07.06.2016 Views

KLK-Mei-2015

KLK-Mei-2015

KLK-Mei-2015

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Nuusblad van

KLK Landbou Bpk

Vol 13 • Mei 2015

KLK Gesprek

Carnarvon Abattoir:

Die beste in dié geweste!

CARNARVON ABATTOIR HET in November 2014

FSSC 22000-sertifisering deur Aspirata behaal. Dit is die eerste

skaapabattoir in Suid-Afrika om hierdie sertifisering te verkry. Die

KLK-groep het in 2014 besluit om FSSC 22000 by ons abattoirs te

implementeer en die voedselveiligheidstelsels dwarsdeur die Groep

te standaardiseer.

Christa Malan Consulting (Pty) Ltd is as konsultant gebruik en

het Carnarvon Abattoir deur die proses gelei. FSSC 22000 is ‘n

onafhanklike en internasionale voedselveiligheidsbestuurstelsel

wat ‘n raamwerk skep vir organisasies om hulle voedsel veiligheidsverantwoordelikhede

na te kom en vorm ‘n fondasie om ‘n

bestuurstelsel in plek te stel wat herken word deur die GFSI (Global

Food Safety Initiative), wat ‘n internasionaal erkende skema is.

FSSC 22000 word gebaseer op ISO22000 en die tegniese

standaard ISO22002-1, wat die fondasie vir die stelsel skep. Die

GFSI vorm deel van die Consumer Goods Forum wat bestaan uit

handelaars en produsente. Hierdie handelaars en produsente werk

gesamentlik om voedselveiligheidstandaarde teen ‘n vasgestelde

kriteria te meet en vereis al hoe meer dat maatskappye gesertifiseer

word teen ‘n GFSI erkende skema.

Die voordele verbonde daaraan om ‘n soliede fondasie vir

voedselveiligheid te vorm, skep vertroue vir kliënte en verbruikers

dat die Groep ‘n kultuur van voedselveiligheid het en goed

beheerde bestuurstelsels in plek het wat hulle prosesse beheer.

Die stelsel is in Februarie uitgerol na Calvinia (Ramskop) Abattoir,

en is in Maart 2015 by Upington Abattoir geïmplementeer.

Carnarvon Abattoir ontvang ‘n sertifikaat as bewys van hul FSSC 22000-sertifisering. Die sertifikaat

is in Pretoria oorhandig en dr Adriaan du Toit (Sertifiseringsbestuurder: Aspirata), Danie Franken

(Abattoirbestuurder: Carnarvon), Christa Malan (Christa Malan Consulting) en Sybrand Strauss

(Afdelingsbestuurder: Aspirata) was ook teenwoordig.

Carnarvon Abattoir is die eerste skaapabattoir in Suid-Afrika om 'n FSSC 22000-sertifisering te verkry.

bl3

bl5

KLK Groblershoop – waar jy uitstekende

dienslewering kan verwag

Veranderlikheid en tendense ten

opsigte van reënval in die Noord-Kaap

bl4

2 Aan die Woord... KLK Gesprek

Uit die

Raadsaal...

Stephen van Huyssteen

Besturende Direkteur: KLK

KLK bou voort op ons suksesse

KLK SAL DIE finansiële resultate vir

die jaar tot Februarie 2015, op 20 Mei

bekendmaak. Die verwagting is dat

hierdie finansiële resultate weer eens

bevredigend sal wees en die Groep

se kontantposisie sal uiters positief

wees, nieteenstaande die belang wat

gedurende Februarie 2015 vir Carpe

Diem Raisins betaal is.

Die 50%-belang wat KLK in Carpe Diem

Raisins verkry het, ondersteun KLK se

diversifikasiestrategie en die winsbydrae

van Carpe Diem sal eers in 2015/2016

verantwoord en gereflekteer word.

Gedurende die komende jaar word

daar wesenlike kapitaalspandering

beplan waarvan die grootste items

verteenwoordig word deur die opgradering

van sekere rybane, ‘n koelkamer

vir Carnarvon Abattoir en die uitbreiding

van Postmasburg-handelstak en Build it.

Daar sal veral gefokus word op die operasionele

effektiwiteit van die voerkraal en

die werwingsmodel by Upington Abattoir

om die begrote toename in slaggetalle

en dorpervelle te verseker.

Die diversiteit en samestelling van KLK

se besigheidsmodel, die prestasie van

Handel en Build it en die werwing van

die beplande slaggetalle asook die

toevoeging van Carpe Diem Raisins

sal die sukses en bereiking van KLK

se 2015/2016-winsdoelwit bepaal.

Vleispryse beweeg sywaarts

2014 IS VERBY en die prysprestasie

van lams-, skaap- en beesvleis gedurende

die afgelope jaar het die verwagtinge

van meeste voorspellers vêr oortref.

Die ou gesegde “Hou jou mond uit

weervoorspelling en die vleispryse uit” het

ook hierdie jaar weer sy relevansie bewys.

