar nog heerlik

in die eetkamer saamgekuier en tee en koek

geniet. Danksy die vriendelike hulp van die personeel het daar 'n heerlik ontspanne atmosfeer geheers en het die

inwoners vir 'n kort wyle spesiaal en bederf gevoel.

Die WBPV se projek Women walk the world was die aanleiding tot hierdie geleentheid en van die VLV-dames was

amper aangedaan omdat so 'n klein gebaar van uitreik soveel vreugde kon verskaf.

-2-

~ Annie Slabbert vier 94 jaar ~

Elizabeth Koorts:

Gee my net musiek

Dan leer ek tot matriek

-3-

Op 26 Maart 2012 het Annie Slabbert, een van

Huis Spitskop se geliefde inwoners, haar 94ste

verjaarsdag gevier.

Om reg aan hierdie groot dag te laat geskied, het

dertig gaste saam met haar by die Kweperlaan tee

en heerlike fyngebak, gemaak deur Jenny

Ballantyne, geniet. Danksy die mooi herfsdag kon

die gaste binne en in die tuin by die tafels onder die

sambrele kuier. Potte vol rose en ‘n sjokoladekoek

versier met rose in die vorm van 94 het tot die

feestelike atmosfeer bygedra.

Maretta Theron het namens al die baie vriende die

gelukwensinge gedoen en tereg opgemerk dat Annie Slabbert se besondere menswees oud en jonk na

haar toe aantrek. Elkeen van haar baie vriende kan getuig hoe heerlik dit is om by haar besoek af te lê

omdat sy haar 94 jaar ten spyt altyd positief en onderhoudend oor enige denkbare onderwerp kan

gesels. Alhoewel die jare seer sekerlik ook vir haar beperkinge en skete gebring het, kla sy nooit nie

en is so dankbaar vir die heenkome, wat sy in Huis Spitskop gevind het, en die baie mense wat haar

geselskap opsoek.

Mooi versorg en waardig soos altyd het Annie Slabbert alle gaste vir hulle goeie wense en

teenwoordigheid bedank. Vir Johanna en Izak van der Merwe en hulle seun, Johnny, wat nie net die

funksie gereël het nie, maar soveel vir haar

beteken, het sy 'n besondere dankwoord gehad.

Nie elke 94-jarige sou self die bedankings kon

gedoen het nie, maar Annie Slabbert is werklik

'n baie spesiale persoon en rolmodel vir baie.

Daar is nog lank gekuier en Johanna van der

Merwe se heerlike quiches geniet, terwyl Izak

en Johnny gesorg het dat die gaste se glasies vol

bly en op die heil van Annie Slabbert geklink

word.

Mag die nuwe lewensjaar vir Annie Slabbert

goeie gesondheid en veel vreugde inhou!

Digters van weleer

Sarie du Preez:

Ag nee, meneer

Vandag het ek weer niks geleer

Magda Diedericks:

Toe raai! Ag, haai!

Ek het 'n broek sien waai

Mona Marais:

Laat hulle skinder

Die klomp erfporsiehaaie

Marina du Preez:

O! Outjies die boekhou

Ek sal moet kophou

Want meneer gaan my dophou

Bennie Burger:

Meneer! Meneer moet die meisies keer

My kop is baie seer

Eileen Smith:

Wie sê en hoe julle raas

'n Boer bly koning op sy plaas

(Uit die Murraysburg

Hoërskool se jaarblad van

1955:- Wat die digters van ons

STD 8 klas sê)

Ina Janneke Conradie gedoop

In 'n gemeenskap bestaande uit hoofsaaklik ouer

persone, is 'n doop iets baie spesiaals en het ds

André Louwrens die doopbediening van Ina

Janneke Conradie so hanteer dat elke

teenwoordige deel daaraan kon hê en dit lank sal

onthou. Die Paasgebeure en betekenis van die leë

graf asook die doop is in die preek na aanleiding

van Jesus se verskyning aan die dissipels soos

deur Johannes vertel, geïntegreer. Aangesien daar

in die vroeë kerk gereeld op Paassondag gedoop

is, was hierdie doop so kort na Paasfees dus

besonder betekenisvol.

