31.05.2016 Views

KLK-Julie-2015

KLK-Julie-2015

KLK-Julie-2015

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Nuusblad van

KLK Landbou Bpk

KLK Gesprek

Vol 14 • Julie 2015

Abattoirs wys hul slag

KLK IS ‘N landbougerigte en -gebaseerde maatskappy

wat homself daarop toespits om relevant te wees in sy

bedieningsgebied. Dit is om hierdie rede dat KLK voortdurend

daarna streef om krities al die besigheidseenhede en hul

aktiwiteite te evalueer en aan te pas of te vernuwe om hierdie

strewe te verwesenlik.

Die vleis- en verwante bedrywe vorm ‘n integrale deel van

die KLK-besigheidsmodel en is verseker ook een van die

hoofkontakvlakke tussen die maatskappy en die kliënte met wie

KLK besigheid doen. Hierdie besigheidseenheid is daarom een

van die fokusareas waarin daar altyddeur na verbetering en

vernuwing gestreef word. Binne die vleis- en verwante bedrywe

is daar drie hoofvertakkings, naamlik die abattoirs, die voerkraal

en die stoetvee/vetvee-veilingsafdelings wat meeste van die

aktiwiteite in lewende hawe produksie insluit.

KLK besit drie abattoirs, naamlik Ramskop-abattoir op Calvinia,

Carnavon-abattoir op Carnavon en die Upington-abattoir op

Upington. Laasgenoemde is die enigste abattoir in die KLKgroep

wat toegerus is om beide bees en skaap/lam te verslag.

Hierdie eienskap bied aan KLK die geleentheid om ‘n diens te

lewer aan van die produsente wat al hoe meer oorskakel na

grootveeboerdery om hulle kleinveeboerdery te verplaas, deels

vanweë die steeds groeiende ongedierte probleme. Dit is daarom

logies dat KLK dié abattoir nou teiken om veranderings en

verbeterings teweeg te bring. Hierdie abattoir is getaak om groter

fokus te plaas op die kwaliteit van die produkte wat geproduseer

word en het met die oog op die bereiking van hierdie doelwit,

aansoek gedoen om ouditering ten einde uitvoerstatus te

verkry. Hierdie uitvoerstatus

beteken dat produkte (beide bees en

skaap/lam) wat in hierdie abattoir

geproduseer word, na lande in

Afrika en die Midde-Ooste uitgevoer

mag word.

Hierdie ouditeringsproses

is volvoer toe die abattoirinfrastruktuur

en -prosesse

voldoen het aan die streng

vereistes tydens ‘n inspeksie

op 2 April vanjaar en het die

Jan Schutte

Bestuurder: KLK Vleis

abattoir op 23 April 2015 die sertifikaat en ZA-nommer

(ZA 305) ontvang, wat uitvoere magtig. Gedurende

hierdie periode het die Upington-abattoir ook aansoek

gedoen dat die abattoir-infrastruktuur en -prosesse aan die

beesverslagtingskant geoudit moet word om as ‘n Woolworths

goedgekeurde beesabattoir te kan besigheid doen. Die

Upington-abattoir is ‘n geruime tyd reeds goedgekeur om

as skaap/lam-abattoir vir die Woolworths-groep te kan slag

en die uitbreiding om beesverslagting te kan insluit, was

die volgende logiese stap. Hierdie proses is ook suksesvol

afgehandel op 2 Junie vanjaar en die Upington-abattoir

kan nou ook beeskarkasse en -afvalprodukte aan daardie

mark lewer.

KLK het voorheen die abattoirs in Carnavon en Calvinia

opgegradeer en beide hierdie abattoirs lewer produkte van

hoogstaande gehalte. Carnavon het in 2014 die eerste

abattoir in Suid-Afrika geword wat die ISO 22 000-gradering

geslaag het en beskik ook oor ‘n ZA-gradering. Ramskopabattoir

is in die proses om die prosesse sodanig te verbeter

om ook te kan aansoek doen vir ‘n ISO 22 000-gradering.

