26.07.2016 Views

Magazine

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Toortsie se

Bantingboerekos

‘n banting

reisverhaal

Deur Madele Burger

My naam is Madelé Burger,

maar almal ken my as

Toortsie. In Julie 2014 was ek

moedeloos! Ek het alreeds elke moontlike

gewigsverliesprogram probeer,

baie goed daarmee gedoen, net om die

oomblik as ek my doelgewig bereik het,

weer alles en nog meer op te tel. Ken

jy daardie gevoel? ‘n Skaal wat wipplank

ry. Die een oomblik lyk jy mooi

en seksie, net om die volgende oomblik

uit jou nate te bars, van die een nommer

na die volgende te spring, sonder

beheer.

Al hoe meer is gepraat van die ‘Tim

Noakes Dieet’ waar jy nie meer stysels

en suiker inneem nie, maar eerder die

vetter kosse, saam met groente natuurlik.

Ek was nog só gekondisioneer deur

die ou skool, ‘n mens moet net matig

en gebalanseerd eet, dat ek aanvanklik

nie wou byt aan hierdie nuwe idee nie.

Die probleem is, ek hét gebalanseerd

geëet, net om vetter en vetter te word!

Op 27 Julie 2014, met ‘n gewig van

96.7 kg het ek die groot besluit geneem

om hierdie eetplan te volg en sedertdien

het ek nog nooit teruggekyk nie.

Tans weeg ek 81 kg.

Ek besef dat daar baie interpretasies

is van hierdie eetplan, party sê jy

mag vrugte eet, die ander een sê nee.

Sommiges sê, tel jou koolhidrate, die

ander sê dis nie nodig nie. Party ‘skole’

sê dat jy vir die eerste week geen groente

moet eet nie, ander sê eet groente

by elke ete. Ek glo dat ‘n mens moet

‘kies’ watter een van die baie skole jy

gaan volg en dan daarby hou. Op ‘n

blad soos hierdie wat graag vir die wye

groep ‘lowcarbers’ wil diens, kan dit

verwarrend raak as mense van verskillende

skole hulle menings gee. Daarom

is dit so belangrik dat jy die skool wat jy

volg, se reëls goed sal ken. Ekself volg

Banting soos beskryf deur Prof Tim

Noakes in The Real Meal Revolution en

dis met dít in gedagte en hoe ekself dit

interpreteer, wat ek sal skryf.

In die volgende paar maande gaan

ek skryf hoe ekself Banting ervaar

het, wat vir my moeilik was, watter

raad ek voel ek graag vir mense wil

gee. As ek iemand kan inspireer, sal

dit ‘n groot geskenk wees. Ek skryf

ook op my blog, toortsie.com, oor my

Bantingreis. Ek het die boek, Toortsie

leefstyl

se Bantingboerekosboek uitgegee

waarin maklike kos vir gewone kombuise

saamgevat is. My Bantingreis is

ook daarin beskryf. U kan op hierdie

skakel kliek as u dit sou wou bestel:

www.toortsie.com/bestel-toortsie-sebantingboerkos-hier

Met hierdie eerste

uitgawe wil ek graag vir

Esther Möller besonder

geluk toewens met

haar nuwe webblad en

tydskrif. Mag jy groot

hoogtes bereik!

Jy is vir ons

‘n inspirasie!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!