Klein Ina Janneke se ouers, Liezl en Schalk

Conradie, wat op die plaas Voordag in die

Cradockdistrik die boerdery waarneem, het

besluit om hulle kleinding op Murraysburg te laat

doop omdat Schalk daar grootgeword het en dit

vir Liezl se familie, wat hoofsaaklik van

Beaufort-Wes afkomstig is, maklik bereikbaar is.

Haar ouers is Jan en Susan Kriel van Beaufort-

Wes en Schalk is die seun van Flippie en Adrie

Conradie.

Na die treffende doopdiens het almal gesellig by

die Kweperlaan tee gedrink en die verversings,

wat deur ouma Adrie

en haar bekwame

helpers op Kareebosch

gemaak is, geniet.

Terwyl klein Janneke,

soos ook tydens die

doopbediening, rustig

en tevrede gewag het,

is daar lank en lekker

gekuier.

Dit is nou al die

tweede keer dat die

Kweperlaan gebruik

-4-

word as saamkomplek na 'n doop. Die eerste

keer, vroeg vanjaar, was die doop van Kotie en

Lina van den Berg van Beeldhouersfontein se

”internasionale” kleindogter, Sunday Lynn. Pa

Cobus is Afrikaanssprekend, ma Tenley

Amerikaans, hulle woon en werk in München,

Duitsland, en het hulle dogtertjie op Murraysburg

by die Afrikaanse ouma en oupa ten doop

gebring.

Kerkraad maak tyd vir mekaar

Vrydag, 20 April, was 'n besige dag vir die

kerkraad van Murraysburg se NG-gemeente.

Die middag het begin met ‘n toerustingsessie

aangebied deur die leraar, André Louwrens, wat

die lede laat besef het dat groter betrokkenheid by

die maatskaplike probleme van die hele

gemeenskap nodig is.

Nadat tee en toebroodjies, voorsien deur die

Suidwyk, geniet is, is die kwartaallikse

kerkraadsvergadering gehou terwyl van die gades

en hulle kinders gesellig by die pastorie

saamgekuier het.

Die werklike kuier het begin toe die

kerkraadslede hulle na die vergadering by hulle

gesinne aangesluit het. Daar is heerlik saam

geëet, die kinders het té lekker op die groot

pastoriestoep en in die lang gang gespeel en die

volwassenes het in verskillende groepe oor alles

en nog wat gesels.

Tog kon die kerkraad nie sy pligsbesef heeltemal

afskud nie en het die eiendomskommissie sowaar

nog tussendeur 'n vergadering gehou! Die

belangrikste was egter dat die lede en hulle

gesinne 'n slag onbevange 'n paar ure met mekaar

kon deel!

Die Rooi Deur en die Mense

van Murraysburg

Die spreekwoordelike dief in die nag. Die inbreker,

rower of verkragter wat snags rondom jou huis sluip en

by die vensters in loer en uitkyk vir swak plekke in die

diefwering. Dis ‘n bedreiging wat maar

alomteenwoordig is maar jy is net bang vir hom omdat

jy nie weet waar hy is of wanneer hy gaan toeslaan nie.

Kanker. Die woord

wat soms net

gefluister word. Die

ding wat ander

mense tref. Maar

soos die booswig

wat by jou huis wil

inbreek, is jy net

bang vir hom solank

jy nie weet wie hy is, nie weet waar hy is, wat sy

planne is of wanneer hy gaan toeslaan nie. Maar as hy

eers sy hand gespeel het en jy betrap hom is sy tande

getrek. 'n Engelssprekende persoon het dit goed

uitgedruk: “the ‘monster’ turned out to be not as

fearsome as I had imagined…”

Die deur van die hematologie kliniek by die Port

Elizabeth Provinsiale Hospitaal, is bloedrooi geverf.

