06.03.2015 Views

24 Julie 2013 - Kerkweb.org

24 Julie 2013 - Kerkweb.org

24 Julie 2013 - Kerkweb.org

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

KRUIS-EN-DWARS

Sinodale Nuusblad: NG Kerk Sinode Hoëveld

24 Julie 2013

'Like'

Sinode Hoëveld

op

Net drie plekke oor

vir wegbreek

Foto met dank aan-

Christiaan Kotze

Foto 24

Prop Hanno Langenhoven, voorheen verbonde aan die Orchards Retreatsentrum van

Andrew-Murray gemeente in Johannesburg, sal die Comrades volgende jaar kaalvoet aandurf

om bewustheid vir die groentetuinprojek, Reel Gardening, te skep.

Lees die volledige berig op www.beeld.com/nuus/2013-07-22-kaalvoet-vir-groente

Lees Hanno se blog barefootcomrades.wordpress.com

Predikante word herinner om so

gou moontlik in te skryf vir die wegbreekgeleentheid

te Struwig

Eko-Reservaat soos aangebied

deur die Sinodale Predikante-begeleidingswerkgroep.

Koste vir die wegbreek beloop

R 1 000 per persoon en

sluit etes en verblyf in.

Vir besprekings stuur ’n e-pos

aan kommunikasie@ngkhoeveld.

co.za met u naam, gemeente, kontaknommer

en bewys van betaling

van R500 deposito aan NG Kerk

Sinode Suid-Transvaal, ABSA,

rek no 4050306630 (Tak 632005),

verwysing: STRU + jou naam.

Inskrywings sluit Maandag 5 Augustus

2013. Die restant is betaalbaar

voor of op Woensdag 14 Augustus.

Drie opsies vir naweekpret aangebied

Winterfees (Birchleigh)

26 en 27 Julie

Kry bottomless pannekoek vanaf

Vrydagaand 18:00. Kom Saterdag

vir waterloop (span-inskrywings),

lip-aflek-lekker-eetgoed ens.

Venue: Laerskool Birchleigh se sportgronde

(Olienhoutlaan, Birchleigh)

Navrae: Ds Dean Reiners (083 453 1981)

of Susan Moolman (011-391-2498).

Pretdag (Brackendal) – 27 Julie

Die dag word ten bate van mense met

kanker aangebied. Dit behels ’n pretloop,

haarspuit, “volleyball”-kompetisie en stalletjies.

Back2Basics tree 19:00 – 21:00

op (R20 toegang vir konsert) op. Die aktiwiteite

begin om 13:00. Toegang is R20.

Venue: Brackendal-gemeente, Vaalweg,

Brackendowns, Alberton.

Navrae: Sonika Schlebusch (073 884

4775) of Wynand Burger (073 231 9287).

Wintermark (Primrose-Oos) - 27 Julie

Kom koop ougoed, mooigoed, hougoed,

eetgoed ens. Vooraf-bestellings vir pannekoek

kan reeds geplaas word teen

R3 elk en wildswors teen R60/kg. Plaas

bestellings by die kerkkantoor (011 828

3428).

Die dag, wat by H/v Firlaan en Belhambrastraat

VERJAARSDAE IN JULIE

Ds Hettie Wessels 23 hettie@ngweltevreden.co.za 0832546833 Weltevreden

Ds Coen Jacobs 24 coen.jacobs@yahoo.com 0822667769 Brackenhurst

Dr Jan Swanepoel 24 swanfin@mweb.co.za 0842233777 Kensington

Ds Marius Marais 25 marius@lechateau.co.za 0823787550 -

Ds Bert van Zyl 25 apvz@vodamail.co.za 0832651123 Kemptonpark-Noord

011 975 8220 kommunikasie@ngkhoeveld.co.za www.kerkweb.org

Kruis-en-Dwars 24 Julie 2013

Lewenslus is noodsaaklik

Lewensbegeleiding is deesdae ’n groot

saak. Sakeondernemings stel duur

le-wensgidse aan om werknemers te

help met die eise wat die werk en die

lewe aan hulle stel. Al hoe meer mense

het ’n lewensgids wat raad gee, luister

en probeer put uit die energie wat lewenslus

bring. Waarom dié geskarrel?

Is dit omdat mense koers verloor het en

dus die lewenskuns verloor het?

