30.08.2013 Views

Afrikaans

Afrikaans

Afrikaans

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

DEPARTEMENT LANDBOU, BOSBOU EN VISSERYE

TAK: BESTUUR VAN VISSERYE

HERSIENE KONSEPBELEID

VIR DIE TOEKENNING EN BESTUUR VAN VISVANGREGTE IN

DIE WITMOSSEL-VISVANGBEDRYF: 2013

HIERDIE BELEID MOET SAAMGELEES WORD MET DIE

HERSIENE ALGEMENE KONSEPBELEID VIR DIE

TOEKENNING EN BESTUUR VAN VISVANGREGTE: 2013

(beskikbaar by www.daff.gov.za)

Hierdie dokument is ook in Engels, isiXhosa en isiZulu beskikbaar

Inhoud

1. Inleiding 3

2. Biologie en hulpbron-dinamiek 3

3. Sektorprofiel 4

4. Doelstellings 5

5. Tydsduur van regte 5

6. Nuwe toetreders 5

7. Beoordelingskriteria 6

7.1 Uitsluitingskriteria 6

(a) Formele aspekte van applikant 6

(b) Aansoeke van gesinne 6

(c) Nakoming 6

(d) Papierkwotas 7

(e) Nie-benutting 7

(f) Persoonlike betrokkenheid 7

(g) Multisektor-betrokkenheid 7

7.2 Ewewigtigheidskriteria 7

(a) Transformasie 7

(b) Belegging in die visserybedryf 8

(c) Vangsprestasie 8

(d) Afhanklikheid van witmossels 8

(e) Plaaslike ekonomiese ontwikkeling 8

8. Aansoekfooie 8

9. Voorlopige lyste 9

10. Permitvoorwaardes 9

11. Prestasiemeting 9

12. Beleidshersiening 9

1. Inleiding

1.1 Hierdie beleid oor die toewysing en bestuur van visvangregte in die

witmosselsektor word deur die Minister van Landbou, Bosbou en

Visserye ("die Minister") uitgereik. Hierdie beleid moet saamgelees word

met die Algemene Beleid op die Toewysing en Bestuur van Visvangregte:

2013 (die „Algemene Beleid“).

1.2 Die algemene doel van hierdie beleid is om die oorwegings uiteen te sit

wat van toepassing sal wees op die toewysing van regte in die

witmosselsektor. Talle van hierdie oorwegings is nie nuut nie. Dit is reeds

in die verlede op die toewysing van regte toegepas, en in `n mate

boekstaaf hierdie beleidsdokumente daardie oorwegings.

1.3 Sommige beleidsrigtings oor die bestuur nadat regte reeds toegewys is,

word ook in hierdie beleidsdokument voorgelê. ’n Bestuursplan vir die

witmosselsektor sal in die loop van 2014 met alle houers van

visvangregte in die bedryf uitgeklaar word. Daardie plan sal die

bestuursmetodologie en die prosedures vir die bedryf in besonderhede

uiteensit.

1.4 Die Minister beoog om die artikel 18-bevoegdhede om regte in die

witmosselsektor toe te ken, ingevolge artikel 19 van die Wet op Mariene

Lewende Hulpbronne 18 van 1998 („die MLRA“) aan `n amptenaar van

die Departement te delegeer. Hierdie beleidsdokument sal vir die

gedelegeerde gesag as rigsnoer dien by besluitneming oor aansoeke in

hierdie sektor.

2. Biologie en hulpbron-dinamiek

2.1 Witmossels (Donax serra) se voorkomsgebied is tussen Noord

Namibië

en die Wilde Kus. Dit kom in groot getalle voor op die sanderige

strande van die Wes- en Suidkus van Suid-Afrika. Die

streeksverspreiding van die mossel verander na gelang van die

getysiklus. Aan die Weskus kom halfwas-mossels hoog teen die strand

voor, terwyl volwasse mossels rondom en benede die gemiddelde

springgety-laagwatermerk voorkom. Aan die Oos- en Suidkus hou

volwasse mossels in die medium-getygebied.

2.2 Witmossels is die oorheersende graafdier op sanderige strande, en

hulle verkies gematigde kusstroke. Hulle is tweeklep-weekdiere wat

volgens die filtrasiemetode voed, en hulle bereik binne ongeveer vyf

jaar `n skulplengte van 60 millimeters. Die mossels migreer in

ooreenstemming met die getysiklus teen die strand op en af, en

halfwas-mossels migreer meer dikwels as die volwassenes.

