02.04.2019 Views

KAMP IS LEKKER APRIL 2019

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

kamp (saam met oupa) by

DORINGLAAGTE

Loop al lank met die gedagte om

skoonpa saam te neem op een

van ons pa & seun kampe. Met

die dat Marli in Denemarkte was

vir so paar dae, het ek besluit

hierdie is ‘n gulde geleentheid

om hom saam te nooi na ons

kamp by Doringlaagte.

Woorde & Foto’s: Henry Jonker

Vrydagmiddag so net na 3pm glip

die vier van ons deur die Hugenote tonnel.

Die seuns se opwinding borrel oor met die

dat oupa gaan saam kamp en kort-kort moet

ek hul keer want hulle praat sommer oor

mekaar.

Net soos ons die laagwaterbruggie buite

Montagu oor ry, draai ons link by die Talana

pad en dan presies 2.8km verder kry ons

Doringlaagte se ingang regs.

Die kampterrein & huisies is om

ʼn groot dam gebou. Ongelukkig

met ons besoek, was die

watervlak bitter laag, maar

mens kan net indink hoe

wonderlik dit moet wees as die

dam wal-tot-wal vol is.

Bestuur het vir ons een van

hulle Kolkol Wood-Fired Hot

Tub gratis aangebied vir die

naweek, so die seuns was

natuurlik oor die maan toe ons

daar stop en een van die

Menere daar staan. Skaars die

tent en vuur aan die gang

gekry, toe moes daar vuur

gemaak word om die water

warm te kry.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!