Hierdie prestasie stel die Upington-abattoir en KLK in staat om

aan produsente, veral aan die grootveekant, ‘n omvattende

diens te lewer en ‘n meer kompeterende prys vir hul produkte

te kan aanbied. Die feit dat die abattoir beide spesies kan

verslag en daardie produkte aan voorkeurmarkte kan

aanbied, het ook ‘n positiewe impak op die

pryse wat aan die kleinveekant betaal kan

word omdat daar nou beter deurset deur

die abattoir bewerkstellig word. Hierdie

is ‘n baie positiewe ontwikkeling op

die veeverslagtingsfront en is dan

uiteraard ‘n bewys van die KLK-groep

se toegewydheid om beter dienste en

geleenthede aan produsente binne

die KLK-bedieningsgebied te wil en te

kan lewer.

Die personeel van Upington-abattoir met die welverdiende ZA-sertifikaat.

bl6

bl7

Is ons in 'n droogtesiklus?

Só pak jy die herlaaiproses aan

bl3

2 Aan die Woord... KLK Gesprek

Die pad

vorentoe...

Stephen van Huyssteen

Besturende Direkteur: KLK

Marksake

Jan Schutte

Bestuurder: KLK Vleis

Verhandeling van KLK-aandele

DIE VERHANDELING VAN KLKaandele

vind plaas deur middel van ‘n

tenderproses en oor die toonbank in die

kantore van Du Toit Van Den Heever, KLK

se eksterne ouditeure.

Koop-en-verkoop-tenderdokumente

word gebruik, in ‘n verseëlde koevert

geplaas en volgens die reëls vir die

verhandeling- en bodproses, word

kopers en verkopers se aandele tydens

die verhandelingsproses gepaar en

verhandel.

Die historiese inligting wat deur kopers

en verkopers gebruik kan word om ‘n

ingeligte besluit te neem ten opsigte van

die verhandeling van hul KLK-aandele, is

op KLK se webtuiste beskikbaar.

Hierdie inligting behels die finansiële

resultate, nuusvrystellings, hoeveelheid

aandele verhandel, dividende betaalbaar

ensovoorts.

Die Raad van Finansiële Dienste

(RFD) het besluit dat alle “oor die

toonbank”-verhandeling van aandele

binne die vereistes en raamwerk van

‘n gelisensieerde aandelebeurs moet

plaasvind en KLK die verhandeling, soos

tans, moet opskort of voldoen aan die

voorwaardes en vereistes van die RFD.

KLK het aansoek gedoen en tydelik uitstel

gekry tot 30 Junie 2015, om aan hierdie

voorwaardes en vereistes te voldoen. Dit

beteken dat KLK die bedryfsmodel vir

verhandeling moet verander om nie as

verhandelingsbeurs op te tree nie, of te

noteer op ‘n beurs of om aansoek te

doen vir ‘n verhandelingslisensie.

KLK sal vanaf 1 Julie 2015 dieselfde

verhandelings/bodprosedures gebruik

as tans, behalwe dat KLK voortaan slegs

sal optree as fasiliteerder waar kopers en

verkopers aan mekaar voorgestel word

om self die transaksie vir verhandeling te

finaliseer en KLK dan slegs die suksesvolle

verhandeling opteken in die register en

die afhandeling van die betaling, tussen

kopers en verkopers, fasiliteer.

Die direksie evalueer en oorweeg tans

al die moontlike opsies, soos ‘n notering

op ‘n verhandelingsplatform/beurs, die

aansoek vir ‘n verhandelingslisensie of die

fasilitering en bekendstelling van kopers

en verkopers – wie self die transaksie

moet ooreenkom, as modelle vir die

toekomstige verhandeling van u KLKaandele.

Vleispryse in perspektief

DIE EERSTE KWARTAAL van die

finansiële jaar 2015/2016 is verby en

daarmee saam het die somerreënvaltyd

sekerlik tot ‘n einde gekom. Die goeie

reën waarna daar in die vorige rubriek

verwys is, het ongelukkig nie voortgeduur

nie en die grootste deel van die KLKbedienings-gebied

is tans baie droog met

die weiding wat uiters skaars geraak het

en produsente genoodsaak het om diere

vir verslagting aan te bied wat nog nie die

ideale slagkondisie en/of slaggewig bereik

het nie.

