02.05.2013 Views

ALGEMENE ENDOSSEMENT

ALGEMENE ENDOSSEMENT

ALGEMENE ENDOSSEMENT

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

AFDELING

ALGEMENE ENDOSSEMENT

Algemene endossement hierby aangeheg en wat ‘n deel vorm van die polis

effektief vanaf die eerste hernuwing of hersiening datum met ingang vanaf

1 Maart 2011.

Nieteenstaande enigiets teenstrydig vervat in die polis en/of afdeling daarvan is dekking interme die polis

onderhewig aan die volgende wysigings:

1. Algemene uitsonderings, voorwaardes en bepalings

(A) Algemene voorwaarde 9(d) is bygevoeg:

9. Maatskappy se regte na ‘n gebeurtenis

(d) Die maatskappy is nie aanspreeklik om ‘n terugbetaling van premie vir die

onverstreke versekeringstydperk te verskaf in die geval van ‘n eis

waarvoor die maatskappy aanspreeklik word om skadeloosstelling vir die

maksimum bedrag betaalbaar ingevolge enige item(s) of afdeling van die

polis te verleen nie.

(B) Algemene voorwaarde 11 is geskrap en deur die volgende vervang:

“11. Nie nakoming van voorwaarde

Indien die nie-nakoming van so ‘n wesentlike aard is om ongeldigmaking van die

polis te regverdig sal die voorwaardes van die polis en afdelings daarvan geld

afsonderlik vir elkeen van die risiko's wat verseker word en nie gesamentlik nie,

sodat enige nie-nakoming die afdeling ongeldig sal maak slegs ten opsigte van

die risiko waarop die nie-nakoming van toepassing is.”

(C) Algemene voorwaarde 13 is geskrap en deur die volgende vervang:

“13. Kansellasie

Hierdie polis of enige afdeling daarvan mag te enigertyd deur die maatskappy

gekanselleer word met skriftelike kennisgewing van 30 dae (of sodanige tydperk

as waarop daar onderling ooreengekom is) of deur die versekerde met

onmiddellike kennisgewing. Die versekerde is geregtig op ‘n eweredige deel van

die premie vir die onverstreke versekeringstydperk vanaf die kansellasie datum

onderworpe aan Algemene voorwaarde 3. In die geval van kansellasie deur die

maatskappy moet kennis daarvan skriftelik aan die versekerde gegee word by die

jongsbekende adres.”

(D) Algemene voorwaarde 15 is geskrap en deur die volgende vervang:

“15. Eisevoorbereidingskoste

Behoudens die voorwaardes soos vervat in Algemene voorwaarde 7 sal die

maatskappy aanspreeklik wees vir eisevoorbereidingskoste wat beteken alle

redelike koste en uitgawes aangegaan by die verkryging, opstel en/of voorlegging

van inligting, bewyse en verklarings soos vereis mag word met dien verstande dat

die maatskappy se aanspreeklikheid nie R15 000 (vyftienduisend rand) plus die

bedrag wat in die bylae by elke afdeling teenoor ‘n item vir bykomende

eisevoorbereidingskoste vermeld word, sal oorskry nie.”

(E) Algemene voorwaarde 26 is bygevoeg:

26. Belasting op toegevoegde waarde

Alle versekerde bedrae, aanspreeklikheidsperke, eerste bedrag betaalbaar en

premies sluit BTW in teen die heersende koers.

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 1 van 33) 12/2010

Goedgekeurde Finansiële Diensverskaffer ‘n Lid van die Groep

(F) Algemene voorwaarde 27 is bygevoeg:

27. Uitbreidings

(G) Ombudsman

Waar enige uitbreiding (ongeag bykomend of outomaties) dekking uitbrei ten

opsigte van ‘n afdeling of polis, sal sodanige uitgebreide dekking steeds

onderhewig wees aan die terme, voorwaardes en uitsonderings van sodanige

afdeling of polis na gelang van die geval van toepassing, tensy sodanige terme,

voorwaardes en uitsonderings spesifiek gekanselleer is.

Hierdie memorandum is geskrap, die FAIS onthullingskennisgewing maak reeds hiervoor

voorsiening.

2. Afdeling: Huiseienaars

(A) Omskrewe gebeurtenis A3(e) is geskrap en deur die volgende vervang:

“(e) aan hekke en heinings wat nie van klip, beton, staal of baksteen gebou is nie”

(B) Onderafdeling G is geskrap en deur die volgende vervang:

“Hierdie afdeling dek skielike toevallige verlies van of skade (uitgesluit slytasie) aan vaste

masjinerie vir huishoudelike gebruik alleenlik van swembaddens (uitgesluit outomatiese

swembadskoonmakers), jacuzzi’s, boorgate (uitgesluit windpompe), besproeiingstelsels,

filtreertoerusting, lugverkoelers, alarmstelsels en elektriese motors vir hekke en

motorhuisdeure geïnstalleer by die private woning van die versekerde met dien verstande

dat die maatskappy se aanspreeklikheid beperk is tot R10 000 (tienduisend rand) of die

bedrag vermeld in die bylae watter ookal die meeste is ten opsigte van enige enkele

gebeurtenis.”

(C) Besondere voorwaardes, klousules en uitbreidings 12 Verpligte eerste bedrag

betaalbaar (Wonings in gebruik)

Die eerste bedrag betaalbaar is verhoog na R1 000 (eenduisend rand).

(D) Besondere voorwaarde, klousules en uitbreidings 14 is geskrap en deur die

volgende vervang:

“14. Bouers risiko

1. In aanbou

Terwyl die gebou beskryf in die bylae van hierdie afdeling in aanbou is en totdat

dit finaal voltooi is, is die volgende voorwaardes van toepassing:

(a) die volgende gevare van onderafdeling A - Eiendom is gekanselleer:

5, 7 en 8

(b) gevaar 3 is gekanselleer en deur die volgende vervang:

“3. storm met uitsluiting van verlies of skade:

(i) veroorsaak deur insakking of grondverskuiwing

(ii) as gevolg van slytasie en geleidelike agteruitgang

(iii) aan alle heinings en hekke

(iv) aan stut- en keermure”

(c) gevaar 6 is gekanselleer en deur die volgende vervang:

"6. Botsing met enige gebou deur enige voertuig of dier met uitsondering

van voertuie of diere wat behoort aan, onder bewaring van en/of

onder die beheer van enige kontrakteur of subkontrakteur of enige

van hulle werknemers terwyl besig is met:

(i) die bou van of voltooiing van die versekerde eiendom

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 2 van 33) 12/2010

(ii) argitektoniese veranderings en/of toevoegings en/of

restourasie aan die versekerde eiendom of die voltooiing

van sodanige veranderings, toevoegings of restourasie”

(d) Onderafdeling B - Skade aan openbare toevoer of hoofaansluitings is

gekanselleer

(e) Onderafdeling C - Verlies van huurgeld is gekanselleer

(f) Onderafdeling D - Aanspreeklikheid teenoor die publiek is gekanselleer

(g) Onderafdeling E - Toevallige breekskade van glas en sanitêre ware is

gekanselleer

(h) Onderafdeling F - Antennes en satellietskottels is gekanselleer

(i) Onderafdeling G - Toevallige breekskade aan masjinerie vir huishoudelike

gebruik is gekanselleer.

2. Bouveranderings

Die volgende voorwaardes is van toepassing terwyl die gebou beskryf in die bylae

van hierdie afdeling onderhewig is aan bouveranderings en totdat dit finaal voltooi

is maar alleenlik ten opsigte van ‘n eis wat voortspruit uit of veroorsaak word of

toeskryfbaar is as gevolg van sodanige bouveranderings.

Die volgende onderafdelings is gekanselleer:

(a) Onderafdeling C - Verlies van huurgeld

(b) Onderafdeling D - Aanspreeklikheid teenoor die publiek

(c) Onderafdeling E - Toevallige breekskade van glas en sanitêre ware.”

(E) Besondere voorwaarde, klousules en uitbreidings 15 is geskrap en deur die

volgende vervang:

“15. Weerligafleiers

Dit is 'n voorwaarde wat aanspreeklikheid onder hierdie afdeling voorafgaan dat

alle wonings met gras- of strooi- of rietdakbedekking met 'n voldoende en

behoorlik geïnstalleerde SABS-goedgekeurde weerligafleier of weerligafleier van

'n soortgelyke standaard of beter toegerus is wat spesifiek daargestel is om

weerlig van die betrokke gebou af te lei tensy anders vermeld in die bylae.”

(F) Besondere voorwaarde, klousules en uitbreidings 22 is bygevoeg:

22. Tydelike herstelwerk en maatreëls na ‘n verlies

Die afdeling is uitgebrei om in te sluit alle kostes en/of uitgawes wat redelikerwys

aangegaan is deur die versekerde om sodanige tydelike herstelwerk uit te voer

en/of sodanige tydelike maatreëls te tref wat redelikerwys noodsaaklik mag wees

nadat ‘n omskrewe gebeurtenis plaasgevind het met dien verstande dat die

aanspreeklikheid van die maatskappy vir sulke kostes en/of uitgawes nie R10 000

(tienduisend rand) sal oorskry ten opsigte van enige enkele gebeurtenis nie.

(G) Besondere uitsondering (c) is geskrap en deur die volgende vervang:

“(c) verlies van of beskadiging veroorsaak deur onderafdeling A - Eiendom gevaar 3

aan huishoudelike boorgatpompe en elektriese motors (soos omskryf in die

Geldende klousule) wat onderkant die normale vloedlyn van 'n rivier of spruit

geïnstalleer is nie.”

(H) Endossement 4 is bygevoeg:

4. Spesiale vervanging van warmwatertoestelle (Indien in die bylae as ingesluit

vermeld)

As teenprestasie vir die betaling van ‘n bykomende premie onderneem die

maatskappy om in geval van ‘n totale verlies van ‘n warmwatertoestel, wat

veroorsaak word deur ‘n versekerde gevaar in terme die afdeling, sodanige

konvensionele warmwatertoestel te vervang met ‘n solar- of gas warmwatertoestel

met dien verstande dat:

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 3 van 33) 12/2010

3. Afdeling: Huisbewoners

(a) die aanspreeklikheid van die maatskappy kragtens hierdie uitbreiding nie die

bedrag vermeld in die bylae sal oorskry nie

(b) die maatskappy nie aanspreeklik sal wees vir die eerste R1 000 (eenduisend

rand) ten opsigte van iedere en elke eis.

Indien die koste om die warmwatertoestel te vervang groter is as die bedrag

waarteen dit verseker is ten tye van die verlies of skade, sal die versekerde as sy

eie versekeraar vir die verskil geag word en dienooreenkomstig ‘n eweredige deel

van die verlies of skade dra. Alle items, indien meer as een sal afsonderlik

onderhewig wees aan hierdie voorwaarde.

(A) Uitbreiding 12 is geskrap en deur die volgende vervang:

“12. Trauma

Indien die versekerde of enige lid van die versekerde se gesin wat normaalweg

by die versekerde inwoon, terwyl op die versekerde se perseel, ‘n slagoffer is van

geweld of diefstal, poging tot diefstal, ‘n aanhouding, kaping of brand wat

professionele berading noodsaak sal die maatskappy tot en met R10 000

(tienduisend rand) vir enige enkele gebeurtenis betaal.”

(B) Uitbreiding 22 Bergingskoste vir inhoud na skade

Die perk is verhoog na R5 000 (vyfduisend rand).

