11.11.2014 Views

Jaarverslag 2011/12 - durbanvillekinderhuis.org.za

Jaarverslag 2011/12 - durbanvillekinderhuis.org.za

Jaarverslag 2011/12 - durbanvillekinderhuis.org.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Jaarverslag

1 April 2011 - 31 Maart 2012

Meer oor ons

Die Durbanville Kinderhuis is al vir meer as ʼn eeu

ʼn veilige hawe waar minderbevoorregte kinders

van die Kaapse Skiereiland versorg word. Jaarliks

word sowat 144 kinders tussen twee en 18 jaar oud

en vanuit verskillende kulturele agtergronde by die

Kinderhuis versorg.

Sorgbehoewende kinders word ingevolge die

Kinderwet deur howe in die sorg van kinderhuise

soos die Durbanville Kinderhuis geplaas.

Die Durbanville Kinderhuis, ’n Suid-Afrikaanse niewinsgewende

organisasie, is ’n program van BADISA

(NGO 011 - 891), ’n kerkgebaseerde, nie-winsgewende

welsynsorganisasie. BADISA voorsien die tehuis

dus van professionele bystand asook ’n beleid en

riglyne, en verseker so dat die tehuis kan voorsien

in die immer-veranderende behoeftes van kinders

wat versorging en veiligheid nodig het. Die tehuis is

ook by die departement maatskaplike ontwikkeling

geregistreer en dus aan regeringsbeleide en

-beginsels onderworpe.

Visie

Die kinderhuis se visie is om deur toegewyde en professionele ondersteuningsdienste

God se liefde aan sorgbehoewende kinders en hul

gesinne te toon met die uiteindelike doel om gesonde gesinsverhoudings

te herstel.

Missie

Die doel word nagestreef deur:

• die skep van ʼn veilige terapeutiese omgewing;

• volgehoue skakeling met ouers en gesinne;

• indiensneming van opgeleide personeel en toegewyde

vrywilligers;

• sluit van vennootskappe met ondernemings, gemeenskapsorganisasies

en staatsdepartemente;

• die inwerkingstelling van gesonde sakebeginsels om die lewering

van hoë gehalte diens te verseker;

• toepassing van die tersaaklike bepalings van die Grondwet van die

Republiek van Suid-Afrika, en

• voorsiening in die emosionele, psigo-opvoedkundige en maatskaplike

behoeftes van ons kinders uit ʼn Christelik gefundeerde etos.

Skakel ons:

Ontwerp geborg deur:

Drukwerk geborg deur:

Santa Serfontein

Kerkstraat, Durbanville, 7550

Tel: 021 975 6822 | Faks: 021 975 1613

E-pos: bestuur@durbanvillekinderhuis.org.za

www.durbanvillekinderhuis.org.za

Cambridge House 8, Oxfordstraat 23,

Durbanville, 7550

Skakel: 021 979 0488

E-pos: studio@roundone.biz

www.roundone.biz

Skakel: 021 946 4074

E-pos: allan@dcprinters.co.za

www.durbstat.co.za

Alle prentjies in hierdie weergawe van die jaarverslag is geteken deur ons kinders.

Voorsittersverslag

Inleiding

Dis weer eens vir my ’n groot voorreg om die jaarverslag van

die Durbanville Kinderhuis aan u voor te lê. Ek kan met trots

rapporteer dat die Kinderhuis, na 129 jaar, steeds ’n instelling van

voortreflikheid en stabiliteit is. Ons kan sonder vrees vir teëspraak

noem dat hierdie kinderhuis hom by uitstek as ’n veilige hawe

sonder weerga in die Wes-Kaap gevestig het.

Bestuur

Durbanville Kinderhuis is geseënd om ’n sterk bestuurspan te hê

wat daarin slaag om alle strukture van ons instelling effektief te laat

funksioneer. Gereelde personeelvergaderings en voortdurende

skakeling met elke sektor, verseker dat dienslewering aan kinders

met die minimum hindernisse kan plaasvind.

Die afgelope jaar is personeellede, met inbegrip van die

kinderversorgers, periodiek aan ontwikkelingsessies blootgestel.

Hierdie gereelde opknapping van vaardighede en die paraatmaking

van personeellede, kon duidelik bespeur word in die

gehalte van sorg wat die afgelope jaar aan ons kinders gebied is.

Ten opsigte van ons finansies, dien gemeld te word dat

Durbanville Kinderhuis kerngesond is. Die Kinderhuis kom op

’n daaglikse basis alle regulasies rakende finansiële bestuur en

kontrole nougeset na. Hiervan is die opeenvolgende positiewe

ouditeursverslae van die afgelope paar jaar, insluitend die vorige

boekjaar, ’n sprekende voorbeeld. Voorts vind hierdie goeie

finansiële bestuur neerslag in die wyse waarop die bestuurspan

met groot erns toesien dat alle fondse tot voordeel van ons 144

kinders aangewend word.

Uitdagings

Ons grootste uitdaging sentreer tans rondom die behoeftes van

ons erg getraumatiseerde kinders. Sorgbehoewende kinders

word as laaste uitweg in die Kinderhuis opgeneem, wanneer

alle ander pogings ten opsigte van beveiliging gefaal het.