Die produsentepryse vir A2/A3 lammers

is tans steeds bokant die vlakke van

R50/kg en het nie onder hierdie vlakke

vir die kwartaal verhandel nie. Die meeste

van die ontleders het verwag dat die

slaggetalle sou afneem omdat produsente

die diere sou terughou om dit af te rond wat

toe nie gebeur het nie vanweë die swakker

as verwagte produksieomstandighede. Tog

het die mark verbasend sterk bly vertoon

in die midde van die hoër as verwagte

slaggetalle. Die vooruitsigte tans is dat

daar laer getalle beskikbaar behoort te

wees in die volgende kwartaal omdat

meeste van die ouseisoen-lammers reeds

bemark is en die nuweseisoen-lammers

later as gewoon-lik eers markklaar sal raak.

Dit behoort sterk opwaartse druk op die

pryse vir lam en skaap vir die volgende

kwartaal uit te oefen.

Pitkos vir die siel...

˝Trek die volle wapenrusting aan˝

LEES EF 6: 10 - 20

Die pad van die geloof is ‘n geveg teen die magte van die bose in die wêreld, ˝hierdie

duisternis˝, soos Paulus dit noem.

Staan die hare op jou nek regop, geagte leser? ‘n Geveg? Ons wat leef in die eeu van

militante geloofstryders, van religieuse aktivisme, die vloek van ons tyd?

Hoe verloop hierdie geveg? Hopelik nie soos jy gedink het nie!

Die speenkalfpryse is tans in die omgewing

van R18/kg tot R19/kg lewendige gewig

en daar word nie in hierdie kwartaal

noemenswaardige bewegings voorsien

nie. Die feit dat KLK se Upington-abattoir

ZA-gradering vir bees- sowel as skaap/

lamverslagting bekom het en ook

goedgekeur is om bees sowel as skaap/

lam vir die Woolworths-mark te verslag,

kan plaaslike beesvleispryse tydelik opdruk

teenoor die nasionale mark. Daar is

ook min markklaar bees beskikbaar vir

verslagting en daarom behoort pryse ook

vir hierdie kwartaal opwaarts te beweeg.

Daar is nog geen veranderinge aan die

Suid-Afrikaanse kant van die invoergrense

nie en Namibië het ook nie die

uitvoerregulasies aan hulle kant verander

nie. Die Suid-Afrikaanse regering het in

Mei 2015 ‘n stel nuwe regulasies afgekondig

waaraan invoere vanaf buur lande

na die RSA moontlik sal moet voldoen.

Rolspelers moes kennis neem van die

voorgestelde veranderinge en is ook

gevra om kommentaar daarop te lewer.

Die regering sal die kommentare, indien

enige, in ag neem met die saamstel van

‘n stel nuwe invoerregulasies alvorens

dit ingestel sal word. Dit is belangrik om

daarop te let dat die beskerming van die

dieregesondheidsstatus van die RSA

absoluut noodsaaklik is en dat dit in ag

geneem moet word wanneer besluite in

hierdie verband geneem word.

Deon van Niekerk

Die wapenrusting van God vir hierdie geveg is waarheid, geregtigheid, vrede, geloof, die

woord van God en gebed. Met hierdie swaard van die Gees veg ons.

Ons weerstand is nie een van ‘n oog vir ‘n oog soort weerwraak nie, maar van liefde. Dit is

tog die somtotaal van die wapenrusting.

Julie 2015

Maatskappynuus

3

Verskaffers word beloon

KLK HANDEL EN Build it se

Verskaffer van die Jaar-toekennings is op

26 Maart 2015 gehou en wenners is in vyf

kategorieë aangewys:

• Landbou-insette

: Veekos

• Produksiemiddele : Agriwire Upington

• Hardeware en DIY : S&C Agencies

• Verbruikersgoedere : Upigrow

• Build it

: Lafarge S.A.

Die Handelsafdeling van KLK evalueer sy

verskaffers jaarliks, gemeet aan die volgende

standaarde:

Build it en Verskaffer van die Jaar 2014: Lafarge S.A.

