09.11.2014 Views

Jy is Meer Prediker: Johan Geyser Datum: 13 Mei 2012 - Mosaiek

Jy is Meer Prediker: Johan Geyser Datum: 13 Mei 2012 - Mosaiek

Jy is Meer Prediker: Johan Geyser Datum: 13 Mei 2012 - Mosaiek

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Reeks: Moedersdag

Titel: ... Jy is Meer

Prediker: Johan Geyser

Datum: 13 Mei 2012

Jy is meer as die refleksie wat jy kan waarneem van jouself in ‘n spieël. Jy is meer as

die koppe wat jy laat draai as jy ‘n vertrek binnestap. Jy is meer as die ontwerper se

klere wat jy dra. Jy is meer as die vriende met wie jy uithang. Jy is meer as die geld

wat jy elke maand huis toe bring. Jy is meer as die waardering wat jy ontvang van jou

kinders. Jy is meer as wat jou man of jou kinders met hulle lewens bereik het en gedoen het. Jy is meer as wat

baie van jou dink en van jou sê. Jy is meer as wat die skaal sê jy is, en jy weet dit, of wil dit graag weet hier diep

binne in jou.

En ek het gedink vir moedersdag kan dit dalk goed wees as ons teruggaan na waar hierdie idee van waarde van ‘n

mens, en veral van moeders en vrouens, sterk geaksentueer is en na vore begin kom het. Dit was deel van die

lewe en die lering van die Here Jesus. 2,000 jaar gelede het hierdie Rabbi in Israel gekom en iets gedoen wat

totaal teen die kultuur en die denke van Sy tyd gegaan het, en heersende idees, persepsies, lewenshoudings

uitgedaag het om te verander, en dit het eintlik ‘n rewolusie meegebring.

Nou, Jesus het in die tyd geleef van die Grieks Romeinse wêreld waarin daar ‘n groot ongelykheid tussen mans en

vrouens bestaan het. Daar was vir elke 150, 140 mans 100 vrouens, en ‘n mens wonder dadelik, nou, wat het van

die vrouens geword. Daar was ‘n wet wat jou toegelaat het om ‘n dogter by geboorte te laat, eintlik te verlaat. Jy

was deur die wet verplig om die eerste dogter wat gebore word groot te maak. Daarna het jy geen

verantwoordelikheid meer teenoor dogters nie.

Die hele ekonomiese, sosiale, politieke sisteem was so opgerig dat dit jou baie meer gebaat het om ‘n man, ‘n

seun, te hê as ‘n dogter, en so was dit dan ook die gebruik gewees dat baie dogters gelaat was by geboorte, en dit

was nie gesien as iets skandeliks nie. Dit was nie iets gesien wat die gewete gepla het hoegenaamd nie. Ons sien

dit uit ‘n brief wat die argeoloë gevind het van ‘n Romeinse soldaat waarin hy sy liefde verklaar aan sy vrou, vir

haar sê hoe mis hy haar, hy kan nie wag om by die huis te kom nie, en hy is bly sy is swanger, maar hy wil ook net

sê, as dit ‘n dogter is, dat sy die dogter maar kan laat by geboorte.

In ‘n sensusopname wat gedoen is in Delphi is daar gevind dat onder 600 gesinne net ses gesinne meer as een

dogter gehad het. In Spartan het ‘n vrou wat ‘n seun het dubbel rantsoene ontvang. Net vrouens wat sterf by

geboorte het ‘n grafsteen en ‘n grafskrif ontvang, wat ‘n duidelike aanduiding was van die heersende gevoel en

idee van hoekom vrouens eintlik daar is. Sokrates, die wyse ou filosoof, skryf dat ‘n mens nie kan praat van gelyke

liefde in ‘n huweliksverhouding nie, want ‘n vrou is net nie die gelyke van die man op alle gebiede, fisies,

emosioneel, en veral intellektueel nie.

Onder die Jode het ook ‘n sterk manskultuur geheers wat baie korrelasies getoon het met die Grieks Romeinse

wêreld, en mans is bevoordeel op alle gebiede. Mans het geërf. Mans het geërf. Die egskeidingwet het mans

heeltemal bevoordeel. ‘n Man kon byvoorbeeld van ‘n vrou skei as hy iets skandeliks in haar ontdek het.

