29.10.2020 Views

Kamp is Lekker Tydskrif November 2020

Lekker Kampplekke besoek die warm water van die Karoo. Ons gee 'n lekker kampwenk. Besoek die jaar die kampplek dalk bietjie nader aan die huis. Local is lekker. Voorblad foto geteken deur: SCHINK CARICATURES Dit is weer die tyd van die jaar waar gesinne hul jaarlikse Desember vakansies beplan.

Lekker Kampplekke besoek die warm water van die Karoo. Ons gee 'n lekker kampwenk. Besoek die jaar die kampplek dalk bietjie nader aan die huis. Local is lekker. Voorblad foto geteken deur: SCHINK CARICATURES
Dit is weer die tyd van die jaar waar gesinne hul
jaarlikse Desember vakansies beplan.

SHOW MORE
SHOW LESS
• No tags were found...

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

November 2020

HIER word stories gebou

NUWE

Kampwenke

Die kuns van

‘n tuin-kamp

Baljaar by

Warmwaterber Spa

VOORBLAD FOTO van Karlo

WARMWATERBERG SPA

W

at is dan nou lekkerder as om

by warmwaterbronne te gaan

kamp…die regte antwoord

is…NIKS NIE!

Ek en Rikus het besluit om by

Warmwaterberg Spa, op die R62 tussen

Ladismith en Barrydale te gaan kamp. Die

kampterrein is baie gewild vir sy

warmwaterbronne en moet ‘n mens maar

vroegtydig bespreek vir ‘n naweek – ons

het egter besluit om in die week te gaan

kamp.

Daar is sowat 25 staanplekke oor die

terrein versprei, elkeen met ‘n braaier.

Die meeste van die kampplekke het

elektrisiteit, maar ons wou ‘n stiller tyd by

die kamp geniet en het dus op ‘n

staanplek sonder elektrisiteit besluit. Die

staanplekke sonder elektrisiteit is seker

meer geskik vir tente en ons moes mooi

parkeer om gelyk te staan en met die

daktent onder die bome in te pas, maar

wat…as ‘n mens mos eers die regte

staanplek gekry het kan niks jou mos keer

om lekker te kamp nie.

Nadat ons kamp opgeslaan het, het ons

dadelik ons weg gevind na die warmwater

swembad. Die water is so warm soos

badwater en het ‘n baie hoë yster-inhoud.

Ek het sommer geweet ek gaan maar

sukkel om weer uit daardie lekker

strelende en helende warmwater te klim.

Daar is orals afdakkies rondom die 3

swembaddens sodat ‘n mens lekker kan

kuier by die swembad. Vinnig raak ‘n mens

deel van die geselsskap in die swembad

en gou het elkeen vertel waar hy al

gekamp het en waarheen hy volgende

oppad was om te gaan

kamp.

Terug by ons staanplek het

ons vuurtjie aangesteek en

‘n lekker skemerkelkie

geskink. Ons het nog so

lekker gesit en kuier toe ‘n

groot skilpad en sy maat

verby gestap gekom het en in die

karoobossies naby ons staanplek verdwyn

het. Ek kan nie onthou wanneer laas ek so

‘n groot skilpad gesien het nie! Verder

kuier daar ook ‘n paar poue by die

kampterrein en roep aanmekaar hulle

maats.

En dan was daar ook ‘n paar mossies en

ander voëltjies wat op jou stoel kom sit het

en vlekvlooi het vir ‘n krummeltjie van jou

Te gou was ons 2 dae

se kamp by

Warmwaterberg Spa

verby, maar ons sal

weer kom kamp – dis

verseker.

braaibroodjie. Dit was regtig so lekker om

omring te word met hulle vlerkies wat klap

en die getjirp-geselsskap.

Die lekkerste van kamp by ‘n

warmwaterbron is sekerlik om in die

swembad te gaan ontspan as die son

reeds gesak het – en natuurlik het ons

weer ‘n draai by die

swembad gaan maak

voordat ons laataand in die

daktent gaan inkruip het vir

‘n salige nagrus na al die

dag se swemmery en kuier

in die karoo sonnetjie.