Aangesien dit toenemend langer neem om kinders uit hul haglike

omstandighede te verwyder, verdiep die trauma in so ’n mate

dat dit ’n meer komplekse terapeutiese program tot gevolg het.

Uitdagings rondom die terapeutiese ingryping van hierdie kinders

behels heelwat aspekte soos personeelvoorsiening, bykomende

finansies vir hulpbronne, vrywilliger-ondersteuning en logistieke

behoeftes.

Die bestuur van die Durbanville Kinderhuis het reeds begin met

maatreëls om hierdie uitdagings die hoof te bied. So byvoorbeeld

is die voormalige Kannabas Eenheid in ’n volledige terapeutiese

eenheid omskep. Verder word hierdie nood tans verlig deur

gebruik te maak van die vrywillige dienste van sielkunde- sowel

as spelterapie-studente.

Hoogtepunte

Ons grootste prestasie was ongetwyfeld die vermoë om ’n

terapeutiese omgewing te skep waarin ons kinders kan herstel,

weer heel kan raak en kan groei. Dit is vermag deur ongeëwenaarde

spanwerk van almal hier by Durbanville Kinderhuis.

Hoogtepunte op ander terreine was ons uiters suksesvolle

fondsinsamelingspogings onder meer die Damesontbyt, Winterbal

en die Rugbydag by Rhebokskloof. Vir ons kinders is die

Sportdag en Kerspartytjie hoogtepunte waarna hulle elke jaar

uitsien.

Een van ons groot suksesverhale was die bekendstelling van

die Borg-’n-kind-veldtog wat die potensiaal het om een van ons

primêre fondswerwings te raak. Tans koop al hoe meer mense in

om die lewens van kinders langs hierdie edele weg te verbeter.

Toewyding

Benewens die toewyding van die bestuurspan en personeel,

is die Kinderhuis aangewese op die ondersteuning en dienste

van ’n wye verskeidenheid vrywilligers. Alle beheerraadslede en

’n groot persentasie van lede van die onderskeie subkomitees

verrig vrywillige diens. Hierdie kategorie vrywilligers moet geloof

word vir hul toewyding en kwaliteitdiens wat van onskatbare

waarde vir die behoud en voortbestaan van ons instelling is. Van

hul dienste behels kundigheid waarvoor die Kinderhuis andersins

sou moes betaal het.

Ons het verlede jaar, net soos die vorige jare, weer ’n groot

komponent internasionale en plaaslike vrywilligers gehad.

Hierdie kategorie vrywilligers het toewyding op verskeie vlakke

getoon, soos die vervoer van leerders, kinderversorging, sport

en kultuur, fondswerwing en bystand met huiswerk. Nog ’n

kategorie vrywilligers wat spesiale vermelding verdien, is die

diegene wat daarin kon slaag om ons kinders se talente optimaal

te help ontgin. Die afgelope jaar kon die Kinderhuis by verskeie

openbare geleenthede daarin slaag om die kinders se talent,

veral op kulturele gebied, ten toon te stel.

Waardering

As ’n organisasie wat ’n hoë premie plaas op die beste dienste en

fasiliteite vir ons kinders, wil ek alle betrokkenes by die versorging

van ons 144 kinders bedank vir die ekstra treë wat elkeen geloop

het om van Durbanville Kinderhuis ’n veilige hawe te maak. Baie

dankie aan diegene wat onverpoosd gewerk het om ’n breë

databasis van donateurs en borge daar te stel.

Namens die Beheerraad, die bestuurspan en al ons kinders

wil ek my opregte dank en waardering uitspreek teenoor al

ons vennote, borge, donateurs, maatskappye, individue en

gemeenskapsgroepe. Dankie dat u so onbaatsugtig en mildelik

tot die welsyn van die Kinderhuis bygedra het om te help om vir

ons andersins uitsiglose kinders ’n tuiste te skep. Sonder hierdie

ondersteuning sou ons nie daarin kon slaag om volgehoue

kwaliteitversorging aan ons kinders te bied nie.

Slot

My opregte dank aan die bestuurspan en personeel vir die puik

en passievolle wyse waarop hulle hul take verrig het. Sonder hul

toewyding sou ons nie in staat kon wees om sulke hoë standaarde

te verseker nie. Dankie ook aan alle vrywilligers en medewerkers

betrokke by subkomitees.

Ek wil almal voorspoed toewens vir hul volgehoue toewyding om

die nood van ons kinders te help verlig.

Gerald W. Davids

Voorsitter van die Beheerraad.

Alle kinders het vlerke, ons leer hulle om te vlieg! 1

Bestuurder se verslag

Hoogtepunte en uitdagings

Prestasies

Die Durbanville Kinderhuis bestaan al 129 jaar lank en is een van die oudste kinderhuise

in Suid-Afrika. Gedurende hierdie tyd het ons waardevolle ondervinding en ’n uitmuntende

reputasie opgebou vir ons werk met kinders wat misbruik en verlaat is. Dit plaas ons in

’n unieke posisie om voort te gaan om op ’n lang termyn volhoubare hulp aan kinders in

nood te verskaf.

Dit stel ons in staat om ’n beskermende hawe te bied vir 144 kinders, sodat hulle nie op

straat hoef te leef en aan ernstige verwaarlosing, liggaamlike en emosionele misbruik,

asook die gevolge van ’n disfunksionele huislike lewe onderwerp hoef te word nie.