Agter dié rooi deur is daar ‘n klomp wonderlike

mense. Dokters, verpleegsters, beraders, klerke en

skoonmakers en almal is vriendelik, professioneel en

gelaai met deernis. Stap jy vir die eerste keer die rooi

deur na binne, kry jy dadelik die gevoel hier is iemand

in beheer wat met ‘n ferm en regverdige hand regeer

en hier werk mense met ‘n roeping. Dis ook agter

hierdie rooi deur waar daar nuwe vriendskappe

geknoop word. Hier is almal gelyk en elkeen weet wat

die ander hier maak. Hier kan openlik gepraat word

sonder om eers te voel-voel. Agter die rooi deur is

daar baie verhale van hoop, vreugde en soms hartseer

maar die grootste hiervan is die hoop.

Dan is daar die mense van my dorp. Die

belangstelling en ondersteuning van hierdie klein

gemeenskap van Murraysburg was eenvoudig

oorweldigend. Aan al die inwoners, die plaasgesinne,

hulle arbeiders, almal se families, kinders en selfs

kleinkinders wil ek net hiermee dankie sê aan ieder en

elkeen vir julle bystand en gebede. En vir Peet en sy

manne wat so mildelik bygedra het om my materieel te

ondersteun, ook baie, baie dankie. As dit nie vir julle

was nie sou dit nie net broekskeur gegaan het nie, ek

-5-

sou teen hierdie tyd al heeltemal sonder 'n broek moes

rondloop! Julle weet wie julle is, ek weet nie!

Daar is nog 'n entjie pad om te loop maar agt maande

van slegte grondpad is verby en die laaste stukkie is

nou gelyk teerpad. Dankie Dr. Lyttleton en jou

personeel, dankie Murraysburg. And thank you to the

children of Herbert Hurd Primary School for all the

lovely sandwiches and your special messages. Geen

siekte onder die son

staan 'n kans teen 'n

aanslag van soveel

onderskraging en

meelewing nie.

René Theron

'n Lentedag

Dit is 'n lieflike môre. Die voëltjies tjirp van

blydskap en al die diertjies kom uit hul neste om

die reuk van die skoon lug in te asem. Die son

begin al sy strale oor die rant van die berg gooi.

Die hoenders kraai van blydskap.

Na ontbyt het die beeste bulk-bulk terug na hul

land gegaan. Ook die son het toe sy lieflike strale

oor die groen veld laat skyn. Die swaeltjies het

teruggekom en begin nessies bou.

Die aand het jy die geur van aandblomme gekry.

Die mense was toe nie meer so baie opgeruimd

nie omdat die lieflike lentedag verby was.

Hilda du Preez

STD IV

My Verjaardag

As ek verjaar, dan kry ek baie presente. As ek

verjaar is ek baie bly.

Toe ek verjaar, gee my ma vir my 'n partytjie.

Toe is dit oor.

Annalie Kuhn

STD I

My Skaap

Ek het 'n skaap met 'n swart gesig. Sy lyk so lelik

en sy is so stout, maar julle dink sy is nog klein,

sy het darem 'n lam.

Kotie van den Berg

STD I

(Uit die Hoërskool Murraysburg se jaarblad van 1955)

Kyk gerus op Bladsy 1 hoe lyk Kotie vandag!

VLV leer oor versekering en sushi

Alna Theron demonstreer die maak van sushi

Die Murraysburgers poog om die VLV-vergaderings nie

net prettig nie, maar ook leersaam te maak. Die

Aprilvergadering was dan ook geen uitsondering nie en

was Petra en Christian Moolman van Global Wise

(Bloemfontein) en Alna Theron die sprekers oor die

uiteenlopende onderwerpe versekering en sushi.

Christian Moolman het beklemtoon dat versekering moet

waarde toevoeg en dat die doelwit van sy praatjie die

verskaf van inligting is. Hy het die lede se aandag daarop

gevestig dat kanker nie meer net by ouer persone voorkom

nie, maar by al hoe meer jonger persone gediagnoseer

word. Wanneer versekering uitgeneem word, moet die

kontrakte noukeurig gelees word. Die meeste versekering

is voorval en nie uitkoms gebaseer nie en handel

hoofsaaklik oor kanker, hartsiektes en beroerte. Meer moet

gedoen word om hierdie siektes te voorkom aangesien dit

goedkoper as die behandeling daarvan is. Daar is pakkette

wat gunstiger is wanneer sekere lewenstylaanpassings soos

lidmaatskap van 'n gymnasium en gewigsbeheer gedoen is.

