Goue Munt Desember 2022 / Januarie 2023
Goue Munt is `n gratis Gemeenskapstydskrif in Kimberley. Die eerste uitgawe verskyn op 1 Desember 2022 en sal beskikbaar wees by uitgesoekte koffiewinkels, haar- en skoonheidsalonne, spreekkamers, gastehuise ens. Die volgende uitgawe is vir Februarie / Maart 2023.
Goue Munt is `n gratis Gemeenskapstydskrif in Kimberley. Die eerste uitgawe verskyn op 1 Desember 2022 en sal beskikbaar wees by uitgesoekte koffiewinkels, haar- en skoonheidsalonne, spreekkamers, gastehuise ens. Die volgende uitgawe is vir Februarie / Maart 2023.
Create successful ePaper yourself
Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.
Desember 2022 / Januarie 2023

Kimberley Geselstydskrif

Gratis

Koffie saam met

Nicqie

Robinson

Omkeerkind, Samantha Leonard

Wenner van Die Kontrak 2

Bl.20

Hoopsosekersoosdagbreek

Bl.26

Dawn se storie:

Van karwag tot bestuurder
Inhoud

Bl.

4. Redakteursbrief

5. Geskenk-idees

6. Koffie saam met Nicqie Robinson

13. Ek wil Hom só ken

15. Koffiespore oor my hart

20. Omkeerkind, Samantha Leonard

26. Hoop so seker soos dagbreek

32. Leemte en legkaarte

39. Die ou ek, of nuwe jy

43. From zero to bull’s eye

47. Culture se hip hop passie

50. Christmas roast with deboned pork neck

Redakteur

Elzabé van Niekerk

elzabe@gouemunt.co.za

Mede-redakteur

Charné Cronje

charne@gouemunt.co.za

www.gouemunt.co.za

Stuur jou advertensie, nuus,

storie, idees, voorstelle,

kommentaar en/of foto’s aan

ons. Die volgende uitgawe

verskyn in Februarie 2023.

Medewerkers: Annemarie de Greeff, Dawid de Greeff, Skapie, Fransa en Cilius van der

Merwe, Magda en Fires van Niekerk, Nelmarie van der Merwe, Mariska Paton, Nicqie

Robinson, Neree Botha, elkeen wat sy/haar storie gedeel het in `n onderhoud en elke

adverteerder. Julle het die uitgawe moontlik gemaak. Baie dankie!
GoueMuntsestorie

Ons bly nou eers vier maande in Kimberley,

maar dit voel al soos vier jaar. Die

dae was propvol en opwindend. Hier is

soveel interessante mense, elkeen met sy/

haar eie unieke storie. Dit maak Kimberley

vir my so mooi!

Goue Munt se storie: God het my een aand

gewys dat Hy vir my `n blou fluweel sakkie

vol goue munte gee. Ek was nogal bly, want

ons het die finansies nodig gehad! Ek het juis

op daardie stadium gebid vir `n werksgeleentheid

en was te bang om my eie besigheid

te begin. Ek het al voorheen gefaal…

Daar was nie `n sakkie goue munte in my

handsak nie - maar die volgende oggend lees

ek van die sakkies goue munte in die Bybel,

Maeus 25:14-30. Ek het geweet Hy wou vir

my sê dat ek my talente mag gebruik en dat

ek nie bang hoef te wees om te misluk nie.

Só het ek die eerste tree geneem om `n Kimberley

Geselstydskrif te maak, maar die

proses was nie maklik nie. Daar was `n paar

storms. Soveel keer wou ek opgee.

Dit is makliker om jou munte net te begrawe,

want daar is `n vrees vir mislukking en ‘n

vrees dat jy nie genoeg is nie.

Maar groter as enige vrees is God se liefde.

Keer op keer het Hy my gewys dat Sy liefde

altyd wen. Hy het my herinner aan die dissipels

wat die hele nag lank visgevang het,

sonder sukses. Hulle was seker moeg, hulle

het dan die hele nag probeer. Dan hoor hulle

Jesus se stem en Sy ‘probeer weer’ was

gelaai met liefde en beloe. Nog een keer se

probeer bring ‘n wonderwerk - hulle vang

153 visse! (Johannes 21:1-14)

Die stories in hierdie uitgawe eggo die boodskappe:

“Probeer weer!” en “Jy is genoeg!”.

Mag dit jou aanmoedig om nie op te gee nie.

Mag dit jou ook herinner dat Hy nooit

opgegee het nie.

Dankie Jesus, vir getuienisse van oorwinning

(Openbaring 12:11). Die temaliedjie vir hierdie

uitgawe is: Dear God (Cory en Anna Asbury).

Die akoesese weergawe is op

YouTube beskikbaar. Scan die QR code om

die liedjie te kyk.

Aan Hom al die eer.

Lekker lees!

Elzabe

Nerine Steenkamp:

082 890 6060

topsytuisza@gmail.com

Scan om

te bestel

Handgemaakte pophuise en -meubels in skaal 1:6. Vir jong hartjies wat die wêreld ontdek.
Geskenk-idees

2

3

1

4

5

6

7

7

1. The Wonder of the Greatest Gi deur Ann Voskamp, sluit in `n pop-up boom, 24 betekenisvolle

ornamente, `n ster en `n oordenkingsboek. Beskikbaar by CUM books.

2-6. Die items is beskikbaar by Gily Surprize, 70 Mac Dougall St., Kimberley.

7. Jolandi Ford kunswerke. Kontak Jolandi vir `n spesiale kunswerk: 082 907 1773. Kies tussen olie, ink,

pen of poinllism. Profeese kuns is ook beskikbaar. Facebook: J FORD Art
Koffie saam met

NicqieRobinson

Deur ELZABé VAN NIEKERK, Foto’s deur ZOOMINK CREATIVE STUDIO

Monique “Nicqie” Robinson (36) is `n kind van die Here, `n vrou vir haar man en `n ma

aan twee woelwaters. Sy is ook `n identeitsleerder en haar hart is om vrouens te

help om die persoon aan die binnekant, die unieke jy, na vore te bring. Nicqie wil ook

vir die vrou wys dat sy iets in haar kas kan inbring om haar te herinner aan die beloes wat

God vir haar het. “Hy praat met ons almal. Hy praat heeltyd met ons. Ons sien en hoor dit

net nie altyd nie.”

Die eerste ding wat Nicqie destyds in haar kas moes inbring was boldness en `n swaan. Sy

het aanvanklik haarself vergelyk met ‘n lelike eendjie, maar het besef deur God se oë is sy

eintlik ‘n swaan. Nicqie het op daardie stadium skoolgehou by `n skool vir kinders met

leeruitdagings. Nicqie was selewus en baie skaam. “Ek het eendag besluit om lang rooi

swaan oorbelle skool toe te dra. Die eerste een wat my sien merk dit op en sê: ‘Dit is interessante

oorbelle.’ Ek wou dit aaal, maar het onthou dat God vooraf vir my gesê het ek

moet dit nie aaal nie. Hy gee vir mý die geloof om dit te dra. Alhoewel dit nou vir my

6 Goue Munt
maklik is om bold aan te trek, het dit my `n

tydjie geneem om los te kom van ander

mense se opinies.”

Sy vertel verder: “Elkeen van ons het `n

unieke stylpersoonlikheid, ons het verskillende

liggaamsvorms en daar is verskillende

kleurskakerings wat by ons pas.

Daardie hele pakkie, saam met jou gawes

en talente, moet vertoon word aan die

wêreld. Sonder skaamte moet ons vry

wees van vergelyking en kan sê: ‘Dit is wie

ek is.’ Boldly.”

hulle nie te veel tag nie, of ek moet dit anders

doen, maar dit was om vir my te sê dat

ek deur is na die top 40.”