(C) Besondere uitsondering 1(b) en (c) is geskrap en deur die volgende vervang:

“(b) eiendom meer spesifiek verseker of tensy anders vermeld, aktes, verbande,

wissels, geldbewyse, geld, tjeks, sekuriteite vir geld, seëls, dokumente van enige

aard, manuskripte, medaljes, muntstukke (ander dan geld en verhandelbare

instrumente soos in Omskrywing (i) tot en met R2 500), motorvoertuie en

toebehore in of op sulke voertuie, lugvaartuie en enige deel daarvan,

watervaartuie en enige deel daarvan (behalwe modelvliegtuie en modelwatervaartuie),

kano's en diere

(c) enige elektroniese dataverwerkingstoerusting wat nie vir huishoudelike- en/of

boerdery besigheidsdoeleindes alleen gebruik word nie met dien verstande dat:

(i) sodanige elektroniese dataverwerkingstoerusting wat vir huishoudelike-

en/of boerdery besigheidsdoeleindes alleen gebruik word onderhewig is

aan ‘n eerste bedrag betaalbaar van R1 000 (eenduisend rand) ten

opsigte van iedere en elke eis

(ii) die aanspreeklikheid van die maatskappy met betrekking tot sodanige

elektroniese toerusting gebruik vir boerdery besigheidsdoeleindes beperk

is tot 10% (tien persent) van die versekerde bedrag tot ‘n maksimum van

R25 000 (vyf en twintig duisend rand) enige enkele gebeurtenis.”

(D) Besondere voorwaarde 8 Verpligte eerste bedrag betaalbaar (Wonings bewoon)

Die eerste bedrag betaalbaar verhoog na R1 000 (eenduisend rand).

(E) Besondere voorwaarde 10 is geskrap en deur die volgende vervang:

“10. Weerligafleiers

Dit is 'n voorwaarde wat aanspreeklikheid onder hierdie afdeling voorafgaan dat

alle geboue met gras-, strooi- of rietdakbedekking met 'n voldoende en behoorlik

geïnstalleerde SABS-goedgekeurde weerligafleier of weerligafleier van 'n

soortgelyke standaard of beter toegerus is wat spesifiek daargestel is om weerlig

van die betrokke gebou af te lei tensy anders vermeld in die bylae.”

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 4 van 33) 12/2010

(F) Besondere voorwaarde 13 is bygevoeg:

13. Veiligheidshekke en diefwering

Dit is ‘n voorwaarde wat enige aanvaarding van aanspreeklikheid voorafgaan dat

in terme van onderafdeling A - Eiendom gevare 8(a) en 8(b) veiligheidshekke by

alle buite deure en diefwering voor alle oopmakende vensters geïnstalleer is,

tensy anders vermeld in die bylae.

(G) Endossement 2 Yskaste-, vrieskaste-, koelkamers en vrieskamersdekking

Die eerste bedrag betaalbaar verhoog na R350 (driehonderd en vyftig rand).

(H) Endossement 4 is geskrap:

4. Televisie ontvangers, videokassetmasjiene en DVD masjiene.

(I) Endossement 5 is geskrap en deur die volgende vervang:

“4. Toevallige skade - Die eerste bedrag betaalbaar verhoog na 10% (tien persent)

van die eis met ‘n minimum van R350 (driehonderd en vyftig rand).

4. Afdeling: Persoonlike alle risiko

(A) Besondere uitsondering 11 is geskrap en deur die volgende vervang:

“11. enige verlies of skade, kostes, uitgawes direk of indirek voortspruitend uit

aanhouding, konfiskering, verbeurdverklaring, beslaglegging of rekwisisie wettiglik

uitgevoer deur doeane, SA Polisie Diens, misdaadvoorkomingseenhede of ander

beamptes of owerhede”

5. Afdeling: Persoonlike ongevalle

(A) Vergoeding is geskrap en vervang deur:

A Dood Die bedrag in die

bylae vermeld

B Permanente ongeskiktheid beteken die volgende: Persentasie van

vergoeding

(a) Verlies deur fisieke skeiding by of bokant die handgewrig

of enkel van een of meer ledemate

(b) permanente en algehele verlies van

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 5 van 33) 12/2010

100

hele oog 100

sig in oog 100

sig in oog behalwe waarneming van lig 75

(c) permanente en algehele gehoorverlies in

albei ore 100

een oor 25

(d) permanente en algehele spraakverlies 100

(e) beserings wat lei tot permanente algehele onvermoë om

die gewone beroep of enige ander beroep waarvoor

sodanige persoon uit hoofde van sy kennis of opleiding

toegerus is, te beoefen

100

(f) verlies van vier vingers 70

(g) verlies van duim (een of albei falankse) 25

(h) verlies van wysvinger (een, twee of drie falankse) 10

(i) verlies van enige ander vinger (een, twee of drie

falankse) per vinger

6

(j) verlies van middelhandbeen (eerste, tweede, derde

vierde of vyfde bykomend)

(k) verlies van tone

almal aan een voet 30

groottoon een of albei falankse 5

ander tone dan groottoon indien meer as een verloor

elk

(l) permanente skending weens toevallige uitwendige

brandwonde op die gesamentlike oppervlak van die

(i) gesig en nek

100 persent van die oppervlakte geskend 60

minder as 100 persent van die oppervlakte

geskend

(ii) oorblywende dele van die liggaam behalwe die gesig

(B) Memoranda

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 6 van 33) 12/2010

5

5

die deel van 60

waarin die werklik

geskende deel staan

tot 100 persent van

die geskende

oppervlak

en nek

100 persent van die oppervlak geskend 30

minder as 100 persent van die oppervlak geskend die deel van 30

waarin die werklik

geskende deel staan

tot 100 persent van

die geskende

oppervlak

(i) en (ii) is geskrap.

(C) Uitbreiding 5 is geskrap en deur die volgende vervang:

“5. Ontvallingskoste

In die geval van ‘n ongeluk wat aanleiding gee tot ‘n doodseis sal die maatskappy

aan sodanige persoon se boedel ‘n bydrae van R5 000 (vyfduisend rand) tot

ontvallingskoste betaal.”

(D) Uitbreiding 11 is bygevoeg:

11. Motorvoertuig ongeluk beperking (Indien in die bylae as ingesluit vermeld)

Hierdie afdeling geld slegs ten opsigte van toevallige liggaamlike besering van

sodanige persoon wat regstreeks veroorsaak word deur ‘n motorongeluk.

6. Afdeling: Persoonlike aanspreeklikheid

(A) Besondere uitsondering 5(a) is geskrap en deur die volgende vervang:

“(a) lugvaartuie (uitgesonderd modelvliegtuie), voertuie, sleepwaens, motorbote,

seilbote of skepe”

7. Afdeling: Motorbote, seiljagte en kleinvaartuie

(A) Besondere voorwaarde 13 is bygevoeg:

13. SAMSA Regulasies

Hierdie afdeling of enige daaropvolgende hernuwing sal vanaf aanvang nietig en

ongeldig wees:

(a) indien die vaartuig nie voldoen aan die ontwerp en konstruksie vereistes

soos uiteengesit in die “Merchant-Shipping Regulations 2007” nie

(b) indien die vereistes vir skippers soos uiteengesit in die “Merchant-

Shipping Regulations 2007” om te alle tye in besit te wees van ‘n

geskiktheidsertifikaat nie van toepassing is nie

(c) indien die vaartuig soos uiteengesit is in die “Merchant-Shipping

Regulations 2007” nie te alle tye in besit is van ‘n Geskiktheidsertifikaat of

plaaslike Algemene Veiligheidsertifikaat nie

tensy sodanige vaartuig ‘n seilvaartuig van minder as 9 (nege) meter in lengte is,

of ‘n kragaangedrewe vaartuig van onder 15 (vyftien) perdekrag is en die vaartuig

aangedrewe is deur menslike krag alleenlik.

8. Afdeling: Elektroniese toerusting

(A) Uitsondering A9(a) van toepassing op onderafdeling A is geskrap en vervang deur:

“(a) verlies weens diefstal of weens die wegraak van die versekerde eiendom tensy

dit gepaard gaan met kragdadige en gewelddadige betreding of verlating van die

gebou of die gedeelte van die gebou beset deur die versekerde of as gevolg van

diefstal of enige poging daartoe of geweld of dreigement tot geweld ander dan ten

opsigte van skootrekenaars waar kragdadige en gewelddadige betreding of

verlating van die gebou of die gedeelte van die gebou nie van toepassing sal

wees nie. Dit is ‘n voorwaarde dat skootrekenaars individueel gespesifiseer word

in die bylae van die afdeling.”

(B) Uitsondering A10 van toepassing op onderafdeling A is bygevoeg:

9. Afdeling: Motor

10. verlies van of skade aan die versekerde eiendom soos omskryf in die bylae as

gevolg van 'n skielike geringe vermeerdering in die kragspanning en/of

kragstuwing en/of 'n nie genoegsame voltspanningstoestand, voortspruitend uit

die vrystellende energie van enige bystand kragopwekkingstoerusting waaraan

die versekerde eiendom/masjinerie gekoppel is. Hierdie uitsondering sal nie van

krag wees indien die bystand kragopwekkingstoerusting met toepaslike

voltspannings- en herhalings-regulerendetoerusting toegerus is nie.

(A) Uitsondering (d) op onderafdeling A is geskrap en deur die volgende vervang:

“(d) enige verlies of skade, kostes, uitgawes direk of indirek voortspruitend uit

aanhouding, konfiskering, verbeurdverklaring, beslaglegging of rekwisisie wettiglik

uitgevoer deur doeane, SA Polisie Diens, misdaadvoorkomingseenhede of ander

beamptes of owerhede.”

(B) Onderafdeling C Mediese onkoste

Die perk van R20 000 (twintig duisend rand) waarna in die eerste paragraaf van

omskrewe gebeurtenisse verwys word is verhoog na R25 000 (vyf en twintig duisend

rand).

(C) Omskrywings 3 Eis vrye groepe

Waar ookal die woorde “Geeneis korting” verskyn is dit vervang met “Eis vrye groepe”.

Die eisvryegroepe sal nie deur enige eis ten opsigte van die volgende beïnvloed word

nie, die volgende is bygevoeg onder (b):

(vii) Uitbreiding 30 - Inhoud van spuittoerusting

(viii) Uitbreiding 31 - Ongespesifiseerde landbouwerktuie

(ix) Uitbreiding 32 - Elektroniese toerusting gebruik vir presisie boerdery.

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 7 van 33) 12/2010

(D) Uitbreiding 7 Brandbluskoste

Die perk is verhoog na R7 500 (seweduisend vyfhonderd rand).

(E) Uitbreiding 8 Wrakverwydering

Die perk is verhoog na R5 000 (vyfduisend rand).

(F) Uitbreiding 14 is geskrap en deur die volgende vervang:

“14. Skade aan buitebande of kruipbande (Trekkers, stropers en self-aangedrewe

landboukundige implemente soos per voertuig-omskrywing 2g)

Die dekking onder hierdie afdeling is uitgebrei om totale en onherstelbare verlies

van die buitebande of kruipbande terwyl aan die item in die bylae van hierdie

afdeling gemeld maar slegs indien omvattend verseker in te sluit as gevolg van

skade veroorsaak deur onsigbare of versteekte voorwerpe terwyl op die pad of

enige ander oppervlak met dien verstande dat:

(a) die maatskappy se aanspreeklikheid beperk sal word tot ‘n maksimum

van R15 000 (vyftienduisend rand) per buiteband of kruipband tensy die

waarde per buiteband of kruipband bo R15 000 (vyftienduisend rand) in

die bylae vermeld word

(b) alle buitebande of kruipbande van die item in die bylae gemeld verseker

moet word

(c) die versekerde verantwoordelik sal wees vir die eerste 10% (tien persent)

van iedere en elke eis

(d) in die geval van `n eis sal slegs die buiteband of kruipband wat beskadig

is betaal word en nie ‘n stel nie, tensy die vervaardiger spesifikasies dit

spesifiek vereis dat ‘n stel vervang moet word en dan sal die eerste

bedrag betaalbaar verhoog van 10% (tien persent) na 15% (vyftien

persent)

(e) die versekerde na skade, op eie koste, inspeksie sal laat uitvoer deur een

of meer erkende versolers/hersteller om vas te stel of 'n band of kruipband

herstel kan word en wat die persentasie slytasie is.”