Die meeste mense ervaar groot teleurstelling wanneer

studiepolisse, wat vir hul kinders uitgeneem is, uitbetaal

word. 'n Bedrag wat by 'n kind se geboorte meer as

voldoende vir 'n universiteitskursus is, dek agtien jaar later

nie eens die klasgeld van 'n jaar nie, laat staan nog al die

ander uitgawes soos verblyf, klere, sakgeld en so meer

omdat geld se waarde oortyd so dramaties verminder. As

voorbeeld hiervan vergelyk Moolman die Wimpypryse van

1972, d.w.s. 30 jaar gelede, met vandag s’n. Dit was

voldoende om die lede daarvan te oortuig dat 'n annuïteit

uitgeneem by 'n kind se geboorte 'n beter belegging as 'n

studiepolis is.

Ten opsigte van aftreebeplanning het Moolman dit onder

die dames se aandag gebring dat mense vandag baie langer

as vyftig jaar gelede leef. Die gemiddelde

lewensverwagting van mans is vandag 79 en van vroue 85

jaar en dit styg voortdurend. Daar moet dus vir minstens 20

jaar na aftrede voorsiening gemaak word en hoe gouer

daarmee begin word hoe beter. Werkgewers verskaf

deesdae nie meer pensioenfondse nie terwyl die

koopwaarde van geld ontstellend vinnig afneem. Spaargeld

moet teen inflasie beskerm word en weens die lae

-6-

rentekoerse verminder dit vinnig terwyl dit net in die bank

lê. Goedverspreide en kreatiewe beleggings is nodig om 'n

sorgvrye oudag te verseker.

Ten slotte het Moolman gemaan dat daar so vroeg

moontlik met mediese versekering begin en so lank

moontlik daarmee volgehou moet word aangesien dit die

duurste versekering is. Dit is gewoonlik beter om liewers

by een van die groot mediese fondse soos Discovery,

Medihelp, Momentum of Profmed aan te sluit, aangesien

van die kleiner fondse, wie se voordele gunstiger voorkom

dikwels nie die mas opkom nie.

Voordat Alna Theron haar demonstrasie begin het, het

Maryna Wallis met die uitstekende klavierbegeleiding van

Hermien Botha almal met haar soet stem bekoor en het

Maretta Theron se voorlesing van Haas en Skilpad van

Phillip de Vos die lede so 'n bietjie van geld en

aftreebeplanning laat vergeet.

Alna Theron was soos altyd goed voorbereid vir haar

demonstrasie van die maak van sushi.

Sy het alle moontlike bestanddele gewys en as wenk

genoem dat hierdie bestanddele heelwat goedkoper in

China Town as by die groot kettingwinkels bekom kan

word. Sy het beklemtoon dat die korrekte kook van die

sushi-rys, die hoofbestanddeel, uiters belangrik is en 'n

maklike manier om 'n avokadopeer in dun skyfies te sny,

gedemonstreer. Die heerlike happies en toebroodjies, wat

sy in 'n japtrap voorberei het, is deur liefhebbers van sushi

geniet en het sommige, alhoewel nie alle, ongelowige

Thomasse oortuig dat sushi 'n lekkerny is.

Ten slotte het Monica Theron, 'n maatskaplike werkster,

wat vir Continued Education for Africa kursusse aanbied,

vertel van die jaarkursus, wat in Graaff-Reinet en

Beaufort-Wes aangebied sal word. Die jaarkursus word in

drie fases van twee weke teorie gevolg deur 10-12 weke

prakties gedoen en kos R16 000 per kursus. Die kursus is

in Engels en alhoewel die voorvereiste slegs gr 10 is, het

leerders met 'n matrieksertifikaat 'n beter kans om gekeur

te word.

Die lede, van wie party vêr moet ry, het die insiggewende

vergadering interessant gevind en dit geniet.

Maryna Wallis en Hermien Botha

EEN EN DERTIG JAAR DIENS

Lea Afrika (55), beter bekend as Tina, is vanjaar 31

jaar lank in diens van Kays kafee in Murraysburg.

