07.06.2016 Views

KLK-Jun-2016

KLK-Jun-2016

KLK-Jun-2016

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Nuusblad van

KLK Landbou Bpk

KLK

Vol 17 • Junie 2016

75 jaar op ons kerfstok!

KLK LANDBOU VIER vanjaar sy 75ste bestaansjaar waartydens

die maatskappy menige transformasies ondergaan en mylpale

bereik het. Ons kyk kortliks na die verhaal van die veeprodusent se eie

organisasie in hierdie harde, maar tog ook dankbare en oorvloedige

wêreld wat gegroei het tot ‘n dinamiese maatskappy met ‘n omset van

meer as R2 000-miljoen per jaar.

1907

Die eerste elf karakoelskape is uit die

destydse Suidwes-Afrika ingevoer.

SAKK word amptelik as ‘n koöperasie geregistreer op 28 November 1941. Die koöperasie

het gou sy voete gevind en was instrumenteel tot die groei van die karakoelbedryf. Met die

loop van die jare is die behoefte van lede aangespreek ten opsigte van die insetkant en die

handelsafdeling is tot stand gebring. Soos dit met so baie landboubedrywe gaan, het ‘n paar

faktore daartoe gelei dat die prys van die pelse gedaal het en die produksie van pelse

drasties begin afneem het. Dit is interessant dat die produksie van pelse aan die einde van

die sewentigerjare meer as 2 000 000 was en vandag afgeneem e het tot minder as 20 000

pelse per jaar.

1941

1982

Die koöperasie diversifiseer en begin met die

bemarking van vleis. Die daling van die pryse

van pelse het daartoe gelei dat die produsente

hoofsaaklik na dorperboerderye oorgeskakel het

en daarom is die maatskappy vandag betrokke by

veilings, verslagting en uit-die-hand transaksies.

Die koöperasie word omskep in ‘n maatskappy op 17 September

1997. Oor die volgende tien jaar word daar takke bygevoeg g

tot die veilingsentra’s van Karoo Osche op Kuruman, Postmasburg

en Olifantshoek; handelstakke van Suidwes Beleggings op

Kuruman en Hotazel; Oranje Meganies met die Nissan-agentskap

en vulstasies; Hamiltons en Carnarvon abattoir; verspreidingsdepot

van BP-petroleum op Upington en ook Wes-Karoo Koöperasie wat

insluit handelstakke, vulstasies en ‘n abattoir.

1985

1997

SAKK koop die belange van BKB in die

Noord-Kaap uit. Een van die voorwaardes

was dat die koöperasie se naam verander

en Karakoel- en Lewendehawe Koöp Bpk

(KLK) het tot stand gekom. Daarna het die

onderneming toegetree tot die motorbedryf

en brandstof, ‘n versekeringsafdeling

is gevestig, voerkrale is opgerig en die

abattoir op Upington is bekom. Langs die

pad is ook almalgamasies met Trans-

Oranje Koöperasie sowel as Kenhardt

Vleiskoöperasie gemaak en twee nuwe

takke op onderskeidelik Rietfontein en

Keimoes es is bygevoeg.

2013

Ramskop Abattoir is opgegradeer

en ‘n beeshuidverwerkingsaanleg

(natblou) te City Deep

is verkry.

2015

50% aandeel in

Carpe Diem Raisins

is verkry.

2016

KLK vier sy

75ste

bestaansjaar.

2 Aan die Woord...

KLK Gesprek

Uit die

Raadsaal

Stephen van Huyssteen

Besturende Direkteur: KLK

Hoe lyk vleispryse tans?

Marksake

Jan Schutte

Bestuurder: KLK Vleis

KLK VERKLAAR BESTE

FINANSIËLE RESULTATE IN

75-JARIGE BESTAAN

KLK HET OP 13 Mei 2016 die finansiële

re sultate vir die 2015/2016-finansiële jaar

be kend gemaak. Hierdie resultate is KLK se

beste finansiële vertoning in die 75ste jaar

van sy bestaan.

Die verdienste van R55,6 miljoen verteenwoordig

‘n 30,2% styging vergeleke met

die vorige jaar en die verdienste per aan -

deel het tot 324 sent verhoog. Die stewige

winsbydraes van die handel- en brandstofafdelings

asook die toe voeging van Carpe

Diem Raisins het hoofsaaklik tot die uitstekende

resultate bygedra. Die groepsomset

het met 8,5% tot R2 255,7 mil joen

toegeneem. Die kontantvloei van die groep

het met R26,5 miljoen verswak, maar die

balansstaat is steeds kerngesond.

