06.03.2015 Views

14 Augustus 2013 - Kerkweb.org

14 Augustus 2013 - Kerkweb.org

14 Augustus 2013 - Kerkweb.org

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

KRUIS-EN-DWARS

Verstaan die Vrou...

Uiterlike skoonheid hou nie, ’n mooi

voorkoms is nie alles nie; as sy die Here

dien, dan verdien ’n vrou om geprys te

word. - Spr. 31:30

In die gang van ’n vrou se lewe is daar talle

groot K’s, soos in:

Klaarmaak – Sy maak klaar vir haar huwelik,

vir die koms van haar kind(ers), maak

hulle kos en klere, besorg kleuters en koshuisgangers,

maak klaar vir die kerk – met

koeksisters en kafeïen. Sy koördineer sake

en skik die kinkels en kabels van mense.

Kos en kosmaak – Hier vind mens haar in

kruideniersware en kombuis, in kook en kaneel,

konfyt en kerrie. ’n Groot deel van die

lewe bestaan immers uit kos en kou.

Klere – Hoewel jy in denims of in formele

klere teater toe en selfs kerk toe kan gaan,

vra al die variasies tussenin tyd en koste,

kwaliteit, kosmetiek en kommer.

Kleur – ’n Vrou reageer op kleur – of dit in

Sinodale Nuusblad: NG Kerk Sinode Hoëveld

14 Augustus2013

’n roos of ’n jakaranda is. Kleurontleding

dikteer of jy warm of koue kleure kan dra.

Kreatiwiteit gee kleur aan die lewe en aan

alle vorms van kuns; kleur reageer op lig,

soos die groot Lig s'n en doel aan die lewe

gee.

Kuier – Kuier is sinoniem met vroue –

selfs oor die telefoon. Kuier deur die

verlede, die hede en die toekoms in – met

of sonder koffie en ’n snytjie kaaskoek!

Klop – Die hartklop in haar lewe is die

liefdesdriehoek; ek en jy en God. Dit

is die kern van bestaan, die bron van

krag en kalmte, die kruis wat sonde kanselleer

en van ons Koningskinders maak.

Kyk hoe jy vandag met ’n 'k' kan verryk:

Neem die kwas op en skilder. Lees Kubermens

– gedigte van Eveleen Castelyn.

Borduur kruissteek. Kweek ’n blombak

vol kruie … of …gee ’n kollega ’n kleurvolle

kaartjie (self ge” kwas) sommer om

te sê sy kon maar aan jou deur kom klop!

'Like'

Sinode Hoëveld

op

Augustus is die

B a r m h a r t i g -

heidsseisoen in die NG

Kerk. Besoek www.ngkerkas.co.za/index.php/taakspanne-vir-staande-werk/

verenigde-diensgroepdiens-en-getuienis-vddg/

sondag-van-barmhartigheid

vir preekriglyne.

Die Redakteur van Preaching,

Michael Duduit, vergelyk

die voorbereiding van preke

met die kuns van vleisbraai.

Leer hier hoekom…

Namens die Sinode ’n Spesiale woord van dank aan al die Skriba-dames

wat gemeentesake so mooi onder die duim hou!

VERJAARSDAE IN AUGUSTUS

16 Ds Gawie Snyman Delmas-Wes gawiesnyman@yahoo.com 0827885646

17 Ds Liesl Nickols Springs-Noord lnickols@vodamail.co.za 0825765720

21 Ds Hennie van Rooyen Vergesig havr@vodamail.co.za 0824681989

Redakteur: Gerda-Marié van

Rooyen

kommunikasie@ngkhoeveld.co.za

Redigeerder: Ds Robert Rotteveel

kerk@rotteveel.co.za

Die redakteur behou die reg om

aangebode artikels en briewe te

publiseer,verkort en redaksioneel te

versorg. Menings uitgespreek

verteenwoordig nie noodwending

die Sinode se amptelike

standpunt(e) nie.

