02.05.2013 Views

Mei 2012 - Murraysburg

Mei 2012 - Murraysburg

Mei 2012 - Murraysburg

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Mammas, pappas en grootouers, wat nie weer self

kind geword het nie, het heerlike botterskorsiesop,

tuisgebakte brode en lasagne, gemaak deur Chrisma

van der Merwe, geniet en net so lekker soos die

kleingoed gesmul.

Die aanleiding tot hierdie fees was die eerste

verjaarsdag van klein Carel Sebastian van Heerden,

seun van Sophia en Jaco van Heerden van Vastrap.

Danksy die baie moeite van ma Sophia, pa Jaco en die

grootouers was hierdie eerste verjaarsdag van

Sebastian baie spesiaal en is deur die vriende, klein en

groot, jonk en oud, terdeë geniet.

Karooruimte - November 2011

Hoe groot is die

uitspansel en

waar pas ons in?

Ons maan is

maar ‘n skamele

356 000 km van

die aarde af. Vandag se motorkarre en bakkies lê dit

lag-lag in hulle leeftyd af. As iemand ‘n pad sou kon

bou na die maan sal dit die gemiddelde Toyota Hilux

teen 120km/uur net 123 dae neem om soontoe te ry.

Heeltemal haalbaar. Neil Armstrong en sy manne het

destyds met hulle stadige ruimte-tuig die tog in drie

dae afgelê na Pres Kennedy se verklaring dat

Amerika ‘n man op die maan gaan plaas voor die

einde van die destydse dekade.

Nou wil ons nuwe generasie ruimte-reisiger ‘n bietjie

verder ry met hulle Hilux en ook Mars besoek. Dit

was nademaal Pres Bush se opdrag ‘n rukkie gelede –

‘n opdrag wat die wetenskaplikes en ingenieurs

gerieflikheidshalwe van vergeet het want die tegniese

-8-

probleme en kostes is net te groot. Teen 120 km/h sal

dit hulle sowat 51 jaar neem – en dan moet hulle nog

terugkom ook! Selfs met ‘n moderne ruimtetuig sal

dit hulle omtrent 8 maande neem om soontoe te vlieg

en die kanse is goed dat die ruimtevaarders gaar

gebraai daar sal aanland as gevolg van die son se

straling.

Die volgende volmaakstop is Jupiter maar dit sal ons

Hilux 600 jaar neem, so ‘n ander plan moet gemaak

word. Die Hilux moet opgewarm word sodat hy in n

kort tyd van 0 tot 300 000 km/sekonde kan versnel en

sy remafstand vanaf volspoed tot stilstand moet min

of meer dieselfde wees. Met dié warmgemaakte

Hilux wat teen die spoed van ‘n ligstraal vlieg, kan

daar nou ernstig mee rondgereis word om die

uitspansel mee te verken. Nou kan die manne die

buiterant van ons sonnestelsel besoek maar selfs teen

hierdie verbysterende spoed sal dit hulle ‘n volle jaar

neem om daar uit te kom. Om die naaste ster,

Proxima Centauri, te besoek sal 4.2 jaar neem en ‘n rit

na die grense van ons eie sterrestelsel, die Melkweg,

1000 jaar. ‘n Reis na die waarneembare grens van

die heelal sal ongeveer 50 biljoen jaar neem.

Die aarde se atmosfeer waar ons as mens en dier kan

leef en oorleef, bestaan uit ‘n dun skilletjie wat strek

vanaf seevlak tot ongeveer 5 km hoog. Selfs ons

standaard Hilux lê hierdie afstand af in minder as 3

minute. Dis al wat ons het. DIS ÁL WAT ONS

HET! Vergelyk dit met die onmeetlike afstande van

die uitspansel waardeur ons sopas probeer reis het.

Selfs al sou ek hierdie hele bladsy gebruik om ‘n

prentjie van die aarde en sy atmosfeer te skets, sal

hierdie dun lagie lug minder as ‘n honderste van ‘n

potlodstreep dik wees.

Hoe is dit dan moontlik dat die mensdom in al sy

arrogansie kan voortgaan om hierdie kosbare stukkie

leefruimte te verkrag met besoedeling, oorbevolking,

stroping van hulpbronne en onvermoë om in vrede

met mekaar saam te leef. Daar gaan nie ‘n dag verby

waar daar nie êrens op aarde ‘n oorlog aan die gang is

nie en selfs waar daar relatiewe vrede is, sing

sommige liedjies wat mense aanhits om ander mense

te vermoor.

~ Man is the only species that deliberately

destroys its own habitat ~

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!