01.02.2023 Views

Goue Munt Uitgawe 2

Goue Munt is `n gratis geselstydskrif in Kimberley. Daar word 2000 tydskrifte gedruk en beskikbaar gestel by uitgesoekte winkels, koffiewinkels, haar- en skoonheidsalonne, spreekkamers en gastehuise in Kimberley. Die tydskrif is ook digitaal beskikbaar. Die eerste uitgawe het op 1 Desember 2022 verskyn. Hierdie is die tweede uitgawe - die Goue Munt Februarie / Maart 2023 uitgawe. Die volgende uitgawe sal in die eerste week van April verskyn. Stuur jou advertensie, nuus, storie, idees, voorstelle, kommentaar en/of foto’s aan ons. Ons hoor graag van jou.

Goue Munt is `n gratis geselstydskrif in Kimberley. Daar word 2000 tydskrifte gedruk en beskikbaar gestel by uitgesoekte winkels, koffiewinkels, haar- en skoonheidsalonne, spreekkamers en gastehuise in Kimberley. Die tydskrif is ook digitaal beskikbaar. Die eerste uitgawe het op 1 Desember 2022 verskyn. Hierdie is die tweede uitgawe - die Goue Munt Februarie / Maart 2023 uitgawe. Die volgende uitgawe sal in die eerste week van April verskyn. Stuur jou advertensie, nuus, storie, idees, voorstelle, kommentaar en/of foto’s aan ons. Ons hoor graag van jou.

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Gratis Kimberley Geselstydskrif

Februarie / Maart 2023

Gloria: `n Ma vir baie

Bl.20

Welkom Griquas rugbyspeler

Tertius Kruger & gesin

Carmen le Grange

mode-ontwerper met passie

Gesin leef voluit na ongeluk

Bl.28

Theané Willemse

verteenwoordig SA in Miami

Medewerkers: Skapie, Annemarie de Greeff, Lenie Heuer, Gerrit

de Boer, Fransa en Cilius van der Merwe, Magda en Fires van

Niekerk, Nelmarie van der Merwe, Nerine Steenkamp, Nicqie

Robinson, Neree Botha, Margie, elkeen wat sy/haar storie

gedeel het, Brauteseth Blasng en elke adverteerder.

Baie dankie!

Inhoud

Bl.

4. Redakteursbrief

5. Gi Ideas

6. Ferdie en Heleen:

van skerwe na `n pragge mosaïek

13. Family Foundaons

17. Verandering

19. Die filosoof en die ou visserman

20. Gloria - `n ma vir baie

28. Gesin leef voluit na ongeluk

33. Carmen: mode-ontwerper met passie

36. Theané verteenwoordig SA by

Miss Teen Universe

40. Leer jou kind Christelike waardes

43. Ligte, kamera, aksie!

45. Tuinmaak in 40 ᵒC

46. Welkom Terus en gesin

Redakteur

Elzabé van Niekerk

elzabe@gouemunt.co.za

076 239 6811

Mede-redakteur

Charné Cronje

charne@gouemunt.co.za

Stuur jou advertensie, nuus,

storie, idees, voorstelle,

kommentaar en/of foto’s aan

ons. Die volgende uitgawe

verskyn in April 2023.

www.gouemunt.co.za

Digitale tydskrif

Voorbladspan

Stylering: Nicqie Robinson 072 359 2422

Hare: Margie - Hair Worx 079 096 5332

Foto’s: Neree Botha, Zoomink Creave Studio 083 923 2091

Maakditsaak?

Een van my gunsteling drome is nie my eie nie. My mentor het een aand gedroom van

sy tannie wat al oorlede is. In die droom was sy besig om tuin te maak. (Sy het ook van

tuinmaak gehou, terwyl sy op aarde geleef het.) Sy het na hom gekyk en gesê: “Do

what maers.” Hy het wakker geword en die woorde onthou.

“Doen dit wat saakmaak”, dié woorde is dringend en daag my uit. Dit klink asof ons tyd - en

dít wat ons daarmee doen - belangrik is. Ons tyd op aarde is kort.

“I am a flower quickly fading, here today and gone tomorrow…” Ek het hierdie ou Casng

Crowns liedjie vandag, die hele dag, gesing (in my hart, nie hardop nie). Die blom in die

liedjie is broos - en vir daardie rede dink `n mens dat dit nie baie werd kan wees nie. Die

woorde van die liedjie sê verder: “Sll, You hear me when I’m calling, Lord, You catch me

when I’m falling. And You’ve told me who I am: I am Yours.”

Dit is die wonderlikste gevoel om iemand s’n te kan wees - iemand wat jou waarlik ken en

lief is vir jou. Dit voel veilig. Hoe ongelooflik is dit om te weet dat die Een wat mý kies, Jesus

is. Ek is vir Hom waardevol en Hy vra my om Hóm te kies. Hy kan storms slmaak en my

broosheid toevou, indien ek Hom toelaat. Hy het die dood reeds oorwin!

Mag jy tussendeur die blaaie van hierdie uitgawe die broosheid van ander se stories raaklees

en jou eie broosheid ook toegevou word in liefde.

Vandag wil ek uit Sy liefde leef en dít doen wat saakmaak. Aan Jesus al die eer!

Elzabe

Brauteseth Blasng is Goue Munt se hoof adverteerder vir 2023. Ons is baie

dankbaar! Hou die middelblad van elke uitgawe dop vir hulle advertensies.

Giftideas

1 10

2

14

9

8

11

3

16

12

4

15

13

6

7

5

ProPlants: 1. Slab of seeds, 2. Bird feeder, 3. Braai utensils, 4. Decorave planter,

5. Hot plate, 6. Portable gas stove, 7. Potjie server and potjie.

Gily Surprize: 8. & 9. Carrol Boyes canisters, 10. & 11. Decorave ornaments,

12. Decorave planter, 13. Plant holder.

Vermeulens: 14. Bird feeder, 15. Door stop. PNA: 16. Leather braai miens.

FerdieenHeleen

vanskerwena‘npragtige mosaïek

Deur ELZABé VAN NIEKERK, Foto’s deur ZOOMINK CREATIVE STUDIO

Ferdie (52) en Heleen (51) se storie saam het al op skool begin. Hulle was toe nog

net kennisse. Eers na matriek, toe hy ‘n boskursus op Maleoskop moes bywoon, het

hy haar gereeld begin bel. Hulle het in 1990 die knoop deurgehaak en hulle paadjie

saam het begin. Ferdie en Heleen het die trotse ouers geword van drie kinders en gaan

in Februarie ook grootouers word.

So, julle is al lank getroud? Ferdie antwoord, “Nee ons is nie, dít is die lekker van ons

getuienis...”

Eerste 14 jaar

Ferdie verduidelik, “Ons huwelik was op

die verkeerde fondasie gebou.” Hulle het

albei geweet van die Here, maar nooit `n

verhouding met Hom gehad nie. “Ons

het nou en dan kerk toe gegaan. Heleen

het selfs op `n stadium Sondagskool klas

gegee, maar ons het nooit werklik die

Here geken nie.” Hulle huwelik het begin

met voorhuwelikse seks en Ferdie vertel

hoe dit reeds krake in hulle fondasie

gelaat het. “Ons het `n vrot huwelik

6 Goue Munt

gehad, ek het baie gekuier en gedrink.”

Ferdie het op daardie stadium konstruksiewerk

gedoen. “Dit was `n rowwe leefstyl.

Ek het baie weg van die huis gewerk

en die drinkery het al hoe erger geraak, al

hoe rowwer. Jy raak brawer… Jy doen

goed wat jy nooit sou gedoen het nie.”

Vir hom was die rede vir die baie drink ‘n

soeke na iets, maar ook om sosiaal te

wees. “Jy wil nie uit wees nie”, verduidelik

hy.

Naweke tuis het hy die drink en kuier voortgesit. “Ek het my vrou en kinders verbaal

mishandel en ek het fisies geraak. Ek het nooit my vrou geslaan nie, maar baie naby

gekom, ek het haar rondgestamp. My persoonlikheid het heeltemal verander wanneer

ek gedrink het, ek het soos `n monster opgetree. Jy raak spyt oor wat jy gedoen het,

maar volgende keer doen jy dit maar net weer.”

Dit het té erg geraak. Ferdie en Heleen het gesukkel met vertroue in hulle huwelik en op

24 September 2004, het Heleen gesê sy wil skei. Hulle is amptelik deur die hof op 3 Desember

2004, geskei.

Heleen voeg by: “Ek het `n vriend gehad toe ons

huwelik so vrot was. Ek het my hart met hom gedeel;

hy het my bygestaan en my vertel hoe oulik ek is. Vir

baie lank wou ek verskriklik

graag `n verhouding met

hom gehad het.” Ferdie

het haar telkens gevra

om die vriendskap te

beëindig, maar sy kon

nie.

“Die oomblik wanneer

jy jou hart met iemand

anders deel en nie met

jou man nie, is daar rooi

ligte in ‘n huwelik. Naas

die Here moet jou man jou

nommer een wees.”, vertel

Heleen.

Vier jaar geskei

Ferdie en Heleen het gedurende

2004 tot 2008 ses keer weer

probeer. Hy het ses keer teruggetrek

na hulle huis, maar dit het elke keer

net erger gegaan. In Mei 2008, verloor

Ferdie sy werk en sy hele wêreld

tuimel ineen. Hy het vir Heleen vertel

dat hy bedank het en sy het hom finaal

gevra om uit te trek.

Ferdie se keerpunt

“Ek het alles verloor. Dít was my

laagtepunt.” Ferdie het op `n Maandagoggend

teruggekeer na sy ouerhuis in

Pietermaritzburg. “Ek het niks gehad nie.

Ek dink ek het `n TV saamgevat.”

Sy ouers dien die Here al vandat hy 5 jaar

oud was. Daardie Sondag het hulle hom

saamgenooi kerk toe en hy het ingestem.

Hy het niemand daar geken nie. “Ek het

by die deur ingestap en my nekhare het

regop gestaan. Ek het gedink: ‘Sjoe, wat

gaan in hierdie kerk aan?’”

Ferdie vertel dat dit daardie oggend

gevoel het asof hy alleen in die kerk was

en die pastoor nét met hom gepraat het.

Hy het my lewe beskryf – tot in die fynste

besonderhede. “Ek het gedink my ouers

het voor die tyd met hom gepraat, maar

hulle het my verseker dat hulle hom nie

gekontak het nie.” Die pastoor het nie

Ferdie se storie geken nie, maar die Here

het. Die boodskap het Ferdie geruk.

Daarna het hy weer dít ervaar wat hy as

kind beleef het. Almal het saam gebid en

hy het die Heilige Gees se liefde gevoel.