Bydraes, briewe, intekening en

navrae

kommunikasie@ngkhoeveld.co.za

of 011 975 8220

011 975 8220 kommunikasie@ngkhoeveld.co.za www.kerkweb.org

Kruis-en-Dwars

KORT NOTAS

Vrystaat Sinodale Sentrum skuif

Die NG Kerk Vrystaat se Sinodale Sentrum en Eeufees

Gedenksaal is onlangs verkoop en word na 49 jaar

einde Augustus ontruim. ’n Dankseggingsdiens (gelei

deur ds Jan Lubbe) en sluitingseremonie in die Gedenksaal

het gister (Dinsdag 13 Augustus) daar plaasgevind.

Die Sinodale Kerkkantoor skuif voorlopig na die Mamre

Gastehuis van NG Welsyn in Van Heerdenstraat en die

personeel gaan reeds vanaf 19 Augustus begin verhuis.

Hoe om pornografie op die web te blok

Ouers wat wil verseker dat hul kinders nie pornografie

op die web kyk nie, kan hierdie skakel volg vir advies.

- Geneem uit Grenspos 8 Augustus 2013

Algemene Sinodesitting kry webwerf

Die hele agenda van die Algemene Sinode van die NG

Kerk wat in Oktober vanjaar in Port Elizabeth vergader,

sal van September op ’n spesiale webblad geplaas word.

Enigiemand kan dit aflaai om ingelig deel te neem aan

gesprekke oor die belangrike sake wat by die sinode

gaan dien. Ondertussen is daar ’n opsie vir jou om “in te

teken” om alle nuwe bydraes op die webblad outomaties

per e-pos te ontvang. Klik by http://www.ngkerk.org.za/

AS2013/?p=5.

14 Augustus2013

Draaiboekskrywer in ons midde

Mnr Martin Rossouw, gemeentebestuurder van Delmas-Wes

gemeente, is verantwoordelik vir die gestalte van die kortfilm,

Die Beleefnis. Sy teks is vir die kykNET Silwerskermfees

goedgekeur en is reeds in Delmas met gesoute akteurs soos André

Odendaal, Dorette Nel en Chris van Niekerk in die rolverdeling

verfilm. Die Delmas-Moedergemeente sal ook in ’n derde

van die kortfilm te sien wees.

Die Beleefnis is die verhaal van ’n eiesinnige ou dame wat eens

op ʼn dag die dorp op sy kop keer: dié tannie kondig uit die bloute

aan dat sy haar eie begrafnis wil hou! Dan het sy nog die vermetelheid

om dit as ’n “viering van haar lewe” te bestempel. Die

dorpenaars het nog altyd aanvaar dat die begeesterde Magdaleen

Botha (Woutrine Theron) ’n ligte klap van die windmeul weg

het, maar hierdie volksvreemde versoek vat dinge nou wragtig

een maal te ver. Magdaleen is egter nie die tipe wat haar van

stryk laat bring nie. En nie haar moeilike seun, Simon (André

Odendaal), Dominee Stanley (Chris van Niekerk) of selfs Stoffel

die begrafnisondernemer (Erno van Dyk) gaan haar van haar

groot dag weerhou nie. Hoe sal hulle kan? Hulle het immers

geen idee van die desperate hoop wat agter Magdaleen se

‘beleefnis’ skuil nie...

Die Silwerskermfees vind by The Bay Hotel vanaf 28 tot 31 Augustus

in Kampsbaai plaas waarna die films op kykNET uitgesaai

sal word.

Blindes en Dowes gesoek

Die Effata-vir-Dowes gemeente

is na Doof en/of blinde persone

binne die Sinodale gebied op

soek. Die versoek word in opdrag

van die nasionale kantoor

vir DeafBlind Suid-Afrika (www.

deafblindsa.co.za) gedoen. Inligting

kan aan mnr Paul Frylinck

(pfeffata@iafrica.com) deurgegee

word.