2.2 Die vangs van witmossels word tot die Weskus beperk, waar hierdie

mossels weens die voedingryke Benguelastroom besonder volop is.

3. Sektorprofiel

3.1 Die vangs van witmossels is beperk tot sewe gebiede langs die

Weskus. Die sektor het in die laat sestigerjare van die vorige eeu

begin, maar in 1966 is dit hard getref deur `n rooi gety wat

grootskaalse vrektes onder witmossels veroorsaak het. Die herstel van

die populasie het meer as tien jaar geneem, en dit het tot `n sterk

afname in die vangs per eenheids-inspanning („CPUE – Catch per Unit

Effort“) gelei.

3.2 Die algehele hoeveelheid witmossels wat per jaar gevang word, het

sedert die tagtigerjare van die vorige eeu bestendig gedaal. Dit was

grootliks die gevolg van die sektor se gebrek aan ekonomiese lewens-

vatbaarheid. Opnames wat in 1988 en 1989 gedoen is, toon dat die

jaarlikse vangs minder as een persent uitmaak van die gevestigde bio-

massa in die betrokke gebiede. Dit word bevestig deur die voorlopige

uitslag van opnames wat in 2003 en 2004 deurgevoer is. Die hulpbron

is daarom as onderbenut beskou.

3.3 Die witmosselbedryf word tans volgens die Algehele Toelaatbare

Inspanning (Total Allowable Effort – TAE) bestuur. Die TAE in die

tydperk 2005 – 2012 was sewe houers van regte en 49 plukkers. Die

sewe houers van regte is elk beperk tot die gebruik van hoogstens

sewe plukkers van witmossels in een van die sewe witmossel-

vangsgebiede langs die Weskus. Tans word die TAE-metode beskou

as die mees doeltreffende meetskaal vir die bestuur van die

witmosselbedryf.

3.4 Altesame 86% van die aantal houers van regte in die witmosselbedryf

was swartmense en 14% witmense. Van die 86% swartmense was

43% swart mans en 43% swart vroue. Van die 14% witmense was 0%

wit mans en 14% wit vroue.

3.5 Die witmossel-TAE (Algehele Toelaatbare Inspanning) vir die

vangseisoenevir die geldigheidsduur van die eerskomende

visvangregte, sal in ooreenstemming met die MLRA deur die

Departement bepaal

word. Daardie geldigheidsduur begin in 2014.

4. Doelstellings

4.1 Die oorkoepelende doelstelling van die toekenning van visvangregte in

die witmosselbedryf, is die volgende:

(a) Om ingevolge die kategorieë van ras, gender en gestremdheid billike

toegang tot en voordele uit die witmosselbedryf te verseker, met

inagneming van die historiese agtergrond van die vissers;

(b) Om regte op witmossels toe te ken ingevolge die kriteria vir die

toekenning van witmosselvangsregte;

(c) Om die witmosselbedryf in samewerking met ander regeringsvlakke en

met rolspelers in die bedryf te bestuur, en wel op ʼn manier wat

erkenning gee aan die prioriteite van die regering asook aan die

strategiese doelstellings van die verskeie regeringsvlakke, die belange

van die visvangbedryf, maar veral ook op `n manier wat tot lof en eer

sal wees van Hom wat die mens die vermoë gegee het om oor die

visse (insluitende witmossels) te heers; en

(d) Om op ʼn volhoubare en gebalanseerde wyse die grootste moontlike

voordeel te trek t.o.v. die maatskaplike, ekonomiese, biologiese en

ekonomiese doelstellings wat betrekking het op die witmosselbedryf.

5. Geldigheidsduur van regte

5.1 Visvang- of oesregte vir witmossels sal vir 7 jaar toegeken word

(van 2014 tot 2020).

5.2 Die visvang- of oesregte vir witmossels sal outomaties verval en

ongeldig wees indien:

(a) die reg gekanselleer of herroep word kragtens die MLRA; en / of

(b) die geldigheidsduur van die reg wat kragtens die MLRA toegeken

is, verstryk.