Ouderdom wat een van daardie goed wat vrouens later in hulle lewens skandelik aangevang het.

En in godsdiens, in die sinagoge was daar ‘n skeidsmuur gewees waardeur jy kon kyk, en vrouens se plek was

agter die muur. Hulle kon nie deelneem aan debatte, en dit was die mans wat die hele... dit was ‘n patrialgale

sisteem. Die hele sisteem in die godsdiens was patriargaal van aard. Van die ergste was ‘n vrou wat nie kon

kinders baar nie. In die Ou Testament word dit selfs beskryf as ‘n vloek waarmee jy geleef het. Dis jammer dat

baie vandag nogsteeds uit daardie tekste ‘n bevestiging en ‘n voed kry van die diep pyn om nie kinders te kan hê

nie.

‘n Rabbynse gebed wat ons gevind het uit die tyd van Jesus staan ‘n rabbi op en dank die Here dat hy nie ‘n

sondaar is, ‘n heiden is, ‘n ongelowige, of ‘n vrou nie. Dankie, Here. Dit gee ons iets weer van die gevoel. In

daardie wêreld kom Jesus in en Hy tree verrassend op, en ek wil hê ons moet vanmôre net na ‘n paar geleenthede

kyk, en die eerste vind ons in Lukas 11. Jesus kom en sê, en terwyl Hy dit spreek het 'n vrou uit die skare haar

stem verhef en vir Hom gesê salig is die skoot wat U gedra het, die borste wat U gesoog het, en Hy sê, ja, maar

salig is hulle wat die woorde van God hoor en dit bewaar.

Page 1 of 5

Moedersdag ... Jy is Meer ... Johan Geyser

© 2012 Mosaïek

Terwyl Jesus optree in die publiek sê ‘n vrou, Jou ma is darem so gelukkig om so ‘n

seun te hê soos Jy, en Jesus jak haar half af. Dis asof Hy nie Sy ma eer nie. Dit is

asof Hy nie die kompliment vat nie, en Hy sê vir haar, ja, maar eintlik, salig is die

mense wat God volg en vir God leef, en daardeur sê Jesus dat die hoogste roeping in

hierdie lewe vir ‘n vrou, ook vir ‘n man, is nie om ‘n kind te baar nie. Daar is iets groter

en hoër as dit, en dit is om God te volg en Sy wil te soek.

Hy sê ook dat jy nie bepaal word deur hoe jou kinders uitdraai in die lewe nie. Jy is

meer as dit. Jou diepste identiteit lê nie, en waarde, lê nie in kinders en in hoe hulle

uitdraai nie. Wat ‘n verskil sal dit nie maak as ons dit glo en regtig so voel nie. Wat ‘n

verskil, hoeveel minder pyn sal daar nie wees nie, van ouers wat deur hulle kinders wil

leef nie, van ouers wat vooropgestelde idees het van hoe dit moet wees, die pyn daarvan om nie ‘n kind te kan hê

nie. Ek weet van iemand wat sê ek bly moedersdag in die bed. My moeder is oorlede, ek is nie ‘n moeder nie. Ek

het gesmag daarna my hele lewe. Dis die aakligste dag van die jaar vir my.

Tweede gebeurtenis, Jesus antwoord en sê vir haar, Marta, Marta, jy is besorg en verontrus oor baie dinge, maar

een ding is nodig, en Maria het die goeie deel uitgekies wat van haar nie weggeneem sal word nie. Ons ken

verhaal van Marta en Maria. Maar daar gebeur iets wat ons maklik kan mis as ons nie die destydse wêreld en

woordeskat ken nie. Maria gaan sit aan die voete van Jesus. Dis ‘n tegniese term. Jy vind dit in ander plekke in

die Bybel, baie dankie Handelinge 22:3, waar Paulus sê ek het gestudeer aan die voete van Gamaliël.