Van laatslaap was daar

egter geen sprake nie…vroegoggend het

die poue al die kampeerders by die

kampterrein wakker geroep. Ek was nie

spyt nie, want wat is dan nou lekkerder

om vroegoggend die fluit-ketel op die

gasplaat te sit en te wag dat die fluitjie

aankondig dat dit tyd is vir goeie

ordentlike koffie! Rikus het dan ook later

vir ons die lekkerste ontbyt gemaak – met

baie proteïene sodat ons energie moes

hou vir ‘n voldag se kamp en kuier…

Van die kampeerders het ook vroegoggend

hulle stapskoene aangetrek en ‘n lekker ver

ent gaan stap in die pragtige karoo-natuur.

Dit het gelyk of hulle ‘n warmwaterfles

saamdra – seker maar om erens, soos ‘n uil

op ‘n kluit, op ‘n hoogtetjie op ‘n klip te

gaan sit en oor die vlaktes te tuur terwyl die

sonnetjie al hoër na sy kroon uitstyg.

Die hele dag het ons weer rustig gekamp,

bietjie rondgeloop by die kampterrein en

natuurlik weer…en weer…en

weer…geswem!

Kampwenk vir die maand

Foto en teks deur: Nicolaas Constavis Smith

Almal weet sagte grond, sandgrond, en

gras is van die oppervlakte wat 'n kopseer

is as jy jou setup wil anker. Almal weet ook

dat hoe dikker en langer die pen is hoe

beter anker het jy. Nou ons weet ook dat

die Veerpen een van die beste penne is om

in jou pennekas te hê. Ongelukkig is daar

min ouens wat nie die heel beste pen het

vir die grondtipes wat genoem is . Ek het so

paar toetse gedoen, en dit is nogal

verstommend. Die gewone 7-pen is

nutteloos behalwe as dit minstens 8mm dik

en minstens 450mm lank is. dieselfde geld

vir die gewone ronde veerpen. Die

hoekysterpen daarin teen is in 'n klas van sy

eie. Die een in die foto is net 300mm en as

jy dit inslaan gelyk met die grond, is die

kans 0-(Zero) dat dit sal uitkom. Beide die

ander twee penne skeur deur die grond as

daar te veel stres opgesit word. ek gebruik

die hoekysterpenne altyd as ek op gras

staan, Dit is 'n moet in jou pennekas, en dit

vat baie min spasie, en jy het nie eers nodig

om vere te koop nie jy gebruik somme die

vere van jou rondepen.

Koop jou volledige KAMP EN SLEEP KENNIS gids direk by nick@safricom.co.za

die eerste oogopslag kan jy sien dat die 444

Met

is om 'n voertuiguitleg te kan hanteer. Sy

ontwerp

smal vorm gly mooi langs 'n yskas of op die

lang

agter die voorste sitplekke in. Daar is

vloer

toegang tot die kragpunte sonder om jou

maklike

motor uit te pak. Die enigste punt aan die

hele

is die standaard 12V sigaretuitlaat,

agterkant,

jou yskasdrade van die res van die ander

wat

weghou. Selfs die punte aan die voorkant

punte

dit maklik om van voertuiglaaier na sonkrag

maak

ruil as jy vir 'n lang periode kamp opslaan. Ek

te

gevind dat die Lithium444 die naweek vir my

het

die gebruik van die 444 betref, werk alles

Wat

soos ek dit sou verwag het. Jy skakel dit

presies

aan en druk alles wat krag benodig by

eenvoudig

toestel in. Daar is geen moeilike knoppies oor

die

om dit te gebruik nie. Daar is slegs 'n ry blou

hoe

wat 'n eenvoudige weergawe gee van

LED-liggies

oorblywende batterylewe. Die agt proppe

die

die voorkant bevat drie 110V- en drie USB-

aan

wat jou in staat stel om feitlik enigiets in

poorte,

prop. te

ek die Flexopower Lithium444 begin

Nadat

het, is ek regtig beïndruk. Hulle het nêrens

gebruik

nie, maar dit eenvoudig en so effektief

afgeskeep

gehou. As jy op soek is na 'n eenvoudige

moontlik

wat ontwerp is om die behoefte aan 'n

eenheid

batterystelsel te vervang, dan is die 444

dubbele

5.5kg

Gewig:

30 x 13 x 18 cm

Groote(LBH):

oorgenoeg krag kon voorsien.