Vrouedag viering @ Strubenvale

5 Augustus 2013 met gasspreker Sonja Heroldt

2

Kruis-en-Dwars

Perspektiewe oor Belhar bespreek

Lesers word herinner om vir die Teologiese gespreksgeleentheid

oor die Belydenis van Belhar te registreer.

Die dag vind DV op 14 September by die Sinodale Sentrum

plaas en registrasie sluit Maandag 2 September

2013. Die gespreksgeleentheid sal voorafgegaan word

deur voorleggings van proff Piet Naude, Jaap Durand

en Piet Strauss. Dr Andries Kritzinger en ds Theo Danzfuss

sal ook as sprekers optree.

Hoewel die nodige dokumentasie reeds binne die

Sinode versprei is, kan die Sinodale Kantoor vir navrae

gekontak word.

Kenners benodig

Die Werkgroep vir die opstel van ’n handleiding vir kerkkantore

(WGHK) is voorlopig klaar met die voorgestelde indeks

vir die handleiding, maar nou begin die groot werk en ons

benodig u hulp asseblief. Lesers word gevra om asseblief

voorstelle van kundiges binne gemeentes te maak wat die

Sinodale Kantoor kan help skryf aan die inhoud van die

onderskeie onderafdelings. Ons benodig asseblief die name

van die persone, hul kontakbesonderhede en hul area van

spesialiskennis teen of op Maandag 2 September 2013.

Jozi-videos leer lesse

Ds Fourie Rossouw van Weltevreden-gemeente en die LetsgoJozi-inisiatief

het Johannesburg se strate ingevaar en verskeie

videos geneem…

Enzo sharing that children and churches can help bring

different people together

What the rich can learn from this kid

How to build new friendships across backgrounds

What the rich can learn from the poor about love

Kruisgewys

Die Augustus-uitgawe van Kruisgewys het verskeie artikels

oor Lidmaatbemagtiging. Vandeesweek word ’n gratis kopie

saam met die Kerkbode aan elke leraar gepos. Lees dié uitgawe

ook op ons webtuiste: http://www.bmedia.co.za/shopindex.php?bodyType=ew_kruisgewys

14 Augustus2013

Neem deel aan nasionale gesprek

Lente is aansteeklik. Ons verwelkom dit met ope arms.

Dis nie anders hierdie jaar nie. Boonop begin lente

vanjaar op `n Sondag. Opstandingsdag. Wonderlike

betekenismoontlikhede.

Christus roep ons om deur sy Gees, soos die lente,

soos Sondag, kleurryk en met oortuiging te lewe. Lewens

wat in ooreenstemming is met sy Woord. Eties

verantwoordelike lewens. Moraliteit wat op standaard,

Bybelse standaard, is.

Die Nuwe Hart Stigting nooi gemeentes weereens uit

om op Sondag 1 September oor hierdie belangrike

tema te gesels en te preek.

Die Nuwe Hart Publikasie verskyn eersdaags as bylaag

in Kerkbode. Dit bevat stimulerende artikels wat

vrugbaar in die prediking en besprekings gebruik kan

word.

Deel in die nasionale gesprek. Preek op 1 September

oor 'Nuwe Harte leef kleurryk'.

ONTHOU OM TE BESPREEK

NG Barmhartigheids Konferensie

Tema Ons wonder saam, hoe kan ʼn gemeente en lidmate

individueel ʼn verskil aan armoede maak.

Datum Saterdag 7 September 2013

Venue Sunwardpark Gemeenskapkerk

Tyd Registrasie begin om 07:00 - 07:45, Konferensie

begin stiptelik om 08:00 tot 13:00

Spreker Ds. Jaco Strydom

Koste R100 (sluit verversings in)

As jy ’n motiveringstoespraak nodig het.

3

Kruis-en-Dwars

14 Augustus2013

Lees in Kerkbode van 16 Augustus:

Gevra: Een stem oor menswaardigheid

Indien kerke in Suid-Afrika uit een mond praat oor onreg en

die skending van menseregte, kan ’n baie kragtiger boodskap

hieroor versprei word. Só sê biskop Jo Seoka, president

van die Suid-Afrikaanse Raad van Kerke (SARK).