Dis ‘n uitdrukking om ‘n dissipel se posisie en ingesteldheid teenoor sy rabbi te beskryf, nie noodwendig fisies nie,

maar hy gaan sit om te sê ek ontledig myself. Ek maak myself leeg sodat ek kan leer en sodat ek kan ontvang van

my rabbi af. Dit was net beskore vir mans. Nou kom Maria en sy gaan sit aan die voete van Jesus en sy leer my

Jesus, en Marta vervul die tradisionele rol van die vrou in die huis, volgens die kultuur, volgens die verwagtinge

van haar tyd en sy dien in die kombuis.

En nou kla sy daaroor, en sy kry nie al die werk gedoen nie, en sy is bekommerd oor hoe dit gaan wees. En Jesus

sê, Maria, jy het ‘n goeie ding gedoen wat sy nou doen. Sy het die goeie deel gekies. Maria gaan, teen haar

opvoeding, teen die verwagtinge van die kultuur van die tyd waarin sy leef, en sy volg haar hart en haar diepste

begeerte, en Jesus sê vir haar, dis goed so. Dis goed so. Moenie dat die kultuur of jou opvoeding jou inhibeer en

jou keer om te volg wat God in jou hart gelê het en waarna jy toe getrek word nie. Wow.

Ek ken die pyn, jare, jare, en lyk nie of ons dit ooit heeltemal oorkom sal word nie, van ouers wat besluit het jy is ‘n

vrou; jy kan nie dit doen nie. Jy kan dit en dit doen. Maak jou keuse in die lewe. ‘n Volgende geleentheid, Jesus

sê vir haar gaan roep jou man en kom hier, en die vrou antwoord en sê ek het nie 'n man nie. En Jesus sê vir haar

jy het reg gesê. Jy het nie ‘n man nie, want jy het vyf mans gehad en die een wat jy nou het is nie jou man nie. Dit

het Hy met waarheid gesê. Die vrou sê vir Hom, Here, ek sien dat U ‘n profeet is.

Die langste gedokumenteerde gesprek met iemand wat ons het wat Jesus gevoer het is die met ‘n vrou, in

Johannes 4. Dis baie vreemd, want ‘n rabbi gaan nie om met vrouens nie, en ‘n rabbi sal nooit alleen met ‘n vrou

praat nie. En dan is sy nog van Sammaria af. Sammaria is die plek waar die basters gebly het, as ek dit so kan

uitdruk. Dis die Jode wat ondertrou het met ander volkere. Dis die Jode wat weggevoer is in ballingskap, en toe

moet daar... hulle het die wet van God gebreek deur met nie Jode te trou.

Hulle was so verwerp deur die Joodse gemeenskap, was daar so neergekyk op hulle dat hulle geen... hulle weg

glad nie oop gesien het om deel te raak van die samelewing binne Israel nie, so hulle het hulle eie tempel gestig,

gebou. Hulle het hulle eie godsdiens ontwillel die Ou Testament gevat, ander boeke bygesit. Die Jode het

absoluut neergekyk op hulle. In geskrifte wat ons gevind het het hulle hulle asblikhonde genoem. Dis hoe hulle

gepraat het, gesê daardie asblikhonde, dan praat hulle van die Samaritane.

En hier kom Jesus, en Hy praat met hierdie vrou. En ons dink baiekeer dat sy immmoreel, losbandig geleef het

omdat sy so baie mans gehad het, maar dit kan heel moontlik wees dat sy volgens die sisteem genoop en gedwing

was om nou heenkome te vind by einge iemand wat haar sal invat, want dit was so dat ‘n man kon skei van ‘n vrou

as hy enige iets skandeliks in haar gevind het. Sy moet binne twee jaar weer trou volgens die wet, anderster is sy

aan haarself oorgelewer, eintlik ‘n uitgeworpene in die samelewing.

Sy sal dan by enige man wat haar sal invat as ‘n slaaf of 'n byvrou ‘n heenkome kan vind, en dit lyk meer asof sy ‘n

slagoffer was van hierdie stelsel en kulturele gebruik en sisteem wat geheers het in die tyd waarin Jesus geleef

het. En hier kom Hy, en Hy, ‘n rabbi, praat met haar, ‘n vrou, en dan nog ‘n Samaritaanse vrou. Hy ag haar. Hy

Page 2 of 5

Moedersdag ... Jy is Meer ... Johan Geyser

© 2012 Mosaïek

luister na haar, en Hy hanteer haar asof sy ‘n identiteit het van haar eie. Hy hanteer

haar nie asof haar identiteit lê in Samaritaan nie.

