02.05.2013 Views

ALGEMENE ENDOSSEMENT

ALGEMENE ENDOSSEMENT

ALGEMENE ENDOSSEMENT

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

3. Afdeling: Huisbewoners

(a) die aanspreeklikheid van die maatskappy kragtens hierdie uitbreiding nie die

bedrag vermeld in die bylae sal oorskry nie

(b) die maatskappy nie aanspreeklik sal wees vir die eerste R1 000 (eenduisend

rand) ten opsigte van iedere en elke eis.

Indien die koste om die warmwatertoestel te vervang groter is as die bedrag

waarteen dit verseker is ten tye van die verlies of skade, sal die versekerde as sy

eie versekeraar vir die verskil geag word en dienooreenkomstig ‘n eweredige deel

van die verlies of skade dra. Alle items, indien meer as een sal afsonderlik

onderhewig wees aan hierdie voorwaarde.

(A) Uitbreiding 12 is geskrap en deur die volgende vervang:

“12. Trauma

Indien die versekerde of enige lid van die versekerde se gesin wat normaalweg

by die versekerde inwoon, terwyl op die versekerde se perseel, ‘n slagoffer is van

geweld of diefstal, poging tot diefstal, ‘n aanhouding, kaping of brand wat

professionele berading noodsaak sal die maatskappy tot en met R10 000

(tienduisend rand) vir enige enkele gebeurtenis betaal.”

(B) Uitbreiding 22 Bergingskoste vir inhoud na skade

Die perk is verhoog na R5 000 (vyfduisend rand).

(C) Besondere uitsondering 1(b) en (c) is geskrap en deur die volgende vervang:

“(b) eiendom meer spesifiek verseker of tensy anders vermeld, aktes, verbande,

wissels, geldbewyse, geld, tjeks, sekuriteite vir geld, seëls, dokumente van enige

aard, manuskripte, medaljes, muntstukke (ander dan geld en verhandelbare

instrumente soos in Omskrywing (i) tot en met R2 500), motorvoertuie en

toebehore in of op sulke voertuie, lugvaartuie en enige deel daarvan,

watervaartuie en enige deel daarvan (behalwe modelvliegtuie en modelwatervaartuie),

kano's en diere

(c) enige elektroniese dataverwerkingstoerusting wat nie vir huishoudelike- en/of

boerdery besigheidsdoeleindes alleen gebruik word nie met dien verstande dat:

(i) sodanige elektroniese dataverwerkingstoerusting wat vir huishoudelike-

en/of boerdery besigheidsdoeleindes alleen gebruik word onderhewig is

aan ‘n eerste bedrag betaalbaar van R1 000 (eenduisend rand) ten

opsigte van iedere en elke eis

(ii) die aanspreeklikheid van die maatskappy met betrekking tot sodanige

elektroniese toerusting gebruik vir boerdery besigheidsdoeleindes beperk

is tot 10% (tien persent) van die versekerde bedrag tot ‘n maksimum van

R25 000 (vyf en twintig duisend rand) enige enkele gebeurtenis.”

(D) Besondere voorwaarde 8 Verpligte eerste bedrag betaalbaar (Wonings bewoon)

Die eerste bedrag betaalbaar verhoog na R1 000 (eenduisend rand).

(E) Besondere voorwaarde 10 is geskrap en deur die volgende vervang:

“10. Weerligafleiers

Dit is 'n voorwaarde wat aanspreeklikheid onder hierdie afdeling voorafgaan dat

alle geboue met gras-, strooi- of rietdakbedekking met 'n voldoende en behoorlik

geïnstalleerde SABS-goedgekeurde weerligafleier of weerligafleier van 'n

soortgelyke standaard of beter toegerus is wat spesifiek daargestel is om weerlig

van die betrokke gebou af te lei tensy anders vermeld in die bylae.”

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 4 van 33) 12/2010

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!