Miskien het die lewe só kompleks geword

dat ons gidse nodig gekry het

om aan ons, tussen al die dinge wat

ons oorweldig, die rigting na ware

lewe en lewensvreugde uit te wys. Die

lewenspad is immers vol slaggate en

gevaarlike draaie en ’n mens het hulp

nodig om hierdie pad te bemeester.

Soms moet jy herstel van terugslae en

teleurstellings. Ander kere soek jy na

balans. Lewenslus is immers ’n kwessie

van balans. Die Nederlander, Teunard

van der Linden, skryf dat lewenslus te

make het met die vaardigheid om die

lewe aan te gryp – met verwondering

en humor, maar ook met veerkrag en

uithouvermoë.

Die soeke na ware lewe is natuurlik

lankal deel van die gesprekke wat gelowiges

voer. Godsdiens het te doene

met die soeke na sin in die lewe, na

die ontdekking van die lewe in volheid

wat Jesus Christus bring (Joh 10:10).

Die Heilige Gees is die bron van lewe,

die lewenslustige Asem wat alles soos

’n vars oggendbries deurtrek. Die kerk

se taak is om die feesmaal van ware

lewe voor te berei – om almal, ook die

armes en blindes en gestremdes, uit te

nooi om by die fees van die lewe te kom

aansit (Luk 14:21). Hierdie ware lewe is

méér as net die ontdekking van sin in

die lewe. Dit gaan ook oor lewenslus.

Daar is geen sinvolle lewe moontlik

sonder lewenslus nie

Lees die res van prof Nelus Niemandt se

rubriek in Kerkbode van 19 Julie 2013.

NUUSBROKKIES

Rensburg se nuwe e-posadres

is ngkerkrensburg@sharemail.

co.za en nuwe faksnommer is

0862724480 - Mev. Ethresia Piater

In die jongste uitgawe van ‘n Anabaptistiese

tydskrif verskyn ’n artikel

(Embracing vulnerability)waarop

ds. Gawie Snyman van Delmas-

Wes refelekteer oor verlede jaar se

moord op Wian en tannie Margaret

en die gebeure wat daarrondom afgespeel

het. Lees sy artikel by issuu.com/anisaezine/docs/anisa_issue_3__july__2013_

Hierdie kwartaal hanteer Bybelskool.com

die boeke Daniël, Ester,

Esra en Nehemia. Stuur navrae

aan ds. Chris van Wyk (acv.vanwyk@gmail.com)

Toer saam na Israel met prof Kok

Voornemende reisigers na Israel

kan gerus oorweeg om in te skryf vir

Seagull Toere se toer later die jaar

na Israel. Prof Kobus Kok, verbonde

aan die Universiteit van Pretoria se

Departement Nuwe Testamentiese

Wetenskap, sal reisigers op die

toer van 5-17 Desember vergesel.

Bestemmings waar die toergeselskap

sal aandoen, is onder meer die

See van Galilea, Berg Karmel en

Nasaret. Die reis van dertien dae

sluit ’n retoervlug, twee etes per dag,

Oggend vir orreliste aangebied

toegangsfooie en verblyf in 4-ster

hotelle in. Die toerkoste beloop sowat

R25 630 (tarief bereken op ʼn

wisselkoers van R10 = $1). Reisversekering

vir persone tussen 70 en

85 jaar is wel beskikbaar, maar teen

’n hoër tarief. Amerikaanse dollars

sal gebruik word en met ’n Suid Afrikaanse

paspoort word geen visums

benodig nie. Persone wat depositos

in Julie betaal, kry ’n R1000 afslag.

Besoek www.seagulltoere.co.za vir

meer inligting.

Orreliste word uitgenooi om die Suid-Afrikaanse

Kerkorrel Vereniging se Streeksbyeenkoms 2013

op Saterdag, 3 Augustus by die Suikerbosrand

gemeente, Heidelberg by te woon. Colin Campbell

sal as gasheer optree en sal sy kennis deel.

Die Hoopvolle Gesinne-projek

poog om deur relevante materiaal,

waarmee gesinne in gemeentes

toegerus kan word, gesinne aan te

moedig om hoopvolle Koninkryklewens

te leef omdat die stigters

glo die huis is die eintlike plek waar

geloofsvorming plaasvind. Die webwerf

www.hoopvollegesinne.co.za

se materiaal is geskoei op ’n dissipelskapsverhouding

met Jesus

Christus. “Ons wil graag relevante

en eietydse materiaal aan gemeentes

voorsien, vir die gebruik in hul

gesin- en familiebediening; om

(hulle) met ’n hoopvolle lewensuitkyk,

te midde van al die uitdagings

in hul huis, omgewing en buite hul

grense te leef.”

