02.11.2014 Views

Home of Agriculture

Home of Agriculture

Home of Agriculture

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Senwes wenners

Rudo Peens, ‘n leerder aan Hoërskool Sand

du Plessis in Bloemfontein, is as hoërskolewenner

aangewys van Senwes se sewende

entrepreneurskompetisie en Hanke Swart

van Heilbron, se braaikuikenboerdery het haar

vanjaar die titel as laerskole-wenner besorg.

Rudo se indrukwekkende besigheidsplan vir sy

onderneming, Oppi’ pad, wat pakkies aan

vragmotorbestuurders en eienaars van

vervoermaatskappye aflewer, het die paneel van

beoordelaars behoorlik beïndruk en aan hom ‘n

studiebeurs vir klasgelde ter waarde van R100 000

oor drie jaar besorg.

“Ons was eendag by ‘n vulstasie langs die N1 toe

‘n vragmotorbestuurder vir my vra waar die naaste

apteek is omdat hy medisyne nodig het. Hy het ook

genoem dat hy nie graag in die sakekern van die

stad wil inry nie en my entrepreneursbloed het my

dadelik die geleentheid laat raaksien,” vertel Rudo. Alhoewel hy nog

op skool is, het hy drie studente aangestel om die vervoerwerk te

behartig. Die studente is per rit betaal en Rudo het in die middae en

oor naweke self ingespring en het ook gesorg dat die boekhouding

op datum bly.

Van links is Francois van Niekerk van Windmeul, Willie Zastron

(hoofbestuurder Absa Kommersiële Besigheid, Wes-Kaap),

Christiaan Coetzee van KWV en Anri Truter van Beyerskloof.

Wynliefhebbers regoor die wêreld weet van ‘n Bordeauxstyl

rooi versnit, die klassieke Franse styl van ‘n

swaarlyfrooiwyn, bestaande uit Cabernet Sauvignon

versny met Malbec, Petit verdot, Merlot of Cabernet

franc. Suid-Afrika het die afgelope jare nou ook sy eie unieke trefpunt

met ‘n rooi versnitwyn begin in die Nuwe Wêreld-styl met ‘n balans

van goeie struktuur en mooi vrug, genaamd Cape Blend. Die woord

Cape Blend verwys na inheems gekweekte rooiwyn, Pinotage, wat

minstens 30% of meestens 70% van die versnit beslaan. En vanjaar is

die tweede Perold Absa Cape Blend-kompetisie aangebied en slegs

wyne wat hierdie eiesoortige styl verteenwoordig, kon deelneem.

Boeredag langs die oewer

agri Brokkies/Snippets

Gerhard Odendaal (bestuurder: Senwes Village, Bloemfontein), die wenners

Rudo Peens en Hanke Swart, dr Johan van Zyl (hoof van die Eenheid vir

Entrepreneurskap: Universiteit van die Vrystaat), saam met

Japie Fransman (bestuurder: Openbare Betrekkinge, Senwes).

Hanke, wat die braaikuikens grootmaak en teen bekostigbare

pryse verkoop, het met ‘n prysgeld van R5 000 weggestap.

Haar braaikuikenboerdery, wat handel dryf onder die naam Hagi

Hoenders, is reeds in 2009 op die been gebring. Die kuikens word

ná sewe weke by die slagpale geslag en deur die neem van

bestellings per aflewering verkoop. a

Hulle is Kaap se

beste stylversnitwyne

Altesaam 42 wyne van 33 produsente was vir die kompetisie

ingeskryf, waaruit die beoordelaars die vyf finaliste aangewys het.

En die top-drie wenners van die 2012 Perold Absa Cape Blendkompetisie

is Beyerskloof Faith 2009, KWV Perold Tributum 2010

en Windmeul Reserve Cape Blend 2010. Die drie wenners het elk

‘n besoek aan ‘n oorsese wynstreek as prys ontvang.

Volgens die voorsitter van die paneel van vyf beoordelaars,

Charles Hopkins, het verlede jaar se vyf finaliswyne almal ‘n sterk

klap van Shiraz in die versnit gehad en vanjaar beïndruk Cabernet

Sauvignon ook as die goeie smaakmaat vir Pinotage. Die vier ander

beoordelaars was Karen Glanfield, Wilhelm Pienaar, Jacques Roux

en Winnie Bowman.

Brienne van der Walt, uitvoerende hoof van Absa AgriBesigheid,

sê: “Ná die sukses van die eerste Perold Absa Cape Blendkompetisie

verlede jaar, het Absa vanjaar die wynbedryf weer

ondersteun deur middel van die Pinotage Assosiasie om ‘n rol te

speel in die toename van baie goeie gehalte rooi versnitwyne wat in

die Kaap berei word. Dit is Absa se wens dat die kompetisie jaarliks

sal groei en sodoende dus die belangstelling onder wynmakers om

‘n top-gehalte rooi versnitwyn wat eiesoortig Suid-Afrikaans is verder

aan te wakker, met die kombinasie van vele geure, balans,

verouderingspotensiaal en toeganklikheid vir wynliefhebbers.” a

Volgende jaar se Langs Die Oever Boeredag sal op 21 en 22 Maart 2013 op die plaas Montrose van Kallie Erasmus in Letsitele

plaasvind. Die plaas spog met ‘n asemrowende uitsig op die Letaba-rivier. Besoekers kan uitsien na twee dae van praktiese

demonstrasies van swaartoerusting en voertuie en heelwat ander landbouverwante aktiwiteite.

Vir navrae kontak Mirka by mirka@langsdieoever.com of (015) 307 5000 vir besprekings. a

agri DES/DEC ‘12/JAN ‘13 bladsy/page 11

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!