Sy is op 18 April 2012 vereer met `n lang diens

toekenning deur die huidige eienaars wat in April

2012 reeds twintig jaar lank die besigheid besit. Me

Afrika is dan ook al twintig jaar in hulle diens. By

die geleendheid het sy `n spesiale sertifikaat en

geskenk ontvang.

Tina, soos sy alom bekend is, het in November 1981

by die destydse eienaars, Stefaans en Isa Naude

begin werk. In 1992 het die Naude`s se dogter

Jeanette en haar man, Paul Avenant die besigheid met

Tina en al oorgeneem. Volgens die Avenants was

Tina veral die begin jare vir hulle `n groot

ondersteuning om dat sy toe al reeds tien jaar in die

besigheid was en hulle die beginners. Met haar

kennis van die besigheid en veral van die kliënte en

haar goeie mense verhoudings het sy `n besondere

bydrae tot die sukses van die besigheid gelewer.

Die Avenants vertel verder dat Tina baie geliefd is

onder die Murraysburgers en oud Murraysburgers.

Daar stop nog gereeld mense wat vir Tina kom groet

omdat hulle haar nog uit hulle kinderdae onthou.

Ander stop weer spesiaal om hulle kinders vir Tina te

kom wys. Sy het ook altyd spesiale tyd vir die ouer

kliënte en hulle is baie erg oor haar.

Tina sê sy was 24 jaar oud toe sy hier begin werk het.

Sy het deur die jare die besigheid sien groei en

verander so saam met die tye. Drie van haar vier

kinders is in die tyd gebore. Tina sê die beroemste

persoon wat sy in die winkel ontmoet het was dr Chris

Barnard wat op `n stadium redelik gereeld in die

winkel gekom het. Sy onthou ook nog die dae van

toonbank bediening en hoe baie lekkers sy vir een

sent in`n gedraaide kardoesie kon insit. Op die vraag

of sy al dink aan aftree sê sy dat as haar gesondheid

-7-

dit toelaat, wil sy kyk of sy nog so vyf jaar kan

aanhou. Van nog tien jaar en saam met die volgende

geslag aangaan weet sy darem nie. Sy is al so deel

van die Naude en Avenant familie dat sy oor die

afgelope jare al hulle vreugdes en droefheid saam met

hulle ervaar het.

Dit is `n lank tyd by een werkgewer maar die resep is

wedersydse respek en lojaliteit volgens Me Afrika en

die Avenants. Die Avenant familie het hulle opregte

dank en waardering uit gepreek vir me. Afrika se

besondere lang toegewyde diens en lojaliteit. Die

Murraysburg gemeenskap dra ook hulle dank en

gelukwense oor aan Tina vir die besondere prestasie.

Kleuters verdwaal in lekkergoedland

Groot was die verrassing van ‘n klompie kleuters toe

hulle Woensdagoggend, vergesel van hulle ouers, die

rolbalklubhuisie binnegaan, want skielik was hulle

binne-in lekkergoedland. Tot nou toe het die meeste

van hulle nie kon droom dat daar werklik so 'n plek is

nie.

Aan die garingbome het die soetste heerlikhede

gehang of was in die voëlnessies versteek en

weerskante van die paadjie het die

malvalekkerblomme net gewag om gepluk te word.

Die meeste kleintjies het nie eens tot by die tafel,

waar mooi versierde mandjies, propvol

lekkergoedspeelgoed met elke jong gas se naam op,

gewag het, gekom nie, maar sommer in die

lekkergoedveld neergeval en aan al die gras, blomme

en selfs geluksgoggas begin smul. Alles, absoluut

alles , is in lekkergoedland eetbaar en daar heers 'n

wet dat mammas nie mag inmeng of jou verhinder om

dit wat jou handjies kan gryp, te geniet nie.

Die mammas en pappas kon rustig gesels en kuier

aangesien hulle spruite letterlik in lekkergoedland

verlore was en van hulle so ongemerk danksy die

vaardige hande van tannie Marieke in hasies, katjies

en so meer verander het. Dis seker die eerste keer dat

so 'n klomp kleuters op Murraysburg sonder enige

onderonsies of ongelukkigheid hulself so lank kon

besig hou! Vir diegene, wat nie juis 'n soet tand het

nie, soos klein Jacobus Reynolds, was daar gelukkig

ook 'n groot verskeidenheid kaaskrulle en

southappies.

