06.03.2015 Views

24 Julie 2013 - Kerkweb.org

24 Julie 2013 - Kerkweb.org

24 Julie 2013 - Kerkweb.org

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Kruis-en-Dwars 24 Julie 2013

Lewenslus is noodsaaklik

Lewensbegeleiding is deesdae ’n groot

saak. Sakeondernemings stel duur

le-wensgidse aan om werknemers te

help met die eise wat die werk en die

lewe aan hulle stel. Al hoe meer mense

het ’n lewensgids wat raad gee, luister

en probeer put uit die energie wat lewenslus

bring. Waarom dié geskarrel?

Is dit omdat mense koers verloor het en

dus die lewenskuns verloor het?

Miskien het die lewe só kompleks geword

dat ons gidse nodig gekry het

om aan ons, tussen al die dinge wat

ons oorweldig, die rigting na ware

lewe en lewensvreugde uit te wys. Die

lewenspad is immers vol slaggate en

gevaarlike draaie en ’n mens het hulp

nodig om hierdie pad te bemeester.

Soms moet jy herstel van terugslae en

teleurstellings. Ander kere soek jy na

balans. Lewenslus is immers ’n kwessie

van balans. Die Nederlander, Teunard

van der Linden, skryf dat lewenslus te

make het met die vaardigheid om die

lewe aan te gryp – met verwondering

en humor, maar ook met veerkrag en

uithouvermoë.

Die soeke na ware lewe is natuurlik

lankal deel van die gesprekke wat gelowiges

voer. Godsdiens het te doene

met die soeke na sin in die lewe, na

die ontdekking van die lewe in volheid

wat Jesus Christus bring (Joh 10:10).

Die Heilige Gees is die bron van lewe,

die lewenslustige Asem wat alles soos

’n vars oggendbries deurtrek. Die kerk

se taak is om die feesmaal van ware

lewe voor te berei – om almal, ook die

armes en blindes en gestremdes, uit te

nooi om by die fees van die lewe te kom

aansit (Luk 14:21). Hierdie ware lewe is

méér as net die ontdekking van sin in

die lewe. Dit gaan ook oor lewenslus.

Daar is geen sinvolle lewe moontlik

sonder lewenslus nie

Lees die res van prof Nelus Niemandt se

rubriek in Kerkbode van 19 Julie 2013.

NUUSBROKKIES

Rensburg se nuwe e-posadres

is ngkerkrensburg@sharemail.

co.za en nuwe faksnommer is

0862724480 - Mev. Ethresia Piater

In die jongste uitgawe van ‘n Anabaptistiese

tydskrif verskyn ’n artikel

(Embracing vulnerability)waarop

ds. Gawie Snyman van Delmas-

Wes refelekteer oor verlede jaar se

moord op Wian en tannie Margaret

en die gebeure wat daarrondom afgespeel

het. Lees sy artikel by issuu.com/anisaezine/docs/anisa_issue_3__july__2013_

Hierdie kwartaal hanteer Bybelskool.com

die boeke Daniël, Ester,

Esra en Nehemia. Stuur navrae

aan ds. Chris van Wyk (acv.vanwyk@gmail.com)

Toer saam na Israel met prof Kok

Voornemende reisigers na Israel

kan gerus oorweeg om in te skryf vir

Seagull Toere se toer later die jaar

na Israel. Prof Kobus Kok, verbonde

aan die Universiteit van Pretoria se

Departement Nuwe Testamentiese

Wetenskap, sal reisigers op die

toer van 5-17 Desember vergesel.

Bestemmings waar die toergeselskap

sal aandoen, is onder meer die

See van Galilea, Berg Karmel en

Nasaret. Die reis van dertien dae

sluit ’n retoervlug, twee etes per dag,

Oggend vir orreliste aangebied

toegangsfooie en verblyf in 4-ster

hotelle in. Die toerkoste beloop sowat

R25 630 (tarief bereken op ʼn

wisselkoers van R10 = $1). Reisversekering

vir persone tussen 70 en

85 jaar is wel beskikbaar, maar teen

’n hoër tarief. Amerikaanse dollars

sal gebruik word en met ’n Suid Afrikaanse

paspoort word geen visums

benodig nie. Persone wat depositos

in Julie betaal, kry ’n R1000 afslag.

Besoek www.seagulltoere.co.za vir

meer inligting.

Orreliste word uitgenooi om die Suid-Afrikaanse

Kerkorrel Vereniging se Streeksbyeenkoms 2013

op Saterdag, 3 Augustus by die Suikerbosrand

gemeente, Heidelberg by te woon. Colin Campbell

sal as gasheer optree en sal sy kennis deel.

Die Hoopvolle Gesinne-projek

poog om deur relevante materiaal,

waarmee gesinne in gemeentes

toegerus kan word, gesinne aan te

moedig om hoopvolle Koninkryklewens

te leef omdat die stigters

glo die huis is die eintlike plek waar

geloofsvorming plaasvind. Die webwerf

www.hoopvollegesinne.co.za

se materiaal is geskoei op ’n dissipelskapsverhouding

met Jesus

Christus. “Ons wil graag relevante

en eietydse materiaal aan gemeentes

voorsien, vir die gebruik in hul

gesin- en familiebediening; om

(hulle) met ’n hoopvolle lewensuitkyk,

te midde van al die uitdagings

in hul huis, omgewing en buite hul

grense te leef.”

Persone wat die dag bywoon, kan uitsien na ’n

instrumentale tussenspel van ’n fagot, dwarsfluit en

klavier. Die koste van die oggendfunksie is R100.

Rig navrae aan Dalene Els (082 9222 552 of

suikerbosrand@ngsbr.co.za .

2

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!