“Dit was amazing…” Ferdie het in die

tweede bank van voor gesit, in die

regterblok. In die linkerblok heel agter,

het `n jongman gesit. Die jongman het op

en af in die paadjie geloop en bid. Hy het

reg voor Ferdie gaan staan en met outoriteit

in tale gepraat. Dit was doodsl in

die kerk. “Ek het daar besef, die Here

praat met my!” Die pastoor het daarna

die uitleg van die tale gegee. “Die Here

het vir my gesê dat Hy my drie keer in my

8 Goue Munt

lewe geroep het en dat ek elke keer my rug

op Hom gedraai het. Hy het my op kruispaaie

gebring en in plaas daarvan dat ek

die regte afdraai gevat het, het ek weer

teruggegaan op die pad vanwaar ek gekom

het. Maar nou gaan Hy my sit op die pad

wat Hy vir my gekies het. Hy het vir my `n

baie groot toekoms beplan.”

“Ek het besef dat ek platgeslaan was en ek

kon nie laer nie. Die enigste Een wat my

kon ophelp, was God. Ek het ‘n besluit

gemaak en gesê: ‘Dit is reg, Here, ek vat U

hand. Ek kies U.’ My lewe het daar handomkeer

verander.”

“Ek het by die kerk uitgestap en soos `n

nuwe mens gevoel. Ek was soos `n gestroopte

voertuig wat by `n spreiverokkie

ingegaan het. Vooraf het ek niks

gehad nie, ek was sonder kleur. Aan die anderkant

was ek splinternuut en bloedrooi.

Ek het drank en sigaree heeltemal gelos.”

Ferdie se pad van heelword het begin en

hy het gereeld afsprake met die pastoor

gehad. Tydens een so ‘n afspraak vra die

pastoor hom: “Wat as die Here jou wil

terugstuur Kimberley toe? Wat as die Here

weer vir jou en jou vrou bymekaar wil

bring?” Ferdie het geantwoord: “Ek dink

nie dit is die Here se wil nie. Daar het al

soveel goed gebeur, ek dink nie ons huwelik

is herstelbaar nie.” Die pastoor het weer

gesê: “Maar wat as dit die Here se plan is?”

Hy het Ferdie gevra om dit in sy agterkop te

hou.

Een van die aksiestappe wat Ferdie moes

neem in sy proses van heelword, was om

‘n brief te skryf vir Heleen en sy kinders. In

die brief het hy vir hulle verduidelik wat

met hom gebeur het. Hy het jammer gesê

vir alles wat hy gedoen het en vir dit wat

hulle deurgemaak het. Hy het hulle gevra

om hom te vergewe.

Heleen se keerpunt

Heleen sê sy het die brief ontvang en

gedink: “Wat ookal, hy sal nooit verander

nie. Hy sal net nooit verander nie.” Sy het

nog nie `n verhouding met die Here gehad

nie en het nie gedink dit was moontlik vir

Ferdie om te verander nie.

Sy het Ferdie se laaste goed wat nog by die

huis was, gepak en vir hom geneem. Sy het

die kinders ook vir `n gedeelte van die

naweek by hom afgelaai, sodat hulle weer

kon kuier. Self het sy by haar suster in Pinetown

gaan kuier.

Maandagaand, het sy hom gebel en vertel

dat sy die hele pad terug, van Pietermaritzburg

tot Kimberley, gehuil het en nie

geweet het hoekom nie. Ferdie vertel

verder: “Sy het gesê sy kon sien dat ek

heeltemal anders was - fisies ‘n ander

mens. Sy wou weet wat dit was wat ek

gehad het, want sy wou dit ook só graag

hê.” Ferdie het geantwoord: “Dit is Jesus.

Gaan net na `n kerk toe in Kimberley en

gaan ontmoet Jesus.”

Heleen vertel: “Ferdie se hele gelaat het

verander, alles omtrent hom het verander.

Die verandering was soos van nag na dag.”

Sy het die Sondag na AGS Huis van Restourasie

gegaan, vir Jesus ontmoet en ook

haar lewe vir Hom gegee.

Goue Munt

9

Ferdie en Heleen het begin gesels oor die Here en Heleen het besluit om vir hom `n

buskaartjie na Kimberley toe te koop. Hulle het dit só beplan dat hy in Kimberley sou wees

vir hulle dogter se verjaardag. Hulle het saam kerk toe gegaan en daardie naweek het die

Here hulle gesin weer herstel. Ferdie vertel: “Ons hele gesin het voor in die kerk gaan staan

en hulle het vir ons gebid…” Iemand in die kerk het ook vir hom werk aangebied en hulle

lewens het in plek geval.

Heleen sê: “Dit was net amazing hoe hy verander het. Ek kan dit nie eers beskryf nie. Die

man vir wie ek so bang was dat ek party aande met `n mes onder my kussing geslaap het,

was nou die een wat my beskerm het – vir die eerste keer in my lewe.”

Tweede 14 jaar

Ses maande later, op 13 Desember 2008, het Ferdie en Heleen weer getrou. God het hulle

huwelik herstel en hierdie keer het hulle dit op die regte fondasie gebou. “My lewenskreet

is: Wanneer die fondasie in jou lewe Jesus is, sal Hy ook die fondasie in jou huwelik wees.”

- Ferdie

God se guns tydens hulle tweede bruilof het hulle verbaas. Hy het van al hulle hartsbegeertes

geweet:

Heleen wou graag `n trourok met `n spesifieke

soort kant en moue gehad het. ’n

Vriendin se suster het `n rok vir haar

gehad en die rok het haar perfek gepas.

Dit was asof dit vir haar gemaak was. “En

die suster was eintlik korter as ek!”, skerts

Heleen. Iemand het haar hare en grimmering

gras gedoen en hulle fotograaf

was ook gras. Dit was baie spesiaal, want

hulle het op daardie stadium finansieel

gesukkel. Heleen kry lekker soos sy vertel:

“God het vir ons ‘n fantasese troue

gegee!”

Hulle bediening begin

“Die Here skil jou af soos `n ui – genesing

gebeur stukkie vir stukkie, soos wat jy dit

kan hanteer.” - Heleen

`n Jaar later, terwyl hulle gesin by ‘n

pastoor in Kuruman gekuier het, was Fer-

Ferdie en Heleen se tweede bruilof

10 Goue Munt

Die Kimberley Family Foundaons Internaonal beradingspan. Van links na

regs: Bennie en Madele Ackerman, Barend en Lee-Anne Vermeulen, Magda

Erasmus, Ferdie en Heleen Hamann.

die en Heleen gekonfronteer met die seer

wat hulle kinders steeds gedra het. “Ons

het besef hoe stukkend ons kinders was en

dat ons nog werk gehad het om te doen.”

Hulle het daarna begin om Family Founda-

ons Internaonal seminare by te woon:

Ancient paths, Covenant Marriage, Communicaon

in Marriage en Overcoming

anger. “Nadat ons dit gedoen het, het ons

besluit dat ons die beste vir ons kinders

wou hê - ook vir ons kleinkinders en ons

agterkleinkinders. Ons het gekies om ons

nageslag te verander.”

Ferdie en Heleen het in Junie 2010 die

seminare ook in Kimberley begin aanbied

en só het hulle seisoen van bediening

afgeskop. “Ons het opgehou tel, maar

meer as 5000 mense het al hierdie seminare

in Kimberley bygewoon.” Daar is

soveel getuienisse wat vertel kan word -

mense se lewens wat verander het - maar

dit is stories vir `n volgende keer. Daar is

ook `n span beraders wat hulle help met

elke seminaar. “Die Here het ons geseën

met ‘n span wat saam met ons ‘n passie vir

mense en huwelike het.” - Heleen

`n Bom bars

Heleen vertel verder: “Ons het gesukkel

met openlikheid en eerlikheid in ons

huwelik.”

Een van die seminare wat Ferdie en Heleen

bygewoon het, het gegaan oor inmiteit

deur deursiggheid. Hulle het besef dat

hulle nie ten volle inem kon wees, indien

daar goed was wat hulle vir mekaar

weggesteek het nie. Heleen het ‘n boodskap

aan haar vriendin gestuur en haar

gevra om vir Ferdie se hart te bid, want

daar was iets wat sy met hom moes deel.

Ferdie voeg by: “Vandag weet ons hoe belangrik

gebed is. Heleen het vir haar

Goue Munt

11

vriendin gevra om vir my hart te bid, sodat ek met `n oop hart dít kon ontvang wat sy met

my wou deel. Niemand het vir haar hart gebid nie…en sy was nie gereed om die skok te

hanteer van dit wat ek met haar wou deel nie.”

Heleen het met Ferdie iets gedeel wat jare terug gebeur het, net nadat hulle die eerste

keer getrou het. Net daarna het Ferdie sy nuus met Heleen gedeel. Ferdie het gedeel dat

hy ses keer seksueel ontrou was aan haar, terwyl hulle die eerste keer getroud was.

Heleen onthou: “Dit was vir my erg… ‘n Mens weet seker, maar ek het hom altyd beskerm

en gedink hy sou dit nooit doen nie.”

Die Here het ook hierdie seer in hulle genees. Heleen moes gekies het om te glo dat Ferdie

iemand anders was – hy was nie meer dieselfde mens nie. Ferdie kon dit ook met sy kinders

deel en hy het hulle gevra om hom te vergewe. Openlikheid en eerlikheid - ook met hulle

kinders – is nou een van hulle kernwaardes.

Laaste gedagtes

Ferdie: “Die Here kan enige huwelik herstel, maar beide partye moet wil. Elkeen moet

100% gee. Dit help nie een gee 50% nie. Altwee moet ten volle inkoop in die Here se restourasie

proses.”

“Ons was geskei. Ek het `n drankprobleem gehad en dit was ernsg. Ek was `n alkoholis. Ek

het my vrou en kinders fisies en verbaal so mishandel. Ek was ontrou aan my vrou en het

gevoel soos `n gemors. Tog het die Here my gevat en my verander. Die Here kan enige iemand

verander. As jy Hom toelaat, kan Hy jou verander.”

Heleen sê gereeld hoe verstom sy is dat God hulle kon lieê. Haar boodskap aan ander is:

“God gaan altyd lief wees vir jou, Hy gaan altyd vir jou wag. Sy uitnodiging is altyd: ‘Ek is

hier, kies My.’”

“Elke mens se pad is anders, solank jy net in jou storie die Here se lig laat skyn. Of jy geskei

is of nie, of jy `n mamma is wat vroeg swanger geraak het en of jy `n alleenouer is. Hy moet

altyd jou nommer een wees - dit is die belangrikste.”

God het Ferdie en Heleen opgetel, uitgeskud en weer neergesit. Hy het hulle gelei op `n

pad van genesing en die herstel van hulle huwelik. Vandag strek hulle getuienis baie wyer

as dié van hul eie huwelik. God gebruik hulle storie van genesing om ook hoop te bring vir

baie ander.

Ferdie en Heleen bied ook vanaf verlede jaar die kursus: Divorce care, aan. Die kursus is vir

mense wat stukkend is en seer het as gevolg van huwelike wat misluk het. “Soms gebeur

goed in die lewe waarvoor ons nie antwoorde het nie. In sulke tye is dit belangrik om te

weet dat Hy vir jou lief is en dat jy Hom kan vertrou - jy kan Hom 100% vertrou.” – Heleen

12 Goue Munt

Ferdie en Heleen fasiliteer

die volgende Family

Foundaons Internaonal

seminare saam met `n

span beraders:

FamilyFoundationsSeminare

Covenant Marriage Retreat: Die wegbreek is vir alle getroude, asook verloofde

paartjies - of jy probleme in die huwelik ervaar, of net die tyd wil uitkoop om mekaar

te geniet. Ons span wil jou bederf met fantasese verblyf en baie lekker kos.

