04.05.2013 Views

ENAP-CO Tablets COMPOSITION - Pharma Dynamics

ENAP-CO Tablets COMPOSITION - Pharma Dynamics

ENAP-CO Tablets COMPOSITION - Pharma Dynamics

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

SKEDULERINGSTATUS: S3

EIENDOMSNAAM (EN DOSEERVORM):

ENAP-CO (tablet)

SAMESTELLING:

VOUBILJET

Elke ENAP-CO tablet bevat 20 mg enalaprielmaleaat en 12,5 mg hidrochloortiasied.

FARMAKOLOGIESE KLASSIFIKASIE:

A 7.1.3 Vaskulêre medisyne - ander hipotensiewe middels.

FARMAKOLOGIESE WERKING:

ENAP-CO (enalaprielmaleaat en hidrochloortiasied) is ‘n kombinasie van ‘n

angiotensienomsettingsensiem (AOE)-inhibeerder (enalaprielmaleaat) en ‘n diuretikum

(hidrochloortiasied), wat ‘n additiewe antihipertensiewe uitwerking bewerkstellig. Die aktiewe

metaboliet, enalaprilaat, word deur hidrolisering van enalapriel gevorm.

INDIKASIES:

ENAP-CO word aangedui vir die behandeling van hipertensie in pasiënte wat op die individuele

komponente wat teen dieselfde doserings toegedien word, gestabiliseer is.

KONTRA-INDIKASIES:

Anurie.

Hipersensitiwiteit teenoor enige komponent van hierdie produk. In pasiënte met ‘n geskiedenis van

angioneurotiese edeem verwant aan vorige behandeling met ‘n AOE-inhibeerder. Hipersentiwiteit

teenoor ander sulfonamied-afgeleide medisyne. Swanger en borsvoedende moeders (sien

Waarskuwings). Gelyktydige gebruik van litium (sien Interaksies).

WAARSKUWINGS:

Indien ‘n vrou sou swanger raak terwyl sy ‘n AOE-remmer ontvang, moet die behandeling

onmiddellik gestaak word en oorgeskakel word na alternatiewe medikasie.

Indien ‘n vrou swangerskap oorweeg, moet die geneesheer alternatiewe medikasie instel.

AOE-inhibeerders kan fetale en neonatale morbiditeit en mortaliteit veroorsaak wanneer dit toegedien

word aan swanger vroue gedurende die tweede en derde trimesters. AOE-inhibeerders kruis die

plasenta en kan vermoedelik versteuring van fetale bloeddrukreguleringsmeganismes veroorsaak.

Oligohidramnios, wat kontrakture van ledemate, kraniofasiale wanvormings en hipoplastiese

longontwikkeling tot gevolg mag hê, sowel as hipotensie, hiperkalemie, oligurie en anurie is in

pasgeborenes na toediening van AOE-inhibeerders gedurende die tweede en derde trimester,

aangemeld. Gevalle van gebrekkige skedel-ossifisering is waargeneem. Vroeggeboorte en lae

geboortegewig kan voorkom. Intra-uteriene AOE-inhibeerder blootstelling wat die eerste trimester

beperk was, het skynbaar nie hierdie nadelige uitwerkings op die embrio en fetus gehad nie.

Die roetine gebruik van diuretika in andersins gesonde swanger vrouens is nie aangedui nie en dit stel

die moeder en fetus aan onnodige gevaar bloot. Diuretika verhoed nie ontwikkeling van toksemie in

swangerskap en daar bestaan geen bevredigende bewyse dat hierdie middels nuttig in die behandeling

van toksemie kan wees nie. Tiasiede kruis die plasentale skans en verskyn in koordbloed. Gevare sluit

fetale en neonatale geelsug, trombositopenie en moontlik ook ander nadelige reaksies wat in

volwassenes voorkom, in.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!