Wat maak ons anders?

Die vraag kom dikwels spontaan by my

op: Wat maak ons anders?

Is dit die pragtige kinders wat aan ons

sorg toevertrou is? Die besondere

groep kinders wat ’n mens dag na dag

verstom met hul vermoë om teen die

terugslae in hul lewens terug te veg,

en tot sterk en gesonde individue met

lewensideale en drome te groei en te

ontwikkel.

Is dit ons grond en geboue, gekoester

tussen die huise en heuwels van

Durbanville, wat dit die ideale plek

maak om vir ons kinders die beste sorg

te gee wat ons kan?

Is dit ons personeel wat daagliks lojaal

en onbaatsugtig ’n diens lewer aan

en ten behoewe van ons kinders? ’n

Unieke groep individue wat die kuns

van saamwerk en saamlag verstaan

en mekaar deur dik en dun bystaan en

ondersteun.

Is dit ons vrywilligers wat op ’n deurlopende

basis waarde toevoeg tot ons

versorgingsprogram en die lewens van

die kinders in ons sorg? Soveel mense

wat elkeen op sy of haar unieke wyse

en volgens die talente wat hom of haar

toegedeel is, tot die Kinderhuis bydra.

Is dit ons donateurs wat deur hul

finansiële ondersteuning verseker

dat ons selfs in moeilike ekonomiese

omstandighede daarin slaag om vir die

kinders in ons sorg te gee wat hulle

nodig het?

Is dit dalk die kombinasie van al hierdie

bogenoemde aspekte?

Is ons regtig anders?

Anders of nie, dis uiters bevredigend

om saam met wonderlike personeel,

vrywilligers en donateurs by die

versorging en vorming van die kinders

in ons sorg betrokke te wees.

Baie dankie!

Rudolf Bezuidenhout

Die kennis en kundigheid wat ons oor vele jare opgedoen het, het ons in staat gestel

om ons klem suksesvol na die verskaffing van beter en doeltreffender psigoterapeutiese

intervensies te verskuif wat meer individu-gerig en doelgeskik is. Dit is vir die Kinderhuis

baie belangrik dat hy in die individuele ontwikkelingsbehoeftes van die kinders wat hy

versorg, kan voorsien. Dit sluit in voorsiening vir ons kinders se individuele skolastiese

ontwikkeling deur hulle by 25 verskillende skole te registreer. Ons het ook ons residensiële

program uitgebrei om gemeenskapsgebaseerde sorg in te sluit deur twee satelliethuise te

open. Ons het drie eenhede vir gespesialiseerde terapie: die ART-eenheid (“Assessments

Reunification Therapeutic” – evaluering, hereniging en terapie), die CHILLI-eenheid

(“Care House for Individual Life Lesson Interventions” – versorgingshuis vir individuele

lewensles-ingrypings) en ’n vroeëkindontwikkelingseenheid (Happy Feet en Stepping

Stones) op die terrein.

Met die verloop van jare het ons ’n sterk netwerk van plaaslike en internasionale vrywilligers

opgebou. Ons slaag daarin om vrywilligers uit lande soos ver as Duitsland, Brasilië,

Kanada, Switserland en Asië te werf. Die Durbanville Kinderhuis was die 2009-wenner

van die Ubuntu Internasionale Toekenning vir Vrywillige Diens, ’n toekenning vir gehalte

in vrywillige jeugdiens. Ons het tans 36 internasionale vrywilligers wat op die terrein woon

en met kantoor- en kindersorgpligte help. Daar is ook 46 plaaslike vrywilligers wat onder

meer met huiswerk en fondsinsameling behulpsaam is.

Ons kan met trots bekend maak dat ons 22 kinders gedurende die boekjaar deur

suksesvolle terapeutiese en herenigingsintervensies met hul oorspronklike gesinne

herenig het.

Daar was verlede jaar sewe skoolverlaters van wie twee tans aan tersiêre inrigtings studeer.

Ons kon geskikte werk vir die res van hulle vind. Ons vrywilliger-bystandsprogram, waar

vrywilligers aan ’n skoolverlater gekoppel word om bystand en aanmoediging te verleen,

blyk ook ’n groot sukses te wees.

Ons kinders was baie suksesvol op die sportveld en in die klaskamer en ons is uiters trots

op hul prestasies.

Uitdagings

Kinders wat by die Kinderhuis geplaas word, kom gewoonlik uit omgewings waar hulle

aan verskeie risiko’s blootgestel is. Die meeste van ons kinders is nie daaraan gewoond

om in ’n roetine-omgewing te leef nie en het dikwels nie gesonde stimulering ontvang wat

nodig is om te floreer nie, wat daartoe lei dat die kinders dikwels ernstige agterstand in

hul ontwikkeling vergeleke met hul portuurgroep op skool toon. Daarbenewens is dit vir

ons kinders ’n uitdaging om by ’n formele skoolprogram aan te pas en sosiale situasies

te hanteer. Baie hoofstroomskole vind dit moeilik om voorsiening te maak vir kinders wie

se ontwikkeling ’n agterstand toon, en die nodige ondersteuning ontbreek dus dikwels.

