13.07.2015 Views

God se seëninge - dieweg.org.za

God se seëninge - dieweg.org.za

God se seëninge - dieweg.org.za

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

DIE WEG CHRISTELIKE GEMEENTE,NELSPRUITGODDELIKE SEËNINGE (TWEE)Prediker: Pastoor Johan PutterDatum: 10 Maart 2013Plek: NelspruitPage 1 of 11

GODDELIKE SEËNINGEINHOUDSOPGAWEINLEIDING ................................................................................................................. 3PERSPEKTIEF .......................................................................................................... 3WAAROM IS PARTY GELOWIGES MEER GESEËND AS ANDER?........................ 4WAAROM IS BAIE VAN HIERDIE SEËNINGE NIE ‘N WERKLIKHEID IN ONSLEWENS NIE? ........................................................................................................... 5JY IS GOD SE INSTRUMENT................................................................................ 5WAT IS JOU SKEPPINGSDOEL?.......................................................................... 6GOD SE PERSPEKTIEF OP RYKDOM..................................................................... 6NAKOMING VAN SEKERE GEESTELIKE WETTE/BEGINSELS .............................. 7SAMEVATTING ....................................................................................................... 10AFSLUITING ............................................................................................................ 11BIBLIOGRAFIE ........................................................................................................ 11Page 2 of 11

GODDELIKE SEËNINGEINLEIDINGOns het verlede Sondag oggend oor die feit dat God net die beste vir al Sy kindersbedoel en hulle graag wil seën gesels.Ons het ook al die verskillende seëninge waarmee God Sy kinders wil seënbespreek soos: Wie en wat God alles seën. Materiële seëninge Fisiese seëninge Intellektuele/karakter seëninge. Geestelike seëninge in Jesus. Geestelike seëninge in God die Heilige Gees.Ons het opnuut besef dat ek en jy ‘n wonderlike onbeskryflike God dien!Die vrae wat ons vandag gaan probeer beantwoord is: As dit waar is dat God net diebeste vir Sy kinders bedoel en ons almal graag wil seën, hoekom is dit so dat: Dit lyk of party gelowiges meer geseënd is as ander? Hoekom deel ek nie in sommige van God se seëninge nie? Hoekom is daar opregte gelowiges wat die een ongeluk en ellende op dieander beleef?Bostaande is eerlike vrae waarmee baie opregte gelowiges heimlik worstel enhierdie vrae verdien eerlike antwoorde.Alhoewel ek my bes gaan probeer om die vrae te beantwoord, moet u asb onthoudat ons ook hier met ‘n groot misterie te doen het. God is ‘n soewereine God en Hydoen dinge wat ons eenvoudig nie verstaan nie.Dit is ‘n onbetwisbare Bybelse feit dat God al Sy kinders liefhet en net die allerbestevir hulle bedoel. Jy kan dus verseker wees van God se liefde vir jou in alleomstandighede.Ons dink dat die oorsaak waarom sekere gelowiges nie sekere van God se seëningedeelagtig is nie, nie by God lê nie. Hy wil ons seën.Page 3 of 11

