04.05.2013 Views

ENAP-CO Tablets COMPOSITION - Pharma Dynamics

ENAP-CO Tablets COMPOSITION - Pharma Dynamics

ENAP-CO Tablets COMPOSITION - Pharma Dynamics

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Toenames in bloedureum en serumkreatinien is waargeneem in sommige pasiënte met bilaterale

renale arteriestenose of stenose van die arterie na ‘n enkele nier wat behandeling met AOEinhibeerders

ontvang het; hierdie simptome is omkeerbaar na staking van terapie.

Chirurgie/Narkose

Dit is bekend dat enalapriel angiotensien-II-vorming sekondêr tot kompensatoriese renienvrystelling

blokkeer in pasiënte wat majoor chirurgie ondergaan of gedurende narkose met middels wat hipotensie

veroorsaak. Indien hipotensie sou voorkom en dit word vermoed dat dit die gevolg van hierdie

meganisme is, kan volume-uitsetting gebruik word om die val in bloeddruk te korrigeer.

Interaksies:

Gelyktydige gebruik van die volgende geneesmiddels mag interaksies met tiasied-diuretika veroorsaak:

Antidiabetiese medisyne (orale middels en insulien) - dit mag nodig wees om die dosering van die antidiabetiese

medikasie aan te pas.

Alkohol, Barbiturate en Narkotika - mag ortostatiese hipotensie versterk.

Kortikosteroïede, AKTH - verhoogde elektroliet-uitputting, veral hipokalemie, mag voorkom.

Nie-steroïedale Anti-inflammatoriese Middels - vermindering van die diuretiese, natriuretiese en antihipertensiewe

uitwerkings van diuretika in sekere pasiënte.

Pressoramiene (bv. Adrenalien) - ‘n verminderde reaksie teenoor pressoramiene mag voorkom, maar

dit is gewoonlik nie van so ‘n aard dat dit hulle gebruik uitskakel nie.

Ander Interaksies:

Litium

Die kombinasie van litium en diuretika behoort vermy te word. Nieropruiming van litium word deur

diuretika en AOE-inhibeerders verminder, wat pasiënte aan ‘n hoë risiko vir litiumtoksisiteit blootstel.

Verwys na die voubiljette van litium-preparate alvorens sulke middels gebruik word.

Nie-depolariserende Spierverslappers

Reaksie tot tubokurarien mag tydens tiasiedterapie verhoog word.

Ander Antihipertensiewe terapie

Die kombinasie van enalapriel met ganglioniese blokkeerders of adrenergiese blokkeerders moet

alleen oorweeg word indien die pasiënte onder sorgvuldige toesig gehou kan word.

Serumkalium

Die uitwerking van enalapriel verswak gewoonlik die uitputting van kalium deur tiasied-diuretika.

Serumkaliumvlakke mag beduidend verhoog wees, veral in pasiënte met ingekorte nierfunksie indien

kaliumsupplemente, kaliumsparende middels, of kalium-bevattende soutvervangers, gebruik word.

Die toediening van enalapriel aan pasiënte met nierversaking mag lei tot ‘n verhoging in serumkalium.

‘n Beduidende toename in serumkalium mag voorkom met die gebruik van kaliumsupplemente of

kaliumsparende diuretika, of kalium-bevattende soutvervangers, veral in pasiënte met ingekorte

nierfunksie. Indien gelyktydige gebruik van bogenoemde middels nodig geag word, moet dit met sorg

en gereelde bepaling van serumkaliumvlakke gepaard gaan.

BEKENDE SIMPTOME VAN OORDOSERING EN BESONDERHEDE VAN DIE BEHANDELING

DAARVAN:

Geen spesifieke inligting oor die behandeling van oordosering met die kombinasie medikasie is

beskikbaar nie. Behandeling is simptomaties en ondersteunend. Die volgende maatreëls word

voorgestel: induksie van emese en/of maagspoeling, korrigering vn dehidrasie, elektrolietwanbalans en

hipotensie deur gebruik te maak van bewese prosedures wat binne 2 uur na inname ingestel behoort te

word.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!