As gevolg van die hoeveelheid kwesbare kinders in Suid-Afrika en die tekort aan

sorgfasiliteite word kinders vir lang tye aan verskeie vorme van misbruik blootgestel,

insluitend emosioneel, sielkundig en liggaamlik. Kinders wat die stelsel binnekom, is

dikwels wantrouig en vind dit baie moeilik om gesonde bande met die kindersorgwerkers

en vrywilligers wat by die program betrokke is, te vorm. Dit lei dikwels tot uitdagende

gedrag.

Weens sy ligging in ’n gegoede buurt bestaan die persepsie dat die Durbanville Kinderhuis

’n welgestelde organisasie is, wat uiters negatiewe gevolge vir fondsinsameling onder

individue en korporatiewe instansies het.

Ongelukkig kan ’n groot gedeelte van die terrein by die Durbanville Kinderhuis nie gebruik

word nie as gevolg van die veiligheidsrisiko’s wat dit vir ons kinders inhou. Hierdie area

het dreineringsprobleme en dus kan daar nie daarop gebou word nie. Die kinders kan ook

nie daar speel nie.

2 Alle kinders het vlerke, ons leer hulle om te vlieg!

Residensiële sorgprogram

Die Kinderhuis se mandaat is om ’n tussentydse oplossing te

bied vir kinders wat uit hul gesinne verwyder is as gevolg van

ongunstige en gevaarlike omstandighede, en wat uiteindelik tot

die hereniging van die gesin, pleegsorg of aanneming lei. Ons

erken dat die beste opsie vir elke kind altyd is om na sy of haar

gesin en gemeenskap terug te keer.

As kinders nie in inrigtings soos die Kinderhuis geplaas word nie,

is daar ’n groter waarskynlikheid dat hulle op straat sal eindig

waar hulle aan dwelmmisbruik, bendegeweld, armoede, misdaad

en dies meer blootgestel word. Hierdie negatiewe invloede

verhoog ook die risiko van potensiële kriminele gedrag en dat

die kringloop van aangeleerde gedrag in hul volwasse lewens

voortgesit sal word, soos die misbruik en verwaarlosing van hul

eie kinders. Dit het ’n impak op die sosio-ekonomiese groei van

ons land.

Die Durbanville Kinderhuis is geregistreer om 144 kinders tussen

die ouderdomme 0 en 18 te huisves. Tans word 124 kinders by

die Kinderhuis versorg. Tien kinders woon in Shiloh Huis, 8ste

Laan 90, en tien in Huis Andrag in Joubertstraat 14.

Dit is vir die Kinderhuis baie belangrik dat hy in die individuele

ontwikkelingsbehoeftes van die kinders wat hy versorg, kan

voorsien. Tans woon ons kinders 25 verskillende skole by, en ons

het ook ons residensiële program uitgebrei van kinderversorging

op een plek, bestaande uit 12 wooneenhede, na die versorging

van die kinders in hul gemeenskappe deur twee satelliethuise

by te voeg. Ons het drie eenhede vir gespesialiseerde terapie:

die ART-eenheid (“Assessments Reunification Therapeutic” –

evaluering, hereniging en terapie), die CHILLI-eenheid (“Care

House for Individual Life Lesson Interventions” – versorgingshuis

vir individuele lewensles-ingrypings) en ’n vroeëkindontwikkelingseenheid.

Begunstigdes

Die kinders in die Kinderhuis kom uit omgewings wat nie

bevorderlik is vir die koestering en grootword van gegronde, goed

aangepaste jong mense met ’n gesonde gees nie. Inteendeel,

hulle primêre versorgers was dikwels afwesig, en het hulle gelos

om blootgestel te word aan vele vorme van misbruik, insluitend

emosionele, sielkundige en liggaamlike trauma.

Seuns Meisies Swart Wit Totaal

74 70 108 36 144

Totaal

0-5

jaar

6-10

jaar

11-15

jaar

16 jaar

en ouer

Seuns 74 4 16 33 21

Meisies 70 0 11 30 29

Hantering van behoeftes

Die Kinderhuis fokus hoofsaaklik op die versorging, ontwikkeling

en rehabilitasie van emosioneel getraumatiseerde kinders en die

hereniging van hierdie kinders met hul gesinne waar moontlik.

Maatskaplike probleme soos sielkundige probleme, skolastiese

probleme of weiering om skool toe te gaan, gedragsprobleme

en omgewingsinvloede wat die kind verhoed om sy of haar volle

potensiaal te verwesenlik, word hanteer deur die kind te help om

die trauma in sy of haar verlede te verwerk en hom of haar by te

staan om in ’n suksesvolle, volwasse individu te ontwikkel.

Dienste

Die Durbanville Kinderhuis verskaf kritieke dienste in pas met

die bepalings van die Kinderwet.

Die Kinderhuis is ’n sorgsentrum vir kinders en die jeug en bied

’n terapeutiese program wat ontwerp is vir die residensiële

versorging van kinders buite die gesinsomgewing, en sluit

programme in vir:

1. Die ontvangs, versorging en ontwikkeling van kinders buite

hul gesinsomgewing

2. Vroeëkindontwikkeling

3. Die ontvangs en tydelike veilige versorging van kinders met

die oog op

• die waarneming en evaluering van hierdie kinders

• die verskaffing van berading en ander behandeling aan

hierdie kinders

• bystand om hulle weer met hul gesinne en gemeenskap

te integreer

Daarbenewens bied die Durbanville Kinderhuis:

• Terapeutiese en ontwikkelingsprogramme

• ’n Program om inwoners met die oorgang te help wanneer

hulle die Kinderhuis na die ouderdom van 18 verlaat.

