07.06.2016 Views

KLK-Jun-2016

KLK-Jun-2016

KLK-Jun-2016

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

8 Omgewingsake

Ystervark, o ystervark

– vir jou is daar ook ‘n mark

Die artikel is geskryf deur

Francois van der Merwe,

‘n natuurliefhebber van Calvinia.

Vir meer inligting, stuur ‘n e-pos na

info@klipspringer.co.za

GEBAKTE RISSEL OF ystervarkrugvel

is ‘n Karoo- lekkerny. Gemarineer in asyn,

word dit in die oond gebak of op die

rooster gebraai totdat dit lekker krakerig is.

‘n Bietjie sout en peper rond dit af.

Vir baie is die kans om sy rugvel te kan eet,

omtrent al goed van ‘n ystervark. Saam

met die rooijakkals, word hierdie, die

grootste knaagdier in Suid-Afrika, dikwels

met ‘n passie gehaat. Behalwe sy vernielsugtige

eetgewoontes, het die ystervark een

gewoonte wat veral veeprodusente rasend

maak. Geen plastiekwaterpyp is naamlik

veilig waar daar ystervarke is nie en menige

tenke en damme het al leeggeloop nadat

ystervarke die pyp na die krip stukkend

gebyt het. Waarom ystervarke so lief is vir

veral PVC-pyp, is nie duidelik nie. Party

meen dit is om by die water uit te kom

maar selfs droë pype word gebyt en ook

pyp reg by oop water wat die ystervark

sou kon gebruik het.

Dat die ystervark interessant en self uniek is,

lei geen twyfel nie. Oortrek met penne wat

ontvormde verdikte en verharde hare van

keratien is, het ystervarke ‘n baie effektiewe

beskermingsmeganisme en het hulle trouens

baie min natuurlike vyande. Selfs groot

roofdiere soos leeus en luiperds wat soms

ystervarke probeer vang, moet gewoonlik

maar opgee en dan nog met ‘n

lastige en later selfs swerende

pen of twee in ‘n voet

of selfs die gesig. Met

sy penne in ‘n waaierformasie

opgelig,

draai die ystervark

homself gedurig

so dat die feitlik

ondeurdringbare

penne-gordyn

hom beskerm.

Waarom ystervarke met sulke penne

bedek moet wees, kan mens maar

net spekuleer. Dit dien duidelik

vir beskerming en is, soos reeds

genoem, baie effektief. Hulle is

planteters en moet weens hulle relatiewe

grootte, baie eet. Dit beteken dat ystervarke

dikwels ver van hulle gate en vir lang

ure moet wei om genoeg kos te kry en dus

blootgestel sou wees aan allerlei vleisetende

vyande. Deur hulle beskerming in die vorm

van hulle penne-dos so saam met hulle

te dra, kan hulle meer effektief langer

en verder weg van hulle gate wei. Ander

kleiner knaagdiere wat dit buite hulle gate

waag, moet dikwels maar naby aan

‘n veilge wegkomplek bly, maar nie ystervarke

nie.

Ystervarke is veral lief vir plantwortels,

wortelstokke en bolle en is goeie grawers.

Soms lyk ‘n bolryke-area wat deur

ystervarke “bewerk” is, of dit omgeploeg

is. En dit is juis hier waar die ekologiese

waarde van ystervarke lê. Nie alleen is

hulle natuurlike “grondbewerkers” wat

weer “gebroke” areas skep waar nie alleen

reënwater in die holtes en uit grawings

opgevang word nie, maar ook die saadjies

van allerlei plante ‘n ge leentheid

kry vir ontkieming. Stukkies afgebreekte

wortelstokke en bolle word ook dikwels

agtergelaat wat dan weer kan uitloop sodat

die plant so kan ver meerder. Deurdat hulle

groot areas dek, versprei ystervarke ook

effektief die sade van plante waarvan hulle

die vrugte of peule geëet het. Soms is dit

egter ook die sade van indringerplante soos

Presopis wat so verder versprei.

Ystervark eet graag boombas veral in

droër tye wanneer ander kos skaars mag

wees. Bome waarvan die bas rondom

afgevreet is, gaan dood en daar is al

voorgestel dat ystervarke ook hier ‘n nuttige

ekologiese rol vervul deur dat hulle bos- en

boomindringing mag beperk ten behoewe

van die behoud van grasryke areas. In

tuine, landerye en boorde is ystervarke

morsig en vernielsugtig en is effektiewe

uitsluiting noodsaaklik.

Ystervark met penne orent maak ‘n indrukwekkende gesig.

Of in die oordeel van enige produsent

al die langtermyn-ekologiese “plusse”

die (korttermyn) ekonomiese verliese van

ystervarke sal uitwis, is te betwyfel. Gelukkig

is ystervarke volop, teel maklik aan en is

tans onder geen bedreiging van uitwissing

nie. Daar is nietemin dele waar hulle

meedoënloos gejag word nie alleen vir

veldkos nie maar ook vir hulle penne wat

baie populêr geraak het in die modeen

toerismebedrywe.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!