Die naweek bestaan uit sessies deur Craig Hill, die sgter van Family Foundaons Internaonal,

Bob en Audrey Meisner asook Dave en Maxine Broom. Die Sondag tydens

die wegbreek, is daar ‘n opsie om huweliksbeloes te hernu - met ‘n hele bruilof!

Datums vir 2023 se Covenant Marriage wegbreek geleenthede:

14-16 April en 15-17 September

Communicaon in Marriage: Ons almal sukkel met kommunikasie en maak mekaar

onbewustelik seer met woorde. Tydens die seminaar leer ons paartjies om veilig hulle

harte met mekaar te deel en gee ons vir hulle ‘gereedskap’ wat hulle kan gebruik om

mekaar beter te hoor en uitdrukking te gee aan behoees.

Ancient Paths 1 en Ancient Paths 2: Beide Ancient Paths seminare gaan oor dít wat

God van die begin af vir ons beplan het: om `n seën vir mekaar te wees. Tydens die

seminare wys God vir jou waar jy gewond is en bring genesing.

Queson for men & Queson for women: Wie is ek? Wat is my doel? Hoekom is ek

hier? Seminaar vir kinders vanaf 13. God bevesg vir jongmense hulle doel en Sy wonderlike

plan vir elkeen se lewe.

Divorce Care: Gaan jy deur 'n egskeiding of het jy al deur een gegaan maande of selfs

jare gelede? Hoe tel ‘n mens die stukke op na die tyd? Kom leer van genesing en vergifnis.

Laat die Here toe om herstel te bring in elke area van jou lewe - of dit finansieel

of emosioneel is. Die ondersteuningsgroep is daar om jou te help, sodat jy weer kans

sien om die wêreld in die oë te kyk.

Vir meer inligng en om plek te bespreek by die seminare kontak:

Ferdie Hamann: 082 652 2161 of Heleen Hamann: 083 233 3350

Verandering

Deur ANNEMARIE DE GREEFF

Verandering gebeur nie net op Oujaarsaand nie. 'n Groot deel van verandering gebeur

onbewustelik, soos jou hart wat geruisloos voortklop: Een oomblik 'n vol hartkamer,

die volgende oomblik feitlik leeg. Leerlik en soms ook figuurlik. Selfs die woorde wat

jy nou lees is 'n hele paar keer verander voor dit uiteindelik hier, swart op wit, gedruk is.

Soms is verandering so voorspelbaar soos knope wat moeiliker vasmaak na die vakansie,

maar meermale staan verandering ewe skielik en ongenooid voor jou deur. Soos toe my

ma op 63 onverwags oorlede is, vyf maande voor ons Simeon seun se geboorte. Of toe ek

op 'n mooi somersaand my elmboog gebreek het en 8 steke in my voorkop moes kry, dít

nadat ek doodonskuldig oor my skouer vir ons kinders geroep het “Laaste een by die kar is

'n vrot eier!”. Die plan was om loshande te wen en met 'n skaterlag in die kar te klim, maar

toe haak my plakkie aan die wye soom van my blommetjies broek en daar verander

skaterlag in 'n oogwink in bloed en hospitale.

Verandering is eintlik nog altyd deel van die groter prentjie. Heel aan die begin is die

vormlose, chaoese waters skouspelagg verander deur Sy woorde. Jesus se dood aan die

kruis en Sy opstanding het vir altyd die toekoms verander vir die wat in Hom glo. Die

karakter van Maria sê dit so mooi in die Chosen reeks: “I was one way and now I'm

completely different. And the thing that happened in between was Him.” Is dit dalk die

geheim van verandering? Hoe dit óns verander. Wat sal die punt daarvan wees om te

verander, as dit ons nie nader bring aan God – die Een wat deur die eeue onveranderd bly

- nie?

Hy is die anker wat keer dat ons net doelloos meegesleur word tot by die volgende

maalkolk van die lewe (Johannes 16:33). Ons dink ons het allerhande dinge nodig om

verandering te vermy of te oorleef, maar verandering kan tot ons beswil meewerk

(Romeine 8:28) en net Een is nodig. In 'The Weight of Glory' sê C.S. Lewis “He who has God

and everything else has no more than he who has God only”. Mag ek en jy soos klei wees

in Sy hande, wat Hy kan vorm en brei in elke verandering om meer soos Jesus te wees.

Join as a family or individually, from ages 8 - 99yrs

Weekly lessons & Practice range available

Qualify for National Colours

For more info contact

Dawid 073 030 2909 / dawid@adventurearchery.co.za

Schalk 082 762 9838 / schalk@adventurearchery.co.za

Goue Munt

17

Diefilosoofendieouvisserman

‘n Stukkie van Skapie se lappieskombers

Die ruggraat van die vissersnet lyk

of dit gevleg is uit seebamboes.

Dis grof en knou my hande en die

seewater laat dit brand. Ek reken dié net

is honderde meters diep en honderde

meters lank, met ‘n boog in die see gespan.

Sewe mans en ‘n klein bootjie het

dit deur die loop van die oggend geset

en nou help ons hulle om dit na die

strand te trek. Ons is ‘n paar studente

wat ‘n blaaskans vat na ‘n kort sending

uitreik in Tanzanië. Die vissermanne het

ons vriendelik verwelkom met ons versoek

om hulle te help. Dis harde werk,

baie harder as wat ek verwag het en dit

vat lank – baie lank.

Die vissies word teen die strand uitgetrek

waar die goeies van die slegtes

geskei word. Die vissermanne verdeel

die vissies onder mekaar en bied vir ons

ook ‘n porsie aan, maar is tevrede as ons

dit van die hand wys.

“Dis ‘n mors van tyd!” skreeu my

gedagtes.

Dit was sulke harde werk en elkeen kry

maar net ‘n kwart goiingsak vol vissies.

Toeskouers laat die strand met opgewondenheid

druis, maar dis seker vir die

ou visserman te besig. Hy vat sy sak

vissies en vlug eenkant, weg van die rumoer.

Ek hou hom dop waar hy gaan sit

onder ‘n palmboom. Hy staar oor die

branders die verte in en stop sy pyp.

Goue Munt

Stadig vat hy ‘n diep teug en sit terug.

Rusg, tevrede.

Ek besef die man het seker genoeg vir ‘n

dag of twee, met so ietsie ekstra om nog

te ruil vir ander benodighede. Sy rusge

tevredenheid is vir my opvallend en die

oomblik word in my hart geskryf. Rusg,

tevrede.

Nietzsche het gesê: “He who possesses

lile, is so much less possessed.” Ek het

op daardie dag die filosoof se woorde in

my dagboek gegriffel. Soos ek deur die

lewe stap, besef ek, dat dit nie goeters

en dinge is wat jou vashou nie, maar jou

eie hart in die saak. Jesus leer ons bid vir

ons benodighede vir vandag. God voorsien,

maar soms is dit nie presies wat

ons wil hê nie, ons soek gewoonlik

bietjie meer – maar God weet, Hy weet

presies wat ons nodig het. Die toepassing

is snoeiend en rof, maar vir Hom is

jou karakter belangriker as jou gemak.

God herinner my soms aan daardie ou

visserman as ek my lewe wil stuur en

soos die wind wil aanjaag. Ek onthou my

gedagtes met die son se ondergang

daardie dag; Vanaand gaan die ou visserman

lekkerder as ek slaap; lekkerder

dalk as wat ek ooit kan slaap.

Rusg, tevrede.

In Jesus ons Verlosser se naam bid ek:

“Mag julle tevrede gaan slaap, en opgewonde

wakker word; elke dag.”

19

GLORIA

Deur ELZABé VAN NIEKERK, Foto’s deur SKAPIE

Ek stop voor die baksteenhuis en `n sonnige Gloria wag my by die hekkie in. Sy lyk net

so vrolik soos haar huis en met die groet kry ek `n drukkie. Dadelik voel ek Jesus se

liefde en ek besef later dit is omdat sy oorloop daarvan. Sy loop oor van Sy liefde, omdat

sy dit gedurig uitdeel en Hy haar gedurig weer volmaak. Haar storie daag my uit op `n

baie goeie manier:

Gloria (66) is `n geliefde ouma en die

trotse ma van drie kinders (twee

dogters en ‘n seun). Sy het grootgeword

in Kimberley en gematrikuleer aan St

Boniface High School, `n Rooms Katolieke

skool in Galeshewe. Sy was een

van ses kinders en dit was die naaste

skool aan hulle huis. Sy kon skool toe

stap. Gloria onthou hoe sy karton onder

haar enigste paar skoolskoene geplak

het, toe dit deurgeloop het. Daar was

nie geld vir nuwe skoene nie. Sy het ook

honger-wees geken. “Óns het darem

nog pap gehad en het dit gewoonlik

saam met melk, morogo of derms

geëet.” Na skool het sy indiensopleiding

vir hulpverpleging gedoen by St Conrad’s

hospitaal in Taung. Sy kon ongelukkig

nie haar opleiding voltooi nie.

‘NMavirbaie

20 Goue Munt

Gloria se ouma het baie siek geword en sy moes sak

en pak terugkeer om haar ouma te versorg. Haar ma

het op daardie stadium `n inslaap huishulp werk

gehad. Daar het ‘n abses in haar ouma se mond ontwikkel

waar sy `n tand getrek het en dit het ontaard in

kanker. Haar ouma is opgeneem in Chris Hani Baragwanath

Hospitaal in Johannesburg en het weer

teruggekeer na Kimberley Hospitaal waar sy uiteindelik

gesterf het.

Gloria het daarna begin werk om haar familie finansieel

te help. Sy het huishulp werk gekry by `n gesin

wat op die militêre basis gewoon het en het vir baie

jare by hulle gewerk. Sy was later die enigste broodwinner,

want haar Ma was gediagnoseer met kanker

en haar sussies het nie werk gekry nie. Sy het in die

aande, na werk, haar ma versorg en kos gekook vir

haar sussies. Dit was `n uitdagende tyd in haar lewe,

maar dit is ook waar haar passie gegroei het om

mense in nood te help.

In 1990 het die huisgesin by wie Gloria as huishulp

gewerk het, verhuis. Gloria, toe 33, het aansoek gedoen

vir werk by `n Shoprite wat hulle besig was om

te bou in Bulonteinweg. Dit was die eerste Shoprite

in Kimberley en sy was per telegram genooi vir `n onderhoud.

By die onderhoud het sy hulle beïndruk met

haar energie en wil om te werk. Sy het die werk gekry

en haar blink loopbaan, van 29 jaar, het afgeskop as

pakkie toonbankdame.