(G) Uitbreiding 23 is geskrap en deur die volgende vervang:

“23. Ontvallingskoste - Privaat motors en ligte afleweringswaens (LAW’s)

In geval van ‘n ongeluk ten opsigte van privaattipe motors (soos omskryf) en ligte

aflewerings voertuie (LAW’s) met ‘n dravermoë van hoogstens 2 000 kg wat binne

3 (drie) maande tot die dood van die versekerde en/of die versekerde se gade lei,

sal die maatskappy R5 000 (vyfduisend rand) aan die versekerde se boedel

betaal as ‘n bydrae tot ontvallingskoste.”

(H) Uitbreiding 25 Afkoop van basiese verpligte eerste bedrag betaalbaar (Privaattipe

motorvoertuie, ligte afleweringsvoertuie (LAW’s), en paneelwaens alleen) (Indien in

die bylae as ingesluit vermeld)

Die volgende is bygevoeg:

Met dien verstande verder dat die volgende eerste bedrae betaalbaar gekanselleer is:

(a) vervanging van vensterglas, hoofligglas, agterligglas, agterligeenhede of

hoofligeenhede

(b) herstel van vensterglas, hoofligglas en agterligglas

(c) basiese eerste bedrag betaalbaar (ander dan diefstal en/of kaping).

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 8 van 33) 12/2010

(I) Uitbreiding 29 is bygevoeg:

29. Vrywillige eerste bedrag betaalbaar (Onderafdeling A)

Die vrywillige eerste bedrag betaalbaar soos vermeld in die bylae sal altyd van

toepassing wees bo en behalwe enige ander eerste bedrag betaalbaar

(uitgesonderd vensterglas eise).

(J) Uitbreiding 30 is bygevoeg:

30. Inhoud van spuittoerusting (Indien in die bylae as ingesluit vermeld)

As teenprestasie vir die betaling van ‘n bykomende premie sal die maatskappy

die versekerde skadeloos stel in die geval van verlies of vernietiging van of skade

aan die inhoud in die tenk van spuittoerusting wat aan die versekerde behoort

direk veroorsaak deur brand, botsing en omslaan van die vervoermiddel terwyl

vervoer word op die versekerde voertuig met dien verstande dat:

(a) die voertuig omvattend verseker is in terme hierdie afdeling

(b) die maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van enige enkele

gebeurtenis beperk word tot hoogstens R5 000 (vyfduisend rand)

(c) die versekerde verantwoordelik sal wees vir die eerste R500 (vyfhonderd

rand) ten opsigte van iedere en elke eis.

(K) Uitbreiding 31 is bygevoeg:

31. Ongespesifiseerde landbouwerktuie (Indien in die bylae as ingesluit

vermeld)

As teenprestasie vir die betaling van ‘n bykomende premie sal die maatskappy

die versekerde skadeloos stel ten opsigte van enige ongespesifiseerde

landbouwerktuig terwyl dit aan die voertuig in die bylae beskryf geheg is met dien

verstande dat:

(a) die voertuig omvattend verseker is in terme hierdie afdeling

(b) die maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van enige enkele

gebeurtenis beperk word tot hoogstens R20 000 (twintigduisend rand)

(c) die versekerde verantwoordelik sal wees vir die eerste R500 (vyfhonderd

rand) ten opsigte van iedere en elke eis.

(L) Uitbreiding 32 is bygevoeg:

32. Elektroniese toerusting gebruik vir presisieboerdery (Trekkers en stropers

alleen) (Indien in die bylae as ingesluit vermeld)

As teenprestasie vir die betaling van 'n bykomende premie sal die maatskappy

die versekerde skadeloos stel vir verlies van of skade aan elektroniese toerusting

gebruik vir presisieboerdery, geïnstalleer in of op stropers en trekkers

gespesifiseer in die bylae met dien verstande dat:

(a) die voertuig omvattend verseker is in terme hierdie afdeling

(b) sodanige toerusting spesifiek gespesifiseer moet word in die bylae

teenoor elke omvattend versekerde item

(c) die maatskappy se aanspreeklikheid ten opsigte van enige enkele

gebeurtenis beperk word tot hoogstens die bedrag vermeld in die bylae

(d) die versekerde verantwoordelik sal wees vir die eerste R2 000

(tweeduisend rand) ten opsigte van iedere en elke eis.

Uitsondering (a) onder uitsonderings op onderafdeling A - Eie skade is

gekanselleer en word deur die volgende vervang:

a) Gevolglike verlies weens enige oorsaak hoegenaamd,

waardevermindering hetsy dit ontstaan weens herstelwerk na ‘n

omskrewe gebeurtenis of andersins, meganiese onklaarraking, slytasie,

weiering of brekasie.

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 9 van 33) 12/2010

(M) Besondere uitsondering 1(b), besondere uitsonderings op alle onderafdelings van

toepassing, is geskrap en deur die volgende vervang:

10. Afdeling: Brand

“(b) opgedoen buite die Republiek van Suid-Afrika, Namibië, Botswana, Lesotho,

Swaziland, Zimbabwe, Malawi, Zambië en Mosambiek, maar die maatskappy stel

die versekerde skadeloos vir verlies of skade aan enige voertuig terwyl dit in

transito is op see of per lug tussen hawens of plekke in hierdie grondgebiede,

insluitende die laai en aflaai wat met sodanige transito gepaard gaan. In die

geval van enige gebeurtenis wat aanleiding gee tot ‘n eis terwyl die versekerde

voertuig in Zambië is, sal die versekerde op eie koste alleen verantwoordelik

wees vir die repatriasie kostes van die voertuig na die Republiek van Suid-Afrika.

Geen aanspreeklikheid sal erken word of betaling gemaak word interme die

dekking verskaf totdat die voertuig gerepatrieer is na die Republiek van Suid-

Afrika.”

(A) Uitbreiding A(3) is geskrap en deur die volgende vervang:

“3. botsing deur diere, bome, antennes, satellietskottels of voertuie met uitsluiting van

skade aan sodanige diere, bome, antennes, satellietskottels, voertuie of eiendom

in of op sodanige voertuie.”

(B) Uitbreiding E is geskrap en vervang deur:

“E. Skade aan watertenke, watertoerusting of waterpype

Hierdie afdeling is uitgebrei om verlies van of skade aan watertenke,

watertoerusting of waterpype die eiendom van die versekerde en wat in die

geboue soos omskryf in die bylae geïnstalleer is te dek met dien verstande dat

die versekerde verantwoordelik sal wees vir die eerste 10% (tien persent) met 'n

minimum van R1 000 (eenduisend rand) van elke en iedere eis.”

(C) Spesiale bepalings met betrekking tot ruvoer gewasse, hooi, strooi, kaf en

soortgelyke gewasse in geboue, asook tabak in lugdroogskure

(b) die perk is verhoog na R250 000 (tweehonderd en vyftig duisend rand)

(c) die perk is verhoog na R100 000 (eenhonderd duisend rand).

(D) Spesiale bepalings 4 met betrekking tot wild en/of volstruise

Die eerste bedrag betaalbaar verhoog na 10% (tien persent) met ‘n minimum van R1 000

(eenduisend rand) vir grootwild en 10% (tien persent) met ‘n minimum van R500

(vyfhonderd rand) vir kleinwild.

(E) Besondere voorwaardes, klousules en uitbreidings 10 Alle ander inhoud

Die perk verhoog na R7 500 (seweduisend vyfhonderd rand).

(F) Besondere voorwaardes, klousules en uitbreidings 21 Eerste bedrag betaalbaar ten

opsigte van pompe en elektriese motors

Die minimum eerste bedrag betaalbaar verhoog na 10% (tien persent) van elke eis of

R1 000 (eenduisend rand) watter bedrag ookal die meeste is.

(G) Besondere voorwaardes, klousules en uitbreidings 27 Eerste bedrag betaalbaar ten

opsigte van eiendom in die ope

Die eerste bedrag betaalbaar verhoog na 10% (tien persent) met ‘n minimum van R1 000

(eenduisend rand).

(H) Besondere voorwaardes, klousules en uitbreidings 29 Weerligafleiers is geskrap en

deur die volgende vervang:

Dit is 'n voorwaarde wat aanspreeklikheid onder hierdie afdeling voorafgaan dat alle

geboue met gras- of strooi- of rietdakbedekking met 'n voldoende en behoorlik

geïnstalleerde SABS-goedgekeurde weerligafleier of weerligafleier van 'n soortgelyke

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 10 van 33) 12/2010

standaard of beter toegerus is wat spesifiek daargestel is om weerlig van die betrokke

gebou(e) af te lei tensy anders vermeld in die bylae.

(I) Besondere voorwaardes, klousules en uitbreidings 31 Kamp- en lyn/grensdrade

(Dekking beperk tot brand en weerligskade alleen)

Die verwysing na 19(a) is geskrap en vervang deur 20(a).

(J) Besondere voorwaardes, klousules en uitbreidings 33 is bygevoeg:

33. Alternatiewe vervangingswaarde (Ontwerp-vermoë)

Indien die versekerde eiendom wat oor ‘n meetbare werksvermoë of produksie

beskik, deur ‘n omskrewe voorval beskadig word en dit nie moontlik is om

sodanige eiendom ingevolge die vervangingswaardevoorwaardes te vervang of te

herstel nie, betaal die versekeraar die koste van vervanging van sodanige

eiendom met eiendom waarvan die gehalte van werksvermoë of produksie so na

moontlik maar nie minderwaardig is nie aan dié van die oorspronklike eiendom

met dien verstande dat:

1. voorbehoudsbepaling (a), (b), (c) en (d) van die vervangingswaardevoorwaardes

gelykwaardig op hierdie klousule van toepassing is

2. by die toepassing van die bepalings van voorbehoudsbepaling (c) van die

vervangingswaardevoorwaardes, word die koste soos voorsien in

voorbehoudsbepaling (c) “wat aangegaan sou gewees het vir vervanging of

herstel indien die totale eiendom beskadig was’ verhoog deur sodanige

bedrag wat ingevolge die alternatiewe vervangingswaardeklousule

betaalbaar is en wat meer is as dit wat betaalbaar sou gewees het

ingevolge die vervangingswaardevoorwaarde klousule sou dit moontlik

gewees het om die eiendom daarkragtens te vervang of te herstel.

(K) Besondere voorwaardes, klousules en uitbreidings 34 is bygevoeg:

34. Antennes en satellietskottels

Hierdie afdeling is uitgebrei om skade aan antennes en satellietskottels

veroorsaak deur brekasie of ineenstorting in te sluit met dien verstande dat die

maatskappy se aanspreeklikheid nie R5 000 (vyfduisend rand) sal oorskry nie.

(L) Besondere voorwaardes, klousules en uitbreidings 35 is bygevoeg:

35. Lyn-/grensdrade volle waarde (Dekking beperk tot brand en weerligskade

alleen) (Indien in die bylae as ingesluit vermeld)

As teenprestasie vir die betaling van ‘n bykomende premie word dekking soos

onder uitbreiding 31 Kamp- en lyn/grensdrade uitgebrei vanaf 50% (vyftig

persent) tot 100% (honderd persent) van die totale vervangingswaarde met dien

verstande dat dieselfde voorwaardes sal geld soos vermeld in uitbreiding 31

Kamp- en lyn/grensdrade.

(M) Besondere voorwaardes, klousules en uitbreidings 36 is bygevoeg:

36. Palette klousule (Indien in die bylae as ingesluit vermeld)

Dit is 'n voorwaarde wat aanspreeklikheid onder hierdie afdeling voorafgaan dat

alle voorraad minstens 150 (honderd en vyftig) millimeter bo die vloer gelig word

op palette, rakke of soortgelyk. Indien daar nie aan die klousule voldoen word nie,

sal die maatskappy nie die versekerde skadeloos stel ten opsigte van waterskade

aan sodanige voorraad nie.