Die pryse het, darem soos voorspel, hoog

gebly en vir die meeste produsente ‘n

goeie inkomste, veral tydens die laaste

kwartaal van 2014, verskaf.

Dit word al hoe meer duideliker dat

verbruikers nie noodwendig deur hoë pryse

van rooivleis- en veral lamsvleisaankope

afgeskrik word nie. Dit wil daarom lyk of

lamsvleis, na my mening, al hoe meer na

die posisie van ‘n nismark produk begin

beweeg, wat natuurlik bepaalde voordele

en nadele inhou.

Die meeste van die rooivleis produk word

geproduseer in die droeër ekstensiewe

gedeeltes van ons land en hierdie

gebied word dan ook gekenmerk deur

periodieke droogtes. So was die KLK

bedieningsgebied baie droog met die

weiding uiters skaars wat produsente

genoodsaak het om diere vir verslagting

aan te bied wat nog nie die ideale

slagkondisie en/of slaggewig bereik

het nie. Die grootste gedeelte van

die bedieningsgebied het gelukkig

nou taamlik goeie reën ontvang wat

die situasie totaal verander het. Die

Pitkos vir die siel...

Marksake

Jan Schutte

Bestuurder: KLK Vleis

produsente pryse vir A2/A3 lammers is

tans bokant die vlakke van R 50/kg en

sal waarskynlik nie sommer onder hierdie

vlakke vir die kwartaal verhandel nie.

Die speenkalfpryse is tans in die omgewing

van R 19/kg lewendige gewig

en daar word nie in hierdie kwartaal

noemenswaardige bewegings voorsien

nie en behoort daarom sywaarts te

beweeg. Die swakker as verwagte mielie

oes mag die prys van mielies op druk

wat dalk druk op die speenkalfpryse kan

uitoefen. Bees se slagpryse behoort ook

vir hierdie kwartaal sywaarts te beweeg.

Daar is geen veranderinge aan

die Suid Afrikaanse kant van die

invoergrense nie, maar Namibië het

die uitvoer regulasies vir kleinvee

aan hulle kant verander weens die

rampdroogte aldaar. Produsente mag

nou lewendige skape en lammers wat

nie slaggereed is nie, uitvoer na die

RSA se voerkrale onderhewig aan ‘n

reeks streng voorwaardes. Dit behoort

nie ‘n negatiewe impak op die skaap

en lamspryse uit te oefen nie omdat

die karkasse van hierdie diere ongeag

of die diere in Namibië of Suid Afrika

verslag word, in elk geval in Suid Afrika

bemark word. Daar is tans nog geen

veranderinge aan die uitvoerregulasies

vir slagbees uit Namibië aangekondig

nie, terwyl die speenkalwers en bees

ligter as 450 kg lewendige massa, nie

aan ander regulasies as die veeartsenyregulasies

onderworpe is nie.

Deon van Niekerk

Die Here weet

“DIE GEES STAAN ons ook in ons

swakheid by: Ons weet nie wat en hoe ons

behoort te bid nie, maar die Gees self pleit

vir ons met versugtinge wat nie met woorde

gesê word nie.” (Rom 8:26)

Weet ons dit altyd? Wat mag ek bid?

Vir wat mag ek vra?

Baie gelowiges sal dié vraag oorbodig

vind. Die antwoord is mos eenvoudig: Vir

álles! En tog, wanneer jy in die noute kom,

wanneer die dal van doodskaduwee van

Ps 23 op jou neerdaal, raak jy onseker. Jou

besigheid gaan onder…Mag jy bid dat God

jou geknoei sal regmaak? Of nog beter

(erger?): Jy begin ‘n nuwe besigheid, die

spanning knaag…Mag jy bid vir sukses,

rykdom, mag en aansien? Waar so baie

ander worstel?

Nader aan die huis: Jy raak siek, ernstig

siek, terminaal dalk…Mag jy bid vir

genesing waar so baie ander om jou “dit

nie maak nie”? Waarvoor mag jy vra…?!

Ek hoor: Jy moet bid volgens God se wil.

Maar wat is “God se wil”? Meestal, voel dit

my, is dit maar wat óns wil!

Laat diegene wat so in die lewe se kopklem

gekom het jou egter vertel: Die vraag raak

later aan nie meer wát of selfs hóé jy moet

of mag bid nie, maar of jy hoegenaamd in

staat is om te bid. Jou woorde raak stom in

jou mond! Jy voel dat dit tog nie eintlik sal

help nie; wat sal gebeur, sal gebeur!

Meer nog: God raak ver, ‘n reliek van

‘n lewe lank gelede, toe alles nog beter

was. Eintlik raak jy kwaad vir God. Jy

voel gekul, in die steek gelaat. Dan,

wanneer jou woorde opraak, wanneer die

omstandighede jou oorweldig, wanneer jy

inderdaad nie weet wat of hoe om te bid

nie, bly Rom 8:26 se trooswoorde oor: Dit

is nie in jou hande nie, maar ‘n ander Een

sorg. Hý bid in jou plek, namens jou.

