02.05.2013 Views

Agri AUG SEPT 09.indd - Agri SA

Agri AUG SEPT 09.indd - Agri SA

Agri AUG SEPT 09.indd - Agri SA

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

ARTIKEL: ZELNA OBERHOLSTER

agri Nuus / News

In die ou Transvaal…

2009 – die eeufeesjaar van verskeie korporasies. NWK,

NTK, Suidwes en Senwes is die ko-öperasies van die

Noordelike provinsies wat in 1909 ontstaan het.

Hoekom juis in 1909? Dr JAS van Niekerk het reeds in

1986 onder andere navorsing hieroor bekend gemaak

in sy boek Koöperatiewe Teorie en Praktyk k en in 1994

Koöperatiewe Teorie en Praktyk Addendum 1. Volgens

sy skrywe was daar verskeie insidente wat landbou beiinvloed

het tussen 1870-1910. Die ontdekking van diamante, wat Suider

Afrika aanloklik gemaak het vir buitelanders, die ontdekking van

goud, die spoorweglyne wat veral behulpsaam was met vervoer

van wol en ander landbouprodukte. Laastens was daar die Anglo-

Boereoorlog wat die voormalige republieke onder Britse beheer

geplaas het. Die land moes fisies herbou word nadat die Britse

verskroeide aarde oorlogbeleid die velde swart gebrand het en

daar ernstige mielietekorte was. Landbou en mynbou was gesien

as die die twee sleutelbedrywe wat tot ekonomiese herstel kon

lei. Na die sluiting van die Vrede van Vereeniging in 1902 was die

land in armoede gedompel. Uitkoms was gesoek om markte te

skep vir produsente se produkte. Hiermee saam het metodes om

landbou in die land te bevorder onder bespreking gekom, onder

andere die stigting van koöperasies.

In 1905 het boere die koöperasiegedagte bespreek. Weens verskeie

struikelblokke het die toepassing daarvan verhoed en moes

dit eers op ys gesplaas word. Die Direkteur van Landbou het in

sy 1906/7 Jaarverslag pertinent gesê dat pogings aangewend sal

word om iemand te vind wat die boere kon oplei en inlig oor die

koöperasiewese.

Die Transvaalse regering het op Deense kundigheid staat gemaak

en in November 1907 het Stilling Andersen van Hannon die

leiding gegee met die stigting van Koöperasies. Hy het onder

andere gesamentlike bemarking van produsente se produkte

voorgestaan, maar spoedig besef dat een van die grootste tekortkominge

die gebrek aan ‘n koöperasiewet was, aangesien die

koöperasie nie deur wetgewing beskerm word of op finansiële

ondersteuning sou kon staatmaak daarsonder nie. Teen 30 April

1907 was daar reeds 53 koöperasies wat in wording was.

Daar was wel in 1907 ‘n wet aangeneem deur die Landbank van

Transvaal wat magtiging verleen het om lenings aan koöperasies

te bewerkstellig. Boere het geleidelik besef dat ‘konsolodering

Augustus/August • September 2009

28

van kragte’ die beste manier was om produkte se pryse te verhoog

en te kanaliseer. Dit het die stigting van verskeie landbou

koöperasies tot gevolg gehad, veral nadat ‘n Koöperatiewe

Kongres in 1908 in Pretoria gehou is.

Die eerste Koöperasiewet van Transvaal het op 1 Oktober 1908 in

werking getree, maar wysigings aan hierdie en die Landbankwet

moes eers gemaak word. Ontevredenheid dat 2/3 van die lede ten

gunste van ‘n lening van R200 of meer moes stem en die helfte

as voorskot op produkte moes stem, het gelei na ‘n komitee van

ondersoek wat wysigings moes voorstel.

Hierdie wysigings is voorgelê aan die Tweede Transvaalse

Kongres op 3 en 4 Junie 1909 en het gelei tot die Wysigingswet

wat op 16 Julie 1909 in werking getree het. En dit het gelei tot die

stigting van verskeie koöperasies.

NWK is gestig op 4 Mei 1909, gevolg deur Senwes op 15

Mei 1909. Waterberg Landbouwers’ Koöperatiewe Vereeniging

(van dag brekend as NTK) is op 29 Mei 1909 gestig, nadat 103

boere ooreengekom het tot die stigting daarvan. Die Suidwes

Ko-operasie is gestig op 16 Augustus 1909.

Aan die begin was die koöperasies onbeperk geregistreer en dit

het talle bankrotskappe tot gevolg gehad. Van die probleme was

ontrouheid van lede, gebrek aan kennis by die boere, ongemaklikheid

oor erkende bemarkingsmetodes, gepaardgaande met

problematiese bemarking van landbouprodukte en ‘n gebrek aan

behoorlike wetgewing met betrekking tot die werksaamhede van

die koöperasies.

na bladsy 30

Suidwes se hoofkantoor. Die Suidwes Ko-operasie is gestig op

16 Augustus 1909.

Senwes hoofkantoorgebou was geleë in Corrie de Kockstraat in Klerksdorp

en is amptelik geopen op 12 April 1947. (met vergunning van Senwes). NTK se eerste hoofkantoor.

agri

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!