13.05.2013 Views

Audit shock for municipality - Letaba Herald

Audit shock for municipality - Letaba Herald

Audit shock for municipality - Letaba Herald

SHOW MORE
SHOW LESS

You also want an ePaper? Increase the reach of your titles

YUMPU automatically turns print PDFs into web optimized ePapers that Google loves.

PAGE 6 HOEDSPRUIT HERALD - Friday 15 February 2013 S KO L E N U U S

Polisie besoek Drakies

LAERSKOOL Drakensig was in die bevoorregte

posisie om 'n besoek te kry van die

Hoedspruit Polisie.

Die leerders was ingelig oor veiligheid in die

omgewing en gemeenskap.

Onderwerpe soos diefstal, bakleiery, vreemdelinge

en wapens is aangeraak.

Hulle is kans gegee om vrae te vra en een

leerder het selfs 'n prys gewen.

Drakies bedank die Hoedspruit Polisie vir

die inisiatief wat hul geneem het om die

leerders te leer om veilig te wees.

Riepies skeer koppe vir klasmaat

DIE gr3 seuns van Laerskool Mariepskop het

verlede week 'n gedaanteverwisseling ondergaan

toe almal poenskop geskeer is vir 'n

baie goeie doel.

Hulle het besluit om saam te staan in die

ondersteuning van hul klasmaat, HJ van der

Nest, wat tans chemoterapie ontvang vir

Hodgkin's lymphoma.

HJ is in Desember met hierdie kanker gediagnoseer

en toe sy hare begin uitval, het pa en

ma besluit kaalkop is beter as kolkop.

HJ was maar skrikkerig oor die reaksie op sy

nuwe haarstyl, maar is verras deur 'n hele paar

ander poenskopseuns by die skool.

Die gr3's se juffrou, Rulene het dit tot

reggekry dat meneer Greyling ook sy blonde

boskasie prysgee.

En om te wys dat hulle net so baie omgee,

gaan die gr 3 meisies lemmetjiegroen strikkies

verkoop ten bate van CANSA.

HJ het nog vyf chemo-sessies oor waarna

daar 'n wagperiode van ses weke is voor hy

getoets word of hy kankervry is. HJ se stamina

is nie wat dit voorheen was nie, maar hy neem

steeds gemotiveerd deel aan sport waar hy

kan.

Riepies verbeter rekords

EEN EN TWINTIG Mariepskop-atlete het Saterdag

deelgeneem aan die Interlaer-byeenkoms

by Laerskool Tzaneen.

Die sterre van die dag was Jöhke Liversage,

wat 'n nuwe rekord opgestel het in die verspring

meisies o/ 11 met 'n wensprong van

4.08m, en Erich Ackerman wat 'n rekord

opgestel het in die hoogspring seuns o/10 met

'n hoogte van 1.25m.

Nicolaas, Erich se broer, het die hoogspring

seuns 0/13 gewen met 'n hoogte van 1.40m.

Tweedeplekke is behaal deur Tristan Patrick

vir spiesgooi seuns o/12.

Leonine Gildenhuys in die 1200m meisies

o/11, Danel Bekker in die 80m meisies o/10 en

Jessica Leicester in die spiesgooi meisies

o/12.

Sy het ook 'n derde plek behaal in gewigstoot

meisies o/12.

Donné Oosthuizen het derde gekom in die

75m hekkies meisies o/13.

BESOEKTYD: Konstabel Lucky Makutu en konstabel Livhuwani Mulaudzi van die Hoedspruit Polisie diens besoek die Drakies.

STERRE: Mariepskop se sterre van die dag wat deel geneem het by die Laerskool Tzaneen se

Interlaer-byeenkoms.

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!