Nee, die oorsaak van die probleem lê by my en jou, by ons as gelowiges.Dit is aan die een kant goeie nuus, want dit beteken dat ons as gelowiges as onsweet wat ons verkeerd doen, dit na Jesus se voete kan neem en dit kan regmaak.Dis dan die bedoeling van my preek vandag. Ek hoop om sekere dinge aan u uit tewys wat u tydens ‘n introspeksie van u lewe kan gebruik om moontlike probleme watseëninge van God weerhou, te identifiseer. U kan dit dan met Abba Vader uitsorteer.Mag u dan nog meer seëninge van God ontvang!PERSPEKTIEFOns ondersteun nie die teologie wat leer dat gelowiges altyd voorspoedig asookgelukkig en gesond sal wees nie.Ons deel nie die siening dat ons maar die aardse lewe (lyding) moet verdraaangesien ons eendag in die hemel gelukkig gaan wees nie.Ons meen dat elke persoon in Jesus, ’n vol aardse lewe kan hê, wat geluk, ongeluk,voorspoed en stryd kan insluit, maar in Jesus sal ons altyd in oorwinning staan.Ons glo dat ek en jy as ons eendag baie oud is, op ons stoepe sal sit en as ons oorons lewens terugkyk, sal ons lekker lag oor goed en lekker huil oor ander goed,maar ons sal kan sê; Ek is bly ek leef! Ek is dankbaar teenoor Jesus vir die reddingwat Hy vir my bewerkstellig het en ek is dankbaar teenoor die Heilige Gees wat mybekragtig en geleer en gelei het. Ek en jy kan ‘n erflating nalaat in terme van ‘nnageslag wat God dien en talle mense wie se lewens ons positief beïnvloed het.Ons sal ook eendag hoor; Mooi so my kind, jy het welgedaan, Kom sit aan die bruiloftafel van die Lam. Dit is ons definisie van ‘n geseënde lewe.Kom ons begin by die eerste vraag:WAAROM IS PARTY GELOWIGES MEER GESEËND AS ANDER?Ek dink hierdie vraag word in Matt 20 (Arbeiders in die wingerd) beantwoord.Die arbeiders het hulle werknemer gevra waarom arbeiders wat minder ure as hullegewerk het, dieselfde vergoeding as hulle kry. Die werknemer deel hulle toe mee dathy met sy geld kan maak wat hy wil. Die antwoord is dus: Ek en jy behoort nieonsself met ander gelowiges te vergelyk nie. Dit is gevaarlik om dit te doen want ditPage 4 of 11

kan tot jaloesie, ondankbaarheid en verbittering lei. Ek en jy behoort net op ons eielewe te let en liefde en empatie aan andere te betoon. Daar sal altyd meer en mindergeseënde mense as jy wees. Daarom behoort ons dankbaar te wees vir wat ons welhet. Die lewe gaan nie daarom om net die beste te hê nie, maar om die beste temaak van wat jy het.WAAROM IS BAIE VAN HIERDIE SEËNINGE NIE ‘N WERKLIKHEID INONS LEWENS NIE?Om hierdie vraag te beantwoord, meen ons dat u die volgende in gedagte moet hou:JY IS GOD SE INSTRUMENTU en ek is vir God gemaak en nie andersom nie. Ons is Sy instrument op aarde watmoet meehelp om Sy Koninkryk uit te bou. U en ek is gemaak om God te dien en in‘n verhouding met Hom te staan. God kan met ons maak wat Hy wil.Dit klink baie kras maar ons moet verstaan dat God nie ‘n “genie in ‘n bottel” is watons kan uithaal wanneer ons wil om ons behoeftes te bevredig nie. Ek en jy sal nooit’n resep kan hê en as ons die resep nakom, is God verplig om ons te seën nie.Ons kan nie enige seëninge van God eis nie.Die gevaar hierin lê dat ek dan ‘n afgod van seëninge maak. Ons moet altyd veral asdit swaar gaan, onthou dat dit nooit om seëninge gaan nie, maar om God drie-enig.Ek het gevind dat baie keer as mense hierdie waarheid onthou, dan begin dit betermet hulle gaan.Die ander saak wat ook belangrik is, is dat u moet onthou dat omdat u aan Godbehoort en Hy die groter prentjie ken, Hy met jou kan doen wat Hy wil.Die geval van Job is ‘n goeie voorbeeld. Job is deur Satan aangeval en van syeiendom en gesondheid gestroop a.g.v. ‘n ooreenkoms tussen God en Satanwaarvan Job niks geweet het nie. Net so kan jy vandag moeilike omstandighede injou gesondheid of finansies beleef, a.g.v. ‘n groter prentjie waarvan jy niks weet nie.Dan is jy net so vol vrae en deurmekaar soos Job! As jy in so ‘n situasie is, onthoudan dat soos met Job, God jou steeds liefhet en beslis nie verlaat het nie.Onthou ook dat ons almal op een of ander manier moet sterf. Anders ontmoet onsnooit ons Skepper nie! As dit jou deel is om deur ‘n siekte te sterf, is daar niks wat jyPage 5 of 11