Persone wat die dag bywoon, kan uitsien na ’n

instrumentale tussenspel van ’n fagot, dwarsfluit en

klavier. Die koste van die oggendfunksie is R100.

Rig navrae aan Dalene Els (082 9222 552 of

suikerbosrand@ngsbr.co.za .

2

Kruis-en-Dwars 24 Julie 2013

Die opregte geloof van ’n kind

“Liewe liewe Jesus, Ek hoop nie ek is te laat met

my briefie nie, want oupa is baie siek. Nou wil ek

net gou-gou vir Liewe Jesus vertel wat oupa van

hou, sodat as hy in die hemel kom, als reg sal wees.

Liewe Jesus, se tog vir ouma sy moet die afval en

doekpoeding reghou, want ek dink oupa sal honger

wees as hy daar kom. Jesus weet mos self hoe ver is

die hemel van die aarde af en as mens so ver gery het,

is mens baie honger. Sorg asseblief dat daar baie boeke

is, want oupa het graag gelees toe hy nog jonk was. Hy

hou niks van katte nie, want hy sê dit laat sy bors toetrek.

Hy is mal oor honde, so dit sal goed wees as liewe

Jesus vir Brak wat verlede jaar dood is, daar kan he. O

ja Liewe Jesus, oupa snuif en net Singleton, dit sal nie

help om anner snuif te koop nie. Liewe Jesus gaan net

die geld mors. Dan een laaste ou gunsie: My oupa het

nooit van blink goeters gehou nie, en ek lees in die Bybel

die strate in die hemel is van goud. Ag Jesus, dis nie

dat oupa ondankbaar is nie, maar hy sal eerder daarvan

hou om in die veld tussen die voëltjies en diere te bly.

So asseblief, as ouma daar in die blink strate bly, laat sy

asseblief dadelik bos toe trek, want as oupa daar kom,

sal sy by hom wil wees. Ek dink ek het nou als gese wat

ek moet. Stuur hierdie xxx vir ouma.

Ek lief Liewe Jesus”

Uit: ’n Gemeentebrief van Kuilsrivier

BOEKRAK

’n Verfrissend eerlike mededeling

wat verby die misverstande

van Bybellees

beweeg na die goue draad

wat deur die Bybelboodskap

loop: God wat deur

die geskiedenis heen in die

nood van sy mense ingryp

en sy visie enduit voer.

Titel Die Bybel: Krities lees is verantwoordelik

lees

Outeur Klaus Nürnberger

Uitgewer Lux Verbi

Koste R60 (aanbod geldig tot 30 Augustus 2013.)

+ versendingskoste

Bestellings direct.sales@onthedot.co.za.

Kyk uit vir die simptome van depressie

Nie almal wat depressief of manies is, ervaar elke simptoom wat hier genoem

word nie. Sommige mense ervaar ’n paar, ander sommer baie. Die hewigheid van

die simptome verskil ook van mens tot mens, maar volgens sadag.org is hierdie

die algemeenste simptome wat kan dui op depressie:

• Aanhoudende hartseer, angstige of ’n “leë” gevoel.

• Verlies aan belangstelling of genot in stokperdjies en aktiwiteite wat jy

voorheen geniet het, insluitende seks.

• Gevoel van hopeloosheid en pessimisme.

• Gevoelens van skuld, waardeloosheid, hulpeloosheid en selfverwyt.

• Slapeloosheid, wakker word vroeg soggens of verslaap.

• Aptyt- en/of gewigsverlies of ooreet en gewigstoename.

• Verminderde energie, moegheid en afgemat voel.

• Toename in die gebruik van alkohol en dwelms; dit kan hiermee vereenselwig

word, maar is nie ’n kriterium vir diagnose nie.

• Gedagtes aan die dood of selfmoord; selfmoordpogings.

Sinodale Vroue-oggend met

Dalena Ferreira

Saterdag, 3 Augustus 2013

09:00 vir 9:30

Delmas Moedergemeente

Tema: God se hart vir ’n vrou

R40 p.p.