'n uitstekende keuse.

Ekstras: 1 x AC herlaai kabel

1 x Car 12V herlaai kabel

1 x Sonpaneel kabel met Anderson grys

aansluiting

N S K A M P K R A G W O R D

O

O O N T L I K G E M A A K D E U R

M

L E X O P O W E R S E M O J A V E

F

2 0 W S O N P A N E E L

2

Die kuns van

‘n tuin-kamp

(ramp)

Foto: Francois Otto

Deur Reon Janse van Rensburg

M

et die aankondiging van

die nasionale inperking

moes Suid-Afrikaners se

korttermyn vooruitsigte vir

wegbreke en vakansies saam met

hulle motors in die motorhuise

geparkeer word. Ons almal het

beste vriende geword met Jan

Tuisbly, al moes hy ook maar

skelm kom kuier.

Na die hoeveelste week, maand

of jaar wat ek en my vrou

allerhande resepte uitgetoets het,

met ʼn dankbare hart agtergekom

het dat dit maklik gebeur dat jou

internet toevallig in die middel van

ʼn aanlyn joga-klas besluit het om

tydelik te groet en op sosiale

media gekyk het hoe ander

mense om hulle huise hardloop,

was ons verlange na die paaie uit

Gauteng na nuwe en ou

bestemmings groot.

D

it is in tye soos die waar ʼn

mens weer kon herontdek

wie jy is en selfs ook wie jy

nie is nie. Ek is nie ʼn hardloper

nie, al moes ek ook al menigmaal

na die badkamers hardloop omdat

ek nie vir my vrou geluister het toe

ons ʼn staanplek gekies het nie en

ek die verste staanplek vanaf die

badkamer gekies het omdat ek

oortuig was dat daar meer koelte

op die spesifieke staanplek was.

Ek het agtergekom dat ek en my

vrou nie ʼn slegte span in die

kombuis maak nie en dat daar

nogal baie verskillende disse op ʼn

Cobb of op die kole voorberei kan

word.

Die belangrikste ding wat ek egter

herontdek het is hoe ek nie

gemaak is om ingekamp te word

nie en dat kajuitkoors ʼn gevaarlike

ding is. Die onttrekkingsimptome

wat ʼn mens van ʼn goeie kamp

ervaar voel soos die “Sunday

Blues” wat kom kuier, maar egter

nooit weer weggaan nie.

Dit is juis hierdie simptome wat

my vrou by my gediagnoseer het

en haar voorstel was dat ons

gaan kamp. Toe ek haar verseker

dat haar entoesiasme op die regte

plek is, maar dat dit egter ʼn

onmoontlike taak is tydens die

inperking het sy my verstom met

haar antwoord.

“Kom ons gaan kamp, maar in die

tuin.”

Dit is asof die plan my vierkantig

tussen die oë getref het. Ek het dit

gereeld as kind gedoen en baie

van my skoolvakansies het ek

buite die huis in my tent spandeer.

Ek het dit wel nog nooit saam met

my vrou gedoen nie. Dat my vrou

dit uit haar eie aangebied het was

wel ʼn raaisel. Sy is lief vir kamp,

maar wel met goeie

voorbereiding.

Haar redenasie was egter dat dit

steeds naby genoeg was aan al

die geriewe, dit veilig is, nie

pikdonker is nie en dat sy haar

huis kombuis kan gebruik indien

sy wou. Ons kan ook nie die keer

vergeet om iets in te pak wat ons

later sal benodig nie omdat alles

wat ons moontlik kan benodig ʼn

paar tree vanaf ons kamp sal

wees.