Hy hanteer haar asof sy ‘n identiteit het wat haar nasionale identiteit oorskry, haar

sosiale identiteit. Sy word nie gedefineer... ek wil nie weet wie is jou man... dit maak

nie saak wie jou man is nie. Jy word nie en vind nie jou identiteit in jou man en wat hy

bereik het of watter posisie hy het nie. Ek kyk na jou soos jy is. Dit raak haar diep. Dit

raak haar diep. Sy sê U is ‘n profeet. Sy gaan terug na haar dorpie toe en ek... as ‘n

vrou, wat kan sy sê? Vrouens kon ook nie in die hof getuig nie. Hulle getuienis was

nie geldig nie. En sy kan nie sê ek belowe... sy sê gaan kyk vir julle self, is dit nie dalk

die Messias nie? Die effek wat dit op haar gehad het.

John Artbugh [?], by wie ek baie ontvang het in hierdie rigting waarin ons vanmôre gaan, vertel die verhaal van ‘n

man en ‘n vrou wat by 'n vulstasie stop, en die man gaan in winkel toe om iets te koop, en toe hy uitkom toe gesels

die vrou met die petroljoggie. En sy groet hom baie vriendelik en gee vir hom ‘n drukkie, en klim in die kar en hulle

ry. En hy vra vir haar, waaroor gaan dit?

En sy sê jy sal nie glo nie, ek was saam met hom op skool. Sy sê ja, weet jy wat, hy was een van my boyfriends.

En die man ry so ‘n rukkie en hy kry so ‘n glimlag, en hy sê vir haar, gmf, jy is seker bly jy het nie met hom getrou

nie, want vandag het jy ‘n CEO. Jy kon met ‘n petroljoggie getroud gewees het. Sy sê, vreemd, dis nou nie wat ek

gedink het nie. Ek het gedink as ek met hom getrou het was hy die CEO vandag. Maar kan die storie nie dalk nog

beter wees nie? In plaas daarvan dat dit die mans is wat domineer en die vrou wat nou begin om die... kan dit nie

iets anderster wees va hoekom kan die vrou nie net wees wie sy wil wees nie? Hoekom kon sy nie die CEO

geword het nie?

Hoekom kan ons nie ook die nasionale, seksistiese, kapitalistiese, watter grense daar ookal is oorskry nie? Is dit

nie waarvan Paulus praat in Galasiërs 3:28, as hy sê in hierdie koninkryk waarin ons nou leef, met ander woorde

hierdie lewe saam met Jesus waarvan ons nou deel geword het, ons begin ander waardes te deel. Ons het ‘n

ander wêreldbeskouing. Ons het ‘n ander paradigma. Ons kyk anders na onsself, ons kyk anders na ander

mense, na die lewe, na hoe die lewe werk.

Hy sê in daardie wêreld, hy noem dit die koninkryk van God, is daar nie meer Jood of Griek nie. Dit oorskry

nasionale identiteit. Hy sê daar is nie meer slaaf of vry man nie. Dit oorskry ekonomiese, kapitalistiese, sosiale

klassifikasies. Hy sê en daar is ook nie meer man en vrou in hierdie wêreld saam met God nie, sekssistiese

klassifikasies.

Volgende een, en daarna het Hy van die een stad en dorp na die ander deurgereis en gespreek en die Evangelie

van God verkondig, en die 12 wat saam met hom was, ook sekere vroue wat genees is van bose geeste en

siektes, Maria, wat Magdalena genoem word, uit wie sewe duiwels uitgegaan het, Johanna, die vrou van Gusa [?],

‘n bestuurder van Herodus, en Susanna en baie ander wat Hom almal met hulle besittings gedien het. Dit was

vreemd in die destydse wêreld. Vrouens was nie deel van reisgeselskappe nie, en hier doen Jesus dit. En dan,

ook nie sommer enige vrouens nie. Daar is vooraanstaande vrouens wat deel geword het van die reisgeselskap.

