07.06.2016 Views

KLK-Jun-2016

KLK-Jun-2016

KLK-Jun-2016

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

6

Aktueel

KLK Gesprek

KLK en UIB in nuwe

versekeringsalliansie

DIE KORTTERMYN-

VERSEKERINGSBESIGHEID van

KLK in samewerking met Unigro Insurance

Brokers (UIB) as nuwe makelaar, het vanaf

1 Januarie 2016 in werking getree, nadat

die KLK/AIFA alliansie van sewe jaar in

Desember 2015 beëindig is.

UIB is ‘n volfiliaal van Afgri met sy

hoofkantoor in Centurion en het nege

versekeringskantore landwyd. Die KLKentiteit

en kliëntebron sal met die ondersteuning

van UIB uitgebrei word met ‘n

groter verskeidenheid produkte, dienste

en kundigheid.

Die huidige konsultante, Hannes Botha op

Upington en Lizette Lambrechts op Calvinia,

in diens van KLK, sal steeds as adviseurs

optree en dekkings sal steeds deur dieselfde

versekeraar onderskryf word.

KLK en UIB is opgewonde om hierdie

groter produkreeks en verbeterde diens,

beskikbaar te stel.

Kalahari lewe

(Nov 2002)

deur Gert Olivier

Laasjaar was dit ‘n natjaar,

Hierriejaar is dit ‘n sandjaar.

Laasjaar was die Boesmangras kophoog,

Hierriejaar is die rooiduin droog.

Laasjaar het die bliksemstraal reën gebring,

Hierriejaar het dit vuur gebring,

Die bees is brandmaer.

Die aarde skreeu: Ek het dors!

Die beeste bulk: Ons soek kos!

Die mense bid: Ons soek reën!

Die Here antwoord: Geduld van Job!

My Kalahari Kind!

Cobus Booysen

Bestuurder: Menslike Hulpbronne

Misplaaste denke

(Deel 1)

MENSE HET OOR die eeue heen

snaakse gedrag op die volmaan blameer.

In die middel-eeue het mense geglo dat

die volmaan mense in weerwolwe kan

verander. In die 17de eeu was dit algemeen

om te aanvaar dat die volmaan

die oorsaak was van epileptiese- en koors

aanvalle. Ons het tot ons woordeskat by

ons gelowe aangepas. Die woord “lunatic”

kom van die Latynse stamwoord “Luna”

wat maan beteken.

Daar is baie min tot geen bewyse dat ‘n

volmaan enige invloed het op menslike

gedrag nie. ‘n Volledige ontleding van

meer as 30 studies in die verband toon

geen verwantskap tussen ‘n volmaan en

die aantal hospitaalopnames nie, of

die aantal casino-uitbetalings nie, of

selfmoorde, verkeersongelukke, of die

aantal kriminele oortredings nie.

‘n Studie wat in 2005 in Amerika gedoen

is, het egter bevind het dat sewe uit elke

tien verpleegsters glo dat ‘n volmaan tot

chaos in hospitale asook meer op names

van pasiënte lei. Dit is totaal teenstrydig

met ander studies. Hoekom sal verpleegsters

dan hierdie oortuiging hê?

Hierdie verpleegsters is slagoffers van ‘n

algemene verstandelike fout wat almal van

ons teister. Sielkundiges verwys daarna

as “illusiekorrelasie.”

Dit werk so

‘n Illusiekorrelasie gebeur wanneer ons

‘n spesifieke gebeurtenis verkeerdelik

oorbeklemtoon en ander ignoreer. Byvoorbeeld,

jy besoek Kaapstad en ‘n ander

motoris draai reg voor jou in. Later besoek

jy ‘n restaurant en die kelner is ongeskik

met jou. Nog later vra jy rigtingaanwysings

by ‘n voetganger op straat en die persoon

ignoreer jou.

Wanneer jy terugdink aan jou besoek aan

die Kaap dan is dit maklik om hierdie

negatiewe ervarings te onthou en oortuig

te wees daarvan dat die mense in die Kaap

ongeskik is. Tog vergeet jy die vriendelike

kelners by die ander plekke waar jy geëet

het, of die honderde motoriste wat saam

met jou op die snelweg beweeg het sonder

enige voorval.

Hierdie was normale goed wat gebeur het

omdat geen uitsonderlike gedrag of optrede

plaasgevind het nie. Dit is makliker om

dit te onthou wat uitsonderlik was en jou

ontstel het as wat dit is om die alledaagse

te onthou.

Ons verstand werk as volg

Ons is geneig om die belangrikheid van

gebeure wat ons maklik kan herroep te

oorbeklemtoon en dit wat ons moeilik kan

herroep te onderbeklemtoon. Hoe makliker

dit is om te onthou, hoe meer is ons geneig

om ‘n sterk verband tussen dinge te sien

wat swak of geensins verband hou met

mekaar nie.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!