01.05.2013 Views

APPLICATION FOR ADMISSION AANSOEK OM ... - cuttourism.co.za

APPLICATION FOR ADMISSION AANSOEK OM ... - cuttourism.co.za

APPLICATION FOR ADMISSION AANSOEK OM ... - cuttourism.co.za

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

8

Student Number

Studentenommer

ONDERNEMING DEUR STUDENT

Ek, die ondergetekende _________________________________________________________________________________________________________________________________ (volle name en van)

____________________________________________ (ID-nommer), bygestaan deur ___________________________________________________________________ (volle name en van van ouer/voog)

1. Verklaar

1.1 dat ek my voor datum van inskrywing van die inhoud van alle Studentereëls en –regulasies (soos vervat in die Jaarboek – Deel I), asook van alle Universiteitsbeleide en –prosedures

betreffende studente, sal vergewis;

1.2 dat ek my vir die duur van my studie aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie verbind tot die nakoming van alle reëls, regulasies, beleide en prosedures wat die Raad van die Sentrale

Universiteit vir Tegnologie of enige bevoegde liggaam of persoon, van tyd tot tyd mag afkondig of wysig; welke reëls, regulasies, beleide en prosedures deel vorm van my ooreenkoms met die

SUT;

1.3 dat ek hierdie verklaring en aansoekvorm om toelating met die medewete en toestemming van my ouer/voog voltooi en aangaan;

1.4 dat alle besonderhede soos aan die Universiteit verstrek, waar en korrek is, in gebreke waarvan my registrasie met onmiddellike en outomatiese effek gekanselleer sal word;

1.5 dat die ooreenkoms wat uit die ondertekening van hierdie aansoek voortspruit, nieteenstaande die plek van ondertekening, deur my geag word te Bloemfontein tot stand te kom, met dien verstande

dat hierdie aansoek alleenlik ‘n geldige en bindende ooreenkoms word ná my amptelike inskrywing by die Hoofkampus in Bloemfontein. ‘n Bewys van laasgenoemde kan van die Studentenavraeafdeling

verkry word;

1.6 dat ek die Departement: Studente-administrasie onmiddellik skriftelik in kennis sal stel indien ek van adres verander.

2. Hiermee doen ek afstand van enige moontlike aksies teen die Sentrale Universiteit vir Tegnologie, en vrywaar hiermee die Sentrale Universiteit vir Tegnologie ten opsigte van enige eis wat uit die

volgende mag ontstaan:

2.1 enige verlies van of skade aan eiendom, roerend of onroerend, insluitend enige gevolgskade wat regstreeks voortvloei uit die skade aan sodanige eiendom;

2.2 enige besering, siekte of dood;

2.3 enige gebeurtenis, voorval of ongeluk;

2.4 enige regskoste of uitgawe redelikerwys in verband met eise of hofgedinge wat uit voornoemde gevalle mag voortspruit; en

2.5 enige koste vir mediese behandeling; waar sodanige verlies, skade, siekte, besering, dood, gebeurtenis of voorval voortspruit uit my besoek, opleiding en/of verblyf aan die Sentrale Universiteit vir

Tegnologie en/of enige gepaardgaande toer/uitstappie/ekskursie/besoek/ervaringsopleiding of vervoer, wat sal plaasvind gedurende my studietydperk aan die Universiteit.

3 Ek aanvaar dat ek op my eie verantwoordelikheid die genoemde bedrywighede in paragraaf 2 meemaak en die risiko verbonde daaraan vrywillig aanvaar.

4 Onafhanklik van enige beurs of lening wat ontvang is, of ontvang moet word, aanvaar ek hiermee aanspreeklikheid, as die verantwoordelike persoon, vir die stiptelike betaling van alle studie-, klas-,

koshuis-, en ander gelde, van watter aard ookal, verskuldig aan die Sentrale Universiteit vir Tegnologie.

5 Ek aanvaar en bevestig hiermee dat geen intrek in ‘n koshuis van die Universiteit geneem sal word alvorens die minimum opeisbare gelde betaal is nie.

6 Ek aanvaar en bevestig hiermee dat geen klasse van die Universiteit bygewoon sal word alvorens die minimum opeisbare gelde betaal is nie, met dien verstande dat geen student vir registrasie oorweeg

sal word voordat alle minimum gelde betaal is, en alle uitstaande betalings weens vorige verpligtinge gemaak is nie.

7 Ek aanvaar hiermee aanspreeklikheid vir betaling van alle regskostes van die Universiteit, insluitend prokureurs- en kliëntekoste, asook invorderingskoste, indien ek sou nalaat om enige verpligtinge ten

opsigte van betalings na te kom.

8 Ek neem kennis dat my inskrywing slegs geldig is indien dit voldoen aan die regulasies van die betrokke program, nieteenstaande aanvaarding van hierdie aansoek deur die Universiteit.

9 Indien hierdie aansoek aanvaar word, sal dit deel uitmaak van die kontrak met die Sentrale Universiteit vir Tegnologie, Vrystaat.