Die Durbanville Kinderhuis voldoen aan die norme en

standaarde wat ingevolge artikel 194(2) van die Kinderwet

vereis word deur die volgende te bied:

1. ’n Program vir residensiële sorg;

2. Terapeutiese programme;

3. Ontwikkelingsprogramme;

4. Permanensieplanne vir kinders;

5. Individuele ontwikkelingsplanne;

6. Beskerming teen misbruik en verwaarlosing;

7. Evaluering van kinders;

8. Gesinshereniging en -herintegrasie;

9. Nasorg;

10. Toegang tot en voorsiening van voldoende gesondheidsorg;

11. Toegang tot skole, onderrig en vroeëkindontwikkeling, en

12. Sekuriteitsmaatreëls vir kinderhuise.

Die kernkomponente van programme vir die ontwikkelings-,

terapeutiese en ontspanningsbehoeftes van kinders wat by die

Durbanville Kinderhuis gevolg word, sluit in:

Ontwikkelingsprogramme:

• Lewensvaardighede;

• Onafhanklike lewensbestaan vir kinders wat uit die program

vir residensiële sorg beweeg;

• Slagoffer-bemagtiging;

• Bewaring van die gesin;

• Nasorg;

• Bevordering van kinderregte, en

• Aktiwiteite vir die genereer van inkomste.

Terapeutiese programme:

• Ontwikkelingsevaluering;

• Psigo-maatskaplike ondersteuning;

• Individuele berading;

• Groepberading;

• Traumaberading;

• Smartberading;

• Spelterapie, en

• Gesinsterapie sluit in ouerplanne, stresbestuur,

konflikoplossing, positiewe kommunikasie, positiewe

dissipline en gedragsverandering.

Alle kinders het vlerke, ons leer hulle om te vlieg! 3

Residensiële sorgprogram (vervolg)

Ontspanningsprogramme

• Sport

• Kuns

• Drama

• Dans

• Sang

• Bordspeletjies (speelgoedbiblioteek)

Gekonsolideerde statistiek

Kinders deur die jaar toegelaat 18

Getal terapeutiese sessies gehou 1 106

Getal individuele ontwikkelingsplanne

opgestel

66

Getal individuele beradingsessies 100

Groepberadingsessies 130

Getal gesin-groepkonferensiesessies 126

Maaltye wat gedurende die verslagdoeningstydperk

voorberei is

93 000

and Sport Academy) aansoek gedoen om ’n diploma in

afrigterswetenskap, waar hy met ope arms verwelkom is.

Verskeie beurse is ook aan hom toegeken om hierdie droom

te verwesenlik.

Carlo is nou besig met sy eerste jaar van studeer en leef sy

droom uit. Hy gebruik die vlerke wat hy gegee is en vlieg nou

sy pad oop na ’n suksesvolle loopbaan in sportafrigting. Ons

is so trots op jou, Carlo!

Akeen Wilson is in 2006 tot die Durbanville Kinderhuis

toegelaat. Sy stil en goed gemanierde geaardheid het hom

gewild onder beide personeel en kinders gemaak.

Akeen het ’n ywerige belangstelling en vermoë op beide

akademiese en sportterrein getoon. Daarbenewens het hy

ook ‘n geweldige talent in die kreatiewe en kunsarena getoon.

Sy harde werk, toewyding en vasberadenheid om bo sy

omstandighede uit te styg, het tot verskeie geleenthede

gelei. Een daarvan was toe hy deur die Amandla Ku Lutsha

Jeugleierskapprojek gekies is vir hul toer na Engeland

in 2009. Nog toekennings wat hy ontvang het weens sy

vaardighede en talente sluit in die Amy Biehl-toekenning vir

sy vaardighede as jeugleier en rolmodel.

Met sy toekenning as ”Buitengewone onder 20-jongmens” is

hy ook gekies om Janet Jackson gedurende haar toer van

Suid-Afrika te ontmoet.

Aan die einde van sy skoolloopbaan is Akeen weer eens

deur harde werk en toewyding gekies om sy studie aan die

Universiteit van die Wes-Kaap voort te sit, waar hy tans

besig is met sy eerstejaarstudies vir ’n BA in sportrekreasie

en oefeningswetenskap. Met verskeie beurse wat aan hom

toegeken is, gaan Akeen voort om sy borge, familie en die

Durbanville Kinderhuis trotse beleggers in hom te maak.

Akeen het ontwikkel van ’n skaam en introverte seuntjie tot

’n suksesvolle en volwasse jongman. Hou aan vlieg Akeen –

reik na die sterre!

Suksesverhale

Carlo Wehr is in 1999 op die ouderdom van 7 by die Durbanville

Kinderhuis ingeneem. Hy was altyd ’n jong man met geweldige

potensiaal, leierskap en ’n vasberadenheid om suksesvol te wees.

