02.02.2015 Views

Kinders se deelname bou burgerskap KAA

Kinders se deelname bou burgerskap KAA

Kinders se deelname bou burgerskap KAA

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Persvrystelling_– OPGESKORT VIR GEBRUIK tot 16h15, 16 Aug 2011

‘n Onlangse evaluasie van die Soul Buddyz klubs – wat met meer as 140,000 laerskool kinders regoor die land

werk – het herbevestig dat kinders nuwe vaardighede aanleer, selfvertroue ontwikkel en

ondersteuningsnetwerke vestig wat hulle help om die die druk wat hulle ervaar as leerders, versorgers en/of

broodwinners beter te hanteer.

Jamieson wys daarop dat deelname kinders ook in staat stel om “hul sosio‐ekonomiese regte te eis, of om

mense se aandag te vestig op die skending van regte”.

Voordele vir die samelewing

‘n Analise van die jongste Algemene Huishoudlike Opname (AHO) toon dat daar 18.6 miljoen kinders in Suid‐

Afrika is – hoofsaaklik gekonsentreer in die plattelandse provinsies van die Oos‐Kaap, Limpopo en KwaZulu‐

Natal. Die situasie van kinders word meestal verberg in nasionale data, wat beteken dat beplanners van

dienslewering maklik die teiken kan mis. Byvoorbeeld, die AHO dui aan dat 71% van alle huishoudings toegang

het to voldoende sanitasie, maar dat geld vir slegs 63% van kinders.

Hierdie situasie kan verander as beleidmakers, beplanners en implimenteerders van dienste met kinders

raadpleeg en hulle sienings ernstig opneem. Die Minister vir Vroue, Kinders en Persone met Gestremdhede,

Lulu Xingwana, in haar bydrae tot die publikasie, beklemtoon dat, “Om na kinders te luister is ‘n noodsaaklike

manier om te monitor dat dienste and programme die werklike realiteit van kinders in ag geneem en reageer

op hulle behoeftes”.

Die deelname van kinders stryk verder as om hulle net te raadpleeg oor hulle behoeftes. Dit is in wese oor die

versterking van demokrasie, sê Christina Nomdo, direkteur van RAPCAN (Resources Aimed at the Prevention

of Child Abuse and Neglect/Hulpbronne gemik op die Voorkoming van Kindermishandeling en ‐

verwaarloosing): “Dit beteken dat kinders van jongs af bemagtig word om op te tree as goeie burgers van die

samelewing en om die politieke ervaring op te doen wat nodig is om deel te neem aan

besluitnemingsprosesse.”

Prof Shirley Pendlebury, direkteur van die KI, stem saam en verduidelik dat die ervaring van demokrasie nie

net vaardighede bou nie, maar ook waardes lê: “Kinders se deelname in skole se beheerliggame, onder die

regte omstandighede, stel hulle in staat om te leer van demokratiese prosedures en om die vaardighede en

waardes te ontwikkel wat deel is van ‘n lewendige demokratiese kultuur.”

Ontwikkelling van ‘n bemagtigende omgewing

Nog ‘n sleutelboodskap van die South African Child Gauge 2010/2011 is dat geleenthede vir kinders geskep

moet word om deel te neem in al die areas wat impak op hul lewens – by die huis, in skole en

gesondheidsdienste; in die gemeenskap en in regering. Professionele lui soos onderwysers, dokters,

maatskaplike werkers, verpleegkundiges, joernaliste en regeringsamptenare moet ondersteunende, kindervriendlike

omgewings skep wat die deelname van kinders bevorder.

Dit verg eerbiedige, twee‐rigting kommunikasie waarin kinders as gelyke vennote hanteer word, sê Jamieson:

“Die deelname van kinders behoort ‘n integrale deel te wees van enige besluitnemingsproses wat kinders raak

– van beplanning en implimentering tot monitering en evaluasie. Dit beteken dat ons ons siening oor kinders

se vermoeëns, ervarings en bydraes moet verander, en tyd en ruimte moet maak om daadwerklike interaksies

met kinders te verseker.”

Tyd vir aksie

Aida Girma, UNICEF se verteenwoordiger in Suid‐Afrika sê kinders se reg om deel te neem is belangrik op ‘n

globale vlak: "Die Konvensie op die Regte van die Kind stel dit baie duidelik dat kinders die reg het om hul

menings oor belangrike sake te lug. As ‘n ondertekenaar van die Konvensie moet Suid‐Afrika die nodige stappe

neem om te verseker dat daadwerklike geleenthede geskep word vir die ware deelname van kinders."

2

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!