“Ek is tot vandag toe dankbaar dat ek

daardie plaorm gekry het. Dit wat ek

doen, kan ek in elk geval doen, maar die

tel gee vir my `n plaorm wat groter is

as wat ek noodwendig besef.” Nicqie

sê sy is dankbaar, maar dat dit nie vir

haar gaan oor die tel nie. “Die belangrikste

is – ek is `n kind van die

Here.”

Nicqie was in 2020 Sarie se voorbladgesigwenner.

Dit was juis Sarie se wekroep

daardie jaar, #JyIsGenoeg, wat haar laat

besluit het om in te skryf. Haar vriendin het

haar vir vyf jaar, elke jaar, gevra om in te

skryf. “Dan sê ek, man, ek het al agt of nege

jaar terug, maar destyds het ek ingeskryf

met die vraag: ‘Is ek genoeg?’”

In Maart 2020 het Nicqie die “#JyIsGenoeg”

op die voorblad gesien en

dit was vir haar so mooi dat `n

modetydskrif vir die gewone

vrou vooraf sê: ‘jy is genoeg’.

“Ek het besluit om in te skryf, maar

my moef sou nie wees om

iewers te kom nie. Ek sou

hulle kon tag en dan `n

video kon uitstuur wat

sê ‘jy is genoeg’.” Op

hierdie manier wou sy

vir soveel as moontlik

vroue sê dat hulle genoeg is. Heelwat

vroue het op die video gereageer en kort

daarna het sy ‘n oproep van Sarie ontvang.

“Ek het gedink hulle gaan vir my sê ek moet

Goue MuntGoue Munt

7
In dieselfde jaar – 2020, net voor lockdown - het sy ook haar eie besigheid begin. Die Here

het al in 2016 vir haar in `n prentjie gewys dat haar onderwys seisoen tot `n einde gaan

kom. In die prentjie het sy deur die sleutelgat van `n deur geloer en `n tuin vol blomme

gesien, maar die deur was nog toe. “Vir vier jaar het ek probeer om die deur oop te druk,

maar dit wou nie oopgaan nie. Dit is wat ons soms doen. Die Here gee vir jou `n droom of

`n beloe en dan hou jy dit so styf vas, dat Hy nie daaraan kan werk nie.” In 2019 het sy die

droom vir God teruggegee en gesê: “Maak met my wat U wil, al moet ek by die skool bly.”

Dit was `n keerpunt. Hy het weer vir haar dieselfde prentjie gewys, maar hierdie keer was

die deur oop gewees en in haar hand het sy iets vasgehou. Voorheen het sy vir God gevra:

“Sê net asseblief vir my man wanneer ek my werk kan los”, maar God het haar gewys dat

sy self daaroor moes besluit. Sy moes self besluit om haar salaris prys te gee en dan deur

die oop deur te stap na die tuin vol blomme. “Ek is so

bly dat Hy my vir vier jaar eers by die skool gehou het,

al was dit baie moeilik. In daardie tyd het Hy my

identeit vasgemaak aan Hom, anders sou my iden-

teit gekoppel gewees het aan wat ek doen.”

Nicqie is ook `n moveringspreker en gesels graag

oor identeit en hoe om te blom in jou geur. “Elke

keer wanneer ek `n damesoggend doen, herinner

God my aan die tuin vol blomme. Elke blom is uniek.

Party se stammetjies hang dalk, party is dalk

bietjie dors, maar daar is iets uniek aan elkeen.

Wanneer jy ‘n ineme verhouding met Jesus het,

skei jy outomaes `n geur af.”

Nicqie het haar man, Cyril, op haar matriekvakansie

in Santos ontmoet. Sy het na matriek verbruikerswetenskap

gaan studeer en in haar vierde

jaar het sy en Cyril verloof geraak. Hulle het twee

kinders – Ninee is sewe en Joshua is vyf. “Die

lekkerte van Ma-wees is dat ek kan kindwees

saam met my kinders. Ek kan saam met hulle dans

en snaakse dinge doen.” Dit is vir Nicqie belangrik

om by die Here te hoor wat Sý plan vir haar twee

kinders is en nie net haar eie idees te volg nie. Sy

sê dit is `n voorreg om so `n direkte invloed te kan

hê op die volgende generasie. Nicqie se

manier van rus of afskakel is om haar foon te

los en tyd te spandeer saam met haar kinders

in die tuin. “Hulle sien baie keer goed
aak wat ek nie sien nie, soos slakkies, en dan begin hulle daar te speel en ons is rusg

bymekaar.”

Oor Kersfees sê Nicqie: “Daar word geskenke afgegee, maar dan sê ek Jesus het dit gebring.

Dit gaan oor Jesus se geboorte en Hy is die grootste geskenk wat gegee is.”

Nicqie sê: “Die mooiste van Kimberley is die mense”. Sy beplan om in 2023 `n afrondingsprogram

vir enermeisies aan te bied. Dit sal die volgende insluit: moderne maniere,

eket, selfvertroue en identeit. “Deel van my roeping is om die jonger generasie te

bereik.”

Vir meer inligng oor die dienste wat Nicqie aanbied, besoek nicqie.com of stuur `n

e-pos na info@nicqie.com
Deur ANNEMARIE DE GREEFF

“O

h that we might know the Lord! Let

us press on to know him. He will

respond to us as surely as the arrival

of the dawn or the coming of rains in early

spring.” Hosea 6:3

Ek het hierdie versie onlangs raakgesien in

'n vriendin se 'status' en dit het my gedagtes

laat slstaan vir 'n oomblik.

Ons gesin leef die laaste paar maande

midde-in 'n orkaan van uitdagings met alles

van finansies tot kinders. Ure van huil voor

die Here en bid vir uitkoms, vir antwoorde,

vir klarigheid. Dis vir my 'n emosioneel

uitmergelende storm en ek skree saam met

die dissipels in Lukas 8: “Here, Here, word

wakker! Ons is besig om te vergaan en U lê

en slaap! Kom help ons!”

Maar êrens in die lees van hierdie verhaal

wat ek reeds van kleins af ken, is daar iets

anders wat in my hart gebeur. Ek word

herinner aan Jesaja 43 “Wanneer jy deur

diep water van moeilikheid gaan, sal Ek by

jou wees.” En ek besef Jesus is saam met my

in die boot, net soos Hy saam met die

dissipels was. Christy Nockels beskryf dit vir

my so mooi wanneer sy sing “Asking where

You are Lord, wondering where You've been,

is like standing in a hurricane trying to find

the wind”.

Ek wil Hom só ken

Ek kan steeds by Jesus se voete kniel en diep

uit my binneste huil, net soos die vrou in

Lukas 7 en Johannes 12, want daar is baie

om oor te huil - al weet ek Hy is saam met

my. Wat die vrou volgende doen is baie opvallend:

Sy gooi ruimharg 'n halwe liter

baie duur parfuum oor Sy voete uit, sodat

die hele huis deurtrek is met die geur

daarvan. Sy het nie hierdie kosbare

besing gaan verkoop en die geld vir die

armes gegee – soos wat Jesus vir die ryk

jong man gevra het om te doen met sy

kosbare besings nie (Markus 10). Sy het

Jesus so goed geken, dat sy geweet het wat

Hy van haar vra: om haar kosbare olie op Sy

voete te kom uitgooi.