6. Nuwe toetreders

Sedert die witmosselregte wat in 2005 toegeken is, verstryk het, beoog die

Departement om witmosselregte tydens 2013 se toekenningsproses van

witmosselregte aan suksesvolle applikante toe te ken, insluitende nuwe

toetreders aan wie daar tydens die toekenningsperiode tussen 2005 en 2012

geen regte of vrystelling toegeken is nie.

7. Beoordelingskriteria

Aansoeke vir visvang- of oesregte vir witmossels sal volgens ʼn aantal

uitsluitings- en ewewigtigheidskriteria beoordeel word. ʼn Afsnypunt sal dan

op die punte- of ranglys bepaal word om die suksesvolle applikante te

kies.

Uitsluitingskriteria

Afgesien van die kriteria wat in die Algemene Beleid omskryf word t.o.v.

die rig van aansoeke en wesenlike tekortkominge, sal die gedelegeerde

gesag aansoekers afkeur wat nie aan die volgende vereistes voldoen nie:

(a) Formele aspekte van die applikant

Slegs Suid-Afrikaanse natuurlike persone (d.w.s. individue) of regspersone

mag aansoek doen vir visvang- of oesregte vir witmossels. Die

gedelegeerde gesag sal nie visvang- of oesregte vir witmossels toeken nie

aan individuele aansoekers wat aangeteken staan as aandeelhouers van

regspersone wat eweneens aansoek gedoen het om visvang- of oesregte

vir witmossels; ook nie aan regspersone met dieselfde of soortgelyke

aandeelhouers nie.

(b) Aansoeke van gesinne

Oor die algemeen sal net een reg per huishouding toegeken word. Waar

daar meer as een aansoek ontvang word van gesinslede wat by dieselfde

adres woon, mag al hierdie aansoeke afgekeur word. Meer as een reg kan

toegeken word as die aansoekers duidelik en oortuigend kan toon dat

hulle afsonderlike klein bedrywe gevestig het.

(c) Nakoming

Aan aansoekers wat skuldig bevind is aan ʼn ernstige oortreding van die

MLRA, die regulasies, permitvoorwaardes of aan ander ernstige visvangs-

verwante oortredings, sal daar geen regte toegeken word nie. Aan

applikante van wie daar ʼn reg kragtens die MLRA gekanselleer of herroep

is, sal daar ook geen reg toegeken word nie. As die applikant lid was van

ʼn beslote korporasie of ʼn aandeelhouer van ʼn maatskappy wat ʼn medium-

of langtermynreg gehou het, sal daar geen reg aan die applikant toegeken

word nie indien die houer van die medium- of langtermynreg of een van

die lede, direkteurs of beherende aandeelhouers skuldig bevind is aan ʼn

ernstige oortreding, of indien een van die genoemde persone ʼn reg gehad

het wat gekanselleer of herroep is. Ander oortredings van die MLRA sal

aansoeke negatief beïnvloed, soos hieronder uiteengesit.

(d) Papierkwotas

Papierkwotas soos omskryf in die Algemene Beleid, sal afgekeur word.

Groot groepe van identiese of baie soortgelyke aansoeke wat deur

konsultante of vismaatskappye of deur ander regspersone geborg word,

sal as plaasvervangers (Engels: fronts) afgekeur word, ongeag die meriete

van die individuele aansoek.

(e) Nie-benutting

Aan houers van regte wat versuim het om hul witmosselregte of

vrystellings tussen 2005 en 2012 te benut, sal daar nie weer ʼn reg

toegeken word nie.

(f) Persoonlike betrokkenheid

Daar sal van aansoekers vereis word om aan te toon dat hulle persoonlik

sal betrokke wees by die oes van mossels, tensy hulle gestremd is.

(g) Multisektor betrokkenheid

Oor die algemeen is dit nie ʼn doelstelling van die beleid om die hou van

regte in meer as een visserybedryf te belet of te ontmoedig nie.

Ewewigtigheidskriteria

Aansoekers wat reeds houers van regte is asook potensiële nuwe

toetreders tot die bedryf sal ingevolge die volgende ewewigtigheidskriteria

beoordeel word, waarvan elk ʼn bepaalde gewig sal dra by die keuring van

die aansoeke:

(a) Omvorming (“transformasie”)

Ten einde die omvormingsprofiel van die witmosselbedryf te verbeter, sal

die Departement by die toewysing van regte aan alle Suid-Afrikaanse

burgers die faktore ras, geslag en gestremdheid in aanmerking neem.