(N) Besondere voorwaardes, klousules en uitbreidings 37 is bygevoeg:

37. Tydelike herstelwerk en maatreëls na ‘n verlies

Die afdeling is uitgebrei om in te sluit alle kostes en/of uitgawes wat redelikerwys

aangegaan is deur die versekerde om sodanige tydelike herstelwerk uit te voer

en/of sodanige tydelike maatreëls te tref wat redelikerwys noodsaaklik mag wees

nadat ‘n omskrewe gebeurtenis plaasgevind het, met dien verstande dat die

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 11 van 33) 12/2010

aanspreeklikheid van die maatskappy vir sulke kostes en/of uitgawes nie R10 000

(tienduisend rand) sal oorskry ten opsigte van enige enkele gebeurtenis nie.

(O) Endossement 1 Insakking en grondverskuiwing (Indien in die bylae as ingesluit

vermeld)

Die maksimum eerste bedrag betaalbaar word beperk tot R50 000 (vyftigduisend rand).

11. Afdeling: Geboue omvattend

(A) Onderafdeling A3(d) is geskrap en deur die volgende vervang:

“(d) aan hekke, pale, omheinings wat nie van klip, beton, staal of baksteen gebou is

nie”

(B) Onderafdeling F is geskrap en deur die volgende vervang:

“Onderafdeling F: Skade aan watertenke, watertoerusting of waterpype

Verlies van of skade aan watertenke, watertoerusting of waterpype die eiendom van die

versekerde en wat in die geboue soos omskryf in die bylae geïnstalleer is met dien

verstande dat die versekerde verantwoordelik sal wees vir die eerste 10% (tien persent)

met 'n minimum van R1 000 (eenduisend rand) van elke en iedere eis”

(C) Besondere voorwaardes, klousules en uitbreidings 12 is geskrap en vervang deur:

“12. Weerligafleiers

“Dit is 'n voorwaarde wat aanspreeklikheid onder hierdie afdeling voorafgaan dat

alle geboue met gras- of strooi- of rietdakbedekking met 'n voldoende en

behoorlik geïnstalleerde SABS-goedgekeurde weerligafleier of weerligafleier van

'n soortgelyke standaard of beter toegerus is wat spesifiek daargestel is om

weerlig van die betrokke gebou af te lei tensy anders vermeld in die bylae.”

(D) Besondere voorwaardes, klousules en uitbreidings 13 is bygevoeg:

13. Tydelike herstelwerk en maatreëls na ‘n verlies

Die afdeling is uitgebrei om in te sluit alle kostes en/of uitgawes wat redelikerwys

aangegaan is deur die versekerde om sodanige tydelike herstelwerk uit te voer

en/of sodanige tydelike maatreëls te tref wat redelikerwys noodsaaklik mag wees

nadat ‘n omskrewe gebeurtenis plaasgevind het, met dien verstande dat die

aanspreeklikheid van die maatskappy vir sulke kostes en/of uitgawes nie R10 000

(tienduisend rand) sal oorskry ten opsigte van enige enkele gebeurtenis nie.

(E) Endossement 1 Insakking en grondverskuiwing

Die maksimum eerste bedrag betaalbaar word beperk tot R50 000 (vyftigduisend rand).

12. Afdeling: Kantoorinhoud

(A) Onderafdeling C Dokumente

Die perk is verhoog na R7 500 (seweduisend vyfhonderd rand).

(B) Besondere voorwaarde 3 is geskrap en vervang deur:

“3. Onderversekering

Nie van toepassing op:

(a) gevaar 8 van onderafdeling A - Inhoud

(b) opsionele uitbreiding 15 - Diefstal as gevolg van kragdadige betreding of

verlating (Indien verseker op ‘n eerste verlies basis)

(c) opsionele uitbreiding 16 - Diefstal (Indien verseker op ‘n eerste verlies

basis)

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 12 van 33) 12/2010

Indien die hierkragtens versekerde eiendom ten tye van enige verlies gesamentlik

van groter waarde is as die daarop versekerde bedrag dan word die versekerde

beskou as sy eie versekeraar vir die verskil te wees en dra hy dienooreenkomstig

na verhouding 'n eweredige deel van die verlies. Elke item, indien meer as een,

van hierdie afdeling is afsonderlik aan hierdie voorwaarde onderworpe”

(C) Besondere voorwaarde 9 is geskrap en vervang deur:

“9. Weerligafleiers

Dit is 'n voorwaarde wat aanspreeklikheid van die maatskappy onder hierdie

afdeling voorafgaan dat alle geboue met gras- of strooi- of rietdakbedekking met

'n voldoende en behoorlik geïnstalleerde SABS goedgekeurde weerligafleier of

weerligafleier van 'n soortgelyke standaard of beter toegerus is wat spesifiek

daargestel is om weerlig van die betrokke gebou(e) af te lei tensy anders vermeld

in die bylae.”

13. Afdeling: Sake onderbreking

(A) Endossement 2 Water- en elektrisiteitsvoorsieningsperseel

14. Afdeling: Diefstal

Die woorde Water- en elektrisiteitsvoorsieningsperseel is gewysig na Openbare dienste -

Versekerde gevare alleen.

(A) Uitbreiding 1 Alle inhoud (c) is geskrap en deur die volgende vervang:

15. Afdeling: Geld

“(c) persoonlike besittings, gereedskap, klerasie en trapfietse die eiendom van die

versekerde of enige prinsipaal, vennoot, werknemer, of direkteur van die

versekerde vir sover dit nie andersins verseker is nie, beperk tot R3 000

(drieduisend rand) vir enige enkele persoon.”

(A) Spesifieke beperking

1. Die skadeloosstellingsperke ten opsigte van spesifieke beperkings 1(i), 1(ii) en

1(iv)(b) soos in die bylae vermeld word elk verhoog vanaf R1 500 tot R3 000.

2. Spesifieke beperking 2(ii) en die toepaslike skadeloosstellingsperke soos in die

bylae vermeld word geskrap en deur die volgende vervang:

(ii) ten opsigte van enige brandkas of -kluis wat nie in 2(i) hierbo

gespesifiseer is nie word die perk ooreenkomstig die gradering van

sodanige brandkas of -kluis as volg:

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 13 van 33) 12/2010

(a) geen SABS gradering R4 000

(b) SABS Kategorie 1 gradering R8 000

(c) SABS Kategorie 2 gradering R19 000

(d) SABS Kategorie 2 HD gradering R38 000

(e) SABS Kategorie 2 ADM gradering R75 000

(f) SABS Kategorie 2 ADM gradering D3 R113 000

(g) SABS Kategorie 3 gradering R150 000

(h) SABS Kategorie 4 gradering R300 000

(i) SABS Kategorie 5 gradering R450 000

Altyd met dien verstande dat die aanspreeklikheid van die maatskappy

hoogstens die perk vermeld in 3 vir die geraakte persele beloop.

3. Die skadeloosstellingsperk ten opsigte van spesifieke beperking 4 soos in die

bylae vermeld, word van R100 000 tot R150 000 verhoog.

(B) Uitbreidings

1. Uitbreiding 1 Persoonlike ongevalle (aanranding)

Beskrywing van ongeskiktheid word geskrap en vervang deur:

Beskrywing van ongeskiktheid: Persentasie van

vergoeding

Verlies deur fisiese skeiding by of bokant die

pols of enkelgewrig van een of meer

ledemate

Permanente en algehele verlies

Hele oog

Sig in oog

100

Sig in oog behalwe waarneming van lig

75

Verlies van vier vingers 70

Verlies van duim een of albei

falankse

Verlies van wysvinger een, twee of drie

falankse

Verlies van enige ander vinger een, twee of drie

falankse (per

vinger)

Verlies van middelhandbene eerste, tweede,

derde, vierde of

vyfde (bykomend)

Verlies van tone almal aan een voet

groottoon een of

albei falankse

Verlies van gehoor albei ore

ander tone as

groottoon, indien

meer as een toon

verloor, elk

een oor

Spraakverlies 100

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 14 van 33) 12/2010

100

100

25

10

6

5

30

5

5

100

25

Besering wat lei tot permanente algehele onvermoë om die

gewone beroep of enige ander beroep waarvoor sodanige

persoon uit hoofde van sy kennis of opleiding toegerus is, te

beoefen

Permanente verlies van gebruik van 'n ledemaat of sintuig

sal beskou word as verlies daarvan.

Waar die besering nie gespesifiseer is nie, sal die

maatskappy 'n persentasie van ongeskiktheid bepaal wat

na sy mening nie teenstrydig met die bostaande is nie

(c) Algehele en absolute onbevoegdheid om enige

deel van gewone beroep of besigheid uit te oefen,

beperk tot 104 (eenhonderd en vier) weke ten opsigte

van enige enkele besering

(d) Medies: Die redelike koste aangegaan, is betaalbaar

ten opsigte van mediese-, chirurgiese-,

tandheelkundige-, verpleeginrigting- of

hospitaalbehandeling (met inbegrip van die koste van

kunsmatige hulpmiddels en- ledemate en die koste

en uitgawe wat aangegaan word vir noodvervoer of

bevryding van sodanige persoon indien hy/sy

vasgekeer is of om sodanige persoon na ‘n veilige

plek te bring) wat binne 24 (vier en twintig) maande

na die Omskrewe gebeurtenis plaasvind tot

hoogstens ‘n bedrag van R2 000 (tweeduisend rand)

(C) Geldhouers en klerasie

Die uitdrukking "liggaamlike besering" word geag om

uithongering, dors en/of blootstelling aan

natuurkragte na onwettige aanhouding wat volg op

diefstal of poging daartoe, in te sluit

Die perk is verhoog na R3 000 (drieduisend rand).

(D) Memoranda 1

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 15 van 33) 12/2010

100

R200

(tweehonderd

rand) vir elke

week van

algehele

onbevoegdheid

Die verpligte eerste bedrag betaalbaar word geskrap en deur die volgende vervang:

Die bedrag hierkragtens betaalbaar ten opsigte van 'n gebeurtenis waarby enige een of

enige aantal sodanige persone wat saamspan betrokke is, is 10% (tien persent) van die

eis onderhewig aan ‘n minimum van R2 500 (tweeduisend vyfhonderd rand).

(E) Besondere voorwaardes van toepassing op tjeks

1. Eerste bedrag betaalbaar van toepassing op diefstal van tjeks

(a) Die eerste bedrag betaalbaar van 25% is na 20% (twintig persent)

verminder.