Om te verseker dat die kleintjies iets het om hulle aan

hierdie ongelooflike ervaring te herinner, het hulle

verfafdrukke van hulle handjies op papier kon maak,

want die mooi ingekleurde gesiggies sou een of ander

tyd gewas moes word.

Mammas, pappas en grootouers, wat nie weer self

kind geword het nie, het heerlike botterskorsiesop,

tuisgebakte brode en lasagne, gemaak deur Chrisma

van der Merwe, geniet en net so lekker soos die

kleingoed gesmul.

Die aanleiding tot hierdie fees was die eerste

verjaarsdag van klein Carel Sebastian van Heerden,

seun van Sophia en Jaco van Heerden van Vastrap.

Danksy die baie moeite van ma Sophia, pa Jaco en die

grootouers was hierdie eerste verjaarsdag van

Sebastian baie spesiaal en is deur die vriende, klein en

groot, jonk en oud, terdeë geniet.

Karooruimte - November 2011

Hoe groot is die

uitspansel en

waar pas ons in?

Ons maan is

maar ‘n skamele

356 000 km van

die aarde af. Vandag se motorkarre en bakkies lê dit

lag-lag in hulle leeftyd af. As iemand ‘n pad sou kon

bou na die maan sal dit die gemiddelde Toyota Hilux

teen 120km/uur net 123 dae neem om soontoe te ry.

Heeltemal haalbaar. Neil Armstrong en sy manne het

destyds met hulle stadige ruimte-tuig die tog in drie

dae afgelê na Pres Kennedy se verklaring dat

Amerika ‘n man op die maan gaan plaas voor die

einde van die destydse dekade.

Nou wil ons nuwe generasie ruimte-reisiger ‘n bietjie

verder ry met hulle Hilux en ook Mars besoek. Dit

was nademaal Pres Bush se opdrag ‘n rukkie gelede –

‘n opdrag wat die wetenskaplikes en ingenieurs

gerieflikheidshalwe van vergeet het want die tegniese

-8-

probleme en kostes is net te groot. Teen 120 km/h sal

dit hulle sowat 51 jaar neem – en dan moet hulle nog

terugkom ook! Selfs met ‘n moderne ruimtetuig sal

dit hulle omtrent 8 maande neem om soontoe te vlieg

en die kanse is goed dat die ruimtevaarders gaar

gebraai daar sal aanland as gevolg van die son se

straling.

Die volgende volmaakstop is Jupiter maar dit sal ons

Hilux 600 jaar neem, so ‘n ander plan moet gemaak

word. Die Hilux moet opgewarm word sodat hy in n

kort tyd van 0 tot 300 000 km/sekonde kan versnel en

sy remafstand vanaf volspoed tot stilstand moet min

of meer dieselfde wees. Met dié warmgemaakte

Hilux wat teen die spoed van ‘n ligstraal vlieg, kan

daar nou ernstig mee rondgereis word om die

uitspansel mee te verken. Nou kan die manne die

buiterant van ons sonnestelsel besoek maar selfs teen

hierdie verbysterende spoed sal dit hulle ‘n volle jaar

neem om daar uit te kom. Om die naaste ster,

Proxima Centauri, te besoek sal 4.2 jaar neem en ‘n rit

na die grense van ons eie sterrestelsel, die Melkweg,

1000 jaar. ‘n Reis na die waarneembare grens van

die heelal sal ongeveer 50 biljoen jaar neem.

Die aarde se atmosfeer waar ons as mens en dier kan

leef en oorleef, bestaan uit ‘n dun skilletjie wat strek

vanaf seevlak tot ongeveer 5 km hoog. Selfs ons

standaard Hilux lê hierdie afstand af in minder as 3

minute. Dis al wat ons het. DIS ÁL WAT ONS

HET! Vergelyk dit met die onmeetlike afstande van

die uitspansel waardeur ons sopas probeer reis het.