Navrae & -besprekings

Mev Mariette van Eeden

083 380 0710

• Rusteloosheid, geïrriteerdheid, vyandigheid.

• Sukkel om te konsentreer, te onthou, besluite te neem

Vir meer inligting of hulp, skakel die SADAG-hulplyn vir geestesgesondheid: 011

262 6396

3

Kruis-en-Dwars 24 Julie 2013

DAGBOEK

20ste TUKS-Kaskarfees

Datum Vrydag 26 Julie 2013 (13:00-22:00)

Venue Universiteitsoord, Duxburyweg 105 Hillcrest,

Pretoria

Inligting

Navrae

Die universiteitskoshuise van Tukkies ding mee

om soveel moontlik punte te versamel om in aanmerking

te kom vir die gesogte Rekreasietrofee

en laerskool- en hoërskoolspanne van die stad

neem ook deel.

Marius Garbers: 082 789 7963 mgwcom@

mweb.co.za of die Kerkkantoor: Petra Schoeman:

012 362 0663 kantoor@universiteitsoord.

co.za

Opleiding “Kom ons gesels oor ROU”

Datum Saterdag 27 Julie 2013

Tyd 09:00-14:00

Aanbieder Ds Braam Klopper

Venue SANLAM Ouditorium, h/v Lynnwoodweg &

Sanlamlaan, Lynnwood, Pretoria

VBO-punte 10

Besprekings www.hanaevents.com

41ste Tuks Missions!

Datum 28 Julie (van 19:00) tot 1 Augustus (21:00)

Venue Amfi-teater te Pretoria-Kampus

Toegang Gratis

Tema “IGNITE THE HEARTS OF NATIONS”

Paidon Kinderbedieningskonferensie

Datum Saterdag 3 Augustus 2013

Venue Kempton-Kruin

VBO-punte 5

Sluitingsdatum

31 Julie 2013

Inligting www.paidonweb.co.za

Navrae Dr Leon van Zyl

082 574 0708

paidon@paidonweb.co.za

Byeenkoms SAKOV-byeenkoms

Datum 3 Augustus 2013

Venue Suikerbosrand

Aanbieder Colin Campbell

Inliging Aandag sal gegee word aan verwerkings, inleidings

en harmonieë, nuwe VONNK en Flam

Navrae Dalene Els - suikerbosrand@ngsbr.co.za

016 341 3715

Kursus

Die Tien-fase Genesingsmodel soos toegepas

binne die Meier-klinieke

Datum 24 Augustus 2013

Tyd 08.00 - 13.00 (registrasie vanaf 07.30)

Venue Studente Hervormde Kerk, Silwer straat

19Potchefstroom –

Aanbieder Prof Wentzel Coetzer

Inligting In hierdie kursus word ‘n genesingsmodel aan

die orde gestel wat bestaan uit tien fases waardeur

persone begelei kan word tot emosionele en

geestelike heling.

VBO punte 10

Navrae 0836600409

018-2947457

wentzel7@mweb.co.za

Lentefees

Gasheer Edleen-gemeente

Datum Saterdag 31 Augustus 2013

Tyd 09:00 tot 15:00

Navrae Lea Langehoven

ngedleen@absamail.co.za

NG Barmhartigheids Konferensie

Tema Ons wonder saam, hoe kan ʼn gemeente en lidmate

individueel ʼn verskil aan armoede maak.

Datum Saterdag 7 September 2013

Venue Sunwardpark Gemeenskapkerk

Tyd Registrasie begin om 07:00 - 07:45, Konferensie

begin stiptelik om 08:00 tot 13:00

Spreker Ds. Jaco Strydom

Koste R100 (R50 sonder ete)

VAKANTE POSTE

2 Vakatures Maatskaplike werkers

Organisasie CMR Benoni

Aansoekvorms Letitia Roux CMR Benoni

011 4223927

Sluitingsdatum 25 Julie 2013

Redakteur: Gerda-Marié van Rooyen

kommunikasie@ngkhoeveld.co.za

Redigeerder: Ds Robert Rotteveel

kerk@rotteveel.co.za

Die redakteur behou die reg om aangebode artikels en briewe te

publiseer,verkort en redaksioneel te versorg. Menings uitgespreek

verteenwoordig nie noodwending die Sinode se amptelike standpunt(e) nie.

Bydraes, briewe, intekening en navrae

kommunikasie@ngkhoeveld.co.za of 011 975 8220

4

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!