Die Here alleen weet, Hy verstaan.

Dit alleen bly oor…

Mei 2015

Maatskappynuus

3

Trotse personeel voor hul

uitblinker-handelstak:

KLK Groblershoop.

KLK was duidelik

teenwoordig

KLK HET WEER sy staal gewys tydens

vanjaar se Upington Ekspo wat van 30 April -

2 Mei plaasgevind het toe die maatskappy

met die toekenning as derde beste stalletjie

weggestap het. Die wapenafdeling was ook

’n groot trekpleister met Cassie Nienaber

(“herlaai-goeroe”) se teenwoordigheid.

’n Stalletjie van KLK het ook by die

Marchand Skou van 23 - 25 April gepronk.

Groblershoop-tak – waar jy

uitstekende dienslewering kan verwag

GROBLERSHOOP IS GELEË tussen

Upington, Prieska en Griekwastad, aan die

oostekant van KLK se bedieningsgebied.

Hierdie boerderygemeenskap bestaan

hoofsaaklik uit besproeiingsprodusente

langs die Oranjerivier en veeprodusente

wat in sommige gevalle ook ‘n besproeiingsboerdery

het. Die besproeiingsprodusente

produseer onder andere wyndruiwe,

rosyne, pekanneute, lusern, katoen

en mielies.

Die personeel van KLK Groblershoop mik

daarna om produsente en ander kliënte

by te staan deur die regte produk op die

regte tyd beskikbaar te hê. ‘n Onlangse

voorbeeld is die bykans 5 000 meter rosyntjienet

wat die afgelope twee maande tydens

die oesseisoen aan produsente voorsien

is. KLK Groblershoop glo dat geen werk

afgehandel is voordat die papierwerk nie

ook gedoen is nie, en hou die algemene

administrasie van die handelstak op ‘n

hoë vlak.

Die Groblershoop-handelstak is verlede

jaar aangewys as die KLK-handelstak met

die beste administrasie waarvoor hulle

‘n wisseltrofee ontvang het waarop hulle

baie trots is. Verder poog die personeel

om hulle produkkennis te verbeter deurdat

hulle verskaffers vra om gereeld

produkopleiding aan te bied. Sodoende

kan die personeel aan kliënte die gebruik

en werking van produkte verduidelik en

ook op hoogte wees waarvan die kliënt

praat as daar ‘n spesifieke behoefte is.

KLK Groblershoop is gedurende die week

van 08:00 tot 17:00 oop vir besigheid,

en op Saterdae van 08:00 tot 12:00. Die

bestuurder en personeel nooi u vriendelik

uit om dié tak te kom besoek.

Hierdie ouens vul poste

“Herlaai-goeroe” Cassie Nienaber (links) gee waardevolle wenke

aan ’n skouganger.

Build it het deel gevorm van KLK se stalletjie op Upington Ekspo.

Herman Burger (KLK), Thys le Roux (Agrinet) en Johan van Zyl

(KLK Petroleum) het tog te heerlik tydens die Marchand Skou met

produsente gesels. (Foto: Die Gemsbok)

André Ferreira, voorheen Bestuurder: Kuruman Build it,

is nou as die Bestuurder van Upington Build it aangestel.

Die nuwe Bestuurder by Kuruman Build it is

Johann Meyer.

Jou vennoot in landbou

Reino Huyser is onlangs as Kredietbestuurder by KLK aangestel.

Hy was voorheen ‘n Ouditeur by die Suid-Afrikaanse Inkomstediens.

4 Aktueel

KLK Gesprek

KLK-aandele presteer bo die R10-vlak

VANAF 1 TOT 31 DESEMBER 2014 het ‘n totaal

van 11 624 KLK-aandele op vlakke tussen R10 en R10,05 per

aandeel verhandel, met vier kopers en elf verkopers. In die maand

van Januarie 2015 het 57 536 aandele teen R10,07 per aandeel

verhandel, met twee kopers en nege verkopers. 22 868 aandele

het in Februarie 2015 verhandel op vlakke van tussen R10 en

R10,16, met ses kopers en agt verkopers.

Veiliger as die X-Trail sal jy nie sommer kry

NISSAN SE SPLINTERNUWE X-Trail het‚ ’n vyfster

veiligheidsgradering van die onafhanklike veiligheidsorganisasie,

Euro NCAP, ontvang. Dit volg ná soortgelyke vyfstertellings vir die

nuwe Qashqai, wat Nissan se crossover-reeks een van die veiligste

in die industrie maak.

Die X-Trail, wat vroeër vanjaar in Europa bekend gestel is, is die

perfekte voorbeeld van Nissan se innovering in die veiligheidsveld,

met ’n verskeidenheid gevorderde stelsels wat uitstekende

beskerming vir insittendes en voetgangers bied.