(b) Paragraaf 1(a) word geskrap en vervang deur:

(a) die tjek getrek en gekruis is presies in ooreenstemming met die

onderstaande “Aanbevole prosedure vir trekking en kruising van

tjeks” of enige ander beter metode goedgekeur deur die

maatskappy en die gedrukte gedeelte van die tjek (in teenstelling

met die geskrewe of getikte gedeelte) gedruk is deur die bank

self of 'n drukker gelisensieer deur die Outomatiese Klaringsburo

om die tjeks te druk

(c) Paragraaf 3(a) word geskrap en vervang deur:

(a) die tjek getrek en gekruis is presies in ooreenstemming met die

onderstaande “Aanbevole prosedure vir trekking en kruising van

tjeks” of enige ander beter metode goedgekeur deur die

maatskappy

(d) Paragraaf 3(c) word geskrap en vervang deur:

(c) die faktuur van die versekerde (waarop die betaling per tjek

betrekking het) 'n boodskap daarop bevat (goedgekeur deur die

versekeraar of die maatskappy) wat aanbeveel of vereis dat die

tjek getrek word in ooreenstemming met die “Aanbevole

prosedure vir trekking en kruising van tjeks"

2. Die “Aanbevole SAVV-prosedures vir trekking en kruising van tjeks en druk

van blanko tjeks” word geskrap en vervang deur:

“A. Trekking en kruising van tjeks

Een van die veiligste metodes om 'n tjek te trek en te kruis en wat vir banke

aanvaarbaar is word hieronder uiteengesit. Hierdie metode word deur die

maatskappy aanbeveel:

1. Skrap die voorafgedrukte woorde "of toonder". Dit beperk die moontlikheid

dat die bank aan 'n toonder uitbetaal wat nie op betaling geregtig is nie

2. Indien die woorde "of order" in plaas van "of toonder" op u tjek gedruk is

moet hierdie woorde ook geskrap word

3. Skryf die woorde "nie oordraagbaar nie" op die voorkant van die tjek

4. Kruis die tjek deur twee parallellyne deur die tjek te trek

5. Skryf die woorde "nie verhandelbaar nie" tussen die twee parallellyne

waarna in 4 hierbo verwys word

6. Maak seker dat die begunstigde noukeurig, behoorlik en volledig beskryf

is byvoorbeeld wanneer die begunstigde 'n versekeraar is moet die volle

naam gebruik word, soos byvoorbeeld: RH Jones (Edms) Bpk

Waar die bankrekeningnommer of BK-nommer van die begunstigde

bekend is, moet dit na die naam van die begunstigde ingevoeg word, soos

byvoorbeeld "RH Jones (Edms) Bpk., Mpy. Nr.: 69/123456" of "RH Jones

(Edms) Bpk ABC bankrekeningnommer: 123456789"

Alhoewel dit sterk aanbeveel word, is dit nie verpligtend om die

bankrekeningnommer van die begunstigde te gebruik nie

7. Met trekking van die tjek moet geen spasies gelaat word wat iemand in

staat stel om ekstra woorde of syfers by te voeg nie

8. 'n Voorbeeld van hierdie metode om 'n tjek te trek word as aanhangsel A

aangeheg

9. Die bewoording wat in aanhangsel B uiteengesit is, moet op die voorkant

van die tjek gedruk word (sien laaste bladsy van hierdie afdeling). Maak

seker dat spasie op die agterkant van die tjek gelaat word vir

bankstempels en endossemente

10. Al die merke op die tjek moet leesbaar en duidelik sigbaar wees. Persone

wat tjeks trek moenie afkortings of ander weergawes gebruik van die

terminologie wat in die voorbeeld gebruik is nie. Die woorde "nie

verhandelbaar" en 'n kruising deur middel van 'n stempel met 'n reghoek

in plaas van twee parallellyne is nutteloos

11. Die metode waarop tjeks voltooi word, moet 'n inkafdruk op die papier laat

soos handskrif 'n tikmasjien of 'n matriksdrukker. Die lint wat in die

drukker/tikmasjien gebruik word moet van die tipe wees wat ink op die

papier afdruk. Vermy die volgende:

(i) ou linte

(ii) laserdrukkers wat nie 'n afdruk op die papier laat nie

(iii) die "omgekeerde druktegniek"

(iv) wysigbare tiklinte.

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 16 van 33) 12/2010

B. Druk van blanko tjeks

Blanko tjeks moet net deur die bank self of 'n drukker wat deur die Outomatiese

Klaringsburo gelisensieer is, gedruk word. Hierdie drukkers is bekend met die

aanbevole vereistes van banke en moet slegs gebruik maak van goedgekeurde:

(i) sekuriteitspapier (CBS1 of beter)

(ii) sekuriteitsontwerpe

(iii) spesiale sekuriteitsink verenigbaar met die sekuriteitspapier/ontwerp

(iv) metodes wat dit moeilik maak vir enigiemand om 'n voorraad blanko

tjeks te maak deur die oorspronklikes te fotokopieer.

3. Aanhangsel A en B word geskrap en vervang deur:

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 17 van 33) 12/2010

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 18 van 33) 12/2010

16. Afdeling: Glas

(A) Woordomskrywing 1 Glas word geskrap en vervang deur:

“1. Glas

Tensy spesifiek ooreengekom, word aanvaar dat alle glas (behalwe spieëls) wat

deur hierdie afdeling verseker is, vaste of los glas is wat nie dikker as 6 (ses) mm

is nie, hetsy bedek deur 'n laag of nie, of gelamineerde veiligheidsglas van 8 (agt)

mm.”

17. Afdeling: Eerlikheidwaarborg

(A) Die volgende klousules en uitbreidings word geskrap en vervang deur:

“6. Eerste bedrag betaalbaar

Die bedrag betaalbaar ingevolge hierdie afdeling ten opsigte van 'n Omskrewe

gebeurtenis waarby een werknemer of enige getal werknemers wat saamspan

betrokke is, is 10% (tien persent) van die eis met ‘n minimum van R2 500

(tweeduisend vyfhonderd rand).”

“7. Eerste bedrag betaalbaar Rekenaarverliese

Die persentasie aangetoon in die verpligte uitbreiding word vanaf 10% (tien

persent) na 20% (twintig persent) met ‘n minimum van R2 500 (tweeduisend

vyfhonderd rand) verhoog indien die Omskrewe gebeurtenis voortspruit uit

oneerlike:”

“8. Eerste bedrag betaalbaar vir verliese ontdek meer as 12 (twaalf) maande

nadat dit gepleeg is

Die tabel wat in die klousule verskyn word geskrap en vervang deur:

Eerste bedrag

betaalbaar

Verpligtend

Rekenaar

verliese

Eerste bedrag betaalbaar verhoog tot persentasie

hieronder aangedui

Indien verliese ontdek word

langer as 12 (twaalf) maande

nadat dit gepleeg is, maar

nie langer as 24 (vier en

twintig) maande daarna nie

15% van die eis onderhewig

aan ‘n minimum van R2 500

(tweeduisend vyfhonderd

rand)

30% van die eis onderhewig

aan ‘n minimum van R2 500

(tweeduisend vyfhonderd

rand)

Indien die afdeling verleng

is om daardie gedeelte van

verliese te dek wat ontdek

word langer as 24 (vier en

twintig) maande nadat dit

gepleeg is, maar nie langer

as 36 (ses en dertig)

maande daarna nie

20% van die eis

onderhewig aan ‘n

minimum van R2 500

(tweeduisend vyfhonderd

rand)

35% van die eis

onderhewig aan ‘n

minimum van R2 500

(tweeduisend vyfhonderd

rand)”

“14. Verlenging toegestaan by ontvangs van 'n bevredigende stelseloudit ten

opsigte van verliese wat ontdek word langer as 24 (vier en twintig) maande

nadat dit gepleeg is (Indien in die bylae as ingesluit vermeld)

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 19 van 33) 12/2010

Die tabel wat in die klousule verskyn word geskrap en vervang deur:

Eerste bedrag

betaalbaar

Verpligtend

Rekenaarverliese

18. Afdeling: Transito

Eerste bedrag betaalbaar verhoog tot persentasie hieronder

aangedui indien verliese langer as 12 (twaalf) maande

nadat dit gepleeg is, ontdek word

12.5% van die eis onderhewig aan ‘n minimum van R2 500

(tweeduisend vyfhonderd rand)

25% van die eis onderhewig aan ‘n minimum van R2 500

(tweeduisend vyfhonderd rand)”

(A) Besondere voorwaarde 1 is geskrap en vervang deur:

“1. Eerste bedrag betaalbaar (Omskrewe gebeurtenisse 1 en 2)

Die maatskappy is nie aanspreeklik nie vir:

(a) die eerste 10% (tien persent) met ‘n minimum van R250 (tweehonderd en

vyftig rand) van elk en iedere eis of

(b) die eerste bedrag betaalbaar soos vermeld in die bylae watter bedrag

ookal die meeste is.”

(B) Besondere voorwaarde 2 is geskrap en vervang deur:

“2. Tydperk van transito

Transito word geag 'n aanvang te neem met die laai van enige vervoermiddel

(insluitende die dra van goedere daarheen) en voort te duur met die vervoer na

die bestemming en tydelike berging (hoogstens 96 uur) gedurende die reis en te

eindig met die aflewering insluitende die aflaai van die eiendom by die

bestemming.”

(C) 7. Puinverwydering

Die perk is verhoog na R7 500 (seweduisend vyfhonderd rand).

(D) 8. Brandbluskoste

Beperk tot R7 500 (seweduisend vyfhonderd rand).

(E) Besondere uitsondering (p) is geskrap en vervang deur:

“(p) enige verlies of skade, kostes, uitgawes direk of indirek voortspruitend uit

aanhouding, konfiskering, verbeurdverklaring, beslaglegging of rekwisisie wettiglik

uitgevoer deur doeane, SA Polisie Diens, misdaadvoorkomingseenhede of ander

beamptes of owerhede.”

(F) Endossement 1 is geskrap en vervang deur:

“1. Alle risiko (Nie van toepassing op lewendehawe, stamboekdiere, wild en

volstruise)

As teenprestasie vir die betaling van 'n bykomende premie word die bewoording

onder die opskrif "versekerde gevare 1" vervang met die ondergemelde

bewoording:

Die maatskappy sal die versekerde vergoed tot die aanspreeklikheidsperk in die

bylae vermeld in die geval van verlies of vernietiging van of skade (maar met

uitsluiting van enige verlies of skade wat voortspruit uit kaping/skaking) aan die

versekerde eiendom asook die houers en/of bedekkings waarin die vrag verpak

word insluitend die skade voortspruitend uit die oplaai en/of aflaai van die vrag

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 20 van 33) 12/2010

19. Afdeling: Sake alle risiko

veroorsaak deur enige ongeval of teëspoed nie andersins uitgesluit nie met dien

verstande dat :

(a) die versekerde sal aanspreeklik wees vir die eerste 10% (tien persent)

van die eis met ‘n minimum van R500 (vyfhonderd rand) ten opsigte van

elke eis of die bedrag vermeld in die bylae watter ookal die meeste is

(b) die maatskappy sal nie aanspreeklik wees vir verlies of skade wat

voortspruit uit of veroorsaak word deur 'n fisiese defek of natuurlike

verslegting van bederfbare produkte nie

(c) die maatskappy sal nie aanspreeklik wees vir verlies of skade wat

voortspruit uit of veroorsaak word deur die onklaarraking van voertuie

en/of verkoelingstoerusting nie”.

(A) Besondere uitsondering (m) is geskrap en vervang deur:

“(m) enige verlies of skade, kostes, uitgawes direk of indirek voortspruitend uit

aanhouding, konfiskering, verbeurdverklaring, beslaglegging of rekwisisie wettiglik

uitgevoer deur doeane, SA Polisie Diens, misdaadvoorkomingseenhede of ander

beamptes of owerhede.”

20. Afdeling: Toevallige skade

(A) Omskrewe gebeurtenisse (i) is geskrap en vervang deur:

“Die maatskappy sal die versekerde skadeloos stel ten opsigte van:

Toevallige fisieke verlies van of skade aan die versekerde eiendom by of in die omgewing

van die perseel wat nie andersins verseker is, of waarvoor versekering beskikbaar is en

wat beskryf word (hetsy by hierdie polis ingelyf aldan nie) ingevolge enige ander afdeling

(behalwe Sake alle risiko's) wat in die inhoudsopgawe van hierdie polis uiteengesit is.

Die bedrag wat betaalbaar is vir alle verlies of skade wat voortspruit uit een oorspronklike

oorsaak of bron beloop hoogstens die bedrag vermeld en nieteenstaande Algemene

voorwaarde 5 dra hierdie afdeling nie by tot enige Omskrewe gebeurtenis waarvoor meer

spesifieke versekering gereël is nie.”