• Omkeersnelheid van sy produkreeks in

KLK-handelstakke

• Diens deur ‘n verteenwoordiger aan

handelstakke

• Kwaliteit van produkreeks

Hardeware en DIY: S&C Agencies

• Beskikbaarheid van voorraad

• Korrektheid van pryse, fakture en

administrasie

• Bemarkingsbystand (promosie, produkte

op die mark bring ensovoorts)

• Krediteure-administrasie en eisehantering

• Strategiese belangrikheid

• Waarde van besigheid gedoen die

afgelope jaar

• Betalingsterme en kortingstrukture

Landbou-insette: Veekos en Verbruikersgoedere: Upigrow

• Besigheidsetiek

Lafarge S.A. is aangewys as KLK se

Verskaffer van die Jaar vir 2014.

Produksiemiddele: Agriwire Upington

Ons is die mense wat toorn met ‘n sagte antwoord moet afkoel, wat

ons vyande mag liefhê, wat kan vergewe.

Ja, ons moet ons rûe styfmaak teen onreg, ons moet opstaan teen

diskriminasie en verdrukking. Die sagte antwoord van die evangelie

verg juis mannemoed.

Dít is wat ons kan doen om die wêreld om ons te help heel.

Hier stap ons in die voetspore van Christenmartelaars, so trap

suutjies.

Ons stap daarby ook in die voetspore van ons Verlosser,

Jesus Christus.

Daarom werk ons sag met diegene wat met ons verskil, die

andersdenkendes, die vreemdelinge, selfs dié wat nie ons

geloofsgenote is nie, want ons stry die stryd met liefde.

Dít, sê Paulus, is die geheimenis van die evangelie.

Sal ons hom ernstig opneem, die ˝gesant in kettings˝?

Of wil iemand ‘n ander pad voorstel?

Óns egter, stap die pad van die kruis, óns, die navolgers van

Christus.

Inderdaad, liefde verg mannemoed!

Jou vennoot in landbou

4 Aktueel

KLK Gesprek

KLK-aandeleprestasie steeds bevredigend

VANAF 1 TOT 31 MAART 2015 het

‘n totaal van 2 606 KLK-aandele verhandel op vlakke

tussen R10,13 en R10,20 per aandeel, met twee

kopers en ses verkopers.

30

KLK-aandeleverhandelingsgeskiedenis

24 986 aandele het in Mei 2015 verhandel op vlakke

van tussen R10 en R10,95, met vyf kopers en twaalf

verkopers. Geen aandele is in April verhandel nie.

Volume verhandeling ('000)

25

20

15

10

5

0

Mrt '15 Apr '15 Mei '15

Maand

Prys verhandel ('000)

Die nuutste Opel beïndruk

DIE NUWE OPEL Mokka, dié voertuigvervaardiger se eerste

sub-kompakte sportnutsvoertuig (SNV), het einde Maart 2015 sy

Suid-Afrikaanse verskyning gemaak.

Hierdie nuwe SNV volg kort op die hakke van die bekendstelling

van sy sibbe, die Adam en die Corsa, vroeër in 2015.

Twee modelle word in die Mokka-reeks vervat: Die Enjoy en die

Cosmo, en in ‘n keuse van ‘n sesspoed handratkas of outomaties.

‘n Kragtige 103 kW/200 Nm, 1,4 liter turbobelaaide enjin verskaf

aan hierdie voorwielaangedrewe SNV sy krag.

Opel se handelsnaambestuurder by GMSA, Christopher Cradock,

sê: “Die nuwe Opel Mokka is ‘n opwindende byvoeging tot die

Opel-portefeulje en volg die Adam en Corsa op as ‘n aanpasbare

leefstylopsie.