Hoë vlakke van beskerming

Gedurende die voorkant-impaktoetse het die passasierskompartement

van die X-Trial stabiel gebly, met dummy-lesings wat goeie

beskerming vir die knieë en femurs van die bestuurder en passasier

aandui. Die bestuurder-dummy het maksimum punte in die

kantversperringsimpaktoetse gekry met goeie beskerming

van al die liggaamsdele. Selfs in die meer ernstige

kantpaaltoets was die beskerming van al die

liggaamsdele goed. Die nuwe X-Trail het ook

goed gevaar in die kinderbeskermingstoets.

• Innoverende veiligheidstegnologie in die nuwe X-Trail help

om ongelukke te vermy.

• Die X-Trail word geprys vir sy hoë beskermingsvlakke

en veiligheidstelsels.

• Die nuwe X-Trail beskik oor ’n reeks veiligheidsfunksies,

insluitende Safety Shield.

• Juke en Qashqai crossovers geniet ook vyfster-Euro

NCAP-graderings.

Bedryfserkenning

Safety Shield het nie net gehelp om die nuutste Nissan-modelle

maksimum punte met Euro NCAP te laat kry nie, maar sy potensiaal

om die hewigheid van ongelukke te verminder, is ook deur die pers

erken. Om dit te beaam, het ’n vooraanstaande motorpublikasie sy

gesogte “Safety Award”, as deel

van die jaarlikse Motor van

die Jaar-toekenning,

aan Nissan Safety

Shield toegeken.

Mei 2015

Veranderlikheid en tendense

ten opsigte van reënval in die Noord-Kaap

Tegnies

5

REËNVAL OOR DIE Noord-Kaap sedert Julie 2014 was

bonormaal oor die westelike en oostelike gedeeltes van die provinsie,

maar ondernormaal oor die sentrale tot die suidwestelike gedeeltes

(Figuur 1).

Baie hoë temperature en lae reënval gedurende laat Januarie tot

die middel van Februarie het ’n besonder negatiewe uitwerking op

die sentrale dele van die provinsie hierdie jaar. Hoewel die kumulatiewe

reënval vir hierdie tydperk vir 2014/2015 oor die sentrale tot

suidwestelike gedeeltes van die provinsie ondernormaal was, het

normale tot bonormale reënval in die weste en ooste voorgekom.

Trouens, seisoenale totale reënval het die afgelope paar jaar in groot

dele van die provinsie in die normale tot bonormale kategorie gebly.

Pas hierdie waarneming in enige mate in by die reënvaltendense wat

die afgelope paar dekades waargeneem is – of die verwagte tendense

in die nabye toekoms?

’n Tydreeks van die gestandaardiseerde neerslagindeks (SPI*) word

gebruik om reënvaltendense en -siklusse oor die provinsie sedert

1921 te demonstreer. Die indeks kwantifiseer neerslagsurplusse of

tekorte op veranderlike tydskale en kan gebruik word om op grond

van die historiese temporale eienskappe van reënval ’n aanduiding

van die intensiteit en duur van droogte te verskaf. Groter negatiewe

waardes dui op droogtetoestande, terwyl groot positiewe waardes

FIGUUR 1: Reënval (% van langtermyngemiddelde) vir Julie 2014 tot Maart 2015. Die poligone

verteenwoordig kwaternêre rivieropvanggebiede en word gebruik om reënvaldata tydens die

berekening van die gestandaardiseerde neerslagindeks vir daardie gebied op te som.

Die artikel is geskryf deur dr Johan Malherbe van die

Landbounavorsingsraad – Instituut vir Grond, Klimaat en Water

uiters nat toestande aandui. Die indeks strek tipies tussen -3 en +3

oor ’n spesifieke gebied.

Die gemiddelde jaarlikse SPI-waardes (Julie tot Junie van die volgende

jaar) word per kwaternêre opvangsgebied (soos in Figuur 1 op die

kaart aangedui word) bereken vir die streek van belang soos deur

die opvangsgebieddekking (wat ongeveer 60% van die provinsie

dek) aangedui word. Figuur 2 toon die tydreeks van 12 maande

se Julie-Junie-SPI’s vir die streek van belang in swart stawe, met die

vyfjaar-SPI wat ’n gladde tydreeks verskaf asook ’n aanduiding van

laefrekwensie-veranderlikheid, wat in groen aangetoon word.

Dekadale veranderlikheid word in die SPI-tydreeks aangedui

(Figuur 2). Suid-Afrikaanse SPI-tydreekse toon ’n 17 - 20-jaarsiklus,

en sedert die 1980’s ook ’n 10 - 12-jaarsiklus. Vir die 17 - 20-jaarsiklus

word afwisselende nat en droë tydperke onderskeidelik deur

blou en rooi pyltjies aangedui. Nat tydperke het in die vroeë 1920’s,

laat 1930’s/vroeë 1940’s, laat 1950’s, laat 1970’s en laat 1990’s

voorgekom. Ligblou pyltjies dui die natter tydperke aan wat uit fase is

met die res van die 17 - 20-jaarsiklus in die tydreeks en teen die laat

1990’s en in ongeveer 2008 voorkom. Hierdie natter tydperke dra by

tot die opwaartse tendens wat aangeteken is asook tot die ontstaan

van ’n 10 - 12-jaarsiklus sedert die 1980’s. Die belangrikheid van

die El Niño suidelike ossillasie (ENSO) is ook dadelik duidelik, met

twee van die drie droogste somers wat met sterk El Niño-gebeure

verbind word (1932/1933 en 1986/1987), en die natste somers wat

met La Niña-gebeure verbind word (1973/1974, 1975/1976,

2010/2011). Na bewering speel ENSO ’n belangrike rol in die

jaar-tot-jaar-klimaatveranderlikheid asook in die waargenome

laefrekwensie (dekadale) veranderlikheid.

