02.05.2013 Views

Mei 2012 - Murraysburg

Mei 2012 - Murraysburg

Mei 2012 - Murraysburg

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

BRIEWE/LETTERS

TEL/FAKS: 049 844 0135 SMS: 072 388 9284 / 082 5093 120

EPOS: renetheron@mweb.co.za / jennyballantyne@telkomsa.net

POSADRES: Voortrekkerstraat 30, Murraysburg, 6995

Skuilname mag gebruik word, maar alle briewe moet vergesel wees van ‘n naam, adres en handtekening.

Die redaksie behou die reg voor om briewe te verkort of te verwerp. Die sperdatum vir bydraes is middel van die maand.

Pseudonyms may be used, but all letters must be supported by a name, signature and address.

The editors reserve the right to edit or reject letters. The deadline for contributions is middle of the month.

VAN DIE REDAKSIE .......................

Die geleerdes en wetenskaplikes wat heel tereg ons so bangpraat oor globale verwarming, moet ‘n

bietjie in Murraysburg kom bly en hulle sal gou-gou die volgende ystydperk begin propageer. Die

winter is vanjaar darem vroeg en hy het skielik gekom. Nie dat ek met veel ervaring kan spog om

so ‘n stelling te maak nie. Dit is hierdie maand maar net drie jaar gelede dat ons hier ingetrek

het. Ek sê maar net, want gemeet aan die gulhartigheid waarmee ons deur die gemeenskap

ontvang, aanvaar en opgeneem is, voel dit al soos baie baie jare wat ek hier bly. Ons was

gewaarsku dat plattelanders maar lank vat om vat te kry aan inkommers, maar hier het

Murraysburg net nog ‘n teorie heeltemal verkeerd bewys.

Groete

René

Vroue bring vreugde

Op 'n pragtige, stil herfsdag, Woensdag 11 April, het twintig vroue, twaalf VLV-lede en agt vroue uit die woonbuurt,

saamgespan om die inwoners van Huis Spitskop 'n bietjie uit hulle gewone roetine en vier mure te neem.

Danksy die vriendelike samewerking van die personeel was alle inwoners teen half-tien gereed vir die uitstappie.

Diegene wat nog kan loop, het saamgestap terwyl tien inwoners in rolstoele al onder die bome op die nuwe

geplaveide strate gestoot is. Die vrolike stoet het hulle verwonder aan die veranderinge in Murraysburg, die vars lug

en veral die bedagsaamheid en hulp van die vroue, wat die uitstappie moontlik gemaak het, geniet. Baie van hulle

was in jare nie buite die Spitskop-terrein nie.

Twaalf bejaardes is in voertuie gehelp en het

die granaatprojek gaan besoek en 'n ent op

die pad na Richmond gery om die water, wat

danksy die goeie reën in die Buffelsrivier

loop, te kan sien. Daarna het die voertuie

hulle na die Swaelkrans-pad, wat afdraai van

die pad na Graaff-Reinet, geneem en kon

hulle die mooi veld en die herfskleure van

die populierbos bewonder. Die uitstappie,

veral toe die motors deur water moes ry, was

vir die bejaardes opwindend en iets wat

hulle nog lank sal bybly.

Terug in Huis Spitskop is daar nog heerlik

in die eetkamer saamgekuier en tee en koek

geniet. Danksy die vriendelike hulp van die personeel het daar 'n heerlik ontspanne atmosfeer geheers en het die

inwoners vir 'n kort wyle spesiaal en bederf gevoel.

Die WBPV se projek Women walk the world was die aanleiding tot hierdie geleentheid en van die VLV-dames was

amper aangedaan omdat so 'n klein gebaar van uitreik soveel vreugde kon verskaf.

-2-

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!