In my hart brand die begeerte om God só te

ken. Vir my trane om op Sy voete te drup en

dan my olie daarop uit te gooi, ongeag hoe

lank die storm woed. “Kom ons maak ons

vas aan die Here. Ons span ons in om Hom

beter te leer ken. So seker soos dit lig word

in die oggend; so seker soos daar reën in

die lente kom en die aarde natmaak, net

so seker sal die Here na ons toe kom om

ons te red.” Hosea 6:3

Goue Munt

13
Koffiesporeoormyhart

‘n Stukkie van SKAPIE se lappieskombers

Die reis na die afgeleë village is lank en

uitdagend. Ons is 29 asempies in ‘n taxi

minibussie; dis propvol. Kinders onder

die banke, tasse, hoenders en ‘n boerbok op

die dak. Geleenthede in daardie rigng is min

en almal wat wil saamry druk in vir die lang

stofrit. Die Tanzaniërs lag lekker. Vir hulle

beteken “dala dala”, die Swahili naam vir dié

soort bussies, daar is plek vir nog een.

Ons groepie studente gaan saam met ‘n local

evangelis na die village. ‘n Nuwe kliniek word

daar gebou en ons gaan handgee. Dis ‘n goeie

manier vir jongmense om te help, te leer en

bietjie groter te word in die lewe.

Dit is harde, fisiese werk. Ons kry kasawa en

melk vir ontbyt, kasawa en spinasie vir aandete.

Saam met aandete drink ons tee. Dit is

‘n voorreg om genoeg te kan eet, en die

spyskaart word deur die landerye bepaal.

Ruilhandel sorg vir snaaksighede. Die lewe

hier is eenvoudig. Daagliks help jy waar jy

kan, en snags ontmoet jy Klaasvakie vol

tevredenheid.

Die oupa van die village vertel ons een aand,

oor ‘n bekertjie tee, stories van sy lewe. Hy

lag vir sy ervaring met witmense, ons

witkinders hier iewers in Afrika. Sy hande is

hard; sy gesig is ouer as die krale op sy telraam.

Maar sy oë is sag en sy glimlag

breed. Hy lag lekker en gesels diep

dinge uit sy hart.

Tanzanië het lekker koffie wat die land self

produseer. Ek vra uit oor koffie, want al wat

hulle soms drink is tee. “Koffie is vir my baie,

baie lekker soos ek onthou. Ek het dit jare

laas gehad.” Die oupa vertel dat dit net te

moeilik is om in die hande te kry, hulle is eenvoudig

te afgeleë. Hy beskryf vir die ander

jonges wat saamluister wat koffie is. Hoe dit

ruik, hoe dit proe.

Ons vergesel die evangelis na ‘n ander dorpie

se hospitaal. Dit is ‘n halwe dag se rit met ‘n

“dala dala” volgepak. Die village het goed

saamgestuur om te help met die versorging

daar. Oppad terug is daar ‘n winkeltjie en ek

kry ‘n blikkie koffie op die rak. Ek wil die oupa

gaan verras.

Blikkie in die hand, bars die oupa uit in trane.

“Baie baie dankie, ek het so lanklaas koffie

gehad!” My hart is skoon gebreek - ek moes

‘n groter blik gevat het. Ek is ook in trane, die

rou emosies van die oupa vang my onkant.

Dadelik roep hy die jonges bymekaar. Opgewonde

maak hy vir almal koffie en die blikkie

is in ‘n japtrap klaar. Tevrede sit die

oupa terug en drink sy bekertjie

koffie klaar. Sy hart lag.
Samantha Leonard, wenner van Die Kontrak, Seisoen 2

Omkeerkind, Samantha Leonard

Deur ELZABé VAN NIEKERK

Goue Munt gesels met Lyell en Lourinda Leonard,

ouers (en grootste ondersteuners) van Samantha.

Samantha Leonard (30) is in November

2022 as die wenner van Die

Kontrak, Seisoen 2 aangewys. Sy is gebore

en het grootgeword in Kimberley.

Haar ouers, Lyell en Lourinda Leonard,

is ook albei in die Diamantstad gebore

en woon steeds hier. Samantha sing al

vandat sy drie is. Haar pa het haar ingeskryf

vir sanglesse op agt-jarige ouderdom.

“Ek het net geweet hierdie

meisie gaan dit maak”, vertel Lyell.

Haar reis is `n storie van hoop en `n bewys

dat aanhouers wen. Lourinda sê

“Sy het nooit ophou probeer nie. Sy

het wel begin twyfel, nadat sy

seergekry het in die industrie. Dit het

haar laat dink sy is nie goed genoeg

nie, maar sy het aangehou en aange-

20 Goue Munt
hou.” Vir Lyell het Samantha se seerkry ook

‘n groot seer in hom gelos. Hy vertel, “Elke

keer wat sy neergeslaan was, was ek nog

meer neergeslaan.” - Hy het gevoel dit was

hý wat haar in daardie posisie gesit het.

Lyell het Samantha al op skool aan

sangkompesies laat deelneem, sodat sy

kon woeker met haar talent. Hy was `n

groot dryrag agter haar en het haar

aangemoedig om aan te hou deelneem,

ten spyte van teleurstellings. Op hierdie

manier kon hy haar help om haar loopbaan

te vesg, want finansieel het Lyell ‘n paar

terugslae gehad.

wat opgetree het en daar was ook `n

sangkompesie. Tydens die vertoning het

hulle mense genooi om na vore te kom wat

nog wou deelneem. Haar pa het haar hand

gevat en saam met haar tot agter op die

verhoog geloop. Daardie aand het sy

gesing saam met `n vreemde groep en die

kompese gewen. Sy sal dit nooit vergeet

nie. Terug in Kimberley het sy aanhou sanglesse

neem, maar het nooit die finansies

gehad om haar loopbaan verder te neem

nie.

Hy het op derg sy werk verloor. Die

maatskappy waar hy vir en jaar gewerk

het, het hulle deure toegemaak. Samantha

was 18 maande en haar boee, Kyle, was

vyf. Dit was moeilik om sonder werk te

wees, want Lyell moes sorg vir twee jong

kinders. “My vrou kon nooit ophou werk

nie.”

Drie jaar gelede het dieselfde gebeur. Die

maatskappy waar hy vir 27 jaar gewerk het,

is gelikwideer. Hy is nou al vir drie jaar sonder

werk. Lourinda doen verhurings van

bankpersele vir `n prominente bankdiens

en is al in dié beroep vandat sy sesen is.

Haar werk was vir hulle ‘n standvasgheid

in moeilike tye.

Waar het Samantha haar sangtalent geërf?

“Ek was verskriklik lief daarvoor om te

sing”, vertel Lourinda. Lourinda het as

jongmeisie ook aan al wat `n sangkompesie

is deelgeneem. Sy onthou hulle het

eens `n vertoning by die Orient teater in

Oos Londen bygewoon. Dit was tydens `n

vakansie. Daar was baie bekende sangers

Goue Munt

Lyell het Samantha aangemoedig om

klavierlesse te neem op skool. Dit was belangrik

dat sy ‘n instrument moes kon bespeel,

sodat sy haar eie liedjies kon skryf.

Op 16 jaar wen sy die kompesie Spontaan

en in matriek neem sy haar eerste album,

Breakthrough, op.

Lourinda sê Samantha was baie hard op

haarself, baie perfeksionises. Sy het van

graad een tot matriek pryse gekry vir

netjiese werk.

Na matriek het Samantha musiek gaan

studeer by Copa, Campus of Performing

Arts, in Kaapstad. Die eienaar van The

Barnyard Theatre het haar raakgesien tydens

`n sangkompesie en haar `n werksgeleentheid

by The Barnyard Theatre in Johannesnurg

aangebied. Sy moes binne

twee weke in Johannesburg wees en het

21
voltyds daar begin werk. Dit was `n fantasese geleentheid en sy het dit veral aan die begin

geniet. Maar sy wou graag haar eie liedjies sing en haar unieke styl ontwikkel. Sy het aan

baie kompesies deelgeneem met die hoop op `n oop deur, maar deure het toe gebly en

mense se woorde het seergemaak.