Die tydreeks van 12-maande-SPI-waardes toon ook ’n geringe,

maar statisties beduidende opwaartse tendens (onderbroke lineêre

tendenslyn). Die opwaartse tendens in die SPI-tydreeks is die gevolg

van stygings in vroeësomer- (Julie tot Desember) sowel as laatsomer-

(Januarie tot Junie) reënval (word nie getoon nie). Hoewel die beduidende

opwaartse tendens deel van ’n langtydperksiklus van ongeveer

120 jaar kan wees, word die reënvaltendens in die streek ook deur

gekoppelde globale sirkulasiemodelle oor die volgende paar dekades

met antropogeniese forsering (hoofsaaklik toename in kweekhuisgasse

en afname in stratosferiese osoon) gesimuleer. Die waargenome en

gesimuleerde toenames in reënval oor die sentrale somerreënvalstreek

word ten minste in ’n mate verbind met die kontraksie van die subtropiese

bolug straalstroom na die suide namate temperature wêreldwyd

styg asook met ’n versterking van die subtropiese hoëdrukgordel. Hierdie

veranderinge kan verbind word met ’n toename in beskikbare vog

vanaf die Indiese Oseaan en ’n laer voorkoms van die instroming

van droë lug vanaf die Atlantiese Oseaan oor die streek.

FIGUUR 2: Tydreeks van 12 maande se Julie-Junie-SPI (swart stawe) sedert 1920/1921. Die vyfjaar-

SPI word as ’n groen oppervlak getoon. ’n Lineêre tendenslyn (swart onderbroke lyn) is by die reeks

gepas. Donkerblou (rooi) pyltjies dui nat (droë) tydperke van ’n 17 - 20-jaarsiklus in die tydreeks

aan. Ligblou pyltjies dui bykomende nat tydperke aan wat sedert die 1980’s waargeneem is.

Jou vennoot in landbou

Ongeag ’n opwaartse tendens in reënval kan ’n selfs duideliker

opwaartse tendens in temperature enige moontlike positiewe effek

van hoër neerslag neutraliseer. Temperature oor groot dele van

Suider-Afrika sal na verwagting styg – met groter sekerheid as die

geprojekteerde verandering in reënval. Die toename in potensiële

evapotranspirasie wat met die geprojekteerde styging in temperatuur

verbind word, kan die waterbalans in ’n negatiewe rigting verskuif,

wat tot ’n verskuiwing na ’n meer ariede klimaatsbedeling kan lei.

* McKee, T.B., Doesken, N.J., Kliest, J. 1993. The relationship of drought

frequency and duration to time scales. In Proceedings of the 8th Conference

on Applied Climatology, 17 - 22 January, Anaheim, CA. American

Meteorological Society: Boston, MA; 179 - 184.

6 Aktueel

KLK Gesprek

Wat hou die reënval vir ons in?

TRADISIONEEL IS FEBRUARIE en Maart die maande

met die hoogste en mees betroubare reënval oor die sentrale

tot westelike dele van die land. Indien hierdie maande swak

reënval kry, het dit ‘n baie groot invloed op die produksie van

weidingsmateriaal vir die winter, lente en somer.

Februarie en die eerste gedeelte van Maart 2015 het egter ver

ondergemiddelde reënval gekry oor groot gedeeltes van die land.

Die rede vir die swak reënval kan vernaamlik aan twee faktore

toegeskryf word en veral die gesamentlike effek daarvan: Eerstens

was/is daar ‘n swak ontwikkelde El Niño (tussen neutraal en El Niño)

en tweedens die effek van tropiese siklone in die Indiese Oseaan en

sterk laagdrukstelsels in die Mosambiekkanaal. Dit het weerstelsels

oor Suider-Afrika sedert Januarie 2015 baie beïnvloed met vloede

oor Zambië, Malawi, Angola en aangrensende lande en droogte

oor Suid-Afrika, Namibië en Botswana.

Die El Niño-ontwikkeling het effens verswak gedurende Maart 2015.

Met die son wat nou verder noordwaarts beweeg, behoort die seeoppervlaktemperature

in die Indiese Oseaan ook koeler te word en dus

minder sikloon- en laagdrukaktiwiteit te veroorsaak. Dit kan tot gevolg

hê dat daar meer normale reënvalpatrone behoort te heers gedurende

Maart en April. Die kanse vir ten minste gemiddelde reënval is dus goed

vir die laaste deel van Maart en die eerste deel van April oor veral die

westelike dele van die land, wat die Noord-Kaap insluit.