Gloria het fluks gewerk en haar goeie reputasie het

haar vooruit geloop. Sy is bevorder tot verskillende

posisies in Shoprite. Sy het beskeie begin en daarna

deur die range beweeg: sakkie pakker, kassiere, rakpakker

(by verkillende afdelings) en later het hulle

haar gevra om te help in die kontantkantoor.

Gloria vertel `n staaltjie uit haar rakpak-dae:

Sy het `n natuurlike aanvoeling gehad vir rakke pak en

het haar eie inisiaef gebruik terwyl sy die produkte

Goue Munt

21

op die rakke gepak het. Op `n dag het die

streeksbestuurder hulle winkel besoek en

haar ingeroep. Sy het gedink: “Vandag is

hier moeilikheid, vandag word ek hier

weggejaag.”

Maar sy woorde was die teenoorgestelde:

“Baie dankie, Gloria, hierdie is die beste

winkel wat ons vandag besoek het. Hoe

gebeur dit dat die soliede tuna blikkies so

goed verkoop by julle? Wat doen jy?”

Sy het verduidelik dat sy agtergekom het

dat die blikkies nie verkoop het wanneer

sy dit, volgens hulle uitleg, op die onderste

rak gepak het nie. Sy het toe besluit om dit

te skuif na `n ander rak - een op ooghoogte.

Kort voor lank het hulle blikkies

vanaf ander takke gekry om te verkoop –

blikkies wat naby hulle vervaldatums was.

Gloria het die blikkies verkoop gekry en

uiteindelik moes die ander takke ook hulle

rakke gepak het volgens Gloria se uitleg.

Sukses het Gloria ook tydens haar tyd in

die kontantkantoor gevolg en sy is later

bevorder tot toesighouer by die Shoprite

Checkers in Diamond Pavilion Mall. Sy het

opleiding aan ander werkers gegee en

uiteindelik gegroei tot die bestuurder van

die Shoprite drankwinkel in New Park. Onder

haar bestuur is die winkel aangewys as

die top winkel uit 15 winkels in die streek.

In September, 2019, het Gloria afgetree. Sy

was 63.

Terwyl sy nog by Shoprite gewerk het, het

Gloria se jonger sussie ook kanker gekry –

borskanker. Die dokters het nie hoop vir

haar sussie gehad nie. Hulle het vir haar

gesê dat haar tyd naby was en dat sy sou

sterf van die kanker.

Gloria het vuriglik vir haar sussie begin bid:

“Cancer, this is your last performance in

this family. We shall live, we shall not die.”

Gloria het na werk haar sussie gaan versorg

en vir haar gekook. Daarna is sy weer

huis toe en het vir haar eie kinders gesorg.

Sy het ook haar sussie bemoedig in tye wat

sy moed wou opgee: “Daar is jou Bybel,

bid vir jouself, ons sal ook bid vir jou. Jy sal

lewe, sus.”

Later het haar sussie weer die kliniek besoek

en haar wond het verrassend beter

gelyk. Hulle het haar Bloemfontein toe

gestuur waar sy `n operasie en verdere

kankerbehandeling ontvang het. Sy het

maer geword en haar hare het begin uitval.

Haar sussie het op ‘n dag gesê: “Ek

gaan dood.” Gloria het die gedagte in die

kiem gesmoor en gesê: “Haal net die

woord ‘dood’ uit jou mond. Jy gaan lewe,

al het jy een bors, maar lewe gaan jy lewe.”

Gloria het aanhou bid vir haar.

22 Goue Munt

Een aand in 2016 het God vir Gloria `n

droom gegee. In die droom was daar ‘n

tafel met `n wit tafeldoek voor haar. Daar

was `n klomp borde op die tafel. In die

borde was verskillende produkte, waaronder

knoffel, komkommer, gemmer,

blaarslaai ens. Gloria vra toe: “Here, wat is

dit wat U my wil wys?”

Sy het die bestanddele wat sy in die droom

gesien het gaan koop, `n gesondheidstoebroodjie

gemaak en dit vir haar sussie geneem.

Haar sussie het later vir haar kom

sê: “Weet jy, ek het so lekker geëet. Wil jy

nie môre saam met my KH (Kimberley Hospitaal)

toe gaan nie? Daar is pasiënte by

die onkologie afdeling wat van ver af kom

vir behandeling - Springbok, Calvinia,

Kathu… Hulle het nie kos nie, hulle het

niks. Hulle het met die ambulans gekom en

hulle is so honger. Die chemo maak hulle

ook swak en dit is seer, veral op `n nugter

maag.”

Gloria het toe vir God gevra: “Here, is dít

wat U my gewys het in die droom met die

borde en die kos? Moet ek vir hierdie

mense gaan sorg?” Sy het alles gaan koop

wat nodig was vir 50-60 gesondheidsbroodjies.

Sy het die volgende dag die

broodjies, jogurt en appelsap vir die

pasiënte gaan uitdeel. Gloria het daarna

elke Maandagoggend om 7:30 vir die

onkologie pasiënte kos geneem. Haar

ouma, ma en oom het gesterf aan kanker,

maar haar sussie het die stryd gewen. God

het haar begin gebruik om ander te help

wat siek was.

Later het sy ook vir die onkologie pasiënte

maaltye voorsien: bruin rys, skaapvleis, vis

of hoender, slaai en appels. Sy het self die

Goue Munt

kos gekoop en dit in haar klein kombuis

gaan kook. Genoeg vir 50 – 80 mense. Elkeen

het elke keer iets gekry en wat oorgebly

het, het hulle gebêre vir dié wat later

sou kom. Sy het ook aansoek gedoen om

as NGO te registreer en in Februarie 2020,

net voor die Covid-19-inperkings, is haar

NGO geregistreer. Die naam van die NGO is

Shining Light Health Nutrion and Hygiene

(Registrasie nommer: 240-973 NPO).

Gloria het baie aanmoediging gekry by die

pasiënte, die verpleegpersoneel en ook

die dokters. Niemand het meer flou geval

nie en ‘n onkologie dokter het op `n keer ‘n

aanmerking gemaak: “You think you are

just giving the people food, but you are not

just giving them food. You are preparing

them for their medicaon. Thank you very

much.”

Gloria het later ook `n span gehad wat

haar gehelp het om die kos uit te deel. Dit

het haar die geleentheid gegee om vir die

pasiënte te bid, te moveer en vir hulle uit

die Bybel te lees. Gloria het steeds al die

kruideniers self gekoop en sy vertel met

groot waardering van die kere wat ander

aangebied het om haar trollie-inhoud te

betaal. Een van dié kere het vir haar gevoel

soos `n wonderwerk: sy was besig om haar

kaart te soek by die betaaltoonbank, toe

die kassiere haar stop en sê dat die persoon

agter haar reeds vir alles betaal het!

Die Covid-19 pandemie het in 2020 Gloria

se werk by die hospitaal gekniehalter. Die

inperking het veroorsaak dat sy nie meer

vir die pasiënte kos kon neem nie. Sy het

ook in 2019 afgetree en het tuis gewonder

oor die pasiënte en wat haar te doen

staan. In daardie tyd het honger mense

23

v a n

S a m a r i a

by haar

begin aanklop

vir kos. Hulle het

naderhand te veel

geraak en sy het besluit

om die omstandighede in

Samaria te gaan ondersoek.

Baie van die mense

wat daar gewoon het,

het hulle werk verloor tydens

die pandemie, van

hulle het ook van ander

dorpe gekom en kon nie

werk kry nie.

Tuis het sy vir God gesê:

“Die bietjie wat ek het sal ek

deel, maar ek het self nie.” Sy het Hom

gevra om haar te help om vir die mense te

sorg. ‘n Vrou het nog dieselfde dag vir haar

stampmielies, bone, `n pampoen en kool

gebring en Gloria het begin kook. Dit was

tydens die inperking en Gloria skerts: “Nou

moet jy weet, ons dra die kos hier af met

`n Checkers trollie!” Hulle was gewapen

met maskers en ontsmengsmiddels en

vir Gloria het dit gevoel asof hulle met kos

smokkel.

Die mense by Samaria het haar begin

vertrou en met haar begin praat oor hulle

probleme. “Vandag is dit soos `n kerk.”

Pastoor Corné van TD kerk het ook een

Woensdag saamgegaan om te kyk wat sy

doen en daarna het die kerk begin help.

“Die mense kan nou ook met die pastoor

praat oor hulle probleme. Hulle het baie

seer.” Daar is soveel getuienisse van

mense wat Jesus ontmoet het, heel

geword het, gesond geword het en

dwelms gelos het.

Gloria en haar span besoek Samaria elke

Woensdag om 12:00 met kos en gebed.

Woensdae kondig hulle ook af of hulle die

Donderdag of Vrydag sal kan kom – dit

hang altyd af van die kosskenkings wat

hulle ontvang het.

Gloria lewer ook kos af vir siek- en

oumense by Caravan Park en De Beers. Sy

sal graag ook weer kos vir die pasiënte by

onkologie wil neem, indien sy die nodige

kosskenkings kan kry.

Gloria vertel van die dag wat sy haar hart

vir die Here gegee het:

Terwyl sy by Shoprite gewerk het, was daar

`n bestuurder wat gereeld vir hulle gebid

het. Die bestuurder was in TD kerk en het

hulle saamgenooi kerk toe. Een middag

het Gloria en nog twee van haar kollegas

besluit om die kerk te besoek en het sommer

direk na werk gegaan. Gloria sê sy het

grootgeword in ‘n kerk, maar het nooit vir

Jesus geken nie.

Daar was `n uitnodiging gewees vir die

mense wat hulle harte vir Jesus wou gee.

Gloria het nie dadelik op die uitnodiging

gereageer nie, sy wou nie voor in die kerk

gaan staan het nie. Die uitnodiging is die

derde keer gemaak en sy vertel hoe iets

haar toe uit haar sitplek gelig het. Sy het

daardie middag haar hart vir Jesus gegee

en haar pad saam met Hom begin loop.

Om betrokke te raak by die bediening of

om kosskenkings te maak, skakel TD Kerk

tydens kantoorure (8:00 – 16:00):

053 831 2345

Gesinleefvoluit

naOngeluk

Deur ELZABé VAN NIEKERK, Foto’s verskaf

Die du Plessis gesin is `n rusge gesin. Mariska en Marco het `n dogter, Nadia (`n

eerstejaar student), en `n seun Aidan (graad 11). Hulle woon vanaf 2020 in Kimberley

en is lief vir tent-opslaan en kamp. Marco en Aidan vang graag vis en Nadia hou van

lees. ‘n Jaar gelede, op `n dag wat rusg en normaal begin het, was Mariska en Nadia in `n

ernsge motorongeluk. Die wonderwerke en liefde wat hulle op dié dag en die daaropvolgende

maande beleef het, het vir altyd ‘n merk op hulle gelaat.

Nadia vertel: “’n Mens kan iemand

só vining verloor en jy besef dit nie

altyd nie - totdat so iets gebeur. Na

die tyd besef jy ook eers hoe lief jy

vir die mens (of mense) is.”