Die direksie beveel aan dat ‘n dividend

van 60 sent (2015 – 49 sent), per gewone

aandeel betaal word op 2 September 2016.

Die huidige swakker landbou- en handelstoestande

sal na verwagting ‘n negatiewe

impak op die komende jaar se resultate hê.

Die begroting vir 2016/2017 is gedurende

‘n direksievergadering op 10 Maart 2016

goedgekeur.

Die nuwe jaarplan fokus veral op die operasionele

effektiwiteite van die skaapvoerkraal,

die opgradering van verskeie handelstakke

en sen trale aankope en prys bestuur in die

handelsafdeling. ‘n Alliansie is met

InteliGro gesluit om gewas oplos sings aan

die besproeïngs produsente te bied en die

KLK-handelstakke beter blootstelling aan

die besproeïngsgebied te bied.

Die brandstofafdeling sal 50 ppm-diesel

by alle oostelike handels takke beskikbaar

maak, asook die op gradering van vulstasies

verder uitrol, waaronder die Trokkie-ry baan

te Calvinia. Talentbestuur, die fokus op die

ontwikkeling van ‘n kliëntedienskultuur en

opleiding en ontwikkeling is die prioriteit vir

menslikehulpbronne.

Bestuur is voortdurend opsoek na uitbreidingsgeleenthede

wat landbou of landbouverwant

is en hierdie jaar is geen

uitsondering nie.

Ons sien uit na ‘n uitdagende 2016/2017 en

met fokus op risiko- en kostebestuur, behoort

KLK weereens bevredigende resultate te lewer.

DAAR HET REEDS een derde van

die 2016-kalenderjaar verbygegaan en

ons is tans aan die einde van die somerreënseisoen.

Daar is produsente wat ‘n

goeie reënseisoen beleef het, terwyl daar

ander is wat werklik een van die swakker

somerreënseisoene ooit beleef het.

Daarom is dit duidelik dat daar uit sekere

areas meer diere verslag word om ruimte

vir aanteel te skep terwyl daar in ander

areas baie minder diere verslag word soos

wat produsente die diere terug hou as aanteel

en/of die lammers laat swaarder word

vir ‘n beter slaggewig. Daar word steeds

aanteeldiere (C-grade) vir verslagting

aangebied wat daarop dui dat die produsente

steeds besig is met die terugsny op

die getalle diere waarmee hulle hoop om

die effek van die droogte te kan oorleef.

Die produsentepryse vir A2/A3-lammers

is steeds, vir die derde kwartaal in ‘n ry,

bo die vlakke van R50/kg en het slegs

baie kortstondig onder hierdie vlakke

verhandel. Dit is die gevolg van ‘n laer

beskikbaarheid van slaglammers wat egter

nie die verwagte verhoging in produsenteen

ander pryse veroorsaak het nie. Dit kan

meestal toegeskryf word aan die strawwe

ekonomiese toestande wat besteding deur

die verbruiker taamlik aan bande lê.

Pitkos vir die siel...

Is jou lewensgeur dié van goed of sleg?

2 Kor 2:12 - 17

“ONS IS DIE wierook wat deur Christus

vir God gebrand word waarvan die geur die

bereik...

Hoe ruik jy?

Ons word in hierdie kosbare gedeelte daaraan

herinner dat ons almal ‘n geur versprei wat nie

noodwendig verband hou met die reukwater

wat ek gebruik en die feit of ek knoffel geëet het

die vorige aand nie.

Hierdie is ‘n lewensgeur wat een van twee

moontlikhede het: of dit is ‘n aangename geur

wat lewe wek – of dit is ‘n doodsreuk wat

dood bring.

Dit is baie maklik om vir jouself te besluit wat

die geur is wat jy volgens jou versprei. Sou jy

egter die vraag aan jou lewensmaat en kinders

vra? Wat dink jy gaan hulle sê?

Daarom dan dat die verwagte Desemberpryssprong

nie gerealiseer het nie,

maar die verwagting is steeds dat die

produsentepryse moontlik die R60/kg merk

vir A2/A3-karkasse mag oorskry in sekere

periodes, maar nie noodwendig baie hoër

as dit sal styg nie.

Die speenkalfpryse is steeds in die omgewing

van R18/kg lewendige gewig en

geen noemenswaardige veranderinge

word in die kort termyn voorsien nie.