Ten spyte van sy uitdagende omstandighede het hy met die nodige

ondersteuning en sorg, hindernisse en terugslae te bowe gekom om

’n vlak van volwassenheid en selfvertroue te bereik wat verskeie

geleenthede vir hom oopgemaak het.

Carlo se groot vreugde en trots is sy belangstelling in sport waar sy

dryfkrag van groot waarde is. Hy het begin deur in die Durbanville

Kinderhuis se sokkerspan te speel waar hy gou ’n belangrike speler

geraak het. Sy afrigter het sy strategiese vaardighede raakgesien,

asook die gemaklike wyse waarop hy afrigtersinstruksies en raad aan

die jonger outjies oorgedra het op ’n vlak waar hulle dit maklik kon

snap en toepas. Hy het gevolglik vinnig ’n natuurlike leier en rolmodel

vir die ander kinders geraak. Hy het ook selfs die meisiesokkerspan

na seges gelei!

Sy talent in hierdie veld het die deur vir hom oopgemaak om by die

Amandla-sokkerliga (kinderhuis-sokkerliga in Kaapstad) aan te sluit

waar hy as ’n assistent vir die personeel in geleentheidsbeplanning

aangestel is. Hy het gehelp deur die wedstryde te koördineer asook

die kinders af te rig.

Carlo het begin dink aan en hoop vir geleenthede om sy liefde en

passie vir die spel uit te leef, asook sy wens om ander jongmense

te help om ’n loopbaan te bou. Hy het by die ETA (Exercise, Training

4 Alle kinders het vlerke, ons leer hulle om te vlieg!

Vrywilligers

Die personeel en kinders by die Durbanville Kinderhuis is uiters

dankbaar vir die ongelooflike hoeveelheid hulp wat ons vrywilligers

– Suid-Afrikaners én uit die buiteland – so goedgunstig aanbied,

asook vir die voortgesette ondersteuning van albei groepe.

Sonder hulle hulp sou baie van projekte net nie moontlik gewees

het nie!

Suid-Afrikaanse vrywilligers

Ons beskik tans oor ’n omvattende program vir plaaslike

vrywilligers met 80 vrywilligers wat ons met onder meer

huiswerk, verskeie terapeutiese programme, perdry, musiek,

biblioteekpligte, logistiek, instandhoudings- en administratiewe

take help, asook met verskeie spesiale geleenthede wat regdeur

die jaar by die Kinderhuis gereël word.

Internasionale vrywilligers

Bo en behalwe ons Suid-Afrikaanse vrywilligers het ons ook

ongeveer 35 internasionale vrywilligers wat op die perseel

woon en op ’n daaglikse grondslag met kindersorg help deur

dag- en nagskofte te werk. Hulle help ook met ons sport-,

logistieke, opvoedkundige en maatskaplikewerk-departemente.

Die vrywilligers bring ’n rykdom aan kennis en kundigheid met

hulle saam, asook die heel belangrikste aspek, naamlik dat hulle

ons kinders se horisonne verbreed deur hulle aan die groot wye

wêreld daarbuite bekend stel en hulle ’n blik op die opwinding,

geleenthede en moontlikhede bied wat dalk later in die lewe op

hulle kan wag. Ons vrywilligers is ’n wonderlike hulp vir al ons

personeel en kinders.

Prosedure wat vir die werwing van vrywilligers gevolg word

Ons hou elke laaste Dinsdag van elke maand ’n inligtingsessie

vir vrywilligers by die Kinderhuis. Dit is die eerste stap om by ons

program betrokke te raak. Hierdie sessies begin om 18:30 en

duur vir ’n uur en ’n half. Verskeie personeellede praat oor die

behoeftes van hul onderskeie departemente en gee ook ’n oorsig

oor die werk wat hulle by ons Kinderhuis verrig. Ons bespreek die

areas waar die vrywilligers ons behulpsaam kan wees, en lig die

belangrikste behoeftes uit. Al die betrokke aansoekvorms word

uitgedeel en ons vra dat elke vrywilliger ons van die besonderhede

van drie referente asook ’n gesertifiseerde afskrif van hul ID

en polisieklaring voorsien. Bywoning van ’n inligtingsessie is

verpligtend as iemand by ons vrywilligersprogram wil aansluit

en dit kan tot ’n maand duur na die bywoning om verwysings

na te gaan, polisieklaring te kry en die papierwerk af te handel.

U sal dan geskakel word om ’n meer spesifieke oriënteringsen

opleidingsessie in die departement waarvoor u u dienste

aangebied het, by te woon.

Ons wil graag van hierdie geleentheid gebruik maak om al ons

internasionale en Suid-Afrikaanse vrywilligers te bedank vir hul

passie en goeie gesindheid. Dit is regtig ’n inspirasie vir ons

almal en dit is wonderlik om te weet dat daar so baie mense in

die wêreld is wat gewillig is om ons op soveel maniere te help!

Baie dankie!

Fondsontwikkeling

As gevolg van die toewyding van ons fondsinsamelingspanne

is genoeg fondse gegenereer om in die behoeftes van ons

begunstigdes te voorsien. Gedurende hierdie boekjaar het

die span daarin geslaag om meer as R10 miljoen in te samel,

wat 10% minder as die vorige boekjaar is. Weens sy ligging

in ’n gegoede buurt bestaan die persepsie dat die Durbanville

Kinderhuis ’n welgestelde organisasie is, wat fondsinsameling

baie moeilik maak.

