31.05.2016 Views

KLK-Julie-2015

KLK-Julie-2015

KLK-Julie-2015

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

6 Aktueel

KLK Gesprek

Is ons in ‘n droogtesiklus?

ALHOEWEL DAAR BAIE siklusse in die natuur is, is dit

dikwels juis die probleem dat siklusse mekaar ophef of versterk

en voorspellings gegrond op siklusse, dus baie moeilik en

onakkuraat maak. “Onafhanklike” faktore, soos El Niño/

La Niña kan ook hierdie siklusse verder beïnvloed.

As ‘n mens dus na siklusse kyk, moet faktore soos El Niño

in gedagte gehou word en ook in die konteks van ander

siklusse gesien word. Die probleem is verder dat daar ook

ongeïdentifiseerde siklusse kan bestaan en van die bekende

siklusse se intensiteit kan ook verskil oor tyd.

Volgens die sogenaamde Tyson en Dyer-siklus (‘n 16 - 20 jaar

siklus met die helfte as deel van die natter siklus en die ander

helfte as deel van die droër siklus) is ons nou in die middel van

die natter siklus tot ongeveer die einde van die dekade. ‘n Ander

siklus wat ook ‘n invloed op veral reënval het, is die sonvleksiklus

van ongeveer elf jaar. Die hoeveelheid sonvlekke volg ‘n nagenoeg

vyf- tot sesjaar-periode van afnemende en ‘n vyf tot ses

jaar van toenemende aktiwiteit. Uit die geskiedenis het die

meeste droogtes in Suid-Afrika in die tydperk van afnemende

aktiwiteit voorgekom. Die boonste draaipunt is in April 2014

bereik en daar sal afnemende aktiwiteit vir die volgende vyf tot

ses jaar wees, wat die kanse vir droogtes vergroot.

As daar na El Niño gekyk word, toon die huidige voorspellings

‘n meer as 70%-kans vir ‘n redelike sterk ontwikkelde El Niño vir

2015/2016. Toegegee, voorspellings vir hierdie tyd van die jaar

tot Julie is baie swak en veranderings kom dikwels voor. Teen

Augustus tot Oktober vestig die El Niño dikwels, om dan met

Johan van den Berg

Santam Landbou

‘n groot mate van sekerheid die somerseisoen te heers. Die

uitdrukking van El Niño se effek word op sy beurt ook bepaal

deur ander faktore, soos die see-oppervlaktemperature in die

Indiese Oseaan. Koeler oppervlakwater in die Indiese Oseaan

veroorsaak minder tropiese siklone met ‘n beter kans vir reën en

oorheers dikwels die negatiewe effek van El Niño. Aan die ander

kant kan warmer water in die Indiese Oseaan, tesame met ‘n sterk

ontwikkelde El Niño egter rampdroogtetoestande tot gevolg hê.

Verder moet onthou word dat die effek van El Niño baie sterker

oor die westelike dele van die land is as oor die oostelike dele.

Die huidige stand van weidings is oor groot gedeeltes van die

land nie na wense nie en in sekere gedeeltes selfs baie swak tot

byna ramptoestande. Alhoewel El Niño dikwels verantwoordelik

is vir bogemiddelde reënval in die lente en vroeë somer, is dit

nie genoeg om droogtes op te hef of te voorkom nie.

Dus: Die kombinasie van dalende sonvlek-aktiwiteit, die groot

waarskynlikheid vir die voorkoms van ‘n volskaalse El Niño vir

2015/2016 tesame met die huidige swak weidingstoestande,

laat rooi ligte flikker vir die komende seisoen; veral vir die sentrale

tot westelike gedeeltes van die land. Hierdie situasie kan

egter verander soos wat die seisoen verloop en die Indiese

Oseaan kan dalk ‘n positiewe rol vervul om toestande te laat

verbeter. Soos wat huidige inligting en voorspellings egter aandui,

moet ons maar uit ‘n beplanningsoogpunt versigtig wees vir die

komende seisoen en hoop dat die toestande gunstiger word.

Hoe om gedrag te verander (Deel 2)

Die artikel is geskryf deur Cobus Booysen

(Bestuurder: Menslike Hulpbronne)

WAT KAN JY doen om daardie

hardnekkige slegte gewoontes te stuit en

nuwes aan te leer?

Probleem 2: Ons begin

gewoonlik met ‘n gewoonte

wat té groot is

Oplossing: Maak dit so maklik dat jy nie

kan nee sê nie.

Die moeilikste gedeelte van die aanleer

van ‘n nuwe gewoonte is die verandering

van gedrag wat daarmee gepaardgaan.

Dit neem baie motivering om ná ‘n lang

werksdag na die gimnasium te gaan, maar

as jy eers begin het met die oefeninge, vat

dit nie veel om die sessie klaar te maak

nie. Die aanleer van die nuwe gewoonte

is dus nie die sessie in die gimnasium nie,

maar eerder die poging om aan te trek en

fisies na die gimnasium te gaan. Die nuwe

gewoonte moenie ‘n bedreiging wees nie.

Dit moet klein en maklik wees, soos om aan

te trek en gimnasium toe te ry of te stap.

Die gedragsverandering moet klein en

maklik wees.

Wil jy graag 50 opstote per dag doen?

Begin met vyf en vermeerder dit geleidelik.

Wil jy graag meer boeke lees? Begin deur

twee bladsye elke aand te lees.

Probleem 3: Ons soek ‘n

resultaat, nie ‘n ritueel nie

Doelwitte en voornemens fokus meestal

op resultate. Hoeveel gewig wil jy verloor?

Hoeveel geld wil jy spaar? Hoeveel boeke

wil jy lees? Ons is uitkomsgefokus want

ons nuwe gedrag moet nuwe resultate

lewer. Die probleem is dat nuwe gedrag nie

noodwendig nuwe resultate lewer nie. Nuwe

lewenswyses doen. ‘n Lewenswyse is nie ‘n

uitkoms nie, maar ‘n proses. Vir hierdie rede

moet jy fokus op prosesse/roetines, eerder

as op resultate. Roetines verander gedrag

in gewoontes. In die woorde van Tony

Schwartz, “‘n Roetine is presiese gedrag op

‘n spesifieke tyd sodat dit ‘n outomatiese

aksie raak oor tyd en nie meer inspanning

of energie vereis nie”.

Wil jy ‘n nuwe gewoonte aanleer? Vestig

dan ‘n nuwe roetine in jou lewe.

(Erkenning aan James Clear)

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!