04.05.2013 Views

ENAP-CO Tablets COMPOSITION - Pharma Dynamics

ENAP-CO Tablets COMPOSITION - Pharma Dynamics

ENAP-CO Tablets COMPOSITION - Pharma Dynamics

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

Hemodialise Pasiënte

Die gebruik van hierdie kombinasie medikasie is nie aangedui in pasiënte wat dialise vir nierversaking

benodig nie (sien Dosis en Gebruiksaanwysings). Anafilaktoïede reaksies is in pasiënte gerapporteer

tydens dialise met hoë-vloei membrane (byvoorbeeld AN 69®) wat gelyktydig ‘n AOE-inhibeerder

ontvang het. ‘n Ander soort dialise membraan of ‘n ander klas antihipertensiewe middel moet oorweeg

word wanneer hierdie pasiënte behandel word.

Hepatiese Siekte

Tiasiede moet met omsig gebruik word in pasiënte met ingekorte lewerfunksie of progressiewe

lewersiekte, omdat klein veranderings in vloeistof- en elektrolietbalans, hepatiese koma mag

presipiteer.

Hipersensitiwiteit/Angioneurotiese Edeem

In sommige pasiënte is angioneurotiese edeem van die gesig, ekstremiteite, lippe, tong, glottis en/of

larinks gerapporteer. Staak behandeling in sulke gevalle en moniteer pasiënte om volkome verligting

van simptome te verseker. In gevalle waar die swelling tot die gesig en lippe beperk is, mag die

toestand sonder behandeling herstel. Antihistamienbehandeling was nuttig om hierdie simptome te

verlig. Angioneurotiese edeem wat met laringeale edeem geassosieer is, mag fataal wees. Indien

betrokkenheid van die tong, glottis of larinks, wat moontlik lugwegobstruksie kan veroorsaak, sou

voorkom, behoort gepaste terapie soos subkutane adrenalienoplossing 1:1 000 (0,3 ml tot 0,5 ml)

onmiddellik toegedien te word.

‘n Geskiedenis van angio-edeem, onverwant aan AOE-inhibeerderterapie, mag pasiënte aan ‘n groter

risiko vir angio-edeem blootstel terwyl hulle ‘n AOE-inhibeerder ontvang (sien Kontra-indikasies).

Tiasiedterapie mag sensitiwiteitsreaksies in sekere pasiënte, met óf sonder, ‘n geskiedenis van allergie

of brongiale asma, veroorsaak. Berigte van verergerings of aktiverings van sistemiese lupus

eritematose is al met die gebruik van tiasiede geassosieer.

Hipotensie en Elektroliet-/Vloeistofwanbalans

Sommige pasiënte mag simptomatiese hipotensie ontwikkel. Sulke pasiënte behoort vir kliniese tekens

van vloeistof- of elektrolietwanbalans gemoniteer te word, b.v. volume-uitputting, hiponatremie,

hipochloremiese alkalose, hipomagnesemie of hipokalemie wat tydens bykomende diarree of braking

mag voorkom. Serumelektroliete behoort periodiek op geskikte tussenposes gemoniteer te word

tydens behandeling van hierdie pasiënte.

Indien hipotensie voorkom, behoort die pasiënt in ‘n rugliggende posisie geplaas te word, en indien

nodig moet ‘n intraveneuse infusie van standaard soutoplossing toegedien word. ‘n Verbygaande

hipotensie reaksie is nie ‘n teenaanduidings vir addisionele dosisse nie. Op voorwaarde dat

bloedvolume en -druk effektief herstel is, kan her-instelling van terapie teen verminderde dosisse

oorweeg word; as alternatief kan een van die twee komponente as monoterapie toegedien word.

Metaboliese en Endokriene Uitwerkings

Glukosetoleransie mag deur tiasiedterapie ingekort word. Dit mag nodig blyk te wees om dosering van

antidiabetiese middels, insluitend insulien, aan te pas. Tiasiede mag urinêre kalsiumuitskeiding

verminder en wisselvallige en klein verhogings van serumkalsium veroorsaak. Dit moet in gedagte

gehou word dat uitgesproke hiperkalsemie ‘n teken van verborge hiperparatiroïedisme mag wees.

Staak tiasiede alvorens toetse vir paratiroïedfunksie uitgevoer word.

In sommige gevalle mag tiasied diuretika-terapie met verhogings in cholesterol- en trigliseriedvlakke

geassosieer wees.

In sekere pasiënte mag tiasiedterapie hiperurisemie en/of jig presipiteer, maar enalapriel mag egter

urinêre uriensuur verhoog en dus die hiperurisemiese uitwerking van hidrochloortiasied verswak.

Pediatriese gebruik

Die veiligheid en doeltreffendheid van die kombinasie medikasie in kinders is nog nie vasgestel nie.

Inkorting van Nierfunksie

Sien Dosering in Nierontoereikendheid onder Dosis en Gebruiksaanwysings.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!