Befondsing

Die Durbanville Kinderhuis plaas ’n hoë premie op sy

fondsontwikkelingsafdeling en -strategie ten einde ’n sterk

klem op onder meer etiese fondsinsameling, oop en gereelde

kommunikasie met skenkers, toegang tot internasionale markte,

beskerming van skenkers se privaatheid en langtermynvennootskappe

met skenkers te verseker.

Die departement maatskaplike ontwikkeling het gedurende die

afgelope boekjaar die grootste finansiële inset (28%) gelewer.

Bron van

befondsing

2011/2012

2010/2011-

boekjaar

2009/2010-

boekjaar

Individue 1 696 508 2 656 805 1 489 700

Korporatiewe

sektor

1 597 354 1 644 145 1 414 574

Gemeentes 198 431 278 414 276 481

Erflatings 1 234 171 898 651 1 186 175

In goedere

betaal

Geleenthede/

bemarking

396 379 792 952 759 947

1 324 909 1 176 247 492 523

Skenkersregte

Ons fondsinsamelingsbeleid verseker dat skenkers die reg het om

naamloos te bly. Alles moontlik word egter gedoen om die bydraes

van alle skenkers te erken. Ons maak egter nie hulle betrokkenheid

by die Kinderhuis bekend sonder om vooraf goedkeuring daarvoor

te kry nie. Ons verleen ook op ons skenkerbord erkenning aan

maatskappye en individue wat meer as R25 000,00 per jaar skenk.

Ons behou ons die reg voor om ’n skenking van die hand te wys

as die bron in konflik met ons visie, missie en beginsels is. Geen

skenkings is gedurende hierdie jaar van die hand gewys nie.

Bemarking

Die doel van die bemarkingstrategie by die Durbanville Kinderhuis

is om potensiële borge en vrywilligers oor die tehuis se behoeftes in

te lig. Ons fokus op die waarde wat die borg tot ’n kind se lewe kan

toevoeg, en ons bou ons bewustheidsveldtogte op die behoeftes

en prestasies van ons kinders, en verleen erkenning daaraan dat

ons borge uiteindelik tot die welsyn van ons begunstigdes bydra.

Kommunikasie met skenkers vorm die grondslag van soliede

langtermyn-vennootskappe en dit word die beste bereik deur

kwartaallikse nuusbriewe, e-posse, terreinbesoeke en toegang tot

die Durbanville Kinderhuis se herontwerpte webwerf. Kwartaallikse

verslae en uitslae van moniterings- en evalueringsprosesse

word op versoek aan skenkers gestuur. Die tehuis moedig ook

terugvoering van ons skenkers aan en reageer vinnig op klagtes.

Die Durbanville Kinderhuis het ’n goed gevestigde reputasie as

’n organisasie wat oor gesonde beginsels beskik. Dit sluit in ons

bestuur en menslike hulpbronne, en die uitsonderlik hoë vlak

waarop die versorging van ons begunstigdes geskied. Dit kom

nuttig te pas in ons publisiteits- en fondsinsamelingsaktiwiteite, en

het ons as ’n legitieme en betroubare liefdadigheidsorganisasie

geposisioneer.

Alle kinders het vlerke, ons leer hulle om te vlieg! 5

Menslike hulpbronne

Bestuur

Die Durbanville Kinderhuis is ’n program van BADISA. BADISA voorsien

die tehuis dus van professionele bystand asook ’n beleid en riglyne, en

verseker dat hy in die immer veranderende behoeftes van kinders wat

sorg en veiligheid nodig het, voorsien. Die Durbanville Kinderhuis is ook

by die departement maatskaplike ontwikkeling geregistreer en is dus aan

die regering se beleide en beginsels onderworpe.

Die Durbanville Kinderhuis is sensitief vir die behoefte van werknemers,

vrywilligers en vennote om oor die tehuis se belangrike besluite ingelig te

word, asook om terugvoering oor menslikehulpbron-kwessies te ontvang.

Ons het ’n toegewyde, lojale personeelkomponent van 53 permanente

werknemers en drie kontrakwerkers.

Female Male Black White

Voltydse personeel 42 11 35 18

Ons het nie ons personeelkomponent oor die verslagdoeningstydperk

uitgebrei nie, en is bly om te kan berig dat slegs een persoon gedurende

hierdie tydperk bedank het. Ons het ’n baie lae afwesigheidskoers van 1,5%,

en het een persoon gedurende die verslagdoeningstydperk afgedank.

As organisasie plaas ons ’n hoë premie op streng bestuurskontroles en

konsekwente toepassing van beleide in alle departemente.

Betrokkenheid deur belanghebbendes

Die Durbanville Kinderhuis is sensitief vir die behoefte van werknemers om

oor belangrike besluite ingelig te word, asook om daaglikse terugvoering

oor dag-tot-dag-aangeleenthede te ontvang. Ons het ’n maandelikse

personeelvergadering waar die Kinderhuis se bestuurder as voorsitter

optree en terugvoering bied oor verskeie kwessies asook verandering

in beleide, en die personeel die geleentheid gee om insette aan die

bestuurspan te lewer. Ons het ook daaglikse vergaderings tussen die

bestuurder, betrokke rolspelers en die kindersorgwerkers waar enige

dringende sake geopper kan word. As gevolg hiervan is die proses vir die

hantering van relevante kwessies doeltreffend en vaartbelyn sodat ’n beter

diens vir ons kinders gelewer kan word.