daaraan kan doen nie behalwe om ten spyte van alles soos die Apostel Paulus,Jesus in voor en teenspoed, alle eer te gee.WAT IS JOU SKEPPINGSDOEL?Ons meen dat God elkeen van ons vir ‘n bepaalde doel op aarde gemaak het enGod seën jou en rus jou toe om jou skeppingsdoel te bereik. Jou persoonlike geluken waarde, lê dus binne die raamwerk van jou skeppingsdoel.Dit is baie belangrik dat jy weet wat jou skeppingsdoel is, want jy word hoofsaaklikna aanleiding van jou skeppingsdoel geseën.Byvoorbeeld; as dit jou skeppingsdoel is om eendag die President van die VSA tewees, gaan God jou ander gawes en talente gee as jou skeppingsdoel is om ‘nbemarker van veiligheidsgereedskap by ‘n maatskappy in Nelspruit te wees.Kom ek stel dit anders; As God jou gemaak het om Hom deur atletiek te verheerlikgaan jy ‘n talentvolle atleet wees en as jy Hom moet verheerlik deur musiek, gaan jybaie musikaal wees.Ons advies is dus dat u behoort uit te vind wat u skeppingsdoel is. Indien u ditbepaal het, kan u God vir seëninge rondom dit vra.GOD SE PERSPEKTIEF OP RYKDOMOns dink ook dat ons as gelowiges onsself baie keer ongelukkig maak en dink Godwil ons nie seën nie, omrede ons nie dieselfde perspektief as God op rykdom hetnie.Ons leef in ‘n kapitalistiese stelsel waar daar groot klem op materiële besittings enjou posisie in die samelewing gelê word. God is nie ‘n kapitalis nie. Hy meet niewaarde of geestelikheid in terme van aardse besittings nie en Hy koop nie volgelingemet beloftes van rykdom nie.Rykdom kan materiële dinge insluit, maar dinge soos vrede, vreugde, gevoelens vantevredenheid en dankbaarheid asook goeie gesondheid is dalk meer belangrik.Die uitdaging vir my en jou is om dieselfde perspektief as God op rykdom en statuste kry dan sal dit baie beter met ons gaan.Page 6 of 11

NAKOMING VAN SEKERE GEESTELIKE WETTE/BEGINSELSOns dink dat ek en jy deur ons optrede of nalating om iets te doen, kan veroorsaakdat baie van hierdie seëninge waarvan ek verlede week gepraat het, nie op ons vantoepassing raak nie. Onthou asb! Ons wil u nie vandag laat veroordeel voel nie, nee,ons wil u met sekere kennis seën wat as u dit gaan toepas, ons meen dit u lewe endie lewe van u kinders, totaal kan verander!Hoekom sê ons dat onsself kan veroorsaak dat sommige van God se seëninge nieop ons van toepassing is nie? Wel hier is voorbeelde om die stelling te staaf:1. Daar is sekere geestelike wette/beginsels wat ons nie mag oortree nie of moetnakom. As ons hierdie wette oortree, ontvang ons nie God se seën nie.Voorbeeld: God wil nie hê ek moet seerkry nie, maar as ek van ‘n drieverdieping gebou afspring oortree ek die wet van swaartekrag en gaan ekseerkry. Hierdie geestelike wette is:a. Ek en jy leef in ‘n wêreld waar daar vir ons aksies, gevolge is. DieBybel sê dat ek en jy sal oes wat ons gesaai het. (Gal. 6:7) As ekbyvoorbeeld die belastingbetaler verneuk of my versekering eis sobietjie aanpas, wat doen ek? Ek steel. Wat gaan ek oes? Tekort aangeld en materiële goedere. As ek my liggaam verniel wat gaan ek oes?Gesondheidsprobleme. As ek slegte dinge van ander mense spreek,wat doen ek? Ek vervloek hulle. Wat gaan ek oes? Die dinge waarmeeek hulle vervloek het.Daar is sekere plekke waar ek en jy kan saai, waar God jou grootmoeilikheid belowe: Moenie ‘n weduwee of weeskind mishandel nie enmoenie ‘n arm mens uitbuit nie.Ons het in verlede week se preek gemerk dat God ander mense kanseën vir dinge wat jy doen. (As die pa opreg en eerlik is, word diekinders geseën)Dit lyk vir ons ook of hierdie beginsel na die ander kant toe ook werk.My verkeerde dade kan seën van ander mense veral die wat naby myis weghou. Byvoorbeeld, as ek oneerlik is, gaan my vrou en kindersook aan die tekorte deel hê wat ek gaan oes. As ‘n man byvoorbeeldegbreek pleeg, deel sy vrou in die hartseer en drama wat daarop volg.Page 7 of 11

