18.01.2021 Views

NUUSBRIEF DES 2020

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

AARBEI MOUSSE (HEMELS)

500 g aarbeie

15 ml strooisuiker

15 ml kersie- of aarbeilikeur

250 ml room

30 ml strooisuiker

METODE:

Sny 250 g van die aarbeie in dun, ronde skyfies.

Sprinkel die strooisuiker en likeur oor die aarbeie.

As jou aarbeie nie baie soet is nie, kan jy die suiker

vermeerder.

Laat staan eenkant vir ten minste 15 minute.

Puree nou die res van die aarbeie in ‘n

voedselverwerker of versapper.

Klits die room in ‘n elektriese menger en voeg die

strooisuiker by.

Meng dan die aarbeipuree sagkens deur die room

totdat dit net gemeng is.

Verdeel nou die aarbeiskyfies tussen 4 groot of 6

klein bakkies of glase.

Skep die aarbeiroom bo-op en plaas in die yskas vir

ongeveer ‘n uur.

Eet en geniet met ‘n klein teelepel om die hemelse

oomblikke uit te rek

3 BESTANDELE NAGEREG

3 BESTANDELE NAGEREG

Maklike nagereg met net 3 bestandele

BESTANDELE:

3 Pakkies Instant pudding (aangemaak soos

aangedui op pakkie)

1 na 2 pakkies tennisbeskuitjies, 'cream crackers' of

vingerkoekies

250ml room (styfgeklop)

METODE:

Pak tennisbeskuitjies onder in bak

Smeer jou 1ste laag poeding

Pak weer beskuitjies

Smeer 2de laag beskuitjies

Gaan so aan tot al die beskuitjies en poeding klaar

is.

Jy kan soveel lae pak soos jy wil

Sit in yskas vir tenminste 6 ure of oornag

VOOR OPDIENING:

Smeer styfgeklopte room bo-op

Strooi sjokolade stukkies oor, stukkies kersies,

neute, klapper of sjokolade sous

Wenk: Jy kan 3 verskillende kleure poeding gebruik

bv. vanilla, butterscotch en piesang. Dit sal die

nagereg mooi laat vertoon.

Gooi bietjie Old brown sherry oor die koekies ook

indien verkies

December 2020

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!