Daar is min grane beskikbaar wat die

voerpyse opwaarts druk en dit plaas

gewoonlik ‘n demper op die speenkalfpryse.

Daar is steeds baie beeste beskikbaar

vir verslagting maar nie alle beeste

is markklaar nie en daarom behoort pryse

vir hierdie kwartaal sywaarts te beweeg.

Die behoefte aan karkasse van beeste

wat volgens die “Free Range”-beginsels

geproduseer is en as gevolg van die swak

weidingsomstandighede nie volop is nie,

plaas opwaartse druk op die slagpryse vir

hierdie nismark groep diere.

Daar is ‘n stel nuwe invoerregulasies

gepubliseer as werksdokument wat sal

geld vir die invoer van lewendige diere

vanuit buurlande waarop die betrokke

partye kan kommentaar lewer, maar geen

finale besluit is nog daaroor geneem nie.

Floris Lategan

Wat sê die mede-kollegas by die werk

wanneer jy die kantoor verlaat?

Wat is jou werkgewer se waarneming as jy ‘n

werknemer is?

Wat is ‘n werknemer se eerlike mening as jy ‘n

werkgewer is?

Wat is die personeel van ‘n winkel se mening

as jy by die deur uitstap?

En dan die belangrikste vraag van almal

natuurlik is: wat is die Here se waarneming

van die geur wat jy versprei – veral inaggenome

dat Hy jou deur en deur ken en alles

van jou weet?

Nou is die antwoord nie meer so heel

eenvoudig nie of hoe?

Die Here wil vir jou gebruik om Sy liefde

soos ‘n aangename geur te versprei deur die

manier hoe jy leef. Wees dankbaar en geniet

elke oomblik.

Junie 2016

Maatskappynuus

3

Verskaffers word beloon

TYDENS KLK SE onlangse verskaffersfunksie is die volgende

toekennings aan die maatskappy se verskaffers oorhandig:

Verryk

jou werkers

en boerdery

Produksiemiddele

Agriwire Upington

Hardeware en

Doen-dit-self

JF Paints

DANKSY KLK SE betrokkenheid

kan AMOS GF4GF Centre Palms op

Groblershoop opleidingswerkswinkels

vir plaaswerkers aanbied en sodoende

produktiwiteit op plase bevorder.

“Vyf sleutelvaardighede tot verbeterde

produktiwiteit op die plaas…” behels die

bemagtiging van bestaande personeel

deur vaardigheidsopleiding, wat insluit:

• Verstaan die besigheid van ‘n boerdery

• Herwinning van windpomppype

• Installering van sonpompe

• Padwaardigheid van sleepwaens

• Probleemoplossing

Die eerste opleiding het reeds op

11 April 2016 begin.

Vir meer besonderhede, skakel

Ina by 082 560 5871 of e-pos by

opleiding@gf4gfcentres.co.za.

Landbou-insette

MSD Animal Health

Só lyk Handel se nuwe aanstellings

Andre Ferreira

Hy was voorheen Build it Upington se

Takbestuurder en is nou aangestel as

Build it Koördineerder.

Adam Visagie

Was voorheen Leerling Takbestuurder by

Upington Handelstak en is nou aangestel as

Takbestuurder van Rietfontein Handelstak.

Cornelius Willemse

Voormalige Build it Upington

Kliëntediensbeampte. Nou aangestel as

Build it Upington Takbestuurder.

Marius Burger

Die nuwe Takbestuurder vir Calvinia handel

en silos.

Jou vennoot in landbou

4 Maatskappynuus KLK Gesprek

'n Vars briesie het by

hoofkantoor ingewaai

ELMARIÉ BIRD IS die Besturende Direkteur van KLK,

Stephen van Huyssteen se bekwame nuwe regterhand. Sy

het onlangs die persoonlike assistent-stoel by Ilze van Zyl

oorgeneem en sal ook voortaan betrokke wees by die bestuur

van die nuusblad, KLK Gesprek. Kom ons leer haar bietjie

beter ken:

Ek is gebore op Calvinia en het in Centurion grootgeword waarna

ek na matriek myself by Tshwane Universiteit van Tegnologie (toe

Pretoria Technikon) as persoonlike assistent bekwaam het. My

loopbaan het afgeskop by die personeelafdeling van Denel en

geeindig as Maatskappysekretaresse en Persoonlike Assistent vir

die Assistent Hoofbestuurder.