Die groot vraag is egter wat hou die res van die 2015-kalenderjaar

vir ons in? Daar is aanduidings dat El Niño-ontwikkeling weer kan

versterk gedurende die winter en lente (en dalk vir die somer van

Die artikel is geskryf deur Johan van den Berg (Bestuurder:

Gespesialiseerde Oesversekering, Santam Landbou)

2015/2016). Tradisioneel word ‘n bogemiddelde kans vir reën

verwag tydens redelike sterk ontwikkelde El Niño-gebeurtenisse

gedurende Augustus tot November. Met die huidige neutrale tot

swak ontwikkelde El Niño is daar alreeds heelwat El Niño-kenmerke

teenwoordig en verdere ontwikkeling van El Niño kan meer

tradisionele kenmerke later in die jaar laat ontstaan.

Die huidige scenario toon dus dat daar ‘n redelike goeie kans is dat

reën nog kan voorkom voor die winter asook in die lente en vroeë

somer van 2015/2016. Indien El Niño ontwikkel, soos wat tans die

aanduiding is, en tropiese siklone ontstaan weer oor die warmer

Indiese Oseaan water, kan dit egter droë toestande beteken vir die

mid- tot laatsomer van 2015/2016. Indien daar ‘n El Niño ontwikkel

en die Indiese Oseaan se effek is klein met min siklone, kan die seisoen

steeds redelike goeie reënval ervaar. Die verspreiding oor tyd kan egter

swak wees, met veral die midsomer droog, maar met relatief normale

reën in die tweede deel van die somer.

Reënvalsiklusse soos die Tyson en Dyer-siklus van 16 tot 20 jaar en

die sonvleksiklus van 10 tot 11 jaar, toon teenstrydige voorspellings.

Volgens die Tyson en Dyer-siklus is Suid-Afrika midde ‘n nat siklus,

terwyl die afnemende aktiwiteit van die sonvleksiklus dui dat daar ‘n

gunstige venster vir droogte bestaan vir die volgende 2 tot 5 jaar.

Beplan dus eerder vir swakker toestande as vir uitermatige goeie

toestande en beskou goeie toestande, sou hulle voorkom, as ‘n bonus.

Gedragsverandering (Deel 1)

Die artikel is geskryf deur Cobus Booysen

(Bestuurder: Menslike Hulpbronne)

‘N NUWE JAAR bring vir baie

mense nuwe voornemens. Navorsers

reken dat tussen 81% en 92% van alle

nuwejaarsvoornemens nie suksesvol

deurgevoer word nie. Dit beteken dat agt

uit die tien kere wat jy probeer om nuwe

gedrag aan te leer, jy onsuksesvol sal wees.

Permanente gedragsverandering is uiters

moeilik, maar hoekom? Wat is die redes

hoekom ons nie daarin slaag om by nuwe

gewoontes te bly nie? Wat kan ons doen

om positiewe veranderings permanent deel

van ons lewens te maak?

Probleem 1: Ons wil alles wat

verkeerd is gelyktydig verander.

Oplossing: Kies een gewoonte en fokus

daarop om dit suksesvol te verander.

Die algemene gevoel onder

gedragsnavorsers is dat jy moet fokus

op die verandering van ‘n klein aantal

gewoontes op ‘n slag. Dr BJ Fogg, van die

Stanford Universiteit in Amerika, reken dat

jy nie meer as drie gewoontes op ‘n slag

moet verander nie. Ek reken dit sal baie

klein veranderings moet wees indien jy

drie wil verander. Hoe klein? Voorgestelde

veranderinge van gewoontes of gedrag

sal insluit die vlos van een tand, om een

opstoot te doen of om te sê “Vandag

gaan ‘n goeie dag wees”, wanneer jy

wakker word. So, al doen jy ook sulke klein

veranderinge in jou gedrag, moenie meer

as drie op ‘n slag aanpak nie.

Persoonlik verkies ek om slegs een gedragsverandering

op ‘n slag aan te durf. Eers

wanneer hierdie gewoonte roetine raak,

beweeg ek aan na die volgende gewoonte

wat ek wil af- of aanleer. Byvoorbeeld, ek

poog om ten minste drie keer per week

fiets te ry. Toe die roetine gevestig is, het

ek aanbeweeg na die volgende uitdaging;

dit was om ten minste twee keer per week

in die oggend voor werk verder as 5 km te

stap. ‘n Volgende uitdaging kan wees om

stadiger te eet, of om net een bord kos op

‘n slag te eet.

Bonusoplossing: Kies ‘n sleutelgewoonte.

Wat is dit? Dit is ‘n gewoonte wat die res

van jou lewe in lyn trek. Byvoorbeeld,

die fietsry is my sleutelgewoonte. Ek het

die voordeel van die oefening terwyl ek

fietsry, maar dit bring ook ander sekondêre

voordele mee. Ek verloor gewig, alhoewel

ek meer eet. Ek slaap beter in die nag

en ek het meer energie in die dag. Dit

veroorsaak dat ek beter konsentreer op

my werk en beter kwaliteit werk lewer.