Dit is hoekom dit so belangrik is dat mens jou lewensmaat versigting ensoos Doret se ma haar geleer het, met haar verstand moet kies.Dit is hoekom mens baie seker moet wees met wie jy sakeverbintenisse aangaan en hoekom jy jou vriende goed moet kies.b. Die tweede wet is; Ons sal alleenlik deur werk en moeite in staat weesom ons brood te verdien. (Gen 3:16-18) As ek dus lui is en nie wilwerk nie, wat gaan ek oes? Tekorte. Dis hier waar ons nie die “in diegeloof leef” ding verkeerd moet verstaan nie.c. Die volgende wet kan mens beskryf as die wet van geloof.Jesus maak van hierdie wet vermelding in oa. Matt 9:28-29: “WhenHe reached the house and went in, the blind men came to Him, andJesus said to them, Do you believe that I am able to do this? They saidto Him, Yes, Lord. “Then He touched their eyes, saying, According toyour faith and trust and reliance in Me be it done to you;” (VerduidelikJohannes 3:16 en Lukas 4:18)As ek nie glo dat Jesus my kan seën nie, gaan ek Hom nie vir seëningevra nie. As ek Hom nie vra nie, gaan ek nie kry nie.d. Die volgende wet kan ons as die wet van gehoorsaamheid aan Godbeskryf. Johannes 14: 21.“Wie my opdragte het en dit uitvoer-dit is hywat My liefhet. En wie My liefhet, hóm sal my Vader liefhê, en Ek salhom ook liefhê en My aan hom openbaar.”Ek kan nie ongehoorsaam aan God wees en in onbelyde sonde leef endan verwag God moet my seën nie. As ek vir ‘n werkgewer werk en ekdoen nie wat op my pligstaat is nie, kan ek verwag dat die werkgewermy aan die einde van die maand moet betaal? Ons meen hierdie is eenvan die grootste redes waarom gelowiges nie in God se seëningedeelagtig is nie. Mense bely met die mond dat Jesus Christus hulleSaligmaker is, maar hulle leefwyse weerspieël dit nie. Dan is hullekwaad vir God as Hy hulle nie seën nie.Page 8 of 11

As mense een ding sê en ‘n ander ding doen, noem ons dit vandaghuigelary. Volgens Matt 23: 13-28 was dit een van die dinge wat Jesusskerp veroordeel het.Die Bybel leer dat Satan soos ‘n brullende leeu rondloop om te kyk wiehy kan verslind. Die Bybel leer ook dat ek Satan moet teenstaan en hysal van my wegvlug. Nou is ek ongehoorsaam aan God se opdrag enek staan Satan nie teen nie wat kan ek verwag? Baie gelowigesvandag kry baie seer omdat hulle nie aan hierdie teks gehoorsaam isnie. Hulle dink God beskerm hulle automaties as hulle Sy kinders is.Hulle vergeet dat dit hulle is wat die vyand moet teenstaan.e. Wet van talente: Ons lees van hierdie wet in Matt 25:15 -25. God het in’n mindere of meerdere mate vir elkeen van ons vermoëns gegee. Godverwag van ons om ons Godgegewe talente en gawes te ontwikkel endit tot Sy eer aan te wend. Dit is God se instrumente om jou te seën.Dit is hier waar ouers ‘n belangrike rol in hulle kinders se lewens kanspeel. As jy sien dat jou kind musikaal is, stimuleer hom hom/haar indaardie rigting. As jou seun tegnies aangelê is, stimuleer hom indaardie rigting. ‘n Persoon se talente is een van die belangriksteaanduidings van sy/haar skeppingsdoel.f. Wet van gee en jy sal ontvang: In Luke 6:38, “Give and it shall be givento you: good measure, pressed down, shaken together, and runningover will be put into your bosom, For with the same measure that youuse, it will be measured back to you.”Jy sal in dieselfde maat wat jy bereid is om te gee, seëninge van Godontvang. Die Bybel praat nie hier net van geld nie. Die punt is dus; as jyvan God vra om jou te seën moet jy eers bereid wees om te gee.g. Die laaste beginsel staan in Matt 6:33.Matthew 6:33 say, “But seek first the kingdom of God, and hisrighteousness; and all these things shall be added to you.”2. God gebruik mense en jy is die een wat dinge moet doen. In Matt 10 geeJesus aan Sy dissipels die opdrag om ‘n vredes-wens by die huise te los waarPage 9 of 11