In 2000 is ek en Gyso getroud en het ek twee pragtige dogters

as geskenk ontvang, waarna ons besluit het om die woelinge

van die stad te ruil vir ‘n Kalahari-skaapplaas. Na vier jaar as

skaapprodusente, het ons na die rivieroewer verhuis om ons

jongste dogter in haar matriekjaar te ondersteun. Dít het my die

kans gegun om van my oortollige energie ontslae te raak deur as

Kantoorbestuurder by Minolta en later as Persoonlike Assistent en

Korttermyn-versekeringseisekonsultant by Oppermann Makelaars

aan te sluit. Ons is tans betrokke by wingerd- en wisselbou asook

‘n paar beeste.

Twee jaar gelede is een van my grootste wense bewaarheid

deur in een jaar ‘n ouma te word van ‘n kleindogter en ‘n klein -

seun. Die twee engeltjies het my hele lewe omgekeer en verskaf

on eindige vreugde.

Die ondersteuning van die boeregemeenskap was vir ons van

ontskatbare waarde, veral tydens ons vestiging hier op Upington.

Hulle is nou al soos familie en hul warm harte reik nog steeds uit

na ons. Ons eerste stop van die plaas was toevallig altyd by die

KLK-handelstak vir ‘n heerlike koppie koffie en geselsies met die

personeel, wat ons verder welkom laat voel het in die gemeenskap.

My loopbaansirkel is voltooi toe ek die geleentheid gegun is om

aangestel te word as Persoonlike Assistent by KLK, ‘n maatskappy

wat uitstekende diens lewer aan die landbougemeenskap en vir wie

ek so lief geword het in die omgewing waar ek die gelukkigste is.

Baie dankie dat julle my so hartlik ontvang het nadat julle ‘n

diamant soos Ilse van Zyl verloor het. Ek is ‘n persoonlike assistent

in murg en been en strewe daarna om altyd net die beste diens te

lewer. Ek glo dat my kernwaardes as mens baie goed aansluit by

KLK en dat ek met my positiewe ingesteldheid ‘n bydrae kan lewer

om KLK se missie ten volle uit te leef en voort te bou op die afgelope

75 jaar se groei en suksesse.

Só het KLK se aandele die afgelope

vyf maande verhandel

VANAF 1 TOT 31 DESEMBER 2015

het ‘n totaal van 12 834 KLK-aandele verhandel

op vlakke tussen R10,50 en R11,00 per aandeel,

met 9 kopers en 11 verkopers.

In die maand van Januarie 2016 het

26 150 aandele op vlakke tussen R10,50 en

R11,00 per aandeel verhandel, met

10 kopers en 18 verkopers.

22 882 aandele het in Februarie 2016 verhandel

op vlakke van tussen R10,00 en R11,00, met

11 kopers en 19 verkopers.

Gedurende Maart 2016 het 14 236 aan dele

verhandel op vlakke tussen R9,50 en R10,30,

met 7 kopers en 18 verkopers.

Vanaf 1 tot 30 April 2016 het 7 297 aandele

verhandel teen R10,00 per aandeel, met 5 kopers

en 19 verkopers.

Gemiddelde Aandeleprys

2015/2016

Des

1200

'15 1060 13

Jan 1100 '16 1055 26

Feb '16 1068 23

1000

Mrt '16 1060 985 14 1055 1068

Apr '16 900 1000 7

Prys per aandeel (sent)

KLK-aandeleverhandelingsgeskiedenis

1000

985

800

700

600

500

400

26

23

300 13

14

200

7

100

Des '15 Jan '16 Feb '16 Mrt '16 Apr '16

Maand

Volume verhandel '000

Prys per aandeel (sent)

100

90

80

70

60

50

40

30

20

10

Volume verhandel '000

Junie 2016

Aktueel

5

Is die droogte verby?

Johan van den Berg

Santam Landbou

Wanneer is daar ‘n droogte?

Net soos ons nie die spesifieke begindatum van ‘n droogte kan

bepaal nie, so onseker is die presiese einddatum ook. Om hierdie

vraag te beantwoord moet daar gekyk word na die definisie van

droogte, want dit het verskillende betekenisse vir verskillende

belanghebbendes.

Die sogenaamde “weerkundige droogte” is wanneer daar lang tye

van ondergemiddelde reënval voorkom. ‘n “Hidrologiese droogte”

is wanneer die damme se stand en ondergrondse water swak is en

‘n “landboukundige droogte” is wanneer daar ondergemiddelde

reënval in veral kritiese produksiestadiums voorkom. Dan is daar

nog die “sosio-ekonomiese droogte” waar daar ‘n aan loop of

groep van klimaats- en ander omstandighede is wat die produsent

se kapitaalvermoë verswak, byvoorbeeld die gebrek

aan aanteelvee na ‘n droogte, skuld gedurende die droogte

opgebou, ensovoorts.