(B) Besondere uitsondering (c) is geskrap en vervang deur:

“(c) enige verlies of skade, kostes, uitgawes direk of indirek voortspruitend uit

aanhouding, konfiskering, verbeurdverklaring, beslaglegging of rekwisisie wettiglik

uitgevoer deur doeane, SA Polisie Diens, misdaadvoorkomingseenhede of ander

beamptes of owerhede”

21. Afdeling: Gemeenregtelike aanspreeklikheid ander dan kommersiële jag en

wildbesigtiging

(A) Besondere uitsondering 11 is geskrap en vervang deur:

“11. die eerste bedrag betaalbaar

Die versekerde is verantwoordelik vir die eerste bedrag betaalbaar in die bylae

en/of in hierdie afdeling vermeld van enige eis of aantal eise wat voortspruit uit

alle gebeurtenisse van ‘n reeks wat volg op of toe te skryf is aan enige enkele

bron of oorspronklike oorsaak. Die bepalings van hierdie klousule is van

toepassing op eise wat voortspruit uit skade en is van toepassing op koste en

uitgawe wat deur die versekerde aangegaan word.”

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 21 van 33) 12/2010

(B) Besondere uitsondering 12(c) is geskrap en vervang deur:

“(c) verspreiding van brand na aangrensende persele as gevolg van brand en

ontploffing”

(C) Uitbreiding 13 Regsverdedigingskoste - Die Wette is geskrap en vervang deur:

“Die Wette

Die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid Nr. 85 van 1993 (soos gewysig)

Die Myn, Gesondheid en Veiligheidswet Nr. 29 van 1996 (soos gewysig)

Die Elektrisiteitswet Nr. 41 van 1987 (soos gewysig) en/of enige ander Wet of

Ordonnansie wat met die verskaffing van elektrisiteit verband hou

Die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande Nr. 101 van 1998 (soos gewysig).

Almal saamgelees met die Strafproseswet Nr. 51 van 1977 (soos gewysig)”

(D) Uitbreiding 14 Onregmatige inhegtenisname en laster

Die limiete van R50 000 en R100 000 is onderskeidelik verhoog na R75 000 (vyf en

sewentig duisend rand) en R150 000 (eenhonderd en vyftig duisend rand).

(E) Uitbreiding 21 is geskrap en vervang deur:

“21. Brandbluskoste of watergooi kostes deur lugvaartuie (Indien in die bylae as

ingesluit vermeld)

As teenprestasie vir die betaling van ‘n bykomende premie is hierdie afdeling

uitgebrei om dekking in te sluit vir alle kostes noodwendig aangegaan met

watergooi aktiwiteite of enige ander brandbestrydingmetodes om verspreiding van

brand vanaf die versekerde na enige derdeparty eiendom te voorkom met dien

verstande dat:

(a) sodanige derdeparty eiendom in gevaar was as gevolg van sodanige brand

(b) dekking in terme die uitbreiding alleenlik van toepassing sal wees indien

uitbreiding 22 Verspreiding van brand of uitbreiding 23 Plantasies, woude en

suikerriet van die afdeling van krag is

(c) die maatskappy se aanspreeklikheid vir enige enkele gebeurtenis of reeks

gebeurtenisse met een oorspronklike oorsaak of bron, nie die bedrag in die

bylae vermeld vir hierdie uitbreiding sal oorskry nie

(d) die maatskappy nie aanspreeklik sal wees vir die eerste 10% (tien persent)

van die eis met 'n minimum van R1 000 (eenduisend rand) ten opsigte van

ieder en elke eis nie.”

(F) Uitbreiding 23 is geskrap en vervang deur:

“23. Plantasies, woude en suikerriet (Indien in die bylae as ingesluit vermeld)

As teenprestasie vir die betaling van 'n bykomende premie word Besondere

uitsondering 12(c) van hierdie afdeling gekanselleer met dien verstande dat die

versekerde aanspreeklik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 15% (vyftien

persent) met 'n minimum van R5 000 (vyfduisend rand) en 'n maksimum van

R100 000 (eenhonderd duisend rand) of die bedrag soos gemeld in die bylae van

elk en iedere eis kragtens hierdie uitbreiding.

Spesiale bepaling:

Dit is ‘n voorwaarde voorafgaande tot die aanvaarding van aanspreeklikheid dat:

(i) die versekerde voldoen aan alle vereistes vervat in Die Nasionale Wet op

Veld- en Bosbrande Nr. 101 van 1998 (soos gewysig) ongeag of die

brand ‘n veldbrand is of nie

(ii) die versekerde ‘n lid is van ‘n Brandbestrydingsvereniging soos omskryf

in die wet hierbo vermeld (alleenlik indien een geregistreer is in die area

waar die versekerde se perseel gelee is).“

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 22 van 33) 12/2010

22. Afdeling: Aangegewe voordele

(A) Vergoeding B Permanente ongeskiktheid is geskrap en vervang deur:

B Permanente ongeskiktheid beteken die

volgende:

(a) verlies deur fisieke skeiding by of bokant die

handgewrig of enkel van een of meer ledemate

(b) permanente en algehele verlies van

Persentasie van

vergoeding

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 23 van 33) 12/2010

100

hele oog 100

sig in oog 100

sig in oog behalwe waarneming van lig 75

(c) permanente en algehele gehoorverlies in

albei ore 100

een oor 25

(d) permanente en algehele spraakverlies 100

(e) beserings wat lei tot permanente algehele

onvermoë om die gewone beroep of enige ander

beroep waarvoor sodanige persoon uit hoofde van

sy kennis of opleiding toegerus is, te beoefen

100

(f) Verlies van vier vingers 70

(g) Verlies van duim (een of albei falankse) 25

(h) Verlies van wysvinger (een, twee of drie falankse) 10

(i) verlies van enige ander vinger (een, twee of drie

falankse)

(j) verlies van middelhandbeen (eerste, tweede,

derde, vierde of vyfde (bykomend)

(k) Verlies van tone

almal aan een voet 30

groottoon, een of albei falankse 5

ander tone, behalwe groottoon, indien meer

5

as een verloor, elkeen

(l) permanente skending weens toevallige

uitwendige brandwonde op die gesamentlike

oppervlak van die

(i) gesig en nek

100 persent van die oppervlakte geskend 60

minder as 100 persent van die oppervlakte

geskend

(ii) oorblywende dele van die liggaam behalwe die

gesig en nek

6

5

die deel van 60 waarin

die werklik geskende

deel staan tot 100

persent van die

geskende oppervlak

100 persent van die oppervlak geskend 30

minder as 100 persent van die oppervlak

geskend

die deel van 30 waarin

die werklik geskende

deel staan tot 100

persent van die

geskende oppervlak

(B) Memoranda

(i) en (ii) is geskrap.

(C) Uitbreiding 5 is geskrap en vervang deur:

“5. Ontvallingskoste

In die geval van ‘n ongeluk wat aanleiding gee tot ‘n doodseis sal die maatskappy

aan sodanige persoon se boedel ‘n bydrae van R3 000 (drieduisend rand) tot

ontvallingskoste betaal.”

(D) Uitbreiding 9 is bygevoeg:

9. Motorvoertuig ongeluk beperking (Indien in die bylae as ingesluit vermeld)

Hierdie afdeling geld slegs ten opsigte van toevallige liggaamlike besering van

sodanige persoon wat regstreeks veroorsaak word deur ‘n motorongeluk.

(E) Uitbreiding 10 is bygevoeg:

10. Motorvoertuig ongeluk beperking (Besigheidsure beperking) (Indien in die

bylae as ingesluit vermeld)

Hierdie afdeling geld slegs ten opsigte van toevallige liggaamlike besering van

sodanige persoon wat regstreeks veroorsaak word deur ‘n motorongeluk wat

ontstaan uit die loop van sy diens by die versekerde.

(F) Uitbreiding 11 is bygevoeg:

11. Besigheidsure ingesluit heen en weer beperking (Indien in die bylae as

ingesluit vermeld)

Hierdie afdeling geld slegs ten opsigte van toevallige liggaamlike besering van

sodanige persoon wat ontstaan uit en in die loop van sy diens met die versekerde

insluitend heen en weer reis tussen werk op ‘n direkte en tydige wyse veroorsaak

deur ‘n motorongeluk.

23. Afdeling: Groep persoonlike ongevalle

(A) Permanente ongeskiktheid

Die omskrywing van permanente ongeskiktheid is geskrap en vervang deur:

Permanente ongeskiktheid beteken die volgende: Persentasie

van vergoeding

(a) verlies deur fisieke skeiding by of bokant die handgewrig

of enkel van een of meer ledemate

(b) permanente en algehele verlies van

hele oog 100

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 24 van 33) 12/2010

100

sig in oog 100

sig in oog behalwe waarneming van lig 75

(c) permanente en algehele gehoorverlies in

albei ore 100

een oor 25

(d) permanente en algehele spraakverlies 100

(e) beserings wat lei tot permanente algehele onvermoë om

die gewone beroep of enige ander beroep waarvoor

sodanige persoon uit hoofde van sy kennis of opleiding

toegerus is, te beoefen

100

(f) verlies van vier vingers 70

(g) verlies van duim (een of albei falankse) 25

(h) verlies van wysvinger (een, twee of drie falankse) 10

(i) verlies van enige ander vinger (een, twee of drie

falankse) per vinger

(j) verlies van middelhandbeen (eerste, tweede, derde,

vierde of vyfde) bykomend

(k) verlies van tone

almal aan een voet 30

groottoon een of albei falankse 5

ander tone, behalwe groottoon, indien meer as een 5

verloor, elkeen

(l) permanente skending weens toevallige uitwendige

brandwonde op die gesamentlike oppervlak van die

(i) gesig en nek

100 persent van die oppervlakte geskend 60

(B) Memoranda

minder as 100 persent van die oppervlakte geskend die deel van

60% waarin die

werklik

geskende deel

staan tot 100

persent van die

geskende

oppervlak

(ii) oorblywende dele van die liggaam behalwe die gesig

en nek

(i) en (ii) is geskrap.

100 persent van die oppervlak geskend 30

minder as 100 persent van die oppervlak geskend die deel van 30

waarin die

werklik

geskende deel

staan tot 100

persent van die

geskende

oppervlak

(C) Uitbreiding 5 is geskrap en vervang deur:

“5. Ontvallingskoste

In die geval van ‘n ongeluk wat aanleiding gee tot ‘n doodseis sal die maatskappy

aan sodanige persoon se boedel ‘n bydrae van R3 000 (drieduisend rand) tot

ontvallingskoste betaal.”

(D) Uitbreiding 9 is bygevoeg:

9. Motorvoertuig ongeluk beperking (Indien in die bylae as ingesluit vermeld)

Hierdie afdeling geld slegs ten opsigte van toevallige liggaamlike besering van

sodanige persoon wat regstreeks veroorsaak word deur ‘n motorongeluk.

(E) Uitbreiding 10 is bygevoeg:

10. Motorvoertuig ongeluk beperking (Besigheidsure beperking) (Indien in die

bylae as ingesluit vermeld)

Hierdie afdeling geld slegs ten opsigte van toevallige liggaamlike besering van

sodanige persoon wat regstreeks veroorsaak word deur ‘n motorongeluk wat

ontstaan uit die loop van sy diens by die versekerde.

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 25 van 33) 12/2010

6

5

(F) Uitbreiding 11 is bygevoeg:

24. Afdeling: Kudde

11. Besigheidsure ingesluit heen en weer beperking (Indien in die bylae as

ingesluit vermeld)

Hierdie afdeling geld slegs ten opsigte van toevallige liggaamlike besering van

sodanige persoon wat ontstaan uit en in die loop van sy diens met die versekerde

insluitend heen en weer reis tussen werk op ‘n direkte en tydige wyse veroorsaak

deur ‘n motorongeluk.