En nog iets groter en meer skandelik as dit, hulle betaal die rekeninge van hierdie bediening, en Hy het geen

probleem daarmee nie. Kan jy sien? Weereens, kan jy dink, dis ‘n totale nuwe soort community wat Jesus tot

stand bring, wat totaal vreemd is, dat dit nie meer gaan oor man of vrou of... dit gaan oor jou, wie jy is, wat jy het,

jou gawes, jou passie, en ons almal deel ‘n lewe diep in respek en aanvaarding vir die uniekheid van wie jy is met

mekaar. Vreemd.

Volgende een. Daarop sê Hy vir die dissipel, daar is jou moeder, en van daardie uur af het die dissipel haar in sy

huis geneem. Jesus is aan die kruis. Hy kyk na Maria en Hy sê vir Maria daar is jou seun. Hy sê vir Johannes,

vat haar as jou moeder in jou huis, teen die kulturele gebruik. Sy, as ‘n weduwee, moet binne twee jaar trou.

Jesus bring ‘n nuwe sisteem van welsyn in plek, en Hy sê vir haar, moenie leef uit die toelaag wat jy vir twee jaar

van die staat af kan kry nie. Ouers... kinders, julle met na julle ouers kyk. Julle ouers het na julle gekyk toe julle

klein was.

En Paulus tel op, as hy die lering aan Timoteus gee en sê leer die kerk om te kyk na die weduwees. Die klem is op

die weduwees omdat die weduwees die persone in die samelewing was wat totaal teen gediskrimineer is en

uitgestoot is, en Christene het deel geword van die kultuur sonder dat dit hulle gewete hoegenaamd gepla het. En

nou sê Paulus, moenie in ‘n kultuur pas sonder om daaroor te dink nie. Kyk wat doen dit aan hulle. Laat sy self

Page 3 of 5

Moedersdag ... Jy is Meer ... Johan Geyser

© 2012 Mosaïek

esluit of sy weer wil trou. Laat sy self self besluit. Gee aan haar die dignity, die eer

en die respek as ‘n mens. Laat sy self besluit. Neem haar in jou huis en kyk na haar,

en dis in die kruis [?].

En dis interessant, die vroue is daar, die dissipels loop, hulle is weg uit vrees. Net die

vroue bly oor. Hulle word ook die eerste getuienisse van Jesus se opstanding uit die

dood uit, jy weet, en toe hulle die dissipels gaan tel... gaan vertel, toe glo die dissipels

hulle nie, jy weet, toe sê die dissipels, ja, maar is julle... nee man, dit kan nie wees nie.

Hoekom? Omdat juis. Die getuienis van ‘n vrou is nie aanvaar nie. Vrouens is bietjie

histeries, hoor. Hulle is bietjie emosioneel partykeer, hulle is...

En daarom het Sokrates en ander gedink aan vrouens as hulle is meer op die vlak van kinders, as jy na ‘n vrou

kyk. En iets daarvan het op die dissipels... hulle kan nie die vrouens glo nie. Selsus [?] en Josefus [?] tel op

hierdie tema. Selsus... is twee geskiedskrywers. Selsus sê ons kan nie die opstanding storie glo nie. Kyk wie het

dit vertel. Dis vrouens. Dis mos nou duidelik vir julle. Ons kan dit nie glo nie. Vrouens het dit gesê. Josefus tel

ook op en sê, luister julle, ons kan nie die waarneming van vrouens as geskiedkundige feite opneem in die

geskiedenis nie.

Nou kom Enteritus [?], ‘n hedehdaagse, groot Nuwe Testamentikus en hy sê, luister hier, dis juis hoekom ons kan

glo in die opstanding, want wie sal so dom wees in so ‘n wêreld waar ‘n vrou se getuienis glad nie tel nie, om te sê

die vrouens het dit eerste gesien en hulle het dit gesê. Dis juis vir ons ‘n rede om te glo dit het gebeur. Maar kan

julle dink? Ek wonder hoe was daardie ontmoeting, toe Jesus nou aan hulle verskyn en die vrouens is daar, en die

mans is ook daar en hulle sien Jesus. Die vrouens... ja, ons het julle gesê. Huh? Ek wonder net wat het daar

gebeur. Sorry, sorry, sorry julle, ek... jis... ek... ons... ek dink daar het ‘n paar goed geskuif in hulle ook.