Foto: Emer-G-Med

Die ongeluk het gebeur op Maandag,

17 Januarie 2022 - die dag

voor die skool begin het. Mariska

het van haar huis af gewerk en het

`n paar take gehad om af te handel

gedurende haar etensuur. Sy het

28 Goue Munt

`n kwitansie gaan haal vir Nadia se Rekeningkunde

boeke en het daarna vir Nadia

by die skoonheidsalon gaan oplaai. Hulle

wou dadelik teruggery het huistoe, maar

die verkeer huiswaarts was baie besig en

hulle besluit toe om eers wegneemetes te

gaan koop.

Mariska kan onthou dat sy verby Lenmed

hospitaal gery het. Sy het by die stopstraat

gestop, sodat sy by `n besige straat kon indraai.

Die volgende wat sy kan onthou, is

toe sy weer bewus geraak het van haar

omgewing en die dak van hulle motor voor

haar gesien het. Sy kan glad nie die ongeluk

onthou nie. Haar eerste gedagtes

was: “Hierdie is nie werklik nie. Dit is nie ek

en Nadia nie, dit is nie besig om met ons te

gebeur nie.” Nadia onthou niks van wat die

dag gebeur het nie.

Die ongeluk was niemand se skuld nie. ‘n

Bakkie het bo-op hulle voertuig te lande

gekom, nadat die bestuurder, ‘n geliefde

Kimberliet, `n hartaanval gekry het.

Mariska onthou: “Ek het sirenes gehoor,

maar nie regg besef wat rondom my besig

was om te gebeur nie. Dit was `n baie

snaakse gevoel.” Mariska en Nadia kan die

gebeure nie onthou nie en ervaar daarom

self geen trauma nie. Dit is wel vir hulle

enorm om daaraan te dink, want hulle besef

hoe ernsg die ongeluk was.

Mariska vertel: “Ons altwee se sitplekke

het plat gelê, ons was in `n lê-posisie gewees.

Hoe dit so uitgewerk het dat ons in

`n lê-posisie gekom het, weet ek nie. Dit is

vir my onverklaarbaar.” Mariska en Nadia

glo dit was `n wonderwerk dat die sitplekke

meegegee het en een van die redes

Goue Munt

hoekom hulle nie ernsg seergekry het

nie.

Mariska het vir die mediese personeel op

toneel gevra om vir Marco te bel. Marco

was by sy werk toe hy die oproep ontvang

het. Hy werk by padinstandhouding en

noodoproepe is nie vir hom vreemd nie.

Nadat die dokter homself voorgestel het,

het Marco gewag om te hoor waar die ongeluk

was, sodat hy mense kon uitstuur

om die toneel op te ruim. Die dokter het

daarna aan hom die nuus gebreek dat dit

sy eie vrou en dogter is, wat in die ongeluk

was.

Marco: “’n Mens verwag nie so iets nie.

Die dokter het gesê dat dit `n ernsge ongeluk

was, maar definieer ernsg? Oppad

na die toneel het ek die hele tyd gewonder,

hoe gaan dit lyk? Hoe gaan dit wees?

Ek het `n halfuur nadat die ongeluk gebeur

het daar aangekom, maar toe ek dit sien…”

`n Gelaaide slte volg en Mariska voltooi

sy sin: “Sy eerste gedagte was dat dit verby

was. Hy het nie gedink dat daar `n kans

was dat ons sou lewe nie.” Marco vertel

verder: “Ek hoor toe gelukkig vir Nadia

skree.”

Aanvanklik was Nadia nie sigbaar gewees

nie en die mediese personeel het Mariska

gevra of daar nog iemand saam met haar

in die motor was. Later het Nadia uitgewikkel

en was haar kop en arm sigbaar.

Nadia kan dié nie onthou nie, maar Marco

vertel dat Nadia geskree het: “Kry my uit,

kry my uit!”.

Marco het nie dadelik geweet of Aidan ook

in die motor was nie. Hy kon vir Mariska en

Nadia sien, maar nie vir Aidan nie. Mariska

29

het hom gerusgestel dat Aidan by `n maat was en Marco het hom daarna gebel en gereël

dat hy versorg word.

Mariska het nie enige pyn ervaar terwyl hulle vir die reddingspan gewag het om hulle uit

die motor te kry nie. Sy onthou die groot wiel van die bakkie wat bo-op hulle motor was.

“Die wiel was sigbaar en ek kon daaraan vat”, vertel sy. Mariska het baie vrede en kalmte

ervaar terwyl hulle gewag het. Sy het ook ander mense hoor bid en dit het gehelp om

rusgheid te bring. Sy het self ook gebid, want sy het nie geweet wat om te verwag nie en

het ook nie die woorde gehad om Nadia te bemoedig nie.

30 Goue Munt

Marco vertel dat daar `n dominee van

`n ander dorp was, wat alles gesien

gebeur het. Hy het ‘n groep van ongeveer

30 mense, uit dié wat daar saamgedrom

het, bymekaar gehark. Hulle

het ‘n kring gemaak en begin bid.

Die ongeluk het ongeveer half twee die

middag gebeur en hulle was net na vier

uit die motor gesny. Dit het nie vir

Mariska so lank gevoel nie. Dit het vir

haar gevoel asof alles vining gebeur

het. “Ek kan nie beskryf hoe groot die

verligng was nie. Eerstens toe hulle

die bakkie van ons motor afgelig het en

tweedens toe hulle die wrak aan Nadia se kant begin sny het - en haar daarna uitgelig het.

Ek weet nie of ek my verbeel het nie, maar dit het vir my geklink asof mense hande geklap

het.

Marco onthou sy eie verligng toe hulle Nadia uitgelig het. Hulle het nie geweet hoe haar

bene sou lyk nie, maar daar was nie `n skrapie aan haar bene nie. Nadia het haar pelvis op

nie-gewigdraende plekke gebreek. Sy het ook `n rib gebreek en brandwonde op haar arm,

nek en rug opgedoen. Mariska het ‘n paar ribbes gebreek, ‘n kopwond gehad en `n besering

op haar been opgedoen waar die weefsel losgeskeur het van die spier.

Nadia is opgeneem in Lenmed hospitaal en Mariska in Kimberley hospitaal. Dit was vir

Mariska sleg dat sy nie saam met Nadia kon gaan nie. Marco was tussen hospitale en dit

was vir Mariska gerusstellend dat Marco by Nadia kon wees.

Nadia se geheue van die drie dae in die hospitaal is vaag. Marco vertel dat die verpleegster

hom gevra het waer taal hulle tuis gepraat het, want Nadia het `n vreemde taal gepraat.

Marco sê Nadia het hom in die oë gekyk, asof sy hom nie herken het nie en in `n ander taal

gepraat.

Mariska sê dit was vir haar skokkend om te sien hoe haar goed net so gestaan het toe sy

na drie weke teruggegaan het kantoor toe. Sy het die middag van die ongeluk gedink sy

gaan net gou vir Nadia haal en dan sou sy weer aangaan waar sy gelos het. Mariska sê: “Dit

is nie te sê nie. Een van die grootste leuens wat ons glo is dat ons altyd tyd sal hê – daar sal

nog tyd wees om reg te maak en tyd wees om te vergewe.” Dit het haar laat dink: “Is ek reg

vir die tyd hierna?” Sy sê sy leef nou elke dag voluit asof dit haar laaste dag is.

Die gesin se kerk, familie, vriende en werkskollegas het hulle prakes ondersteun en selfs

kos voorsien vir `n geruime tyd na die ongeluk. Elke aflewering, salfie, roompie en olie het

vir hulle so baie beteken. Hulle het ook geen groot onkostes gehad na die ongeluk nie.

Dit was Nadia se matriekjaar. Sy vertel hoe vriendinne, vriende en onderwysers haar ondersteun

het, terwyl sy tuis aangesterk het en ook nadat sy teruggekeer het skool toe. Haar

Wiskunde onderwyseres het, terwyl sy nog by die huis was, deur middel van Google Meet

haar op datum gehou met Wiskunde. Haar Fisiese Wetenskap, Biologie en Rekeningkunde

onderwysers het ook ekstra tyd ingesit om haar te help om die werk in te haal. Mariska sê

dit het ook gehelp dat Nadia pligsgetrou was en hard gewerk het om die eerste kwartaal

se werk in te haal.

Terwyl Nadia nog by die huis was, het haar maats dit op hulle geneem om alles wat hulle

in die klas gedoen het, tot in die fynste detail, neer te skryf en in lêers te organiseer. Terug

by die skool, het haar maats haar tas op en af met die trappe gedra. Iemand het ook vir

Nadia `n tas met wieletjies geskenk.

As gevolg van transmissie vloeistof wat op haar gedrup het, het Nadia derdegraadse

brandwonde aan haar arm, nek en rug opgedoen. Sy het vir `n paar maande die wondsuster

besoek om haar wonde te behandel. Nadia vertel: “Daar was `n groot stuk dooie vel.

Dit het swart geword en die suster moes dit arap. Dit was vir my spesiaal en simbolies.

Die suster moes die dooie vel arap, sodat die lewe kon deurkom. Vir my het dit beteken

dat `n mens ontslae moet raak van die dooie goed, sodat die lewe weer kan kom. Jesus het

vir dié rede ook vir ons gesterf.”

Nadia: matriekafskeid

Goue Nadia: Muntdanskonsert

31

Nadia het weer in Mei 2022 begin dans. Haar pelvis het gebreek, maar omdat dit op niegewigdraende

plekke was, het dit die herstelproses makliker gemaak. Haar dansskool se

konsert het plaasgevind op 2 en 3 Desember 2022. Nadia het hard geoefen - sy het elke

oggend gedurende haar eindeksamen 5:00 opgestaan om te strek, sodat sy weer plat kon

split vir die konsert. Haar deursengsvermoë is beloon en sy kon die split uitvoer in haar

dans tydens die konsert.

Nadia het heerlik gerus tydens haar matriekvakansie saam met `n vriendin by Cannon

Rocks, in die Oos-Kaap. Nadia se naam beteken ‘hoop’ en haar matriekuitslae onderstreep

die gesin se getuienis van hoop. Sy het ses onderskeidings behaal en gaan vanaf Maart

studeer om `n geoktrooieerde rekenmeester te word. Dit gaan sy doen terwyl sy haar

klerkskap doen by `n firma in Cradock.

Die du Plessis gesin weet nie wat 2023 alles inhou nie. Een ding weet hulle vir seker: Hulle

kan God onvoorwaardelik vertrou. “Hy voorsien altyd. Hy is so verskriklik getrou.” - Mariska

Ons dink ook aan die ander betrokke gesin - in hulle verlange na ‘n geliefde en pa.

Mag julle elke dag `n diepe troos ontvang.

Foto: ZOOMINK

Carmen

mode-ontwerper met passie

Deur ELZABé VAN NIEKERK, Foto’s verskaf

Carmen le Grange is `n passievolle mode-ontwerper en die eienaar van Carmen Couture.

Couture beteken: “Die maak en pas van deige damesklere, volgens u smaak en

figuur.” – Carmen glimlag breed terwyl sy die definisie opsê. Sy ken dit uit haar kop

uit.