˝In hierdie opsig is dit perfek gepas vir die ambisieuse leefstyl

van die teikengroepe, maar meer as net dit, bied die Mokka ‘n

kwaliteit-alternatief vir daardie kliënte wat ‘n stadsleefstyl leef en

die hoë sitplekposisie, ekstra spasie, aanpasbaarheid en die gaanoral-eienskappe

van ‘n SNV ten volle waardeer.˝

Pryse:

Mokka Enjoy 1,4T – R288 500*

Mokka Enjoy 1,4T Outo – R298 500*

Mokka Cosmo 1,4T – R325 500*

Mokka Cosmo 1,4T Outo – R335 500*

Bron: Wheels24

“Dié voertuig se hoë kwaliteitsvlakke, bestuurdersbystand en

veiligheidstegnologie, sowel as sy veelsydigheid, plaas die Mokka

heel bo in sy klas. Dit is op mense gerig wat ‘n aktiewe leefstyl

geniet en ‘n lus vir avontuur het.

Julie 2015

Tegnies

5

Die son trek water

– Nastec-sonpomp-water!

MET DIE WANKELENDE elektrisiteitsvoorsiening en

beurtkrag wat deesdae deel vorm van ons lewens, kyk huishoudings

en besighede al hoe meer na alternatiewe vorms van elektrisiteit- en

watervoorsiening.

Tans is daar ‘n nuwe reeks sonpompe by KLK Landbou beskikbaar

– die Nastec-sonpomp (‘n pomp wat water deur middel van sonkrag

voorsien), wat ongeveer R14 500 (BTW uitgesluit) kos, kan tot ‘n

diepte van 120 meter pomp en is van vlekvrye staal gemaak, wat

baie gehard is teen aggressiewe water. Hoe dieper die watervlak,

hoe meer panele word bygesit en namate die panele vermeerder,

vermeerder die hoeveelheid water. Die koste van so ‘n paneel is

ongeveer R 2 400 (BTW uitgesluit).

Diepte Hoeveel panele Liters/dag (6 ure)

1 m - 30 m 1 15 000

30 m - 50 m 2 15 000

80 m 3 12 000

100 m 4 12 000

Die Nastec-sonpomp het baie voordele:

• Die pomp kan met 220 volt ook werk (kragopwekker).

• Is eenvoudig om te installeer.

• Kan werk as pomp horisontaal ook lê.

• Skakel af as watervlak sak tot by pomp.

• Onderdele is beskikbaar.

• Verskaffer beskik oor ‘n werkswinkel wat kan help met diens

en herstel.

KLK Calvinia het al heelwat van die pompe verkoop. Waar meer

water benodig word, is die Nastec ‘n beter opsie as die goedkoop

reeks wat KLK verskaf.

Nastec 4HS-sonpomp.

Navrae: KLK Calvinia

Cor van Niekerk

027 341 8200

083 610 1874

Jou naaste

Build it

in goeie

hande

Pieter van der Westhuizen het

onlangs by KLK as Build itstreeksbestuurder

aangemeld. Hy is

in beheer van al vier Build it-winkels

(op Kathu, Kuruman, Postmasburg

en Upington).

Jou vennoot in landbou

6 Aktueel

KLK Gesprek

Is ons in ‘n droogtesiklus?

ALHOEWEL DAAR BAIE siklusse in die natuur is, is dit

dikwels juis die probleem dat siklusse mekaar ophef of versterk

en voorspellings gegrond op siklusse, dus baie moeilik en

onakkuraat maak. “Onafhanklike” faktore, soos El Niño/

La Niña kan ook hierdie siklusse verder beïnvloed.

As ‘n mens dus na siklusse kyk, moet faktore soos El Niño

in gedagte gehou word en ook in die konteks van ander

siklusse gesien word. Die probleem is verder dat daar ook

ongeïdentifiseerde siklusse kan bestaan en van die bekende

siklusse se intensiteit kan ook verskil oor tyd.

Volgens die sogenaamde Tyson en Dyer-siklus (‘n 16 - 20 jaar

siklus met die helfte as deel van die natter siklus en die ander

helfte as deel van die droër siklus) is ons nou in die middel van

die natter siklus tot ongeveer die einde van die dekade. ‘n Ander

siklus wat ook ‘n invloed op veral reënval het, is die sonvleksiklus

van ongeveer elf jaar. Die hoeveelheid sonvlekke volg ‘n nagenoeg

vyf- tot sesjaar-periode van afnemende en ‘n vyf tot ses

jaar van toenemende aktiwiteit. Uit die geskiedenis het die

meeste droogtes in Suid-Afrika in die tydperk van afnemende

aktiwiteit voorgekom. Die boonste draaipunt is in April 2014

bereik en daar sal afnemende aktiwiteit vir die volgende vyf tot

ses jaar wees, wat die kanse vir droogtes vergroot.

