17.12.2021 Views

KLK Gesprek

Vol 40 - Desember 2021

Vol 40 - Desember 2021

SHOW MORE
SHOW LESS
  • No tags were found...

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Nuut in Noenieput

HEINRICH HORN, BOORLING van Brits in Noordwes,

het op 1 September diens aanvaar as junior takbestuurder by die

KLK-tak in Noenieput.

Hy en sy vrou, Deona, het voorheen die Hartbeeshoek Natuurreservaat

bestuur.

Heinrich sê hy volg hier in die voetspore van legendes

en sy eerste doelwit is om dieselfde

en selfs meer as hulle in die tak te behaal.

Voor hy sowat drie jaar gelede sy kitaar

op ’n Mosambiekse spoegkobra stukkend

geslaan het, het Heinrich graag dié

instrument bespeel. Hy is ook ’n gesoute

tromspeler.

Deona is ’n plaasbestuurder in die omge wing.

Desember 2021

Maatskappynuus

Cobus groet KLK en sy mense

NA BYKANS 13 jaar as bestuurder: Menslike Hulpbronne het

Cobus Booysen KLK aan die einde van Oktober gegroet om nuwe

moontlikhede te ontgin.

Cobus sien veral uit na die menslikehulpbrononderneming wat

hy beplan om saam met twee vennote op die been te bring.

’n Hoogtepunt gedurende sy tyd by KLK is die vestiging van ’n

prosedurestelsel wat as sy nalatenskap sal dien. Daarby is die

feit dat hy bygedra het tot die finansiële sukses oor die laaste 13 jaar

en ’n groeiproses hier kon beleef verdere glanspunte in sy loopbaan.

Wat hy die meeste sal mis, is die mense van KLK

aan wie hy dié boodskap laat: “Bly die argitek

van jou eie lewe en moenie dat iemand ooit jou

kop anders programmeer en jou verander nie.”

Hy en sy vrou, Christine, het hulle reeds in

Sedgefield aan die Kaapse Suidkus gevestig waar

hulle vir die eerste keer in jare naby hul seun en

dogter is wat in die omgewing woon. Daar

is boonop die blye afwagting van ’n eerste

kleinkind.

KLK wens Cobus en Christine alles van

die beste toe.

3

Madré nou in Kenhardt

MADRÉ BLAAUW, WAT die afgelope drie jaar

bestuurder by die Noenieput-tak was, is op 1 Oktober

na die Kenhardt-tak oorgeplaas.

Haar eerste doelwit is om Kenhardt tak se fokus op uitnemende

kliëntediense te plaas.

Wanneer sy tyd kry, lees Madré graag

rillers en moordverhale. “Wanneer

’n verhaal my boei, lees ek maklik

dwarsdeur die nag,” lag sy. Haar

gunstelingskrywers sluit Deon

Meyer, Rudie van Rensburg en

Peet Venter in.

Sy is die ma van twee seuns en ’n

dogter. Haar een seun hou skool

in China, die ander werk in

Upington en haar dogter

studeer tans onderwys.

Elries: ’n man met passie

’N MAN MET ’n passie vir mense en sy werk. Dit is hoe

Elries Fortuin, nuut aangestelde menslikehulpbronbestuurder,

homself beskryf.

Elries is ’n boorling van Grootdrink wat sy skooljare in Grabouw

deurgebring en aan die destydse Skiereiland Technikon studeer het.

Sy loopbaan is kleurryk – hy het onder meer by ’n vrugtepakhuis,

sementmaatskappy, saagmeule e en wynplaas gewerk én sy eie

konsultasiepraktyk bestuur. Elries wil eers sy voete

in die vele fasette van KLK vind, maar dink

reeds daaraan om ’n talentpyplyn yn vir die

maatskappy te ontwikkel.

Hy is gek oor die Noord-Kaap en vertel dat

hy sedert hy begin werk het, elke jaar ’n

week in Grootdrink deurgebring het. Fiksheid

en gesondheid is vir hom belangrik en hy draf

graag oor naweke.

Elries het ’n dogter (14) en seun

(12) wat hulle in 2022 by hom in

Upington gaan aansluit.

NAVARA-ENKELKAJUIT HIER!

UITEINDELIK NA ’N baie lang wag, het die

Nissan Navara-enkelkajuit sy opwagting gemaak.

Wat ’n aangename verrassing!

U word uitgenooi om die nuwe

toevoeging tot die Nissan-stal te kom

besigtig en toetsbestuur. Kom ervaar self

die rygerief en die krag van dié nuwe

bakkie. Verskeie modelle is beskikbaar –

vanaf werkesel tot iets baie luuks. Die

beste waarborg en diensplan in die mark

is by die prys ingesluit.

Jou Vennoot Betroubaar Innoverend

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!