Neem kennis dat ek nie probeer om beter

gewoontes aan te leer ten opsigte daarvan

om gewig te verloor, of om beter te slaap

of om meer energie te hê nie. Ek werk net

aan my sleutelgewoonte en hierdie ander

areas van my lewe verbeter daarmee saam.

Dit is hoekom sleutelgewoontes so kragtig

is. Jy moet vir jouself sleutelgewoontes

identifiseer, of dit nou oefening is, meditasie

of die opstel van ‘n maandelikse begroting

om jou huishoudelike finansies te bestuur.

(Erkenning aan James Clear)

Mei 2015

Die se stories wat ek djou kan vertel...

Aktueel

7

MET DIE ATKV Noord-Kaap gemeenskapsprojek,

waaruit reeds meer as

20 gemeenskappe baat vind, is daar gaan

kyk na die skatte wat die Namakwaland

oplewer. KLK het dit moontlik gemaak vir

skrywers in die Namakwaland om hulle werk

in ‘n kortverhaalbundel te laat opneem.

Anzil Kulsen, ATKV Taalorganiseerder,

het in Junie 2013 ‘n werkswinkel

in Okiep vir voornemende skrywers

aangebied. Skrywers is via die

gemeenskapsradio, NFM, en die plaaslike

koerante aangemoedig om hulle eg

Namakwalandse stories in te stuur en

teen Januarie 2014 het heelwat skrywers

hul hand hieraan gewaag. “Die unieke

streektaal en die komiese verteltrant van

selfs ernstige verhale, moet neergepen

word, anders gaan dit vir altyd verlore

wees,” meen Kulsen. Die bundel is deur

LAPA Uitgewers geredigeer en is op

20 Februarie 2015 op luisterryke wyse

op Nababeeb bekend gestel. Omdat

hierdie projek in kompetisievorm

aangebied is, het Renato Ruiter se storie,

Die Xhwa, loshande die wenprys ingepalm.

Ruiter is ‘n talentvolle jongman wat selfs

by die bekendstelling van die bundel

‘n solo gelewer het. ‘n Dramagroep

het opgetree onder leiding van Esther

Engelbrecht, een van die bydraers tot

die bundel.

Die medewerkers van Namakwalandse stories by die bekendstelling van dié unieke bundel.

Die aand het sterk gefokus op die inheemse

Nama-taal, die kulturele erfenis van die

Nama-gemeenskap en hulle ywer om hierdie

erfenis te bewaar. Nog ‘n hoogtepunt tydens

die aand was Johan Cloete se gedig ter herinnering

aan Andre P. Brink. ‘n Puik huldeblyk

wat die gehoor nie onaangeraak gelaat het

nie. Die skrywers versprei self die bundel en

hoop om binnekort ‘n herdruk aan te vra.

Lees lekker in egte

Namakwalandse styl

DRIE GELUKKIGE wenners kan

elk hul eie kopie van Namakwalandse

stories wen.

Om in aanmerking te kom vir hierdie

prys, beantwoord die volgende vraag:

Wat is die naam van die wenstorie in

die ATKV kortverhaal-kompetisie?

Baie geluk aan Susan Malan en

Francois Germishuys wat elk tien

50 kg sakke Buildcrete-sement

gewen het.

Reëls

Werknemers van die KLK-groep mag nie aan die

kompetisie deelneem nie • Slegs een inskrywing

per persoon • Die wenner sal op ons Facebookblad

bekend gemaak word • Die prys sal na

die naaste KLK-handelstak gestuur word en kan

daar afgehaal word • Die prys kan nie vir kontant

omgeruil word nie.

Inskrywingsvorm

Naam en van: ..........................................

Adres: ......................................................

Tel: ..........................................................

Antwoord: ...............................................

Jongjagters

wys julle staal

NOU IS DIE kans vir alle jeugdige

jagters om ‘n prys te wen. Stuur vir ons ‘n

foto van jou en jou buit wat jy tydens die

2015-jagseisoen geskiet het, saam met ‘n

storie van ongeveer 100 woorde waar jy meer

vertel oor jou jagervaring. Inskrywings sluit

14 Oktober 2015 en slegs kinders onder die

ouderdom van 15 jaar mag inskryf. Die beste

foto en storie sal ‘n R500-geskenkbewys van

KLK se jag- en buitelewe-afdeling wen.

Stuur jou inskrywings aan: Ilse van Zyl, KLK

Landbou Bpk, Posbus 86, Upington, 8800;

stuur ‘n faks na 086 5500 224; of e-pos

na ilse@klk.co.za.

KLK Gesprek is ‘n nuusblad wat vier keer

per jaar namens KLK deur Infoworks

saamgestel en uitgegee word.

NAMENS KLK LANDBOU BPK

Ilse van Zyl *

054 337 6202 • ilse@klk.co.za

* Vir navrae oor die verspreiding van

KLK Gesprek, of adreswysigings,

kontak vir Ilse van Zyl.