As daar na El Niño gekyk word, toon die huidige voorspellings

‘n meer as 70%-kans vir ‘n redelike sterk ontwikkelde El Niño vir

2015/2016. Toegegee, voorspellings vir hierdie tyd van die jaar

tot Julie is baie swak en veranderings kom dikwels voor. Teen

Augustus tot Oktober vestig die El Niño dikwels, om dan met

Johan van den Berg

Santam Landbou

‘n groot mate van sekerheid die somerseisoen te heers. Die

uitdrukking van El Niño se effek word op sy beurt ook bepaal

deur ander faktore, soos die see-oppervlaktemperature in die

Indiese Oseaan. Koeler oppervlakwater in die Indiese Oseaan

veroorsaak minder tropiese siklone met ‘n beter kans vir reën en

oorheers dikwels die negatiewe effek van El Niño. Aan die ander

kant kan warmer water in die Indiese Oseaan, tesame met ‘n sterk

ontwikkelde El Niño egter rampdroogtetoestande tot gevolg hê.

Verder moet onthou word dat die effek van El Niño baie sterker

oor die westelike dele van die land is as oor die oostelike dele.

Die huidige stand van weidings is oor groot gedeeltes van die

land nie na wense nie en in sekere gedeeltes selfs baie swak tot

byna ramptoestande. Alhoewel El Niño dikwels verantwoordelik

is vir bogemiddelde reënval in die lente en vroeë somer, is dit

nie genoeg om droogtes op te hef of te voorkom nie.

Dus: Die kombinasie van dalende sonvlek-aktiwiteit, die groot

waarskynlikheid vir die voorkoms van ‘n volskaalse El Niño vir

2015/2016 tesame met die huidige swak weidingstoestande,

laat rooi ligte flikker vir die komende seisoen; veral vir die sentrale

tot westelike gedeeltes van die land. Hierdie situasie kan

egter verander soos wat die seisoen verloop en die Indiese

Oseaan kan dalk ‘n positiewe rol vervul om toestande te laat

verbeter. Soos wat huidige inligting en voorspellings egter aandui,

moet ons maar uit ‘n beplanningsoogpunt versigtig wees vir die

komende seisoen en hoop dat die toestande gunstiger word.

Hoe om gedrag te verander (Deel 2)

Die artikel is geskryf deur Cobus Booysen

(Bestuurder: Menslike Hulpbronne)

WAT KAN JY doen om daardie

hardnekkige slegte gewoontes te stuit en

nuwes aan te leer?

Probleem 2: Ons begin

gewoonlik met ‘n gewoonte

wat té groot is

Oplossing: Maak dit so maklik dat jy nie

kan nee sê nie.

Die moeilikste gedeelte van die aanleer

van ‘n nuwe gewoonte is die verandering

van gedrag wat daarmee gepaardgaan.

Dit neem baie motivering om ná ‘n lang

werksdag na die gimnasium te gaan, maar

as jy eers begin het met die oefeninge, vat

dit nie veel om die sessie klaar te maak

nie. Die aanleer van die nuwe gewoonte

is dus nie die sessie in die gimnasium nie,

maar eerder die poging om aan te trek en

fisies na die gimnasium te gaan. Die nuwe

gewoonte moenie ‘n bedreiging wees nie.

Dit moet klein en maklik wees, soos om aan

te trek en gimnasium toe te ry of te stap.

Die gedragsverandering moet klein en

maklik wees.

Wil jy graag 50 opstote per dag doen?

Begin met vyf en vermeerder dit geleidelik.

Wil jy graag meer boeke lees? Begin deur

twee bladsye elke aand te lees.

Probleem 3: Ons soek ‘n

resultaat, nie ‘n ritueel nie

Doelwitte en voornemens fokus meestal

op resultate. Hoeveel gewig wil jy verloor?