Selfs al sou ek hierdie hele bladsy gebruik om ‘n

prentjie van die aarde en sy atmosfeer te skets, sal

hierdie dun lagie lug minder as ‘n honderste van ‘n

potlodstreep dik wees.

Hoe is dit dan moontlik dat die mensdom in al sy

arrogansie kan voortgaan om hierdie kosbare stukkie

leefruimte te verkrag met besoedeling, oorbevolking,

stroping van hulpbronne en onvermoë om in vrede

met mekaar saam te leef. Daar gaan nie ‘n dag verby

waar daar nie êrens op aarde ‘n oorlog aan die gang is

nie en selfs waar daar relatiewe vrede is, sing

sommige liedjies wat mense aanhits om ander mense

te vermoor.

~ Man is the only species that deliberately

destroys its own habitat ~

Tuinbou op De Vlei

Met Paasfees nog vars in die geheue was die opening van die

tuinbouvergadering uit Johannes 19: 38,39 baie gepas. Die

Aprilvergadering is op die plaas van Jos en Ida Cloete gehou en daar is

weer eens baie moeite gedoen om 'n interessante en aangename

vergadering suksesvol aan te bied.

Ter inleiding wys Karin Reynolds, wat onlangs in Israel was, foto’s van

allerlei plante, waarvan ons in die Bybel lees en vertel een en ander oor

hulle. Mirre word byvoorbeeld van boombas gemaak en het 'n

deurdringende lekker reuk. Dit is saam met aalwyn, waarvan die

poeiervorm van gedroogde aalwynsap verkry is, gebruik om die doeke

waarin Sy liggaam na die kruisiging gedraai is, te deurweek.

Ida Cloete wys die lede om 'n hangende voëltjiedrinkbottel te maak en die

gelukkige verjaarsdagdames ontvang dan ook elkeen een as geskenk.

Sodra die grond soveel afgekoel het, dat dit koud voel wanneer jy daarop

sit (die kaalbastoets aldus Cloete), kan bolle in goed voorbereide grond

geplant word. Hoe meer kompos en organiese material soos blaremolm

ingewerk is, hoe beter. Bolplante vertoon beter wanneer hulle in groepe

van 12-15 geplant word en moet twee keer per week soveel water kry dat

die grond ongeveer 15 cm diep nat is. Wanneer bolle in potte geplant

word, kan steenkool, wat poreus is, onder in die potte vir die nodige dreinering sorg.

Dit is nou tyd om daglelies, wat 4 500 jaar gelede reeds in Asië en China gekweek is, maklik groei en besonder mooi

vertoon, te verdeel. Die kleur van die blomme bepaal hoeveel son of skadu hulle benodig. Donkerrooi en wynrooi

lelies verkies meer skadu as dié met ligter kleure.

Bome en struike kan ook nou verplant word aangesien daar nog genoeg warmte is vir die plante om hulle voor die

ergste koue te vestig. Die reghoekige gat sowel as die boom of struik, wat verplant moet word, moet beide baie goed

natgemaak word.

Ida Cloete wys damesvriendelike tuingereedskap vir die lede. Dit is

besonder lig, het vlymskerp lemme en tande asook gemaklike handvatsels,

wat die kleiner en minder sterk dameshande nie moeg maak nie en boonop

maklik skoongemaak en geberg kan word.

Die lede is voordat hulle huiswaarts gekeer het, versterk met geurige, groen

sop en broodjies met olyfolie. Aangesien die sop nie net mooi gelyk het

nie, maar ook heerlik was, moes Cloete op versoek die resep daarvoor

verskaf. Groot was die dames se verbasing dat lusern een van die

bestanddele is! Die sop se mooi kleur is afkomstig van 1 brokkoli ( klein

gesny), 1 k pietersielie, 2 k sprietuie en 2 k gekapte lusern. Twee koppies

uie word in 'n k olyfolie gebraai tot deursigtig en dan word 2 k seldery

asook 3 k gerasperde patat en die groen bestanddele (afgesien van die

pietersielie) bygevoeg en gesmoor. Daarna word 2 ryk hoenderaftreksel,

1 k bruin lensies, seesout, swart peper na smaak en die sap van twee

suurlemoene bygevoeg en prut dit vir ongever tien minute totdat die sop

gereed is. Die pietersielie word dan voor opdiening oorgesprinkel.

