02.05.2013 Views

Mei 2012 - Murraysburg

Mei 2012 - Murraysburg

Mei 2012 - Murraysburg

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Tuinbou op De Vlei

Met Paasfees nog vars in die geheue was die opening van die

tuinbouvergadering uit Johannes 19: 38,39 baie gepas. Die

Aprilvergadering is op die plaas van Jos en Ida Cloete gehou en daar is

weer eens baie moeite gedoen om 'n interessante en aangename

vergadering suksesvol aan te bied.

Ter inleiding wys Karin Reynolds, wat onlangs in Israel was, foto’s van

allerlei plante, waarvan ons in die Bybel lees en vertel een en ander oor

hulle. Mirre word byvoorbeeld van boombas gemaak en het 'n

deurdringende lekker reuk. Dit is saam met aalwyn, waarvan die

poeiervorm van gedroogde aalwynsap verkry is, gebruik om die doeke

waarin Sy liggaam na die kruisiging gedraai is, te deurweek.

Ida Cloete wys die lede om 'n hangende voëltjiedrinkbottel te maak en die

gelukkige verjaarsdagdames ontvang dan ook elkeen een as geskenk.

Sodra die grond soveel afgekoel het, dat dit koud voel wanneer jy daarop

sit (die kaalbastoets aldus Cloete), kan bolle in goed voorbereide grond

geplant word. Hoe meer kompos en organiese material soos blaremolm

ingewerk is, hoe beter. Bolplante vertoon beter wanneer hulle in groepe

van 12-15 geplant word en moet twee keer per week soveel water kry dat

die grond ongeveer 15 cm diep nat is. Wanneer bolle in potte geplant

word, kan steenkool, wat poreus is, onder in die potte vir die nodige dreinering sorg.

Dit is nou tyd om daglelies, wat 4 500 jaar gelede reeds in Asië en China gekweek is, maklik groei en besonder mooi

vertoon, te verdeel. Die kleur van die blomme bepaal hoeveel son of skadu hulle benodig. Donkerrooi en wynrooi

lelies verkies meer skadu as dié met ligter kleure.

Bome en struike kan ook nou verplant word aangesien daar nog genoeg warmte is vir die plante om hulle voor die

ergste koue te vestig. Die reghoekige gat sowel as die boom of struik, wat verplant moet word, moet beide baie goed

natgemaak word.

Ida Cloete wys damesvriendelike tuingereedskap vir die lede. Dit is

besonder lig, het vlymskerp lemme en tande asook gemaklike handvatsels,

wat die kleiner en minder sterk dameshande nie moeg maak nie en boonop

maklik skoongemaak en geberg kan word.

Die lede is voordat hulle huiswaarts gekeer het, versterk met geurige, groen

sop en broodjies met olyfolie. Aangesien die sop nie net mooi gelyk het

nie, maar ook heerlik was, moes Cloete op versoek die resep daarvoor

verskaf. Groot was die dames se verbasing dat lusern een van die

bestanddele is! Die sop se mooi kleur is afkomstig van 1 brokkoli ( klein

gesny), 1 k pietersielie, 2 k sprietuie en 2 k gekapte lusern. Twee koppies

uie word in 'n k olyfolie gebraai tot deursigtig en dan word 2 k seldery

asook 3 k gerasperde patat en die groen bestanddele (afgesien van die

pietersielie) bygevoeg en gesmoor. Daarna word 2 ryk hoenderaftreksel,

1 k bruin lensies, seesout, swart peper na smaak en die sap van twee

suurlemoene bygevoeg en prut dit vir ongever tien minute totdat die sop

gereed is. Die pietersielie word dan voor opdiening oorgesprinkel.

Melbabroodjies kan daarmee saam bedien word.

Die lede het die besoek aan De Vlei baie geniet en gaan beslis Ida se groen

sop aan hulle volgende gaste voorsit!

-9-

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!