01.05.2013 Views

VAN TOEKA TOT NOU - Laerskool Hennopspark

VAN TOEKA TOT NOU - Laerskool Hennopspark

VAN TOEKA TOT NOU - Laerskool Hennopspark

SHOW MORE
SHOW LESS

Create successful ePaper yourself

Turn your PDF publications into a flip-book with our unique Google optimized e-Paper software.

VAN TOEKA TOT NOU .........

‘n Klein begin met die eerste 15 rekenaars in 1989 tot twee volledig toegeruste

Rekenaarlaboratoriums met 40 rekenaars elk en Internet toegang in 2007. Die afgelope

twee dekades het die Inligtings Tegnologie by Laerskool Hennopspark met rasseskrede

vooruit gegaan.

In Julie 1988 het ‘n Rekenaarkomitee tot stand gekom na ‘n vergadering wat met

belangstellende ouers in die skoolsaal gehou is. Hierdie komitee het in drie subkomitees

verdeel, wat aspekte rondom finansies, hardeware en sagteware deeglik

nagevors het. Na baie ure van harde werk en deursettingsvermoë het Prof D van der

Merwe, mnre D Leibrandt, F Smith, J de Bruyn , mevv M Straus, J Theron, D van

Vuuren en mnr Dawie van Heerden tot die besluit gekom om ons eerste rekenaarsentrum

te implementeer.

Op 2 Februarie 1989 skryf mnr Dawie van Heerden met trots in sy dagboek: “Die

besending rekenaars is vandag afgelewer. Alle beplanning rondom die rekenaarsentrum

verloop volgens skedule danksy ‘n baie mooi span personeel en ouers.”

Die pragtige ondersteuning van ons Hennops ouers en gemeenskap stel ons in staat om op

1 April 1989 die sentrum ingebruik te neem. Die personeel is opgelei om self hul

voogklasse na die sentrum te vergesel. Op 24 April begin die leerders m.b.v die Sergo

wiskunde program vanaf Gr 1 tot Gr 5 met die rekenaars kennis gemaak.

Op 15 Mei 1989 berig mnr van Heerden in sy dagboek: “ Die skool het Vrydagaand die

heuglike voorreg gehad om die rekenaarsentrum amptelik in gebruik te neem. Daar was

sowat 60 gaste teenwoordig. As sprekers het opgetree mnr D Biddulph, namens die

bestuursraad, mnr F Smith, namens die rekenaar komitee en mnr van Heerden het die

bedankings hanteer. ‘n Ouerdag sal later vanjaar plaasvind waar die res van die ouers die

sentrum sal kan besigtig..”

Die volgende inskrywing verskyn op 17 Junie 1989 in meneer se dagboek: “ Ons het

vandag ‘n baie geslaagde ouerdag afgehandel. Sowat 400 ouers het gereageer op die

uitnodiging. Die hoofdoel was om die rekenaarsentrum aan ouers te toon. Verder kon

ouers in groepe deur die skool beweeg om ‘n blik te kry van die nuutste hulpmiddels en

metodes wat in die onderwys aangewend word.” ‘n Spesiale gedenkplaat met die borge

se name is in die sentrum aangebring.

Sommige onderwysers is opgewonde oor die vooruitsig om nie meer Rapporte met die

hand te skryf nie ander lei aan slapelose nagte oor die nuwe wonder van tegnologie wat

die kinders so verbasend gou bemeester.

In 1990 het die sentrum reeds 25 rekenaars en die bestuursraad begin voelers uitsteek om

‘n voltydse fassiliteerder aan te stel. Mev Tonia Barker is dan ook aangestel as die eerste

voltydse rekenaaronderwyser. Insamewerking met Juf Tonia word daar weg beweeg van

die uitsluitlike gebruik van Wiskunde en Leesprogramme na die implementering van

Rekenaarvaardigheid en die gebruik van Microsoft sagteware.