10 Hiermee onderneem ek om die bepalinge van die Wet op Outeursreg te respekteer en vrywaar ek die Universiteit van enige eise wat mag voortspruit uit beweringe van kopieregskending deur my as

student. Ek onderneem voorts om alle oorspronklike werke soos benodig vir my studie uit eie fondse aan te skaf, en aanvaar dat die Universiteit nie verantwoordelik is vir die verskaffing van oorspronklike

werke, afskrifte van oorspronklike werke of outeursreglisensies op oorspronklike werke nie.

GETEKEN TE _______________________________________________________________ OP HIERDIE __________ DAG VAN _________________________________________________ 20 _________.

HANDTEKENING VAN STUDENT: _____________________________________________

LW: Alle Studentereëls, -regulasies, -beleide en -prosedures is op aanvraag by die Studentenavrae-afdeling beskikbaar, asook ter insae in die Biblioteek &

Inligtingsentrum.

ONDERNEMING DEUR OUER/VOOG

Ek, die ondergetekende ____________________________________________________________________________________________________________________ (volle name en van van ouer/voog)

_______________________________________________________ (ID-nommer)

1 Verklaar

1.1 dat ek die inligting vervat in bogaande vorm gekontroleer het, en dat die besonderhede daarin vervat, waar en korrek is;

1.2 dat ek my van die inhoud van meegaande onderneming deur my seun/dogter vergewis het, en my instemming verskaf tot die sluit van vermelde en voortspruitende ooreenkomste deur my

minderjarige seun/dogter met die Sentrale Universiteit vir Tegnologie, Vrystaat;

1.3 dat ek daarvan bewus is dat daar Studentereëls en –regulasies, -beleide en -prosedures bestaan wat deur die Raad van die Universiteit of ‘n ander bevoegde liggaam of persoon afgekondig is. Ek

bevestig dat ek daarvan bewus is dat die Raad of ‘n ander bevoegde liggaam of persoon van tyd tot tyd verdere Studentereëls en -regulasies, -beleide en -prosedures kan afkondig, en ek stem toe

dat my seun/dogter hom/haar tot die nakoming daarvan verbind;

1.4 dat ek die Departement: Studente-administrasie onmiddellik skriftelik in kennis sal stel indien ek van adres verander;

1.5 dat my seun/dogter enige lenings- en/of beursooreenkoms, en ook enige wysiging daarvan, met die Universiteit mag aangaan.

2. Hiermee doen ek afstand van enige moontlike aksies teen die Sentrale Universiteit vir Tegnologie, Vrystaat, en vrywaar hiermee die Sentrale Universiteit vir Tegnologie, Vrystaat ten opsigte van enige eis

wat uit die volgende mag ontstaan:

2.1 enige verlies van of skade aan eiendom, roerend of onroerend, insluitend enige gevolgskade wat regstreeks voortvloei uit die skade aan sodanige eiendom;

2.2 enige besering, siekte of dood;

2.3 enige gebeurtenis, voorval of ongeluk;

2.4 enige regskoste of uitgawe redelikerwys in verband met eise of hofgedinge wat uit voornoemde gevalle voortspruit; en

2.5 enige kostes vir mediese behandeling; waar sodanige verlies, skade, siekte, besering, dood, gebeurtenis of voorval voortspruit uit my seun/dogter se besoek, opleiding en/of verblyf aan die

Sentrale Universiteit vir Tegnologie en/of enige gepaardgaande toer/uitstappie/ekskursie/besoek/ervaringsopleiding of vervoer, wat sal plaasvind gedurende my seun/dogter se studietydperk aan

die Universiteit.

3. Ek aanvaar dat my seun/dogter op eie verantwoordelikheid die genoemde bedrywighede in paragraaf 2 meemaak, en ek aanvaar die risiko verbonde daaraan vrywilliglik.

4. Ek aanvaar hiermee gesamentlik en afsonderlik met my seun/dogter, met afstanddoening van die eksepsies van uitwinning, skuldsplitsing en sessie van aksie, aanspreeklikheid vir die stiptelike betaling

van alle bedrae, van watter aard ookal, hoegenaamd wat my seun/dogter aan die Universiteit verskuldig mag wees, hetsy hy/sy die bogenoemde voorgenome kursus of enige ander kursus volg, en ook

ten opsigte van koshuisverblyf. Hierdie sekerheidstelling kan net met die Universiteit se skriftelike toestemming gekanselleer of teruggetrek word.

5. Ek onderneem om alle regskostes van die Universiteit, insluitend prokureurs- en kliëntkoste, asook invorderingskoste, te betaal indien ek sou nalaat om enige verpligtinge ten opsigte van betaling na te

kom.

6. Ek kom hiermee ooreen dat die ooreenkoms wat uit die ondertekening van hierdie dokument voortspruit, nieteenstaande die plek van ondertekening, deur my geag word te Bloemfontein tot stand te kom;

met dien verstande dat hierdie aansoek alleenlik ‘n geldige en bindende ooreenkoms word ná die applikant se amptelike inskrywing by die Hoofkampus in Bloemfontein. ‘n Bewys van laasgenoemde kan

van die Studentenavrae-afdeling verkry word.

GETEKEN TE _____________________________________________________________ OP HIERDIE __________ DAG VAN ___________________________________________________ 20 _________.

HANDTEKENING VAN OUER/VOOG: ________________________________________________________

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!