Hoeveel geld wil jy spaar? Hoeveel boeke

wil jy lees? Ons is uitkomsgefokus want

ons nuwe gedrag moet nuwe resultate

lewer. Die probleem is dat nuwe gedrag nie

noodwendig nuwe resultate lewer nie. Nuwe

lewenswyses doen. ‘n Lewenswyse is nie ‘n

uitkoms nie, maar ‘n proses. Vir hierdie rede

moet jy fokus op prosesse/roetines, eerder

as op resultate. Roetines verander gedrag

in gewoontes. In die woorde van Tony

Schwartz, “‘n Roetine is presiese gedrag op

‘n spesifieke tyd sodat dit ‘n outomatiese

aksie raak oor tyd en nie meer inspanning

of energie vereis nie”.

Wil jy ‘n nuwe gewoonte aanleer? Vestig

dan ‘n nuwe roetine in jou lewe.

(Erkenning aan James Clear)

Julie 2015

Aktueel

7

Só pak jy die herlaaiproses aan

Cassie Nienaber

Herlaaikenner

OM JOU EIE patrone te laai is nie net

maklik nie, maar ook ‘n vervullende proses.

Selfs diegene met die spreekwoordelike tien

duime kan dit baasraak.

Kom ek sit die proses kortliks soos volg

uiteen: Tydens die afvuur van ‘n patroon

ontbrand die dryfmiddel. Dit skep gas wat

so ‘n hoë drukking veroorsaak dat die dop

uitswel of rek en dié druk jaag die koeël

in die loop af. Die dop rek soveel dat dit

nie weer ‘n nuwe koeël styf genoeg sal

vashou nie, en dit mag dalk ook te styf in

die wapen se kamer pas. Die gevuurde

dop moet dus kleiner gekrimp (hervorm)

word sodat dit weer die koeël kan vashou

en gemaklik in die wapen se kamer kan

pas. Tydens hervorming word die gebruikte

slagdop verwyder. Daarna moet ‘n nuwe

slagdop, dryfmiddel (kruit) en koeël in hierdie

hervormde dop gemonteer word. En siedaar,

jy het ‘n “nuwe” patroon!

Dit is belangrik om te onthou dat die kruit/

dryfmiddel wat gebruik word asook die

slagdoppe hoogs ontvlambaar is en ernstige

beserings of selfs die dood kan veroorsaak,

daarom is veiligheid uiters belangrik.

Wanneer jy herlaai:

Leer by die meester

'N GELUKKIGE LESER kan een van

Cassie Nienaber se informatiewe herlaaidvd’s

wen.

Om in aanmerking te kom vir hierdie prys,

beantwoord net die eenvoudige vraag:

Is dit nodig om veiligheidsbrille te dra

wanneer jy herlaai?

Stuur jou inskrywingsvorm agter op ‘n

toegeplakte koevert aan: Ilse van Zyl,

KLK Landbou, Posbus 86, Upington, 8800;

stuur ‘n faks na 086 5500 224; of e-pos

na ilse@klk.co.za. Inskrywings moet haar

voor of op Donderdag, 10 September 2015,

bereik.

Reëls

Werknemers van die KLK-groep mag nie aan die

kompetisie deelneem nie • Slegs een inskrywing per

persoon • Die wenner sal op ons Facebook-blad

bekend gemaak word • Die prys sal na die naaste

KLK-handelstak gestuur word en kan daar afgehaal

word • Die prys kan nie vir kontant omgeruil word nie.

• Dra altyd veiligheidsbrille.

• Moenie rook terwyl jy herlaai nie.

• Bêre die dryfmiddels en slagdoppe waar

kinders dit nie kan bykom nie.

• Identifiseer die dryfmiddel en slagdoppe

wat jy wil/moet gebruik duidelik.

• Moet nooit rooklose dryfmiddel met

swartkruit meng of direk vervang nie.

• Hou slegs een tipe dryfmiddel en

slagdoppe op jou herlaaitafel op ‘n keer.