Mev Tonia Barker

Die jare stap aan, die skool bars uit sy nate en die Inligtings Tegnologie ontwikkel

vinniger as wat enige mens kon voorsien. Hennopspark bly groei en word ‘n skool van

uitnemendheid wat selfs oorsee erkenning kry. Die skool bou nuwe klaskamers aan om

met die stroom van leerders tred te hou. Die getal leerders maak dit onmoontlik vir elke

klas om een keer per week die rekenaarsentrum te besoek. Leerders kry nou die

geleentheid om elke tweede week een periode van 30 minute die sentrum te besoek.

Vernuwing en die akkomodasie van elke leerder ten minste een keer per week, word ‘n

nuwe uitdaging vir die rekenaarkomitees en beheerraad. ‘n Tweede rekenaarsentrum

word gebou en toegerus vir die gebruik van die seniorfase leerders. Wat ‘n besondere

voorreg om twee sentrum by een skool te hê! Die feit dat dit geheel en al sonder die

bystand van die Onderwys Departement geskied, is veral merkwaardig. Die ouers en

borge uit die gemeenskap maak dit moontlik om in 2000 die Senior Rekenaarsentrum met

40 nuwe rekenaars en Internet toegang toe te rus. Mev Tonia Barker hou ‘n waaksame

oog oor die ontwikkeling van die nuwe sentrum.

Juffrou Elna Juffrou Jannezelle

Tydelike personeel het gekom en gegaan by die Junior Rekenaarsentrum en in Januarie

2003 het mev Elna de Waal voltyds vanaf die Gr 1 klas oorgeskuif na dié sentrum.

Einde 2005 bedank mev Tonia Barker. Mev De Waal skuif na die Senior sentrum en

mev Jannezelle Gamble na die Junior Sentrum.

Begin 2006 word daar voorraad opname gemaak en gevind dat die hardeware in die

Junior Rekenaarsentrum nie eers meer aan die minimum vereistes van Gauteng Online

(GDO) voldoen nie. Die sentrum is met die ontstaan van die Senior sentrum toegerus

met ou rekenaars uit die Mediasentrum, kantore en ou sentrum. Leerders het steeds met

verouderde sagteware (Windows 95 en 98) gewerk. Rekenaars het probleme begin gee

en was dit was moeilik om parte te kry. Verouderde sagteware is nie meer gerugsteun

deur Microsoft Skole ooreenkoms nie.

November 2006 gee die Beheerraad toestemming tot die vervanging van die Senior

rekenaarsentrum met nuwe tegnologie en die verskuiwing van die huidige rekenaars in

die snr sentrum na die Junior sentrum.

Met die hulp en ondersteuning van die finaskomitee, onderleiding van mev Hanli Botha

word die nuwe rekenaars op 22 Januarie 2007 afgelewer. Daar is geswoeg en gesweet.

Die Junior Sentrum het ‘n nuwe laag verf gekry en op 8 Februarie 2007 is die nuwe

Senior sentrum amptelik ingebruik geneem.

Die juffrouens glimlag breed en......... die kinders juig.

Die Beheerraad en Tegnologiekomitee lede was ons spesiale gaste en by die geleentheid

het die onderwysers en leerders geleentheid gekry om ‘n hartlike Hennops dankie te sê

aan die ouers en beheerraad vir die groot geskenk.

ONS Sê: “ BAIE DANKIE!”

Leerders is nou bevoorreg om met die nuuste tegnologie te werk. Microsoft Office XP

Pro word in die Senior sentrum gebruik en XP Pro in die Junior sentrum. Albei sentrums

het Internet toegang. Leerders en personeel kry die geleentheid om Dinsdae en

Donderdagmiddae naskool gebruik te maak van die fassiliteite in die twee sentrums.

Navorsing, take en huiswerk kan onder toesig gedoen word.

In albei sentrums word kruis kurrikulêr met die ander leerareas gewerk terwyl

rekenaarvaardighede aangeleer word. Daar word egter ook lekker gespeel en oog-hand

koördinasie geoefen met rekenaarspeletjies. “Games” word egter slegs op Dinsdag en

Donderdag pouses gespeel en die leerders staan tou om ‘n beurt te kry.

VOLGENDE KEER: HENNOPS ONNIES RAAK IT- GELETTERD!!

Hooray! Your file is uploaded and ready to be published.

Saved successfully!

Ooh no, something went wrong!