D

ie opslaan van die kamp

gebeur toe sommer vinnig.

Om die waarheid te sê dit

het nog nooit so vinnig gebeur

nie. Was dit dan omdat ons nie

nodig gehad het om alles in te pak

nie? Hoe dit ook al sy, dit was

maklik, amper te maklik!

Sy is vinnig winkel toe met ʼn

kamp-inkopielys. Ek het gesorg

dat daar ekstra ligte is, die braaier

skoongemaak, die opblaasmatras

gereed gekry en omdat dit in die

middel van die winter was het ek

selfs die verlengingskoord gebruik

en ons elektriese kombers bo-op

die matras gesit sodat die koue

van onder af nie ons beetkry nie.

ʼn Boer maak ʼn plan en dink

sommer vooruit ook!

Die aand nadat ons gebraai het

en op ons kampstoele voor die

vuur sit kom ons agter dat dit veel

kouer is as wat ons gedink het dit

gaan wees. Net voor agt die aand

sien ek dat ons nie genoeg hout

gaan hê vir die aand nie en dat

die hout veel vinniger gebrand het

as wat ek gedink het. Dit was ook

nog die tyd toe die aandklokreël

reeds om agtuur in werking getree

het.

My vrou het gou die ketel gaan

kook vir koffie sodat ons kan

warm word. Die Uno-kaarte is

gereed en die warm bed en tent

staan gereed.

Nadat my vrou die koffie gemaak

het, het ons besluit dat dit veiliger

sal wees om die huis te sluit en

slegs enkele ligte aan te los.

Met genoeg lig buite het ons die

tent ingekruip en onder die warm

komberse ingeklim.

Ons het skaars ʼn sluk van ons

koffie geneem toe dit skielik

pikdonker word.

Eskom het besluit om ons pret te

bederf.

Met ʼn geskarrel in die donker val

ons byna uit die tent uit.

“Waar is die flits of ligte wat jy

herlaai het?”

“Waar is jou foon sodat ek kan

sien waar jy die sleutels van die

huis neergesit het?”

In al die opwinding van kamp

opslaan het ek vergeet om die flits

uit die huis te bring. Ek het ook

vergeet om die ligte na verlede

week se beurtkrag te herlaai en

die is ook in die huis. Nie ek of my

vrou kry die huis se sleutel nie en

dit nadat sy hom nou net hier

iewers neergesit het. Ek het

hordes ligte uitgepak, genoeg om

elke donker hoek in die erf die lig

te laat sien, meer meteens is hulle

nutteloos en dien slegs as ʼn strik

in die donker en laat jou op jou

knieë die grond ontmoet.

N

a ʼn kortstondige gestryery

en die-een-blameer-daaieen

argument en ʼn

skedule van vier en ʼn half ure se

beurtkrag wat op ons wag, ʼn

geslote huis en die sleutel wat

iewers naby ons in die donker lê,

het ons, ons koffie in stilte

gedrink. In die plek van ʼn

knetterende vuur en die

naggeluide van die bos of see

waar ons gewoonlik sou kamp,

was slegs die gedruis van

kragopwekkers in die buurt,

honde wat blaf en die verlangse

waarskuwing van sirenes.

Ons het gaan slaap en gou

agtergekom dat ek die verkeerde

opblaasmatras uit die kas in die

motorhuis geneem het. Die een

wat ek gevat het, het iewers ʼn

lekkasie en ek sou dit nog na een

van ons vorige kampe opgespoor

het en reggemaak het. Ek het

nooit.

Dit was nie net koud nie, die nag

was lank en die grond was hard.

Teen na middernag toe die ligte

aangaan en my vrou die huis se

sleutel in haar jas se sak ontdek

kon ons net daaroor lag. Ons kon

in die huis ingaan en op ons bed

gaan slaap, maar ons is

kampeerders en kampeerders

trotseer uitdagings en al die

elemente.

Sy het die keer die regte matras in

die motorhuis gaan haal en ek het

die koffie gemaak. Sy kon hom in

ʼn japtrap met die elektriese pomp

opblaas.