Kerkbode het met hom gepraat na aanleiding van die eerste

herdenking van die menseslagting op 16 Augustus 2012,

waartydens 34 mense by Lonmin se Marikana-platinummyn

deur die polisie doodgeskiet is.

Lees ook:

• Waarom Bybels van mekaar verskil

• Pous Franciskus I Om die Katolieke Kerk te hervorm ...

• Nuwe Hart-bylaag

Onthou:

• Kerkbode kan nou ook digitaal gelees word op jou

tablet, rekenaar of slimfoon. Teken in by www.mysubs.co.za/Kerkbode

of besoek www.kerkbode.

co.za om Kerkbode-aanlyn (beperkte weergawe) te

lees.

VAKANTE POSTE

Vakature

Organisasie

Sluitingsdatum

Aansoeke en

navrae

Vakature

Organisasie

Vereistes

Navrae

Direkteur: Bedieningsbegeleiding

Vrystaat Sinode

30 Augustus 2013

Ds André Barlow

abarlow@lantic.net

084 547 9999

Finansiële beampte

CMR Benoni

Kandidaat moet Pastel magtig en rekenaar

geletterd wees

Ds Marais Strydom

0834493579

Vakature Orrelis

Gemeente Townsview

Stuur ngtownsview@gmail.com of faks 086 615

aansoeke na 1986

Sluitings- 30 September 2013

datum

Navrae Chrisna de Ru

011 682 1519

ngtownsview@gmail.com

Vakature

Organisasie

Navrae

Maatskaplikewerker

CMR Alberton

Irene du Toit

cmralb@telkomsa.net

4

Kruis-en-Dwars

14 Augustus2013

Made to be Courageous is ’n produksie

uit die MES- jeugverreikingsprogram

se stal. Dit vertolk ’n storie van

hoop in ’n baie onwaarskynlike plek.

Kaartjies kos R40 en groepsbesprekings

kan gemaak word deur ’n epos

aan japie@mes.org.za te stuur. Veilige

parkering sal by die MES ingang in Edith

Cavellstraat beskikbaar wees. Alle winste

word aangewend om die groep tieners

op ’n see-kamp aan die einde van

die jaar te neem.

PRET BY GEMEENTES

Bespreking SAAM OP WEG

Tema ’n Teologiese besinning oor die toekoms

van hoofstroom Afrikaanse kerke in Suid-

Afrika.

Datum 6 September 2013

Tyd 08:00 – 16:00

Venue Nederduitsch Hervormde Kerk Pretoria-

Oos, Delyweg 100,Waterkloofpark, 0181

Navrae 012 460-8441

ptaoos247@gmail.com

www.pretoriaoos.com

MES-Kinderfees ’n pretvolle dag vir die hele familie

Datum Saterdag 31 Augustus

Venue Kempton-Kruin

Navrae Lilly Franks

011 024 4580

Bonaeropark-gemeente: Lente Gholfdag

Datum Vrydag 6 September 2013

Venue

Navrae

Royal Oak Gholfklub

Sonja White

011 973 4916

Konsert Tobi Jooste en Ilse-Louise Herholdt

Gemeente Kempton-Kruin

Datum Vrydag 6 September

Tyd 19:00

Koste R100 (sluit ’n pasta-ete, slaai en nagereg

in)

Fondse ten

bate van

Navrae

Kruin Omgeebediening en Rynpark Maatskaplike

Noodfonds vir ouer persone

Angelique Marais

011 391 1343

Musiekblyspel

Inhoud

Die Storie van Altus de Jongh

Die verhaal van ’n gesin wat God se Storie

uiteindelik in hul lewe beleef het.

Datum 11 – 13 September 2013

Gemeente Bonaeropark (Kemptonpark)

Koste R50 – Volwassenes

R30 - Kinders

Navrae Sonja White

011 973 4916

5

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!