Dus kan baie reën voorkom maar nie noodwendig die “finansiële

droogte” of selfs landboukundige droogte breek nie. Reën

kan byvoorbeeld gedurende nie-produserende stadiums soos

die winter voorkom, maar dit gaan nie die droogte ophef nie.

So ook kan selfs bogemiddelde reënval gedurende ‘n seisoen

wat voorafgegaan is deur langdurige droë toestande, nie die

droogte breek nie. Dus is ‘n landboukundige droogte ‘n funksie

van reënval (watter tyd van die jaar, hoeveelheid reën, tipe reën,

opvolgreën), tydsverloop na reënval en die bestuur van weiding

nadat reënval voorgekom het. ‘n Sosio-ekonomiese of finansiële

droogte kan egter nog lank na die ander tipes droogtes gebreek

is, aanhou.

Hoe lyk die reënvaltoestande vir die

komende seisoen?

Die huidige El Niño-verskynsel het heelwat verswak en was teen

einde April 2016 slegs ongeveer 30% van wat dit was teen einde

November toe die piek bereik is. Voorspellings dui daarop dat

daar waarskynlik reeds in Augustus 2016 na ‘n La Niña-verskynsel

oor gegaan sal word. Die kanse vir ‘n volskaalse La Niña-verskynsel

vir 2016/2017 word tans op meer as 70% weergegee. Die

kanse vir die herontwikkeling van ‘n El Niño is minder as 5% met

‘n 25% kans vir neutrale toestande.

Die effek van die Indiese oseaan is nog onbekend maar dit wil

voorkom asof dit veral tydens sterk La Niña-seisoene ‘n kleiner

Jou vennoot in landbou

negatiewe effek op reënval kan uitoefen. Gegewe die verwagting

vir ‘n La Niña-verskynsel vir 2016/2017, skep dit goeie vooruitsigte

vir reënval vir sekere tye van die seisoen:

• Daar is nog ‘n bogemiddelde kans vir reën in die eerste deel van

die winter veral oor die suidelike dele van die land (insluitende

suidelike dele van die Noord-Kaap).

• Die kanse vir lentereën (Augustus - Oktober) lyk ondergemiddeld.

• Daar is ‘n baie goeie kans vir reën vanaf die tweede deel van

Oktober maar veral rondom Desember asook Februarie/

Maart 2017. Dit is veral die sentrale tot westelike dele van die

land waar bogemiddelde reënval verwag word.

Implikasies vir landbou in veral die

Noord-Kaap

• Wat weidingstoestande betref, kan die volgende seisoen hopelik

help om veldherstel te laat plaasvind en nie net voldoende

produksie nie. Hier is dit waar goeie weidingsbestuur van

uiterste belang gaan wees om te verseker dat vinnige en goeie

veldherstel kan plaasvind.

• Dit is nie uitgesluit dat bogemiddelde reënval kan voorkom wat

siektes en peste en plae kan bevorder nie. Weerstand teen siektes

het verswak omdat dit so droog was die afgelope jare. Dit sou

raadsaam wees om vee vroegtydig in te ent.

• Die goeie kans vir reën in die midsomer kan groot negatiewe

implikasies vir veral druiwe- en lusernprodusente inhou. Dit kan

ook die stroop van koring beïnvloed indien dit al teen einde

Oktober begin reën.

• Gewoonlik is La Nina jare verantwoordelik vir genoeg water

om damvlakke te laat styg en dit behoort alreeds teen einde

Desember ‘n positiewe effek te hê.

Opsommend

Dit lyk asof die kanse goed is dat die weerkundige en hidrologiese

droogtes teen die einde van 2016 gebreek kan wees

maar die landboukundige en veral sosio-ekonomiese droogte kan

nog langer duur. Net goeie bestuur is dan verantwoordelik om te

bepaal wanneer laasgenoemde twee tipes droogtes gebreek

gaan word.

6

Aktueel

KLK Gesprek

KLK en UIB in nuwe

versekeringsalliansie

DIE KORTTERMYN-

VERSEKERINGSBESIGHEID van

KLK in samewerking met Unigro Insurance

Brokers (UIB) as nuwe makelaar, het vanaf

1 Januarie 2016 in werking getree, nadat

die KLK/AIFA alliansie van sewe jaar in

Desember 2015 beëindig is.