Met die elektriese kombers wat

hitte genereer, warm koffie en

ligte wat weer brand besef ek net

een ding. As jy wil hê dat iets van

die begin af reg werk, gee dit vir ʼn

vrou.

Ons tuin-kamp was byna ʼn tuinramp,

maar volgende keer doen

ons dit weer, net die keer met

LekkeR Kampplekke se

kamppaklys en die voorbereiding

deur my vrou.

Sand-Free

Multimat Groundsheet

Straight:

Sizes:

1.5 x 1.5m

1.5 x 4.0m

3.0 x 3.6m

3.0 x 4.5m

3.0 x 5.4m

3.0 x 6.5m

3.0 x 7.5m

Reversible:

Green one side

Grey other side

L-Shape:

Sizes:

Medium Large 4x4

3m

2m

2m 3.5m

5m

3m

5m

2m

3m

3m

5m

1.5m

6.5m 5m

Reversible: Grey Only

3.5m

2m

1.5m

3.5m

Visit our website for a variety of sand-free beach products available

CGEAR Africa

cgear_africa

Forever

en vir altyd

Mpumalanga

Badplaas

A Forever Resort

Forever Hotel

@ Badplaas

Rex’s Ranch

A Forever Retreat

Amanzi Mountain

Reserve, A Forever Lodge

Waterfall

A Forever Lodge

Leopard’s Trail

A Forever Retreat

Loskopdam

A Forever Resort

Isiyala Game Lodge

A Forever Lodge

Matombu

A Forever Lodge

Silverfalls

A Forever Retreat

Forever Hotel

@ White River

Blyde Canyon

A Forever Resort

limpopo

Swadini

A Forever Resort

Phalaborwa Safari Park

A Forever Resort

Tshipise

A Forever Resort

Ramoswe

A Forever Lodge

Lapa Lodge

A Forever Lodge

Warmbaths

A Forever Resort

gauteng

wes-Kaap

VRYSTAAT

Forever Hotel @ Centurion Plettenberg, A Forever Resort Gariep, A Forever Resort

TEL: +27 (0)12 423 5600

EPOS: info@foreversa.co.za

WEBTUISTE: www.foreversa.co.za

CAMPING

MADE

EASY

https://bundutec.co.za

Our Seatcovers are made using a synthetic fabric which is

incredibly tough, 100% waterproof and extremely

comfortable to sit on. A range of colours is available to suit

most modern design trends.

www.takla.co.za

Jy kan steeds lekker

en veilig kamp in die

tyd van Covid-19

Deur Reon Janse van Rensburg

Dit is weer die tyd van die jaar waar gesinne hul

jaarlikse Desember vakansies beplan. Dit is dalk

selfs die jaar meer spesiaal as vantevore, veral

omdat Suid-Afrikaners vir ʼn groot deel van die jaar

nie die geleentheid kon gebruik om vir ʼn oomblik

van die malligheid wat die jaar opgelewer het te

kon ontsnap nie.

Met die meerderheid bestemmings wat die seisoen

staatmaak op die plaaslike toerismebedryf vir

besigheid mag kampeerders en ook ander

vakansiegangers selfs aangenaam verras wees

om te sien dat daar wel heelwat bekostigbare

verblyf is wat vir elke inkomstegroep geskik is.

Daar is egter die verstaanbare vrees onder toeriste

dat daar wel ʼn moontlikheid mag ontstaan dat hulle

tydens hul vakansie die Covid-19 virus kan opdoen

en daarom bly hulle steeds weg van oorde en

bestemmings. Die vrees en onsekerheid is te

verstane, maar LekkeR Kampplekke het egter

gaan ondersoek instel oor hoe kampeerders en

vakansiegangers steeds hul vakansies kan geniet

en met goeie samewerking en verantwoordelikheid

sorg dat die pandemie nie indring op die voorreg

van ʼn wel verdiende wegbreek nie.

