05.12.2018 Views

DF Issue 201811 FINAL IDM (002)

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

Jou krediteure is ook bewus van hierdie kooplus wat kliënte hierdie tyd

van die jaar oorval. Hulle weet vir n feit dat paaiemente oorgeslaan

gaan word en dat mense dit doelbewus doen. Hulle weet ook dat kliënte

ongeskik gaan wees wanneer hul verskonings van onvoorsiene uitgawes

nie aanvaar word nie. Snaaks hoe mense kan kwaad word as hul willens

en wetens iets doen wat verkeerd is en dit dan probeer regverdig. As jy

onder skuldberading is het jou skuldberader al seker vir jou gesê moenie

vir jouself n gat grou waaruit jy nie kan kom nie en dan almal na die tyd

probeer blameer nie.

My boodskap is dus eenvoudig, betaal eers jou skuld voordat jy in die

versoeking val om hierdie feesseisoen te spandeer wat jy nie kan bekostig

nie. Moenie dat jou nuwe jaar op n negatiewe noot begin wat die hele jaar

finansieel kan bederf nie. Hou matigheid voor oë wees verantwoordelik, is

dit nie tog wat ons by die kinders tuisbring nie, n sin vir verantwoordelikheid?

Moenie soos n stoutkind optree nie, die gevolge kan onsmaaklik en

verreikend wees.

En pasop vir BLACK FRIDAY! Onoordeelkundig koop met n ander se geld

kan n donker toekoms skep, pikgitswart met nie eens n lig in die einde van

die tonnel nie. Desember wat voorlê is soos enige ander maand wanneer

dit by jou finansies kom, doen n begroting en hou daarby, moenie op die

ingewing van die oomblik vasgevang word nie, moenie verantwoordelik

wees vir jou eie staatskaping nie!

Groete,

Christo

Christo Hattingh

Kyk gerus my LinkedIn profile:

https://www.linkedin.com/in/christo-hattingh-351a52130/

* Seriously please do let us know if you found this article to be

funny/offensive/amusing/interesting feedback@debtfreedigi.co.za

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!