In 2017 behaal Samantha `n derde plek in The Voice (tweede seisoen). Lyell het haar die

aand voor die The Voice oudisie gebel en haar presies verduidelik waarheen sy moet gaan

en waar sy kan parkeer vir die oudisie. Sy wou dit eers nie doen nie. Maar haar sterk

wilskrag het gewen en die volgende oggend het sy haar pa laat weet sy is by die oudisie en

het parkeer waar hy verduidelik het.

Ses maande na The Voice het Samantha en Lyell hulle sente bymekaar gesit en begin werk

aan die album ‘n Duisend Keuses. Na baie seer, toe deure en gebreekte beloes, was dit

hulle laaste probeerslag om haar sangloopbaan lewendig te hou. Die album is vrygestel

aan die einde van 2018. Ongelukkig het die Covid-19 pandemie die bemarking van hierdie

album en haar sangloopbaan gekniehalter.

Lourinda sê: “Sy het totaal afgesluit en nie

meer die wilskrag gehad om aan te hou

probeer nie. Sy het geglo sy is nie goed genoeg

nie, want al die deure het vir haar

toegemaak. Sy het haar passie verloor.”

Lourinda het sowat `n jaar gelede `n ommekeer

in Samantha gesien. “Samantha het besef

sy moet ‘n lewe maak, maar sy moet ook

gelukkig wees. Sy het aan God begin vashou. Sy stel nie meer alleen belang in die wen nie,

sy is gelukkig en tevrede met waer plek sy ook al behaal in kompesies. Sy het definief

connect met God.” Lyell sê: “Dis asof musiek nou tweede is.”

“Sy het deur baie seer gegaan, ek voel seer het haar nader aan God gebring. Ek het `n omkeerkind

gesien. Daardie seer hart het genesing gekry. Francois het ook `n groot rol

gespeel.” - Vertel Samantha se ma.

Samantha het haar spesiale vriend, Francois, sowat twee jaar gelede ontmoet. Sy het eers

nie belang gestel nie, maar haar ma het haar aangemoedig om saam met hom te gaan

koffie drink. Na die tweede koffie afspraak het sy geweet sy hou van hom. Dit was ook hy

wat haar ingeskryf het vir Die Kontrak 2.

Samantha se ouers is baie trots op haar. Lourinda sê: “Sy het so `n klein hart, die mooiste

hart - so saggeaaard. Sy sal nooit met iemand lelik wees nie. Van kleintyd tot nou wou sy

altyd die beste vir ander hê, al sou dit haar benadeel. Dit is Samantha.”

Goue Munt wens Samantha `n goue toekoms toe. Ons in Kimberley is trots op jou.

22 Goue Munt
5 Vrae vir Samantha

1. Wat het Die Kontrak vir jou beteken?

My reis op Die Kontrak Seisoen 2 het my lewe gered,

leerlik! My hele lewe lank was ek so gefokus op die finale

bestemming dat ek nooit kon raaksien wat eintlik belangrik

was nie - die reis. Dis waar ek myself nie net leer ken

het vir die eerste keer nie, maar ook waar ek geleer het

hoe om myself weer lief te hê. Hoe om my letsels lief te

hê. Dis waar ek weer verlief geraak het op musiek, op die

lewe, op mense, en op Afrikaans.

Ek het op die ouderdom van drie begin sing en het altyd

geweet dit is wat ek vir die res van my lewe wil doen. Gedurende

my skooljare het ek op die verhoog grootgeword,

of dit nou in kore, musiekteaterproduksies, of in Ma en Pa

se kombuis was. Ek het hulle gevra: "Waer liedjie wil julle

hê moet ek volgende sing?" Nadat die skoolklok gelui het,

het ek huis toe gejaag om agter my mikrofoon te kom,

waar ek elke dag vir vier ure lank sou sing. Agter die

mikrofoon was waar ek die meeste lewendig en tuis gevoel

het.

Vir 16 jaar was ek nie gehoor of gesien nie, en kon ek nie

my hart met die wêreld deel nie. Die Kontrak het vir my

die plaorm en geleentheid gegee om my storie te vertel,

om ander aan te moedig om nooit op te gee nie en om vir

hulle te wys dat die onmoontlike, moontlik is.

2. Wat is jou gunsteling liedjie op ‘n Duisend Keuses?

Elke liedjie op die album is my gunsteling, want elkeen

is 'n stukkie van my. My liedjies het my genees, en so

weet ek dit sal dieselfde vir ander mense ook kan doen.

Ek moes self die seer voel en ervaar, sodat ek weer iets

met betekenis vir die wêreld kon gee. Dis tog al wat my

hart begeer het, om mense te kan dien.

3. Het jy 'n boodskap vir jou grootword-dorp, Kimberley?

Iemand het gesê: "Kindness has goen me a lot further

in my life than my talent ever did". Wees lief vir mekaar,

want al wat ons op die einde van die dag het, is mekaar.

Goue Munt

23
4. Wat moveer jou om nie op te gee nie,

maar aan te hou probeer?

Ek het die Here ervaar tydens my reis op die

kontrak. Daar was 'n beloe waaraan ek vasgehou

het. Dit voel nog soos gister. 'n Week

nadat die top 16 aangekondig is by Die Groot

Jol, het ek in my kar gesit, vir drie ure, en met

die Here gepraat. Ek’t baklei, hardop geskree,

ek was in pyn. Ek het Hom gevra: "Wat is die

punt? Wat is my doel hier op aarde, want al

wen ek 'n trofee gaan ek nog steeds rondloop

met hierdie leë kol in my hart. Ek sou nie sê ek

was op 'n punt waar ek nie meer wou of kon

sing nie. Ek kon net na al die jare se seer,

teleurstellings en toe deure, niks meer voel

nie. Ek het nie geweet of ek môre sou sien nie,

ek was dood binne. My eie lewe neem het vir

'n lang ruk deur my gedagtes draaie geloop. Ek

was bang, ek het niks meer binne my gehad om vir hierdie wêreld te gee nie. Niks en

niemand kon vir my die antwoorde gee nie.

My kêrel, Francois, het langs my gesit en saamgehuil. Hy het saam met my die pyn gevoel en

gesê dat al is hy net vir 'n tydjie aan my geleen, voel hy die Here wil deur hom iets vir my sê:

"As jy kies om My hand vas te hou, sal ek joune nooit laat gaan nie."

Dit is hoekom HOLD MY HAND, wat ek in die sesde uitklop konsert gesing het, soveel betekenis

vir my dra. Die Here sing daardie woorde vir my. Om Sy hand vas te hou deur hierdie

reis op aarde, is die beste besluit wat ek ooit kon maak. My hele lewe en my uitsig daarop

het verander. So much around me has changed, yet I am more ME than I have ever been. Ek

is nie meer 'n slaaf van vrees nie. Ek is vry! Ek het nou ‘n doel wanneer ek in die oggende

wakker word.

5. Het jy enige wyshede wat jy wil deel met die jonger generasie - hoe word drome waar?

"When what you are good at in life gets stripped away, you are forced to deal with the core

of WHO YOU ARE.” Is dit wat jy doen - ongeag in watse beroep - vir jou eie ego, of om mense

te dien? Want dit is hoekom ons hier op aarde is, om mekaar te dien en mekaar lief te hê

soos God die wêreld liefgehad het. My wens vir almal is om op te hou om mekaar af te breek

en om mekaar weer te begin opbou.