UIB is ‘n volfiliaal van Afgri met sy

hoofkantoor in Centurion en het nege

versekeringskantore landwyd. Die KLKentiteit

en kliëntebron sal met die ondersteuning

van UIB uitgebrei word met ‘n

groter verskeidenheid produkte, dienste

en kundigheid.

Die huidige konsultante, Hannes Botha op

Upington en Lizette Lambrechts op Calvinia,

in diens van KLK, sal steeds as adviseurs

optree en dekkings sal steeds deur dieselfde

versekeraar onderskryf word.

KLK en UIB is opgewonde om hierdie

groter produkreeks en verbeterde diens,

beskikbaar te stel.

Kalahari lewe

(Nov 2002)

deur Gert Olivier

Laasjaar was dit ‘n natjaar,

Hierriejaar is dit ‘n sandjaar.

Laasjaar was die Boesmangras kophoog,

Hierriejaar is die rooiduin droog.

Laasjaar het die bliksemstraal reën gebring,

Hierriejaar het dit vuur gebring,

Die bees is brandmaer.

Die aarde skreeu: Ek het dors!

Die beeste bulk: Ons soek kos!

Die mense bid: Ons soek reën!

Die Here antwoord: Geduld van Job!

My Kalahari Kind!

Cobus Booysen

Bestuurder: Menslike Hulpbronne

Misplaaste denke

(Deel 1)

MENSE HET OOR die eeue heen

snaakse gedrag op die volmaan blameer.

In die middel-eeue het mense geglo dat

die volmaan mense in weerwolwe kan

verander. In die 17de eeu was dit algemeen

om te aanvaar dat die volmaan

die oorsaak was van epileptiese- en koors

aanvalle. Ons het tot ons woordeskat by

ons gelowe aangepas. Die woord “lunatic”

kom van die Latynse stamwoord “Luna”

wat maan beteken.

Daar is baie min tot geen bewyse dat ‘n

volmaan enige invloed het op menslike

gedrag nie. ‘n Volledige ontleding van

meer as 30 studies in die verband toon

geen verwantskap tussen ‘n volmaan en

die aantal hospitaalopnames nie, of

die aantal casino-uitbetalings nie, of

selfmoorde, verkeersongelukke, of die

aantal kriminele oortredings nie.

‘n Studie wat in 2005 in Amerika gedoen

is, het egter bevind het dat sewe uit elke

tien verpleegsters glo dat ‘n volmaan tot

chaos in hospitale asook meer op names

van pasiënte lei. Dit is totaal teenstrydig

met ander studies. Hoekom sal verpleegsters

dan hierdie oortuiging hê?

Hierdie verpleegsters is slagoffers van ‘n

algemene verstandelike fout wat almal van

ons teister. Sielkundiges verwys daarna

as “illusiekorrelasie.”

Dit werk so

‘n Illusiekorrelasie gebeur wanneer ons

‘n spesifieke gebeurtenis verkeerdelik

oorbeklemtoon en ander ignoreer. Byvoorbeeld,

jy besoek Kaapstad en ‘n ander

motoris draai reg voor jou in. Later besoek

jy ‘n restaurant en die kelner is ongeskik

met jou. Nog later vra jy rigtingaanwysings

by ‘n voetganger op straat en die persoon

ignoreer jou.

Wanneer jy terugdink aan jou besoek aan

die Kaap dan is dit maklik om hierdie

negatiewe ervarings te onthou en oortuig

te wees daarvan dat die mense in die Kaap

ongeskik is. Tog vergeet jy die vriendelike

kelners by die ander plekke waar jy geëet

het, of die honderde motoriste wat saam

met jou op die snelweg beweeg het sonder

enige voorval.

Hierdie was normale goed wat gebeur het

omdat geen uitsonderlike gedrag of optrede

plaasgevind het nie. Dit is makliker om

dit te onthou wat uitsonderlik was en jou

ontstel het as wat dit is om die alledaagse

te onthou.

Ons verstand werk as volg

Ons is geneig om die belangrikheid van

gebeure wat ons maklik kan herroep te

oorbeklemtoon en dit wat ons moeilik kan

herroep te onderbeklemtoon. Hoe makliker

dit is om te onthou, hoe meer is ons geneig

om ‘n sterk verband tussen dinge te sien

wat swak of geensins verband hou met

mekaar nie.