Alle personeellede het ’n vertroulike kultuur-en-klimaatsopname ingevul.

Die uitslag was grootliks positief, en die areas met die laagste tellings is

tydens werkswinkels bespreek waar personeel die geleentheid gebied is

om voorstelle te doen om die huidige negatiewe persepsies te verbeter.

Personeelopleiding

As gevolg van ’n gebrek aan fondse fokus ons personeelopleiding

op indiensopleiding. Gassprekers of ons maatskaplike werkers bied

maandelikse opleidingsessies vir ons kindersorgwerkers aan. Weens

finansiële beperkings is slegs 50% van ons jaarlikse begrotingstoewysing

vir personeelopleiding bestee.

Beheerraadslede

• Mnr GW Davids

Voorsitter: Beheerraad

Lid van die Ontwikkelingskomitee

• Mnr FJ Agenbach

Ondervoorsitter: Beheerraad

Voorsitter: Finansiële komitee

• Mnr HCA de Villiers

Lid van die Beheerraad

Voorsitter: Komitee oor geboue en eiendomme

• Adv JA (Fef) le Roux SC

Lid van die Beheerraad

Voorsitter: Personeelkomitee

• Dr D Carolus

Lid van die Beheerraad

Lid Professionele dienste komitee

• Mev LT Lennox

Lid van die Beheerraad

Voorsitter: Professionele dienste komitee

• Ds A van Wyk

Lid van die Beheerraad

Lid van die Personeelkomitee

• Mnr B Bastiaan

Lid van die Beheerraad

Lid van die Ontwikkelingskomitee

• Mnr PR Bezuidenhout

Lid van die Beheerraad

Bestuurder: Durbanville Kinderhuis

• Mev M du Buisson

Boekhouer

• Mev S Serfontein

Sekretaresse

6 Alle kinders het vlerke, ons leer hulle om te vlieg!

Donateurs

Namens die 144 kinders in ons sorg bedank ons elke onderneming, individu, maatskappy, instelling en gemeenskapsgroep wat so

mildelik tot die Durbanville Kinderhuis bygedra het, hetsy finansieel, of deur dienste aan te bied of items te skenk. Met u bystand het

ons ’n sterk ondersteuningsbasis opgebou, en ons is so dankbaarvir al hierdie bydraes.

Individue/maatskappye (donateurs bo R15 000)

Ajax Kaapstad

Andrag Trust

Andrew Inggs

Anglo American Voorsitterstrust

ApexHi Liefdadigheidstrust

Appletiser

ASLA Holdings

Barloworld Toyota Tygervallei

BelgieseOntwikkelingsagentskap

Betz Familie

Boedel wyle PC Laubscher

Bokomo

Bornman& Hayward

Cape Foods

CDR Ingenieurs

Chantelle Geldenhuys

Checkers

Chep

Christo Terblanche

CiplaMedpro

Clicks

Consol Glass

Cornelis & Hannel Ham

Deon & Anita Meyer

Durbanville Commercial Printers

Durbanville Hills

EB Grove Helpende Hand Trust

geadministreer deur BoE private kliënte

ENVERV

Enviro Safe

FC Carter Liefdadigheidstrust

FNB-Tygerberg

Francois Smith

Franz & Marinda de Wet

Gemeenskapskas

Hein Doman

Hendrieka Ferreira

Hire 4 U

Hoctor’s Shamrock Slaghuis

Indawo

Jacobus Eduard Delport

Johan Rademan

Karen Janzen van Vuuren

Klerebank

L & S Chiappini Liefdadigheidstrust

geadministreer deur BoE private kliënte

Lewis Stores (Edms) Bpk

Liberty Life

Loewenstein Trust no.1

Lughawensmaatskappy van Suid-Afrika

(ACSA)

Media 24

Medikliniek CSI

Melissa’s

Melon Consulting

Michael Mol

Mr Espinoza

Mr Price

My School-projek

NGK Durbanville

NGK Durbanville-Bergsig

NGK in Suid-Afrika

Nicky Hagan

Niel & Ilze Erasmus

NuLaid Eggs

NWE Consult Engineer

Ou Mutual

Paarl TV & Video

PEP Stores

Pioneer Foods (Edms) Bpk

Quantum Leap Consulting

Rhebokskloof-wynlandgoed

Roundone Grafiese Ontwerp

RSG

Safari Centre

Sanet le Roux

Senekal Allen & Partners

SGM Productions

Soli Philander

Target Cranes

Tax Corp

The Joan Pettigrew-beurstrust

Tithing Trust

Toks van der Linde

To-Netts

TongaatHulettGroep

Tru-Temp Air Conditioning

Tydstroom

Tygerburger

Umhlaba Plant Service

UPS

Uriah Design

Viva Formwork & Scaffolding

Werda Cargo

WiaanSmit

Wiehahn Trust

Woolworths CSI

Yardstick

Zanne Stapelberg

Alle kinders het vlerke, ons leer hulle om te vlieg! 7

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!