Melbabroodjies kan daarmee saam bedien word.

Die lede het die besoek aan De Vlei baie geniet en gaan beslis Ida se groen

sop aan hulle volgende gaste voorsit!

-9-

Tuinbou op De Vlei

Met Paasfees nog vars in die geheue was die opening van die

tuinbouvergadering uit Johannes 19: 38,39 baie gepas. Die

Aprilvergadering is op die plaas van Jos en Ida Cloete gehou en daar is

weer eens baie moeite gedoen om 'n interessante en aangename

vergadering suksesvol aan te bied.

Ter inleiding wys Karin Reynolds, wat onlangs in Israel was, foto’s van

allerlei plante, waarvan ons in die Bybel lees en vertel een en ander oor

hulle. Mirre word byvoorbeeld van boombas gemaak en het 'n

deurdringende lekker reuk. Dit is saam met aalwyn, waarvan die

poeiervorm van gedroogde aalwynsap verkry is, gebruik om die doeke

waarin Sy liggaam na die kruisiging gedraai is, te deurweek.

Ida Cloete wys die lede om 'n hangende voëltjiedrinkbottel te maak en die

gelukkige verjaarsdagdames ontvang dan ook elkeen een as geskenk.

Sodra die grond soveel afgekoel het, dat dit koud voel wanneer jy daarop

sit (die kaalbastoets aldus Cloete), kan bolle in goed voorbereide grond

geplant word. Hoe meer kompos en organiese material soos blaremolm

ingewerk is, hoe beter. Bolplante vertoon beter wanneer hulle in groepe

van 12-15 geplant word en moet twee keer per week soveel water kry dat

die grond ongeveer 15 cm diep nat is. Wanneer bolle in potte geplant

word, kan steenkool, wat poreus is, onder in die potte vir die nodige dreinering sorg.

Dit is nou tyd om daglelies, wat 4 500 jaar gelede reeds in Asië en China gekweek is, maklik groei en besonder mooi

vertoon, te verdeel. Die kleur van die blomme bepaal hoeveel son of skadu hulle benodig. Donkerrooi en wynrooi

lelies verkies meer skadu as dié met ligter kleure.

Bome en struike kan ook nou verplant word aangesien daar nog genoeg warmte is vir die plante om hulle voor die

ergste koue te vestig. Die reghoekige gat sowel as die boom of struik, wat verplant moet word, moet beide baie goed

natgemaak word.

Ida Cloete wys damesvriendelike tuingereedskap vir die lede. Dit is

besonder lig, het vlymskerp lemme en tande asook gemaklike handvatsels,

wat die kleiner en minder sterk dameshande nie moeg maak nie en boonop

maklik skoongemaak en geberg kan word.

Die lede is voordat hulle huiswaarts gekeer het, versterk met geurige, groen

sop en broodjies met olyfolie. Aangesien die sop nie net mooi gelyk het

nie, maar ook heerlik was, moes Cloete op versoek die resep daarvoor

verskaf. Groot was die dames se verbasing dat lusern een van die

bestanddele is! Die sop se mooi kleur is afkomstig van 1 brokkoli ( klein

gesny), 1 k pietersielie, 2 k sprietuie en 2 k gekapte lusern. Twee koppies

uie word in 'n k olyfolie gebraai tot deursigtig en dan word 2 k seldery

asook 3 k gerasperde patat en die groen bestanddele (afgesien van die

pietersielie) bygevoeg en gesmoor. Daarna word 2 ryk hoenderaftreksel,

1 k bruin lensies, seesout, swart peper na smaak en die sap van twee

suurlemoene bygevoeg en prut dit vir ongever tien minute totdat die sop

gereed is. Die pietersielie word dan voor opdiening oorgesprinkel.

Melbabroodjies kan daarmee saam bedien word.

Die lede het die besoek aan De Vlei baie geniet en gaan beslis Ida se groen

sop aan hulle volgende gaste voorsit!

-9-

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!