Daar moes, want hierdie klompie ouens kom bymekaar, nê, en hulle embrace hierdie aspek en hierdie deel van die

lering van Jesus diep. Hulle bring so ‘n rewolusie mee, nê, dat van die geskiedskrywers meen dat dit ‘n groot rede

was waarom die eerste kerk so fenomenaal gegroei het. Dit het so ‘n groot effek dat ‘n paar dekades daarna toe

verander die Romeine hulle wette teenoor vrouens. So groot was dit. Dis ‘n rewolusie wat meegebring is. Maar

ongelukkig is ons wêreld nog nie hierdie waardes, hierdie idee en hierdie uitkyk embrace nie. Dis nog nie aanvaar

nie.

Ek wil hê ons moet luister na ‘n man. Dis is nie ‘n Christen nie. Dis 'n joernalis uit Amerika uit wat ‘n boek geskryf

het, Half the Sky, en wat iets... hy gesels oor goed wat in sy boek is. Ons luister net daarna.

CH There are actually more males in the world today, not females. There are more females in the US and in

Europe, more females in this room; given equal access to food and healthcare women live longer. In an equitable

world there would be more females, but the point is that in much of the world gender discrimination is not just about

pay, it's not just about inappropriate comments or touching, whatever.

It’s lethal, and it starts with sex elective abortion, that if a woman has an ultrasound and finds that she's expecting a

girl she gets an abortion. It continues with of you're... if you don’t have enough food to go around, if there's a food

shortage, you feed your son, you starve your daughter. When your son is sick you take him to the doctor. When

your daughter is sick you feel her forehead and say, well, let's see how you're doing tomorrow.

The upshot of that is a huge difference in mortality rates for boys and girls, such that there are between 15 and 120

million females missing from the planet, and that is why there are more males than females worldwide, and that is a

measure of the injustice, the gender injustice around the globe.

It’s a stunning statistic, but in India, for example, in the first year of life male and female mortality rates are pretty

similar, because babies depend for sustenance upon the breast, and the breast does not have a strong son

preference. From age one to age five the kids depend upon their parents, who do have a son preference, who are

only half as likely to vaccinate their daughters than to vaccinate their sons, and the upshot of that is that from age

one to age five, girls are 50% more likely to die than boys.

One of the things that I've really noticed is that in societies where women have no financial role, where they don’t

bring anything home, any money home, then they tend to be devalued. If they're not educated, can't hold a job,

can't raise money, then they don’t matter, and in much of the world, when you are too old to work you don’t have

social security, you don’t have any savings. What you have, your only hope at that point, is a son. Your daughters

have married into other families. They don’t look after you, so your sons are your social security, your retirement,

and that’s one reason why people invest in them

Page 4 of 5

Moedersdag ... Jy is Meer ... Johan Geyser

© 2012 Mosaïek

In some countries you also have dowries. When you have a daughter arrive then you

know that you are going to hand over a huge pot of money in 15, 20 years, and that is

going to further impoverish you, and so it’s a complex web of culture, of tradition, but

also of real financial structures that are built into societies.

JG Dit is Christophe [?] wat daar gepraat het. Ons... die koninkryk van God het

nog nie na die wêreld toe gekom nie. Hierdie boodskap en lewe van Jesus is nog nie

aanvaar, aangeneem deur ‘n groot deel van ons wêreld nie, maar dis nou baie maklik

om te dink hoe sleg gaan dit in China en in Indië waar daar vandag 40 miljoen minder

vrouens is as mans. Maar die probleem is ook hier. Dis ook in ons wêreld, in ons land

en ons kerk, ons huise. Dit raak in daardie plekke...