Wat kan ek as kampeerder of vakansieganger doen om te verseker

dat die verspreiding van die Covid-19 virus beperk word?

1. Kamp plaaslik waar dit moontlik is

Kenners maan dat kampeerders en vakansiegangers moet probeer om waar dit moontlik is plaaslik

of so naby as moontlik aan die huis te moet kamp of vakansie te hou. Dit elimineer die risiko wat

daaraan verbonde is om die virus oor provinsiale en landsgrense te dra. Elke provinsie in Suid-

Afrika het gelukkig puik oorde en pragtige bestemmings wat iets vir elke tipe kampeerder en gesin

bied.

2. Probeer om die besigste tye te vermy

Hoewel dit moontlik oral in Suid-Afrika in Desember die besigste tyd van die vakansieseisoen is,

kan diegene wat sover as moontlik die Covid-19 virus wil vermy, dit veiliger vind om net voor of net

na die besigste tyd te gaan kamp en vakansie hou. Jy gaan dalk selfs makliker daai ideale plekkie

op die strand kry sonder dat iemand jou uitsig van die branders kom blok met ʼn gazebo wat hulle by

hulle werk “geleen” het!

3. Reis en bly slegs saam met jou naaste familie

Volgens kenners is dit veiliger om

slegs saam met diegene wat

saam met jou in jou huis woon in

een motor op ver en lang ritte te

reis. Dit geld ook vir die karavaan,

tent en ander verblyf. Dit is

veiliger om jou oornagverblyf

slegs met die mense wat saam

met jou in jou huis woon te deel.

Indien julle meer as een gesin is

wat ʼn staanplek deel, sorg dat

elke gesin in hulle eie tent woon

of selfs nog beter, hulle eie

staanplek het. Hou jou groep

klein.

4. Behou jou sosiale afstand

Ons almal is al daaraan gewoond om in die winkel ons sosiale afstand te behou, maar dit is egter

maklik om te vergeet wanneer ʼn mens nie op jou hoede is nie. In ʼn ontspanne atmosfeer soos by ʼn

kampvuur of op die strand moet dieselfde reëls egter geld as in die winkel en hoort jy teen alle tye

jou sosiale afstand te behou.

5. Koop jou inkopies voor jy met vakansie gaan

Ons almal weet hoe lyk enige winkelsentrum in Suid-Afrika voor Kersfees. Al laat winkels slegs ʼn

beperkte hoeveelheid klante op ʼn tydperk in ʼn winkel toe word jy steeds onnodig blootgestel aan ʼn

groot hoeveelheid mense. Dit sal wys wees om ʼn ordentlike inkopielys saam te stel en jou inkopies

reeds in jou dorp en plaaslike supermark te gaan koop. Hoekom sal jy jou vakansie in ʼn lang ry wil

spandeer terwyl jy eerder nog ʼn uur die luiperd kan gaan soek wat jou ontwyk of met jou kinders op

die strand speel? Tyd is kosbaar!

6. Was jou hande net so gereeld soos wat jy nou by die huis en werk doen en dra jou

masker

Jy is moontlik al moeg vir hierdie advies, maar dit bly ʼn

belangrike deel van higiëne en om die verspreiding van

die virus te voorkom. Met die aankoms by die oord of

kampplek is dit wys om jou hande te was of te saniteer.

Doen dit ook voor en na jy die kleedkamer besoek. Ons

glo egter dat elke oord reeds veiligheidsmaatreëls

geïmplementeer het om te verseker dat die risiko so laag

as moontlik is, maar dit bly steeds jou eie

verantwoordelikheid om by die maatreëls te hou.

Dit is moontlik om jou vakansie en kamp te geniet. Dit

verg bietjie meer verantwoordelikheid en goeie besluite

wat ander in ag neem, maar verder is die kampvuur net

so mooi. Onthou die sonbrandroom – in die middel van ʼn

pandemie kan die son jou steeds brand! LekkeR kamp.

Werner Pretorius

0829290824

info@borderx.co.za

ICE COLD

Anywhere

Top 10

Travel & Holiday

Guides

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!