Sy het al van skool af ‘n passie vir mode gehad. “Op skool was ek altyd skaam gewees -

maar wanneer dit by mode gekom het, was dit net asof ek nie skaam was nie.” Sy het vir

van die meisies in haar klas rokke geteken en dan het hulle haar sketse na ontwerpers geneem

om die rokke vir hulle te maak. Sy het ook graag op skool naaldwerk gedoen. Wanneer

iemand by haar kom kuier het, het sy die masjiene weggesteek, want sy was `n bietjie

skaam daaroor. Sy onthou dat sy gedink het: “’n Skoolkind behoort nie naaldwerk te doen

nie, want dit is vir ou tannies.” Carmen het haar eerste omkapmasjien op haar sesende

verjaardag gekry en gebruik dit vandag nog. Twee van haar tannies en haar ouma het loopbane

gehad in ontwerp. Carmen het in graad 10 besluit sy wou graag anders wees as die

ontwerpers in haar familie – en het besluit sy wou graag `n veearts word. Dié idee het by

die deur uitgewaai, nadat sy op `n keer by `n veearts gaan uithelp het. Carmen het gevlug

en opgeëindig in die veearts se kombuis, waar sy gehelp het om aartappels te skil. Sy het

daar besef dat sy dít moet doen wat sy eintlik weet sy moet doen – sy moet `n mode-ontwerper

word.

Sukses het Carmen gevolg tydens haar studies. Sy was die top student by Victoria Toma

Instute of Fashion Design in Bloemfontein. Carmen het besluit om juis daar modeontwerp

te gaan studeer, want die instuut het jaarliks deelgeneem aan internasionale

kompesies.

In Carmen se eerstejaar het hulle `n huiswerkopdrag gekry om vyf uitrusngs te ontwerp.

Die aand voordat sy die opdrag moes inhandig, het sy voor die televisie gesit en haar

huiswerk op die laaste minuut gedoen. Op die televisie was ‘n program met Chinese karak-

Goue Munt

33

ters en dit het haar geïnspireer om vyf Chinese

uitrusngs te skets. Die volgende dag

in die klas, het die dosent aangekondig dat

die sketse ingestuur sou word as inskrywings

vir die internasionale kompesie.

Carmen moes haar ontwerpe voltooi en

story boards uiteensit vir die ontwerpe. Sy

was 18 jaar oud en was gekies as een van

sewe Suid-Afrikaanse studente om deel te

neem aan die internasionale kompesie in

België.

Carmen sou `n tegniese kunsrigng soos

argitektuur gekies het as sy nie `n modeontwerper

was nie. Sy het `n sterk tegniese

aanleg (van haar pa geërf) en het

98% behaal vir patroonontwerp by die

mode instuut waar sy studeer het.

Die eerste trourok wat Carmen gemaak

het, was haar eie trourok in 2003. Dit was

`n wonderlike patroon en het vir verskillende

figure gepas – van nr. 28 tot nr. 38.

Sy het die rok, na afloop van haar troue,

uitverhuur en besit dit nog steeds. Dit is

nou al gelerig en sy dink daaraan om dit te

kleur en weer nuut te maak.

Carmen is ook lief vir teken. Haar kliënte

hou baie van haar sketse, want dit is baie

realises. Carmen sê dit gebeur outomaes

dat sy kliënte se figure akkuraat

teken, sonder dat sy noodwendig kyk hoe

hulle gebou is. Dit gee dan vir die kliënt `n

goeie idee of die rok wat die persoon in

gedagte gehad het vleiend vir haar figuur

sal wees. Carmen onthou hoe `n kliënt een

keer hardop uitgebars het van die lag. Die

lang lyne van haar droomrok het heelwat

korter vertoon op haar korter lyf in die

skets. Sy kon dadelik sien dat die rok nie

mooi sou lyk aan haar figuur nie.

‘n Pastoor het op `n keer vir Carmen gesê

sy moet dagboek hou van alles wat God in

haar lewe gaan doen. “Daar het al so baie

wonderwerke in my winkel gebeur!” Twee

van die wonderwerke het as volg gebeur:

1

Carmen het op `n keer materiaal gaan

koop saam met `n kliënt vir `n spesifieke

rok wat die kliënt wou gehad het. Nadat sy

die rok gemaak het, het die kliënt besluit

sy wou nie meer die rok hê nie. Daar was

‘n prentjie van `n rok, met ander materiaal,

wat sy verkies het. Die Here het vir Carmen

gehelp: nog voordat die betrokke kliënt die

rok kom pas het, het daar `n ander kliënt

die winkel binnegestap. Carmen het die

einste rok, waarmee sy op daardie stadium

nog besig was, vir dié persoon gewys. Die

vrou was mal daaroor en het gesê: “Kon dit

nie maar mý kind se rok gewees het nie!”

Nadat die kliënt - wie se rok dit oorspronklik

was - dit van die hand gewys het, het sy

die vrou gebel wat so van die rok gehou

het. Sy was verskriklik opgewonde en Carmen

ook.

Die tweede kliënt wou haar dogter al die

volgende dag bring om die rok te pas. Carmen

het nodig gehad om `n paar verstellings

aan die rok te maak en het besluit

om na-ure te werk daaraan. Sy was haasg

en die werkers in die winkel was al huis

toe. Sy was besig op `n masjien wat zigzags

sk - en daar breek die naald van die

masjien toe! Sy het nie geweet waar die

34 Goue Munt

kort naalde van die spesifieke masjien was nie en

het solank opgespring om `n ander deel van die rok

by ‘n ander masjien te gaan sk.

Carmen was so verdiep in die werk – sk-sk-sk,

werk-werk-werk. Op `n stadium was daar weer `n

deel wat sy met zigzags moes sk. Sy het opgespring

om te gaan sk - by die masjien wat se naald

`n rukkie gelede gebreek het. Dit het haar skielik

bygeval dat die naald nie meer gebreek was nie en

sy het uitgeroep: “Wag `n bietjie! Here, u het

hierdie naald vir my vervang!’ Carmen sê die Here

is só betrokke by haar werk, Hy het tot haar

masjien se gebreekte naald vervang. Jesus het ook

die koper vir haar voorberei. Hy weet hoeveel

moeite sy met elke werkstuk doen en het ook geweet

dat die ander persoon nie die rok sou geneem

het nie.

2

Carmen het `n pragge winkel gehad. In Februarie

2020, het God dit een oggend op haar hart gedruk

om haar besigheid na haar huis te skuif. Sy het nie

geweet hoekom nie, want sy was mal oor haar

winkel. Sy het weer die dringendheid van God se

stem in haar hart gehoor: “Nou Carmen, nou.” Sonder

om verder te skroom het sy ‘n eiendomsagent

gebel en voor die einde van die dag was daar `n

huurder vir haar winkel. Die Here het haar gehelp

om haar besigheid na haar huis te skuif, net voordat

die inperkings in Maart 2020 begin het.

Carmen vertel hoe sy op `n keer vir God gevra het:

“Wat is my gawes?”. ‘n Pastoor het haar kort daarna,

op `n Sondag, direk in die oë gekyk en gesê:

“Carmen, jy wat rokke en uitrusngs maak, dit is `n

gawe van God. Dit is jou gawe!” God het haar vraag

so direk beantwoord. Dit is vir Carmen belangrik

om haar passie vir mode-ontwerp te stook. Elke

uitrusng is vir haar `n projek en `n kunswerk.

Goue Munt

35

Theane é

verteenwoordigSAbyMissTeenUniverse

Grimmering: Micayla Smith, Foto: Zoomink

Uitrusng: Carmen Couture

36 Goue Munt

Theané Willemse (17) is in Maart 2022,

by die Coastlands Musgrave Hotel in

Durban, gekroon as Miss Teen Universe

South Africa. Sy het in November 2022, na `n

bedrywige jaar, ook Suid-Afrika verteenwoordig

by Miss Teen Universe in Miami, Florida.

Goue Munt het met haar gaan gesels.

Wanneer het jy begin met gimnasek- dans

en modelklasse?

Ek het in al my laerskooljare gimnasek

gedoen en ook vyf jaar gelede met modelwerk

begin. Intussen het ek ook leer dans en

myself afgerig. Ek is mal daaroor om met

kleiner kinders te werk en het daarom begin

om dans- en modelklasse aan te bied. Dit is

ook ‘n droom van my om eendag my eie

model-, dans-, fiksheid- en afrondingskool te

begin.

Ek het die afgelope vyf jaar aan baie skoonheidskompesies

deelgeneem, waaronder

van die groter kompesies die volgende was:

Top model 2018, Miss TV Star 2019 (algehele

wenner) wat in Egipte was, Toddler and Tween of the World 2019 (algehele wenner) en

Miss Teen Universe SA 2022.

Jy het so hard gewerk voor en na jou kroning as Miss Teen Universe South Africa 2022.

Wat was jou gunsteling deel van die reis?

Dit was ‘n baie lang journey en ek het baie hard gewerk vir die tel, maar my gunsteling

deel van die kompesie was om die deelnemers van 26 verskillende lande te ontmoet. Ek

kan nou sê dat ek vriendinne van regoor die wêreld het. Iets wat vir my baie oulik was, was

die feit dat ons nie almal dieselfde taal gepraat het

nie. Ons het deur middel van Google Translate met

mekaar gekommunikeer.

Wat was van die uitdagings wat jy moes oorkom?

Ons moes deur die loop van 2022 hard gewerk het

en verskillende take uitgevoer het vir die kompesie.

Ons het onder andere liefdadigheidswerk

gedoen, geleenthede bygewoon en het self ook

geleenthede gereël. Ons moes ‘n gemeenskapsprojek

geloods het en ons bedrywighede op sosiale

media geplaas het as bewyse van die projek. Daar

was ook baie onderhoude, fotosessies, promosiewerk

ens.

Jy het in November Suid-Afrika verteenwoordig

by Miss Teen Universe in Miami, Florida. Wat het

die kompesie behels?

Die kompesie self was ‘n week lank. Ons het elke

dag verskillende akwiteite gehad - daar was baie

onderhoude, fotosessies en oefengeleenthede vir

die finale aand. Ons het elke oggend om vyfuur opgestaan

en elke aand na een gaan slaap. Daar was

ten minste drie uitrusng veranderinge gedurende

die dag, so dit was regg ‘n rowwe week. Micayla

Smith het my grimmering gedoen en foto’s geneem

gedurende die week.

Grimmering: Micayla Smith,

Foto: Zoomink, Uitrusng: Carmen Couture

Hoe berei jy voor om druk te hanteer en moeilike

vrae te beantwoord?

Ek het klasse gehad waarin ek die kursus ‘Making a

Champion’ gedoen het. Dit het my baie gehelp met

die onderhoude en ek het verder net seker gemaak

dat ek altyd myself bly en ook posief bly.

Wat was jou gunsteling rok in die kompesie?