Junie 2016

Aktueel

7

Castrol Vecton

- we're in it for the long haul

WE KNOW THAT you need to be

100% confident that the oil in your trucks‘

engines is not only capable of protecting

your vehicles but also maximising their

performance. With Castrol Vecton, you get

a product with impeccable credentials.

Not only is it the latest oil in a long line of

Castrol commercial vehicle lubricants used

around the world, it also benefits from our

100 year pursuit of innovation.

Our teams of scientists and engineers

are amongst the most knowledgeable

and accomplished in the world and our

Technology Centres have unrivalled test

facilities for heavy duty vehicles. We‘ve

poured all this insight and experience

into Castrol Vecton to ensure it gives your

business a real competitive advantage.

Castrol Vecton with System5 Technology is

the new brand that Castrol has engineered

specifically for those truck owners who want

to get the most out of their vehicles and their

business. All products in the new Castrol

Vecton range have been extensively tested

under extreme conditions to make sure that

they can help the engine perform at its best.

How does System5

Technology work?

Modern engines operate in constantly

changing conditions which impact engine

performance. Castrol Vecton‘s unique

System5 Technology adapts to these

changing conditions and helps maximise

performance in five key areas:

• Fuel consumption: Fights oil thickening

for better fuel efficiency.

• Oil consumption: Fights piston deposits

for lower oil consumption.

• Oil drain interval: Fights contaminants

for longer oil drain intervals.

• Component life: Fights wear and

corrosion for longer life of critical engine

components.

• Power: Fights soot, improving

engine power.

Wys bietjie

wat in jou

steek, jagter!

KALAHARI-JAGTERS van die

2016-seisoen nou is jul kans om in

KLK Gesprek te pronk. Stuur ‘n foto

van jou en jou buit wat jy tydens vanjaar

se jagseisoen platgetrek het,

of ‘n indrukwekkende jagstorie, en

staan ‘n kans om ‘n R500-geskenkbewys

van KLK se jag- en buiteleweafdeling

te wen.

Stuur jou inskrywings aan:

Elmarié Bird, KLK Landbou Bpk,

Posbus 86, Upington, 8800; stuur 'n

faks na 086 5500 224; of e-pos na

elmarie@klk.co.za. Inskrywings sluit

15 September 2016.

Vir ‘n goed-geoliede masjien...

EEN GELUKKIGE WENNER kan ‘n

20L Castrol Vecton 15W-40 wen!

Om in aanmerking te kom vir hierdie prys,

beantwoord net die eenvoudige vraag:

In hoeveel sleutelareas kan die nuwe

Castrol Vecton-reeks die werkverrigting

van ‘n enjin verbeter?

Stuur jou inskrywings aan:

Elmarié Bird, KLK Landbou Bpk,

Posbus 86, Upington, 8800; stuur 'n faks

na 086 5500 224; of e-pos na

elmarie@klk.co.za. Inskrywings sluit

15 September 2016.

Inskrywingsvorm

Naam en van: ..........................................

Adres: ......................................................

Tel: ..........................................................

Antwoord: ...............................................

Reëls

Werknemers van die KLK-groep mag nie aan die

kompetisie deelneem nie • Slegs een inskrywing per

persoon • Die wenner sal telefonies in kennis gestel

word en in die volgende KLK Gesprek bekendgemaak

word • Die prys sal na die naaste KLK-handelstak

gestuur word en kan daar afgehaal word • Die prys

kan nie vir kontant omgeruil word nie.

is ‘n nuusblad wat vier keer

per jaar namens KLK deur

saamgestel en uitgegee word.

NAMENS KLK LANDBOU BPK

Elmarié Bird *

054 337 6202 • elmarie@klk.co.za

* Vir navrae oor die verspreiding van

, of adreswysigings,

kontak vir Elmarié Bird.

REDAKSIE

Elmarie Helberg

018 468 2716

Johan Smit

018 468 2716

BLADUITLEG EN DRUK

Infoworks

018 468 2716

your ideas can fly

Jou vennoot in landbou

8 Omgewingsake

Ystervark, o ystervark

– vir jou is daar ook ‘n mark

Die artikel is geskryf deur

Francois van der Merwe,

‘n natuurliefhebber van Calvinia.

Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos na

info@klipspringer.co.za

GEBAKTE RISSEL OF ystervarkrugvel

is ‘n Karoo- lekkerny. Gemarineer in asyn,

word dit in die oond gebak of op die

rooster gebraai totdat dit lekker krakerig is.