REDAKSIE

Elmarie Helberg

018 468 2716

elmarie@infoworks.biz

Johan Smit

018 468 2716

johan@infoworks.biz

BLADUITLEG EN DRUK

Infoworks

018 468 2716

www.infoworks.biz

your ideas can fly

Jou vennoot in landbou

8 Omgewingsake

Poue en korhane

– die merkwaardige reuse van die weste

Een van die mees kenmerkende

veldervarings in die dorre weste is ‘n

witvlerkorhaanmannetjie wat al krassend

en skellend opvlieg om dan weer ‘n entjie

verder met bewende vlerke soos ‘n wafferse

helikopter terug te sak grond toe. Of ‘n

gompou wat ewe statig deur die veld stap

met afgemete treë op soek na ‘n veldkossie.

Poue en korhane (in Engels bekend as

“bustards”) kom regdeur Afrika, suid-

Europa, sentraal- en suidwes-Asië en

in Australië voor. Afrika het die meeste

soorte en van die 26 spesies wêreldwyd,

kom tien in Suider-Afrika voor en is nie

minder nie as ses endemies hier (dit wil sê

hulle kom nêrens anders voor nie). Hulle

wetenskaplike naam is Otididae, moontlik

afgelei van die Grieks “otis” wat beteken

die “een wat goed hoor”. Dit is waarskynlik

‘n verwysing na die waaksaamheid van

poue en korhane wat dit baie moeilik maak

om naby hulle te kom in die veld.

Die gompou met sy spoggerige kuif en lang

geel bene, word algemeen beskou as een van

die swaarste vlieënde voëls en ‘n volwasse

mannetjie kan tot 12 kg weeg. Die Afrikaanse

naam “gompou” kom waarskynlik van die

voël se voorliefde vir die dik taai boomstroop

(“gom”) van doringbome en veral die Karoo

soetdoring. Die gompou se verspreiding val

hoofsaaklik saam met die meer westelike droë

doringveld-savanna van Suider-Afrika. Die

Kalahari en dan veral boomryke rivierlope is

belangrike loopgebiede van die gompou.

Kleiner as die gompou, maar steeds

‘n opvallende en groot grondlewende

Die Ludwigpou.

voël, is die ludwigpou (of veldpou) wat

net in westelike Suid-Afrika en Namibië

voorkom. Sy lang nek is roesbruin agter en

donkerbruin (amper swart) voor, wat die voël

‘n deftige voorkoms gee. Gedwing deur die

wisselvallige veldtoestande in die gebied

waarin dit voorkom, is die ludwigpou hoogs

nomadies en feitlik altyd aan die swerf op

soek na die beste weivelde.

Die karige nes en eiers van ‘n swartvlerkkorhaan.

Die witvlerkkorhaanwyfie is baie valer as die mannetjie sodat sy

minder opvallend is wanneer sy alleen haar eiers moet uitbroei.

Soms kom hulle in los groepe van tot 60 voëls

voor. Hulle volg dikwels springkaanuitbrekings.

Weens sy swerfgewoontes, swaar vlug en

selfs beperkte sig reguit na voor met oë

langs die kant van sy kop, vlieg groot getalle

ludwigpoue ongelukkig in veral kragdrade

vas. ‘n Onlangse doktorale studie deur ‘n

student van die Universiteit van Kaapstad het

getoon dat daar in sekere areas tot soveel

as twee poue per jaar vir elke kilometer van

mid- en hoëspanningskragdrade weens

botsings daarmee sterf. Daar is na berekening

nagenoeg 8 000 km van sulke drade in die

Karoo en die droë weste van Suid-Afrika en

daar is kommer dat die poue nie hierdie

slagting sal oorleef nie.

‘n Spoggerige witvlerkkorhaanmannetjie wat wyfies moet probeer lok met sy veredos.

‘n Kripties-gekleurde vaalkorhaankuiken.

Die vaalkorhaan in ruie sukkulente Karooveld.

Die statige gompou in ‘n droë Kalahari-rivierbedding.

Kleiner lede van die Otididae in die

Noord-Kaap is die veelkleurige swartvlerken

witvlerkkorhane (twee spesies), die

boskorhaan en die meer kripties-gekleurde

vaalkorhaan. Interessant genoeg, is die

mannetjies van die meer helder-gekleurde

poue en korhane almal poligamiste en

het indrukwekkende paringsvertonings om

wyfies mee te lok en paar dan met enige

wyfie wat hulle gebied besoek. Die wyfie

maak alleen die kleintjies groot nadat sy

haar een tot drie kripties-gekleurde eiers

op die grond uitgebroei het.

Die vaalkorhaan daarenteen hou in pare en

is waarskynlik monogaam. Hulle lê net een

eier en maak ‘n enkele kleintjie groot. Daar

word gevolglik in Namakwaland en omstreke

baie beskrywend na ‘n enkelkind in ‘n familie

verwys as ‘n “korhaankuiken”!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!