Ek wonder, ek wil vrae vra. Ek wil vrae vra. Hoekom is dit? Hoekom is dit dat is ons land 80% van die armste

mense in ons land is vrouens? Hoekom is dit dat vrouens nogsteeds vandag in ons land vir dieselfde werk as wat

deur ‘n man gedoen word 20% minder betaal word? Hoekom is dit, met eetversteurings, dat daar 10 keer meer

vrouens is as mans? Vir elke tien vrouens is daar een man wat sit met dit. Vir elke tien vrouens wat in die spieël

kyk en sê dit is nie genoeg nie, een man.

In kerke, in ons kerk, hoekom gebeur dit dat ‘n vrou deur die Here gawes, passies ontvang, maar dit nie kan uitleef

nie omdat sy ‘n vrou is? Eerste kerk het poligamie verwerp. Ons kan met soveel dubbel standaarde omgaan, aan

die een kant sê, ja, aan die ander kant sê nee. Ek... vergewe my as ek nou op tone trap, ek... maar dis vir my

verskriklik snaaks toe ek hoor die presidentskantoor het ‘n groot rekening ontvang vir moedersdag. Okay, dit was

nie snaaks nie. Vergewe dit, vergeet dit; dis ‘n flou grappie.

Die goed gebeur, dis hier, dis aan ons lyf. Hoe sal dit wees as ons ‘n gemeenskap vorm soos wat Jesus gedoen

het? Hoe sal dit wees as mans, nê, ons as mans, as ons die vroue in ons lewe respekteer, ons moeders, die

persone met wie ons getroud is, ons dogters, ons vennote saam met wie ons werk aanvaar soos wat hulle is, vir

wie hulle is, respekvol teenoor hulle optree en hulle nooit gebruik nie, nooit misbruik nie?

Weet jy hoeveel pyn is daar vandag hier in ons midde deur misbruik? Hoe sal dit wees as ons as mans verby dit

kan gaan? Hoe sal dit wees as vrouens die boodskap van Jesus kan hoor? Hoe sal dit wees? Hoe sal dit wees

as jy kan hoor jy is meer, jy is meer? Hoe sal dit wees as jy jou hart kan vind, jou hart kan bewaar, en die drome

en die groot bewegings in dit wat God in jou doen kan agterkom, kan volg, jou gawes kan uitleef, uitbreek bo enige

beperkinge wat hoegenaamd aan jou gestel word deur kultuur of opvoeding of omgewing of mense of wat ookal,

en jy net kan word wat God vir jou gedroom het? Wat ‘n gemeenskap kan ons nie wees as daardie liefde en

respek nie onder ons is nie?

Manne, kom ons gaan vandag uit en ons eer die vroue in ons lewens, en ons toon aan hulle die diepste respek, en

ons sien in hulle die beeld van Christus, soos wat ons albei, man en vrou, na die beeld van God geskape is. Kan

ons in hulle iets waarneem en sien van God wat ons dalk nie sou sien as ons net manne was wat saam was nie,

amen.

Kom ons bid saam. Vader, dankie dat ons hier kan saam wees vandag. Dankie vir U woord wat ‘n lig is vir ons

pad, en ons sê vanmôre net weer baie baie dankie vir die manier waarop U ons gemaak het. Ons kan nie altyd

verstaan nie. Ons weet nie altyd presies hoekom en wat nie, maar ons dank U vir die fassinerende, interessante

manier waarop ons in hierdie lewe kan omgaan, maar ons hoor U stem wat ons roep en wat vir ons vra. Ons sien

U lewe wat vir ons ‘n voorbeeld is, en ons wil dit volg, so vergewe ons, Here.

Help ons, maak ons oë oop om dit te kan sien in ons eie lewe, nie net daar vêr nie, maar ook hier en nou te kan

instap en te kan doen wat U vir ons vra. Ek wil bid vanmôre vir die pyn wat in ons midde is, in dogters en moeders

en vrouens se lewens. Help ons, maak vry mans wat kan verantwoordelikheid vat en kan sien. Vergewe ons, help

ons, vat ons in hierdie lewe wat U vir ons het. Ons vra dit in die naam van Jesus, amen.

Mag daardie wonderlike liefde van die Here Jesus met elkeen van ons wees en bly, amen.

Page 5 of 5

Moedersdag ... Jy is Meer ... Johan Geyser

© 2012 Mosaïek

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!