Mag jy wat vandag hier lees ook nooit op jouself en jou drome opgee nie, want liefde is net

om die draai. En as jy ook kies om die Here se hand vas te hou, sal Hy joune nooit laat gaan

nie. Hy is lief vir jou!

24 Goue Munt
so seker soos

DAGBREEK

Deur ELZABé VAN NIEKERK

Foto’s deur SKAPIE

Dawn van Heerden (53) is die sentrumbestuurder van die Shoprite-sentrum in

Bulonteinweg. Hier is sy tuis en almal ken haar, maar nie almal in Kimberley ken haar

storie nie.

Dawn was eens `n karwag by dieselfde sentrum. Dawn vertel: “Karre oppas was nie altyd

lekker nie, maar dit is hiér waar ek baie mense leer ken het.” Vir haar het die werk oor

meer gegaan as net: “Hallo, kan ek na jou kar kyk?” Sy het goeie verhoudinge gebou met

die mense wat daar inkopies gedoen het. Sy skerts: “Niemand kon my iets vertel van karwag-wees

nie.” Dawn sê die moeilikste was om die hele dag uitgelewer te wees aan die

wind en weer. Sy vertel hoe die son haar lippe een keer verbrand het. Dit was so erg gebrand

dat sy koffie deur `n strooitjie moes drink.

Ons stap, twee-liter Sprite onder die arm, by haar woonstel in. Dit was vroeër ‘n kantoor

en is destyds vir haar omskep in `n woonstel. Dawn is trots op haar goed en trots op haar

huis. “My dogter sê ek is `n opgaarder… met al my skulpe.” Ek kyk rond en sien haar skae:

skulpe in alle grooes en vorme en ook seetoneel-legkaarte teen die mure. Dawn vertel:

“Ek het nooit iets besit toe ek met my eerste man getroud was nie. My suster sê dit is

hoekom ek alles opgaar. Skulpe is my gunsteling - dis net mooi.”

Dawn het in Durban grootgeword en was 21 toe sy getroud is met haar eerste man. Kort

daarna het ‘n donker seisoen in haar lewe begin. Haar man was lief vir drank en het

26 Goue Munt
dwelms gebruik. Hy het haar begin

slaan terwyl hy onder die inlvoed

was. Sy moes truie dra in die somer

om die merke te probeer wegsteek.

“Hy het my neus gebreek en my in

die voet geskiet.” Die fisiese mishandeling

was onhoudbaar, maar

Dawn sê die emosionele seer was

erger. “My neus het gesond

geword, maar sy woorde het my

bygebly. Dit het my laat voel ek is

nikswerd.” Sy het hom `n paar keer

verlaat, maar het telkens teruggekeer

met die hoop dat dit nie weer

sou gebeur nie.

Finansieel het hulle ook

swaargekry. Haar drie kinders was

nog klein toe sy belsuit het om

karre op te pas. Dit het sy gedoen,

sodat sy vir haarself en haar

kinders kon sorg. “Ek het die hele

dag in die son gestaan en dan, aan

die einde van die dag, het hy weer

die geld by my gevat.” Uiteindelik

het Dawn die moed gekry om haar

man finaal te verlaat. Sy het met

net `n inkopiesak vol klere ‘n nuwe

lewe begin. “Nou het ek al dié…”, sy

kyk met trots na al haar spesiale

besings.

Dawn se ma het haar aangemoedig om `n sielkundige te besoek na haar egskeiding. “Ek

het met iemand gaan praat en dit het my beter laat voel.” ‘n Gelaaide slte volg. “Dit was

baie seer…”

Vandag is Dawn die bestuurder van twee winkelsentrums. Die keerpunt het gekom, nadat

die sentum verwissel het van eienaars. Dawn is genader om sekere van die bestuurstake in

die sentrum te verrig, aangesien sy die sentrum so goed geken het. Aanvanklik het sy net

deeltyds hierdie take verrig en steeds karre opgepas. Uiteindelik het hulle een van die kantore

vir haar omskep in `n woonstel en is sy voltyds aangestel in die bestuursposisie.

Goue Munt

27
Dawn se take sluit die toesighouding oor die sekuriteits- en skoonmaakpersoneel in. “Alles

moet skoon en netjies wees.” Sy moet ook probleme met huurders uitstryk en is in beheer

van algehele instandhouding en herstelwerk. Dawn het `n goeie verhouding met haar

werkgewers en geniet haar werk baie. Haar karwag-dae

het haar belangrike lesse in leierskap geleer. Een van dié

lesse is om alle mense gelyk en regverdig te behandel.

“Ek kan jou nie toelaat om iets te doen as die ander persoon

dit nie mag doen nie.” Jacky Ramdeen werk by een

van die winkels in die sentrum. Sy en Dawn ken mekaar

al vir amper 15 jaar en is goeie vriende. Sy sê Dawn is

elke dag dieselfde en baie reguit. “Ek bewonder haar. Sy

is baie dapper en gooi nie maklik tou op nie. Dawn is `n

sterk vrou!”

Vandag is Dawn die heel trotste op haar drie kinders en vyf kleinkinders. Al drie haar

kinders spog met matriekserfikate. Sy wys vir my fotos en ons drink ons laaste bietjie

Sprite.

“Daar is altyd hoop. `n Wilsbesluit, wat ek self moes neem, het my uit my omstandighede

geneem.” - Dawn
Leemte en legkaarte

32 Goue Munt

Deur CHARNé CRONJE

‘n Legkaart het soveel stukkies, elkeen het sy eie

plek en pas perfek inmekaar. So het God ook ‘n

spesifieke legkaart ontwerp, gesny en reeds

beplan vir elkeen van ons. Sonder net een stukkie

sal daar altyd ‘n leemte wees wat uitstaan en die

prentjie sal nie voltooi wees nie.

Hier volg my storie en ek hoop jy vind jou eie

stukkie hoop hierin.

Ek is Charné Cronje, ma van 2 en ‘n vrou vir die

wonderlikste man wat die Here moontlik vir my

kon gee. Ek is ook die eienaar van Mammas

24/7, die grootste ondersteuningsblad vir mammas

in Suid-Afrika. Ek het hierdie jaar my graad

in Christelike berading ontvang en ook my gevorderde

diploma in leierskap en bediening.

My storie is lank, maar hier gaan ek dit kort hou. Indien ons eendag saam gaan koffie drink,

sal ek jou meer vertel. Daar is net te veel om in een arkel te deel. Te veel kere wat die Here

deurbraak gegee het toe ek dit nie verwag het nie.

My storie het begin in 2016, toe ons as gesin na Kimberley verhuis het. My siel het na die

mooie oseaan verlang en ek was ongelukkig. Ek het só teen die trek geskop, want wat sou

ek hier in die middel van nêrens doen? Hier is niks mooi nie, daar is net droogte en alles is

sonder kleur. Ongelukkig het ons nie veel van ‘n keuse gehad nie, want my man moes hierheen

verhuis vir sy werk. Twee jaar lank het ek aan depressie gely. Ek kon net nie my plek

in Kimberley vind en myself hier tuis laat voel nie. Klem op EK. Ek het vrede gemaak

daarmee dat ek net nooit gelukkig hier sou wees nie.

Daar was ‘n leemte binne my, ‘n verlange na iets groot. Ek het gedink dit was die verlange

na die see, maar het gou besef dit was iets baie groter as dit.