(A) Omskrewe gebeurtenisse is geskrap en vervang deur:

“Omskrewe gebeurtenisse

Die maatskappy sal die versekerde skadeloos stel teen die volgende gebeurtenisse:

Verlies as gevolg van dood of vernietiging van die lewendehawe (insluitende

stamboekdiere) in die bylae vermeld wat direk ontstaan as gevolg van:

(a) brand of weerlig, uitgesonderd terwyl in transito

(b) transito maar beperk tot dood van die versekerde dier veroorsaak deur brand,

ontploffing, botsing of omslaan van die vervoermiddel maar beperk tot ‘n

maksimum van R100 000 (eenhonderd duisend rand) as gevolg van ‘n voorval

wat voortspruit uit een gebeurtenis

(c) gewelddadige ongevalle (ingesluit dekking ten opsigte van storm, wind, water,

hael of sneeu, malkoeisiekte, bek- en klouseer, rooiwaterkoors, hartwaterkoors,

galsiekte, bloednier, bloutong, verkluiming van lewendehawe en aanval deur

honde en wilde diere) of genadedood wat op gesag van 'n behoorlik

gekwalifiseerde veearts toegedien word as gevolg van besering wat veroorsaak is

deur ‘n versekerde gevare.

Met dien verstande dat die aanspreeklikheid van die maatskappy beperk sal wees

tot hoogstens 10% (tien persent) van die versekerde bedrag ten opsigte van ‘n

enkele dier maar tot hoogstens R250 000 (tweehonderd en vyftigduisend rand)

(ander dan gewelddadige ongevalle) in totaal vir alle diere as gevolg van ‘n

voorval of reeks voorvalle voortspruitend uit een gebeurtenis.”

(B) Besondere uitsondering 7 is geskrap en vervang deur:

“7. enige verlies of skade, kostes, uitgawes direk of indirek voortspruitend uit

aanhouding, konfiskering, verbeurdverklaring, beslaglegging of rekwisisie wettiglik

uitgevoer deur doeane, SA Polisie Diens, misdaadvoorkomingseenhede of ander

beamptes of owerhede.”

(C) Besondere uitsondering 9 is geskrap en vervang deur:

“9. die opsetlike slag of vernietiging van diere met dien verstande dat die maatskappy

nie hierdie uitsondering as ‘n verweer sal opper nie indien:

(i) die maatskappy uitdruklik tot die vernietiging toegestem het, of

(ii) ‘n versekerde dier ‘n besering opgedoen het of in ‘n buitengewoon pynlike

siektetoestand verkeer en ‘n gekwalifiseerde veearts wat deur die

maatskappy aangestel is sertifiseer dat dit ongeneesbaar en so

ondraaglik is dat dit gebiedend is dat die stamboekdier om

menslikheidsoorwegings sonder versuim geslag moet word, of

(iii) ‘n versekerde dier ‘n besering opgedoen het en ‘n gekwalifiseerde

veearts wat deur die versekerde aangestel is eers ‘n sertifikaat uitgereik

het dat die lyding van die dier ongeneesbaar en so ondraaglik is dat dit

gebiedend is dat die dier om menslikheidsoorwegings sonder versuim

geslag moet word sonder dat daar vir die aanstelling van ‘n veearts deur

die maatskappy gewag kan word met dien verstande dat in alle sodanige

gevalle van (i), (ii) of (iii) hierbo die maatskappy die geleentheid gebied

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 26 van 33) 12/2010

sal word om na sy keuse 'n nadoodse ondersoek deur sy veearts te laat uitvoer.”

(D) Die volgende besondere uitsonderings is bygevoeg:

20. vernietiging ter uitvoering van die bepaling van enige statuut of enige bevel van ‘n

staats departement of plaaslike owerheid

21. verkluiming van lewendehawe (ander dan dekking wat ingesluit word onder

omskrewe gebeurtenis (c) van hierdie afdeling)

22. ongeluk of siekte tydens transito per lug of ter see.

(E) Besondere voorwaarde 2 Vrektes van lewendehawe (Insluitende stamboekdiere)

Die limiet vir ‘n veeartsverslag word verhoog na R7 500 (seweduisend vyfhonderd rand).

(F) Besondere voorwaarde 4 is geskrap en vervang deur:

“4. Eerste bedrag betaalbaar ten opsigte van weerligskade

Die versekerde aanspreeklik sal wees vir:

(a) die eerste 10% (tien persent) van iedere en elke eis met 'n minimum van

R250 (tweehonderd en vyftig rand) in die geval van grootvee en

(b) die eerste 10% (tien persent) van iedere en elke eis met ‘n minimum van

R150 (eenhonderd en vyftig rand) in die geval van kleinvee.”

(G) Besondere voorwaarde 5 Brandbluskoste (Slegs van toepassing ten opsigte van

transito)

Beperk tot R7 500 (seweduisend vyfhonderd rand).

(H) Besondere voorwaarde 6 Puinverwydering (Van toepassing op transito)

Die limiet verhoog na R7 500 (seweduisend vyfhonderd rand).

(I) Bykomende beperking word bygevoeg:

Brand en weerlig alleen (Indien in die bylae as ingesluit vermeld)

Omskrewe gebeurlikhede (b) en (c) van hierdie afdeling is gekanselleer.

25. Afdeling: Stamboekdiere

(A) Die volgende besondere uitsonderings is bygevoeg:

(t) enige siekte, kwaal of toestand in enige dier in die bylae vermeld, karkas of

produk daarvan wat mag versprei, besmet of andersins mag aantas

(u) handelinge wat onafhanklike aannemers vir die versekerde uitvoer of

aanspreeklikheid wat die versekerde volgens ooreenkoms aanvaar

(v) beskadiging of vernietiging van stamboekdiere wat nie behoort aan of in trust

gehou word deur of wat in bewaring of onder die beheer van die versekerde of

enige werknemer of agent van die versekerde is

(w) enige verlies of skade, kostes, uitgawes direk of indirek voortspruitend uit

aanhouding, konfiskering, verbeurdverklaring, beslaglegging of rekwisisie wettiglik

uitgevoer deur doeane, SA Polisie Diens, misdaadvoorkomingseenhede of ander

beamptes of owerhede.

(B) Besondere voorwaarde 4 Brandbluskoste (Van toepassing in geval van transito)

Die limiet verhoog na R7 500 (seweduisend vyfhonderd rand).

(C) Besondere voorwaarde 5 Puinverwydering (Van toepassing op transito)

Die limiet is verhoog na R7 500 (seweduisend vyfhonderd rand).

(D) Besondere voorwaarde 7 Tydperk van Transito is geskrap en vervang deur:

“Transito word geag ‘n aanvang te neem met die laai van enige vervoermiddel

(insluitende die dra van goedere daarheen) en voort te duur met die vervoer na die

bestemming en tydelike berging (hoogstens 96 uur) gedurende die reis en te eindig met

die aflewering insluitende die aflaai van die eiendom by die bestemming.”

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 27 van 33) 12/2010

(E) Endossemente 1 Impotensie van stamboek bulle en stamboek ramme deur ongeluk

alleen (Indien in die bylae as ingesluit vermeld)

Uitsondering (c) is bygevoeg:

“(c) enige eis ten opsigte van stamboek bulle jonger as 6 (ses) maande of ouer as 8

(agt) jaar nie”

(F) Endossemente 2 Impotensie van stamboek bulle en stamboek ramme deur ongeluk

en siekte (Indien in die bylae as ingesluit vermeld)

Uitsondering (c) is bygevoeg:

“(c) enige eis ten opsigte van stamboek bulle jonger as 6 (ses) maande of ouer as 8

(agt) jaar nie”

26. Afdeling: Enkel Transito - Algemeen

(A) Besondere uitsondering (o) is geskrap en vervang deur:

“(o) enige verlies of skade, kostes, uitgawes direk of indirek voortspruitend uit

aanhouding, konfiskering, verbeurdverklaring, beslaglegging of rekwisisie wettiglik

uitgevoer deur doeane, SA Polisie Diens, misdaadvoorkomingseenhede of ander

beamptes of owerhede”

(B) Besondere voorwaarde 1 is geskrap en vervang deur:

“1. Eerste bedrag betaalbaar

Die maatskappy is nie aanspreeklik nie vir:

(a) die eerste 5% (vyf persent) met ‘n minimum van R500 (vyfhonderd rand)

van elk en iedere eis of

(b) die eerste bedrag betaalbaar soos vermeld in die bylae watter bedrag

ookal die meeste is.”

(C) Besondere voorwaarde 2 is geskrap en vervang deur:

“2. Tydperk van transito

Transito word geag 'n aanvang te neem met die laai van enige vervoermiddel

(insluitende die dra van goedere daarheen) en voort te duur met die vervoer na

die bestemming en tydelike berging (hoogstens 96 uur) gedurende die reis en te

eindig met die aflewering insluitende die aflaai van die eiendom by die

bestemming.”

(D) Besondere voorwaarde 6 Puinverwydering

Die limiet word verhoog na R7 500 (seweduisend vyfhonderd rand).

(E) Besondere voorwaarde 7 Brandbluskoste

Die limiet word verhoog na R7 500 (seweduisend vyfhonderd rand).

27. Afdeling: Enkel transito - Stamboekdiere kudde wild en volstruise

(A) Besondere voorwaarde 3 Brandbluskoste

Die limiet word verhoog na R7 500 (seweduisend vyfhonderd rand).

(B) Besondere voorwaarde 4 Puinverwydering (Van toepassing op transito)

Die limiet word verhoog na R7 500 (seweduisend vyfhonderd rand).

(C) Besondere voorwaarde 5 is geskrap en vervang deur:

“5. Eerste bedrag betaalbaar

Die maatskappy is nie aanspreeklik nie vir:

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 28 van 33) 12/2010

(a) die eerste 10% (tien persent) met ‘n minimum van R250 (tweehonderd en

vyftig rand) van elk en iedere eis of

(b) die eerste bedrag betaalbaar soos vermeld in die bylae watter bedrag

ookal die meeste is.”

(D) Besondere voorwaarde 6 is geskrap en vervang deur:

“6. Tydperk van transito

28. Afdeling: Brand - Oes en mied

Transito word geag ‘n aanvang te neem met die laai van enige padvervoermiddel

(insluitende die dra van goedere daarheen) en voort te duur met die vervoer na

die bestemming en tydelike berging (hoogstens 96 uur) gedurende die reis en te

eindig met die aflewering insluitende die aflaai van die eiendom by die

bestemming.”

(A) Omskrewe gebeurtenisse is geskrap en vervang deur:

“Omskrewe gebeurtenisse

Die maatskappy sal die versekerde skadeloos stel vir verlies of skade as gevolg van

brand, weerlig of ontploffing aan oeste en miedens wat in die bylae omskryf word

gedurende die tydperk van versekering en by die liggings wat in die bylae beskryf word

met dien verstande dat:

1. die maatskappy nie meer as die redelike markwaarde van die versekerde

eiendom onmiddellik voor die verlies of skade sal betaal, maar beperk tot die

versekerde bedrag of die werklike SAFEX gerealiseerde prys, watter ookal die

minste is, sonder inagneming van vervoerkoste, stroopkoste, baalkoste, oeskoste

en/of graadverskille

2. die maatskappy se aanspreeklikheid sal nie die versekerde bedrag in die bylae

vermeld oorskry nie.

Die versekering kragtens hierdie afdeling sluit die oes in terwyl dit in stand, gesny, in

gerwe, hope, bale, miedens, gedors, gestroop en los of in sakke is, insluitende silosakke

op die land waar dit geoes is en terwyl in transito na ‘n mied of die spoorwegstasie of

depot waar die versekerde gewoonlik die produkte lewer en op enige plek waar dit voor

verkoop of tydelik (maksimum 96 uur) geberg word.

Transito sal die volgende beteken interme hierdie afdeling: Vernietiging van of skade aan

die versekerde eiendom wat aan die versekerde behoort direk veroorsaak deur brand,

weerlig, vloed, botsing en omslaan van die vervoermiddel, oplaai en/of aflaai van die vrag

en diefstal volgende op gemelde gebeurtenisse terwyl vervoer word in of op enige

vervoermiddel.