• Moenie die dryfmiddelvervaardiger se

aanbevole maksimum ladings oorskry nie.

• Hanteer slagdoppe versigtig en stoor hulle

altyd in die houers waarin hulle verkoop

word.

• Handhaaf die korrekte herlaaivolgorde.

• Kontroleer altyd die lading in die dop

voordat jy die koeël monteer.

• Hou rekords vir elke kaliber wat jy herlaai.

• Kruit en drank meng nie. Moet nooit

alkohol gebruik terwyl jy herlaai nie – wees

wakker en skerp.

Inskrywingsvorm

Naam en van: ..........................................

Adres: ......................................................

Tel: ..........................................................

Antwoord: ...............................................

Baie geluk aan Frikkie Mienies,

Isak Kortom en Vivian Basson wat

elk ‘n kopie van Namakwalandse

stories gewen het.

• Moet nooit‚ ‘n elektriese stofsuier gebruik

om los dryfmiddelkorrels mee op te suig

nie. Die geborselde elektriese motor kan

die dryfmiddel laat ontbrand.

Om patrone effektief en veilig te herlaai

benodig jy die volgende basiese toerusting:

‘n Ballistiese handleiding (ballistic manual);

‘n chronograaf (chronograph); skuifpasser

(vernier) vir die neem van dopmates en

patroonlengtes; ‘n pers (press); matryse

(dies); slagdopkamerskoonmaker (primer

pocket cleaner); doplengtesnyer (case

length trimmer); ontbramer (deburring tool);

slagdopmonteerder (priming tool) en skaal

vir die afweeg van dryfmiddel (powder scale).

BALLISTIESE HANDLEIDING

Omdat die eienskappe van wapens en

komponente van mekaar kan verskil,

wat groot verskille in werksverrigting en

funksionering meebring, is dit nie goeie

praktyk om blindelings die ladings van ander

herlaaiers of “hoorsêladings” te dupliseer

nie. Herlaaiers het dus ‘n behoefte aan

betroubare inligting omtrent aanbevole

veilige begin- en maksimum ladings.

Aangesien Suid-Afrikaanse herlaaiers met

Somchemdryfmiddels werk, behoort jy hul

handleiding genaamd, Rheinmetall Denel

Munition Somchem Powders

– Herlaaidryfmiddels ballistiese handleiding,

aan te skaf. In die volksmond noem ons

dit sommer die Somchemboekie of RDMhandleiding.

Hierdie handleiding is die

belangrikste item op jou inkopielys. Dit is

goedkoop en by die meeste wapenwinkels

beskikbaar. Lees die eerste sowat 30 bladsye

aandagtig deur vir agtergrondkennis. Dit

is uiters interessant en gee ‘n duidelike

beeld van waarmee jy gaan werk en watter

kragte betrokke is by die ontbranding van

die dryfmiddel om die koeël te lanseer.

Kruit ontbrand (hoewel in ‘n fraksie van ‘n

sekonde), dit ontplof nie. Lees die gedeelte

twee of drie keer indien nodig, totdat jy ‘n

goeie begrip het van wat verduidelik word.

Die handleiding bevat laaitabelle vir die

meer algemene kalibers met aanbevole

begin- en maksimum ladings vir verskeie

koeëlgewigte.

Lees in die volgende uitgawe van

KLK Gesprek verder oor die herlaaiproses.

NAMENS KLK LANDBOU BPK

Ilse van Zyl *

054 337 6202 •

* Vir navrae oor die verspreiding van

, of adreswysigings,

kontak vir Ilse van Zyl.

REDAKSIE

Elmarie Helberg

018 468 2716

BLADUITLEG EN DRUK

Infoworks

018 468 2716

is ‘n nuusblad wat vier keer

per jaar namens KLK deur

saamgestel en uitgegee word.

Johan Smit

018 468 2716

your ideas can fly

Jou vennoot in landbou

8 Omgewingsake

Aalwyne

Die artikel is geskryf deur Francois van der Merwe, ‘n natuurliefhebber van

Calvinia. Vir meer inligting, stuur ‘n epos na info@klipspringer.co.za.

1

2

3

4

5

6

7

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!