Definief my finale aandrok wat deur Carmen Couture

gemaak is. Ek was ook mal oor my pienk rokkie

Goue Munt

Grimmering en foto: Micayla Smith,

Uitrusng: Marelize Mathewson

37

wat ek na die Sugar Factory in Miami aangetrek het vir een van ons aandfunksies. Dit is

deur Marelize Mathewson gemaak.

Was jou besoek aan Amerika alles wat jy gedroom het dit sou wees?

Die kompesie was in Miami en daarna het ons bietjie rondgetoer in Amerika. Dit was ongelooflik

mooi en definief ‘n droom wat waar geword het om in New York en Disney

World te kon wees.

Grimmering en foto’s: Micayla Smith

Beskryf jou rol as Miss Teen Universe South Africa. Wat is die boodskap wat jy graag wil

oordra?

Ek dink die rol van ‘n Miss Teen Universe is baie belangrik. Die persoon in die posisie moet

iemand wees wat `n voorbeeld vir ander kan stel. Dit is vir my baie belangrik om altyd

vriendelik met ander te wees en altyd posief te bly. Sosiale media speel veral in vandag

se lewe so ‘n groot rol en daarom maak ek seker dat ek ander altyd opbou en moveer op

Instagram, Facebook en TikTok.

Dit is ook ‘n baie groot verantwoordelikheid om in die rol te staan, want jy word van so baie

kante af dopgehou. Een verkeerde opmerking, plasing of storie op sosiale media, kan jou

reputasie verwoes. Ek wil vir mense wys dat as jy goed is vir ander, dit terug sal kom na jou

toe en ook dat ‘n aanhouer wen. Ek sê altyd: “you can never beat the person who never

gives up”.

Wat beplan jy vir 2023 en die toekoms?

Uitrusng: Marelize Mathewson

Ek wil in 2023 baie meer tyd en aandag gee aan my akademie, omdat dit my matriekjaar

is. Ek wil ook my Teacher’s kwalifikasie in dans en modelwerk doen, sodat ek dit eendag

kan afrig.

Goue Munt wens jou net die beste toe, Theané.

38 Goue Munt

Deur LENIE HEUER

Leerjoukind

Christelike waardes

Waardes begin en eindig by God.

Sonder God sal goeie morele

waardes nie bestaan nie.

Christelike waardes staan vas, maak nie

saak wat die situasie is, of in waer era jy

leef, of waer generasie dit uitleef nie. As

ouer moet jy weet hoe om Christelike

waardes aan jou kinders te leer.

Jou waardes het ‘n groot invloed op jou

emosionele stabiliteit. Wanneer kinders

die regte waardesisteme aanleer, kan dit

ook ‘n posiewe invloed hê op hulle

emosionele ontwikkeling. Waardes word

aangeleer of jy daarop fokus of nie,

daarom kan kinders baie maklik die

verkeerde waardes aanleer.

Andrew Murray het gesê: “When we live

what we teach, we are able to teach other

to live.” Omdat waardes so ‘n belangrike

rol speel in die emosionele ontwikkeling

van die kind, het ek ‘n reeks boeke geskryf

wat juis hieroor handel. Die boeke is uniek

daarin dat dit ouerleiding bevat wat die

ouer help om waardes beter te verstaan

en dit aan hulle kinders te leer. Die reeks

bevat ook akwiteite, teksverwysings en

stories wat die kind help om die waardes

vas te lê.

In die volgende paar uitgawes van Goue

Munt gaan ek kortliks idees aan jou gee

om sekere waardes te begin ontwikkel by

jou kind.

Hierdie keer bespreek ons eerlikheid.

Eerlikheid behels dat ek nie iets sal vat

wat nie aan my behoort nie; dat ek sal

kan erken as ek skuldig is en ‘n fout

gemaak het; dat ek die waarheid sal

praat; dat ek nie feite sal verdraai en

skinderstories sal aandra nie.

Waarheid is baie belangrik om ons veilig te

hou. Ons kan nie iemand vertrou wat vir

ons leuens vertel nie. Waarheid en ‘n

goeie vertrouensverhouding in die gesin is

baie belangrik. Maak seker dat jou kind

kan ervaar dat jy die waarheid praat en

leef. Waarheid is ook belangrik in ons

verhouding met God en daarom moet ons

van jongs af leer om in waarheid te

wandel.

Beloon jou kind as hy/sy die waarheid

praat. Kinders neem dikwels iets wat nie

aan hulle behoort nie, hulle het nog nie

grense om te onderskei wat ‘joune’ is en

wat ‘myne’ is nie. Die ‘myne’ fase is dus ‘n

goeie fase waar die kind sy eie grense

aanleer en ook besef wat wel syne is. Leer

jou kind dit. Ouers moet die fase van

ontwikkeling nie minag nie, maar juis reg

gebruik. Leer die kind dat die speelding

syne is, maar dat hy hom kan deel met ‘n

maat of boee/sussie. Dit is belangrik dat

die kind toestemming moet gee voordat

dit geneem en daarmee gespeel kan word,

maar hy moet ook vir toestemming vra om

40 Goue Munt

met ander se speelding te speel. Indien die

kind nie sy speelding wil deel nie, kan

daarop gewys word dat dit sal maak dat

maatjies nie meer met hom/haar sal wil

speel nie.

Hanteer oneerlike optrede deur dit rusg

en met begrip aan die kind te verduidelik.

Verduidelik hoekom dit verkeerd is en wat

die gevolge van die oneerlike gedrag sal

wees. Die ouderdom van die kind sal ook

bepaal wat die presiese gevolge sal wees.

As die kind uitgevang word dat hy ‘n leuen

vertel het, moet die gevolge van ‘n leuen

aan die kind verduidelik word en indien

moontlik moet die kind die gevolge van die

leuen dra. Die storie van renostertjies wat

gejok het om uit die moeilikheid te kom, in

die boek Leer jou kind Christelike waardes,

Deel 1, is spesiaal geskryf om die gevolge

van leuens aan kinders voor te hou.

Wanneer jou kind oneerlik optree,

probeer vasstel hoekom die gedrag

voorkom. Het die kind nie van beter

geweet nie, soek hy/sy aandag, is die kind

jaloers op ‘n maatjie se mooi speelding,

vertel die kind dalk ‘n leuen om uit die

moeilikheid uit te kom? Wanneer jy

presies weet hoekom ‘n kind verkeerd

opgetree het, is dit makliker om die gedrag

korrek aan te spreek. Wees geduldig met

jou kind, dit neem lank om waardes aan te

leer.

Meer inligling hieroor is beskikbaar in die

boekie Leer jou kind Christelike waardes,

Deel 1. Daar is ook 2 pragge eg Suid-

Afrikaanse stories geskryf, om elke

waarde te onderstreep. Kinders 5 tot 10

jaar sal die stories geniet.

Ligte, kamera, aksie!

Deur NERETTE BOTHA,

ZOOMINK CREATIVE STUDIO

liefie, ek is nie lus vir die

“geposery” en “fake smiles”

“Maar

nie. Kan jy en die kinders nie

maar gaan nie? Ek moet werk, dit gaan

nou weer te lank vat.” – Klink die woorde

dalk bekend?

Is daardie familie fotosessie nie maar altyd

iets wat soos ‘n berg voor ons lê nie? Ons

los dit dan eerder, net om die familietwis

te vermy. Om almal betyds, gemoveerd

en lus vir die fotosessie te kry is harde

werk - ek weet - maar uit en uit DIE

MOEITE WERD! Wanneer jy daardie foto’s

teen jou huis se muur kan hang, bars jou

hart van trots. Wanneer jy ‘n moeilike dag

gehad het en jy kyk teen daardie foto vas,

kry jy ‘n kalmte oor jou wat sê, “Jy is skatryk”.

ideale gewig nie. Nee nie nou nie, ek het ‘n

puisie. Nee nie nou nie, my werk is tans te

besig”. Dit is alles verskonings wat die

vyand wil gebruik, sodat ons nie ‘n oomblik

vat om onsself raak te sien en daarna

te kan waardeer wat ons het nie.

Ons vat nie meer die tyd om, in die gejaag

van ons alledaagse lewens, net sl te staan

en rond te kyk na dít wat ons al bereik het

nie. Ons vat ook nie tyd om al die seëninge

raak te sien wat deur die jare oor ons pad

gekom het nie. Daar is so baie om voor

dankbaar te wees en ook so baie wat ons

al oorkom het.

Vandag wil ek vir julle sê: Julle is mooi,

uniek en spontaan. Julle is liefde! Jesus het

jou lief, maak nie saak hoe jy lyk nie.

Die herinnering van wat ons is wanneer

ons saam is, wat ons kan wees en wat ons

na streef om te wees, is ‘n God-gegewe

geskenk. Vir my is die foto wat hang nie

net ‘n versiering vir die muur nie, nie net ‘n

herinnering nie, maar dit vertel `n storie

van ONS. Dit prikkel ons om te vra: Wie is

ons? Waarheen is ons op pad? Wat maak

ons, óns?

Somtyds luister ons na leuens wat uitstel

bring: “Nee nie nou nie, ek’s nog nie by my

Goue Munt

Sien vandag julleself as ‘n gesin of familie

raak en wees trots. Al is jou hare nie perfek

nie, jou naels nie gedoen nie en jou gesin

nie altyd lus vir die moeite nie, wees sterk

en druk deur! Maak hierdie jaar ‘n jaar vol

wonderlike herinneringe.

Of jy nou gaan vir ‘n professionele fotosessie,

of ‘n tuis selfoonsessie - neem

daardie foto’s en hang dit op teen jou

muur! God wil hê julle moet raaksien hoe

mooi julle is.

43

Tuinmaak in40 ᵒC

Die Noord-Kaap het ‘n besonderse klimaat. Dit raak bierwarm in die somer tot yskoud

in die winter. Voeg daarby beperkte reënval en skielik raak dit nie so maklik

om daardie mooi tydskrif-tuin te skep of te onderhou nie. Alles is darem nie verlore

nie. Deur ‘n paar maklike riglyne te volg, kan sukses wel behaal word.

1. Grond voorbereiding

Kimberley se natuurlike grond is ‘n rooi en sanderige leemgrond - dit is van nature nie

geskik vir ornamentele tuinbou nie. Die rooigrond is geneig om vas te slaan en daarom

moet ons baie organiese materiaal inwerk om die grond los te hou. Ek stel voor neutdoppe,

organiese kompos of ‘n goeie kraalmis.

2. Skep ‘n mikro-klimaat

Dit is tot 10ᵒC koeler onder ‘n skaduboom. Daarom is dit belangrik dat ons bome of

groot struike aan die westekant van ons tuin aanplant - om die warm middagson af te

keer. Sodra ons skadu areas in ons tuin skep, raak ons tuin koeler en gebruik ons tuin

ook baie minder water. Dit vergroot natuurlik ook dan die keuses rondom geskikte

plante.

3. Plant keuses

Inheemse plante doen besonders goed in ons area. Dié plante is van nature gehard en

pas makliker aan by plaaslike omstandighede. Die hoeveelheid tyd en moeite wat jy

aan jou tuin wil spandeer bepaal natuurlik ook waer pe plante goed sal werk vir jou.