(b) Belegging in die bedryf

Die gedelegeerde gesag moet in aanmerking neem watter beleggings,

indien enige, die aansoekers reeds in die bedryf gemaak het of van plan is

om te maak.

(c) Oesprestasie

By die beoordeling van aansoeke deur bestaande houers van regte in die

bedryf moet hul prestasie in die witmosselsektor tussen 2005 en 2012 in

aanmerking geneem word.

By die beoordeling van aansoeke deur nuwe toetreders tot die bedryf moet

hul vermoë, kennis en vaardighede om witmossels te oes in aanmerking

geneem word.

(d) Afhanklikheid van witmossels

Die gedelegeerde gesag moet voorkeur gee aan aansoekers wat vir ‘n

aansienlike deel van hul bruto jaarlikse inkomste staatmaak op die vangs

of oes van witmossels. Aansoekers wat inkomste ontvang uit bronne buite

die visserybedryf, kan dienooreenkomstig punte verloor. Van moontlike

nuwe toetreders tot die bedryf moet daar vereis word dat hulle kan

aantoon dat hulle histories wel op die witmosselsektor staatgemaak het vir

ʼn gedeelte van hul lewensonderhoud.

(e) Plaaslike ekonomiese ontwikkeling

Die gedelegeerde gesag moet voorkeur verleen aan aansoekers wat naby

die gebied woon waar witmossels geoes word. In hierdie verband behoort

die gedelegeerde gesag te vereis dat die aansoeker reeds minstens vier

jaar in die gebied woon.

(f) Nakoming

Minder ernstige oortredings van die MLRA en van die gepaardgaande

regulasies deur die applikant sal daartoe lei dat daar punte afgetrek word

van sy telling by die algehele beoordeling van sy aansoek.

8. Aansoekfooie

8.1 By die stel van ʼn aansoek om ʼn witmosselreg moet daar ʼn fooi van

R 100 (eenhonderd rand) betaal word. Hierdie fooi is nie terugbetaalbaar

nie en moet ten volle betaal word.

8.2 Die jaarlikse heffing betaalbaar vir die witmosselbedryf sal

dienooreenkomstig bepaal word. Die betaalbare heffingsgelde sal deur die

Departement gebruik word om die jaarlikse koste t.o.v. die bestuur,

nakoming en navorsing te help dra.

9. Voorlopige lyste

9.1 Voordat die gedelegeerde gesag ʼn finale besluit neem oor die

toekenning van witmosselregte mag hy of sy ʼn voorlopige lys van

suksesvolle applikante vir elke area uitreik vir kommentaar.

10. Permitvoorwaardes

10.1 Permitvoorwaardes vir hierdie sektor sal jaarliks uitgereik word. Die

permitvoorwaardes sal na oorlegpleging met die houers van regte in

hierdie bedryf bepaal word en sal onderhewig wees aan hersiening

soos wat en wanneer dit nodig blyk te wees.

11. Prestasiemeting

11.1 Die witmosselbedryf sal deurgaans beoordeel word tydens die

geldigheidsduur van die witmosselregte. Daar sal

dienooreenkomstig opgetree word teen die houers van regte wat

nie die MRLA, permitvoorwaardes en / of riglyne nakom nie.

12. Beleidshersiening

12.1 Die Departement het hom verbind tot ʼn voortgaande en voortgesette

hersiening van die doeltreffendheid van die witmosselbeleid ten einde die

sosio-ekonomiese en ekonomiese behoeftes van die visserybedryf en die

vissergemeenskappe wat daardeur geraak word, aan te spreek en die

ekologiese lewensvatbaarheid van die hulpbronne te verseker.

12.2 Navorsing en voortgesette monitering deur sowel die Departement

asook belanghebbendes sal ʼn belangrike bydrae lewer om swak punte

en gebreke uit te ken in die beleidsrigtings en in die toepassing

daarvan.

12.3 Die Departement sal ʼn moniterings- en evalueringstelsel ontwikkel om

te verseker dat nuttige en betroubare terugvoering oor die

doeltreffendheid van die beleid betyds aan die Departement en aan

toepaslike belanghebbendes verskaf word.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!