15.09.2013 Views

8. Afdeling Diefstal.qxd

8. Afdeling Diefstal.qxd

8. Afdeling Diefstal.qxd

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

SAIA/423/042002 (MULTIMARK)

MMIII 2003

Kommersiële Versekering

Afdeling diefstal

Omskrewe gebeurtenisse

Verlies van of skade aan alle inhoud (die eiendom van die versekerde of waarvoor by verantwoordelik is) van

enige versekerde gebou op die versekerde perseel wat in die bylae beskryf word weens diefstal (of enige poging

daartoe) wat gepaard gaan met kragdadige en gewelddadige betreding of verlating van sodanige gebou of

weens diefstal (of enige poging daartoe) wat volg op geweld of dreigement van geweld.

Uitbreidings

1. Die versekering ingevolge hierdie afdeling word uitgebrei om verlies van of skade aan die versekerde

eiendom te dek:

(a) Wat veroorsaak word deur of gepaard gaan met

(i) ‘n dief of diewe wat voor sluitingstyd op die versekerde perseel skuilhou.

(ii) betreding en/of verlating van die perseel deur gebruik te maak van ‘n loper of ander soortgelyke

toestel (met uitsluiting van ‘n duplikaatsleutel) met dien verstande dat die versekerde tot die

bevrediging van die versekeraar kan bewys dat ‘n loper of soortgelyke toestel gebruik is.

(b) Terwyl in ‘n gebou op enige bykomende perseel wat deur die versekerde gebruik word, met dien

verstande dat

(i) die versekeraar binne 30 dae vanaf datum waarop die risiko vir die versekeraar bestaan van

sodanige bykomende perseel in kennis gestel word.

(ii) ‘n bykomende premie, indien enige, betaal word.

(iii) die versekeraar se aanspreeklikheid ten opsigte van hierdie uitbreiding hoogstens 50 persent

beloop van die hoogste bedrag wat in die bylae vermeld word ten opsigte van enige enkele

perseel.

2. Benewens die skadeloosstellingsperk in die bylae vermeld

(a) sluit die versekering ingevolge hierdie afdeling die volgende in:

(i) Skade aan geboue (insluitende die verhuurder se los en vaste toebehore) op die versekerde

perseel in die loop van diefstal of enige poging daartoe.

(ii) Verlies van geboue en verhuurder se los en vaste toebehore, by die versekerde persele weens

diefstal wat met kragdadige en gewelddadige betreding of verlating van sodanige gebou

gepaard gaan of enige poging daartoe of weens diefstal, of enige poging daartoe, wat volg op

geweld of dreigement daartoe.

(b) vergoed die versekeraar die versekerde vir alle redelike koste en uitgawes wat aangegaan word om

sodanige tydelike herstelwerk uit te voer en sodanige tydelike maatreëls te tref as wat redelikerwys

nodig mag wees na verlies of skade wat aanleiding gee tot ‘n eis in ingevolge hierdie afdeling;

met dien verstande dat die versekeraar se aanspreeklikheid hoogstens R5 000 of die bedrag vermeld

in die bylae, wat ook al die grootse is, ten opsigte van enige enkele gebeurtenis beloop.

3. Benewens die skadeloosstellingsperk in die bylae vermeld, stel die versekeraar die versekerde skadeloos

ten opsigte van die vervangingskoste van slotte en sleutels vir die versekerde perseel wat volg op die

verdwyning van enige sleutel vir sodanige perseel of nadat die versekerde rede het om te glo dat enige

ongemagtigde persoon in besit van ‘n duplikaat van sodanige sleutel mag wees.

Met dien verstande dat

(a) die versekeraar se aanspreeklikheid hoogstens R2 000 ten opsigte van enige enkele gebeurtenis beloop.

(b) die versekeraar nie vir die eerste R200 ten opsigte van elke gebeurtenis aanspreeklik is nie.

4. Die uitdrukking “alle inhoud” sluit die volgende in: persoonlike besittings, gereedskap en trapfietse wat

die eiendom is van die versekerde, enige prinsipaal, vennoot, direkteur of werknemer van die versekerde

tot die mate waartoe sodanige eiendom nie anders verseker is nie, tot hoogstens ‘n bedrag van R2 500

ten opsigte van enige enkele persoon.

Beperkings

Die versekeraar se aanspreeklikheid ten opsigte van dokumente, manuskripte, besigheidsboeke,

rekenaarstelselrekords en-media, planne, ontwerpe, patrone, modelle en gietvorms word beperk tot die waarde

van die materiaal en die bedrag aan arbeid bestee.

Spesifieke uitsonderings

Die versekeraar is nie aanspreeklik nie vir

1. verlies of skade wat ingevolge ‘n brandpolis verseker kan word, behalwe in die geval van ontploffing wat

veroorsaak word in ‘n poging om toegang te verkry.

2. verlies of skade wat ingevolge ‘n glasversekeringspolis versekerbaar is.

3. eiendom wat meer spesifiek verseker is of, tensy dit in die bylae gespesifiseer is, kontant, bank- en

valutanote, tjeks, posorders, poswissels, geldige verhandelbare seëls en dokumente of sertifkate van ‘n

verhandelbare aard.

4. verlies of skade waarby enige prinsipaal, vennoot, direkteur of werknemer van die versekerde of enige lid

van die versekerde se huishouding as dader of medepligtige betrokke is.

Spesifieke voorwaardes

1. Hierdie afdeling word nietig verklaar indien die aard van die risiko wesenlik verander sonder dat die

skriftelike toestemming van die versekeraar vooraf verkry is.

2. Ten opsigte van enige perseel wat in die bylae as onderworpe aan hierdie voorwaarde vermeld word waar

‘n diefalarm geïnstalleer is, is die volgende voorvereistes vir die aanspreeklikheid van die versekeraar en

word daar gewaarborg dat

(a) die diefalarm wat op die perseel geïnstalleer is ten volle in werking gestel word wanneer die perseel

nie vir besigheidsdoeleindes oop is nie, tensy ‘n prinsipaal, vennoot, direkteur of werknemer van die

versekerde op die perseel is.

(b) sodanige diefalarm in ‘n behoorlike werkende toestand in stand gehou word, maar dit word as

gedoen geag indien die versekerde sy verpligtinge ingevolge ‘n kontrak met die verskaffers of

versieningsingenieurs van die alarmstelsel nagekom het.

Hierdie versekering dek geen verlies van of skade aan die eiendom as gevolg van die gebruik van die sleutels

van die diefalarm of enige duplikaat daarvan wat aan die versekerde behoort nie, tensy sodanige sleutels met

geweld of weens ‘n dreigement van geweld aan enige persoon verkry is.

Afdeling diefstal

2/2

SAIA/423/042002 (MULTIMARK)

MMIII 2003

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!