Rose is byvoorbeeld baie lief vir ons klimaat en doen goed, maar rose verg baie werk

en moet gereeld gesnoei en bespuit word. Indien u nie hiervoor kans sien nie, is daar

meer as genoeg ander plante om van te kies wat minder moeite verg.

4. Deklaag

Die gebruik van ‘n deklaag in jou tuin se beddings is ‘n absolute moet en bied verskeie

voordele. Dit beskerm eerstens die grond teen die skerp son en hou die boonste 10cm

grond koeler. Dit help ook dat die vog vir langer in die grond bly. Verder het ‘n deklaag

die voordeel dat onkruid versmoor en minder ontkiem. Daar is verskeie produkte op

die mark wat goed werk as ‘n deklaag, byvoorbeeld neutdoppe, mulch, bas, kompos

of selfs jou grassnysels.

Indien jy jou grond genoegsaam voorberei en jou tuin se mikro-klimaat bou deur die aanplant

van groot struike en bome, sal jy werklik ‘n groot verskeidenheid van plante hê om

vanuit te kies. Sodoende sal jy slaag om daardie prag tydskrif-tuin te skep en suksesvol te

onderhou. Moenie die deklaag vergeet nie - dit is jou tuin se sonskerm.

Klop gerus by Proplants aan vir enige advies en raad. Ons vriendelike span help graag.

Tuinmaak-groete, GERRIT DE BOER

Goue Munt

45

Welkom

Tertiusengesin

Deur CHARNé CRONJE en ELZABé VAN NIEKERK, Foto’s verskaf

Goue Munt het by Griquas rugbyspeler, Terus Kruger (29), sy vrou Müncke en hulle

dogtertjie, Ivanka, gaan inloer. Hulle is nuwe inwoners van die Diamantstad en het in

Augustus 2022 hier kom nesskrop.

Terus en Müncke is skoolliefdes en

het al in Graad 7, tydens `n Desembervakansie,

by Diaz se waterpark

in Mosselbaai, ontmoet. Hulle het

daarna op Mxit gesels en het aan

die einde van graad 8 begin uitgaan.

Hulle was in Januarie vyf jaar

getroud.

Terus was in Hoërskool Oudtshoorn

en Müncke was in Hoërskool

Punt in Mosselbaai. Sy het die

Oudtshoornpad goed geken.

Müncke het spesiaal aan tweekamp

in Oudtshoorn deelgeneem, sodat

sy Terus op Woensdae vir `n kort

rukkie kon sien.

Terus het in graad 11 van skool verander.

Hy het geskuif na `n groter

skool, Hoërskool Outeniqua in

George, omdat die skool beter

rugby geleenthede gebied het. Hy

het daardie jaar vir die skool se

eerste rugbyspan gespeel en is

daarna gekies vir die onder 18

Cravenweek-span.

46 Goue Munt

Na matriek het Terus en Müncke albei Menslike Bewegingskunde gaan studeer by

Kovsies. Müncke het ook haar Honneurs in Biokineka voltooi. Terus het gekies om by

Kovsies te studeer, sodat hy professioneel rugby kon speel vir die Vrystaat Cheetahs.

Müncke onthou hoe hy aan die slaap geraak het, terwyl sy vir hom die hartvloeiproses verduidelik

het - hy het van vroegoggend tot laatmiddag geoefen.

Terus speel graag binnesenter (12) of buitesenter (13) en het in 2012 vir die Vrystaat onder

19 span gespeel. In 2013 het hy vir die Vrystaat onder 21 span gespeel en daarna, in

2014 en 2015, verteenwoordig hy die universiteit en speel hy vir die UFS Shimlas. Hy het

daarna `n twee jaar kontrak geteken en weer by die Cheetahs aangesluit. In 2015 het hy

saam met sy broer, De Wet, vir die Cheetahs in die Currie Cup gespeel.

Griquas het hom by die Cheetahs geleen in 2017 - en dit was `n baie goeie jaar vir Terus.

Hy het daarna `n groot kontrak gekry by die Southern Kings in Port Elizabeth, waarna die

Covid-19-pandemie uitgebreek het.

Terus se kontrak by die Southern Kings sou in Junie 2020 geëindig het. Borge het onrek

na die Covid inperkings en die klubs het nie meer geld gehad nie. ‘n Suid-Afrikaner in Hong

Kong het hom gekontak en `n geleentheid gebied om rugby te speel in Hong Kong. Die

Kruger-gesin was in Hong Kong vanaf Oktober 2020 tot einde Junie 2022, waarna hulle

teruggekeer het na Suid-Afrika. Op 1 Augustus 2022 het hy weer by die Griquas aangesluit.

Vertel ons meer oor jou grootwordjare saam met jou twee broers.

Ek is die jongste van 3 broers en het in `n rugby-omgewing grootgeword. Hulle sê mos die

jongste kind is altyd die hardste. Ons het tuis rugby op die gras gespeel en my broers het

my plat geduik. Ek het gehuil, maar steeds aangehou speel.

Ons broers was baie kompeterend teenoor mekaar. My oudste broer – hy is agt jaar ouer

as ek – het baie kwaad geraak as ek hom gewen het in ‘n Fifa Playstaon speletjie. Dan het

ons sommer regte rugby buite gaan speel om dit uit te sorteer.

Hoe voel jy wanneer jy op die veld uithardloop en jy al die ondersteuners sien en hoor

skree?

Ek hoor hulle nie regg nie, want ek is op daardie stadium nog te gespanne. Die spanning

verdwyn eers nadat ek die eerste opponent platgeduik het, of wanneer ‘n opponent met

my in kontak kom. Ek raak dan van `n bietjie adrenalien ontslae en kan die spel en die skare

se reaksie begin geniet.

Hoe het jy Hong Kong ervaar?

Ek, Müncke en Ivanka was in Hong Kong tydens die Covid-19-pandemie - die parke en

strande was meestal toe in daardie tyd. Ons dogtertjie was klein en daar was nie eintlik

Goue Munt

47

plek waar sy kon speel nie. Ek en Müncke het albei Engels gegee by ‘n internasionale skool

en ek het ook rugby gespeel. Finansieel het dit goed gegaan. Ek het klubrugby gespeel vir

HKU Sandy Bay. Ek sou ook graag wou deelneem aan Rapid Rugby, maar dit het nie gerealiseer

tydens Covid nie.

Het jy al enige ernsge beserings opgedoen en indien wel, hoe het jy dit hanteer?

Ek het tydens `n wedstryd in Hong Kong `n anterior skouer ontwrigng opgedoen. Dit was

baie seer. My skouer was vir drie en `n half ure uitgehaak. Die skouerkop het uit die holte

geskuif en my labrum het ‘n bietjie geskeur. Dit kon vinniger herstel het met `n operasie,

maar ons het besluit om die konserwaewe rehabilitasie proses te volg.

Hoe voel jy oor Kimberley en sy mense? Pas julle aan?

My ouers en my broer, De Wet, bly in Kimberley - so dit was vir ons maklik om terug te keer

na Kimberley. Ek is eintlik ‘n introvert en hou van familietyd. Ons braai graag saam met my

ouers en kuier tuis. Ek sien uit na die Currie Cup wat op 11 Maart begin!

Sou jy die see verkies of die bosveld?

Die see - 100%. My skoonouers bly ook by die see en dit is lekker om daar te gaan kuier. Dit

is ook altyd koeler by die kus. Ek hou van die strand en swem, maar solank ek net die see

kan sien terwyl ek ‘n koffie drink, is ek gelukkig.

Waer stokperdjies het jy?

Vandat ek `n pa is, speel ek graag met my dogtertjie. Ek moet sê ons speel baie! Müncke

sê altyd ek speel bietjie te rof wanneer ons duik op die matras en met watergewere skiet.

Ek hou ook van golf, maar kry nie altyd tyd daarvoor nie.

Wie is vir jou ‘n inspirasie en hoekom?

My oudste broer, Ernie Kruger. Sy getuienis en sy lewe is vir my `n inspirasie. Hy was `n baie

goeie rugbyspeler - maar kon nie meer rugby speel nie, as gevolg van beserings wat hy

opgedoen het. Nadat hy radikaal tot bekering gekom het, het hy sy vrou - Katy - ontmoet.

Iemand in sy kerk het hulle aan mekaar voorgestel. Sy is `n Amerikaner en het sendingwerk

in Suid-Afrika gedoen. Ernie en Katy woon nou in Amerika en Ernie is `n jeugpastoor by `n

universiteit in Amerika. Ons het `n goeie verhouding, al sien ons mekaar min. Hy het vir my

en Müncke gedoop toe ons in Bloemfontein gebly het.

My broer is geestelik sterk en ek kyk op na hom. Ons wil ook, soos hy, warm wees en nie

lou wees nie. Ek was altyd lou, want ek was bang dat ek rugby sou moes los vir sendingwerk

as ek my hart heeltemal vir Hom gegee het. Ek was bang om voluit vir God te gaan…

48 Goue Munt

Wat is een van jou hoogtepunte in jou loopbaan sover?

Ons het eenkeer in 2017 teen WP rugby gespeel. Ek het baie gebid voor die wedstryd, want

ons het teen goeie spelers gespeel. Ek het nooit moeg geraak in daardie wedstryd nie. Ek

onthou dat ek baie kragg en sterk gevoel het. Dit was definief die Heilige Gees wat my

krag gegee het. Ons het die wedstryd gewen daardie dag.

Wat is 2 lewenslesse wat jy al geleer het wat jy met ander sal wil deel?

• Moenie geld najaag nie.

• Voordat jy `n belangrike besluit neem, word eers rusg en bid - raadpleeg God en jou

gesin.

Wat is 2 dinge wat mense nie van jou weet nie?

• Ek is doof in my linker-oor.

Müncke: Dit het hom gehelp om lekker te slaap na ons dogtertjie se geboorte – hy het

eenvoudig net op sy regteroor geslaap en die klank uitgedoof.

• Ek het baie plat voete. (Hy wys vir ons `n voet en daar is regg geen brug nie)

Wat sal die een ding wees wat heelbo aan jou "bucket list" is?

Ek en Müncke het nooit op `n wiebrood gegaan nie - ek sal graag op `n bootreis wil gaan.

Ek sal ook graag by my broer in Amerika wil gaan kuier.

Wat is jou grootste vrees?

Fear of failure. Vrees dat ek nie my volle potensiaal in rugby sal bereik nie en vrees dat ek

nie vir my gesin sal kan gee wat ek graag wil nie.

Wat beplan jy om te doen na rugby?

Ek het kontakte in Hong Kong en Amerika. Ek sal rugby afrigng daar kan doen, maar sal

nie ‘n besluit maak voordat ons nie eers by God gehoor het nie. Ek het al voorheen besluite

geneem wat nie die beste vir ons, of my verhouding met God, was nie.

Müncke vertel dat Terus altyd eers die wapenrusng (van Efesiërs 6) opsit, voordat hy op

die veld draf.

Ons wens jou `n uitstekende rugby seisoen toe, Terus. Mag dit jou beste jaar nóg wees.

Goue Munt

49

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!