‘n Bietjie sout en peper rond dit af.

Vir baie is die kans om sy rugvel te kan eet,

omtrent al goed van ‘n ystervark. Saam

met die rooijakkals, word hierdie, die

grootste knaagdier in Suid-Afrika, dikwels

met ‘n passie gehaat. Behalwe sy vernielsugtige

eetgewoontes, het die ystervark een

gewoonte wat veral veeprodusente rasend

maak. Geen plastiekwaterpyp is naamlik

veilig waar daar ystervarke is nie en menige

tenke en damme het al leeggeloop nadat

ystervarke die pyp na die krip stukkend

gebyt het. Waarom ystervarke so lief is vir

veral PVC-pyp, is nie duidelik nie. Party

meen dit is om by die water uit te kom

maar selfs droë pype word gebyt en ook

pyp reg by oop water wat die ystervark

sou kon gebruik het.

Dat die ystervark interessant en self uniek is,

lei geen twyfel nie. Oortrek met penne wat

ontvormde verdikte en verharde hare van

keratien is, het ystervarke ‘n baie effektiewe

beskermingsmeganisme en het hulle trouens

baie min natuurlike vyande. Selfs groot

roofdiere soos leeus en luiperds wat soms

ystervarke probeer vang, moet gewoonlik

maar opgee en dan nog met ‘n

lastige en later selfs swerende

pen of twee in ‘n voet

of selfs die gesig. Met

sy penne in ‘n waaierformasie

opgelig,

draai die ystervark

homself gedurig

so dat die feitlik

ondeurdringbare

penne-gordyn

hom beskerm.

Waarom ystervarke met sulke penne

bedek moet wees, kan mens maar

net spekuleer. Dit dien duidelik

vir beskerming en is, soos reeds

genoem, baie effektief. Hulle is

planteters en moet weens hulle relatiewe

grootte, baie eet. Dit beteken dat ystervarke

dikwels ver van hulle gate en vir lang

ure moet wei om genoeg kos te kry en dus

blootgestel sou wees aan allerlei vleisetende

vyande. Deur hulle beskerming in die vorm

van hulle penne-dos so saam met hulle

te dra, kan hulle meer effektief langer

en verder weg van hulle gate wei. Ander

kleiner knaagdiere wat dit buite hulle gate

waag, moet dikwels maar naby aan

‘n veilge wegkomplek bly, maar nie ystervarke

nie.

Ystervarke is veral lief vir plantwortels,

wortelstokke en bolle en is goeie grawers.

Soms lyk ‘n bolryke-area wat deur

ystervarke “bewerk” is, of dit omgeploeg

is. En dit is juis hier waar die ekologiese

waarde van ystervarke lê. Nie alleen is

hulle natuurlike “grondbewerkers” wat

weer “gebroke” areas skep waar nie alleen

reënwater in die holtes en uit grawings

opgevang word nie, maar ook die saadjies

van allerlei plante ‘n ge leentheid

kry vir ontkieming. Stukkies afgebreekte

wortelstokke en bolle word ook dikwels

agtergelaat wat dan weer kan uitloop sodat

die plant so kan ver meerder. Deurdat hulle

groot areas dek, versprei ystervarke ook

effektief die sade van plante waarvan hulle

die vrugte of peule geëet het. Soms is dit

egter ook die sade van indringerplante soos

Presopis wat so verder versprei.

Ystervark eet graag boombas veral in

droër tye wanneer ander kos skaars mag

wees. Bome waarvan die bas rondom

afgevreet is, gaan dood en daar is al

voorgestel dat ystervarke ook hier ‘n nuttige

ekologiese rol vervul deur dat hulle bos- en

boomindringing mag beperk ten behoewe

van die behoud van grasryke areas. In

tuine, landerye en boorde is ystervarke

morsig en vernielsugtig en is effektiewe

uitsluiting noodsaaklik.

Ystervark met penne orent maak ‘n indrukwekkende gesig.

Of in die oordeel van enige produsent

al die langtermyn-ekologiese “plusse”

die (korttermyn) ekonomiese verliese van

ystervarke sal uitwis, is te betwyfel. Gelukkig

is ystervarke volop, teel maklik aan en is

tans onder geen bedreiging van uitwissing

nie. Daar is nietemin dele waar hulle

meedoënloos gejag word nie alleen vir

veldkos nie maar ook vir hulle penne wat

baie populêr geraak het in die modeen

toerismebedrywe.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!