02.05.2013 Views

ALGEMENE ENDOSSEMENT

ALGEMENE ENDOSSEMENT

ALGEMENE ENDOSSEMENT

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

aanspreeklikheid van die maatskappy vir sulke kostes en/of uitgawes nie R10 000

(tienduisend rand) sal oorskry ten opsigte van enige enkele gebeurtenis nie.

(O) Endossement 1 Insakking en grondverskuiwing (Indien in die bylae as ingesluit

vermeld)

Die maksimum eerste bedrag betaalbaar word beperk tot R50 000 (vyftigduisend rand).

11. Afdeling: Geboue omvattend

(A) Onderafdeling A3(d) is geskrap en deur die volgende vervang:

“(d) aan hekke, pale, omheinings wat nie van klip, beton, staal of baksteen gebou is

nie”

(B) Onderafdeling F is geskrap en deur die volgende vervang:

“Onderafdeling F: Skade aan watertenke, watertoerusting of waterpype

Verlies van of skade aan watertenke, watertoerusting of waterpype die eiendom van die

versekerde en wat in die geboue soos omskryf in die bylae geïnstalleer is met dien

verstande dat die versekerde verantwoordelik sal wees vir die eerste 10% (tien persent)

met 'n minimum van R1 000 (eenduisend rand) van elke en iedere eis”

(C) Besondere voorwaardes, klousules en uitbreidings 12 is geskrap en vervang deur:

“12. Weerligafleiers

“Dit is 'n voorwaarde wat aanspreeklikheid onder hierdie afdeling voorafgaan dat

alle geboue met gras- of strooi- of rietdakbedekking met 'n voldoende en

behoorlik geïnstalleerde SABS-goedgekeurde weerligafleier of weerligafleier van

'n soortgelyke standaard of beter toegerus is wat spesifiek daargestel is om

weerlig van die betrokke gebou af te lei tensy anders vermeld in die bylae.”

(D) Besondere voorwaardes, klousules en uitbreidings 13 is bygevoeg:

13. Tydelike herstelwerk en maatreëls na ‘n verlies

Die afdeling is uitgebrei om in te sluit alle kostes en/of uitgawes wat redelikerwys

aangegaan is deur die versekerde om sodanige tydelike herstelwerk uit te voer

en/of sodanige tydelike maatreëls te tref wat redelikerwys noodsaaklik mag wees

nadat ‘n omskrewe gebeurtenis plaasgevind het, met dien verstande dat die

aanspreeklikheid van die maatskappy vir sulke kostes en/of uitgawes nie R10 000

(tienduisend rand) sal oorskry ten opsigte van enige enkele gebeurtenis nie.

(E) Endossement 1 Insakking en grondverskuiwing

Die maksimum eerste bedrag betaalbaar word beperk tot R50 000 (vyftigduisend rand).

12. Afdeling: Kantoorinhoud

(A) Onderafdeling C Dokumente

Die perk is verhoog na R7 500 (seweduisend vyfhonderd rand).

(B) Besondere voorwaarde 3 is geskrap en vervang deur:

“3. Onderversekering

Nie van toepassing op:

(a) gevaar 8 van onderafdeling A - Inhoud

(b) opsionele uitbreiding 15 - Diefstal as gevolg van kragdadige betreding of

verlating (Indien verseker op ‘n eerste verlies basis)

(c) opsionele uitbreiding 16 - Diefstal (Indien verseker op ‘n eerste verlies

basis)

AGRIPLUS (ALGEMENE ENDOSSEMENT) Uitleg 1 (Bladsy 12 van 33) 12/2010

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!