Hierdie afdeling sluit ook enige sodanige leë sakke op die land of by die mied in wat vir

die normale werksaamhede van een dag vereis word.”

(B) Besondere uitsondering 1 is geskrap en vervang deur:

“Hierdie afdeling dek nie enige verlies of skade veroorsaak deur of deur middel van of

regstreeks of onregstreeks as gevolg van ‘n verhittings- of drogingsproses (tensy

spesifiek ingesluit).”

(C) Klousules en uitbreidings A is geskrap en vervang deur:

“A. Ten opsigte van eiendom geberg in geboue en strukture met ‘n dak asook mure

van minstens een meter hoog”

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 29 van 33) 12/2010

(D) Klousules en uitbreiding B is geskrap en vervang deur:

“B. Ten opsigte van eiendom in transito

Verlies of skade aan eiendom in transito (insluitende ruvoer en pitte) vanaf die

plaas tot lewering by die naaste spoorwegstasie, depot, agent of opberger of

tydelike opberging asook terwyl in die stroper met dien verstande dat behalwe

vir verlies as gevolg van brand sal die versekerde aanspreeklik wees vir die

eerste R500 (vyfhonderd rand) ten opsigte van iedere en elke eis.”

(E) Besondere voorwaarde 6 is bygevoeg:

6. Silosakke

Die versekerde moet die instruksies van die vervaardigers streng nakom. Indien

die versekerde in gebreke bly om die instruksies na te kom, sal geen dekking van

toepassing wees by die ontstaan van ‘n verlies nie. Die vervaardigers se

instruksies moet op versoek aan die maatskappy gelewer word.

(F) Waarborg 1 is geskrap en vervang deur:

“1. Besondere voorwaarde van toepassing op miedens

Ten opsigte van die versekering kragtens hierdie afdeling is dit 'n voorwaarde wat

enige aanspreeklikheid van die maatskappy voorafgaan dat enige miedens

bestaande uit oulandsgras (eragrostis) en/of veldgras hierkragtens verseker, sal

bestaan uit gras wat gedurende die huidige seisoen gesny is.

Origens onderhewig aan die terme, voorwaardes en uitsonderings van hierdie

afdeling en polis.”

(G) Besondere voorwaarde 2 is bygevoeg:

2. Besondere voorwaarde van toepassing op ruvoer

Ten opsigte van die versekering kragtens hierdie afdeling is dit 'n voorwaarde wat

enige aanspreeklikheid van die maatskappy voorafgaan dat:

(a) ‘n terrein van minstens 10 (tien) meter wyd om elke mied/stapel of groep

miedens/stapels wat een brandrisiko vorm moet skoon gehou word van

alle brandbare materiaal en plantegroei

(b) ‘n terrein van minstens 5 (vyf) meter wyd om elke gebou waarin ruvoer

geberg word moet skoon gehou word van alle brandbare materiaal en

plantegroei.

Een of meer miedens/stapels of groepe miedens/stapels wat gesamentlik nie

R500 000 (vyfhonderd duisend rand) in waarde oorskry nie en ten minste 100

(eenhonderd) meter van ‘n ander geleë is beskou sal word om een brandrisiko te

vorm.

(H) Besondere voorwaarde 3 is bygevoeg:

3. Besondere voorwaarde van toepassing op silosakke

Ten opsigte van die versekering kragtens hierdie afdeling is dit 'n voorwaarde wat

enige aanspreeklikheid van die maatskappy voorafgaan dat:

(a) ‘n terrein van minstens 10 (tien) meter wyd rondom ‘n groep silosakke

skoongehou moet word van alle brandbare materiaal en plantegroei

(b) ‘n terrein van minstens 2 (twee) meter wyd rondom elke silosak

skoongehou moet word van alle brandbare materiaal en plantegroei wat

deel vorm van ‘n groep silosakke.

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 30 van 33) 12/2010

(I) Memorandum 1 is geskrap en vervang deur:

“1. Van toepassing op ruvoer

In die geval van verlies of skade aan die versekerde eiendom veroorsaak deur

brand, weerlig of ontploffing soos in hierdie afdeling beskryf sal die

aanspreeklikheid van die maatskappy beperk wees tot:

(a) 85% (vyf en tagtig persent) van die verlies of skade ten opsigte van die

versekerde eiendom in geboue

(b) 75% (vyf en sewentig persent) van die verlies of skade ten opsigte van

alle ander versekerde eiendom

Met dien verstande dat die maatskappy se aanspreeklikheid beperk word tot ‘n

maksimum van R500 000 (vyfhonderd duisend rand) ten opsigte van een enkele

gebeurtenis, tensy anders vermeld in die bylae.”

(J) Memorandum 2 is geskrap en vervang deur:

“2. Bykomende eerste bedrag betaalbaar (Indien van toepassing)

Tensy die besondere voorwaardes van toepassing op miedens, ruvoer en

silosakke stiptelik nagekom word, is die versekerde verantwoordelik vir ‘n

bykomende eerste bedrag betaalbaar van 15% (vyftien) persent van die waarde,

bo en behalwe enige ander eerste bedrag betaalbaar reeds bepaal.”

29. Afdeling: Masjinerie breekskade

(A) Besondere uitsondering (k) is bygevoeg:

(k) verlies van of skade aan enige masjinerie item soos omskryf in die bylae as

gevolg van 'n skielike geringe vermeerdering in die kragspanning en/of

kragstuwing en/of 'n nie genoegsame voltspanningstoestand, voortspruitend uit

die vrystellende energie van enige bystand kragopwekkingstoerusting waaraan

die versekerde eiendom/masjinerie gekoppel is. Hierdie uitsondering sal nie van

krag wees indien die bystand kragopwekkingstoerusting met toepaslike

voltspannings- en herhalings- regulerendetoerusting toegerus is nie.

30. Afdeling: Besproeiingsstelle op wiele en spilpunte

(A) Onderafdeling A: Verlies of skade - Omskrewe gebeurtenisse

Die bedrag vermeld verhoog vanaf R3 000 na R5 000 (vyfduisend rand).

(B) Uitsondering (c) onder onderafdeling A, is geskrap en vervang deur:

“(c) enige verlies of skade, kostes, uitgawes direk of indirek voortspruitend uit

aanhouding, konfiskering, verbeurdverklaring, beslaglegging of rekwisisie wettiglik

uitgevoer deur doeane, SA Polisie Diens, misdaadvoorkomingseenhede of ander

beamptes of owerhede”

(C) Omskrywing 2(c) is geskrap en vervang deur:

“(c) toebehore en onderdele daarvan terwyl dit daarop of daaraan is uitgesonderd

ondergrondse pypleidings, kabels, kabeltuig, kompressors, rekenaar- en

dryfstelsels, pompe of soortgelyke toerusting in verband daarmee weg van die

voertuig of onder die grond.”

(D) 6. Geeneis korting

Waar ookal die woorde “Geeneis korting” verskyn is dit vervang deur “Eisvrye groepe”.

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 31 van 33) 12/2010

(E) Uitbreiding 2 Brandbluskoste

Die perk is verhoog vanaf R5 000 na R7 500 (seweduisend vyfhonderd rand).

(F) Uitbreiding 5 Skade aan buitebande

Die perk is verhoog vanaf R3 000 na R5 000 (vyfduisend rand).

(b) is geskrap en vervang deur:

“(b) die versekerde sal verantwoordelik wees vir die eerste 10% (tien persent)

met ‘n minimum van R500 (vyfhonderd rand) van iedere en elke eis”.

31. Afdeling: Gemeenregtelike aanspreeklikheid ingesluit kommersiële jag en

wildbesigtiging

(A) Besondere uitsondering 11 is geskrap en vervang deur:

“11. die eerste bedrag betaalbaar

Die versekerde is verantwoordelik vir die eerste bedrag betaalbaar in die bylae

en/of in hierdie afdeling vermeld van enige eis of aantal eise wat voortspruit uit

alle gebeurtenisse van ‘n reeks wat volg op of toe te skryf is aan enige enkele

bron of oorspronklike oorsaak. Die bepalings van hierdie klousule is van

toepassing op eise wat voortspruit uit skade en is van toepassing op koste en

uitgawe wat deur die versekerde aangegaan word.”

(B) Besondere uitsondering 12 (c) is geskrap en vervang deur:

“(c) verspreiding van brand na aangrensende persele as gevolg van brand en

ontploffing”

(C) Uitbreiding 13 Regsverdedigingskoste - Die Wette is geskrap en vervang deur:

“Die Wette

Die Wet op Beroepsgesondheid en Veiligheid Nr. 85 van 1993 (soos gewysig)

Die Myn, Gesondheid en Veiligheidswet Nr. 29 van 1996 (soos gewysig)

Die Elektrisiteitswet Nr. 41 van 1987 (soos gewysig) en/of enige ander Wet of

Ordonnansie wat met die verskaffing van elektrisiteit verband hou

Die Nasionale Wet op Veld- en Bosbrande Nr. 101 van 1998 (soos gewysig).

Almal saamgelees met die Strafproseswet Nr. 51 van 1977 (soos gewysig)”

(D) Uitbreiding 14 Onregmatige inhegtenisname en laster

Die limiete van R50 000 en R100 000 is onderskeidelik verhoog na R75 000 (vyf en

sewentigduisend rand) en R150 000 (honderd en vyftigduisend rand).

(E) Uitbreiding 21 is geskrap en vervang deur:

“21. Brandbluskoste of watergooi kostes deur lugvaartuie (Indien in die bylae as

ingesluit vermeld)

As teenprestasie vir die betaling van ‘n bykomende premie is hierdie afdeling

uitgebrei om dekking in te sluit vir alle kostes noodwendig aangegaan met

watergooi aktiwiteite of enige ander brandbestrydingmetodes om verspreiding van

brand vanaf die versekerde na enige derdeparty eiendom te voorkom met dien

verstande dat:

(a) sodanige derdeparty eiendom in gevaar was as gevolg van sodanige brand

(b) dekking in terme die uitbreiding alleenlik van toepassing sal wees indien

uitbreiding 22 Verspreiding van brand of uitbreiding 23 Plantasies, woude en

suikerriet van die afdeling van krag is

(c) die maatskappy se aanspreeklikheid vir enige enkele gebeurtenis of reeks

gebeurtenisse met een oorspronklike oorsaak of bron, nie die bedrag in die

bylae vermeld vir hierdie uitbreiding sal oorskry nie

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 32 van 33) 12/2010

(d) die maatskappy nie aanspreeklik sal wees vir die eerste 10% (tien persent)

van die eis met 'n minimum van R1 000 (eenduisend rand) ten opsigte van

ieder en elke eis nie.

(F) Uitbreiding 23 is geskrap en vervang deur:

“23. Plantasies, woude en suikerriet (Indien in die bylae as ingesluit vermeld)

As teenprestasie vir die betaling van 'n bykomende premie word Besondere

uitsondering 12(c) van hierdie afdeling gekanselleer met dien verstande dat die

versekerde aanspreeklik is vir die eerste bedrag betaalbaar van 15% (vyftien

persent) met 'n minimum van R5 000 (vyfduisend rand) en 'n maksimum van

R100 000 (eenhonderd duisend rand) of die bedrag soos gemeld in die bylae van

elk en iedere eis kragtens hierdie uitbreiding

Spesiale bepaling:

Dit is ‘n voorwaarde voorafgaande tot die aanvaarding van aanspreeklikheid dat:

(i) die versekerde voldoen aan alle vereistes vervat in Die Nasionale Wet op

Veld- en Bosbrande Nr. 101 van 1998 (soos gewysig) ongeag of die

brand ‘n veldbrand is of nie

(ii) die versekerde ‘n lid is van ‘n Brandbestrydingsvereniging soos omskryf

in die wet hierbo vermeld (alleenlik indien een geregistreer is in die area

waar die versekerde se perseel gelee is).“

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 33 van 33) 12/2010

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!