My situasie moes verander en ek het besluit om ‘n “ja-week” te hê. ‘n “Ja-week” het behels

dat ek alle uitnodigings in daardie spesifieke week moes aanvaar en nie mag nee sê vir

enige iets nie. Dit was my plan om by die huis uit te kom en mense te ontmoet. Dit is ook

waar my groot getuienis begin het.
Ek het ‘n ongelooflike mooi vrou, Anchen,

konstant by die skool gesien. Sy

het almal gegroet, almal geken en die

lig het so uit haar gestraal. Ek het

gedink: “Dit is wat ek vir mý lewe ook

wil hê. Ek wil vriende met almal wees,

diep gesprekke hê en nie net oppervlakkige

geselsies nie. Ek soek hartsvriendinne

wat my vreugde weer sal

aanvuur. Ek wil nét so straal met selfvertroue.”

Anchen was ‘n skoonheidsterapeut en

ek het gedink “hier is my geleentheid

om by die sirkel in te kom”. Ek het ‘n

afspraak gemaak en dinge het goed

gegaan. Ek het haar vertel wie ek is,

wat ek doen, en sy was toe meer geïnteresseerd

in my lewe as wat ek verwag

het. Sommer net so, nooi sy my

om saam met haar en ‘n groep

vriendinne in die oggende te gaan draf.

Op daardie spesifieke punt moes ek

die hele “ja-week” herevalueer. Daar

was nie ‘n manier dat jy my kon kry om

Goue Munt

te oefen nie, wat nog te sê draf. Ek het

besef dat die “ja-week” vir my eie

beswil was en dat ek by die reëls daarvan

moes bly. Huiwerig het ek ingestem

en die volgende oggend my

stapskoene aangetrek - reg vir die

uitdaging wat op my gewag het. Ek het

probeer byhou, maar dit was ‘n groot

gesukkel. Dit was warm, alles het

gepyn, my keel het toegetrek en ek het

net yster geproe. Ek was glad nie seker

wat die nuwe groep van my gedink het

nie. Dit was ‘n ongelooflike nagmerrie

vir hierdie onfikse vrou wat altyd ‘n

parkering reg voor die winkelsentrum

se ingang soek. Ek hou glad nie daarvan

om ver te stap nie.

Die volgende dag het Anchen my

genooi om saam met haar na ‘n vroue

selgroep te gaan. Ek het gedink “Sjoe,

ek was nog nooit regg kerk toe

genooi deur iemand nie, maar kom ek

stem in.” Anchen het leerlik 30

minute voor die tyd gekanselleer en

dit het my deurmekaar gemaak. Moes

ek steeds gaan of eerder net tuis bly?

Iets binne my het gesê om te gaan,

selfs al sou ek heeltemal buite my

gemaksone wees. Ek sou niemand

daar geken het nie en ek was ongemaklik

met die idee van “small talk”.

Gelukkig het ek myself aangemoedig

om wel te gaan: “Nou toe, kom ons

doen dit net en kry dit oor en verby.

Miskien geniet ek dit wel.” Maar sjoe,

my hart het iets vreeslik geklop. Ek is

mos maar ‘n introvert.

Die ervaring wat ek daar gehad het,

kan woorde nie beskryf nie. My hart

33
het bollemakiesie geslaan en my gees was

gevoed. Die Here het vir my ‘n skrif gegee

uit Kolossense 2:7, “Julle verhouding met

Hom moet so heg en inem wees soos die

band tussen ’n boom en die aarde waaruit

dit groei. Soos ’n huis wat op ’n sterk fondament

gebou word, moet julle julle lewe

op Jesus bou. Staan onwrikbaar vas in dit

wat julle glo, soos julle geleer is. Doen dit

terwyl julle gedurig vir God dankie sê en

Hom eer.” – (Die Boodskap). Dit het my laat

besef dat die leemte nie daar was omdat

ek verlang het na die see nie, maar eerder

omdat ek ‘n verhouding met Hom begeer

het.

Net toe ek dink die week van “ja-sê” is

verby, word ek genooi na die Sondagdiens

by die kerk. Dit was vir my so ongelooflik

hoe die Here hierdie week tot Sy voordeel

gebruik het. Hy het my reguit in Sy arms ingelei

en ek het nog nie een dag teruggekyk

nie. Dit is waar my pad met die Here begin

het en my verlore stukkie legkaart gevind

is…

Alles het verander die dag wat ek besluit

het om voluit vir Hom te lewe. My legkaartstukke

het skielik een vir een maklik hulle

plekke begin kry. Dit is ook hier waar ek die

grootste oorwinning in my lewe gekry het.

Ek het besef dat die lewe nie gaan oor wat

EK wil hê nie. Dit gaan nie oor my nie - dit

gaan oor Hom en Sy doel vir my op aarde.

Ons boeke is reeds geskryf (Psalm 139:16).

Sy planne vir ons is uitgelê en ons legkaarte

beplan. Dit is elkeen van ons se eie besluit

of ons die pad wil volg wat Hy vir ons gekies

het.
Die ou EK

ofnuweJY?

Deur MARISKA PATON, Kimberley Diecians

Wanneer Januarie begin nader kruip is ons gedagtes nie slegs vasgevang in alles wat

die afgelope jaar gebeur het nie, maar begin meeste van ons alreeds dink aan doelwie

wat in die nuwe jaar aangepak moet word. Boonop is die media oorlaai met advertensies

van produkte, doepas, druppeltjies en raad oor hoe om die NUWE JY te word.

Stasek wys dat die nuwejaarsvoorneme wat deurlopig die wenner bly, is om gesonder te

wees, hetsy dit is om gesonder te eet, meer te oefen, of gewig te verloor. Dit wys dat

meeste van ons daaraan wil werk om ons gesondheid te verbeter, maar hoe bereikbaar is

dit? Vir baie mense voel die “nuwe jy” na so ‘n onbereikbare doelwit, dat hulle nooit eens

die poging aanpak nie. Jackson Brown het gesê: “Wanneer jy ’n berg moet klim, moenie

dink dat as jy staan en wag, die berg kleiner gaan word nie.”

Vir enige doelwit om suksesvol te wees, moet dit spesifiek, meetbaar, realises en relevant

wees. Dit geld natuurlik ook vir doelwie vir gesondheid en gewigsverlies.

Wees spesifiek: Besluit wat vir JOU gesondheid belangrik is. Om slegs “gesonder” te wil

wees of “beter” te wil eet is nie spesifiek genoeg nie. Idenfiseer die probleemareas wat

op jou van toepassing is en stel dan doelwie oor hoe om dit te verbeter.

Wees realises: Miskien is jy nog ver van jou doel…maar jy is nader as wat jy gister was.

Maak jou doelwie meer bereikbaar, deur realises te wees. Indien jy tans geen groente

eet nie, moenie jou doelwit maak om 5x porsies groente daagliks te eet nie. Dit maak die

kans om jou doelwit te bereik skraler, en kan baie demoverend wees.

Hou dit relevant: Moenie te veel doelwie op een slag aanpak nie. Besluit op grond van

jou huidige gesondheid wat ‘n prioriteit is. Wanneer mens te veel doelwie gelyktydig

aanpak is dit oorweldigend, en is die kans groter dat jy dit nie sal bereik nie.

Hou dit meetbaar: Breek jou doelwie af tot meetbare maatstawwe sodat jy jou vordering

kan monitor. Dit hoef nie ‘n getal op die skaal te wees nie. Bepaal kleiner doelwie om jou

Goue Munt

39
groter doel te bereik. Byvoorbeeld, besluit om elke dag te begin deur ‘n glas water te drink.

Wanneer ‘n aksie 21 keer herhaal word, het ‘n gewoonte gevorm. Jy sal dit dus binnekort

doen sonder om eens daaraan te dink.

