07.06.2016 Views

KLK-Jun-2016

KLK-Jun-2016

KLK-Jun-2016

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Junie 2016

Aktueel

5

Is die droogte verby?

Johan van den Berg

Santam Landbou

Wanneer is daar ‘n droogte?

Net soos ons nie die spesifieke begindatum van ‘n droogte kan

bepaal nie, so onseker is die presiese einddatum ook. Om hierdie

vraag te beantwoord moet daar gekyk word na die definisie van

droogte, want dit het verskillende betekenisse vir verskillende

belanghebbendes.

Die sogenaamde “weerkundige droogte” is wanneer daar lang tye

van ondergemiddelde reënval voorkom. ‘n “Hidrologiese droogte”

is wanneer die damme se stand en ondergrondse water swak is en

‘n “landboukundige droogte” is wanneer daar ondergemiddelde

reënval in veral kritiese produksiestadiums voorkom. Dan is daar

nog die “sosio-ekonomiese droogte” waar daar ‘n aan loop of

groep van klimaats- en ander omstandighede is wat die produsent

se kapitaalvermoë verswak, byvoorbeeld die gebrek

aan aanteelvee na ‘n droogte, skuld gedurende die droogte

opgebou, ensovoorts.

Dus kan baie reën voorkom maar nie noodwendig die “finansiële

droogte” of selfs landboukundige droogte breek nie. Reën

kan byvoorbeeld gedurende nie-produserende stadiums soos

die winter voorkom, maar dit gaan nie die droogte ophef nie.

So ook kan selfs bogemiddelde reënval gedurende ‘n seisoen

wat voorafgegaan is deur langdurige droë toestande, nie die

droogte breek nie. Dus is ‘n landboukundige droogte ‘n funksie

van reënval (watter tyd van die jaar, hoeveelheid reën, tipe reën,

opvolgreën), tydsverloop na reënval en die bestuur van weiding

nadat reënval voorgekom het. ‘n Sosio-ekonomiese of finansiële

droogte kan egter nog lank na die ander tipes droogtes gebreek

is, aanhou.

Hoe lyk die reënvaltoestande vir die

komende seisoen?

Die huidige El Niño-verskynsel het heelwat verswak en was teen

einde April 2016 slegs ongeveer 30% van wat dit was teen einde

November toe die piek bereik is. Voorspellings dui daarop dat

daar waarskynlik reeds in Augustus 2016 na ‘n La Niña-verskynsel

oor gegaan sal word. Die kanse vir ‘n volskaalse La Niña-verskynsel

vir 2016/2017 word tans op meer as 70% weergegee. Die

kanse vir die herontwikkeling van ‘n El Niño is minder as 5% met

‘n 25% kans vir neutrale toestande.

Die effek van die Indiese oseaan is nog onbekend maar dit wil

voorkom asof dit veral tydens sterk La Niña-seisoene ‘n kleiner

Jou vennoot in landbou

negatiewe effek op reënval kan uitoefen. Gegewe die verwagting

vir ‘n La Niña-verskynsel vir 2016/2017, skep dit goeie vooruitsigte

vir reënval vir sekere tye van die seisoen:

• Daar is nog ‘n bogemiddelde kans vir reën in die eerste deel van

die winter veral oor die suidelike dele van die land (insluitende

suidelike dele van die Noord-Kaap).

• Die kanse vir lentereën (Augustus - Oktober) lyk ondergemiddeld.

• Daar is ‘n baie goeie kans vir reën vanaf die tweede deel van

Oktober maar veral rondom Desember asook Februarie/

Maart 2017. Dit is veral die sentrale tot westelike dele van die

land waar bogemiddelde reënval verwag word.

Implikasies vir landbou in veral die

Noord-Kaap

• Wat weidingstoestande betref, kan die volgende seisoen hopelik

help om veldherstel te laat plaasvind en nie net voldoende

produksie nie. Hier is dit waar goeie weidingsbestuur van

uiterste belang gaan wees om te verseker dat vinnige en goeie

veldherstel kan plaasvind.

• Dit is nie uitgesluit dat bogemiddelde reënval kan voorkom wat

siektes en peste en plae kan bevorder nie. Weerstand teen siektes

het verswak omdat dit so droog was die afgelope jare. Dit sou

raadsaam wees om vee vroegtydig in te ent.

• Die goeie kans vir reën in die midsomer kan groot negatiewe

implikasies vir veral druiwe- en lusernprodusente inhou. Dit kan

ook die stroop van koring beïnvloed indien dit al teen einde

Oktober begin reën.

• Gewoonlik is La Nina jare verantwoordelik vir genoeg water

om damvlakke te laat styg en dit behoort alreeds teen einde

Desember ‘n positiewe effek te hê.

Opsommend

Dit lyk asof die kanse goed is dat die weerkundige en hidrologiese

droogtes teen die einde van 2016 gebreek kan wees

maar die landboukundige en veral sosio-ekonomiese droogte kan

nog langer duur. Net goeie bestuur is dan verantwoordelik om te

bepaal wanneer laasgenoemde twee tipes droogtes gebreek

gaan word.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!