hulle gasvry ontvang word. Wat sou gebeur het as die dissipels dit nie gedoenhet nie? Sou Jesus steeds vrede aan die huis geskenk het? Nee.So my boetie en sussie hier is belangrike advies. As jy en jou familie geseëndwil wees, seën jou mense! Manne, seën julle vroue en kinders! Vroue seënjou man en kinders. Jong mense, seën jou ouers jou broers en susters asookvriendeSAMEVATTINGKom ons vat saam wat ons vandag bespreek het: Ons het die volgende vraagprobeer beantwoord; As dit waar is dat God net die beste vir Sy kinders bedoel enons almal graag wil seën, hoekom is dit so dat:DIT LYK OF PARTY GELOWIGES MEER GESEËND IS AS ANDER?Ons het gesien dat ons as gelowiges onsself nie met ander gelowiges mag vergelyknie. Ons taak is om die beste te maak met wat ons het.HOEKOM DEEL EK NIE IN SOMMIGE VAN GOD SE SEËNINGE NIE?Ons het geleer dat God soewerein is en kan maak wat Hy wil. Ons as gelowiges kanegter deur ons optredes en denk prosesse, God se seëninge in ons lewens verhoed.Om te bepaal of ons dit wel doen, het ons gesien dat ek en jy na die volgende dingekan kyk; Ons as mense is God se instrumente en nie anders-om nie. Ons moet weet wat ons skeppingsdoel is. Ons moet God se persepsie van rykdom hê. Ons behoort die volgende wette of beginsels na te kom:o Jy sal oes wat jy gesaai het.o Ons sal alleenlik deur werk en moeite in staat wees om ons brood teverdien.o Wet van geloof.o Wet van gehoorsaamheid.o Wet van talente.o Wet van gee en jy sal ontvang.o Soek eers God se Koninkryk en die res sal aan jou toegevoeg word.Abba Vader se hart is om jou te seën. Leef ‘n lewe van geloof en gehoorsaamheidaan Hom, wees Sy instrument en jy sal geseënd wees. Jy sal ’n vol aardse lewe hê,Page 10 of 11

wat geluk, ongeluk, voorspoed en stryd kan insluit, maar in Jesus kan ek en jyeendag as ons oud is, op ons stoepe oor ons lewens sit en terugkyk en lekker lagoor goed en lekker huil oor ander goed, maar ons sal kan sê; Ek is bly ek leef! Ekwas en is ‘n geseënde van God drie-enig. Ek laat ‘n nalatenskap na.AFSLUITINGEk wil afsluit met ‘n uitnodiging aan jou. As jy vandag hier sit en areas in jou leweidentifiseer waar jy nie geseënd is nie, pas toe wat ek vandag vir jou gesê het, enevalueer jou posisie oor twaalf maande van nou af.Ek wil graag woorde van 3 John 2 afsluit “Beloved, I pray that you may prosper in allthings and be in health, just as your soul prospers.”AMEN.BIBLIOGRAFIEDie Bybel: Nuwe Vertaling. Capetown, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1983, S. Ge 39:5The Amplified Bible, Containing the Amplified Old Testament and the Amplified NewTestament. La Habra, CA: The Lockman Foundation, 1987, S. Ps 103:17Die Bybel: Nuwe Vertaling. Capetown, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1983, S. Job 1:9Die Bybel: Nuwe Vertaling. Capetown, South Africa: Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1983, S. Ga 5:22Die Bybel : Nuwe Vertaling. Capetown, South Africa : Bybelgenootskap van Suid-Afrika, 1983, S. Jn 14:21The Amplified Bible, Containing the Amplified Old Testament and the Amplified NewTestament. La Habra, CA : The Lockman Foundation, 1987, S. Mt 9:29Page 11 of 11

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!