By Kimberley Diecians help ons mense om doelwie te stel wat hulle liggaamsamestelling

en huidige gesondheidsprobleme in ag neem. Daarna gee ons leiding oor hoe hierdie doelwie

bereik kan word en werk ons saam met jou om struikelblokke te oorkom. Ons glo dat

elke mens oor unieke eienskappe beskik wat tot voordeel van elkeen se eie gesondheid

kan wees. Die doel is nie om ‘n NUWE JY te word nie, maar eerder om ‘n BETER JY te word.

Dit word gedoen deur jou goeie eienskappe te idenfiseer en dan daarop te bou ten einde

jou doelwie te bereik. Vince Lombardi het gesê: "Ons sou baie meer bereik het as ons nie

sekere dinge as onmoontlik beskou het nie." Die kuns is dus om die saadjie van dit wat

moontlik is te plant en dit elke dag water te gee. Dit is nie nodig om te wag vir die nuwe

jaar of selfs vir Maandag om veranderinge te maak nie. Daar is niks fout met Dinsdag,

Woensdag of selfs Donderdag nie.

Hier is ‘n paar idees om mee te begin:

Drink minder suiker-bevaende vloeistowwe. Water bly die beste opsie, maar indien jy

nie hou van water nie, probeer nie-kalorie bevaende watergeursels. Bly weg van suikerbevaende

koeldranke, asook vrugtesappe. Suikervrye koeldranke kan wel gebruik word

en daar is tans verskeie opsies hiervan beskikbaar op die mark.

40 Goue Munt
Probeer ten minste 3 nie-styselagge groentes per dag insluit. Wees spesifiek oor hoe jy

dit gaan doen en by waer etes jy dit gaan insluit. Jy kan byvoorbeeld saam met

middagete een porsie insluit en met aandete 2 porsies. Bo en behalwe die verhoging in

vitamiene en minerale wat hiermee gepaard gaan, sal jy ook minder hoë kalorie kosse eet,

indien jy reeds vol is van die gesonder opsies.

Beplan jou etes vooruit. Dit is soms moeilik om by gesonde etes te hou met ‘n vol

skedule en minimale tyd beskikbaar. Berei maaltye en peuselhappies vooraf en pak jou kos

vir die dag in ‘n kossakkie of koelhouer. Dit sal jou help om meer gereeld te kan eet en dit

is ook minder waarskynlik dat jy van wegneemetes gebruik sal maak.

Hou altyd plan B in die sak. Maak seker dat jy altyd ‘n gesonde peuselhappie byderhand

het, byvoorbeeld neute, lae vet biltong, volgraan beskuitjies ens. Dit gebeur soms dat

mens as gevolg van vergaderings, of die kinders se besige skedules, nie daarby uitkom om

te eet nie. ‘n Gesonde peuselhappie kan jou help om nie in te gee vir hoë suiker of styselagge

opsies by die naaste winkel nie. Moet ook nie inkopies doen wanneer jy honger is

nie, eet liewer ‘n gesonde peuselhappie vooraf. Jy sal dan baie minder onnodige items

koop.

Maak dit ‘n prioriteit om te beweeg. Dit is nie nodig om te wag tot jy by die gym kan

aansluit nie. Beweging kan by enige plek

geskied. Dit is nie net goed vir jou

liggaam nie, maar ook vir jou siel. Stap

saam met jou kinders, speel bal met die

hond, maak tuin. Neem ‘n besluit om te

beweeg, terwyl jy dinge doen wat jy

geniet. Geduld, volharding en sweet is 'n

onverbeterlike kombinasie op jou pad na

sukses.

Slaap genoeg. Wanneer jy nie genoeg

slaap nie en oormoeg is, sal jou energievlakke

nie opmaal wees nie. Dit affekteer

jou vermoë om gesonde voedselkeuses

te maak en ook jou movering om

te beweeg of te oefen.

Neem ‘n besluit om êrens te begin. Dis

die klein veranderinge wat die groot verskil

maak. Moenie uitstel om weg te

spring met jou doelwie vir ‘n BETER JY

nie.
Photo credit: DAWID DE GREEFF

By DAWID DE GREEFF

Interview with: Tyra Adams,

Nurah Aysen and Dylan O’Connell

Archery is an ancient discipline prac-

ced in warcra, survival, and in more

recent years, recognised as an Olympic

sport. Famous for its inclusivity, archery

pioneered gender equality in sport, and according

to global stascs, ranks top in the

world in terms of safety and the benefits

the sport has to offer.

According to a recent study (July 2022) by

the School of Physical Educaon and

Sports, Dicle University in Turkey, the

different stages of shoong arrows show to

be helpful for physiological, biological and

psychological wellness.

overcome pressure, and to

achieve high accuracy

(Humaid, 2014).

In October 2021 the Department of Sport,

Arts and Culture in collaboraon with

Africa Genesis Archery South Africa NPO

(AGA-SA) iniated the development of

archery as an official sport in the Northern

Cape. They sponsored archery equipment

to one of the oldest primary schools in

Kimberley (Du Toitspan Primary).

Schalk van der Merwe, a published expert

in archery, was asked to coordinate the development

of archery in Kimberley and the

Northern Cape. Van der Merwe established

the Adventure Archery Academy and

heads AGA-NC.

Archery is a sport that involves firing an arrow

towards a target as precisely as possible,

in which fine motor precision skills

are required for success. Great technique,

concentraon, tacc, specific physical condions,

and psychological condions such

as: movaon, confidence, anxiety control,

self-control, and tenacity is required to

Goue Munt

Dawid de Greeff, the administrave officer

and archery instructor of AGA-NC, said:

“The number of acve parcipants in Kimberley

increased to almost 80 members in

only a few months - from January to October

this year. They represent both genders

and include different ethnic groups. I’m

parcularly excited about the number of

families doing the sport. Some of these

43
families represented the Northern Cape at

the AGA-SA Naonal Tournament in Paarl

this year.”

Mr. Blaauw - from the Northern Cape Department

of Sport, Arts and Culture - applauded

the organisers of archery in the

Northern Cape for the exponenal growth

of this sport in the province. He said that

he observed the development from only

17 archers to over fiy acve archers compeng

in the first Northern Cape Provincial

compeon in July this year.” 32 Northern

Cape archers represented the province at

the AGA-SA Naonal Tournament in October.

Two of the archers - Dylan O’Connell, a

grade two learner, and Lilly Heuwl, a grade

four learner - won silver medals in their respecve

categories. Tyra Adams & Nurah

Aysen, two grade 11 students, were selected

for the 2023 AGA-SA Naonal Development

Team. They will represent South

Africa, both naonally and internaonally

in compeons against countries such as

Canada, Zimbabwe, Botswana and Namibia.

Here is what AGA-NC’s top archers - Dylan,

Nurah and Tyra - had to say about the

sport:

Dylan O’Connell (grade 2, Eureka Primary)

loves the fact that he can compete individually

as well as in a team. It helps him to

relax and concentrate. He achieved Northern

Cape Provincial colours this year, aer

doing archery for only nine months.

Nurah Isaacs (grade 11, home schooler),

quoted Ghandi: "Strength does not come

from winning. Your struggles develop your

strengths. When you go through hardships

44 Goue Munt
and decide not to surrender, that is

strength". She said that her heart fluered

and she felt buerflies in her stomach the

first me she held a bow and arrow. That’s

when she knew she had finally found a

sport she loved. One of the most important

lessons she had to learn was to trust herself

and her insncts. She also stressed the

necessity of having a good support structure

when aiming for success in archery.

Nurah has a deformed hand and had to endure

many insults when she was a lile girl.

“I had the percepon that some people

wouldn’t accept

me, because of my

disability. I felt like

an outcast and ugly.

With the support of

my family and my

school, I learned to

accept my disability

and it made me

stronger.” She said

that archery helped

her to release the

baggage that was weighing her down. “I do

not do archery to be the best. Shoong

that arrow is therapeuc, it has become

my happy place.”

Nurah had only done archery for six

months, when she was chosen for the

2023 AGA-SA Naonal Development Archery

Team.

Tyra Adams (Grade 11, home schooler) is

ranked number one in the Northern Cape

and maintains a consistent score of

285/300.

Tyra shoots between 80 and 100 arrows

during a pracce session at the AGA-SA

ranch. She uses the Mathews Genesis bow

that is easy to shoot. It has an adjustable

Goue Munt

draw weight of 10 to 20 lbs, but it shoots

like a bow with higher poundage. When

adjusted to 20 lbs, the Mathews Genesis

bow stores and releases energy comparable

to a 35 lb recurve bow. It is an incredibly

accurate bow, quiet, and is just

plain FUN to shoot. She uses Easton 1820

aluminium arrows, which is AGA-SA approved

and very safe.

There is an old saying she values: “Archers

who shoot for the love of the sport, naturally

uses their inherent skills. But if they

shoot to hit the mark

or to win, archers’

hands start shaking,

their breathing becomes

irregular and

they become angry

and blind. Those

archers have not

mastered their skills

as archers.”

Archery teaches her

to never give up. Tyra said: “I know I will

not always hit the mark, but that movates

me to keep on trying. In archery you always

compete against yourself. I know I only

have to give my best. My best is enough!”

Coming to a draw; as we reflect on

these three Archers’ and others’ experiences

through the ages, we realize the

impact and value a simple bow and

arrow can have. For more informaon

about how you can get involved in

Archery in the Northern Cape, contact

Dawid de Greeff (AGA-NC Administrave

Officer) on 073 030 2909 or

email nc@agarchery.co.za

45
Culture

se hip hop passie

Deur ELZABé VAN NIEKERK

Die 12 lede van ‘n Kimberley hip hop dansgroep, Culture, het op 27 - 29 Oktober deelgeneem

aan die Hip Hop Unite World Championships in Obidos, Portugal. Die dansers het

Suid-Afrika verteenwoordig in hulle groen en goud en `n 10de plek verower.

Hulle het in Junie aan die South African Sport Aerobic, Fitness and Hip Hop Championships

in Kaapstad deelgeneem en gekwalifiseer vir hierdie internasionale kompesie in Portugal.

Culture

Die dansgroep word afgerig deur Noleen en Liam Abrahams. Noleen is die eienaar van

Noleen Andrews School of Dance en dit is ook waar die groep oefen. Dié dansskool bestaan

al vir derg jaar en Noleen dans al vandat sy drie is. Liam het die groepnaam Culture

uitgedink. Hy sê dit was nie iets waaroor hy lank moes dink nie. Die naam is gepas aangesien

daar `n baie prominente kultuur in hip hop is. Dit het in die 1960’s ontstaan. Daar is

verskillende style soos house dancing, b-boying (ook genoem break dancing), popping,

locking en wacking. Hierdie style val almal onder die hip hop sambreel.

Goue Munt

47
Culturekry

Proteaklere

Die roenes vir die Hip Hop Unite World Championships moes tussen twee en `n half en

drie minute wees. Noleen sê een van die uitdagings met die koreografie van `n nuwe roe-

ne, is om op hoogte te wees van die nuwe neigings. Sy sê die style ontwikkel en verander

baie vinnig. Beoordelaars van die internasionale kompesie kyk onder andere na oorspronklikheid,

presisie, ritme en kreawiteit wanneer hulle beoordeel. Dit verg baie tyd en

harde werk om so `n roene perfek te doen, aangesien almal soos een man moet beweeg.

Noleen sê: “‘n Groep wat so ver kom, dans al vir jare saam, want jy moet mekaar baie goed

ken.” Culture dans nou al vir sowat drie jaar saam, maar die lede was ook vriende voordat

hulle saam begin dans het. Hulle ouderdomme strek van 15 tot 21 jaar. Volgens Liam is die

moeilikste deel van die voorbereiding die afronding, want dit moet oor en oor ingeoefen

word. Wanneer hulle oefen, oefen hulle ook voluit en met die regte gesigsuitdrukkings.

Hulle doen dit sodat dit natuurlik voel wanneer hulle die roene doen tydens die kompesie.

Dit was die eerste keer dat dié groep internasionaal meegeding het. Protea klere is in

Oktober aan hulle oorhandig tydens `n spesiale seremonie in Kimberley. Liam sê hy het

trots gevoel om Suid-Afrika te kon verteenwoordig op ‘n internasionale verhoog. Culture

was een van drie Suid-Afrikaanse groepe wat aan die kompesie deelgeneem het. Hulle

het aan die mega crew afdeling (dansgroep met meer as en lede) deelgeneem en `n

ende plek losgeslaan. Ander afdelings in die kompesie sluit in small crew, duo en solo

bales. Daar was Suid-Afrikaanse verteenwoordigers in al die afdelings en twee goue

medaljes is ingepalm. Liam sê hy het goeie vriende gemaak met van die ander Suid-

Afrikaners. Hulle het almal in dieselfde hotel in Obidos, Portugal, tuisgegaan.

48 Goue Munt
Oor Portugal sê Liam dat hy veral Obidos se argitektuur waardeer het. Obidos is ‘n aneke

versterkte stad en is `n voorbeeld van goed bewaarde middeleeuse argitektuur. ‘n Kenmerk

van die stad is die nou geplaveide strate.

Noleen sê dat dans baie goed is vir ontwikkeling en konsentrasie. Dit help ook om selfvertroue

te bou. Die dansafrigter speel `n belangrike rol en moet dansers aanmoedig om

nie op te gee nie. Noleen vertel van `n seun wat by haar tapdans lesse gekry het. Sy het vir

die seun se ma gesê dat hy nog eendag saam met haar op die verhoog sal dans. Die ma het

gesê dat dit nooit sou kon gebeur nie. Die seun was baie teruggetrokke. Hy het uiteindelik

die hoogste moontlike prestasie vir tap gekry - honneurs met lof - en het saam met haar `n

duet op die verhoog gedans.

Dans is vir Liam`n ontvlugng. Dit help hom om sy emosies uit te druk en inspireer kreawiteit.

Hip hop is `n sport maar dit is ook `n kunsvorm. Noleen is ‘n geregistreerde

dansafrigter en bied hip hop, tap, flamenco, Irish en modern danslesse aan. Sy sê passie is

belangrik in dans: “Dit is passie wat jou weer laat probeer - oor en oor en oor.”
Christmas Roast withDebonedPorkNeck

Ingredients:

Method:

1 MALU Pork Neck DDD

2 Table spoons Ginger powder

2 Table spoons Crushed Garlic

Salt

Pepper

Olive Oil

1 Onion

½ Whole Garlic

1. Preheat your oven to 180°C, only using the

boom element of the oven.

2. Spice the whole pork neck with salt, pepper, ginger

powder and garlic (don’t be shy with the garlic

and ginger).

3. Put the pork in an oven proof dish. Quarter the

onion. Place the onions and whole garlic around

the Neck. Drizzle olive oil over the pork, onions

and garlic. You can add one or two fresh rosemary

branches for some extra flavour.

4. Cover the dish with foil. Place in a hot oven for 2

to 2 ½ hours.

5. Remove the foil. Change oven seng to top and

boom element. Return the meat to the oven

allowing to cook another 45 minutes to 1 hour.

6. Serve with your favourite Christmas side dishes.

Keep in mind that a creamy mushroom sauce is

the perfect match for this roast.

50 Goue Munt